Chantal Pretorius
die geveg – 2017 © CHANTAL PRETORIUS
Jeug Wetenskapfiksie
[spacer height=”20px”]
Kristoe Louw kry sy meganiesetoerustig reg in die herstelkamer. Hy pak alles uit op die staaltafel. Blitsig kry hy idees om sy nuwe meganisesestelsel te bou vir die geveg. Wat binnekort in Pretoria-Oos gaan plaasvind.
Die robot ondervinding wek ou herinneringe by hom op. Die ander gevegte was briljant gewees! Hy’t altyd gewen met sy skeppings.
Hy ruk sy kop vlugtig op. Toe Kristie onvervangs in die sitkamer instap. Sy wonder wat Kristoe aanvang vandag.
Sy stap sugtend nader en gaan sit op die staalstoel. “Wat bou jy nou al weer, Kristoe?” wil sy nuuskierig weet.
Kristoe geheimsinnig glimlag vir haar. Hy weet wat om te bou vir die hele gedoente. Kristie hoef nie alles te weet nie. Sy suster is hopeloos te nuuskierig oor al sy werk.
“Wat dink jy moet ek bou? Skerpioen of draak? In my opinie gaan die draak te lank neem om te bou en die skerpion meeste van my toerusting op gebruik?”
Kristie lig een wenkbrou op. Sy wonder bekommerd oor sy keuses vandag. Dis ’n moeilike een om te kies. Dis sy speelgrond dié tegniese goed. Sy verantwoordelikheid. Nie hare nie.
Sy sug. “Ek weet nie watter een van die twee gaan vir jou die beste wees om te maak nie. Kies jy maar self. Jy is die een met die breins hier rond,” lig Kristie hom gou in.
Kristoe lag lekker. “Ek sal jou verras, Kristie,” klink hy belowend, en rol drie, klein kristalswart kameras deur sy vingers. Wat hy gaan gebruik vir sy skepping.
[spacer height=”20px”]
Twee maande later . . .
Kry Kristoe ’n oproep van die Tegniese Robotklub dat die geveg gaan Saterdag begin. Uiteindelik gaan hy die geleentheid kry om sy talente te wys.
Hy sug kalm. Leun teen die deurkosyn en bewonder sy bobaaskok suster wat middagete voorberei. Klomp skyfies en twee vleisburgers. Oorvriendelik bedien sy die kos.
Hulle gaan sit aan die tafel. Smul aan die lekker kos. Gemorskos is waarvan hulle hou.
“So, Kristie, gaan jy by die klub wees?” vra Kristoe aandagtig, en sien hoe Kristie ongeërg na hom gluur.
Sy lig ’n skewe wenkbrou omhoog. “Miskien. Miskien nie. Ek gaan niks belowe nie, Kristoe. Om te sien hoe klein monsters teen mekaar kompenteer is nie eintlik my ding nie.”
“Maar jy kyk dit dan op DSTV? Wat is die verskil?”
Kristie antwoord nie terug nie. Wetend Kristoe is tegnies baie vaardig met sy ontwerpe. Dit is sy gawe om klein monsters te bou vir shows.
Dis eindelik Saterdagmiddag. Kristoe tuur na sy meesterstuk voor die geveg begin. Hy kyk verbaas om hom rond. Daar is heelwat mense in die gehoor. Dis goed. Dit gee hom daai ekstra boost as deelnemer.
Die aanbieder kondig laas jaar se wenners aan oor die interkomstelsel. Dan wys hulle hulle robotte wat deelgeneem het. Die trotse robotkampioene verlaat weer die opgewonde, jillende gehoor.
Naderhand kry elke deelnemer die geleentheid om hulle unieke, oorspronklike skeppings te wys. Voor die robotgeveg, kry Kristoe ’n goue plakker as deelnemer 13. Hy is in die A-span. Hy frons. Hy hou nie van ongelyke getalle nie. Dit is deel van slegte dinge in die wedstryd.
Die rondtes begin. Die eerste rondte eindig met ontploffende, foutiewe robotte. In die tweede rondte verloor Kristoe met een punt teen Becky se silwergeel transformeerder. Sy is in die B-span. Gedaan gaan Kristoe voort met die spel. Uiteindelik breek die derde rondte aan. Kristoe en Becky kompenteer teen mekaar vir kampioenskappe.
Die geveg stop vir eerste pouse.
Toe Kristoe ’n tik aan sy linkerskouer voel. Hy draai verras om en glimlag. Sy’t toe gekom!
Kristie: “Ek kon nie meer langer in daai stikdonker huis bly nie. Toe besluit ek maar om te kom kyk na die robotgevegte. Hoop nie ek’s te laat nie?” giggel-lag sy, en gaan staan langs hom.
Hy raaksien die rugsak wat sy dra. Gelukkig het sy die veiligheidstoerusting onthou. Hulle is gereed vir enige aksie!
Kristoe kyk na die wenlys. Die geveg kom amper tot op ’n einde. Tyd om die wiel aan die rol te sit!
“Dis die finale rondte. Jy’s eintlik te laat om hier te wees; ek’s net te dankbaar die spoke het jou nie gevang nie,” sê Kristoe glimlaggend, dan normaal. “Bly jy’t gekom, hoor. Ek het jou nodig hier.”
En Becky staan met ’n bek vol tande eenkant. Omdat sy wil wen. Hy wil ook wen. Daar kan net een wenner wees. Wie gaan dit wees?
In die vegbaan help beheer Kristie die swaar, pikswart kontrole. Sy hou van Kristoe se keuses. Kristoe se robot idee is puik. Die robot maak omtrent naam van homself.
Na die finale rondte, word brons sertifikate uitgedeel aan deelnemers. Die tweede wenner kry die silwer trofee en sertifikaat. Laastens, kry die wenner die 9-karaat goue robottrofee en tienduisendrand tjek wat jaloerse deelnemers laat gloei.
Kristoe voel die hitte by sy nek opstoot. Sy skerpionrobot is heeltemal in rommel teen die transformeerder. Hy’t verloor. En moet tevrede wees met die silwer wenprys!
Toe Becky trots lag-lag na hom toe loop. Sy staan hoogmoedig regop met een regterhand op die heup. Verdomp! Sy aardsvyand het hom gewen!
“Ja, Becky. Wat bring jou na my kant toe?” kom dit bitsig uit.
Becky ignoreer sy jaloerse arrogansie. “Jy is net ’n slegte verloorder, Kristoe. Better luck next time,” spot sy, draai om en stap weg.
Wie dink Becky is sy! Om die robotgeveg te wen beteken niks nie. Hy sal haar wys! Hy gryp ongeskik die kontrole uit Kristie se handpalms. En skakel die robot se kristalswartoë aan.
Die klein, monsterrobot kry lewe. Alles binne word ’n hengse gevaar. Niemand is meer veilig nie. Wat gaan hulle doen?
Mense gil. Hulle sien die pypies waaruit die gifgasse van die skerpion uitblaas. Hy en Kristie kyk mekaar sinistries aan. Hulle dra gasmaskers vir veiligheid. Vanaand sal niemand die robotklub verlaat nie. Veral nie die wenners nie.
Later kan sy nuwe skepping begin. Hierdie keer gaan dit ’n draak wees. Met helderrooi, vuurspoegende tonge as sy wapen! Dit gaan meer geriefliker wees vir hom.
Blitsig kry Kristoe sy meganiesetoerusting reg. Hy tel ekstra parte op van elke stukkende robot. En beplan al klaar ’n nuwe een. Hy pak alles uit op die metaaltafel in sy herstelkamer. Die volgende geveg gaan in Pretoria-Noord plaasvind.