DIE ZOMBIE SKRYWER – Chantal Pretorius

DIE ZOMBIE SKRYWER – 2015 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (1 135 WOORDE)

 

Dit is ʼn nuwejaar in Suid-Afrika. Maar alles in die land is chaos, asgevolg van die buitewêreld wat nie meer met ons mense wil kommunikeer nie.

Al wat ons Afrikaners nog kan gebruik is die internet vir skindernuus. Dis presies wat Davin Pienaar doen. Hy wag nie vir wonderkwerke om te gebeur nie. Maar is altyd voorbereid om stories te skryf oor sy vaderland; sy volk.

En dit het David ʼn rukkie geneem om aan nuwe planne te dink vir sy skryfloopbaan. Hy sal moet die internet gebruik; alle inligting word daar gesoek. Maar David weet hy doen dit nie vir homself nie.

Hy hoor in die agtergrond insekte wat skree. Hy is braaf genoeg om buitekant te staan op die gras. Hy hou van die aande, dan is dit donker en die maan uit.

David sug verveeld. Hy loop na die hoë bruinheinings toe. Sy potblou oë dwaal oor die zombies wat in sy buurvrou se erf rondloop. Dan na haar vuil woudgroen swembad toe. In die swembad is baie zombies dood en hulle is opgeblaas van al die water. Versigtig kyk hy na die zombies wat opsoek is na kos.

Onverwags word David gebyt op sy hand. Hy gil van die pyn en hou sy gewonde hand vas. Gou hardloop hy in die huis en sluit elke venster en deur toe.

Hy val op die mat en kners op sy tande. Die bloed vloei deur sy are en dit word pynliker vir hom. Hy rol heen en weer op die mat om die bloedvloei te keer. Na minute lê David doodstil en gee moed op. Hy staan maar op van die mat en gaan badkamer toe. Daar draai hy verbande om sy wond.

“Verdomde zombie!” skree David. “Ek gaan julle almal nog doodmaak!” Hy verlaat die badkamer en stap na sy kantoor toe. Daar wag sy skootrekenaar vir hom en hy gaan sit op die houtstoel.

David tik met een hand op die sleutelbord. Hy lees sy artikel vlugtig deur en e-pos dit weg na die koerant toe. Maar David ontvang nie ʼn e-pos terug nie.

Skielik begin David te transformeer…

David se oë word bloedrooi. Nou probeer David te praat, maar net klanke kom uit sy mond. Hy hoor voetstappe op die trappe nader kom. David draai sy lyf heeltemal om; hy kyk vir sy susters wat in die deur stilstaan.

Martha glimlag flou vir hom. “Kom David… jy is nou deel van ons,” sê Marta lank, maar bly.

“Hallo Martha,” sê David. “Ek is bly om jou te sien.” Hy los vinnig die skootrekenaar.

“Boeta, ek is so bly jy is nou ʼn zombie,” sê Abby en glimlag vroom. “Net soos ek en Martha.”

“Ek ook Abby,” sê David kortaf. En David probeer te glimlag, maar hy kan nie. Gou kyk David na Martha, dan na Abby, en loop stadig na hulle toe. Maar nou lek David oor sy droë lippe, want hy is honger.

“Kom ons gaan buitekant toe,” beveel Martha kalm. “Ek is nou lekker honger.”

David knik. “En ek sal vir ons gaan kos soek,” brom hy.

“Kom ons gaan soek saam vir vleis,” sê Abby opgewonde. “Dan kan ons sommer saam eet ook.”

Martha se skouers val en sy sug. “Ek dink ook so Abby,” sê Martha kort, en sy gluur vir David. “Ons moet net op ons hoede wees vanaand.”

“Ja, Martha,” sê David stadig. “En Abby onthou: Die zombies is bedrywig. So, jy beter ook op jou hoede wees.”

Abby knik effens. “Okei David,” antwoord Abby terug.

Saam gaan hulle buitekant toe en admireer die strate. Nou kan David die geluide van rotte, vlermuise en motte beter hoor. So David, Abby en Martha hoor die toring se oupaklok in die agtergrond twaalfuur slaan.

Hulle verlaat gou die skuifhek en loop in die straat af. David se oë rek groot en hy sien alles is geplinder van winkels tot fabrieke. Hulle loop oorkant die straat; sien die speelparkie raak. Daar is ʼn baie zombies wat in die speelparkie rondbeweeg.

Abby sug hard. “Te benerig vir my om te eet,” sê Abby ongelukkig. “Kom ons gaan soek vir kos op ʼn ander plek.”

“Dit is darem kos,” sê David stadig. “Kom ons gaan haal dit. En onthou Abby: Kos is skaars in die stad, so wees dankbaar.”

Abby knik verleë. Sy sal enige iets doen om te kan eet. Dan streel sy haar maag wat so grom-gril met haar lang, geel, zombie vingers.

Maar Martha stem nie saam nie. “Nee, vergeet dit Abby,” krets Martha. “Ons het alles hier wat ons nodig het.”

David val eerste die zombies aan en eet lekker. Maar Abby hardloop in die parkie na die swings toe. Nou is Martha agter Abby aan. Sy hardloop vinnig sonder om moeg te word.

Ure gaan verby en David is dik geëet. Sy rooi oë dwaal oor die vuil parkie. Hy is opsoek na sy gesin, maar hy sien net ʼn vrou raak.

David loop stadig na haar toe. Die vrou vreet aan ʼn zombie se arm, maar daar is net vel en bene oor van die zombie. Hy ruik in die lug.

Aaa… ek ruik net vleis… vars vleis, dink David kil.

Hy frons nou. “Martha, is dit jy?” vra David. Hy herken die somersrok wat sy aanhet. En skielik draai Martha haar gesig skuins. Elke beweging van haar is stadig, maar ook versigtig. Krakerig.

“Hallo, David,” mompel Martha met ʼn mond vol kos.

Vlugtig kyk David weer rond. Miskien sien hy vir Abby raak, maar sy is nêrens nie. “Martha, waar is Abby?” sê-vra David bekommerd. Ek kan haar nie sien nie.”

Martha stotter eers. “Jammer David,” sug sy. “Maar Abby is opgevreet.” Vinnig kyk David na die blondekopvel wat eenkant lê op die grasperk. Sy rooi oë lyk geskok, maar ernstig. Dan gluur hy weer na Martha.

Al wat Martha doen is glimlag kil vir David. Want wanneer die hongerte begin knaag, dan moet ʼn zombie eet.

“Toemaar Martha,” sê David simpatiek. “Daar is ʼn verduideliking vir jou optrede.”

Martha knik effens.

Nou dink David aan alles. Dit was alles die verdomde zombie se skuld. As dit nie vir die gifstowwe was in sy bloed nie, sou hy vandag nog normaal gewees het. Dan kon hy in vrede in sy kantoor gestap het; sy skryfwerk met trots gedoen het. Maar, nou-ja, dis wat gebeur as jy ʼn vryskudskrywer is van Suid-Afrika!

Hy wou mos ʼn internet-virus ontwerp het. Net omdat hy wou skryf: oor koerantberigte.

Ek wou maar net bekend word, dink David. Maar Abby is nou in Martha se maag. Hoe gaan ek met myself kan saamleef?

Gou staan Martha van die gras af op. Sy druk haar dooie, koue, hand in David sin. Hulle hoor nie voëls kwetter of sing nie. Net zombies wat die nuwe oggendson verwelkom met zombiegille.