PASIËNT 452B – Karen van Vuuren

PasiËnt 452b – 2016 © Karen van Vuuren

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (1 660 WOORDE)

 

“Dokter Sieberhagen” sê Gerhard Potgieter, navorsingsassistent en doktorsgraadkandidaat vir sy mentor “die observasie-eenheid het alweer gebel. Hulle sê dis dringend. Daar is ʼn pasiënt wat na u vra. Dalk moet u maar gaan?” Sê-vra hy terwyl hy haar met sy potblou-hondjie ogies aankyk. Sy kyk hoe hy die kartondose met die toerusting vir hulle navorsingseksperiment met sy sakmes oopsny. Slimste brein wat sy in ʼn lang tyd gesien het. En mooiste lyf. Stop dit Sieberhagen, maan sy haarself. Hy is jou student en die navorsing wat julle twee saam doen gaan nog die geskiedenis herskryf. “Dis reg Gerhard, ek gaan onmiddelik. Hoekom kom jy nie saam nie dan kan jy sommer sien hoe ons die onderhoude in die eenheid doen? Ek weet jy is oorwerk en dat jy nog ʼn paar goed moet afhandel voor ons vanaand voortgaan met ons eksperiment, maar ek dink dit sal baie waardevol vir jou wees om ʼn onderhoud in aksie te sien.” Gerhard stem onmiddelik in. Hy knip sy sakmes toe en sit dit in sy broeksak. Dokter Amelia Sieberhagen glimlag vir haarself. Haar assistant is ʼn regte plaaskind, nooit sonder sy sakmes nie en tog so ordentlik. Hy is altyd gewillig om te help. Die feit dat hulle navorsing nog berge gaan versit en sy naam saam met hare op ʼn publikasie gaan verskyn, sy loopbaan kan maak, dra sekerlik by tot sy goeie maniere. Dink sy toe hy die deur van die labrotorium vir haar oophou om uit te gaan.

By die observasie-eenheid draai Amelia na haar student “Gerhard, verduidelik vir my wat die doel van die observasie-eenheid is en wat die eerste stap in onderhoudsvoering is?” Amelia kan sien dat Gerhard skielik onder ʼn vergrootglas geplaas is, maar hy antwoord sonder aarseling. “Die observasie-eenheid is ʼn eenheid waar die opgeneemde pasiënt vir 72 uur sonder medikasie waargeneem word om te kyk watter simptome aanwesig is. Dit help om ʼn diagnose te maak. Die eerste stap is die insameling van inligting. As die pasiënt nie instaat is om self sy mediese geskiendenis te gee nie, en daar geen familielid teenwoordig is nie, word inligting verkry deur die lees van die lêer. “Korrek voornemede doktor Potgieter” sê sy voor hulle by die observasie-eenheid se glasdeure inloop. Hulle word deur twee elekroniese veiligheidshekke ingelaat tot in onderhoudkamer een se waarnemingsarea. Dit is ʼn swak beligte, beknopte kamer met net plek vir twee stoele en ʼn blad om op te skryf, die hoogte van ʼn venster. Die venster wat die lengte van die kamer in beslag neem is eenrigtingglas.

Amelia neem die dossier van die pasiënt by die nagverpleegster en hou dit na Gerhard toe uit. “Wat staan vir jou uit in sy geskiendenis?” vra sy. Gerhard vat die dik lêer en lees die buiteblad “Pasiënt 452b2016. Hy stop en kyk haar verward aan toe sy oog op die naam op die kaart val “Gerhard Potgieter? Die pasiënt het dieselfde naam as ek?” “Toeval, voornemende doktor Potgieter, slegs toeval. Gaan asseblief voort” por Amelia hom aan. “Sy lêer is dik, dus het hy ʼn geskiendenis van psigiatriese versteurings en behandeling wat daarvoor ontvang is.” Hy blaai deur die evalueringsvorms in die dossier. “Vier en sewentig jarige blanke man met ʼn diagnose van skisofrenie. Hy het positiewe simptome: Delusies, dink goed wat onwaar is en hallusinasies, sien en hoor goed wat nie bestaan nie.”

