Die nuwe BloU Planeet – 2016 © Chantal Pretorius
VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (2 114 WOORDE)
Jan glo in sy werk as sterrekundige. Maar vanaand hoop hy vir die beste. As die buitenste ruimte net wil saamwerk, sal hy iets anders raaksien. Maar alles is tog moontlik met ʼn teleskoop. Hy kry sy teleskoop reg in die buitekamer. Maak die ronde glasvenster oop en kyk na buite. Die halfmaan is uit vanaand.
As sterrekundige gaan dit nie altyd maklik nie. Jan sien nie altyd die sterre wat hy moet nie, en dit maak hom mismoedig. Maar andertye gaan dit beter.
Sy seun, Brian Pieterse, kom die kamer binne gestap. En sy ysblou oë blink opgewonde.
Brian loop na die houttafel toe en bekyk die wêreldkaart. Dan lig Brian sy kop op en glimlag geheimsinnig vir Jan. Maar Jan is alreeds besig om die sterre te bewonder.
Brian vou vinnig die wêreldkaart op en druk dit gou in sy hempsak. Dan loop Brian na Jan toe en vou geduldig sy arms. Brian staan nou langs Jan, maar hy is steeds besig met die teleskoop.
So nou en dan gee Jan ʼn glimlag. En nou kan Brian nie meer sy nuuskierigheid vir homself hou nie. Hy wil weet wat Jan so geïntriseerd vind. “Wat sien pa in die ruimte nou?” vra Brian nuuskierig.
Jan beweeg effens weg van die teleskoop af. Hy kan self nie glo wat hy gesien het nie. “Nog net weer ʼn komeet, seun,” antwoord Jan teleurgesteld terug. “Ek het so gehoop dis iets anders behalwe net nog ʼn ster.”
Daar is ʼn kort stilte.
Brian vra of hy deur die teleskoop mag kyk. Gelukkig is Jan in ʼn vriendelike bui vanaand. Gou beweeg Brian na die teleskoop en hy sien die vonkelende ster raak. Nie lank nie sug Brian en stel die teleskoop.
Dan sug Brian. “Lyk vir my of dit dalk Sirius kan wees.”
“Jy bedoel die honde ster.”
Brian en Jan lyk albei ongelukkig. Vir maande lank bestudeer hulle die buitenste ruimte. Net soms was dit ʼn mislukkig gewees.
“Laat ek gou weer sien pa,” vra Brian ferm.
“Goed dan,” mompel Jan ongeduldig. “Miskien kan jy beter sien as ek.” Jan skuif sy brilletjies reg op sy neusbrug en kyk vir Brian.
Brian kyk weer deur die teleskoop. Hy verstel die teleskoop op en af, tot dat hy die ster beter kan bekyk. Nou glimlag Brian toe hy die ster beter kan sien. Hy kon duidelik iets vreemds opmerk. Die ster is meer blou as wit.
“Ek dink nie dit is ʼn ster nie pa,” sê Brian kalm.
Jan lig skepties sy wenkbroue op. Hy is nie so seker daarvan nie. Brian kan dalk verkeerd wees. En vlugtig gaan stel Jan self ondersoek in. Nou stel Jan die teleskoop en hy loer deur die lens.
Sowaar as wragtig! Brian was reg. Dit is toe nie ʼn ster nie, maar ʼn planeet. Die planeet is net kleiner as die aarde.
“Die planeet is naby die aarde,” bevestig Jan bly. “Ek is so opgewonde oor ons ontdekking.”
Brian frons bekommerd. Hy wil weer na die planeet kyk, maar bedink dit eers.
“Ek wonder hoeveel ligjare is daai planeet van die aarde af?” vra Brian eindelik.
Jan sug onseker. “Wel, miskien baie jare.”
“Sjoe, maar dit is warm in die kamer,” sê Brian en vee sweet weg.
Brian trek sy leerbaadjie uit. Hy gooi die baadjie oor die stoel. Hy kyk Jan ondersoekend aan. Sy pa lyk opgewonde oor die planeet, maar hy nog ʼn bietjie skepties oor die ontdekking.
“Ja, ek stem saam seun,” bevestig Jan. “Kom ons gaan buitekant toe.”
En buite is daar ʼn koue windjie wat waai. Daar is meer sterre, maar die ruimte lyk ekstra donker vanaand.
By die braaivure sit Brian en Jan en kuier. Hulle gesels oor die planeet en drink drankies klaar.
En nou kry Brian sommer dir rillings van angs. Maar Jan se oë rek groot toe hy na Brian kyk. “Waar is daai wêreldkaart?” vra Jan haastig en Brian haal dit uit sy hempsak. Hy oorhandig dit aan Jan.
Brian frons diep. “Wat wil pa nou kyk?” vra Brian, maar hy kry geen antwoord terug nie. Hy staan op van die stoel en skink nog ʼn drankie. Die vure skitter die donkerte op. Maar die rookreuke ruik lekker.
