SENDING I: AARDE – Christina Erasmus

SENDING I: AARDE – 2016 © Christina Erasmus

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (2 439 WOORDE)

 

“Linglong, Pingpong byt vas ons gaan val!”, Skree kaptein Xavier paniekbevange terwyl sy ruimtetuig buite beheer raak. Hier kom moeilikheid dink hy mismoedig, en dit op sy heel eerste sending. My pa gaan altwee my velle aftrek…

Gliese832c soos ons aardbewoners hom noem is ʼn pragtige groen planeet. Omtrent 16 ligjare van die aarde af, in ruimte terme is dit net ʼn katspoegie ver. Die planeet is ongeveer 5 keer so groot soos die aarde en daar is soortgelyke seisoene alhoewel baie langer en strawwer as ons ons eie. Al hierdie feite ken julle seker teen die tyd maar wat julle nie weet nie is die feit dat op Gliese832c lewe is. Nie lewe soos ʼn bakterium nie regte intelligente lewe. Op Gliese832c bly die Gliesianese en die storie wat volg handel oor 3 van hulle en hulle eerste sending aarde toe so byt vas vir ʼn lekker storie.

Linglong sluit staan en kyk haarself in die spieël nog een laaste keer. Vandag is dit die laaste dag by melkweg Universiteit. Vandag kry sy en haar tweeling suster Pingpong hulle eerste sending opdrag. Sy kyk nog een maal of haar blou hare presies reg is en besluit om nie met ʼn meesterstuk te karring nie. Pingpong kom stamp stamp die trappe af geklee in haar pers skool uniform. Pingpong se blou hare is styf in ʼn poniestert en haar dikraambril sit skeuf op haar snoetjie. Wat ʼn rampgebied dink Linglong en die twee is saam die deur uit.

Die afskeidsseremonie was pragtig en bittersoet. Vandag is hulle nie meer kinders nie, hulle is volwasse Gliesianese. Gou gou raak dit tyd om die name uit te roep en sendings take uit te deel. Vir ʼn Glisianees is dit ʼn baie blangrikke toets van karakter en pingpong het ʼn holkol op een van haar mae. Die lys name raak korter en korter tot uieindelik hulle die lang verwagte woorde hoor: “Linglong en Pingpong Zolta saam Met Xavier sterstryder eerste sending: Aarde”.

“AARDE!” sê pingpong opgewonde.

“Xavier!” sê Linglong met afkeur. Die sending behels die volgende:Bring ʼn aard dier met die naam “koei” terug lewendig na Gliese vir eksperimentele proewe. Die koei ding kan blykbaar nuttig wees want op Gliese832c weet hulle glad nie van suiwelprodukte nie!

Die Leêrs met die opdragte word ontvang, gelukwense word uitgedeel en die studente haas hulle huistoe om te gaan pak. Die die sendings begin more vroeg voor hulle weergawe van ʼn flou geel son eens opkom. Een ding van Gliese832c moet julle mooi verstaan daar is twee tipe Glisianese: Die blou tipe en die groen tipe. Die blou tipe soos Linglong en Pingpong het blou hare, blou skubbe en plat snoetjies vir neuse. Die groen tipe soos Xavier het groen hare en groen skubbe en langerige neuse, en is geneig om growwer te wees. Linglong het nie veel tyd vir die groen tipe nie want volgens Glianese standaarde is sy beeldskoon. Pingpong wat volgens Linglong nie so mooi is nie het weer tyd vir almal. Die twee is Identies, dis maar hoe jy aantrek wat die verskil maak is Linglong se mening.

