M03E1 – 2016 © Chantal Pretorius

Skep ‘n realistiese wetenskapfiksiewêreld
2016 © Chantal Pretorius

Oefening 1
Kyk weer na die afdeling: Verskillende wetenskapfiksiewêrelde hierbo as riglyn en
1.1     Kies een van die volgende wetenskapfiksiewêrelde:

  1. Gasplaneet (http://en.wikipedia.org/wiki/Gas_giant);
  2. Waterplaneet;
  3. Generasieskip (http://en.wikipedia.org/wiki/Interstellar_travel);
  4. Hangende Eilande;
  5. Ysplaneet;
  6. Maanbasis;
  7. Komeet;
  8. Ruimtestasie (http://en.wikipedia.org/wiki/Space_station).

1.2     Skryf ʼn paragraaf oor u keuse (Waarom het u dit gekies?) en maak ʼn lys (bv. Grootte; massa/volume; aantrekkingskrag; ontsnappingsnelheid; atmosfeer; oppervlakte; oppervlaktemperatuur; oppervlakdruk; rotasiespoed; gevare; aandrywingsmeganisme; ens.) van die belangrikste uitdagings waaraan u sal moet dink voordat daar begin word om hierdie fiktiewe wêreld te skep.

1.1 Waterplaneet.
Op ‘n lewende planeet: die aarde.
Ons groen-blou planeet is al planeet in die Sonnestelsel wat deur groot oseane water bedek word en ryk is aan komplekse lewensvorme. Dis ook al planeet in die Sonnestelesel waar jy lewende dinge kan sien, soos byvoorbeeld:

  • Fauna en flora (in die osean, kruip en vlieg)
  • land (waarop gehuisves kan word)
  • Laderye (boere wat plant)
  • sowat 6000 verskillende tale word op die Aarde gepraat!
  • Ons atmosfeer is blou, behalwe wanneer donderstorms intree. Dan’s die atmosfeer gryswit. En in die aande is die atmosfeer donker, dan wys die sterrehemel duidelik.

Behalwe Jupiter se maan Europa word deur vaste ys omhul en het die gladste oppervlak van al die Sonnestelsels se wêrelde. Maar onder diè bevrore dop is ʼn versteekte oseaan mat meer vloeiebare water as al die Aarde se seë en mere tesaam. (Die uittreksel is uit ʼn stuk uit die WF-jeugboek, My reisgids tot die Sonnestelsel en verder deur Lewis Dartnell (Struik Nature, 2012).

1.2 Rede vir my keuse.
M03E1 - Waterworld
Ek het die waterplaneet gekies, omdat dit my laat dink aan die fliek Waterworld (1995) waarin Kevin Costner ingespeel het. Die fliek was briljant. Dit het gegaan oor die aarde wat geen meer land het nie, net water. Maar een man (Kevin Corster) is vasbeslote dat hy land gaan vind. Hy wys vir almal op die selfgemaakte eiland, dat hy donkerbruin grond in ʼn glasbotteltjie ontdek het, en weet waar die eiland is. Dis ʼn moet kyk fliek.

Alhoewel dit nie op ʼn ander planeet af speel nie, dink ek tog die aarde kan in ʼn waterplaneet verander. Geen land; net water. Wat gaan ons mensdom dan maak? Probeer selfgemaakte lande skep deur plastiekbottels, houtplanke of in skuite oorleef. Nogals iets om oor na te dink, nè!

ʼn Waterplaneet, hou die volgende probleme in:

  • Geen land vir plantansies nie. Dit beteken geen boerdery nie.
  • Minder mense: die beskawing van die mense gaan verminder.
  • Meer gangsters, rebelle en misdadigers wat bote gaan beroof om te oorleef.
  • Net vis om te eet, geen ander proteïne of vitamienes nie.
  • Geen rooivleis nie. Dit gaan beteken handelfdryf gaan intree.
  • So ook geen onderwys nie. Internet toegang is verby. Geen kommunikasie met ander lande nie. Geen vervoer; vlieg of bestuur nie. Net seil, bootreise; skuite.
  • Geen minerale om te kan verkoop nie. Dit sluit in diamante, goud, kristalle, ens.

