DIE NAGMAAL – Chantal Pretorius

Die NAGMAAL – 2016 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (2 320 WOORDE)

 

Dis Nagmaal tyd. Maar Maryke het nog nie opgedaag nie. As dit nie werk is wat haar ophou nie, is dit mans by die nagklubs. Verdomde groenoog rooikop wat kollegas bo ons verkies. Watter soort stiefma doen dit in elk geval? Dis ʼn skande om so deur my hoërskool loopbaan te gaan. Het sy nie ʼn gewete nie? wonder Kristie en klap vies haar tong.

Krisite Ellis sit vies die HB-potlood op die A4-vel papier neer. Sy kan nie verstaan waarom haar vermoëns nie wil saamwerk vanaand nie. Dis tog Nuwe Jaar! Miskien verlang sy na haar kat, Bruno. Hy is al weer op sy middernag jagtogte. In die verte kan sy ʼn katgeveg hoor ophou. Dan kom die skielike stilte, soos ʼn miswolk op haar afsak. Sy haal in en uit asem en haar wasem is wit. Want iets voel nie pluis nie.

Sy lig haar kop verskrik op. Haar slaapkamer se koplig flikker aan en af. Sy hoor die sag gefluister van ʼn onbekende stem met haar kommunikeer. Dan verdwyn die grafstil gefluister weer en sy ontspan. Wat de hel het nounet gebeur? wonder Kristie en sug verlig.

Nie lank nie, word die stilte versteur deur lawaierige rooi-blou ligte. Dis tog nie vuurwerke nie. En Kristie hoor die oupaklok in die leefarea twaalfuur slaan. Na sekondes stop die klok, maar die rooi-blou draaiende ligte smokkel met haar kop. Dan rek haar oë groot. Ingedagte skud sy kop en besef wat die lawaai regtig is.

 “Dis ʼn polisievoertuig wat voor die hek is!” gil Kristie en verlaat die slaapkamer. Sy bestorm die houtvoordeur. Loer deur die loergaatjie. Sien die ouerige polisieman in donkerblou uniform uitklim. Hard slaan hy die polisiemotordeur weer toe.

Dan ruk Kristie die voordeur angstig oop. Trippel onrustig van die rooiwyn trappe af. Haar gedagtes dans van bekommernis. Dadelik wonder sy wat gebeur het.

“Wat is dit Kristie!” skree Brian agterna. “Dis seker net oor die harde musiek, sus!” bevestig hy en sug.

Maar Kristie stop in haar spore. Sy gluur na die kort, oorgewig man. Daar is moë swartsakke onder sy oë. Hy frons, bewys sy hardwerkende plooie.

Vir nou ignoreer Kristie haar broer. Sy’t genoeg probleme om self uit te sorteer. Hulle pa is jare gelede oorlede in ʼn fratsongeluk. Vlugtig sak sy haar ken. Miskien is Brian reg, miskien nie. “Ja, seker maar oor die musiek,” brom Kristie.

Die polisieman loop tot by die swarthek. Hy maak keel skoon. “Is hier ʼn gesin Ellis wat hier woon,” kom dit ongemaklik uit.

Kristie knik net. “Ja, kan ek help met iets?” sêvra sy en inasem die vars buitelug.

Hy knik. “Waar’s die baas…”

Vlugtig draai Kristie om. Sy verwys na die dubbelverdiepingshuis. “Moet ek hom vir jou gaan roep?” vra sy.

Die polisieman stotter eers. “Asseblief meisie,” antwoord hy terug. “Dis dringend… Ek het ander aandsake wat ook aandag moet kry.”

Vinnig hardloop Kristie die huis binne. Uitasem, roep sy na Brian. “Waar is jy, Brian!” klink sy ongeduldig.

Nie lank nie, daag Brian in die ontspanningssitkamer op. Hy haal ʼn donkerbruin sakkie uit sy hempsak. Kyk na die sakkie en gooi dit op die koffietafel neer. Hy begin te lag oor die polisieman wat op Kristie se senuwees werk.

“Hemel aarde, Kristie. Wat is dit met jou?” vra Brian glimlaggend. “Dis nie asof die polisieman eintlik lus is om sy werk te doen nie. Wees net kalm. Ek sal die situasie vinnig afhandel, okei.”