Deur die observasie-eenheid se eenrightingvenster bekyk sy die pasiënt voor sy instap. Hy sit met sy lyf reg teenoor die spieël. Self vir ʼn psigiatriese hospitaal lyk hierdie pasiënt mal, dink sy in haar diepste binneste.  Hy kyk stip na sy weerkaatsing in die glas. Sy wonder watse drogbeelde hom vermaak. Die pasiënt sit vooroor gebuk in ʼn ysterstoel. Hy het ʼn wit dwangbaadjie aan. Die baadjie hou die pasiënt se arms vas aan sy lyf en verhoed dat hy homself of ander kan beseer. Sy kop hang amper tot op die regter skouer en teen sy ken loop ʼn bietjie spoeg af. Sy lippe beweeg aanhoudend. Amelia wonder of dit ʼn newe-effek van die medikasie is? Sy sien hoe Gerhard langs haar versteen en kry hom skielik baie jammer. Hy is ʼn akademikus en werk nie baie met pasiënte nie. Dit is altyd ʼn skok om gekontronteer te word met die abnormale in die samelewing.

“Hy roep al vandat hy opgeneem is vir Dokter” sê die stafverpleegster wat hulle inwag. “Vir my spesifiek?” vra Amelia. “Ja, Dokter, spesifiek vir u, Dokter Amelia Sieberhagen. Hy wil net met u praat. Hy herhaal jou naam en die nommer 452b die hele tyd.”

Sy wys deur die glas na die pasiënt. “Hy is vanoggend net na vier uur opgeneem. Die polisie het hom kaalvoet en deurmekaar gekry in die middestad. Toe hulle hom vra of hy weet waar hy is, antwoord hy dat hy op die pad is tussen nou en later. Hy is duidelik van sy sinne beroof, Dokter.”

Amelia los die mooie Gerhard en die stafverpleegster in die waarnemingskamer en stap deur die verbindingsdeur in die onderhoudskamer in. Pasiënt 452b2016 prewel nogsteeds iets binnesmonds wat sy nie kan hoor nie. Hy wriemel binne-in die dwangbaadjie. Psigoties, defnitief psigoties dink sy by haarself. Die onderhoudskamer is minimalisties gemeubileer. Daar is een venster wat op ʼn grou sementbinnehof uitkyk. Die tafel waarby die die pasiënt sit, is van metaal, die metaalstoele in die kamer is vasgespyker aan die vloer. Die pasiënt se grys hare hang in olierige strepe oor sy oë. Amelia gaan sit op die stoel regoorkant hom. “Ek is Dr S –“ hy val haar amper onmiddelik in die rede. “Amelia, dankie tog ek moes met jou praat, terwyl daar nog tyd is.

Amelia is effens uit die veld geslaan dat die pasiënt haar so familiêr aanspreek en sit sommer regop in haar ongemaklike metaalstoel. “Hoe ken u my mene – “Dis ek Amelia, Gerhard.” “Gerhard? Gerhard wie?” vra sy terwyl sy hom op en af bekyk. “Dis ek, Gerhard Potgieter jou nagraadse student. Kyk in my oë. Herken jy my nie? As ek dit nie mis het nie, het jy my nounet in die labrotorium gesien. En het jy my saamgebring om die onderhoud waar te neem. Ek het iets baie belangrik om jou te vertel. Ons eksperiment het ʼn interessante newe-effek. Ons ontdek tydtoere, Amelia!”

Tydtoere, dink Amelia, wel dit is een wat ek nog nooit gehoor het nie. Hy praat al hoe vinniger “Jy word ongelooflik bekend, publiseer duisende artikels. Of altans dit is een moontlike uitkoms van ons eksperiment… Dis hoekom ek hier is. As jy nie na my luister nie en die verkeerde afmetings gebruik sterf ons altwee vanaand in die eksperiment.  Dit het my 42 jaar lank geneem om my eie tydtoer te kon onderneem sodat ek vir jou die regte afmetings kon bring.” “Jy sê jy is ʼn tydtoeris? Hoe sal dit werk?” Amelia kan sien dat die pasiënt besig is om erg opgewerk te raak. Hy begin al meer kriewel in sy stoel. Sy kan sien hy wil met sy hande beduie. Skielik leun hy vooroor en fluister asof hy haar ʼn groot geheim meedeel. “As die ruimte-tyd-draaikolk om die aarde versteur word, kan jy tydtoer.”

Dokter Amelia Sieberhagen werk al vier jaar as psigiater en hoofnavorser by die Psigiatriese Instituut maar nog nooit het sy ʼn pasiënt gesien met sulke gevestigde delusies nie. Hy glo dat dit met hom gebeur het. “Goed” sê sy “verduidelik vir my, want ek verstaan nie.” Die pasiënt se skouers sak sommer van moedeloosheid. “Jy moet my glo Amelia, ek hoort nie hier nie en ek is nie mal nie. Ek verduidelik dit al vir jou in my gedagtes die laaste 42 jaar, maar ek sal weer verduidelik.”

