DIE GROT – Chantal Pretorius

Die Grot – 2016 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (2 285 WOORDE)

 

Katherina se skaduwee volg haar elke beweging. Maar dit verdonker die poeierwit hangkas onheilig op. Sy gee geen aandag aan haar skaduwee nie. Dis nie belangrik genoeg nie.

Sy trek haar gemaklike tekkies aan. Dan pak sy haar rugsak met belangrike toerusting vol. Sy beloer haarself in die muurspieël. Haar donkerblou bloes sit styf aan haar, maar sy lyk en voel goed. En die broek is ʼn denim, maar lekker kort. Sy hou van die manier hoe die broek om haar heupe span. Sy moet sorg dat alles reg is vir die staptog woud toe.

Net toe Katherina omswaai, kyk sy in Dewald se blinkgroen oë vas. Sy oë gly oor haar skraal lyf en heuning bruin bene. Dan glimlag hy liefies vir haar.

Sy rol haar oë in die rondte. Dan sit sy haar rugsak op. “Ek is reg om te gaan,” sê Katherina en kyk na Dewald. Maar sy sien nie sy rugsak nie. “Gaan kry jou rugsak Dewald,” beveel sy.

Hy luister na Katherina en doen dit. Binne minute is Dewald terug in haar slaapkamer met sy rugsak. “Nou is ek gereed,” sê Dewald en glimlag steeds.

Katherina kry haar sonbrille en sit dit op. Dan sug sy. “Kom ons gaan,” brom sy. “Maar waar is Hendrik?”

Dewald byt sy onderlip vas. Hy weet self nie waar Hendrik is nie. Maar dan herinner dit hom aan gisteraand se foon oproep. Sy oë rek groot en sy glimlag verflou. “Hendrik kom met sy motor. So ons gaan nie stap na die woud toe nie,” erken hy.

Katherina frons. “O,” sê sy en verlaat die slaapkamer. Sy loop af in die gang na die kombuis toe. Met Dewald op haar hakke soos ʼn skoothondjie. Toe sy omswaai om met Dewald te praat. Is hy weg, dan hoor sy die voordeurklokkie lui. Sy sug vies en ooprits haar rugsak. Sy neem twee appels; ryp perskes; sit dit in haar sak. Dan toezip sy weer die sak.

Katherina sug. Sy vat ʼn rooiappel om te eet. Net toe sy die appel wou hap, skrik sy. Dis net ʼn getoet buite. Sy haal haar donkerbril af. Plak die sonbril op die houtkombuiskas neer. Vies sit sy ook die appel neer en loop vinnig na die voordeur toe.

Dis Hendrik, wat sy geel Golfie in die parkeerarea gestop het. En toe hy vir Katherina sien, skakel hy die enjin af. Hy klim uit en slaan die motordeur toe.

Wees net kalm, dink Katherina. Alles sal goed verloop vandag. Dis net ʼn verdomde uitstappie na die bosse toe. Dan gluur sy op haar polshorlosie: negeuur. “Jy is laat Hendrik,” grom Katherina, dan lig sy haar kop op en kyk na Hendrik. Sy kan Hendrik hoor hard sug. “Het jy alles by jou vir die trippie?” vra sy.

Dewald omdraai en kyk vir Katherina. “Ja, hoekom?”

Katherina sluit die voordeur toe. “Want alles is nou toegesluit,” antwoord sy en trippel af die betontrappe Toyota toe.

Dewald lag en klim in die motor. “Kom nou! “Hendrik wag net vir jou,” terg hy. En Katherina sien die dwalende oë in haar rigting waai.

Katherina maak oop die motordeur, dan weer toe. Almal vir die woudtrip is hier. En sy ontspan net. Leun effens vorentoe en sug. Druk die swartknoppie van die motorradio. Die musiek is aan; lekker hard. Moderne Afrikaanse musiek speel. Vinnig gaan sit sy weer op die agterstesitplek. Glimlag skuldig, toe Hendrik se ligbruin oë in die truspieël haar dophou.

“Regtig?” sê Hendrik nors.

“Wat?” frons Katherina.

