DIE LOERHIERS – Christelle Strydom

Die Loerhiers – 2016 © Christelle Strydom

JEUGFANTASIE (11 840 WOORDE)

 

Hoofstuk 1
Oorwinning in Weetals land

In Weetals land lê koning Leor die heerser van al die Loerhiers dodelik siek in die paleis. Gor die leier van die Ikeks het met sy slingse planne ontslae geraak van die plat vlooie wat die grense bewaar. Plat vlooie is onbetroubaar en almal weet dit. Al wat die loerhiers onthou was die gegor van Gor se maag reg voor die aanval. Gor is ʼn lelike skerminkel met letsels van vorige gevegte in sy gesig. Toegerus met die verskriklikste wapens, twee rye vlymskerp tande en sy pylstert met ʼn dodelike angel en om nie te praat van die doring agtige skubbe op sy lyf. Hy het die aanval alleen beplan teen die land en sy inwoners, sou hy daarin slaag en die koning dood maak kon hy vir die res van sy lewe die Loerhiers sy slawe maak en boonop elke dag ʼn lekker sappige loerhier vir ʼn maal kry! Gor het in die middel van die dorp, reg voor die paleis gaan staan hy het na Leor geroep.

Gor:”Leor jou lafaard ek daag jou tot ʼn twee geveg, hier en nou voor al die Loerhiers!”

Leor:”Gor ek aanvaar jou uitdaaging, ek skrik nie vir ʼn lelike Ikek nie.”

Gor:”Is jy bang? Of het jy al klaar ʼn halfskrik gekry omdat jy geskrik het vir my?”

Leor:”Ek is nie bang vir jou nie Gor en nog minder het ek gehalfskrik.”

Gor:”Ek sal jou dood maak al kan ek net jou oë sien na die halfskrik.”

Die geveg het begin, Loerhier teen Ikek.

Die piep klein mensagtige gediertetjies het vreesbevange weg gekruip, want die Loerhiers was net ʼn rapsie groter as die rooimier soldate. Dit was steeds maklik vir die slingse Gor om hulle met sy pylstert vas te druk.

Leor het in sy hart geweet dat die slegte Njerts is wat die reuse Gor na Weetals land gebring het. Loerhier kindertjies het van hulle speelgoed, die blou-pers kruiers af gegly om weg te kruip by hulle ouers. Kruiers is baie stadig, hulle rol tolbosse vir Loerhier kinders om in te speel en dan probeer die kruiers die tolbos met die Loerhier kind te vang. Die Kasjespringe het heen en weer gespring om die rooimier soldate met hulle krul dorings beskerm. Ander Loerhiers het in die Kasjespringe se harnasse skuiling gesoek. Kasjespringe het hulle name gekry van die harnasse op hulle waarin enige Loerhier veilig kon reis. Gor was uiters uitgeslape en al was Leor hoe vinnig, het hy geweet dat een verkeerde beweging sy einde sou beteken.

Gor: “Dink jy jou vrot pogings sal die Loerhiers kan red?”

Bulder die reuse Gor.

Koning Leor: “Gor, duidelik ken jy my nie en ook nie die Loerhiers nie!”

Gor: “Ai foeitog kyk hoe bewe my skibbe! Kom tog net ʼn bietjie nader Leor sodat ek jou my vlymskerp tande kan wys.”

Leor: “Ek kan ongelukkig nie afstootlike reuk van jou asem handteer nie Gor.”

So tart die twee mekaar aanhoudend uit en altwee is vasbeslote om die geveg te wen.

Eers het koning Leor rond gespring want die Ikek het aanhoudend met woeste swaai beweegings van sy pylstert in sy rigting gekap. Koning Leor se hart het woes geklop en fyn sweet druppels het op sy voorkop uitgeslaan. Met elke hou van Gor se pylstert teen die grond het daar ʼn reuse stof wolk agter gebly. Gor het hard probeer om Leor te verwar sodat hy hom net kon steek met die dodelike angel op die punt van sy pylstert. Gor het gereeld sy oë laat rus op die sappige loerhiers net buite sy bereik, dan het hy ook met ʼn sluwe glimlag sy tande vir hulle gewys. Dan het hy hard gelag en vir die Loerhiers geskreeu.

Gor: “Jip, binne ʼn paar minute is julle myne!”

Tog het elke Loerhier bly loer na die geveg, nuuskurigheid is nou maar eenmaal hulle swakheid. Die geveg was wreed en bloed was sigbaar by albei die vegters soos daar geskuur, gestamp en geslaan was. Nie een van die twee sou die oorgee nie, maar hulle sou veg tot die einde. Koning Leor het sy wysheid van al sy millie jare in Weetals land gebruik om Gor te wen. Skielik het koning Leor homself deurskynend gemaak en teen die Ikek se been op gehardloop en met sy silwer swaard (so groot soos ʼn naald) die gevreesde Gor tussen die kop en nek gesteek.

Koning Leor: (Uit asem)”Jammer Gor, maar jy wou nie luister!”

Op die punt van ʼn Loerhier swaard is die dodelikste gif onder die geel ster, want die gif word gemaak uit die malpitbos. Gor het dadelik inmekaar gestort met rukke en hygende asemhaling, malskuim het by sy mond uitgeborrel en hy het sy laaste asem uitgeblaas. Die Loerhiers het gejuig maar Gor het met een laaste beweging die punt van sy angel in Leog se lyf gedruk en sy gif gespuit. Leor het dadelik weer verskyn en die Loerhiers het met groot oë, geskok gestaan en kyk hoe hulle koning bo vanaf die Ikek tuimel tot op die grond. Koning Leor se rooimier soldate was dadelik by die koning, hulle het hom soos eenman opgetel op die blaar draagbaar en vinnig by die paleis in gedra.

Koningin Bea wat na die geveg gekyk het deur die paleis vensters, het vreeslik bang geraak toe sy sien hoe Leor val. Sy het geweet dat koning Leor dit vir al die Loerhiers gedoen het en dat hy dapper en onselfsugtig die opoffering gemaak het. Toe die soldate die koning by die paleis deure in bring het sy begin huil. Sy het geweet dat Leor die Ikek sou dood maak, maar sy het ook geweet dat hy moes weg bly van die skerp angel van ʼn Ikek en Leor het nie betyds daarin geslaag nie. Die rooimier soldate het koning Leor so vinnig as moontlik na dokter Vreet-te-erg se ingerigte kamer in die paleis gedra.

Dokter Vreet-te-erg ʼn spinnekop, is al jare die Loerhier dokter. Elke Loerhier baba word deur hom ondersoek en elke baba moet eers skrik gemaak word met prentjies van Ikeks om seker te maak dat hulle groot genoeg skrik en deurskynend word, want ʼn Loerhier wat nie loer nie moet dadelik dokter toe. Dokter Vreet-te-erg werk darem nie verniet nie, hy kry as betaling ʼn sappige wurmkardoes by die Loerhier ouers. Hy weet ook wanneer ʼn Loerhier gejok het want enige Loerhier wat jok kry sommer net so ʼn halfskrik, maar Vreet-te-erg ken al die verskil tussen jok en regtig skrik. Hy kon maklik ʼn Loerhier se halfskrik en volskrik reg dokter met ʼn inspuiting van die gekookte wortelsap van ʼn kielieboom. ʼn Loerhier moet eers ʼn Kielieboom kielie en nog kielie want hoe harder die boom lag hoe makliker is die kanse dat die Kielieboom ʼn wortel sal wys en dan moet die Loerhier blits vinnig die wortel afsny vir Dokter Vreet-te-erg. Dan moet die wortel van die kielieboom gekook word en gesif word deur ʼn fieterdollie. Fieterdollies kom van ʼn Fieterwurm af, so ʼn groot vet swart wurm wat blitsgras kou en dan die dollies spin. Loerhiers gebruik ook die Fieterdollies om klere en allerhande goed mee te maak. Koning Leor was nie deurskynend nie en dokter Vreet-te-erg was erg bekommerd. Hy het koning Leor vinnig ondersoek en besef dat die koning in ʼn diepe slaap is. Dokter Vreet-te-erg het met die sap van die wonderblom en ʼn brandbessie die koors gebreek.

Koningin Bea:”Dokter kan jy die koning help?”

Vreet-te-erg:” Dis moeilik om te sê u majesteit.”

Koninging Bea:”Is daar enige iets wat ek kan doen dokter?”

Vreet-te-erg:” Nee ongelukkig nie u majesteit.”

Koningin Bea is baie bekommerd oor die koning en sy sluk hard aan haar trane. Sy besef dat haar kinders nie weet van hulle pa se toestand nie. . Prins Eon en prinses Kira is al vroeg oggend uit op hulle fladders saam met hulle vriende. Hoe gaan sy vir hulle vertel wat gebeur het?

Buite die paleis is die Loerhiers besig om fees te vier. Hulle het baie versigtig na Gor toe geloop en hom beloer om seker te maak hy is dood. Een vir een het hulle stadig teen die reuse Ikek begin op klim. Toe hulle seker is dat hy dood is het hulle al vinniger geklim en gehardloop, totdat die hele Ikek bedek was met Loerhiers. Dis toe nou ʼn gulde geleentheid vir die loerhiers om die oorwining te vier met die voetstampdans. Sommige loerhiers het in ʼn kring gaan staan om die dooie Gor en die voetstampdans gedoen, want die Loerhiers was ʼn trotse spulletjie. Terwyl ander Loerhiers droë sade geskud het en oorwinings krete uit geroep het.

