Hoop vir ‘n Sterwende Planeet

Louise Viljoen

hoop vir ‘n sterwende planeet – 2017 © louise viljoen

WF-Gedig

[spacer height=”20px”]

Die planeet hang bleekblou in die hemelruim.

Hier sal elke lewende wese terstond verkluim!

Daarom dat die Interdimensionele Alliansie

Dit ag om sonder enige verdere versuim,

Uit te vaardig ’n amptelike proklamasie

wat die bewoners sal versterk in hul luim

om dadelik hul leefarea interplanetêr te verruim.

[spacer height=”20px”]

Verlaat die planeet wat stol soos water in ys!

Daar wink op jul nuwe wêrelde op die IA se lys.

Gou! Terwyl daar nog plek is op die moederskip,

Wat onder skeurende tektoniese plate uit verrys,

Om tog vir oulaas maar te kan werp ’n laaste blik

Op die kou planeet wat almal hoop tog sal herrys –

Soos ’n Feniks wat deur die ruimte son toe sal reis.