“Was dit nodig met die radio?” vra Hendrik. Hy neem ʼn skerp draai om die volgende hoek. En hy grinnik onderlangs.

Dan lag Hendrik lekker.

Maar Katherina sug verleë. Haar wange verkleur. “Jammer,” klink Katherina kortaf.

 “Gelukkig het jy goeie musiek smaak,” terg hy en draai die volume harder. Die motor stop vinnig, langs die sypaadjie.

Eindelik is ons hier vir die staptog. En die oerwoud lyk pragtig donkergroen; geheimsinnig.

“Dankie tog ons is hier,” sê Katherina. Sy sluk senuagtig en klim uit. Tweede Dwayne, derdens Hendrik.

Hendrik sug verlig. “Ons is hier,” klink hy bly.

Nou kyk Dwayne na Katherina. “Hier kom ʼn ding,” sê Dwayne glimlaggend.

Sy, Dwayne en Hendrik kyk angstig na die stikdonker woud. Hendrik is glad nie bang nie. Hy gaan eerste in die woud in. “Moenie vir my die indruk gee julle tweetjies is bangbroeke nie,” terg Hendrik laggend.

Maar Katherina dink nie Hendrik is snaaks nie. Sy rol vies haar oë. Dan hoor sy Dwayne grinnik-lag. Bang-jan of dooie-jan, dink Katherina, ek wil in die woud ingaan. Al hou ek nie van woude nie, is dit God se skepping. “Ha-ha-ha, baie snaaks Hendrik,” klink Katherina sarkasties.

Dwayne lag en stap in die woud in. Katherina volg hulle maar net. Sy inasem vars lug wat saggies rond waai. Haar potblou oë rek geskok groot. Sy kyk na die slanke eikebome nou. Die bome reik uit tot bo by die hemele. Sy kan die skoonwit wolke raaksien, wat mistig oor die boomtakke en geel-groen blare hang.

“Sjoe, maar dis mooi in die woud!” roep Dwayne uit. “Te jammer ek het nie ʼn boomhuis hier nie,” voeg hy by.

Katherina glimlag vrolik. Haar oë dwaal oor die misterieuse woud. Hier en daar is wit-swart plakkate opgeplak van vermiste mense. Almal was laastens naby die woud gesien, glo. Maar nooit weer nie.

Hendrik grinnik; loer oor sy skouer. Hy beloer liefies vir Katherina. Haar dun middeltjie, stewige borste en slanke bene beklemtoon haar skoonheid.

Hendrik haak sy rugsak net oor een skouer en loop na haar toe. Toe Katherina skielik swik en sy val. Verdompe klippe! Hy buk af, sy glimlag versag en hy vat aan haar enkel. Sy kyk onthuts op en hy pluk sy hand verleë weg. “Ek’t nog altyd gedink jy’s ʼn regte pyn in die…” Om sy mondhoeke prikkel ʼn glimlag. Katherina weet presies wat hy vir haar wou sê. Nou is sy die suurknol vandag. Hy die woudheld nou.

“Ja okei, Hendrik,” sê Katherina knorrig. “Vryf dit nou in en kry klaar.”

Dwayne en Hendrik kyk mekaar vriendelik aan. Hulle altwee is nes vinkel en koljander.

Maar, binne vyftien minute, is Katherina weer regop. Hippel-krippel leun sy teen ʼn boomstam. Sy glo sy kan fluisterstemme hoor hier. Haar hand ruk van die boomstam af weg. Sy skrik. Iemand het aan haar hand gevat. Gestreel, eerder. Vreemd. Seker net haar verbeelding. Maar Katherina roep hulle nader. “Kan julle dit ook hoor, Dwayne… Hendrik,” vra sy bangerig en sluk.

“Hoe voel jou enkel?” vra Hendrik, terwyl hy nader gestap kom. Dwayne speel alweer skoothondjie.

Toe hulle by Katherina is, hoor hulle die gefluister.

