CHAOS – Chantal Pretorius

CHAOS – 2016 © Chantal Pretorius

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (1 165 WOORDE)

 

Dis die jaar 2029, in Johannesburg. Laataand by die Kodewys Fabriek. Kruip die sterrehemel agter donkerwolke weg. Daar’s nuwe mensgemaakte produkte landwyd beskikbaar. Suid-Afrika se rykerklas kan die produk bekostig. En gebruik vir lyfwagte of huishoudelike gebruike. Selfs die produk aanstel vir sekuriteits doeleindes.

Meer robotte word geprogrameer vir gesinne om dienstes te lewer. Meer robotte word gemaak; verkoop; is intelligenter as die mens.

Maar Dave, Krista se onderbestuurder, het ander idees met die robotte. Hy wil weer met sy teorie begin. Hy glo robotte moet ʼn siel kry, maar sy stry daarteen. Robotte is mensgemaakte, geprogrameerde staalwerke. En dit gaan nie werk nie.

Krista gluur Dave vies aan. “Ek glo dit nie!” sê Krista gefrustreerd, en ruk die silwerwit kodeplaat uit die robot se blikbrein. “Is jy van jou kop af!”

Maar vir Dave is dit alles behalwe ʼn grap. Hy wil elke robot se voorkoms verander. Dit beteken robotte gaan beter praktiese werke verrig.

“Wat nou alweer?” kla Dave moeg. Dan maak hy die praktiese handboek toe.

“Alles, net mooi alles, Dave,” sê Krista. “Wat het jou besiel om te dink jy kan ʼn siel in ʼn robot inprogrammeer!” Haar gesig verkleur van woede.

Dave onderdruk sy glimlag. “Kalmeer Krista,” brom hy. “Dit is wat ʼn mens sagteware noem. Het jy vergeet?” sêvra hy.

Nou kan Krista dit net nie meer vat nie. Dave gaan nou te ver. “Sagteware? Is dit wat jy ʼn siel noem?” krets Krista. Sy gaan sit op die houtleerstoel.

Dave sug; sy skouers val. “Dis nie net robotte wat ons bou nie, Krista. Elke produk is spesiaal. Kyk net na die robot se ligblou oë, donkerbruin satynhare en hoë wangbene.”

Haar geduld wil opraak. “Miskien moet jy ook sommer huistoe gaan,” aanmoedig Krista hom. Sy hou Dave stipdelik dop. Hy reageer nou soos ʼn robot. Miskien is hy een. Maar sy beslis nie.

Sy ligbruin oë vernou. Oë wat sê: Dit is my skepping; my robotte, wat gebou word.

“Moenie so optree nie, asseblief, Krista,” brom Dave, en laat sak sy ken. Hy raak gou besig met iets anders. Want die hardeware moet voltooid word. Anders is Krista weer in sy keelgat af.

“Dave. Ons is tans besig met baie belangrike projekte. En volgende jaar is dit tyd vir die Androïds,” sê Krista.

Sy gryp haar notaboek nader. En deurblaai elke bladsy wat belangrik is. Dan wys sy alles vir Dave wat daarin geskryf staan. Sy oë dwaal oor die papier. Hy grinnik en rol sy oë in die rondte. Maar hy wil niks weet nie. Regtig?

“Jy weet: Androïds en robotte is nie dieselfde nie,” sê Dave ernstig.

Stilte.

Krista sug sag. Sy voel sommer lus en verwurg hom. Maar hou die kil gedagte vir haarself.

Eenuur: is Dave al weg, sak en pak. Net soos Krista vroeër aanbeveel het.

Krista pak ook haar aktetas vol dokumente. Sy verlaat vinnig die kantoor. Loop in die lang, bedompige gang af. Sy gril. Haar senuwees is klaar. Orals waar Krista kyk is robotte wat vir haar gluur met fletsblou oë.

So menslik lyk die robotte alklaar. Maar Krista kan nie verstaan waarom Dave ʼn outomatiese siel in ʼn blik wil sit nie. Niks wat Dave wil doen maak sin nie. “Of verstaan ek nie Dave se plan nie?” praat Krista met haarself. En die reuke van robotolie hang in die lug.