Kristie druk haar hande in haar denimbroeksakke in. “Dis ernstig! Gaan hoor wat die polisieman wil hê!”

Ai tog, broers, dink Kristie en skud ingedagte haar kop. Sy’s nie lus vir die polisieman hier nie. Dis tyd vir ontspanning en om die Nuwe Jaar te verwelkom met vuurwerke. En binne minute hoor sy die eerste vuurwerk skiet in die ruimte. Dan volg die res van die vuurwerke.

Brian sug hard. Dan sluimer hy af die trappe. Hy loop versigtig op die leiklipvloer. Binne sekondes bereik hy die rooi-blou draaiende polisieligte.

“Wat is… um… die probleem, kaptein,” klink Brian hoenderkop.

Weer maak die polisieman keel skoon. “Dis oor Maryke, jong…”

Brian leun teen die eikeboom. “Hoe weet jy wie Maryke is?”

Die polisieman haal sy polisiehoed af. “Glo my… sy is dood… motorongeluk.”

Brian se glimlag vervaag. “Maryke, nee! Ek glo jou nie! Jy’s van jou lotjie getik! Sy het netnou gebel; glo op pad huistoe.”

“Sy is dood…” bevestig die polisieman. “Dronkbestuurder se skuld,” voeg hy nadenkend by.

“Ek glo jou nog steeds nie!” Brian kners woedend op sy tande. Maryke lewe nog. Sy is nie dood nie. “Ek glo jou nie!” gil hy verloënd uit. Gee nie om wie hom kan hoor nie. “Jy het geen bewyse nie, polisieman!”

Die polisieman frons. “Kom ek wys jou,” sê hy eindelik. Hy haal vinnig sy slimfoon uit sy hempsak en stap na die hek toe. “Kyk gerus na die foto’s.”

Brian leun effens vorentoe. Gryp die foon angstig uit sy hand. Skielik rek sy ligbruin oë geskok. Maryke is in die afgeneemde foto’s. Hy huiwer. “Waar het jy dit afgeneem?” wil hy dadelik weet.

Die polisieman sluk swaar. “By die ongelukstoneel in Mooi Straat,” is al wat die man sê.

Brian sluk swaar. Hy is te onnugter om reguit te praat. “Dis Maryke se Toyota,” erken hy en sak hartseer sy ken. “Ek herken die nommerplaat op die stamper…”

Stilte.

Haastig breek die polisieman die stilswye. “Sy’s opslag dood,” mompel die polisieman. Dan stel hy homself bekend. “Ek is Josef Malherbe. Jy is Ellis?” vra Josef.

Brian skud sy kop. Steeds dronkgeslaan oor Maryke se ongeluk. Sy is so skielik weggegryp van die lewe, op nuwejaarsaand. My stiefma is dood, besef hy onsteld.

Brian vererg hom vir die polisieman. Gooi sy slimfoon stukkend op die leiklipvloer. Dan hoor hy voetstappe aangeloop kom. Hy swaai vinnig om. Kristie, sy blouoog suster staan doodstil met arms gevou. Hy dwing homself om na Kristie te kyk. Haar oë skiet vol trane; bene jellierig, gedagtes tienerdronk. Sy kan nie meer regop staan nie. Al probeer sy kalm te bly, wil niks werk nie. 

“Maryke is dood!” sê Kristie aanhoudend. “Hoekom Maryke! Sy sou nie eers ʼn vlieg seermaak nie!” Geskok leun sy teen die eikeboom, langs Brian.

Brian kyk skuldig weg. Dit voel alles soos sy skuld. Dan buk hy af; tel stukke selfoon op. “Ek vra om verskoning, Josef,” brom Brian. “Hier’s jou stukkende selfoon.”

Maar Josef loop ongeërg polisievoertuig toe. “Los dit… Ek het ʼn spaar Nokia by die huis.” Sugtend klim Josef in die polisievoertuig. In die agtergrond skree sy motorradio. Hy ignoreer dit.

“Dankie vir die inligting oor Maryke, Josef!” sê Brian. “My ma, kom nie meer huistoe nie…” Maar Josef hoor hom nie. Of Josef hou homself net hardhorend, dink Brian.

Toe gluur Josef in sy truspieëljie. Die teerpad is skoon van voertuie. Hy kry die wiele op die teerpad, versigtig. En hy stop by die rooilig. Die strate is miskien stil. Maar die sterrehemel is lawaaierig van vuurwerke. Dan krippel-kruipstap Brian na huilende Kristie toe.

