BEGRAFNISBLOMME VIR SONJA – Chantal Pretorius

BEGRAFNISBLOMME VIR SONJA – 2015 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (1 062 WOORDE)

 

Dit is ʼn warm sonskyn Sondagoggend in Pretoria-Oos. En Henri Greyling kan nie die hitte voel nie. Hy sit en ween in die begrafplaas, want die verlede spook nou nog by hom. Sy onsuiwer gedagtes is leeg en stikdonker. Hy wil huil oor Sonja se dood, maar hy kan nie.

Om elke Sondag na die begrafplaas toe te kom, is hartseer. Henri sluk die tranedal weg. Sit die begrafnisblomme op die asswart grafsteen neer. Maar om dit elke week te doen, raak net moeiliker vir hom. Seker ook die vreemde gesigte wat hy moet raaksien. Dan kom die gefluister van honderde stemme wat sag saam met die louwarm windjie waai.

Uiteindelik kom die trane en Henri vee dit weg. Hy het lank laas, sy eksvrou, Anna, hier gesien staan en ween. Maar dis hoe hy Anna ken. Sy is mos nou nog kwaad vir hom oor Sonja se dood.

Henri snik en snuif hardop. En kry sy emosies onder beheer. Om die graf staan die woudgroen gras hoog om sy dogtertjie se grafsteen. Hy kan skaars sy dogter se geboortename lees.

Hy voel sy wange effens verkleur. Toe hy ʼn silwer BMW voor die draadhek sien stop. Die enjin brul nie meer nie, en Anna klim uit. Ook haar blouoog, blondekop kêrel. As hy net die man se naam kan onthou…

Sy geheue is nie meer so goed na die motorongeluk nie. Hy kan eintlik niks onthou wat daardie middernag gebeur het nie. Was dit nou na twaalfuur of voor twaalfuur, toe die ongeluk plaasgevind het?

Maar die ongeluk het gebeur, dit kan Henri beslis onthou. Hulle het nog gelag en gesels, toe hulle van die partytjie afgekom het. Die radiomusiek was aan, maar Sonja het sag geslaap op die agterste sitplek.

Wens ek kon meer onthou, dink Henri alleen. Hy hou vir Anna net stipdelik dop.

Anna en haar kêrel stap omtrent draaie om die grondpaadjies. Tot dat hulle by Sonja se grafsteen uitkom en stilstaan. Henri omdraai sy gesig treurig weg; sluk. Sy het ook roomwit begrafnisblomme saamgebring.

Anna treusel nader die klein graf. En sy sit betraand die kleurlose blomme langsaan neer. Sy begin hardop te huil en te snik. Onverwags stap die man nader; sit simpatiek sy linkerhand op haar swemskouer.

“Dis alles net jou skuld Henri,” brom Anna en snik harder. “Jy het Sonja se dood veroorsaak!”

Henri vererg hom vir Sandra. Hy bol woedend vuiste; kyk na Anna se gehuilde blinkblou oë.

Ai, ek het nie geweet Anna het emosies nie, dink Henri. Sy het net natuurlike vermoëns, ja. Dis maar al. Wat is daai ring? ʼn Silwer verloofring is aan haar ringvinger! Hy’t verbaas-vies gegloei.

“Hoe kan dit my skuld wees, Anna!” sê Henri. “Jy was die een wat na die partytjie wou gaan. En eers in donker ure wou terug bestuur huistoe.”

En nou huil Anna eers hard. Dat dit amper lyk of sy bloedtrane huil. Darem het sy ʼn sneusdoekie by haar. Maar haar verloofde lyk net sielsbleek om die kiewe.

“Jy het my altyd blameer vir Sonja se dood!” Maar jy wou mos daai ou geroeste Golfie rondry!” druk Anna die woorde uit.

Ja-nee, alles was altyd Henri se skuld. As die oggendblad laat opdaag, is dit sy skuld. As die kat kleintjies kry, dan word hy blameer. Dan sal Anna altyd sê: “Jou skuld Henri. Alles is jou skuld. Sonja se dood is ook jou skuld, want jy het dronkbestuur daai aand!”

Henri sug mismoedig; lyk versteurd. En druk sy hande binne-in sy skoot. Dan kyk hy weer na Anna. Hy kan die parfuum roosgeur aan haar kleredrag ruik. Sy sal enige iets doen om haar verloofde te behou. Wat ʼn teleurstelling, Anna!

Anna kan gou veroordeel of vingerwys na hom. Maar wat het gebeur na Sonja se dood. Sy het haarself toegesluit in die slaapkamer. Hy moes maar tevrede gewees het met die vuilbruin rusbank, wat geensins geselskap of vertroosting was nie.

“Hou net op om my te oordeel, Anna,” klink Henri ongelukkig, en voel die rou kirstalhelder doodstrane in sy oë blink, brand. “Ons is altwee skulding… aan Sonja se dood!”

Maar Anna wil niks hoor wat Henri uitblaker nie. Sy glo nie hulle is altwee skuldig aan Sonja se dood nie.

Henri probeer sin te maak van alles. Is dit hoe Anna se bloedhart voel oor my?

En nou ruik Henri die reuk van die begrafnisblomme. Dit is ʼn vreemde reuk: tussen doodsbossie en witrose. Hy sak skielik op sy knee; vou sy hande om sy gesig. En aanhou huil oor Sonja. So nou en dan duik helder sigbeelde van die motorongeluk op.

Dit was pikdonker daai Saterdagaand. Omstreeks middernag; bedompig; warm. Daar was gryswolke in die lug, maar nie donderweerstorms nie. Die sterrehemel het gevonkel en die geelmaan was koelrond. Hy sien die motorfiets agter hulle!

Al wat Henri verder kan onthou: is die jong man se vinnige dood. Hy het glo ʼn straatligpaal getref en sy nek gebreek.

“Miskien was dit my skuld,” erken Henri. “Ja, ek het die motor bestuur, maar daardie motorfiets was die skuldige. Nie ek nie, Anna,” voeg hy eerlik by.

Vlugtig draai Anna haar kop. Eers links, dan regs, want sy hoor Henri tussendeur al die ander doodstemme met haar gesels. Boodskappe hartseer oordra. Haar gawe as spookkundige is indrukwekkend. Maar dis Sonja wat sy eintlik wil hoor. Nie haar gewese man nie.

En by elke grafsteen staan geeste; Anna treurig aangluur. Hulle silwer-rooi doodsoë lyk sieklik, gesigte sielsbleek en hulle kommunikeer telepaties met haar. Net Sonja, is nêrens te sien of te hoor nie.

Die geeste wil meer kommunikeer en meer boodskappe oordra aan Anna. Maar nie almal is duidelik hoorbaar nie. Al wie sy wel goed kan hoor is Henri. Hy is reg, dit is die motorfietsryer se skuld, wat Sonja en Henri se dood veroorsaak het!

“Ek vergewe jou,” sê Anna en snik sag. “Ek dink dit het tyd geword dat jy moet gaan rus. Ek wil nie meer verder met jou stry nie.”

Henri hou Anna stipdelik dop. Sy lyk goed vandag in haar swart snyersbaadjie en snyersbroek. En hy glimlag tevrede vir Anna. Dan mistig verdwyn hy eindelik weg, na die witlig.

Anna sug verlig. “Dankie tog vir vermoëns, sê Anna tevrede, en omhels haar verloofde, Brian. “En ek weet nou… Sonja se siel rus,” erken sy, en aanvaar haar dogtertjie se sielrespek in haar graf.