Die werke wat geskep word in Afrikaans is goud werd en daarsonder sou hierdie forum nie eens bestaan het nie. En danksy die noemenswaardige erfenis wat ons in hierdie veld het, is dit moontlik vir diegene wat die behoefte het, om navorsing hieromtrent te kan uitvoer.
Verder, sal Suid-Afrikaners self soms navorsing doen oor internasionale werke wat self interessant en van waarde is.
Ons lys graag bydraes wat persone in hierdie veld (“vakgebied”) gemaak het. Indien u egter bewus is van ander bydraes wat nie hier aangegee word nie, laat ons asseblief weet sodat ons hierdie bladsy op datum kan hou.
Ons beperk nie hierdie veld tot bloot wetenskapfiksie en fantasie nie maar eerder tot die fantastika in die breë.
1938 – Radboud Universiteit in Nijmegen deur Abel J. Coetzee vir ‘n doktorsgraad in Lettere en Wysbegeerte
Titel: Die Afrikaanse Volksgeloof
1987 – Randse Afrikaanse Universiteit deur Mimie Naudene de Vries vir ‘n MA in Afrikaans-Nederlands
2012 – Universiteit van Pretoria deur Y.F. Holden vir ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns
2013 – Universiteit van Stellenbosch deur Joan-Mari Barendse vir ‘n Ph.D.
Titel: Distopiese toekomsromans in die Afrikaanse literatuur ná 1999
2015 – Universiteit van Pretoria deur Pieter Verwey vir ‘n MA in Kreatiewe Skryfkuns
2016 – Universiteit van Pretoria deur Carla van Wyk vir ‘n MA in toegepaste taalstudie
2017 – Universiteit van Pretoria deur Johanna Christina Lombard vir ‘n MA in die Departement Engels
2017 – LitNet Akademies deur Henriëtte Loubser van die Universiteit Stellenbosch se Departement Kurrikulumstudie
2018 – Universiteit van Suid-Afrika deur Linde Beer vir n D.Litt Et Phil in Afrikaans
Ons wil graag dankie sê aan almal wat ook op dié wyse bydra tot die fantastiese veld van Afrikaanse fantastika…