Visuele WF

Laas bygewerk: 12 Januarie 2017

Rolprente en ander vorme van wetenskapfiksie is vir baie (veral dié wat nie hou van lees nie) al WF waaraan hulle blootgestel word. Dit is ook uiters populêr en ons lewe sou saai wees sonder om die ryk en aangrypende wêreld wat visuele WF bied. ‘n Goeie WF rolprent is iets wat jou vir dae daarna nog sal laat dink en daaroor gesels.

Hoewel ons probeer om objektief te wees, sal almal nie noodwendig dieselfde mening daaroor hê nie. Indien jy voel dat die telling nie na behore gedoen is nie, kontak ons asseblief sodat ons jou siening ook in ag kan neem.

[spacer height=”20px”]

Passengers (2016)

‘n Werklik interessante en boeiende perspektief op aspekte soos die doel van die lewe, misdaad en geluk. Nie die gewone oordosis aksie of geweld nie. Sterk aanbeveel.

[usrlist “WF Bydrae:4.5″ “Wetenskap:4″ “FX:4″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

Star Wars: Rogue One (2016)

‘n Waardige toevoeging tot die Star Wars reeks. Skouspelagtig, soos altyd.

[usrlist “WF Bydrae:4″ “Wetenskap:3.5″ “FX:5″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

Arrival (2016)

‘n Baie interessante fliek wat nuwe idees bekendstel. Min aksie. Hoogs aanbeveel vir ernstige WF-entoesiaste.

[usrlist “WF Bydrae:4.5″ “Wetenskap:4.5″ “FX:3.5″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

Star Trek – Beyond (2016)

Nog ‘n interessante avontuur saam met die Enterprise en sy bemanning – heel vermaaklik.

[usrlist “WF Bydrae:3″ “Wetenskap:3.5″ “FX:4″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

Titan AE (2000)

Verbasend indrukwekkende rolprent vir ‘n werk in animasie. Interessante nuwe moontlikhede kom na vore.

[usrlist “WF Bydrae:3.5″ “Wetenskap:4″ “FX:4.5″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

World War Z (2013)

Hoewel die rolprent baie goeie akteurs en ‘n indrukwekkende begroting gehad het, is die verhaal tipies en is dit al dikwels gebruik.

[usrlist “WF Bydrae:2″ “Wetenskap:4″ “FX:3.5″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

Contagion (2011)

Dis ‘n geslaagde rolprent wat ‘n skokkende en realistiese uitbeelding is van die onvoorbereidheid van die mens om ‘n aansteeklike ramp te kan hanteer.

[usrlist “WF Bydrae:1″ “Wetenskap:4″ “FX:2″ avg=”true” text=”true”]

[spacer height=”20px”]

The 5th Wave (2016)

Hoewel ‘n aantal interessante idees in die fliek aangeraak word, is dit grootliks teleurstellend.

[usrlist “WF Bydrae:3″ “Wetenskap:2″ “FX:1″ avg=”true” text=”true”]