BEGRAFPLAASSPOOK – Chantal Pretorius

BEGRAFPLAASSPOOK – 2015 © Chantal Pretorius

VOLWASSE FANTASIE (1 101 WOORDE)

 

Daar is ’n angstige geklop aan die houtvoordeur. Doef-doef-doef, dril die onrustige klanke regdeur die tuinwoonstel.

Tom sit vieserig die potlood op die A4 papier neer. Hy lig een skewe wenkbrou omhoog. Wie de duiwel is dit? wonder hy, en opstaan uit sy werkleerstoel, loop kalm voordeur toe.

Vergeet van die loergaatjie; druk-draai Tom die valsgoud deurhandvatsel en oopmaak die houtdeur. Ingedagte lig hy albei wenkbroue op. Vandag wil hy net nie versteur word nie. Daar’s te veel tekeninge om te doen.

Skielik sug Tom hardop gefrustreerd. “Kan ek help mevrou?” vra hy luierig. “Mevrou weet dis my besigste tyd in Augustus,” voeg hy by.

Ongeduldig staan Rosa De Zilva met hande op die heupe. Haar seegroen oë gloei-treur dieselfde tyd. “Ekskuus, jong man, maar dis ernstig. Dis oor my man… dat ek hier sommer uit die bloute opdaag. Verstaan tog, my frustrasie, Tom,” sê sy, en sluk bitter spoeg weg wat in haar kiewe kriewel.

Tom sug weer, nou ferm. “Ek het laas week die grafsteen opgesit. Moenie vir my sê vandalisme het die grafsteen gesteel of afgebreek nie. Ek’s nie weer lus… het nie tyd om te bemors nie, mevrou De Zilva.”

Sonder uitnodiging instap Rosa in die woonstel. Gooi haar gebreide skouerhandsak eenkant op die blinkswart leerbank. Sy maak haarself sommer net tuis. Gaan sit, maar haal onrustig in en uit asem. Dan draai haar gesig skuins.

Iets is nie pluis met die ouerige vrou nie.

Tom los die houtdeur op ‘n glefie oop. Hy hou Rosa stipdelip dop; gaan sit oorkant haar. Druk sy vingertoppe agterdogtig bymekaar. “Waarom is jy hier Rosa?” het hy gevra.

Rosa antwoord nie.

Genadeglik kom die stilte.

“My man, Robert, is ontevrede oor die grafsteen wat jy vir hom opgesit het. En hy kla oor die doringtak wat langs sy houtkis insteek. Dit moet verwyder word, asseblief.” erken Rosa, en blaas af soos ‘n bospadda. “By Zandfontein Begrafplaas.”

Ongeduldig vee Tom hittesweet weg met sy handpalm. Robert is al lank dood. Hoe kan ’n spook vir iemand vertel dat hy ontevrede is. Sy’s mal in haar kop man!

Tom grinnik-lag lekker. “Robert is dood mevrou. En ek glo nie aan spookstories nie,” kom dit sarkasties uit. “Sien is glo mevrou.”

Rosa se mond hang geskok oop. “Sies!” sê sy hygend, en kyk weg. “Robert kan jou hoor, jong. Gee vir my ’n stuk papier en potlood, dan wys ek vir jou.”

Tom hou aan lag. Hy glo wat sy bybel sê. Los die ja-ja-bordspeletjies en glasie-glasie, jy mag nie spoke oproep nie. Dis sondig, in die oë van die Here. Is dit wat sy wil doen?

Hy stap kombuis toe. Neem die hardebandboek en pennesakkie na Rosa toe. Nie lank nie. Omdop haar blinkgroen oë. Tom skrik en deins effens agtertoe. Ja, toenou Rosa, jy bewys jou vermoëns goed. Kan ek nou voortgaan met my werk. Jinne tog!

Rosa begin te teken.

Naderhand gaan sit Tom weer. Tot dat Rosa klaar geteken het. Sy word weer normaal. Dankie tog. En sy oorhandig die papier oor aan hom. Daar is wit en swart opgeteken. “Sjoe, Rosa, maar miskien moet jy vir my kom werk. Ek’t nie geweet jy kan sulke indrukwekkende grafstene ontwerp nie,” klink hy tergend.