Dwayne diep frons. Hy lyk erg bekommerd. Nie net dit nie. Die vermiste mense wat gesoek word, werk op hulle senuwees. Hy peter vreesbevange aan sy hempskraag. En hy kyk na die hemelblou lug. Alles lyk reg. Perfek. “Iets voel nie pluis nie,” erken Dwayne. Dit lyk of die bome langer geword het. Al wat verskil is net die wolke. Die wolke het vergrys, maar hang nou laer af. “Miskien moet ons net hier padgee.”

Hendrik haal sy rugsak af. Hy ooprits die sak en haal ʼn bottel drank uit. Dan druk-draai hy die prop af. Vat groot slukke van die alkohol. Hy glimlag vreesloos. Net sy donkerbruin oë lyk nog nugter.

Nou dwaal Hendrik se oë rond. Wys met sy wysvinger na iets. Maar Katherina frons net. Sy gril. Bedink dit om verder haar avonture voort te sit. Sy wil nie verder; dieper die woud ingaan nie. “Wat dink jy is dit Hendrik?” vra Katherina. “Ek dink Dwayne is reg. Ons moet eerder uit die woud uit.” Haar woorde droog op. Dis asof haar gedagtes ook doodstil raak.

Net Hendrik skud kop. “Dit lyk vir my na ʼn grot,” erken Hendrik en kyk na Katherina. “Ek sal jou sommer dra soontoe.”

Katherina sug weer. Haar oë gly na Dwayne toe. Die aantreklike man, met die duikie in sy ken, nes Hendrik. “Nou goed dan, maar na die staptog, wil ek huistoe gaan. Okei.”

Hendrik knik. “Ja, klakous!”

Dwayne loop grot toe en gaan eerste in. En Hendrik dra vir Katherina grot toe. Sy sug dankbaar; en sien Dwayne ʼn swartflits uit sy rugsak haal. Hy loop sonder ʼn banghaar op sy kop in.

“Sjoe! Maar jy sal nie glo wat ek sien nie!” sê Dwayne bly.

Terwyl Katherina sukkel om op die klippe te loop. Klink Dwayne opgewonde oor sy ontdekking. Goed vir hom.

“Gee ons net ʼn kans boet!” skree Hendrik ongeduldig terug. Binne sekondes is hulle by die massiewe grot. Katherina leun teen die ligbruin rots, naby die grot. Sy loer binne-in; sluk bangerig. “Wil jy ingaan? Of is jy alweer te bang?” vra Hendrik en staar haar snaaks aan.

Katherina lag. “Nee wat, ek is reg net hier, maar jy kan maar ingaan,” antwoord sy gou terug.

Hendrik glimlag. “Nou goed dan Katherina, sien jou netnou.”

Nie lank nie. Neem Hendrik sy flitslig en stap in. Katherina kan nie vir Hendrik of Dwayne sien nie. Net die twee helderwit flitsligte. “Wat sien julle daar binnekant manne?” vra sy, maar haar woorde eggo terug. “Dwayne! Hendrik!” Maar daar’s geen antwoord nie. Sy haal uit haar flitslig gou. Net toe sy wil ingaan, kom die gille, maar dan is alles weer doodstil. Vreesbevange haal Katherina vinnig asem. Sy sluimer in die donker grot in. Haar flitslig flits orals in die grot. Daar is niemand binne nie. Net rooibloed wat sy angstig; versigtig volg.

Katherina gaan om die volgende hoek, skrik. Sien iemand eenkant stilstaan. “Dwayne, is dit jy?” fluister sy en lig die flits op hom. Hy het krapmerke in sy gesig, nek en arms. Hy val net daar neer op die grondvloer. Sy loop stadig nader. Sit haar hand op sy borskas. Hy gorrel bloed, maar lewe darem nog. “Waar is Hendrik! “Waar is jou broer!”

Al wat Dwayne doen is, wys met sy wysvinger waar Hendrik is. Dwayne fluister elke woord. “Moenie… verder ingaan nie… moeilikheid wag,” huiwer hy. Maar Katherina luister nie. Haar seer enkel steek soos naalde van pyn.

Hoe verder Katherina ingaan, hoe donkerder word alles. Boonop ruik alles snaaks, na ou bloed. Sy flits weer na die grondvloer, die bloed het meer geword. Dis teen die mure; sy gil hard. Hendrik staan en wieg, heen en weer naby die grotmuur.

