Die Skim – Chantal Pretorius

Die skim – 2017 © CHANTAL PRETORIUS

Gedig

Lê kaal vlaktes om hom heen;

herfsblare wat om hom dans.

 

Waai oor graf en steen

hoor die geklaag, geween.

 

Wat mis op berge bring;

sy blokfluit wat sing.

in sy grafstil woorde

ons verdrink.

[spacer height=”20px”]

portret – 2017 © CHANTAL PRETORIUS

Gedig

Swart kraai

knipoog in portret
op ou geroeste posbus

1306;

sit onbekende

vrou op rystoel
links van voorstoep;

eet gesnyde perskes

dis haar oggenddis

en

skilderkuns haar beroep.