BLOED VIR CASANDRA – Chantal Pretorius

BLOED VIR CASANDRA – 2016 © Chantal Pretorius

VOLWASSE FANTASIE (2 220 WOORDE)

 

Dis ’n bloedrooi volmaan in die pikdonker sterrehemel. En vir Casandra is die aand perfek. Sy’s honger vir liefde. Dis waarna sy smag. Liefde is meer as net passie en gevoelens. Sy het lank haar groen oë op ’n medestudent gehad. Vanaand gaan sy alles regkry. En dis ’n aandklas op kampus.

Casandra sit haar universiteitssak langs haar neer en kyk vlugtig om haar rond. Dis altyd interessant om te sien waarmee haar medestudente hulle vrye tyd verwyl. Dadelik merk sy die aantreklike man op wat ’n entjie van haar af sit.

Hy sit en skryf met sy blou pen iets op ’n skoon vel pappier. Onverwags lig hy sy kop en kyk haar reg in die oë. Sy fletsblou oë hou haar groenes vir ’n klein ewigheid gevange voor hy weer sy kop laat sak en aangaan met sy skryfwerk.

Cassandra hou hom onderlangs dop. Hy is nie die tipe man wat misgekyk kan word nie. Sy dik, blonde hare is kort gesny en sy vel is die kleur van donker heuning. Sy kan ook nie die gespierde arms miskyk nie. Die helder wit T-hemp wat hy aanhet sit styf aan hom, en die donkerblou denim wys sy fris bobene.

Sy frons liggies. Hy lyk heelwat ouer as sy, en die res van die studente. Beslis meer ervare as enigeen van hulle. Casandra sug sag, en wonder waaraan die man so ingedagte sit en skryf.

Na ’n paar minute hou hy die wit vel papier op, en wys vir haar wat hy geskryf het. Sy lees aandagtig die groot blou woorde wat daar staan. Wat is jou naam? wil hy weet. Hy sit weer die stuk papier voor hom op die tafel neer.

Casandra glimlag en besluit om dieselfde te doen. Daar is tog niks verkeerd daarmee nie?

Sy maak haar sak oop, haal haar pennesakkie uit. Rits hom oop, en haal ’n swart pen uit. Sit dan die oop pennesakkie eenkant neer op die tafel. Sy loer vinnig na hom voordat sy begin dink wat om te skryf.

’n Oomblik later, sit sy weer die pen neer. Lig nou haar brief op wat sy vir hom terug geskryf het. ‘Ek is Casandra Nel’, lees hy die brief, en gee haar ’n glimlag wat sy nooit sal vergeet nie.

’n Geheimsinnige glimlag wat sy as sjarmant beskou. Sy weet, agter daardie glimlag skuil baie meer as wat sy dink.

Sy sit weer die pen in die pennesakkie terug en berê die pen in die donkerblou drabare sak. Sy lig haar kop effens op, om vir oulaas na hom te loer. Sy wil die sakkie toerits, maar die punt van ’n foto verhinder haar.

Casandra sug saggies, en rits die sakkie weer oop. Haal dan die foto uit en kyk na haar broer, Tommy, se gesig wat daarop is.

Sy en Tommy was onafskeidbaar gewees. Hulle was soos vinkel en koljander. Nou is daar net ’n leemte in haar hart wat nie gevul kan word nie.

Casandra voel die knop in haar keel. Haar oë blink, bene voel lam en asemhaling vinnig.

Die verlange na haar broer, is besig om haar stadig maar seker van binne op te vreet. Al wat sy van hom oor het, is herinneringe en fotoalbums.

Sy het so baie vir hom omgegee. En nou is haar broer vir ewig weg. Sy sal hom nooit weer sien nie. Nooit weer nie. Hoekom kon sy nie liewer in sy plek sterf nie? Hy was nog so jonk. ’n Jong vampier. Anders as die gewone tienerseun in die stad.

Sy laat sak haar kop. Bang dat die ander studente haar ontsteltenis kan sien. Haar privaatheid deel sy nie graag met ander nie.

Sy sit weer die foto terug in haar sak. Sorg dat dit nie weer uitsteek om beskadig te word nie. Haar oë draai asof vanself na die tafel van die blonde man. Hy is steeds besig met sy eie dinge.

Casandra hop soos sy skrik, toe die professor die deur hard agter hom toemaak.

Meneer Greyling groet die klas, en ’n koor van stemme groet terug. ’n Geritsel volg soos die studente boeke, papiere en penne regkry vir die lesing.

Cassandra probeer haar bes, maar sy kry nie gekonsentreer nie. Sy sluk spoeg af haar keel, maar gedagtes van Tommy en bloedlus maal in haar kop rond. Sy wil net probeer vergeet van Tommy. Sy wil net ontsnap uit al die herinneringe aan hom. Maar sy weet dit is nie so maklik om te vergeet nie. Veral nie jou eie vlees en bloed nie.