Skielik onthuts hy sy kop op. Hy het ook krapmerke aan sy gesig, nek en arms. Maar ook aan sy bobene. Uit die bloute sluimer Hendrik na Katherina toe. Hy gorrel ook bloed en val neer. Sy trippel nader, kners steeds op haar tande. Buk af en druk haar hand op sy bors. Hy is in dieselfde toestand as Dwayne.

“Wat de hel het gebeur!” gil Katherina. Dan skiet die trane in haar oë en sy huil. “Praat met my… iemand!” Sy val ook op die grondvloer neer, maar hou haar flitslig reg. Die lig flikker op ʼn plakaat. Dis nog ʼn vermiste man.

Dan hoor Katherina weer die geluide. Dis net harder en irriteerend. Ook, voel sy lang naels haar nek, arms en rug stukkend krap. Dis pynlik en meer plakkate van mense verskyn teen grotmure. Nou hoor sy voetstappe nader kom. Sommer baie van hulle.

Haar flitslig bly besig. Toe sy weer voor haar flits, gil Katherina. Dwayne en Hendrik staan voor haar. Hulle oë gloei silwergeel en kil. Daar is ook mense by hulle. En donker skaduwees, met gepunte ore, lang naels en lang neuse. Onheil het hulle betree. Maar ook die gefluister van hulle verleidelike stemme.

 Katherina staan vinnig op. Loer bang oor haar linkerskouer. Dis nou of nooit dat sy hier moet uitkom. Sy krippel-kruipstap uit die grot. En Dwayne en Hendrik is agterna.

Sy gaan sit op dieselfde rots, gluur Dwayne en Hendrik verskrik aan. “So, wat het regtig binne die grot gebeur?” wil Katherina weet en vee angssweet weg.

Dwayne en Hendrik kyk mekaar kil aan. Hulle menslike oë word pikswart. Dan gly Katherina se bewilderde oë rond. Hulle het nie meer skaduwees nie. Sy frons diep. En die vermiste mense verskyn en se oë lyk dieselfde. Hulle is nooit vermis nie. Net deur bose feë, wat lyk soos skadus oorgeneem. Hulle sielskadus bly agter in die grot.

“Al wat hulle gesoek het, was net ons sielskadus,” brom Hendrik en sy skouers val.

“Julle, skaduwees?” vra Katherina vreemd.

Dwayne knik verleë. “Ja,” antwoord hy. “Sodat die vermiste mense moet agterbly.”

Katherina sluk swaar. “Julle is oorgeneem deur feë skadus, klink sy gespanne.” ʼn Skaduwee is tog belangrik, besef sy.

Maar Dwayne en Hendrik bly doodstil staan. En skielik kyk Katherina na haarself. Sy het ook geen skaduwee meer nie. Sy loer weer binne die donker grot in. Sy kan die gefluister weer hoor. “Kom ons gaan huistoe,” beveel Katherina. En Dwayne, dan Hendrik volg haar op die grondpaadtjie terug Toyota toe. Sy maak eerste die motordeur oop, dan hulle. Sy beloer hulle in die truspieël. Daar is onsekerheid op die mans se gesigte. Verder is daar niks nie. Sy sug moedeloos. Sy voel geen gelukkige emosies nie, net gramskap en teleurstelling. Maar gelukkig het hulle lewendig daar uitgekom.

Sy dink aan Dwayne se vroeë waarskuwing. “Moenie… verder ingaan nie… moeilikheid wag…” As sy maar net geluister het, sou hulle steeds skadus gehad het.

Weke later, het meer plakkate verskyn in die stad. Almal is opsoek na Katherina, Hendrik en Dwayne. Niemand weet wat het van hulle geword nie. Hulle was laastens gesien naby die oerwoud.

En Katherina tuur na die muurspieël. Sy kan nie na haarself kyk nie. Daar’s geen refleksie sigbaar nie. Dwayne en Hendrik wandel in die strate rond. Opsoek na hul skadus wat nie meer bestaan nie. Nou’s hulle deel van die lys van vermiste mense.