‘n Fliek vir inperking

Soveel van ons sukkel om deesdae die volle waarde van ‘n fliek te verkry.  Wat die rede hiervoor is weet niemand nie, of dit nou is dat daar net so baie min moeite gedoen word met stories, goeie akteurs, goeie grafika, ens.  Die feit bly staan dat flieks deesdae min aandig geniet en al hoe minder bewonder en aangehang word.

‘n Groot oorsaak hiervan is dat flieks nie meer ‘n bindende storie bied nie.  Die fliek laat jou skrik of lag in die oomblik, maar sodra die swart skerm met wit name verskyn is die storie vergete.  Somige flieks kry dit nog reg om jou te laat na dink vir ‘n paar uur na die fliek, maar dit is deesdae so selde dat jy weke lank na dink oor ‘n enkele fliek.

Dis wat ons hier by Afrifiksie op fokus.  Om die flieks wat werklik waarde het, uit te wys.  Só ‘n fliek is ‘Bokeh’.

Die fliek brei die psige van twee mense uit wat geïsoleered is.  In die kategorie van post apokaliptiese wêrelde bied die fliek baie antwoorde op verskeie vrae.  Die impak wat die lang en stadige fliek op jou – as kyker en denker – het is werklik iets om te beleef.

Dit laat jou kop maal en maal oor die goed wat ons as van selfsprekend vind.  Soos by voorbeeld die belangrikheid van praat.  Om nuwe klanke te hoor.  Om ‘n lewensmaat te hê en nog soveel meer…

Die fliek is nie soos die algemene flieks nie.  Daar is onbekende akteurs wat die gevoel van ware isolasie namaak en jou laat besef hou baie jy die mense in jou lewe nodig het.  Met alles wat tans in die wêreld aangaan, beveel ons die fliek hoogs aan.