Moet nie die waarheid verdraai dit kom tog uit – Lindie Oberholzer

Moet nie die waarheid verdraai dit kom tog uit – 2017 © Lindie Oberholzer

Volwasse Fantasie

Leen is verveeld by die partytjie oor niemand regtig met haar praat nie.  Sy besluit om huistoe te stap.  Iets trek haar aandag af en sy beweeg agter dit aan. Voor sy agterkom raak sy verdwaald.  Dan sien sy ‘n wolf met ‘n mooi wit en grys pels en skerp tande.  Eers was dit vreemd en sy dink dis haar verbeelding oor sy nog nie sulke diere gesien het naby hulle wooning  nie.  Maar sy begin weg hardloop met die wat sy sien die wolf hardloop in haar rigting.  Soos sy al hoe verder hardloop word die wolwe meer en meer terwyl sy al hoe dieper in die woud in hardloop.  Leen probeer bakens vir haarself maak maar dis moeilik oor sy al vinniger en vinniger moet hardloop.  Haar pikswart hare vlieg haar agterna.  Sy voel hoe haar voete nie baie langer haar sal kan dra nie.  Moeg en uitasem  maar sy weet as sy stop skeer die wolwe haar stukkie vir stukkie uitmekaar terwyl dit pyn en lyding sal wees tot die dood oor haar sal kom.

Leen skud haar kop terwyl haar oë begin traan.  Sy is bang, alleen en moeg.  Sy skrik haarself oor ‘n mik toe sy sien die wolwe is nou al ongeveer tien en almal se tande is messkerp en hulle lek hulle lippe al af.  Leen kan self  sien hulle draf en hardloop nog nie eers op hulle vinnigste nie.

Oomblike later val Leen in ‘n leegte onder haar af.  Met ‘n harde landing begin sy rol tot stilstand.  Leen probeer op haar voete kom en skielik raak ‘n koue hand aan haar arm, sy wip soos sy skrik.

“Kom net saam, vertrou my of word wolwe kos.”

Leen dink nie eers twee keer voor sy die seun volg nie.  Al wat sy aan kan dink is dat  sy nie wil verskeer word nie.  Hulle hardloop in ‘n tonnel so donker hulle kan niks voor hulle sien nie.  Dis koud, ruik bedompig en nat.  Nou besef Leen hulle hardloop op nat grond en sy het nie skoene aan nie.  Hulle kom tot stilstand, maar voor Leen wil glimlag voel sy ongemaklik.

“Waarnatoe is ons oppad?  Dit voel so koud en verwaarloos”

Diep in Leen se hart voel sy skielik alleen en eensaam.  Dan wys die seun haar ‘n liggie wat daar vêr en onduidelik sigbaar is.

“Nou moet jy mooi luister.  Die wolwe is oppad van daardie kant af en daar in die verste by daardie fyne liggie kan dit dalk slegter gaan.  Aan die wolwe se kant gaan ons ‘n pynlike dood beleef verseker.  Aan die liggie se kant het ons ‘n beter kans.  Ek weet ons gaan getoets word en dit kan dalk ly na die dood maar ek voel dis beter.  Ek gaan na die liggie se kant, maar jy moet jou eie keuse maak.  Ek wil nie later hoor ek het jou gedwing om my te volg nie.”

Leen voel nou of die seun iets wegsteek vir haar.  Sy kyk in beide rigtings, knyp haar oë toe.  Met die oopmaak slag sien sy die seun is al klaar besig om in die lig se rigting te draf.  Sy hardloop en sluit by hom aan.

“Ek is nog nie reg om deur wolwe verskeer te word nie.  Moet  nie voel of jy my dwing nie.  Twee is in elk geval beter as een.”

Hy gryp haar hand voor hy hulle vinniger probeer trek.  Hulle beweeg al hou nader aan die liggie wat nou amper al ‘n lig is.  Mooi in die lig sien sy ‘n houthuis en Leen kry hoendervleis net om daarheen te kyk.  Die seun ruk hulle tot stilstand.

“Die is ‘n kroeg in die binnekant.  Daar is mense wat jou heeltyd gaan aanstaar en al ewig vrae gaan vra. Probeer so min moontlik praat want een vekeerde antw dan is dit dalk neusie verby met jou,”

Nou weet Leen die seun weet wat vir hulle wag.  Haar vraag  is nou .  Het hy my met opset hierheen gelok?  Terwyl hulle nog hardloop pluk die seun weer aan Leen.  Leen ruk los en gee die seun ‘n harde klap.

“Jy is wild met my.  Ek is nie jou poppie nie!  Ek kan self hardloop of loop ek sal saam kom.  Hou net op om my aan my te ruk asb!”

Die seun wou nog iets terug sê toe hoor hulle die deur soos hy kreun waar iemand hom stadig oopstoot.  Mens sien nou die mense se koppe draai na hulle.  Nou gluur almal hulle aan.  Op die vloer kan mens sien hoe die donkerte in die vertrek insluip.  Daar kom ‘n man in ‘n deftige lang swart baadjie en een van daardie swart, lang, regop pette wat kulkunstenaars gewoontlik ‘n haas of iets uit pluk aan.