Waterplaneet hou die volgende voordele in:

  • Baie vis in die see; ʼn oorvloed daarvan.
  • Geen meer (of minder) waterbesoedeling.
  • minder mense om te voed, so minder hongersnood.
  • So ook minder natuurrampe wat gaan plaasvind.
  • Net die seelewe; geen supermarkte; skuldbriewe; grondbesoedelings nie, wat veroorsaak word deur myne.

So, in my opinie, kan ʼn waterwêreld ook ʼn waterplaneet wees. Ons eie planeet wat kan verander, in ʼn oogwink. Die natuur is onvoorspelbaar. So wees gewaarsku! Ons het 75 persent water; 25 persent land. Daar is groot kanse dat ons planeet in ʼn waterwêreld kan verander. Ek dink ook nie daar gaan ʼn probleem wees om op die aarde ʼn relistiese wetenskapfiksiewêreld te skep nie. Jy ken jou omgewing, jou mense en selfs jou toeristeaantreklikhede.

  • Kanse op lewe: Daar is miljoene mense op die Aarde.
  • Swaartekrag: is omtrent 50/50 persent.
  • Temperature: kan wissel van koud na warm.
  • Ja, die aarde het sonverduisterings.
  • Die Aarde het vier seisoene: somer, winter, herfs en lente.

Oefening 2
2.1     Kyk na die onderstaande prente en skryf ʼn paragraaf van u eerste indrukke van elk (dink daaraan dat u daar was vir minder as vyf sekondes en dit nou aan ons moet rapporteer – met u beperkte inligting);
2.2    Kies nou een van die onderstaande prente en beskryf hoe hierdie wêreld van u daar uitsien, sou u daar gelewe het (nie meer as 700 woorde nie).

2.1 Terugvoering (my eerste indrukke):

  • Apocolyps Please: Dis die einde van die wêreld. En alles is chaos, asgevolg van vreemde wesens wat die aarde oorgeneem het.
  • Postcards from the future: Die toekoms is weer terug. Na die apocolyps en kan in die verlede ou briewe, e-poste en internetdata opspoor.
  • Tv Show: Stargate Atlantin: Noudat dit die toekoms is, kan vreemde wesens vrylik; vriendelik op die aarde land en reisigers saamneem vir buitenste ruimte avonture.
  • Science fiction wallpaper: En toe het die reisigers besluit dat hulle permanent in die ruimte gaan woon, saam met die vreemde wesens.

 

2.2 Stargate Atlantis (Genreasieskip/ruimteskip):
As ek op ʼn generasieskip moes gewoon het, sou ek die ruimte beter kon verstaan het. Miskien ook as ek ʼn buiteaardse wese was. Sou ek nog steeds soos ʼn mens wou lyk, Afrikaans praat, maar die ruimtekaptein wees. Hoekom nie? Dit sou meer as ʼn avotuur wees buite, as om op ʼn planeet te woon, soos Mars, wat baie onvoorspelbaar is.

Maar ek kan kleiner ruimtetuie bou, in my ruimtewerf. En dan bemanning uistuur om elke planeet (Uranus, Maan, Aarde, Mars, Jupiter, komete, Mercurius, Venus, Saturnus, Neptunus, rooireus) te besoek. Maar elke planeet het sy unieke kleure, gevaarlikhede en avonture. So dis beter om presies te weet, watter planete jy as ruimtekaptein jou bemanning kan uitstaar om hulle te besoek. Dan het ek nog nie eens gepraat van die gevaarlikste, uisterfende ou ster nie. Die swartgat, nauurlik. En al hoe my ruimteskip daar gaan uitkom, is om die reisigers te slaapvries. Aangesien die naaste swartgat 6000 ligjare van die aarde af is. So vergeet maar van daai reisplan. Bly weg van die Swartgat af! Hy’s net so gevaarlik soos yskoue Uranus wat jou ruimtetuig sal laat vries!

So, waar sal ek my tuig gaan land? Die aarde natuurlik, want daar’s baie lewe op die aarde. Dis blou-groen. En die mensdom vind mos vreemde wesens as nuuskierige wesens wat net agter hul minerale aan is.