Ek wens Jan wil net vertel wat aangaan, dink Brian. Ek het die reg om seker te weet?
ʼn Halfuur later, is Brian en Jan weer in die buitekamer. Hulle ondersoek die wêreldkaart. Brian hou van Jan se slim idees.
“Dink jy Suid-Afrika weet van die planeet,” vra Jan rustig.
Maar onseker lyk Brian. “Hoe moet ek weet pa?” klink Brian onrustig.
En Jan trek sy skouers hoog op, dan gaan sit hy op die houtstoel. Hy hou sy skootrekenaar dop, maar die internet is stil.
Skielik gryp Jan ʼn pen en notaboek nader. Hy het iets op die kaart raakgesien. Ai tog, wat is dit met die geheime? Jan skryf inligting neer, dan trek hy met die pen van Suid-Afrika na Europa toe.
“Wat doen pa nou,” vra Brian hardop en frons.
Jan grinnik. “Ek probeer vas te stel of ander lande ook die planeet kan sien,” antwoord Jan gou terug.
Brian knik effens. “Die planeet is in die ruimte. Hulle sal beslis daarvan uitvind.”
Vlugtig sug Jan. “Wel, almal sal die geleentheid darem hê,” sê Jan. “Ons ontdekking gaan nie net ons geheim bly nie, ongelukkig.”
Brian loer na die gemerkte lande, dan na Jan. En sy skouers val swaar.
“Wat is volgende?” vra Brian nuuskierig.
Jan diep frons. “Wat bedoel jy nou, Brian?”
“Ek dink die kaart is verkeerd gemerk,” erken Brian.
Gou knik Jan. Hy kyk weer na die kaart. Dan rommel hy die kaart sommer vies op en gooi dit in die asblik. En Brian se oë rek groot in verbasing. Vinnig grou Jan in die kas vir nog ʼn kaart. Nie lank nie. Trek hy nuwe lyne en glimlag tevrede.
“Nou ja,” grom Jan bly. “Dis hoe reguit penlyne moet lyk.”
“Ag kom nou pa, waarom het jy die lyne getrek?” sêvra Brian en glimlag kil.
Jan beloer Brian deur skrefiesoë. Hy is maar ʼn stil seun. Hy glo in skietende sterre en vallende asteroïedes. Maar Jan is anders…
“Jy weet ek glo wat my bybel sê,” erken Jan.
Brian knik net. Maar Jan staan van die stoel af op. Jan loop na die teleskoop toe en kyk weer deur die lens, maar die planeet lyk groter. Hy sien iets op die planeet geskryf staan. Gou prewel hy die woorde.
Jan kon nie verstaan wat hy gelees het nie. Maar hy het van die hele gedoente gehou.
“Wat is dit pa?” vra Brian hard, ferm. “Deel die inligting met my ook, asseblief.”
Jan se lippe beweeg net om te praat. Toe alles skielik in die kamer stil en koud word. Brian en Jan se asem word wit wasem. Nie een van die twee kan woorde uitkry nie.
Hulle hoor mense om hulle gil. Honde wat aanhou blaf. Dan is alles weer skielik net doodstil.
Al wat Jan doen is, asem die koue lug in en uit sy longe. En hy kan die ys ruik in die lug.
“B… Bri… Brian,” stotter Jan. Hy stap voetjie vir voetjie na Brian toe. Jan lig stadig sy hand op en voel Brian se pols. Maar Jan besef hartseer Brian is dood. Sy silwergeel oë gloei. Asof die yskoue buite lug chemiese stowwe afgeskei het. Vreemd hoe dit sy menslike oë affekteer.
Niks maak vir Jan nou meer sin nie.
Stadig draai Jan om en kyk na buite. Hy sien sy twee honde ook blaf, maar hulle stemme is skril.
Daar hoor Jan skielik dreuning geluide in die lug. En die blou planeet kom al nader aan die aarde. Hy het honderde blink ligte wat skitter en skyn. Stadig beweeg die planeet oor die dorp. Nou hou Jan die vlieënde planeet dop wat van kleur verander.
Hy haal vreesbevange stadig asem. Dis die einde van alle bestaan. Die nuwe planeet is ʼn klug! Dis alles behalwe ʼn planeet, maar ʼn vreemde vlieënde voorwerp wat kan transformeer in enigiets.
Soos die ruimtetuig donkerskaduwees oor die platteland bring. Ontvries Jan en val lam op die teëlvloer neer. Hy kan nie beweeg nie. Naderhand, kan hy sy vingertoppe beweeg. So ook sy nek liggies draai.
Later, ontsnap Jan uit die koue temperature. Hy klou vas aan die staaltafel en lig homself regop. Trane skiet in sy oë. Hy sien Brian steeds leweloos daar lê. Sy oë het vanself vergroot. Iets voel steeds nie pluis nie. Waarom sal ʼn ruimtetuig aarde wil aanval en alles vries?