Sy snik en snuif sag. “Hoekom Brian? Hoekom het Maryke so grusaam gesterf?”

Brian frons. Hy dink weereens aan die pakkie. “Ek weet Maryke het gesterf… Dis moeilik om te verstaan…” Sy woorde droog op. Hy weet self nie. “Sy’t doodverongeluk.”

“Dis nie wat Josef uitgeblaker het nie. Sy’t dood verbrand… in die Toyota!”

Brian sug hulpeloos. Hy sit simpatiek sy hand op Kristie se linkerskouer. “Hy’t nie dit gesê nie, Kristie. Josef het net Maryke se dood onthul. Dis maar al.” Gaan hy die waarheid met haar deel.

Kristie snik harder. “Nee, Hoekom nou?” klink sy hartseer, dan raak sy stil. Vreesbevange lig Kristie haar kop op. Sy kyk vlugtig rond. Inasem die interessante reuke en geure van braaivuurrook.

Maar iets pla Kristie omtrent Brian se pakkie. Wat steek Brian vir haar weg?

“Wat makeer Kristie? Wat sien jy so?” vra Brian fronsend. Hy vryf gespanne oor sy nek. Dan gaan sit hy plat op die grasperk, langs die leiklipvloer.

Kristie antwoord nie terug nie.

Sy luister na die gefluisterde stem. “Kristie… Kristie… Kristie.” Dis sag, maar klink dood. Haar oë rek vreesbevange groot. Sy gewaar die dansende warrelwindvuur van die verskynende gees. “Kristie… Kristie… Kristie,” sê die stem weer. Nou is die woorde hoorbaar en die gees reik sy vuurhand uit. Vlugtig maak Kristie haar oë toe. Sluk vinnig bitter spoeg af. Alles raak weer stil.

“Luister jy na my Kristie?” gaan Brian voort. “Maryke is oorlede, dit was ʼn ongeluk gewees,” bevestig hy.

Toe Kristie haar oë blitsig oopmaak. Is die vreemde spookstem en gees weg. Kristie draai skuins na Brian. “Moenie so negatief wees nie, Brian.” Sy uitlatings is sommer net onaanvaarbaar en bog. Sy’t klaar met my gekommunikeer, dink sy alleen.

Hoe meer Brian na Kristie kyk, hoe vinniger kloppyn sy hart. Maryke se dood is tragies. So onverwags en onbeplan gewees, maar dit moes gebeur het. “Kom Kristie,” klink Brian simpatiek. “Kom ons gaan huistoe. Môre sal alles beter lyk, dit belowe ek jou.”

Treurig staan hulle op van die grasperk. Hulle stap terug voorstoep toe.

Kristie se gedagtegang bly besig. Sy wonder oor haar vermoëns nou. “Wat is in die pakkie?” vra sy agterdogtig. “Jy steek iets weg, Brian.”

Maar Brian stop by die houtvoordeur. Sy wange verkleur skuldig. Hy loer deur die glefie. “Wag net ʼn bietjie, okei,” sê hy. Hy stap binne-in en gaan haal die pakkie. Kristie se nuuskierigheid gaan nog eendag sy lewe kos.

Naderhand bring Brian die pakkie. Hy maak die sakkie oop en haar oë rek. Hy’t Maryke se dood veroorsaak. Kan sy hom kwalik neem? Hy’t nog altyd sy stiefma as ʼn monster aangesien. Gelukkig het sy nie geweet van hul towerkunste nie. Net hul biologiese pa het, natuurlik. Want hulle deel dieselfde vermoëns. Dankie tog daarvoor!

Kristie sug en tuur geskok na die muti. Die muti is fyngemaakte dierbene, roosmaryn, vlermuis vlerke en ligrooi krulhare van Maryke. Haar oë vernou. Sy wonder hoe Brian die heksspel gedoen het. Dis altyd die interessantste deel van muti maak. Dis nie sommer enige broumengsel soos in die ou dae nie. En bose mense word gebruik vir die eksperimente. Maryke was nie die eerste een nie.