“Kom sit julle eers hier.  Julle lyk so verskrik en verdwaald.”

Leen kyk na die sitplek wat aangebied word.  Dis nie sommer enige stoel nie.  Dit lyk soos ‘n vistenk maar nie van enige sort nie.  Dis ongelooflik bo-op het dit ‘n swart sagte kussing op wat lyk of dit net bo die water hang.  Binne die glas raam is dit die mees interesantste ding wat Leen al ooit gesien het.  Die water is nie soos gewoontlik nie.  Dit bestaan uit  lyne van verskillende kleure amper soos ‘n reënboog.  Dan is daar visse van dieselfde ooreenstemende kleure water.  Dit loop van links na regs en begin bo met rooi en volg met oranje, geel, pienk, pers, blou en groen heel onder.  Leen verkyk haarself aan die verskillende kleure water en visse wat selfs nie meng nie.  Die seun sien Leen wil iets vrae, maar wys gou met ‘n kopskud nee.

“Goed meneer ons sal hier sit. Dankie vir u besorgdtheid.”

Beide van hulle gaan sit heel rustig en hoop die stoel gee nie onder hulle in nie.  Daar  kom ‘n vrou met ‘n bloedrooi rok deur die deur met die klein stringetjies blink liggies.  Sy dra twee glase met die ongelooflikste drankies op ‘n skinkbord in.  Leen kyk na die interesante kleure in die glase.

“Dis nie gif nie.  Julle sal verbaas wees hoe lekker dit proe.”

Stel die vrou hulle in kennis.  Hulle staan op en beide vat vir hulle ‘n glas.  Met die drankies in hulle hande draai die vrou om en stap stylvol op haar hoë hakskoene uit.  Die man wag tot sy agter die stringe verdwyn en sien so ook hulle het gaan sit.

“Sy is my dogter ou seun en ek gee haar weg vir niemand.”

Leen sien hoe senuweeagtig die seun langs haar lyk en besluit tog om ‘n sluk te vat van die drankie.  Dis hemels en sluk hy dit gou weg tot die glas dolleeg is.  Die seun wou haar stop.  Die man sien dit.

“Nee seun!  Drink jy sal proe dis baie lekker en dis veilig.  Ek is Christiaan en wie is julle as ek mag vra?”

Leen laat nie op haar wag nie en antw sommer dadelik terwyl die seun eers ‘n sluk vat.  Hy verstuk half toe hy proe die drankie is regtig uit die boonste rake.

“Ek is Leen.  Ek was op ‘n partytjie vroeër en is gejaag…”

Die seun val haar in die rede.

“Ek is Karel.”

Dan vat Karel Leen se glas en sit altwee op ‘n tafel.  Christiaan gee ‘n groot glimlag.

“Nou kan julle nie meer jok nie.  Die drankies laat jou net die waarheid praat, maar as dit nie werk nie sal die stoel jou intrek.”

Karel probeer weer opstaan maar hy sukkel om op te staan.  Leen kyk die storie aan voordat sy ook probeer opkom.  Hulle oë rek so groot soos  pierings toe hulle sien Christiaan staan en lag hulle uit.

“Ja Leen!  Karel het jou sopas van die wal af in die sloot gehelp.  Hy was al voorheen hier en het geweier om vrae te beantw.  Wel hy het eenkeer dit reg gekry om my ‘n rat voor die oë te draai, maar dit sal nie weer gebeur nie.  Ha..ha..ha!”

Die volgende oomblik pluk Christiaan Leen van die stoel af.  Met die optrek het dit gelyk soos ‘n veer wat deur die lig trek soos Leen beweeg.  Christiaan het haar gewig heelwat onderskat.  Karel skree.

“Dis nie waar nie.  Ek wou jou help.  Daardie man is die boef.”

Net daar en dan val die twee sitplekke na binne.  Karel verloor belans en val die vistenk binne.  Leen kyk met verbasing na Karel.  Dit voel of hy ‘n ewigheid vat om tot heel onder te val.  Soos hy val verander sy vel se kleur nes die water.  Met  ‘n plons teen die bodem lê hy ongeveer drie minute dan verander hy in ‘n vis.  Hy is nou geel en swem tot by geel water en sluit by die ander visse aan. 

Leen staan stokstyf en maak haar oë toe en oop ‘n paar keer om seker te maak dis nie ‘n droom nie.  Die heeltyd speel daar dramatise musiek in die agtergrond.  Christiaan vat aan haar skouer.  Met  ‘n wip soos sy skrik.

“Moet nie so verskrik lyk nie.  Daardie stoel vat net mense wat die waarheid verdraai en slegte gedagtes het.  Nog erger mense wat jou  net wil gebruik vir hulle eie doeleindes.  Jy sal niks oorkom tensy jy ook wil leens vertel.”

Leen weet nou nie hou sy moet optree of reageer nie.  Christiaan lei haar na ‘n kamer.  Hy begin vat waar hy nie mag nie.  Leen ruk los en hardloop terug na die stoel.  Nou staan sy op die stoel.  Christiaan wil haar aftrek in sy arms maar kry dit nie reg nie.