Sy sien die man weer ’n brief opgelig het. Hierdie keer het hy homself voorgestel daarop. ‘Jy kan my Chrsito Stein noem’, lees die geskrif.

Casandra glimlag vaalweg vir hom. Sluk die trane vinnig af haar keel. Daar is nie nou tyd vir trane nie. Net werk, en opdragte aanvaar. En sy hoor die professor se eerste opdrag. ’n Vier en twintig dae toergidsplan. Met eksotiese wit seesand, waar sonsondergange soos meesterstuk skilderye spog, palmbome jou drome laat waar word, goue sonstrale oorheers en tropiese winde jou vriendelik afkoel.

’n Halfuur later het die professer sy laaste opdrag gegee. Maak seker jy werk nie alleen aan die projek nie. Bied jouself aan om saam met ander studente te werk.

Casandra se kil oë dwaal alweer rond na die mansmens se tafel toe. Hy draai skielik sy kop skuins, en kyk na haar met ’n breë glimlag op sy gesig.

Sonder die professor se medewete, staan hy op uit sy stoel, en loop na haar tafel toe. Hy kyk na haar met gevoude arms en vra: “So, sal ek en jy die projek saam doen?”

“Ekskuus,” mompel sy.

“Ek wil weet of jy belangstel om die projek saam met my te doen,” sê hy elke woord stadig vir haar.

Sy frons liggies. “Ek het nog nie besluit wie ek gaan vra nie.” Casandra laat sak effens haar gesig. Sy blou oë herinner haar aan Tommy s’n.

Christo grinnik, en lig ’n skewe wenkbrou. “Wel, jy het sommer klaar iemand gekry.” Hy laat sak sy arms langs sy heupe, en gaan sit op die kant van die houttafel. Hou haar deur skrefiesoë dop.

“Wie nogal?” Wil sy weet. Wie sal Christo tog ingedagte hê om saam met haar aan die projek te werk? Hy kan kies en keur saam met wie hy wil werk. Waarom sy tyd met haar mors?

Casandra sug alweer sag. Sy wonder waarom die man die projek saam met haar wil doen. Daar is seker baie ander vroue wat die geleentheid sal aangryp om saam met hom te kan werk.

“Sien jy iemand anders voor jou staan?” vra hy met ’n breë glimlag wat sy perfekte tande ten toon stel.

Casandra lig een wenkbrou omhoog, dan, loer sy om haar rond. “Um… nee.” Haar oë draai terug na syne. “Nou toe nou,” mompel hy, en gaan sit oorkant haar by die ander houttafel. “Sal ons oor die vier en twintig dae reisplan begin gesels?” wil hy nou ewe skielik weet. “Ek het die perfekte idee vir die projek.”

Casandra besef dat hierdie vreemde man nie nee vir ’n antwoord gaan vat nie. “Ek sal oor die aanbod dink Christo.” Sy staan skielik op uit haar stoel, byt haar onderlip vas, en sien die onsekere frons tussen sy helderblou oë verskyn.

Hy kyk haar agterna terwyl sy die trappe afstap. Hy sien haar lang, rooi krulhare wip met elke treë wat sy gee. Sy is die aantreklikste vrou wat hy nog ooit gesien het.

Christo sien haar verder afstap, om met die professor te gaan gesels. Haar naam is Casandra. Haar naam dra haar skoonheid en modestyl.

Hy hou haar stip dop, tot Casandra self haar gesig effens skuins draai om na hom te kyk, voordat sy die deur oopmaak, haar gesig weer weg draai, en dit agter haar toestoot. Christo se ligblou oë staar haar nadekend agterna toe sy die klas verlaat.

En sy leun teen die deur. Haal vinnig in en uit asem. Ai tog, al daai nekare wat so uitstaan, het my bloeddorstig gemaak, dink Casandra. Ek moes net daar uitkom.

Casandra kyk na haar polshorlosie. Dis halfagt. Die tyd staan nie stil nie. Haar bloedlus raak net erger en erger.

Sy staan weg van die deur, regop. Vinnig loop sy kleedkamer toe, stoot die deur oop en stap in. Dit is stil binne; sy hou van dit so.

Ingedagte loop Casandra na die muurspieël toe. En beloer haarself. Sy lyk soos ’n ou flinder wat net wil wegvlieg. Maar waarnatoe vlieg ’n vampier? Miskien vir vars lug. Of is dit vir vars bloed?

Vlugtig sug Casandra, en spoel met koue water haar gesig af. Maar die donker kringe onder haar oë is nog sigbaar. Haar blinkgroen oë helder kristalrooi op. As sy nie vinnig bloed in die hande gaan kry nie, gaan sy sterf.

So, Casandra verlaat die kleedkamer. Dan hoor sy die houtdeur oop en toe kraak. Sy is doodstil; staan in die gang. Tot haar verbasing is dit Christo.