“Die aarde bestaan nie net in ʼn drie dimensionele ruimte nie, maar in ʼn vier dimensionele ruimte. Hoogte, breedte en lengte is die fisiese afmetings wat die aarde beset die vierde afmeting is tyd. Hierdie ruimte is gewoontlik plat en reguit. Amper soos ʼn geruite lap wat presies reguit gehou word aan die vier hoeke. Dit is die hier en nou. Rondom die aarde is ʼn ruimte-tyd-draaikolk. Die draaikolk is die gevolg van die aarde se gewig wat die geruite lap versteur. Dit werk soos om ʼn gewigstoot bal op die lap te sit. Die lap gaan insak as gevolg van die gewig van die ysterbal en die hoeke van die lap gaan skeeftrek. Dele van die lap sal dan oor mekaar buig en siedaar tydtoere is moontlik! Of sien dit so, die ruimtetydlyn is ʼn spieëlgladde meer op ʼn windstil dag. Jy staan op die kant van die meer en gooi ʼn klippie in die water. Die klip val in die water en maak golwe na die kant toe. Dit versteur die normale oppervlak van die dam. Dit noem ons die sleutelsleep effek. Wanneer die ruimtetydlyn gedraai word as gevolg van die invloed van nabye gewig. Die verandering stuur golfies in die verlede en in die toekoms in.  Dit is wat vanaand gaan gebeur. Ek en jy is besig met die eksperiment oor elktrokonvulsie behandeling of EKB vir pasiënte met erge depressie. Jy weet dat die elektrode op die skedel geplaas word hier op die voorkop en aan die kant. Hy beduie met die knik van die kom en optrek van die skouer na areas op die voorkop en oorkant die oor. Daar is baie newe-effekte maar een daarvan is dat teen ʼn sekere frekwensie en met die kwantumkrag van die menslike brein die ruimtetydlyn heeltemal versteur word en ʼn draaikolk vorm.  Dit veroorsaak dat ek vanaand in die toekoms ingestuur word.” Die pasiënt stop sy vertelling en is skoon uitasem. Amelia kan sien hoe sy borskas op en af beweeg met inspanning.

Amelia skud haar kop. Sy moet probeer om die man uit sy delusie uit te lok. Dalk as sy sy teorie toets en hy sukkel om iets te verduidelik sal hy terugkom na die realiteit. Dus vra sy “As jy in die toekoms ingestuur is, hoekom is jy dan soveel ouer as die person wie jy sê jy is? “Hoekom is ek oud?” dit lyk of die ou Gerhard wil lag as hy antwoord. Sy mondhoeke trek so amper in ʼn glimlag. “Die tweelingtwis is die verduideliking. As een van ʼn identiese tweeling in die ruimte ingaan en die een bly op aarde sal die een wat terugkom relatief minder verouder het as die een wat gegaan het. Dit is egter nie waar nie en Einstein was verkeerd. Die een wat vinniger as witlig beweeg beleef meer dae as die een wat bly en daarom is ek ouer. Dan is daar die ook voorvadervergelyking wat jy nie in gedagte gehou het nie. Dit is onmoontlik om terug te gaan in tyd en jou voorvader dood te maak, want dan sal jy nie kan bestaan nie en jy sal nie kan teruggaan in tyd nie.  Ek kom om ʼn waarskuwing te bring as jy die frewkensie te hoog maak blaas jy die hele labrotorium op en dan kom die voorvadervergelyking in spel. Die korrekte frewekensie is 452 Hertz vir elektrode B.”

Amelia skud haar kop terwyl sy die pasiënt op en af bekyk.  Sy weet hy het ʼn gevestige delusie. Hy glo onvoorwaardelik alles wat hy sê en daar is niks wat sy kan doen om hom anders te laat besef nie. Sy besluit om nog een keer te probeer “Mr Potgieter” begin sy “Jy is ernstig siek. Jy het skisofrenie. Weet jy wat dit beteken?” Hy kyk haar stip aan. Sê nie ʼn woord nie. “Dit beteken jou werklikheid is versteur en jy beleef soms dinge wat nie die waarheid is nie. Jy hou vas aan die 452b, maar dit is jou hospitaal nommer. Jy is pasiënt 452 van saal b vir 2016. Jy is geen tydtoeris nie, net ʼn baie siek man. Ek is al die laaste paar jaar jou psigiater. Jy is ses maande terug ontslaan uit die hospital uit. Ek glo jy het nie jou medikasie gedrink nie en jy het ʼn terugslag beleef.” Pasiënt 452b begin opnuut wriemel in sy dwangbaadjie en toe begin hy kliphard huil. Amelia besluit om die sessie te beëindig. Konfronteer sy hom verder kan hy aggressief raak en haar of homself iets aandoen. Dis beter om hom terug te stuur na sy geïsoleerde sel en hom ʼn kalmeermiddel in te gee. Sy wonder hoe hy weet dat sy en Gerhard eksperimente doen met EKB en sy wonder hoe hy weet dat dit nog nie deur die etiek kommittee goedgekeur is om op mense te toets nie.