“Ek sal eerder lieg en hier inval as om te doen en toe te laat dat jy my moet seermaak op ‘n slegte manier.  Ek is nie bang om ‘n vis te word nie.  Jy is ‘n lae luis wat wil hê almal moet volgens jou broekspype dans.  Wel ek het nuus vir jou.  Mens kan nie ander mense altyd gebruik nie.  Ek hoop jy word eendag behoorlik gestraf vir jou dade.”

Nou is al die mense se aandag op Leen en kan nie verstaan waarom Leen nogsteeds staan nie.  Christiaan besef  hy is besig om homself in die voet te skiet en Leen  is besig om al sy eie geheime uit te blaker.  Hy pluk  ‘n pastool uit en rig dit op Leen.  Sy sien dit en skree.

“Jy gebruik almal.  Ek is ‘n seun.”

Net daar en dan val Leen in deur die stoel se sitplekke.  Almal staan op en weet nou vir die eerste keer dat Christiaan hulle almal om die bos gelei het. Hulle stamp hom tot naby die stoel, druk hom vas en vorseer die drankie in sy keelgat af.

“Drink die goed.  Jy is nog al die tyd die leennaar en ons soek nou die waarheid.  Wat soek ons almal hier en waarom kan ons nie meer hier uitgaan nie?”

Hulle plaas hom op die stoel en rig die pastool  na sy rigting.  Christiaan weet nou hy is vas en weet sy einde is naby.  Vir hom is dit om die ewe.  Hy is aan die verloor kant maak nie saak watter kant hy kies nie.  Hy besluit hy gaan eerder  ‘n vis word voor hy die waarheid praat.  Dan skree hy.

“Ek is ‘n man!”

Daar gee die stoel weg.  Al die mense kyk mekaar aan en wonder.  Die vrou met die bloedrooi rok kom ingestorm met ‘n krieket kolf.  Sy swaai die kolf lekker hoog agter haar voor sy hom weer afswaai en die stoel stukkend slaan.  Al die water en visse lê nou op die grond voor hulle.  Maar Christiaan is nou half vis en half mens.  Sy ruk die pastool uit die man se hand en rig dit op Christiaan.

“Hou jy van jou nuwe vorm?  Jy het my ouers en hele familie uitgewis met hierdie vieslike fantasie van jou.  Ek weet jy is ‘n heks want ek het met tyd gesoek vir antwoorde.  Al probleem was ek was nog nie so braaf soos Leen nie.  Maar sy het my die krag gegee vandag om dit sover te vat.  Hoe kon jy al hierdie mense se lewens so verwoes?”

Sy trek die sneller.  Christiaan lê leweloos in sy eie plas bloed.  Al die visse styg die lig op.  Daar kom wolwe van al die rigtings in en  hulle styg nes die visse na bo.  Meteens verander almal terug na mense en die oorblywende mense styg ook die lig in.

Alles draai en swaai om hulle heen soos ‘n rondomtalie.  Daarna word hulle almal weer neergesit in  ‘n groen woud.  Al die donker is weg en dis weer lig om hulle, vrolik en vars.  Daar vlieg mooi gekleurde voëls om hulle rond.

Al die mense is nou opsoek na Leen wat hulle almal se lewens gered het.  Die vrou met die bloedrooi rok kry Leen uit soos ‘n kers onder ‘n boom.  Almal maak ‘n kring om haar en buig voor haar met die wat sy haar oë oopmaak.  Die vrou met die bloedrooi rok staan langs Leen en vat haar hand in haar eie.

“Ek glo ek praat vir almal hier.  Ons sal jou altyd  innig dankbaar wees oor jy ons almal bevry het van daardie heks.  Dit was wreed van haar om almal so te gebruik het.  Dink net as jy nie hierheen gekom het nie.  Dan sou ons almal dalk nog vir baie jare vorentoe in haar kloue moes gelewe het.  Weereens baie dankie.”

Leen voel trots op haarself en so ook op die ander.  Nou is sy opgewonde en bly hulle almal is veilig.

“Ek het nie alles myself gedoen nie.  Almal wat hier is het ook in hulself begin glo.  Julle het dalk net iemand nodig gehad om die oogklappe af  te haal van julle oë.  Julle moet ook leer om in julself te glo en dan julle harte te volg.  Ons almal is uniek en is hier vir ‘n goeie doel.  Mense is soms snaakse kreature en wil soms nie saamwerk nie.  Maar soos hulle altyd sê mens is nooit te oud om te leer.  Herhaal agter  my aan asb.  Glo en vertrou en jou wense sal bewaarheid word. “

Almal voel daar is iets aan die gebeur terwyl hulle die woorde oor en oor herhaal.  Dan gebeur daar weer iets onverwags.  Hulle almal word neergelê en val in ‘n diep slaap.  Almal verkeer nou in droomland.

Met die wakker word proses is dit al of die tyd terug gedraai het en alles wat gebeur het is net ‘n groot nagmêrie wat nooit gebeur het nie.  Maar almal wat in die drama vasgevang was het nog dit vir jare onthou.