Xavier is gekies as kaptein vir die sending want hy het homself goed bekwaam in die rigting, hy het maar gesukkel om die klasgeld te betaal. Xavier is glad nie so ryk soos Ling en ping(soos hy hulle noem) nie en dit wat hy het het hy verdien. Xavier is in die geheim bly dat hy op ʼn sending met Ling en Ping geplaas is want hy het al vandat hulle uitgebroei het al ʼn ogie op Ping gehad. Vir Ling het hy glad nie tyd nie. Sy sien neer op hom oor hy groen is en nie vreeslik ryk of aantrekklik is nie, nie eens volgens groen standaarde nie. Pingpong se rol in die sending is as Bioloog. Sy moet allerhande mondters vir hulle bymekaarmaak en die “koei” merk, identifiseer en die dier lewend hou. Linglong gaan as Joernalis om ʼn verslag te skryf, die rol pas haar skinderbek geaardheid vreeslik goed.

Daai aand slaap nie een van die drie veel nie. Pingong gan vir die duisendste maal deur haar lysie: Aardbewoner vel in ʼn ligte skakering, aardklere ʼn jean en ʼn t-hempie, aarde pruik in ʼn ligte bruin bob snit en haar boeke en ander wetenskapplike benodighede. Linglong se rugsak bevat min of meer dieselfde behalwe sy het ʼn platinum blonde pruik en kort minirokkie gekies. In al drie se sakke is ʼn automatiese vertaler wat om die pols gedra kan word, dit bevat alle aard tale en ʼn paar van ander planete. Wie weet wat hulle kan teekom. Uiteindelik raak al drie vas aan die slaap.

Ling en Ping staan geklee in hulle aardmondering die ruimtetuig en aangaap. Hulle was nog nooit werklik binne een nie, nog net prentjies gesien in hulle skoolboeke. Die tuig is nie massief groot nie maar indrukwekkend. Dit is van ʼn blink metaal wat lig weerkaats soos ʼn spieel en dit byna onsigbaar maak. Daar is m ry ligte aan die onderkant en vier voetjies wat uitskiet vir ʼn sagte landing. Die twee gaan aanboord en tref vir Xavier agter die beheerpaneel aan. Xavier lyk soos ʼn tipiese aardse student met verslete Jeans en woeste hare en as jy mooi kyk selfs die begin van ʼn baard!. Ling rol haar oe vir hom en is glad nie beindruk nie. Hulle neem hulle plekke in en gordel hulle vas. Hulle hou hulle asems op terwyl Xavier stadig opstyg 1, 2, 3… en hulle is weg!

“Johannesburg is waar ons moet wees”, sê Ling.

“Dis ʼn stad. Koeie kom nie in stede voor nie” sê Ping ergerlik. “Buitendien die kaptein kies die bestemming”.

Xavier sit houtgrus met oorfone op sy ore en luister na iets wat Aardwesens “Ruk en Rol” noem, salig onbeswus van die argument. Volgens hulle navorsing is Suid-Afrika ʼn goeie land vir beeste en blykbaar vir iets met die naam “minibus taksies”. Toe hulle tuig ʼn paar kilometer buite die aarde se atmosfeer is net bokant Suid-Afrika besluit Ling om die bestemming in te sleutel, as sy sou wag vir Xavier kom hulle nerens. J-o-h-… vorder sy voor Ping haar sien. Ping druk die kanselleer knoppie en die twee begin met mekaar stoei. Voor Xavier kan keer is al wat ʼn knoppie gedruk en die rekenaar systeem raak oorlaai en buitewerking.

“Linglong, Pingpong byt vas ons gaan val!”, Skree kaptein Xavier paniekbevange terwyl sy ruimtetuig buite beheer raak. Hier kom moeilikheid dink hy mismoedig, en dit op sy heel eerste sending. My pa gaan altwee my velle aftrek…

Hulle snel na die aarde toe binne die tuig is dit ʼn geskree en hulle klou verbete vas aan hulle sitplekke. ʼn Gebrek aan swaartekrag maak vashou moeilik. Dit verg alles wat Xavier het om die landings toerusting te aktiveer. Net voor hulle die aarde tref skiet die landings toerusting uit en hulle stamp stamp skuur neus eerste tot stilstand. Vaal geskrik sukkel Xavier die deur oop en laat sak die trappe. Hulle strompel uit en kyk om hulle rond.