Dokter Vreet-te-erg is die enigste dokter wat koning Leor kan red uit die diepe slaap. Maar die diepe slaap kan dodelik wees vir ʼn Loerhier want as hy te lank slaap sal hy doodeenvoudig dood gaan. Dokter Vreet-te-erg het met die sap van die wonderblom en ʼn brandbessie die koning se koors gebreek, maar hy het vir koningin Bea gesê dat dit net ʼn tydelike oplossing was en dat hy het nie weet hoe lank dit hom aan die lewe sal hou nie.

Dokter Vreet-te-Erg: “Koninging Bea, daar is bitter min kere ʼn loerhier gered wat deur ʼn Ikek gesteek is”. Maar ek weet dat daar ʼn baie ou loerhier raad in die weetalsboek geskrywe staan”.

Koningin Bea: “Wat dit ook al is dokter, kry dit en doen dit baie gou!

Dokter Vreet-te-Erg: “Dit is ʼn trek sap en ons kan dit net van ʼn neonster kry, as die bereid is om ʼn stukkie tentakel af te staan waarin die sap is.”

Koning Bea: “Die neonster?”

Dokter Vreet-te-Erg: “Ja, maar dit is moeilik om te kry want hulle woon in die branderwater”.

Koning Bea: “Doen wat jy kan dokter, maar red asseblief die koning!”.

Dokter Vreet-te-erg is al kouend aan ʼn wurmkardoes daar weg en diep in gedagte hy het na die weetals boek gaan soek. Hy wou weet presies hoe ʼn Loerhier by die branderwater kon uit kom en hoe sou hy die neonster vra vir ʼn tentakel. Intussen het Koningin Bea geweet dat sy die loerhiers moes rustig hou, want hulle gaan begin vrae vra oor die welstand van die koning. Om vir nou hul nuuskierigheid in toom te hou en ʼn massa half en volskrik te verhoed, het sy al die ligbrekers nader geroep en gevra dat hulle die paleis verlig. Dit was die teken na ʼn geveg dat die koning nog lewe. Die ligbrekers se lig was so helder dat jy nooit die verskil sou ken tussen dag en nag nie. Al het die ligbrekers oor toorkrag beskik het selfs hulle geweet dat hulle niks vir hulle koning sou kon doen as hy eers deur ʼn Ikek gesteek was nie.

Hoofstuk 2
Njerts en die nuwe Ikeke leier

In die verte loop ʼn baie lelike krom getrekte Loerhier al met die Helder Krioel rivier langs. Daar word vermoed dat hy die slegte Ikek Gor vertel het waar die Weetals land van die Loerhiers is. Hy sou glo beloon word met ʼn lewe van weelde en ʼn Ikek as lyfwag. Hy is baie glad met die bek en baie onderduims. As jy mooi kyk lyk dit of hy oppad is na die Ikek land Dor om hulle te gaan vertel van Gor se dood, sodat hy weer hulle guns en vertroue kan wen. En wie weet, as die nuwe leier van die Ikeks gekies word kan hy wat Njerts is ook sy vertroueling en spioen wees.

Njerts weet natuurlik dat hy nooit sal kan terug keer na Weetals land nie, buitendien is hy al dertig millie jare gelede uit gesmyt as gevolg van sy skynbare onskuldige vriendskappe met Ikeks en die feit dat koning Leog hom met ʼn leuen en uitgevang het. Njerts het ʼn halfskrik beleef en geweet dis neusie verby met hom, want ʼn Loerhier kan nie jok nie. Njerts het in die verlede gesorg vir groot vrees onder die Loerhiers. Hy het altyd die Ikeks laat weet waar hulle onskuldige loerhiers kon in wag en dan het hy weg gekruip om die hele gebeurtenis te aanskou. Loerhiers was uiters versigtig vir Njerts en het hom selde vertrou of geglo. Hy het op ʼn dag ʼn Ikek te naby aan Weetals land gebring en die koning het hiervan gehoor en hom daar en dan verbied om ooit weer in Weetals land te kom. Maar binne in Njerts se gedagtes draai daar op die oomblik niks anders as die bitter smaak van verloor nie. Hy het homself voorberei op ʼn groot oorwinning en nou moet hy ander planne beraam om die situasie te red en sy lewe.

Terwyl Njerts stap is sy gedagtes druk besig, en dan loop hy nog elke Loerhier in Weetals land en besweer, maar so besig is hy dat hy nie die grasbaarde gewaar net ʼn entjie voor hom in die pad nie. Grasbaarde is lang groen wilde gras en hulle groei sommer in bondels. Hulle het ʼn nare gewoonte om strikke te stel vir almal, en dan lag hulle, hulle lag hulleself so te sê slap wanneer die een se voet vashaak en hy neerslaan soos ʼn dooie. Selfs Loerhier kinders is gek daaroor om saam met die Grasbaarde te speel. Njerts let natuurlik glad nie op daarna nie en die volgende oomblik trap hy in die grasbaarde se strik. Hy val hard teen die grond en vlieg half verward op met die gedagte dat hy aangeval word. Njerts se gesig is skoon vel af soos hy met die aarde kennis gemaak het. Maar toe hy mooi tot sy sinne kom sien hy die lagende grasbaarde.

Njerts: “Groot grap nè!”

Grasbaarde: “Bossies! Ons het lank laas so lekker gelag!”

Njerts: “Ek sal julle nog wys. Eendag gaan ek julle afbrand tot daar nie eers ʼn ou wortel haartjie oor is van een van julle nie!”

Grasbaarde:”Moenie bekommer wees nie voor jy dit kan doen kry ons ʼn ligbreker om jou te vermossel!”

Njerts stap verder en kan nog duidelik hoor hoe die grasbaarde hom uitlag. By sy konka aan gekom voel dit vir Njerts of hy ʼn honderd en negentig duisend millie voet geloop het in plaas van net negentig duisend millie voet. Al wat aan hierdie kant van die wêreld bestaan is sand en klip van waar die oog kan sien tot waar hy nie kan sien nie! Dit is ʼn droë en kaal wêreld, die wêreld van die Ikeks. Dor het seker maar iets te doen met al die sand en klip. Njerts skop sy taffie skoene uit en vee die sweet van sy voorkop af. Elke Loerhier besit ʼn paar taffies die skoene word uit vetblare gemaak en dit hou baie millie jare lank. Hy sal maar eers gaan stort by die oasis waar die kieliebome met hulle vingeragtige takke water uit die enigste dam in Dor optel en dan op die wat wil stort gooi. Die arme kieliebome het baie millie jare terug soontoe getrek opsoek na beter grond. Na al die millie jare staan hulle nou soos gevangenisse daar. Die kieliebome bedien die Ikeks en hulle lus om gekielie te word is byne weg. Hulle dra ook nou nooit meer die helder oranje peul vrugte wat wys hoe gelukkig hulle is nie. Die kieliebome is baie spyt dat hulle ooit uit Weetals land getrek het. Daar is net ʼn paar van hulle wat agter gebly het by die loerhiers.

Njerts weet dat al die Ikeks wag op die terugkeer van Gor, so hy sal hulle sommer almal bymekaar hê om vir hulle te vertel wat gebeur het. Nie dat Njerts ooit kon onderskei tussen waarheid en leun nie. Hy stap met daad en durf op na die rotsberg waar al die Ikeks sit en wag vir nuus. Die ingang is effens weg gesteek, maar dan ken Njerts al die voetpaadjie en kan dit toe oë loop. Hy kan van buite af die harde geraas van die Ikeks hoor. Met sy kop omhoog stap hy binne in tot in die middel van die kring waar al die Ikek Hoog Amptenare sit. Hy kan nou die spanning in die lug voel en hoe elke Ikek se aandag op hom gevestig is.

Njerts maak sy keel skoon in die hoop om al die Ikeks stil te kry sodat hy kan praat. Hy gooi sy hande in die lug en waai effens om die groep tot stilte te dwing. Dan fluit hy ʼn skril fluit en skielik heers daar stilte.

Njerts:”Ikeks van Dor!”

Njerts sê dit so hard dat dit weergalm in die grot.

Njerts:”Vandag was ʼn beproewing vir ieder en elke Ikek. Ons groot en magtige leier Gor het die koning van die Loerhiers uit gedaag tot ʼn twee geveg. Maar soos julle almal weet is die Loerhier koning ʼn lafaard, hy het die Ligbrekers gestuur om Gor aan te val en te verswak en eers later het Leor tot die geveg toegetreë. Sien julle hoe vel af is my gesig? Ek moes koes en keer of die Ligbrekers het my ook dood gemaak.

Hoog Amptenaar Kroes: “Wat vertel jy ons! Gor het nie ʼn kans gestaan teen die ligbrekers en hulle toorkrag nie, en wat kon jy nou meer verwag van die papbroekig Loerhier Koning.”

Njerts: “Presies! Hulle het Gor se oë uit gepik en sy vel was orals vol bloed, maar dit was nie die ergste nie! Toe arme Gor daar gelê het, het al wat ʼn Loerhier is op hom geklim en hom vol swaarde gedruk om seker te maak hy is dood.”

Hoog Amptenaar Blerts: ʼnee, magies man hoe kon hulle vir Gor so verneder?”

Njerts: “Duidelik het die Loerhiers vere gevoel, Vrot”.

Njerts: “Ek dink ons het hulle onderskat en almal weet hoe gevaarlik die Ligbrekers is. Gor het die aanval nie maklik laat gaan nie en soos ʼn ware Ikek koning sy beste gedoen. Almal weet hy was die gemeenste vegter onder al die Ikeks.

Hoog Amptenaar Kroes: “Ek sê ons moet almal soontoe gaan en ons begin sommer eerste by die ligbrekers en verwoes daai simpel Loerhiers en Weetals land.

