Ontmaskering

Amenity Viljoen

Ontmaskering  – 2019 © Amenity Viljoen

Jan is so moeg, moeg vir al die draaie en kunkels van die Mag.  Die Mag wat sy lewe en volgens hom ook die lewens van almal in die bekende ruim beheer…

Moeg vir die bose Kring; opstaan, veg, slaap en dan weer van vooraf begin.  Asof hy nie reeds die oorwinning behaal het nie.  ‘n Bose Kring wat nooit eind kry nie.  Gedoop die “Kring”, nie oorspronklik nie, dit weet Jan al te goed, maar hy is oortuig daarvan dat die normale dinge dit is wat mense menslik maak.  Boonop hou die Mag hom nie aan vir sy ‘oorspronklikheid’ nie…

“Ag, tog!  Nie weer nie,” brom Jan weer toe die son oopkom.  “Hier begin die Kring al weer en die keer is daar net een wenner, my vriend,”sê Jan aan die lang man wat formidabelend met sy geskeurde mantel langs Jan staan.  “Ag, moenie so misrabelend klink nie! Dis net die laaste dag, hierna kry ons, ons vryheid…   Net nog een, my vriend,”  probeer Alwyn sy vriend moed inpraat, al weet hy dat net een held die vryheid sal kry.  “ ’n Lekker dag vol opwinding en spanning, nog ‘n dag in die paradys,” terg Alwyn verder in ‘n poging om die spanning in die vertrek te verlig.  Met net ‘n blik in Jan se rigting weet Alwyn hy het dit nou net te ver gevoer.  Uit vrees vir nog ‘n onwelkome russie spring Alwyn op in die zerogravatasiesfeer, want ‘n sekrmutseling met Jan sal hy sekerlik verloor.

Met die eerste verskyning van ‘n kruiger, Alwyn, is daar ‘n ontploffing van gejuig van die skare af.  Soveel so dat die spesialiste bekommerd raak oor die sterkte van die atmosglas, wat dreigend begin te bewe.  Die atmosglas wat die astroarena omkamp om al die gevare van die ruimte uit te hou sodat die moderne mense steeds kan veg soos die barbare van ouds.  Met swaarde – gemaak van lasers vir die plesier van die skare – en geen pantser teen mens of die nitige ruimte nie.

Terwyl Jan sy beurt afwag om die doodsarena  in te vaar dink hy by homself. “Ek wat Jan Voyager is, sal vandag tot sterwe kom.  Sterf sodat die Kring kan endig en die valse beloftes tot ‘n einde kan kom.  Dié is my laaste een, dit sweer ek.  Ek maak vandag ‘n einde aan die heerskappy van…” maar voordat Jan kon klaar maak het sy beurt aangebreuk en is hy besig om in die zerografatasiesfeer te sweef tot waar al die ander kruigers wag vir die geveg van die dood om te begn.

Soos Jan sweef deur die lug blêr ‘n luidspreker, “Jan, die klein berg wat niemand gesien kom het vir die oorwinning van laas jaar nie…”  Die skare maak nou meer geraas as ooit tevore, alhowel hulle nie veel kan uitmaak nie, sien hulle net ‘n kruigsheld wat kompleet lyk soos ‘n held van die oertyd, deurdrenk van die bloed en die sweet.  Sy oë is glinsterend en sonder vrees of huiwer.  Hy is hier om te wen en vryheid te verower en almal weet dit, selfs die kruigers, hulle hoop net vir ‘n vinnige einde.

Almal weet dit is Jan se naam wat vannaand op die atmosnuus uitgesaai gaan word.  Hy staar na elke kruiger langs hom, dis vir hulle wat hy veg vandag.  Hulle wat saam met hom in die ruimtedoodskis gaan sterf, hulle wat eindelik net nog ‘n naam gaan word wat die buitekant van die zerogravatasiesfeer genaamd ‘Ontmaskering’ gaan versier.

“My liewe gehoor, hier is dié bestes van dié bestes,” met die aankondiging gaan die ligluike oop sodat elke kubieke eenheid van die doodsarena  verlig is deur die sterrelig van die heelal, soveel so dat daar geen plek is waar die skare nie kan sien nie en ook geen plek waar die kruigers kan wegkruip nie.

Geen wegkruip en geen vermindering van vrees vir elke kruiger nie, ongeag van die astrokrag waaroor hy dalk mag beskik nie.  Die vrees van die komende einde en die statistiese kanse teen hulle vergroot en vergroot totdat dit al is waaraan die kruigers kan dink, almal behalwe Jan.  Jan weet wat gaan gebeur. “Ek gaan sterf,” dink hy in sy binnestes oor en oor, met meer sekerheid elke keer.

“Een wenner, uit die see van vrees sal verrys en sy Vryheid terug verower, soos dit in die oertyd gedoen was, dames en here,” met toejuiging en ongeduld verwelkom die skare die aankondinging en toe, eindelik die woord waarop almal wag: “Veg!”

Tot almal se groot onsteltenis is daar geen reaksie van die kruigers af nie, nie eers een van hulle beweeg ‘n enkle spier nie, hulle staar net na Jan.  Jan die Berg.  Hy was laas keer die wenner van die Astrobloedbad – so noem die kruigers die spel. Hy gee die bevele, skreeu elke kruiger se intuiesie vir homself…

Jan neem al die oë op hom: skare, kruigers, koninklikes, amptenare … almal.  Toe knik hy en die geveg begin…

Bloed spry die lug in soos die Berg sy laser deur die hart van die naaste kruiger vorseer.  Te laat trek hy die laser uit die karkas en gevolglik sny ‘n laser hom op die rug.  Die kruiger wat dit gewaag het om Jan te bekruip kom sleg tweede in ‘n oogwink.  Soos Jan die kruigers om hom vermoor is daar nog kruigers wat om die hoof geveg mekaar vermoor.  Alwyn veg en moet kort-kort koes vir n vuis, laser, outydse lem deur om van sy astrokrag daarheen of hierheen te gooi.

Die krag is al wat Alwyn die laste jaar omdie lewe gehou het, ‘n krag wat die mens se gene stadig deur die eue heen aangeleer het as ‘n gevolg daarvan om nie meer op n planeet te lewe nie.  Die astrokrag is moeilik om te beheer, maar kruigers soos hulle is al jare in die doodsarena en moet konstant van die magiese kragte gebruik maak om te bly oorleef.  Oorlewing is alles vir ‘n kruiger.  Nie vriende of familie nie, maar hulle was nie van altyd af kruigers nie.  Nee, hulle was eens deel van die algemene populasie wat gedwing was om te veg.  Veg Vir Vryheid is die leuse wat almal al van kindsbeen af hoor.  Die leuse wat jou are vinniger laat klop in die nag, wanneer die drie V’s agente mans soek om deel te word van die kruigersspan.

Die lasers swaai wild en die bloed dryf orals rond, vanaf die wonde tot teen die glas wat die skare van die kruigers sky.  Nou is die visie van die kruigers al so beperk dat Jan hom byna teen lasers vas projekteer deur sy astrokrag.  Tog hou Jan sy koel en veg nog tot die bitter einde, wat hopelik insig is, aangesien sy kragte besig is om te vaal.  Die einde sou eers na nog baie steftes plaasvind, aangesien die kruigers onophoudelik in die doodsarena in gestuur word, alles vir die vermaak van die skare.  Barbare soos al die ander, vind hulle plesier in die smart van ander…

Met ‘n oneindigende voorraad van kruigers en ‘n doodsarena so groot soos die generasieskip self hou die Ring aan vir meer as ‘n dag.  Tot niemand se verbasing nie, het Jan en Alwyn saam die massas kruigers begin teensit en verslaan.  Veg ver oorlewing.  Gewond en vol bloed, moeg en uitgeput, rooi van uitputting en dihidrasie besef Jan en Alwyn dat daar slegs vier kruigers nog lewendig is.

Net vier, twee teen twee.  Asof die heelal geweet het dat ‘n held gaan sterf, is die mees heldhaftigste einde uit die onmoontlike geskep.  Konfrontasie tussen vier kruigers, ‘n onvoorspelbare situasie.  In ‘n oogwink van totale vrees en uitputting op al vier se gesigte is daar net lasers wat blits teen mekaar.  Al die lyke dryf  rond en dit raak amper onmoontlik om te weet of die kruiger voor jou nog ‘n bedreiging vir jou bied of nie.  Die spel van identifikasie het begin.  Lewe of dood.

Jan sny sy lem deur die kop van ‘n lyk en kom tot die beseffing te laat.  Die kruiger wat agter die lyk geskuil het is klaar besig om al sy astrokrag te gebruik om homself vorentoe te projekteer.  Sy laser i soos ‘n missiel op Jan die teiken gemik.  Daar is selgs enkle oomblike voor Jan sy einde gaan bereik en met die wete skraap Jan nog ‘n kruselkie, nie groot as ‘n broodkrummel, se astrokrag bymekaar.  Hy projekteer die lyk met dié krag na die aankomende missiel en skiet in die teenoorgestelde rigting in.  Die kruiger se laser deurboor die lyk en bloed sypel uit die lyk en bedek die kruiger heeltamal.  Die kruiger peil nou soos’ n Viking op Jan af, groot en moordlustig. Jan draai om die kruiger teen te sit, maar momentum is teen Jan en trek hom verder en verder weg.

Die kruiger gooi tou in en vaar inwaarts na die middel van die zerogravatasiesfeer na waar Alwyn en die ander kruiger moordlustig baklei.  Op daardie oomblik het Alwyn se laser en lem die ander kruiger in ‘n heldhaftige swaai middeldeur gesny.  Jan sien die gebeure en dink net aan een ding, “Ek is so naby, Alwyn mag nie iets oorkom nie.” Met die ingedagte draai Jan ook terug en gebruik die wragtige laaste van sy kragte om teen die momentum van sy vorige besluit, of net sowel sy hele lewenspad wat hom tot hier gebring het, terug te beur.