Hulle is baie verkeerd! Ons is eenders, hulle anders, maar voorkomste is dieselfde. Want almal het die vyf sintuie: ruik, voel, luister, smaak en sien.

Alhoewel die ruimteskip ook baie interessant is. Binne-in is ʼn Ontspanningsfeer, waar wesens kan ontspan: lees, skryf en gesels. Ruimteswembad, waar reisigers tussender ʼn reusedruppel water kan swem. Klink lekker nè? Dan die belangrikste is die waarnemingskoepel, want daar kan jy verstommende uitsigte op die Sonnestel bewonder in die ruimte. Wat meer kan ʼn kaptein voor vra.

Maar om die ruimte te kan oorleef, moet ons Kweekhuise hê. Afvalwater weer en weer herwin vir badwater. O, ja ook binne is ʼn restuarant waar reisigers ook kan ontspan en hul gesonde kos geniet. Terwyl die bemanningskwartier altyd naby die tuig se voorkantweg van die kernreaktor woon, geniet ek die meeste uitsigte. Want my glasvenster is groter; en beter. Die ander reisigers sin is kleiner, maar die uitsig bly dieselfde.

Om te sorg dat ons ruimtetuig altyd heel bly. Sorg die bemanning dat die brandstoftenks,wat buite die tuig in verskeie groot silinders buite die tuig gehou word, gedurig dophou in die brug. Waar die tuig se beheermiddels is en die ruimtevlieëniers hul pligte doen.

O, ja, my gunsteling is die Roterende deel. Dis waar die gimnasium is. Jy kan drafstap of hardloop in die koepel sonder om bekommerd te wees oor gravitasie. Gelukkig is die hoofmotore, kernreaktor (vir elektrisiteit) en pakkamer nie in jou pad nie. Omdat die reisigers se slaapkamers almal aan die linkerkant is, maak dit die ruimtetuig se gange egalig en lekker om in af te loop.

Hoe ek die ruimte kan beskryf is asemrowend mooi. Elke planeet, ster, komeet en asteroïedgordel het sy eie kleurskema’s. Dis wat die ruimte so besonders maak.

Die tuig bly van die son af weg; dis moeilikheid soek by die ster. Dis waarom ons tuig ʼn skermslid het, om die skadelike ultravoiletstrale te keer. So wees gewaarsku die son is die gevaarlikste ster in die heelal. Bly weg!

Ek’t nog nooit die son donker gesien nie. Dit is altyd sonnig daar.

Veral die persblou newel is wat my intresseer. Maar die tuig beweeg op stadige spoed deur die ruimte (27 700 km/h). As ons om die aarde sou reis, sou dit maar net 15, 7 km/h gewees het. Want dan sal ons altyd op die aarde wou land. Gelukkig het die tuig ʼn ingeboude ruimtelabortorium en ruimtesentrum. Waar wetenskaplike navorsing op die ruimte gedoen kan word en die skip herstel word van enige mislukkings wat kan plaasvind, as ʼn komeet in ons tuig vaskiet. Gellukig het dit nog nooit gebeur nie.

Sjoe, maar die tuig is netjies en skoon. Alles is op hul plek. Dis net te jammer Pluto word nie meer erken as ʼn planeet nie. Dis ʼn oulike ster, wat nog kleiner is as die aarde. Dis die ruimtewetenskaplikes wat alles besluit het. Maar hoekom stry hulle oor die Maan? Planeet of komeet? Dit bly ʼn misterie vir ons. Miskien moet ons eerder net die ruimte bewonder, want iewers steek nog ʼn blou planeet weg. Binnekort gaan die nuwe planeet ontdek word.

Die einde.
(Ek’s ook besig om ʼn ruimteskip WF-verhaal te skryf vir Thompson Boekdrukkery. Ek gebruik die inligting in die Thompson WF Woordeboek vir ‘ruimte’ inligting. So ook in die Nature Struik boek, en inligting wat ek uit tydskrifte kan kry vir die verhaal. Dis moeilik om inligting te kry oor ruimtetuie. So ek skryf die boek rustig, soos ek die navorsing doen).