Evert Pretorius
grys man – 2018 © Evert Pretorius
Wetenskapfiksie Gedig
[spacer height=”20px”]
Dis ’n ster wat val
is dit nie ’n metoeoriet?
Skiet weg tot
in die niet
nog ’n ster wat skiet
bly skielik hang
verdwyn nie in die niet
Kleure soos reënboog
skiet hy uit
dis mos nie ’n meteoriet
laer daal hy nou
kleure helder
oranje en blou
Kyk hy land
in die mielieland
kom ons kyk wie
klim daar uit
In die verblinde lig
sien ek hom
wese het gekom
Groot oë
die grys man
lang vingers, tone
ledemate ook
Wie van ons
sal ek sê
wat sal hy tog wil hê?
Vaal grys van kleur, is hy
Kom hy hier bly?
Of reis net verby
Telepatie is sy taal
hoor hom praat
in my kop is hy al
Gegroet man
van aarde
hoor ek in my kop
gegroet is jy ook
dink ek in my kop
Tyd het weggeraak
toe ek wakker word
die grys man ook
Miskien was dit net ’n droom
[spacer height=”20px”]
_________________________________________
Evert Pretorius
patrollie – 2018 © EVERT PRETORIUS
Fantasie Gedig
[spacer height=”20px”]
Stil, stil
loop die voete val
Kyk die kronkel pad
loop op die kant
nie op los spooksand
Kyk die spoor
moet nie verloor
volg hom nou
gou, gou
Hou oë op die bos
hy loop los
sleur soos ’n vos
geen spoor meer gelos
Wees op jou hoede kammaraad
Die vyand is voor
moenie jou lede verloor
ons as een, my kammaraad
Skoot wat knal
hier begin die Hel
val plat my maat
anders is dit te laat
Vyand onder die boom
skote wat knal
dit maak ons mal
dis net ’n sloerdroom
Blits van gewere wat vuur
die dood in hierdie uur
gooi die bom
laat hulle kan omkom
Stof en rook
geweldige slag
Waar is die boom?
vernietig met krag
Geen vyand is in sig
Een dooie op sy rug
Soldaatspoke wat vlug
oorlog is geen klug
Lewe van ’n troep is swaar
dis als waar
tot ons weer hiernamaals toe gaan
sielkundig gedaan
In die skare sal ons
siele stilstaan,
dan weer verdwyn
en in die aande
onder die maanlig
weer verskyn
en oorlog hou
Ons sal dit altyd onthou
Trots op my pa se gedigte!