Skielik raak die honde se geblaf weer angstig hard. Jan systap om die nat tafel en kyk na buite toe. Alles lyk weer normaal. Net groener; natter. Hy glimlag vir die honde. Dankbaar om hulle weer lewendig te sien. Snaaks dat hul stembande so hoorbaar is.
Nou genoeg van die wonder. Blitsig uitstap Jan na buite. Inasem die vars lug en hardloop huistoe. Sy oë rek geskok groot. Binne is alle meubels omgekeur. Alle metaalvoorwerpe sit vas teen die dak. Wat de hel het hier gebeur? wonder Jan en skud ingedagte sy kop.
Nou kan Jan niks verduidelik nie. Hy sal moet uitvind wat die ruimtetuig soek. En dit gaan nie maklik wees nie. Hy’s nie ʼn ruimtewetenskaplike nie. Maar Brian was. Nou is hy dood… vermoor deur die ruimtewesens. Wat ook al hulle is.
Jan sug mismoedig. Hy wil net probeer homself kalmeer. Dan gaan sit hy op die vuilbruin rusbank. Dink mooi, voordat hy besluit wat om volgende te doen. Maar sy donker gedagtes is dolleeg. Maar dan tref die waarheid hom tussen die oë. Die buiteaardse wesens was in die huis gewees. Hy staan op met blink idees in sy kop.
Jan stap op die houttrappe wat kreun-kraak na boontoe. Hy stap binne sy private kantoor in. Dis ook deurmekaar. Bruinlêers lê orals rond. Dokumente, hardebandboeke en wetenskapfiksie boeke ook. Hy lig een wenkbrou omhoog. Miskien was hul opsoek na iets.
“Sekerlik nie my teleskoop nie,” grinnik-lag Jan. “Miskien soek hulle die persone wat op hul gespoeineer het. Om te dink dit was nooit ʼn planeet nie.”
Hy systap om die lessenaar en loop na die kantoortelevisie toe. Skakel dan die televisie aan. Elke kanaal wys net chaos. Mense gil, kinders huil en rapporteerders lyk verward op die kanale. Baie mense se lewens is geneem deur die vreeslike koue. En dis nie grappies nie, maar baie ernstig. Maar op ʼn ander kanaal wys hul die massiewe staaltuig in aksie.
Jan sluk bitter spoeg weg wat kriewel in sy kiewe. Besef almal is getref deur die ‘kamstige’ planeet. Dis oorlog, dink hy stoksielalleen in die omtrek. Blitsig skakel hy weer eens die skerm af. Kners woedend en in pyn op sy tande. Vryf sy maag aanhoudend. Sooibrand het hom getref. Hy verlaat die kantoor. Gaan soek vir ʼn sooibrandpil. In die laaikas is een verlore pil wat daar lê. Hy wurg dit af sy keel.
Iets omtrent die ruimtetuig pla Jan.
Hulle gebruik die winter seisoen vir moordpleeg. Nie die mensdom se styl nie. Maar buiteaardse wesens, beslis. Hy sluk meer bitter spoeg af. Voel die pil afgly en hy vinnig verbeter.
Wat gaan volgende gebeur? Wat soek die wesens hier? Dalk vir minerale? Ontvoering van mense!
Nie lank nie, klim Jan in sy spierwit Toyota Corola in. Jaag af die strate, tot dat hy die tuig gewaar. Dis massief, maar lyk na silwerwit, sagte metaal. Stewig, met fyn uitgewerkte rondings om die kante van die tuig.
Hy sluk en volg die tuig.
Naderhand stop die tuig. Mense hou op verboureerd gil. Hy klim versigtig; stadig uit. Hardloop na die tuig toe. Staan doodstil in sy spore. Honderde mense se oë verander na silwergeel, nes Brian sin.
Jan skrik toe die tuig se metaaldeure oopskuif. ʼn Vreeslike lang, maer figuur gloei uit by die helderwit tuigligte. Dis sowaar ʼn vreemde wese, dink Jan verwonderd. Skielik deins hy agtertoe, toe die wese nadergestap kom. “Jammer oor jou seun, Brian,” klink die wese simpatiek. “Hy was deel van ons spesie gewees. ʼn Kloon van die regte Brian. Maar ek sal jou regte seun veilig terugbesorg,” sê die wese sag, maar eerlik.
Skielik dreun die sypaadtjies. Mense verdwyn mistig weg saam met die tuig. Jan frons bekommerd. So dis wat hulle kom doen het? Hul eie spesie kom terughaal. Hy sien duisende mense van die teerpaaie opstaan. Hulle kyk verskrik rond en lyk verward en verlore. Maar ʼn jongman trek sy aandag. Hy hardloop na hom toe.
“Hallo Brian,” begroet Jan hom. “Bly om jou weer te sien,” voeg hy by, en omhels sy seun. Onseker vertrou Brian die vreemde man. Dis asof hulle net so hoort. Bymekaar.