Die Stoker – Evert Pretorius

die stoker – 2017 © Evert Pretorius

Fantasie Gedig

kyk die mis 
op die berg 
sekelmaan hang laag 
duisternis wat aan 
ons knaag
weet die stel 
wat vandag sterf

gooi die swart kole
dit word al laat
sukkel en hakkel
so min tyd
sê die stoker
trek die fluit
rek dit uit

haal die gees van 
onse mense uit
trein moet vol van 
suiwer suurstof
tyd raak nou beperk
op soveel siele 
maak stoker staat

die rooi duiwelstrein 
van baie kwaad
gooi die kole in 
vanaand
waarby sal dit baat?
trein ry waar 

die spoke verdwyn

weë die stel wat 
op staal treinspore ry
sal na hel verdwyn
huil in donker huis
vrou wat skreeu 
van die pyn

bly liewer tuis
alweer duiwelsweë
hoor die skril gehuil 
van die mooi vrou
in donker valleie
daar waar 
treinspore verdwyn

vrou wat hoog skree
gee terug my man 
dit is duiwelsweë
nee, sê stoker, 
ek kan dit nie doen
stook die vuur 
tyd is amper klaar
spooktrein is tydelik daar