Njerts: ʼnee, julle kan nie!”

Hoog Amptenaar Blerts: “En hoekom nogal nie!”

Njerts: “Ek dink ons moet eers ʼn nuwe leier kies ons kan nie sonder ʼn leier soontoe gaan nie, en dan kan hy besluit.”

Daar daal ʼn stilte in die grot want nie een Ikek het daaraan gedink nie, hulle is vreeslik dom en buiten dien is hulle te woedend oor die vernedering wat Gor deur gemaak het.

Hoog Amptenaar Blerts: “Ek stem saam met Njerts, kom ons kies ʼn nuwe leier.”

Hoog Amptenaar Kroes: “Sal ons dat die twee beste vegters teen mekaar veg tot die dood en die wenner dan die nuwe leier maak?”

Njerts: “Dit is ʼn briljante idée!”

Hoog Amptenaar Blerts staan op en swaai sy stert woes, dan beduie hy na Yank en Emor. Hulle is die twee beste vegters tussen al die Ikeks. Al die Ikeks volg die twee vegters na die veg arena buite die grot. ʼn Groot geveg volg en die twee baklei vir leierskap. Die arena word in die volgende millie ure in ʼn bloed bad verander. En dan is daar ʼn groot gejuig. Emor kruip onder Yank uit en stap na die middel van die arena gestap, half mank en bebloed. Nou sak die een na die ander Ikek op hulle knië neer en buig voor hulle nuwe leier.

Njerts: “Baie geluk Emor, u is amptelik die nuwe Ikek leier van Dor!”

 Njerts buig eerbiedig voor die nuwe koning. Emor is nie een van die vriendelikste Ikeks nie, hy knik net sy kop. Njerts weet dat hy mooi broodjies moet bak om die nuwe leier se vertroue te wen. Njerts dink dadelik aan ʼn iets om te sê wat die nuwe koning meer gerus sal laat voel oor hom.

Njerts: “Ons kan almal sien dat u leierskap bloed in u het.” En dat daar nou gevegte sal wees onder die vroue Ikeks vir u aandag.”

Emor: ʼnatuurlik, ek is dan die beste vegter en nou kan ek vir myself soveel vrouens kies as wat ek wil.”

Njerts: “Maar wat is u besluit oor die aanval op Weetals land, groot en wyse leier?”

Emor: “Voertsek! Jy het klaar vir Gor na sy dood gelei en vir al wat ek weet was dit ʼn lokval wat jy en die res van die Loerhiers gestel het! Ons sal nie nou aanval nie ek wil eers my leierskap vier. So gaan slaap rustig liewe Njerts.”

Njerts kon die koue antwoord amper nie verwerk nie, hy woon dan al soveel millie jare saam met Ikeks. Dit was ʼn vernedering en dit voor al die ander Ikeks, maar

Njerts laat homself nie so maklik onder kry nie, hy moet net vir Emor wys dat hy vertrou kan word. Hy stap terug na sy konka, moeg na die lang dag.

Hoofstuk 3
Arrie Loerhier sal koning Leor red

Waarom sou die wind Arrie se naam fluister aan die Ligbrekers? Want Arrie Loerhier is baie spesiaal, eintlik besonder. Hy is slimmer en effens langer as al die ander Loerhiers. Gerugte is dat toe Arrie ʼn klein baba was, was daar ʼn verwoestende brand in Weetals land, wat deur die reuse veroorsaak was. Die ligbrekers het die vure geblus en die dorp gered behalwe vir die klein konka waarin Arrie was. ʼn Ligbreker het die brandende konka gesien en die gak gogga dak met sy snawel af geskuif binne in het hy die piep klein baba Loerhier gesien tussen die vlamme. Hy het die baba versigtig uit gehaal en gesien dat die baba nog lewe. Die Ligbreker het van sy spoeg laat drup in die baba se mond om sy lewe red. Ander Loerhiers glo dat die toor kragte van die Ligbreker oorgedra is aan klein Arrie.

Arrie het vinniger gepraat as ander Loerhier kinders van sy ouderdom, vinniger geloop en net alles vinniger geleer. Waar ander Loerhier kinders eers op tien millie jare begin skool gaan het, het Arrie reeds op vyf millie jare begin skool gaan. Arrie was slim met wiskunde en het nie gesukkel soos die ander nie. Hy het gou vir Juffrou Brommer gewys hoe maklik wiskunde is want sy het ook maar gesukkel. Hy het ook koning Leor se brilo gemaak toe die koning begin kla het dat hy nie meer so mooi kon sien nie. Die brilo was so gewild dat elke ouerige Loerhier later ʼn brilo wou hê. En dan het Arrie ook ʼn saal ontwerp vir die langneus fladders, hulle troeteldiere.

Terug by die paleis…

Intussen gaan dinge maar woes by die paleis in Weetals land, die koningin probeer haar bes om die toestand van koning Leor stil te hou. Haar tweeling, prins Eon en prinses Kira was baie ontsteld toe sy hulle vertel het van die gebeure. Sy het haar koningklike maanblou en swart weefselrok aangetrek en die dun koper geweefde kroon soos altyd op haar kop gesit sodat niemand onraad kon vermoed nie. Koning Bea het ook aan al die paleis werkers opdrag gegee om nie ʼn woord te sê oor die toestand van die koning nie. Sy het die kombuis werkers aangesê om persfluweel blare in die paleis te brand. Om Persfluweel blare te brand was ʼn baie ou koningklike tradisie. Koningin Bea het nie so bang gevoel met die blare wat brand, sy het op haar troon gaan sit en met haar dun vingers oor Leor se brilo wat van rivier kristal en geweefde koper gemaak is gevryf. Haar gesig het duidelik in ʼn kommerplooi getrek.

Die koningin het op gestaan en na dokter Vreet-te-erg gegaan.Dokter Vreet-te-erg was self ook moedeloos en hy het geweet dat tyd teen hulle tel op hierdie stadium. Die sap van die maanblom en ʼn brandris was net genoeg om Leor aan die lewe te hou. Dokter Vreet-te-erg het selfs een van die getroue paleis werkers gevra om kielieboom wortel te gaan haal en hy moes dit in die grootste geheimsinnigheid doen sodat niemand enige iets agter kom nie. Hy het dit gekook en toe deur die fietedollies gesif en met ʼn suigdoring in koning Leor ingespuit. Hy het gehoop dat dit die koning sou help. Koningin Bea het na die Ligbrekers gegaan om raad en hulp te vra, omdat hulle die slimste diere in Weetals land is.

Koningin Bea: “Ligbrekers, julle is al vir duisende millie eeue die wyse raadgewers van Weetals land en al sy mense. Sê asseblief vir my hoe ons koning Leor kan red?”

Ligbreker: “Koningin Bea, ek wil vir u sê dat ons na die wind geluister het. Die wind het ons vertel van ʼn jong Loerhier wat hier woon. Sy naam is Arrie en hy sal saam met ʼn ander Loerhier die neonster opspoor en tot die redding kom van die koning”. Die ander Loerhier is natuurlik die jong prins Eon.

Koningin Bea: “Hoekom my seun?”

Ligbreker :”Want hy is die een wat deur die wind gekies liewe koningin.”

Koningin Bea:” Ek verstaan. Sal julle asseblief uitgaan en die Loerhier met die naam Arrie kry?” Ek sal dadelik ʼn brief skryf met die griffel op ʼn verdwyn blaar want die boodskap en die blaar sal verdwyn sodra hy dit gelees het. Julle die boodskap aan hom gee”.

Ligbreker: “Ja u majesteit.”

Die Ligbrekers het dadelik die paleis verlaat met die verdwyn blaar waarop die boodskap geskryf is, opsoek na die huis van Arrie Loerhier. Hulle het net betyds geland om te sien hoe Arrie uit die lug neersak met sy langneus fladder. Arrie het soos al die ander twintig millie jarige tieners ʼn langneus fladder as troeteldier en daarmee vlieg al wat ʼn Loerhier tiener is die hele Weetals land vol. Fladders kom in enige kleur waaraan jy kan dink voor maar Arrie hou van blou en daarom is sy fladder die aller mooitste blou. Hy het sy fladder Dedo toe gemaak in sy polhut en terug gestap na hulle Konka toe, geklee in sy fieter kortbroek en t-hemp. Hy het skielik bewus geword van die helder lig van die Ligbrekers en nader stap. Die hoof Ligbreker het die verdwyn blaar aan Arrie oorhandig. Arrie het die koninglike seël dadelik herken en dit gebreek en oopgemaak. Die boodskap het as volg gelees:

“Koning Leor se lewe is in gevaar en jou hulp word dringend benodig.”

Sy ogies het gerek en hy het besef dat dit baie ernstige is. Daarna het die verdwyn blaar weg geraak in sy hande. Arrie het by die konka ingeloer en sy ma Skye gesien kos maak. Sy het vroër die kwaaiwortel vir aandete gaan pluk omdat dit op ʼn spesiaale manier gemaak word. ʼn Kwaaiwortel moet eer goed nat gegooi word met water en dan versigtig getrek word, omdat die kwaaiwortels vreeslik hardkoppig is en nie maklik uit die grond kom nie.

 In die huisie het die reuk van varsgebakte kwaaiwortel met rooibessiebrood in die lug gehang. Twee klein spitsvonkies het langs die vuur by die vuurherd gesit gereed om vuur te maak. Spitsvonkies maak die vuur in Weetalsland. Hulle maak vuur deur teenmekaar te spring en dan op droë houtjies te dans. Kort voor lank is daar ʼn lekker warm vuur. Niemand maak ʼn spitsvonkie kwaad nie. Hulle het ʼn lelike humeur en kan maklik in ʼn groot vlam verander. Teen die mure het daar ook reeds lampvliegies gesit om lig te maak vir die aand wat voorlê.

Arrie:” Ma ek gaan vir ʼn rukkie weg, ek gaan koning Leor help.”

Arrie het hard probeer om nie bang of senuweeagtig te lyk nie.

Skye:”Maar hoe gaan jy die koning help? Is die koning dan siek?”

Arrie:” Ma ek kan nie verduidelik nie, ma weet.”

Skye se gesig het getrek met ʼn kommerplooi tussen haar oë, maar Arrie het reeds verdwyn in sy kamer. Sy het haar kop geskud en goed geweet dat enige Loerhier wat deur die koninklike gesin gekontak word nooit hulp sal weier nie. Arrie het haastig ʼn blaarrugsak gepak met die nodigste. ʼn Tandkrap om sy tande skoon te hou, ʼn sakkie wurmsap vir borsel met die tandkrap, ʼn weefselbers en gesiglap. Een weefseljas en een skoon weefsel kort broek en ʼn weefsel hemp. In sy verby stap het Arrie die klaar gepakte kosblaarsak gesien.

Skye:”Arrie ek het vir jou padkos gepak, vars suurtjies, kwaaiwortel en rooibessie brood, maanblomsap in die toebind kelk.”

Arrie:” Dankie ma, sal ma asseblief na Dedo kyk?”

Skye:” Natuurlik my kind en wees tog versigtig Arrie.”

Arrie:” Ek sal ma, maar ek moet nou gaan. Totsiens ma.”

Hy druk sy ma styf vas en luister vir ʼn paar sekondes hoe haar hart benoud klop.

Arrie:”Ek sal veilig wees ma.”

Dan stap hy tot voor die kyk-myself en Arrie kyk nog eenmaal in die kyk-myself met die geriffelde raam. Hy skud sy swart kuif reg wat windgat soos ʼn boog op sy kop lê. Arrie onthou dat hulle gereeld kyk-myselfs” kon optel in die dorp wat die reuse laat val het, en net daar gelos het. Hy stap na buite waar die Ligbrekers vir hom wag. Hy klouter op een van die Ligbrekers se rug. Hulle vlieg dadelik terug paleis toe. Koningin Bea het binne die paleis gewag en Arrie is in gestuur na die koningin toe. Arrie stap stil met sy kop onderstebo. Sy gedagtes is by die koning en die toestand van die koning. Arrie het die raad kamer van die paleis ingestap en die koningin op haar troon sien sit. Arrie het voor die koningin gaan kniel. Die jong loerhier het opgekyk en dadelik die kommerplooi op sy koningin se gesig gesien. Haar blou oë nog nat van die trane. Hy het senuweeagtig met sy bewende hand aan sy punterige oor getrek. Toe vee hy sy gesig af en probeer om braaf te lyk.

Koning Bea:”Arrie Loerhier die wind het jou naam gefluister as die koning se redder.”

Arrie:” Ek weet u majesteit.”

Koning Bea:” Die koning se lewe is in jou hande Arrie. Jy moet dadelik vertrek na die branderwater en gaan soek na die neonster.”

Dokter Vreet-te-erg:” U -hm, onderbreek hy die koningin. Arrie jy sal die neonster alles moet vertel. Jy sal haar mooi moet vra of sy die punt van een van haar tentakels sal gee. Jy moet verduidelik dat dit gif uit die koning se lyf sal suig.”

Arrie:”Sal ʼn neonster dan sommer net so ʼn tentakel skenk?”

Dokter Vreet-te-erg:” Sy sal want gelukkig groei dit dadelik terug. Maar jy moet onthou om mooi te vra.”

Arrie:” Maar hoe sal ek daar kom en hoe gaan ek die neonster opspoor?”

Koning Bea:” Ek het klaar een van die sterkste en grootste vlieërs, die Witvlug gevra om jou te vat na die branderwater. ʼn Kasjespring sal jou nie so ver kan dra nie. Jy en prins Eon sal ongelukkig self ʼn plan moet maak om die neonster op te spoor.”

Arrie:” Ek verstaan u majesteit.”

Arrie het minder senuweeagtig gevoel noudat hy geweet het sy beste vriend prins Eon gaan ook saam.

Koning Bea het die vlagvormige seëlring verwyder van haar vinger met die ligbrekers as kenteken daarop. Sy het dit in Arrie se hande gesit.

Koning Bea:”Dit is ʼn teken aan enige iemand daar buite dat jy in vrede kom op koninglike versoek, bewaar dit.”

Arrie:” Ek sal u majesteit.”

Op daardie stadium het die jong prins Eon in die raad kamer ingestap. Hy het geweet waaroor daar gepraat word. Hy stap na die koningin en wil nog vra of hy saam met sy beste vriend Arrie kan gaan. Die Koningin Bea onderbreek hom en sê dat hy wel mag saam gaan, omdat sy naam ook deur die wind gefluister was. Eon het sy ma teen hom vas gedruk en haar ʼn sagte soen op die wang gegee.

Eon:”Moenie kommer nie ma, ek en Arrie sal ons bes doen om pappa te red.”

Koningin Bea:” Dankie my kind.”

Sy het haar seun gegroet en hom aangesê om solank sy blaarrugsak te gaan pak. Sy het ook vir ʼn kos pakkie gereël. In haar hart het sy gevoel dat die tweetjies nog te jonk is. Maar sy het die wind se keuse respekteer.

Hoofstuk 4
Ontmoet Witvlug

Arrie en Eon het buite die paleis gaan staan. Die ligbrekers het hulle posisies by elk van die ses torings ingeneem. Koningin Bea het na die horison gestaan en kyk, sy het haar regter arm in die lug gesteek en in haar hand was ʼn weefselboom se rooi geweefde lap. Skielik het die wind opgesteek, so groot en sterk dat die ander Loerhiers moes vasklou aan enige iets wat hulle kon kry. Dit het donker geword asof dit skielik nag was. Toe volg daar ʼn sweefstilte en met ʼn “swiesh- swoosh”, land die grasieuse witvlug. Die Loerhiers by die paleis het tot stilstand gekom want min het al ooit ʼn regte egte witvlug gesien. Die legende van die witvlug is al miljoene millie jare oud. Die ou volk van die Loerhiers het die legende van generasie tot generasie oorgedra. In die paleis was daar ʼn klip waarop die beeld van ʼn Witvlug gegriffel was. ʼn Witvlug het baie, baie millie jare gelede die hele Loerhier volk gered van uitwussing van die Taaitong-Kwaakers. Hulle is nie vyande van die Loerhiers alhoewel die Loerhiers bangerig is vir hulle. Eenkeer per millie jaar trek die Taaitong-Kwaakers en dan verlaat hulle die Helder Krioel rivier wat reg deur Weetals land loop. Die Helder Krioel hou reg voor Dor op met vloei. Dis ʼn raaisel vir die Loerhiers waarheen hulle gaan. Die Taaitong-Kwaakers saai verwoesting en eet enige iets in hulle pad, selfs Loerhiers wat in hulle pad kom. As ʼn Taaitong-Kwaak per ongeluk aan ʼn Loerhier raak kry die Loerhier vreemde vratte. Die vratte kan slegs met dokter Vreet-te-erg se disselsalf verwyder word. Die witvlug word vir hierdie helde daad deur die volk vereer. Daar is selfs elke jaar ʼn fees, die blydefees, terere van die Witvlug alhoewel nie al die Loerhiers weet hoe ʼn Witvlug lyk nie.

Witvlug:”U majesteit Bea, u het my hulp ontbied.”

Koningin Bea:” Inderdaad Witvlug.”

Witvlug:” Waarmee kan ek help?”

Koningin Bea:” Witvlug sal jy die twee Loerhiers neem na die branderwaters, jy weet wat gedoen moet word…”

Witvlug:” Ja u majesteit.”

Arrie en Eon het nog nooit so ʼn mooi voël gesien nie. Hulle het oop mond na hom gestaar. Hulle oggies het gerek al hoe groter en groter in pure bewondering. Witvlug het sy vlerk laat sak vir Arrie en Eon om op te klim tot by sy nek. Dit het vir die twee baie ver en hoog gelyk, maar hulle het rats op geklim tot bo.

Witvlug:” My naam is Arend en ek weet julle is Arrie en prins Eon.”

Arrie:” Aangename kennis Arend, maar hoe ken jy ons name?”

Arend:” ʼn Witvlug weet als byna soos die Loerhiers en die Ligbrekers.

Arrie:”Waar woon jy Arend?”

Arend:”Ek woon daar hoog bo op die kranse, dis ʼn veilige plek en ek kom slegs as iemand my hulp nodig het.”

Arend:” Julle moet die gevlegde ranktou vat en styf vashou anders gaan ek julle verloor.”

Toe Arrie dit hoor skrik hy homself onmiddelik deurskynend, nie eers ʼn half-skrik nie! Eon het van skok begin lag.

Arrie:” Eon waarom lag jy so?”

Eon:” Ha, ha ek is net so bang soos jy…”

Arrie:” Ek het geskrik okay, ek wil nie afval van die Witvlug se rug nie.”

Eon:” Ha, ha, ha hou op praat, jy is so snaaks as jy deurskynend is.”

Witvlug:” Kan julle nou altwee kalmeer asseblief ek beloof om julle veilig daar te kry en terug te bring.”

Wat ʼn panarie want nou moes Arrie eers weer sigbaar gemaak word. Gelukkig het dokter Vreet-te-erg ver vooruit gedink en reeds vir Eon ʼn paar suigdorings gegee wat die kielieboom se wortel sap bevat. Eon het die suigdoring in Arrie se arm in gedruk en gesien hoe die sap verdwyn uit die suigdoring. ʼn Millie sekonde later was Arrie weer duidelik sigbaar en reg vir die reis.

Hoofstuk 5
Op reis na die Branderwater

Arend het stadig sy vlerke uitgesprei en dit op en af beweeg en kort voor lank was hulle hoog in die lug.Arrie en Eon het styf vas geklou aan die ranktou om Arend se nek en af gekyk na onder, Weetals land het soos ʼn kolletjie gelyk.

Hulle was vir die eerstekeer in hulle twintig millie jare buite Weetals land. Alles was so anders, ʼn bietjie vrees aanjaend en opwindend terselfde tyd. Van bo in die lug het selfs die reuse en hulle wonings piep klein gelyk. Die wind het gewaai en die geelster het warmer gevoel as ooit. Teen skemer het Arend ʼn hoë Hakkelboom gesien en daar gaan land. Arrie en Eon is met behulp van die ranktou tot onder op die tak gely.Die Hakkelboom het dadelik begin gesels met die gevoel van vreemdelinge in sy takke.

Hakkelboom:”W-w-wie is j-j-julle?”

Arend:”Ons is besoekers van Weetals land en oppad na die Branderwater.”

Hakkelboom:”Ek is H-h-hakkelboom.”

Arend:” Aangename kennis Hakkelboom, mag ons oornag in jou takke?”

Hakkelboom:”M-m-met plesier.”

Arend:”Dankie Hakkelboom.”

Arend:”Ons sal hier moet slaap vir die nag dis net nou donker en dan sal ek nie verder kan vlieg nie.”

Arrie:” Dis regso Arend ek wil in elk geval my bene bietjie rek en my arme boudjies is effens seer van die sit.”

Arend lag hy het geweet dat die twee nog nooit so ver gevlieg het nie. Hulle het net gedurig rond gerits met hul langneus fladders en dit was nou die langste wat hulle bo in die lug was. Nietemin sê hy spottend aan die twee.

“Gmf ! Wil julle sê dat julle ongemaklik gereis het?”

Arrie:” Nee, nee glad nie.” Hy gee ʼn skewe glimlag vir Arend en kyk met kommerplooi op sy gesig na Eon wat dadelik sy kop skud om te bevestig dat die reis nie ongemaklik was nie. Hulle haal die blaarrugsakkies af en begin hulle padkos sakkies uit te pak hulle is baie dors en drink eers bloumaanblomsap uit die toebind kelk en hulle verorber sommer ʼn paar vars suurtjies met kwaaiwortel en rooibessiebrood. Arend het intussen gevlieg en terug gekeer met ʼn tamaaie gladskub vis wat hy eenkant sit en eet.

Arrie:” Arend hoeveel millie dae sal dit neem vir ons om die branderwater te bereik?”

Arend:”Ten minste twee millie dae Arrie.”

Eon:” Sjoe so lank?”

Arend:” Ja die branderwater is baie ver Eon.”

Arrie het opgekyk na die naglug en vir Eon gewys hoe mooi die nagsterre in die hemel blink, en die nagster wat groter en nader lyk as ooit tevore.

Arrie:” Dit lyk amper of ons aan hulle kan raak.”

Hulle het afgekyk na die landskap onder en om hulle en vanuit die reuse Hakkelboom het hulle derduisende liggies gesien. Eon het uit nuuskurigheid vir Arrie gevra of hy sal weet hoeveel vuurvliegies die reuse gebruik om soveel lig te kry.

“Seker al die vuurvliegies in Weetals land, antwoord Arrie.”

Die twee het vir mekaar gekyk en lekker gelag. Arrie het begin gaap kort na die gesels, hy was uitgeput en moeg. Hy het sy weefselbers uitgehaal en homself gemaklik gemaak op die tak, hy was so moeg dat hy nie eers sy taffies uitgetrek nie. Eon het langs hom gaan lê en homself ook toe gemaak met sy weefselbers en gou was die twee vas aan die slaap. Arend het gewaak oor die twee Loerhiers en later self aan die slaap geraak.

Dit was nog donker toe Arend die tweetjies wakker maak en vir hulle sê dat hulle nou sal moet vertrek, voor die geelster hoog sit. Hulle het vinnig opgestaan en gou-gou hulle goedjies terug gepak in hulle blaarrugsakke. Arrie het sy kospakkie nader getrek en ʼn stuk kwaaiwortel en rooibessie brood vir hom en Eon afgebreek om te eet. Daarna het Arrie en Eon eers hulle tandkrappe uit gehaal en blitsig wurmsap gesmeer oor die tandkrappe. Hulle het vinnig tande geborsel. Arrie het oudergewoonte sy kuif probeer plat vryf en na ʼn gesukkel toe maar besluit om dit so te los. Eon het net sy vingers deur sy swart krul hare getrek en geweet dit lyk sommer reg. Hulle het Arend se vlerk uitgeklim tot bo en op sy nek gaan sit, en hulleself gereed gemaak vir die volgende deel van die reis.

Hy het opgestyg en in ʼn oogwink was hulle hoog in die lug. Arend het die wind gebruik om spoed op te tel terwyl die twee Loerhiers styf vasgeklou het met bang groot oë. Toe Arend hoog genoeg was het hy begin sweef. Arrie en Eon het nou kans gehad om alles te bekyk rondom hulle. Die plek het vir hulle so vreeslik vreemd gelyk en selfs die reuk in die lug het verander hoe verder hulle gevlieg het. Terwyl Arend vlieg het die twee nuuskurig af gekyk om te sien wat doer ver onder aangaan. Hulle kon nie juis sien nie, omdat alles gelyk het of hulle doodstil staan. Daar was oop plekke waar hoë bome gestaan met baie water, dan weer ander plekke waar daar net reuse gewoon het met min bome en water. Arrie en Eon was diep meegevoer oor al hierdie wonderlike goed wat hulle gesien het. Selfs met hulle nuuskurige aard het hulle nie geweet dat daar soveel dinge buite Weetals land bestaan nie.

 Toe die geelster op sy hoogste sit het Arend afgeduik na onder vir ʼn ruskans met twee klouende, benoude loerhiers op sy nek. Hy het geland op rotse teen die rand van ʼn hoë berg. Die twee Loerhiers het afgegly tot onder en dadelik die plek begin verken. Arend het gewaarsku dat hulle naby moet bly, omdat dit ʼn onbekende deel is. Hy het nie geweet of daar gevaarlike diere en vyande is nie. Arrie en Eon het aan alles gevat en gevoel, selfs gelek om te proe…natuurlik met Arend se oog op hulle.

Arrie het ʼn hopie gesien en versigtig nader getree, hy kon sy nuuskurigheid nie meer inhou nie, hy het sy tong ver uitgesteek en daaraan gelek.

Arrie:”Blegh…”

Langs die hopie het ʼn paar ondeunde grasbaarde begin lag.

Grasbaarde:”Weet jy wat het jy nou gelek?, gie,gie,gie!”

Arrie:ʼneeeeeeeee.”

Grasbaarde:”Dit was tjorts!” Diere tjorts…”

Arrie het al proessend na hulle gekyk vir ʼn paar millie sekondes, en toe onmiddelik sy toebind kelk uitgepluk en ʼn groot sluk maanblomsap gevat. Die grasbaarde het die twee Loerhiers uitgevra oor hulle reis en waarheen hulle oppad was. Arrie het die grasbaarde vertel. Die grasbaarde het geweet van die branderwater en hul verseker dat dit nie meer so ver is nie. Albei was natuurlik verlig want alhoewel Arend die vinnigste witvlug is, maak hy hulle soms bang as hy so hoog en so vinnig vlieg. Hulle het terug gestap na Arend en hom vertel wat die grasbaarde gesê het. Arend het sy kop geskud en hulle gevra om op te klim.

Teen die tyd toe die geelster net- net begin verdwyn agter die berg het hulle weer geland in ʼn ou Beweboom. Die boom het vir hulle nogal baie na die kieliebome by die huis gelyk. Beweboom het die ritteltits gekry met die vreemde klomp in sy takke en hy het so ʼn ligte skud gegee. Gelukkig het die twee loerhiers nie hulle balans verloor nie maar wel ʼn bietjie geskrik net genoeg sodat jy hulle oë kon sien.

Beweboom:”Wie kuier so ongenooid in my takke?”

Arend:”Jammer ons het eerlikwaar nie gedink jy sou omgee nie.”

Beweboom:”Tsk, natuurlik nie almal sien ʼn boom en neem sommer aan dat hulle welkom in die takke gaan wees.” Sê die ou knorpot Beweboom.

Arrie:”Ons het gedink dat jy die mooiste en die grootste boom hier rond is en daarom gekies om maar by jou te kom oornag.”

Die Beweboom was dadelik beindruk met die knaap se mooi kompliment.

Beweboom:ʼnou maar goed julle mag hier oorslaap, maar ek waarsku julle ek bewe sodra die wind opsteek so julle moet maar hoop dat dit ʼn windstil nag is.”

Arrie:”Baie dankie Beweboom.”

Hoofstuk 6
Iets skort met Arend Witvlug

Die nag het gou verby gevlieg en die twee Loerhiers het wakker geword met die geelster wat al agter die berg kop uitgesteek. Hulle het opgestaan, gegaap, uitgerek en rond gekyk. Toe sien hulle Arend net duskant hulle, op die tak hy lê op sy sy en beweeg nie. Hulle het dadelik na hom toe gestap.

Arrie:” Wat makeer Arend?”

Arend:” Ek verlang na my familie, ons Witvlugte kan nie te lank weg wees van ons families nie, dan neem die verlange oor en maak ons siek.”

Eon:”Jinne dis erg Arend maar hoe kan ons jou help?”

Arend:”Ek weet nie…”

Arrie het ʼn ruk lank gestaan en kop krap en toe met ʼn briljante idée voorendag gekom. Eon ons moet dadelik soek na die Onthouplant wat onthousap het. Arrie herinner vir Eon dat dokter Vreet-te-erg altyd vir baie siek Loerhiers die onthousap gegee het. Die Loerhier sal dan dadelik net al die goeie dinge onthou en gesond word.”

Eon het een van daardie kommerfronse gekry en vir Arrie gevra of hy dan weet waar hulle die plant sal kry. Hulle het begin stap sonder om tande te krap of hare reg te maak. Hulle was gewapen met slegs die toebind kelk, om die sap in te bêre en suigdorings vir ʼn noodgeval. Alhoewel die Loerhiers baie rats is en hulle beentjies goed is vir kort afstande, kan lang afstande uitputtend wees vir die outjies. Hulle was so uitgeput van die geelster wat vroeg warm was, en die sweet het teen hulle gesigte afgeloop. Na ʼn ent se loop het hulle teen ʼn groot klip gaan sit om te rus in sy skadu. Die klip was bedek met kort swart hare en die twee loerhiers het dit baie vreemd gevind. Maar hulle was in die onbekende en enige iets was moontlik. So uitgeput was hulle dat hulle nie verder gedink het nie en net daar gaan sit het.

Na ʼn paar millie minute het die klip beweeg, dit het opgestaan en verward na die twee loerhiers gekyk. Eon en Arrie se ogies was toe en hulle het nie eers besef dat die klip waarteen hulle gesit het opgestaan het nie. Die “klip” het met haar groot swart neus tot teen aan die tweetjies gegaan, en begin snuffel en die vreemde aan hulle geruik.

Klip:”Grhhhhhh, grhhhhhhh.”

Arrie het sy ogies oop gemaak en in haar groot neus vasgekyk, sy het terug getree en toe sien hy net reuse tande met snorre. Sy het nog ʼn bietjie agteruit getree en dis toe eers wat Arrie die groot gesig sien met die blink kraal oë.

Klip:”Uhm, skiestog maar wie is julle?”

Die twee loerhiers het hulleself oombliklik deurskynend geskrik toe sy met hulle begin praat, en met bewende stemmetjies geantwoord.

“Ons is Arrie en Eon die Loerhiers van Weetals land.”

Klip:” Wel kan julle nou weer sigbaar word sodat ek julle mooi kan bekyk?”

“Sê eers wie jy is?”

“Ek is Waja.”

“Wat se soort dier is jy?”

Waja:”Wel ek is ʼn kort haar Meerhond, maar julle hoef nie bang te wees vir my nie.”

Die twee het meer gerus gevoel, en mekaar gou die suigdoring toegedien om weer sigbaar te word.

Waja:” Ek is nie julle vyand nie, maar sê vir my wat doen julle snaakse dingetjies hier in die Kloofveld, en is julle nie bang vir die vleiskapers en ander vyande nie?”

Eon:” Natuurlik is ons bang vir die vleiskapers! Ons ken die plant wat enige vleis eet.Ons is ook bang vir die ander vyande, maar my pa die koning van Weetals land is baie siek. Ons is oppad na die branderwater om die neonster se hulp te vra.”

Waja:” O, ek sien en julle weet natuurlik dat hier baie vleiskapers in die omgewing is en baie vyande.”

Sy staan met haar groot kraal oë en bekyk die twee, haar kop naby aan hulle en haar skerp ore gespits in die lug soos sy luister.

Arrie:”Eintlik is ons nou opsoek na die Onthouplant, want ons Witvlug is siek van verlange. Die Onthouplant het doringagtige blare en met die helder oranje kelk blomme. Weet jy dalk waar ons een kan kry?”

Waja:”Julle is darem baie eienaardig! Maar ek dink ek weet waar die plant staan ek sal julle soontoe neem en julle sal minstens veilig wees saam met my.”

Arrie en Eon kyk eers huiwerig na mekaar en stem dan in. Waja gaan lê weer en die twee klouter tot bo met die hulp van haar kort hare. Waja het begin draf in die stowerige paadjie verby die rollende doring tollers, ʼn hele ent verder gaan staan sy voor die Onthouplant. Sy het gaan lê en die twee het afgegly tot onder.

Arrie het met die Onthouplant gepraat en hom baie mooi gevra of hy vir hulle onthousap sal gee vir hulle siek witvlug. Die Onthouplant het een wilde skud gegee en een van sy onderste doringagtige blare afgeskud, sodat dit op die grond val. Arrie het die sap laat drup in die toebind kelk. Toe dit vol was het Arrie dit toegebind, en die Onthouplant hartlik bedank vir sy hulp. Arrie en Eon het ook eers so ʼn paar druppels van die onthousap gelek, om hulle dors te les. Hulle het terug geklim op Waja se rug en haar die rigting gewys waar Arend was, die geelster het al hoog gesit. Arend het nogsteeds in die Beweboom se tak gelê op sy sy. Waja het gaan lê en hulle laat afklim. Arrie het tot bo geklouter en vir Arend die toebind kelk oopgemaak en by sy krom snawel gehou. Arend het stadig gedrink tot die kelk leeg was.Vyf millie minute later het Arend regop gestaan en gereed om die reis voort te sit. Hy was verbaas om die vreemdeling te sien wat onder wag. Arrie en Eon het Waja voorgestel aan Arend, en hy was maar te dankbaar vir die vreemdeling wat hulle gehelp het. Die twee Loerhiers het hande geklap en was vreeslik bly dat hulle plan gewerk het. Hulle het Waja bedank vir haar hulp en totsiens gesê. Arrie en Eon het op Arend geklim en hulle was reg vir die volgende deel van die reis.

Hoofstuk 7
Uitkyk op Branderwater

Arend het gevlieg soos nog nooit tevore nie hulle het reeds baie tyd verloor. Laat middag het Arend op ʼn sand heuwel geland en ʼn reuse stofwolk het deur die lug getrek. Die loerhiers het eers ʼn ruk lank stil gesit en hulle ogies ʼn paar keer geknip om van die sand ontslae te raak. Hulle het toe die wêreld rondom hulle bekyk. Dit was anders en baie mooier as wat hulle hulself voorgestel het. Die branderwater het hoë branders gemaak en strand toe gedans met klein skuimbelle dit het betowerend gelyk. Oral was daar sand heuwels en bossies grasbaarde. Arrie het eerste afgeklim en gevoel hoe sy voete weg sak in die sagte sand.

Arrie:”Hey, Eon jy moet hierdie sand voel, dit voel soos sinksand!”

Eon het dadelik afgeklim en langs Arrie gaan staan. Toe Arrie sy voet optel bly sy taffie agter in die sand, hy het afgebuk en gevoel, voel totdat hy dit gekry het.

Arrie:”Eon hier gaan taffies ʼn mors van tyd wees.”

Eon het kopskuddend saam gestem, en sy taffies uitgetrek. Hy het dit in sy blaarrugsak gebêre. Arend het die twee bekyk en lekker gelag vir hulle, want met sy kloue is daar nie ʼn manier hoe hy sal wegsak in die sand nie. Daar het ʼn ligte wind gewaai en ʼn sproei reën het teen die hulle vas gewaai.

Arrie:”Wat is dit, reën dit?”

Eon se nuuskurigheid het die beste van hom gekry en hy het dadelik met sy hand oor sy gesig gevee en dit gelek.

Eon:” Die reën proe snaaks dis anders as die reën in Weetals land.”

Arend het nou nog harder gelag en plat in die sand gaan sit soos hy lag. Arrie en Eon het met verbaasde gesigte na Arend gekyk wat nou al trane in sy oë gehad het soos hy vir die twee lag.

Hy het verduidelik dat dit die branderwater druppels is wat deur die wind gedra word. Dit was nie die water waaraan hulle gewoond was nie, branderwater is souterig. Die twee moes gaan kos soek voor dit donker is, want hulle kos sakkies was dol leeg en hulle maggies het lankal lawaai van die honger. ʼn Vriendelik diertjie het aangestap gekom so skeef-skeef oor die sand. Hy het hulle gegroet en verwelkom by die branderwater toe stel hy homself voor.

“My naam is Gaz ek is ʼn skeeftrap.”

Die trio antwoord:”Aangename kennis Gaz.”

Arend: “Ek is Arend Witvlug en dit is Arrie en Eon loerhier.”

Gaz het sy kop geskud en nog nader gestap. Arrie en Eon het hom gevra of hy sou weet waar hulle kos kon kry, aangesien hulle voorraad klaar was. Gaz het hulle gevra om te wag en vinnig die branderwater in gehardloop. ʼn Paar millie minute later het hy weer verskyn met lang nat groen swiere, sommer ʼn hele knyper vol. Hy het verduidelik dat dit ʼn eetbare plant is en dat swiere baie gesond is. Twyfelagtig het Arrie sy hand uitgesteek en aan die slymerige swier gevat, hy het ʼn stukkie afgebreek en dit in sy mond gedruk. Arend en Eon het hom natuurlik fyn dopgehou, want sy gesig het allerhande plooie getrek soos hy kou. Na ʼn lang gekouery het hy die swier ingesluk.

Arrie:”Mmmmm dis nogal smaaklik, dit proe amper soos suurtjies.”

Eon het vinnig na Gaz gestap en ook ʼn stukkie afgebreek en dit in sy mond gedruk. Hy het gekou dat die groen sap so langs sy mondhoeke afloop. Gou het die twee gesmul aan die swiere, en tussen deur het hulle met Gaz gesels. Hulle het hom uitgevra oor die neonster en hom vertel van hulle reis en waarom hulle daar is. Gaz was duidelik ʼn baie slim skeefloop hy het dadelik geweet wie om te vra, waar hulle die neonster sou kry. Gaz vra toe vir hulle hoe hulle sou asem haal onder die branderwater?

Arrie en Eon het geen idée gehad nie, want hoe sou hulle nou weet dat hulle nie kon asem haal onder die branderwater nie. Gaz het vir hulle gesê dat hy sal uitvind by die ander branderwater diere, en die volgende oggend sou terug keer.

Intussen het die nagwind opgesteek en die branderwater het al hoe nader beweeg. Arend het ʼn entjie verder gaan sit en die twee nader geroep, en vir hulle gesê dat hy gou vir homself iets gaan soek om te eet. Drie millie minute later het hy geland met ʼn blinkskub vis, die het hy eenkant gesit en eet. Hulle het mekaar ʼn goeie nagrus toegewens, en die twee loerhiers het opgekrul teenaan Arend aan die slaap geraak.

Vroeg die volgende oggend het Gaz die skeeftrap hulle kom wakker maak, nog voor die geelster op was. Hy het goeie nuus gebring, hulle kan die skuimbelle gebruik vir suurstof. Hy het hulle mooi verduidelik hoe hulle moes tewerk gaan. Hulle moet die skuimbelle pluk van branderwater af, en dan opsit.

Arend:” Alla kragtie, dit klink sommer na ʼn uitstekende plan Gaz.”

Arrie en Eon was nou meer as ooit beindruk met die branderwater wêreld en met sy inwoners. Hulle het elkeen gou ʼn swier gegryp om aan te kou en toe hulle tandekrappe uitgepluk en gesmeer met wurmsap en blitsig geborsel. Nou was hulle reg vir hulle besoek onder in die branderwater. Hulle het versigtig nader gestap na die branderwater Arrie het sy hande uitgesteek en ʼn skuimbel opgetel en dit oor sy kop gedruk. Eon het ook een opgetel maar dit het in sy hande gebars hy het toe maar weer prober, en dit darem die tweedekeer reg gekry. Gaz het gesê hulle moet hom volg en naby hom bly. Die branderwater is soms onvoorspelbaar en enige iets kan gebeur terwyl Arend op die sand vir hulle wag.

Hoofstuk 8
Avontuur binne in Branderwater

Hulle het stadig en versigtig vir Gaz gevolg in die branderwater in. Gaz het vooruit gereel dat die ander branderwater diere orals om hulle sou wees. Niemand sou verlore kon raak terwyl hulle daar onder in die water is nie. Arrie en Eon het in bewondering om hulle gekyk, dit was nou behalwe vir Weetals land die mooiste plek wat hulle al ooit gesien het. Daar was soveel kleure en diertjies, enige iets vanaf klein na groot en skrikwekkende groot soorte ook.

Gloeiswemmers het lig gemaak en opgewonde heen en weer beweeg om die loerhiers. Links van hulle het ʼn plofrots asem gehaal en fyn deeltjies stof uitgeblaas in die water, daar het honderde klein gladde skubvissies heen en weer geswem en elke keer kleur verander sodra hulle deur die stof beweeg het. Eon het vir Gaz die skeeftrap gevra hoe dit gebeur, en hy het verduidelik dat die plofrots se asem party branderwater diertjies van kleur laat verander.Arrie en Eon het gegrinnik, want net die blote gedagte dat jy kleur verander was meer as genoeg.

Regs van hulle was daar op een rots met miljoene skeefloop skulp huisies en klein skeefloopies wat op en af gehardloop en woellig gespeel het. ʼn Kroesgraat het vinnig verby geswem en die loerhiers laat wonder oor daardie baie arms. Agter hulle het ʼn babbel vis geswem wat aanhoudend gebabbel het, eintlik irreteerend en arme Arrie se ore het begin seer raak.

Babbel vis:” Wie is julle, waar vandaan kom julle?”

“Wie is julle, waar vandaan kom julle?” “Wie is julle, waar vandaan kom julle?”

Arrie kon dit nie meer uithou na die soveelste gebabbelde vraag nie. Hy het in sy spore omgedraai en vir die babbel vis gesê, hulle is die loerhiers van Weetals land. Arrie het sy kop geskud want hy het gedink net loerhiers is nuuskurig. Die babbel vis het nog meer vrae gevra, maar Arrie en Eon was te besig om hulle te verwonder aan alles. ʼn Skool Patroon skubvisse het wye draaie geswem om die hele spul. Op rotse was Frambelinas met vrolike gesigte, en Eon het gewonder of hulle ruik soos die weefselboom se veel kleurige blomme in Weetals land. Hy het die helder kleure van die Frambelinas bewonder, en gesien hoe hulle vriendelik wuif. So het die twee loerhiers vir Gaz skeeftrap gevolg tot by die grotklip. Hulle het voor die ingang tot stilstand gekom en skeeftrap het sy knyper in die lug gesteek en toe die geheime klop gegee. ʼn Sand wolk het verskyn toe die deur stadig oopgestoot word en daar staan ʼn tamaaie driehoekige vis met ʼn plat onvriendelike gesig.

Gaz:”More u wysheid?”

Driehoekige vis:”More skeeftrap, hoe kan ek help?”

Gaz:” Waar sal ons die neonster vind?”

Driehoekige vis:”Jy en die besoekers kan om die tweede plofrots gaan, julle sal haar daar op die kamofleer rots kry.”

Gaz:” Dankie.”

Arrie en Eon het ʼn klein bietjie bang gevoel vir die driehoekige wyse vis maar hulle was dankbaar vir sy hulp. Hulle het agter die skeefloop aangestap alhoewel die branderwater ongelooflik sterk was, en hulle so elke nou en dan terug gestoot het. By die tweede plofrots het hulle die kamofleer rots gesien en die neonster hoog bokant hulle. Gaz het na haar geroep.

“Liewe neonster u het besoekers!”

Sy het saggies geantwoord:”Ek sal nou onder toe sweef.”

Arrie het met bewonderig gestaar terwyl sy al fladderend van bo af gesweef het, tot onder by hulle.Sy het ongelooflik gelyk terwyl sy afgesweef het. Hy en Eon het nog nooit so ʼn helder neonster ontmoet nie.

Neonster:” Ek is Lyla die neonster.”

Arrie:” Ek is Arrie Loerhier en dit is prins Eon van Weetals land.”

Arrie het gebuig en sy hand met die seëlring op sy wysvinger uitgehou na Lyla. Sy het daarna gekyk met leep oggies.

Leila:”Ek is bevrees dat ek julle nie kan help nie.”

Eon het dadelik ʼn kommerfrons op sy gesig gehad.

Eon:” Hoekom sal u ons nie kan help nie?”

Leila:”Ek is siek prins Eon, kan jy nie sien dat my neon pienk strepe weg is nie en dat ek nou net neon pers is?”

Arrie kon sien dat Lyla nie gesond is nie, haar oggies was moeg en sy het baie swak gelyk. Skielik het hy gewonder of hy regtig oor toorkrag beskik soos daar gesê word. Hy het sy oë toegeknyp en sy hand saggies op Lyla se kop laat rus. Hy het iets onhoorbaars gefluister. Eweskielik het daar ʼn lig tussen sy hand en Leila se kop verskyn, skeeftrap het agteruit gestuier en Eon se oë het gerek.

Lyla:”Wat het jy gedoen Arrie?”

Arrie:”Wel, ek het geglo ek kan jou gesond maak.”

Lyla het haar tentakels opgewonde rondgeswaai want haar neon pienk strepe was skielik terug en sy het sommer stukke beter gevoel.

Lyla:ʼnou kan jy maar enige iets vra Arrie?”

Arrie:”Kan jy asseblief vir ons die punt van een van jou tentakels gee om koning Leor te red?”

Lyla:” Sekerlik my liewe vriend.”

Sy het een tentakel effens geskud vir ʼn paar millie sekondes, die volgende oomblik het daar ʼn puntjie afgeval, wat sy gegryp het om aan Arrie te oorhandig.

Lyla:” Julle sal dit moet bewaar en dit in branderwater bêre anders sal dit dood gaan.”

Arrie het sy hande uitgesteek om dit te vat, die glibberige punt het uit sy hande geglip. Lyla het gou gehelp en dit die keer baie versigtig vir Arrie gegee. Arrie en Eon het vir mekaar geknip oog en Lyla hartlik bedank vir haar geskenk. Gaz het ook ʼn dankie geuiter en die twee aangesê om hom te volg. Hulle het begin stap en kort-kort terug gekyk na die pragtige Lyla. ʼn Slap vis het nader geswem en gevra of hy hulle kan help. Gaz kon sien dat die twee loerhiers uitgeput is, en dat hulle suurstof byna op is. Hy het vir die slap vis gevra of hy die twee kan toe rol in sy stert en hulle strand toe kan vat. Arrie en Eon moes styf teen mekaar staan gesig teen gesig met die punt van die tentakel tussen hulle. Die slap vis het tot langs hulle beweeg en hulle versigtig en veilig toegerol in sy stert. Hy het met die spoed van die rollende brandewater beweeg tussen al die ander diere en rotse deur. Naby waar die branderwater dans met die skuimbelle op het die slap vis tot stilstand gekom, en sy stert oop gerol. Arrie en Eon het hom bedank en tot buite die branderwater gestap. Hulle het een vir een die skuimbelle afgehaal en net daar op die sand neer geval en hygend na asem gesnak vir ʼn paar millie minute.

Arrie:”O gaats die tentakel!”

Eon:”Ja toggie ek het ook vergeet van die tentakel.”

Arrie:”Ons moet dit dadelik in branderwater sit!”

Eon het na Arend gestap en sy blaarrugsak wat langs Arend gelê het opgetel. Hy het die wurmsap en ander goedjies netjies in Arrie se sak gepak. Hy het net die weefselbers eenkant gehou. Hy het terug na Arrie gestap met die blaarrugsak.

Eon:”Ons kan dit hierin hou.”

Arrie:”Mmmm, ja dis ʼn uitstekende plan!”

Hulle het na die branderwater gestap en die blaarrugsak in die branderwater laat sak tot dit vol was.

Arrie:”Sjoe maar dit is swaar.”

Eon het Arrie gehelp om dit veilig op die sand neer te sit, hulle het die tentakel opgetel en dit so saam-saam in die blaarrugsak gesit. Arrie het dit stewig toegebind. Hy het geweet dat dit behoort te hou tot hulle terug is in Weetals land.

Arrie:”Maar wat nou gemaak met jou weefselbers ?”

Eon:”Ek het ʼn plan kom ons gee dit vir Gaz vir ʼn afskeid geskenk.”

Arrie:”Dis ʼn goeie idée.”

Gaz het kom groet en in sy knyper het hy ʼn vyfpunt reënboogskulp gehad en ʼn paar swiere, hy het die swiere vir Arrie gegee.

Arrie:”Wat is dit Gaz?”

Gaz het eers vir Arend nader geroep sodat hy kon verduidelik.

Gaz:”Dit is ʼn wens skulp, as jy jou oë toemaak en die wens saggies fluister sal die skulp onmiddelik jou wens laat waar word.

Arend:” Dan moet ons dit gebruik om terug te gaan Weetals land toe.”

Gaz:”Presiese die rede waarom ek dit gebring het.Arend jy moet eers opstyg tot hoog in die lug en jou vlerke wyd sprei, en dan maak jy die wens. As julle wind hoor fluister mag julle julle oë oopmaak.”

Eon het na die opgevoude weefselbers gestap dit opgetel en vir Gaz gegee.

Eon:” Dis om dankie te sê vir jou hulp.”

Gaz:”Wow, dis baie mooi dankie, mevrou skeeftrap gaan dit beslis gebruik.”

Eon:”Dis net ʼn plesier Gaz.”

Gaz het voor Arend gaan staan en hom gevra om laag te buk sodat hy die wens skulp aan die ranktou kon bind. Arrie en Eon het hulle sakke op hulle skouers gesit en teen Arend se vlerk op geklouter tot bo. Hulle het Gaz gegroet en die ranktou styf vas gehou. Arend het stadig sy vlerke beweeg en gesien hoe die sand in ʼn stof wolk onder hulle verander hy het gestyg al hoër en hoër tot alles net ʼn spikkeltjie was ver onder hulle.

Hoofstuk 9
Terug in Weetals land, die koning word gered

Arend het saggies gefluister:

“Weetals land”

Die wens skulp teen Arend se bors het ʼn helder lig geskyn met reënboog kleure terwyl al drie nog vir ʼn millie sekonde daarna gestaar het en toe hulle oë styf toe geknyp het. Daar was ʼn ruk wind en ʼn vreemde beweeging en die wind het vir hulle gefluister om nou maar hulle oë oop te maak. Arend, Arrie en Eon kon nie glo wat hulle sien nie, want daar het hulle gestaan reg voor die paleis op die plein, sommer net so.

Arrie en Eon het blitsig afgely en so vinnig as wat hulle kort beentjies hulle kon dra, op teen die trappe tot by die deure. Die rooimier wagte het die deure oopgetrek en Eon en Arrie het hulle gehardloop na die koningklike slaap kamer. Eon het die deur oopgestoot en in gehardloop met Arrie kort op sy hakke. Daar sien hulle die huilende Koningin Bea en prinses Kira. Hulle het langs die koninklike bed gekniel en vreeslik gehuil. Dokter Vreet-te-erg het sy kop geskud en vir hulle beduie dat dit te laat is. Eon het geskrik en deurskynend geword en al wat sigbaar was was sy trane wat op die vloer drup. Arrie het net daar bly staan, doodstil sonder om te roer.

Arrie: “Ek glo dit nie, hoe is dit moontlik?”

Vreet-te-erg:”Hy het sy laaste asem twee millie sekondes terug uitgelaas, jammer Arrie.”

Arrie het die blaarrugsak afgehaal van sy rug af en nader gestap na koning Leor toe. Hy het vir koningin Bea en prinses Kira gevra of hulle eenkant kan sit en toe verduidelik hy.

Arrie:”Koningin hierdie paar millie dae het ek die ongelooflikste oomblikke beleef en ander gediertes ontmoet en as ek eending geleer het was dit dat niks onmoontlik is nie.”

Arrie het dokter Vreet-te-erg nader geroep en gevra dat hy hom moet help. Hy het die blaarrugsak op die grond neergesit en dit oop gemaak en albei het die tentakel opgetel, terwyl koningin Bea die weefselbers weg getrek het. Hulle het dit bo op die koning se bors neer gesit. Daar het ʼn onaardige stilte geheers, almal het hulle asems opgehou en selfs Eon het opgehou met huil. Die tentakel het helder neon pers geword en die neon pienk strepe het begin dans. Almal het gestaar met groot, groot oë en in afwagting. Skielik het koning Leor diep asem gehaal, en dit het soos ʼn groot sug geklink. Koning Leor het sy oë oopgemaak en verbaas gestaar na almal om sy bed. Nou het die trane van blydskap oorgeneem, en almal het die koning gedruk en gesoen. Die koning kon natuurlik glad nie verstaan waarom almal so huil nie. Eon is gou gehelp deur dokter Vreet-te-erg en hy het sy beste vriend bedank vir al sy hulp en wysheid.

Eon:”Arrie jy is die beste Loerhier vriend waarvoor ek kon vra. Dankie dat jy so dapper was en my pa gered het.”

Eon het toe na sy pa gestap en hom styf vasgedruk. Koning Leor het nie duidelikheid gehad oor die gebeure nie en sy laaste herinnering was van die geveg met die Ikek koning Gor. Die res was maar vaag. Koningin Bea was vreeslik dankbaar en so ook prinses Kira.

Koningin Bea:”Hoe kan ek jou ooit bedank Arrie?”

Arrie:”Koningin om weer my koning te sien lewe was bedanking genoeg vir my.”

Kira het nader gestap en haar arms om Arrie se nek gegooi en hom ʼn stywe druk gegee. Arme Arrie was bloed rooi van die bloos. Sy het vir ʼn paar millie sekondes na Arrie gekyk met haar diep blou oë en swart lokke wat op haar skouers hang. Arrie het skoon dom gevoel in haar teenwoordigheid. Koning Leor het Arrie nader geroep en hom hartlik bedank vir sy helde daad.

Koning Leor:”Ons gaan ʼn fees reël om jou te eer Arrie Loerhier, enige voorstelle wat ons dit moet noem?”

Dokter Vreet-te-erg het sy kop eers links gedraai en toe regs soos hy besig was om te dink terwyl die ander ook diep in gedagte gestaan het.

Prinses Kira:”Ek het ʼn idée kom ons noem dit die Helde fees!”

Koning Leor:”Ek dink dit is ʼn briljante idée, of wat sê julle?”

Almal het hulle koppe geknik en so was ʼn nuwe feesdag gebore. Arrie het gevra om verskoon te word, sodat hy sy ouers kan gaan groet. By hulle konka het Arrie sy ma Skye verras, en haar opgetel en in die rondte geswaai. Sy pa het oor sy baard gevryf en nader gestaan. Van pure trots het hy sy seun teen hom vas gedruk. Arrie het die swiere uit die blaarrugsak gehaal en vir sy ouers gegee om aan te proe, terwyl hy opgewonde vertel het van sy reis na die branderwater. Dedo het uit sy polhut ge-eueeee totdat Arrie hom ook gaan groet het. Daardie aand was die hele Weetals land in rep en roer orals het ligbrekers gevlieg en helder lig laat skyn. Misverstand blomme het op vierpote gelê vir elke “groot” Loerhier om die sap uit te suig, want dit maak enige Loerhier vrolik. Na te veel van die blomme ʼn loerhier slinger, slinger huistoe. Loerhiers het voor die paleis gedans en gejubbel, daar was vierpote vol van die heerlikste eetgoed, vir almal om van te eet. Vars gebakte kwaaiwortel en bessiebrood, maankelksap, gebakte bessieterte, onderstebo motte en ʼn rits ander lekker goed.

Koning Leor het die skare Loerhiers later stilgemaak sodat hy vir Arrie tot held kon verklaar.

Die stilte het gedaal en al die loerhiers het geluister hoe koning Leor vir Arrie bedank en hom tot sy held en die hele Weetals land se held verklaar.

Hiep-hiep Hoera! Hiep-hiep Hoera!

Daar was ʼn swiesh en swoosh en die wind van groot vlerke. Hoog bo almal het die Draakoging verskyn. Niemand het haar al ooit gesien nie. Sy het in die ligbrekers se lig geblik met fyn skubbe op haar lyf. Sy het breed geglimlag en gesê:”Arrie ek het geweet jy kan die koning red.”

Maar dit is ʼn storie vir ʼn ander dag…