Hul pa, Johan was die eerste eksperiment gewees. Hy wou mos trou met Maryke! So kry elke hond sy dag en elke brak sy doodsnaweek. Maar Johan bly hul flees en bloed. Hoekom hom vermoor, asgevolg van Maryke? Want Brian se verstand het in grampskap verander. Toe kom die muti gedagtes weer by hom op.

Terwyl Kristie die voordeur oopstoot, skiet trane in sy oë. Hy kan haar nie keer nie. Sy gloei rooi van woede, en vies loop sy in die gang af. Stop voor Maryke se staalhoutdeur. Vanself kraak die deur oop. Kristie loer binne-in die slaapkamer. Sy inasem die wierookgeure en blaas ou suurstof uit na die binne lug. In die donkerhoek, gloei silwerwit doodsoë na haar. Dis Maryke wat netnou met haar gekommunikeer het.

Daar’s niemand onder die skoon, roomwit beddegoed nie. Net yskoue temperature wat die  dubbelverdiepingshuis toevou met leuens, muti en Maryke. Wat wil die gedaante van haar hê? Dis nie sy wat haar dood veroorsaak het nie, maar Brian. As hy net die muti wil los. Maar nee, nou sukkel sy om ontslae te raak van Maryke.

 “Ek gaan ruskamer toe,” sê Brian moeg en bly glimlag. “Ons sal netnou weer gesels oor…”

Vlugtig draai Kristie skuins. Brian se potblou oë sak skuldig. “Ja, oor ma, ag askies, stiefma,” sê Kristie kortaf, lui.

“Probeer te slaap, Kristie. Ons het nie meer ouers wat ons kan hok met reëls en regulasies nie,” voeg Brian by.

“Jy ook.” Brian was nog altyd ʼn lafaard gewees. Hy verdien sy nagrus, besef Kristie, maar genoeg is genoeg. Iets moet gedoen word omtrent sy muti nonsense. Hy is besig om ons planne in die wiele te ry.

Brian knik. Hy sluip saggies ruskamer toe. Stoksielalleen. Jy hoor net sy sagte voetstappe in die ruskamer, dan weer stilte. Hy het sy slaapplek vir die aand gekry. Die pikswart leerbank nog so ewe. Dis waar sy die daad stilweg kan doen.

Kristie dink: Nuwe Jaar sal nooit weer dieselfde wees nie. Nooit nie. Sy sug en stap slaapkamer toe. Hoe op aarde gaan ek ʼn oog toemaak vanaand? wonder sy omgekrap. Sy’t haar vermoëns ontdek! Eindelik is sy meer as net ʼn blouoog, blodekop wat op hoërskool is.

Daar in haar slaapkamer, op die lessenaar lê die A4-vel en dis ingekleur. Die papier het ʼn tekening in wit en swart op. Maryke is in die motorongeluk, oë gloei en vlamme is om haar. Haar liggaam het in as verander, net haar siel het oorgebly. Gewoonlik veroorsaak die muti sulke effekte op ʼn mens. Dit maak jou slaperig, lighooftig en eindelik selfdood.

Skielik kom Bruno in die kamer ingestap. Spring op die bed om te slaap. Sy kyk na die kat, glimlag liefies vir Bruno. Gelukkig het sy nog haar kat. Sy’t niks meer nodig nie. Net geleerdheid om een dag daaroor te kan spog, soos ander op hul gesigblaaie.

Kristie sug mismoedig. Sy neem ʼn nuwe papier en fokus op een spesifieke beeld. Die potlood lig vanself van die lessenaar op en begin te teken. Toe sy die potlood hoor val, gluur sy na die nuwe getekende papier.

Brian is daarop. Skielik skrik Kristie en hardloof af in die gang. Sy ruk Brian se kamerdeur oop. Daar lê Brian versmoor en lewensloos op die vuilbruin mat. Dis wat sy so killend ingedagte gehad het. En dis net sy verdiende loon.

Vlugtig stap Kristie weer slaapkamer toe. Sy stoot die deur effens toe. Sou nou en dan kraak-kreun die deur, maar nie deur Maryke nie. Sy is tevrede oor Kristie se wraakneem vermoëns. Dan eet sy haar Nagmaal uit ʼn louwarm plastiekbordjie. Stoksielalleen. Want sy’t nie meer vir Brian nie. Want sy reëls en regulasies tel nie meer nie. Net hare tel nou, tot die dood toe.