“O gits” sê Ling, “die is nie Johannesburg nie”. So ver as die oog kan sien is sand, klippe bosse en skurwe bege. Ons drie Glisianese het in Namakwaland geland.

“Volgens die skip se Navigasie toerusting is ons in ʼn deel van Suid-Afrika bekend as Namakwaland”, lig Xavier hulle in. “Die skip sal weer kan vlieg sodra dit afkoel en die programme herlaai het, tot dan is ons gestrand”.

“Ons kan nie ons sending net los en by die skip rondhang nie”, sê Ping gewigtig en die drie besluit om maar voet te slaan. Nadat hulle die skip gesluit het en die alarms geaktiveer het (mens weet nooit in Suid-Afrika nie sê hulle bron) begin stap hulle met ʼn grondpad langs want iewers hier MOET aardbewoners skuilings hê. waar ʼn pad is is daar hoop dink Xavier so by homself. Die son bak op hulle neer. Die sonbesies skree en ons drie helde voel of hulle tweede vel gaan opkrul en afval.

Na ʼn paar uur se stap met swaar rugsakke en nog swaarder gemoedere lyk alles maar bra hopeloos.

Skielik roep Ling opgewonde “KOEI!” en sy storm op ʼn niksvermoedende skaap af. Ling se voet haak agter ʼn klip en sy val byne op die skaap en kom in ʼn hoe doringbos te lande. Die skaap skrik so groot dat hy net daar flou word en Ling skrik haar boeglam. Agter haar wil Xavier en Ping hulle slap lag. Hulle twee het darem ten munste hulle boeke oopgemaak en besef dat die “koei” eintlik ʼn skaap is. Skielik verskyn daar iemand uit die veld.

“Haai! wat maak julle met my skaap!” skreeu hy en hardloop nader. Intussen het die skaap sy bewussyn herwin en wei doodluiters verder, Ling se ego is egter gekneus.

“Vir jou informasie ek het gedink dis ʼn koei. vat my asb dadelik na jou leier” beveel Ling terwyl die skaapwagter haar aangaap soos ʼn vis op droë grond. Ling se vel het op haar nek geskeer en van haar blou skubbe steek uit…

“Laat my gou die storie agtermekaar kry”, sê Johnathan die skaapwagter ʼn ruk later toe hy oor die ergste skok is. “Julle drie is RUIMTEWESENS en julle soek ʼn KOEI?”.

“Hoeveel keer wil jy dit nog hoor”, snou Ling hom toe. “Vat ons na jou leier of skuiling watter een ookal nader is!”.

Johnathan voel of hy enige oomblik gaan wakker skrik uit ʼn droom en stem in om hulle na sy sinkhuisie te vat. Dis immers nie ver nie. Jhonathan vertel hulle dat ʼn boer op die volgende plaas Beeste het en belowe om hulle die volgende oogend soontoe te vat. Daai aand maak hy pap en boeliebief want ʼn mens moet darem uithaal as jy gaste het!. Pingpong sit van haar aandete in ʼn botteltjie in haar rugsak, sy wil dit later op hulle skip gaan ontleed. Vreemde lot dink Pingpong later toe sy en Linglong langs mekaar op die grond op komberse le. Sy wonder of die ding wat Jhonathan ʼn hond noem geteel word om te eet, sy sal inderdaad hom ook moet saamvat. Xavier wat langs Jhonathan se bed lê droom groot drome van hoe hy ʼn groot kaptein gaan word.

Jhonathan staan en kyk vroeg die volgende oggend na die slapende vorms. Ling is darem mooi dink hy en wonder hoe sy onder haar vel sal lyk, blou was nog altyd sy gunsteling kleur. Later toe hy hulle wakker maak het hy ʼn presentjie vir Ling.

“Hier dis vir jou nek” sê hy en knoop dit vir haar vas. Die serpie is van fyn diepblou sy met rooi rosies op. Xavier gaan sy rugsak deur terwyl Ping koffie in ʼn proefbuis gooi om later saam met die boeliebief en die hond te ontleed, as sy hom gevang kan kry. Hulle vorder fluks Met Ling wat heelpad babbel en vir Jhonathan ogies maak en Ping wat elke kort kort stop om monsters te neem, eenmaal byna van ʼn slang!.

