HULLE IS VAN VLEES GEMAAK – Johan V. van Wyk

Terry Bisson – They’re Made Out of Meat (1991)

HULLE IS VAN VLEES GEMAAK
vetaal deur J.V. Van Wyk

“Hulle is van vlees gemaak.”

“Vlees?”

“Vlees. Hulle is van vleis gemaak.”

“Vleis?”

“Daar is geen twyfel nie. Ons het van hulle op verskillende gedeeltes van die planeet opgetel en deeglik ondersoek. Hulle is heeltemal vlees.”

“Dit is onmoontlik. Wat van die radioseine? Die boodskappe na die sterre?”

“Hulle gebruik radiogolwe om te kommunikeer, maar die seine kom nie vanuit hulle nie. Die seine kom van masjiene af.”

“So wie het hierdie masjiene gemaak? Dít is met wie ons moet kontak maak.”

“Hulle het die masjiene gemaak. Dit is wat ek vir jou probeer vertel. Vlees het die masjiene gemaak.”

“Dit is waansinnig. Hoe kan vlees ’n masjien maak? Jy vra my nou om in vlees te glo wat kan waarneem.”

“Ek vra jou nie, ek vertel jou. Hierdie wesens is die enigste intelligente ras in daardie sektor wat van vleis gemaak is.”

“Miskien is hulle soos die Orfolei. Jy weet, koolstofbasis wesens wat deur ’n vlees-stadium beweeg.”

“Nee. Hulle word in vlees gebore en hulle gaan as vlees dood. Ons het hulle oor ʼn aantal van hul lewens-tydperke bestudeer, wat nie lank geneem het nie. – het jy enige idee wat die lewensduur van vleis is?”

“Spaar my dit, asseblief. Miskien is hulle net gedeeltelik vlees. Jy weet, soos die Weddilei. – ʼn vleeslike kop met ʼn elektron plasma brein binne-in.

“Nee. Aangesien hulle vleeslike hoofde het soos die Weddilei, het ons alreeds daaraan gedink. Soos ek jou vertel het, ons het hulle deeglik ondersoek. Hierdie wesens is totaal en al van vlees gemaak.”

“Geen brein?”

“O, daar is beslis ʼn brein. Maar die brein is ook van vlees! Dit is wat ek jou nog die hele tyd probeer sê.”

“So… wat doen die dinkwerk?”

“Dit lyk my jy verstaan nog steeds nie. Jy weier om te begryp wat ek vir jou probeer verduidelik. Die brein doen die dinkwerk. Die vleis.”

“Intelligente vlees! Jy vra my om in intelligente vlees te glo!”

“Ja, dinkende vlees! Vleis met ʼn bewussyn, vleis wat kan liefhê, vleis wat kan droom! Hierdie vlees besit al hierdie eienskappe. Begin jy al die stukke bymekaarsit of moet ek van vooraf begin?”

“O, genugtig. Jy is ernstig. Hulle is werklik van vlees gemaak.”

“Dankie. Uiteindelik. Ja, hulle is inderdaad van vlees gemaak, en hulle probeer al vir amper ʼn honderd van hulle jare om met ons kontak te maak.”

“Sjoe. So wat het hierdie vlees ingedagte?”

“Eerstens, dit wil met ons kommunikeer. Dan vermoed ek dat hulle die heelal wil verken, ander wesens kontak en idees uitruil. Soos gewoonlik.”

“So, ons is veronderstel om met hierdie vlees te praat.”

“Dit is die idee. Dit is die boodskap wat hulle op die radio stuur. ‘Hallo. Enige iemand daarbuite? Enige Iemand tuis’ Daardie soort van ding.”

“So, hulle kan praat. Hulle gebruik woorde, idees, konsepte?”

“O, ja. Behalwe dat hulle dit met hul vlees doen.”

“Maar jy het my nou net vertel dat hulle radio gebruik het.”

“Hulle doen, maar wat dink jy is op die radio? Vleeslike klanke. Jy weet mos wanneer jy vleis flap en slaan, dan maak dit ʼn klank? Hulle kommunikeer deur hulle vleis na mekaar toe te flap. Hulle kan selfs sing – hulle forseer lug deur klein openinge van die vlees.”

“Wat vertel jy my nou? Singende vleis. Dit is net te veel. So wat stel jy voor?”

“Offisieel of nie-offisieel?”

“Beide.”

“Offisieel, is ons veronderstel om kontak te maak. Hulle te verwelkom en aan te teken as lewende wesens in hierdie kwadrant van die heelal, sonder partydigheid, vrees of gunste. Nie-offisieel, raai ek aan dat ons die rekords vernietig en van die hele affêre vergeet.”

“Ek het gehoop dat jy so iets noem.”

“Dit kom dalk wreed voor, maar daar is ʼn lyn. Wil ons regtig met vlees kontak maak?”

“Ek stem een-honderd persent saam. Wat moet ons sê? ‘Hallo, vlees. Hoe gaan dit?’ Maar kan dit werk, van hoeveel planete praat ons hier?”

“Net een. Hulle kan na ander planete reis in spesiale vleis-houers, maar hulle kan nie daarin woon nie. Ook, omdat hulle vlees is, kan hulle net deur C-ruimte beweeg. Dit beperk hulle tot die spoed van lig en sodoende maak die moontlikheid van kontak van hulle kant af, feitlik onmoontlik.”

“Ons gee dan net voor dat daar niemand anders in die heelal is nie?”

“Presies.”

“Baie wreed. Maar soos jy reeds genoem het, wie wil nou eintlik vlees ontmoet? Wat van die wat reeds op ons skepe was, die wat julle toetse op gedoen het? Is jy seker hulle sal nie onthou nie?”

“As hulle onthou, sal die ander vleeslike wesens hulle as waansinnig beskou. Ons het in hulle koppe ingegaan en die vleis weer glad gestryk. So dit voel vir hulle soos ʼn droom.

“Vleis wat van ons droom. As hulle maar net geweet het.”

“Ons het hulle sektor as ‘leweloos’ gemerk.”

“Goed so. Ek stem saam, offisieel en nie-offisieel. Die saak is afgehandel. Enige iets anders? Nog iets interessant daardie kant van die Melkweg?”

“Ja, ʼn effense skaam, maar goedhartige waterstof-kern-klos intelligensie in ʼn klas nege ster in sone G445. Ons het laaste kontak gemaak twee galaktiese omwentelings terug. Ek glo hy sal weer vriendelik wees.”

“Hulle is gewoonlik.”

“En hoekom nie? Dink net hoe ondraaglik, hoe onuitspreeklik koud die heelal sou gewees het as ons alleen was… ”

1 thought on “HULLE IS VAN VLEES GEMAAK – Johan V. van Wyk

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui