Afrifiksie Fantasties

Die hoeveelheid materiaal wat deur Afrifiksie omsluit word is regtig baie. Daar is egter so baie wat gebeur in die veld van wetenskapfiksie dat dit maklik is om die fantasie af te skeep. Om daardie rede is daar ‘n deel tot stand gebring waarbinne die vele, kleurryke aspekte van fantasie gedek kan word.

In teenstelling met die veld van wetenskapfiksie wat voortdurend verander en ontwikkel soos die kennis en tegnologie van die mens toeneem, verander die veld van fantasie relatief min. Hoe dit ook al sy, die kleurvolle wêreld van fantasie kan maklik onderskat word. En oor tyd het daar werklik ongelooflik baie aspekte ontstaan in die mitologise en legendariese skryfwerk wat in sig self amper té talryk is om te dek.

Tog sal daar gepoog word om die mees vername hiervan toe te lig…