Xavier hou maar ʼn ogie oor sy groepie en veral een op Jhonathan. Hy beter vir Ping uitlos dink hy jaloers. Laat in die middag sien hulle hul eerste koei in ʼn ou bouvallige klipkraaltjie naby ʼn pragtige ou huis. Oorwinning is dalk net in sig en oorwinning is wit met swart vlekke.

“Julle kan nie net die koei vat nie dis STEEL”, sê Jhonathan radeloos na hulle ʼn goeie tien minute al staan en stry.

“Maar ons moet !” kap Xavier heftig teë.

“Dis hulle enigste ou melk koei mens kan sien sy is al oud!” Probeer Jhonathan heftig walgooi.

“Kom ons vat die koei en los vir die mense ʼn nota”, gooi Ling haar stuiwer in die armbeurs.

“Ja dan sê ons jammer mevrou aardwesen ons het jou Koei gavat in ons ruimteskip om eksperimente op te doen. Dit sal nie deug nie jou dofkoppie” sê Ping sarkasties.

“Kom ons los vir haar iets in ruil vir haar koei. Iets spesiaal wat sy sal nooit sal vergeet nie”, sê Xavier en hulle besluit om vir haar van hulle planeet se blomsaad in ʼn sakkie te los, die mooiste blou roosagtige blomme groei van die saad.

“Ons moenie nog sukkel met toue nie kom ons krimp die koei en sit hom in my rugsak”, sê Ping na hulle die saad in die middel van die kraal neergesit het. Ping spuit die koei met haar spesiale krimp sproei en hy raak so groot soos ʼn boontjie. Vinnig tel sy geskokte koei met ʼn haartangetjie op net voor sy kan wegkom.

Sy plaas die koei in ʼn glas flessie met gaatjie in die prop. Daar is ʼn vardagte blaf geluid binne haar rugsak en sy rits vinnig haar sak toe. Jhonathan wonder al heeldag wat van sy hond geword het maar reken hy is erens in die veld maar hy sweer hy het hom hoor blaf.

Oppad terug na Jhonathan se huisie hou hy en Ling hande vas en gesels land en sand. Dis heel duidelik dat hulle van mekaar hou Maar Ling en Ping se ouers sal nooit die verhouding goedkeur nie. Xavier en Ping loop ʼn ent agter hulle en skielik maak hy keelskoon.

“Ping ek umh weet ek is groen en ʼn meisie soos jy sal nooit ja…”, voor hy sy sin kan voltooi soen Ping hom hartstogtelik op sy mond.

“Ja ek sal jou meisie word ek wag al jare dat jy vra, groen se dinges!”. So soos die son later sak loop twee verliefde paartjies die sinkhuis binne. Hulle sending taak is bereik, liefde ia gevind maar more se teruggreis lê voor. Hulle harte voel effens swaar maar slaap kom tog gou.

Die volgende more vroeg vergesel Jhonathan hulle terug na hulle tuig. Hy is so goed Kammofleur dat Xavier in hom vasloop. Xavier en Ping kbegin aanboord klim maar Ling bly staan.

“Sus kom jy?” vra Ping besorgd en trane wel op in haar oë.

“Nee ek het besluit ek bly ʼn rukkie hier”, sê sy en vat Jhonathan se hand. “Sê vir mammie en pappie ek het ʼn ander sending gekry, Jhonathan gaan my leer hoe om ʼn boervrou te wees”.

Die twee omhels en Ping wat vir die eerste keer in haar lewe sonder haar suster gaan wees besef die tyd is ryp dat hulle elkeen hulle eie koers inslaan. Sy het darem vir Xavier troos sy haarself. Sy wonder net hoe sy haar ouers gaan vertel. Xavier maak die deur toe en hulle styg op. Ping se sak is daar ʼn harde effens skril blaf. Onder op die Aarde wonder Jhonathan waar sy hond kan wees…