Die prater…

Haar mond beweeg om te praat, maar sy bedink gou haar woorde. Casandra volg hom eerder. Hy loop uit die outomatiese skuifdeur. Steek ’n sigaret aan. En hy blaas die giftige sigaretrook in die lug.

Stadig loop Casandra na die glasdeur toe. Hy vat net-net ’n paar trekke van die sigaret en gooi meer as die helfte van die sigaret op die sementvloer. Dan trap hy die warm kooltjie dood.

Casandra sien hoe Christo om die volgende hoek verdwyn. Sy volg hom weer. Die geur van gifstowwe en aarbeie is om haar. Seker sy sigaret wat hy netnou gerook het. Nogals ’n lekker reuk, dink sy. Wat maak die man alleen in die donker?

Sy stap nou sag op haar leerstewels en kruip om die hoek weg. Maar sy is te nuuskierig. Sy loer- en sien Christo met ’n rooiwyn bottel in sy hand, leun teen die baksteenmuur. Hy vat kort-kort slukke uit die bottel.

Casandra skud haar kop. Dan sien sy, Christo ’n swartmis oor sy kop trek. Wat gaan Christo volgende doen?

Nie lank nie. Span Casandra moed bymekaar en loop waar hy staan. Van skok laat val hy die wynbottel. Dis net glasskerwe; vloeistof waar jy kyk.

“Naand Christo,” sê Casandra en glimlag kil. “Wat is dit met die masker?” wil sy laggend weet.

Christo sluk die wyn af sy keel. “Hoekom vra jy?” vra Christo skerp.

Casandra laat val haar skouers, terwyl sy sug. “Vra maar net Christo.”

Hy lag. “Ek moet seker my studiegeld iewers vandaan kry,” sê Christo.

Sy knik en stap gemaklik na Christo toe. Hy gryp skielik Casandra nader en druk ’n mes teen haar keel. Sy smeek Christo vreesbevange om haar vry te laat gaan. Hy is nou in beheer van haar lewe.

“Vat net my geld… los my uit,” mompel Casandra.

Christo haal diep, ongespanne asem. “Waar is dit vroumens! Praat! Of ek sny jou keel af!” skree hy hard, boos.

Sy huiwer eers. “In my sak… vat die sak! Los my net uit!” Naderhand, los Christo haar.

Al wat Casandra doen is, gee vir Christo wat die sak. Al haar belangrike boeke, leerbeursie en skryfbehoeftes is daar in. Haar liggroen oë gloei. Tommy se foto is ook daarin!

Sy het amper vergeet wie en wat sy is. ’n Beeldskone rooikop vampier. Wat net bloed soek.

Hy tel die sak op. Stamp vir Casandra dat sy teen swart asblikke val. Netnou was Christo die sjarmante, aantreklike man. Maar nou is hy ’n ongeskikte boef wat net agter haar geld aan is. Haar wil leed aandoen.

“Al wat ek soek is net my broer se foto,” pleit Casandra. “Asseblief, net daai een foto.”

Hy rits die sak oop, grou daarin en gooi alles op die sementvloer. Met een oog hou hy Casandra dop. Met die ander oog tel hy die beursie op. Hy vat die geld en tel dit. Druk die geld in sy denimbroeksak.

Sy skrik toe Christo naderkom met die mes in sy hand. Sy’t opgestaan; kry energie. Baie krag om terug te baklei, want sy’t nou genoeg gehad van die skurk. Met alle mag en krag stamp sy vir Christo teen die baksteenmuur. Hy kners op sy tande en laat val die beursie.

“Aaa!” gil Christo in pyn.

Sy lag kil en kyk Christo kwaadaardig aan.“My gene vloei in my are; in my familie; in my volk.”

Nou gryp Casandra hom aan die keel. Sy sien Christo se bloupers nekare uitstaan. Dwing haar slagtande in sy nek. Hy gil. Maar niemand kan hom hoor nie, want die glasvensters en staalhoutdeure is klankdig.

Toe Casandra uiteindelik klaar is met Christo. Los sy hom net daar. Sy vee die rooibloed af wat aan haar rooilippe kleef. Dan vee sy die bloed aan haar roomwit hempmou af.

Haar blinkrooi oë gly oor die sypaadjie se ingang. Niemand is daar nie. Casandra is alleen hier. Dan raaksien sy die foto; tel dit op. Kyk weer na Tommy se tienervriendelike glimlag.

Sy verlang na Tommy; haar halfbroer, wat doodverongeluk het. Sy druk die foto in haar broeksak. Dan kyk sy weer kil na Christo.

Hy is net verdomde vuilgoed! “Ek drink nie… wyn nie,” sê Casandra. Sy omdraai en stap terug klaskamer toe. Sonder ’n skuldgevoel; haar bloedlus is gerusgestel. En die bloedmaan is terug na normaal.