Jan is so gestel op die lewe van sy maker dat hy sy laser deur die kruiger, wat niks vermoedend steeds op Alwyn af peil, se rug sleep soos Jan verby klief na Alwyn se redding toe.  Die kruiger maak ‘n onaardes geluid soos sy einde ook aangebruik het, tog ‘n geluid wat al so baie in die doodarenas van die ruimte gehoor word.

Dit eggo deur die skare wat skoon stil geword het met die aanskouing van die ongelooflike gebeurtenisse wat hulle sopas beleef het.  Die klank maak dat die skare rill en skoon nie eens besef dat net twee kreuigers nog lewend rond seewf nie.  Twee vriende in ‘n plek soos die, feitelik onmoontlik.

Tog Alwyn het reeds die implekasies van sy redding besef.  Hy en sy enigste maker moet nou teen mekaar om hul lewens meeding.  En Alwyn weet ook day hy nie ‘n kat se kaans teen die krag waaroor Jan beskik, staan nie.  Dis asof Jan saam met die kosmiese kragte en ook die afwesigheid daarvan beweeg.  Jan hoef nie soos meeste mense die atmoskragte te manupileer nie, hy buig dood eenvoudig die aanwesigheid of afweisgeid daarvan om sy eie doel te dien.  Dit is ‘n einenskap wat weinig min mense kom reg kry nadat die eerste astrovaarder dit die eerste keer ontdek het.

Alwyn besef die nuwe ontedekking van Jan voor ening ander mens.  Gevolglik vlug Alwyn na die naaste opeen hoopeing van lyke en skuil daarso, hy draai slegs om toe hy seker is dat hy beskut is van Jan se oë.

Tot sy groot skok is Jan nie besig om hom agterna te sit nie. Jan is nêrens te sien nie. Di eers toe Alwyn afwaarts kyk dat hy vir Jan gewaar, maar Jan is besig om tot heel onder – van waar Alwyn is – heen te projekteer.  Jan wink Alwyn nader. “Daar is niks anders wat ek kan doen nie…” dink Alwyn met ‘n skok.

Wanneer Alwyn endelik vir Jan bereik het is daar nie eers asemhaling van die skare te hoor nie! Niemand waag dit eers om op hulle gemaklike vormstoelle te skuif nie, hulle kyk net na Jan.  Jan lig sy laser en rig dit sekuur op Alwyn, gereed om sy maker tot sy einde toe te stuur vir die prys van Vryheid.

Jan spreek iets onhoorbaars en met een magtige beweging sny Jan sy eie kop morsaf.  In skok en ongeloof hou almal die lyk en die kop dop todat die twee stadig uitmekaar dryf.  Net bloed is te sienne waar eens die Berg gesweef het.

Die woord ‘oorwinnaar’ word nou in almal se gedagtes vebind met ‘Alwyn’.  Alwyn die Kopskeider.

‘n Jaar verloop sonder enige verwysing na Jan die Berg, net die naam Alwyn is onthou en nou dors die skare weer na ‘n astrobloedbad – die Ring.  En soos die held die ere ontvangs van die groot deur kry en opstyg na die middel van die zerogravatasiesfeer, kyk al die kruigers na hom – Kopskeider- in vrees.

Vrees vir die Mag, vrees vir die Woord, vrees vir die visiebeperkings, vrees vir die minimale kaans wal elke een van hulle in die gesig staar, soos ‘n tier wat sy prooi bekruip. Bowen dit alles vrees vir Alwyn die Kopskeider.

“… die Kopskeider,” kry die luidspreker weer sy woorde in en die skare juig, selfs meer as wat hulle Jan die Berg toegejuig het.  Met al die gebeuire om hom kan Alwyn net aan een ding dink, Jan die Bevryder.

Alwyn stop nie by die ander kruigers nie, maar styg hoor en hoor uit.  Todat hy heel sigbaar vir almal in die doodsarena is.  Hy gluur hulle aan, nie die kruigers nie en ook nie die skare nie. Hy kyk reg in die oë  van die koniklike egpaar, die regeerders van die Mag.

Hulle is in hul krygspakke opgetooi vir die Ring,  maar nie een van hulle het ooit ‘n ware bloedslagting bygewoon nie.  Alwyn sê hardgenoeg vir almal om te hoor: “Julle verdien nie die pakke wat julle aan het nie en sal nooit mense beheer nie,” met die woorde lig hy sy laser en hou dit omhoog.

“Vir elke naam wat buite op die romp van die Ontmaskering staan, vir elke man wat om die lewe gebring is vir Veg Vir Vryheid, vir elke kruiger wat vandag nog gaan sterf, vir elke sinnelose dood in die doodsarena, vir elke onderdrukte, vir Jan die Berg…” en net so skielik en onvoorspelbaar soos Jan kap Alwyn sy eie kop af.

Die laaste wat Alwyn gehoor het is die kreet van revolusie op die skare se lippe…