Nou druk Rosa haar hande in haar skoot. Sy trek vieserig haar mond skeef. “Dis Robert se grafsteen aapstert,” brom sy. “Kyk mooi daar by die sambreelboom, langs die grondpaadjie. Ek dink dis waar die stok hom so pla,” bevestig sy.

Skepties rol Tom se donkerbruin oë in die rondte. Dan vryf hy oor sy dik, pikswart korthare. Ingedgate staar hy na Rosa. Sy’t min wyse plooitjies, maar die gryswit hare is netjies in ‘n stywe bolla vasgemaak. In die middel van haar kop. Elke beweging van haar is stadig, maar lewendig.

“So, wat mevrou vir my wil sê is: ek moet ’n ander grafsteen opsit, wat mevrou klomp geld gaan kos en die kamstige stok wat Robert so pla, gaan uithaal,” sêvra Tom lusteloos.

Haar skouers val nadenkend. “Presies, ja. Robert het my nog altyd op die hande gedra. Ek mag seker kla, as hy ontevrede is oor iets. Dit was sy begrafnis; sy kis; sy grafsteen.”

Een Dinsdagoggend, word Tom verpes deur Rosa. Sy dring daarop aan dat hy saamgaan begrafplaas toe. Hulle twee besoek toe Robert se graf. Verbaas tuur hy na die presiese boom wat Rosa vroëer geteken het. Net onder die boomskadu is die nuwe grafsteen wat hy opgesit het.

“Robert sê dankie, Tom,” sê Rosa bly. “Dis net die boomtak wat hom nog so pla, jong. Sal jy my ’n guns doen. En die verdomde ding verwyder, asseblief,” kla en kerm sy weer eens oor die stok.

Tom byt verleë sy onderlip vas.

“Goed mevrou,” antwoord Tom kortaf terug.

Dit was nie maklik om die boomtak te verwyder nie. Eers na twee minute, kon Tom die oubruin lang, tak verwyder. Skielik kyk hy verskrik op. Dis grafstil nou. Rosa lê; ruk; bewe op die liggroen grasperk. Hy systap om Robert se grafsteen, na haar toe.

Nou gryp Rosa aan Tom se poeierwit hempskraag. “Help my op, Tom,” prewel sy. Hand om die lyf, is Rosa weer regop. Sweet tap haar voorkop af. Om spoke te help is kosbaar, maar verg baie energie en fokus. “Dankie.”

“Geen probleem nie, Rosa. Nog iets?” wil Tom eindelik weet.

Maar Rosa skud net kop. “Nee wat,” sê sy langdradig; skep asem. “Robert is nou tevrede met die nuwe ronde grafsteen. Die ander vierkantige een het op sy senuwees gewerk; myne ook,” bevestig sy.

Tom glimlag. “Wel, darem het ek my dienste gedoen,” sê hy trots. “Hoe het mevrou geweet van Robert se grafsteen en tak probleempie?” raak hy nuuskierig.

Daar prikkel ’n geheime glimlag om Rosa se mondhoeke. “Ek’s in die helm gebore, Tom. Om skadugedaantes te sien en met hulle te kommunikeer is my talente. Nog iets?”

Hy gluur na Robert se grafsteen. Dan skud hy skrikkerig kop. Raaksien die silwer-wit doodsoë wat onderlangs, naby die boomskadu wegkruip. Sien is glo. En vandag het hy sy eerste spook gesien.

Robert.

“Niks nie, mevrou,” antwoord Tom terug. Hy sluk vreesaanjaende spoeg weg. “As grafsteenontwerper, het jy my bewys, spoke bestaan tog. Robert is ’n begrafplaasspook.”

Rosa begin lekker te lag. “Presies, Tom. Presies,” sê sy, en wink vir Robert. Noudat hy tevrede is met sy nuwe grafsteen en die stok is verwyder. Kan sy gaan rus en Tom voortgaan met sy grafsteenontwerpe.