Oppad terug na die labrotorium toe bedink Amelia die hele situasie. Dit pasiënt het haar ʼn idee gegee. As sy elektrode B op die voorkop plaas en die stroom se rigting omruil en die frekwensie opdraai kan sy dalk ʼn beter effek kry met die EKB. EKB word gebruik om klein skokke in die brein te gee en as te ware die brein op te wek. Soos ʼn rekenaar wat vashaak en af en aan gesit moet word. Die EKB behandeling het uitstekende resulte om mense uit ʼn depressie te kry wat nie op medikasie reageer nie. Dalk moet sy so iets probeer.

Gerhard stap so bietjie agter dokter Sieberhagen terug na die labrotorium. Hy het die hele onderhoud vanagter die eenrigtingvenster dopgehou. Hy het sy eie oë na hom gesien staar. Hy weet mos waar hy gestaan het daardie dag. Hy kon die lippetaal maklik verstaan. Doen dit vir jou toekoms. Sy ouer self het dit aanhoudend geprewel “vermoor haar.” Hy kan net dink hoe dit gebeur het. Sy het hom natuurlik nie eers medepublikasie regte gegee nie. Publiseer of sterf ʼn akademiese dood…na al die lang ure wat hy vir haar gewerk het. Die opofferings wat hy vir haar gemaak het. Sy ouer self het self vir hom gesê hoe. Steek haar met jou sakmes. Hy dra altyd sy sakmes.

Amelia hoor ʼn geritsel agter haar en toe sy omkyk storm Gerhard met ʼn sakmes op haar af. Dit is die laaste ding wat sy sien voor die mes in haar hart insak.

In sy sel lag Gerhard triomfanklik vir homself. Hy weet sy jongself hoop op sukses. Hy weet wat hy moet doen. Hy het hom die idee van sy sakmes gegee. “Moor haar, gebruik jou mes.” “Moor haar, gebruik jou mes.” Hy het dit oor en oor geprewel terwyl hy gestaar het na waar hy as jong man gestaan het. Hy weet hy het mal gelyk en so veel te beter. Hy weet sy jonger self sal sommer onmiddelik geleentheid soek om die daad te pleeg.  Dan sal die tydlyn verander en hy sal vry wees en hopelik ryk en beroemd en op ʼn tropiese eiland. Hy sal geduldig wag.

Die ure kom en gaan en Gerhard of pasiënt 452b is nie meer so geduldig nie. Hy skree vir een van die stafverpleegter om nader te kom. Hoekom is ek nog steeds in boeie? wonder hy. Die toekoms moes al verander het.  Die wag wat voor sy kamer verskyn lyk vaagweg dieselfde na die een wat hom na sy onderhoud met dokter Sieberhagen toe gevat het, net baie ouer. “Watse jaar is dit? Wat gaan aan?” vra hy die verpleegster. “Pasiënt 452b” antwoord die verpleegster hom deur die sportjies van die ysterdeur. “Jy is doktor Gerhard Potgieter en jy weet goed dit is die jaar 2068. Jy is al vir 42 jaar in ons instansie vir die moord op dokter Sieberhagen. Jy het haar oppad na die labrotorium wat julle gedeel het, vermoor. Jy het jou kop verloor en haar met jou sakmes doodgesteek. Daar word gespekulêer dat as sy nie so vroeg vermoor is nie sy ʼn baie belangrike wetenskaplike uitvindsel sou maak. Sy was so briljant.” sê die verpleegster terloops toe sy wegstap in die gang.

Gerhard deins terug van die tralies af waaraan hy ruk soos die realiteit op hom neerkom. Hy sak op die sementvloer van die sel neer. Die besef slaan hom soos ʼn hamer op die voorkop: Die voorvadervergelyking met ʼn slinkse wending. Sonder Sieberhagen is die eksperiment nooit voltooi nie en dus is tydtoere nooit ontdek nie… hy is vasgevang in toekoms of is dit ʼn verlede waaraan hy niks kan verander nie.