Die rooi oog pes – Chantal Pretorius

DIE rooi oog pes – 2017 © CHANTAL PRETORIUS

Gedig

Lees, skryf en dink,

wat is verpligtend

laptop, rekenaar

of foon

alles dra die kroon

die internet kom

orals voor

binne huis, buite mure

geniet saam met bure

tegnologie skuil, en

masjiene wat gesels

e-posse is die herstelwerk

van boodskappe en omkrap

deurmekaar fakse

doen wat ander doen

dans op ’n video,

skryf ’n boek,

praat ’n gedig,

sing ’n lied,

sonder enige verdriet

laat ander dit sien

internet is nie verniet

maar hier vir jou plesier;

ontwerp ’n webblad

wat jou netjies sal pas

paai die boks se

draaiende wind

wat warm hitte sing

en bring die mooi

groen en rooi ligte;

breek die kreet

van hackers wat alles weet

en share jou idees

sonder vrees

onder jou vlees

skuil die internet gees

leef saam met sinonieme

tabelle en Wikipedia-helde

ken die werkwoorde, en

wen kolomme en somme

kul die geheue se simbole

karakters en sagteware-store.