My Beskermer

Hallo julle!

Na ‘n lang stilte het ons eindelik iets gevind om die ys mee te breek.  Dit was nie ‘n maklike soektog nie, daarvan kan jy gerus seker van wees…

My Beskermer is ‘n lekker loslit Afrikaanse storie wat maklik verkry en gekyk kan word op ShowMax en miskien nog ook op KykNet.  Die storie is onglukkig nie lank nie, maar het genoeg om die lyf om die kyker besig te hou. Ook die wenner van die SA Beste Krotfilm 2022!

Dis ‘n lekker Kaapse Afrikaans wat ‘n goeie poging aanwend tot ‘n unike storielyn.  Alhoewel dit gerens aan baie stories wat reeds bestaan, moet ons tog erkenning gee aan die werk.  Die moeite en die rekenaar effekte kan nie mis gekyk word nie.

Nou, vir die deel wat ons almal na smag: “Wat van die tegnologie?

Wel ek kan nie alles weg gee nie, maar ek sal wel sê alhoewel dit nie ten volle sin maak nie was dit aangenaam om te sien hoe die rekenaar beweegings in die aksie baie blyk soos rekenaar speletjies.   Mens kry die gevoel dat jy amper aan die ander kant van die rekenaar beheerders sit…