Sy loop na die Robot Fabriek toe. Stoot die staaldeure oop en kyk hoe die masjiene te werk gaan. Elke draadjie word gesoldeer aan die paneel. Dan die moeilike dele van die robot word gebou. Die metaalbene eerste, tweede die middellyf, derde die skouers, arms en kop. Laastens die menslike gesig.

Krista sug en trippel af die bloedrooi betontrappe. Sy dink vies aan Dave. Dan weer aan die robotte. En Krista glimlag op pad na die kantoor toe. Toe sy by die kantoor aankom, skuif die glasdeure outomaties oop. Sy instap en hoor die deure weer toeskuif.

Verlig skakel Krista die lug aan. Sy is gelukkig alleen hier. So, sy kan begin met die kodeboksie. En sy tik die kode wys in. Binne die kantoor hoor Krista snaakse geluide buite.

Krista gaan weer uit die skuifdeur. Sy skrik; staan verskrik doodstil. Sien ʼn robot vies ruk en pluk aan staaltoue waarmee hy vasgemaak is. Die robot kom eindelik los. Krista sien die gefrustreerde robot. Skrik toe die robot nader geloop kom. Sy skrik en stamp haar linkerarm stukkend. Skielik stop die robot ook. Langs die robot is daar spatsels rooiboed. Vreemd genoeg, die robot volg die vars bloed. Nuuskierig agtervolg sy die robot.

Net soos ʼn masjien dreun; kreun sy metaallyf. Die robot gaan staan stil voor Krista. Sy frons vir die robot se menslikheid.

“Goeiemiddag Krista Ellis,” sê die robot en omdraai na haar. Sy waterblou oë vonkel. “Herken jy my?” vra die robot. Krista skud verboureerd kop. Dan verwys hy na die man wat daar leweloos lê. Haar oë rek geskok groot. Dis Dave. Hy’t ʼn rewolwer in sy regterhand.

“Hoekom het Dave selfmoord gepleeg?” vra Krista die robot fronsend. “Hy was dan so lief vir sy robotte. Wou siele in die goed programeer?”

Die robot stap na Krista toe. Hulle onsekerde oë ontmoet mekaar. Sy kan ʼn lewendige siel in die robot sien. Hy knip sy meganiese oë, wat ontmoontlik is vir ʼn robot om te doen.

Dis Dave. Nou verstaan Krista wat hy bedoel het. Sonder ʼn siel, kan robotte nie alle praktiese dienste lewer nie. Hy’t sy lewe gegee om te bewys wat is moontlik en wat is nie.

Krista sak inmekaar op die silwerwit teëlvloer. Sy gaan aan die huil; snik hard. “O, Dave,” sê sy betraand. “As ek maar net na jou geluister het. Sou jy nog gelewe het. Wat van jou familie? Friende? Wat van die besigheid?”

Die robot skud sy kop. “Nee, Krista. Wat gaan van jou word, sonder ʼn siel?”

Geskok opruk Krista haar kop. “Van wat praat jy nou, Dave?”

Dave gee ʼn outomatiese, meganiese geamuseerde laggie. “Kyk na jou arm, Krista. Sonder my nuwe liggaam sou jy velore gewees het.”

Sonder twyfel gluur Krista na haar arm. Onder die stukkende vel, gloei die silwerdrade. Sy’s ook ʼn robot. Dave is haar skepper; sy’t ʼn siel. Maar hoe is dit moontlik dat sy nie geweet het wat sy is nie? Maak dit tog eintlik saak? Nee.

“Kom ek gaan wys jou,” sê Dave. “Dan sal jy finaal verstaan waarom ʼn siel so belangrik is.” Vlugtig gluur Krista na haar gewrigshorlosie: drieuur.

Hulle altwee stap uit die fabriek en loop in die gang af. Krista en Dave staan doodstil. Sy kyk geskok na die massiewe rekenaarskerm. Sy oploop die trappe en glasdeure skuif oop. Dis net alarms wat sy hoor skril. Dan gluur hy ook na die skerm.

Kristie glimlag.

Daar is darem nuus op die skerm. Die nuus is oor Suid-Afrika. Alles is oorgeneem deur Kodewys robotte. Almal is uitgewus deur siellose en genadelose robotte. Al wat bestaan is metaal. So koudbloedig en meganies is alles gedoen.