Inleiding Tot Die Wetenskapfiksie Subgenres.

2012 © Thompson Boekdrukkery

 

In hierdie eenheid gaan ons kyk na die uitgebreide lys van subgenres van die wetenskapfiksie. Soos met die geskiedenis en definisie van die wetenskapfiksie (Module 1 / Eenheid 1) sal u as skrywer in hierdie eenheid ook opmerk dat die subgenres van die wetenskapfiksie ook debatteerbaar is.

 

Ons gaan na die volgende subgenres binne die wetenskapfiksie kyk:
·         Aardse Wetenskapfiksie;
·        
Alternatiewe Geskiedenis;
·        
Distopiese Wetenskapfiksie:
·        
Eerste Kontak;
·        
Galaktiese Ryke;
·        
Generasieskip;
·        
Gedagte-oordag;
·        
Glipstroom;
·        
Harde Wetenskapfiksie (HWF);
·        
Humoristiese Wetenskapfiksie (Satire-WF);
·        
Katastrofe;
·        
Kolonisasie;
·        
Kuberpunk;
·        
Kunsmatige Intelligensie (K.I.);
·        
Menslike Ontwikkeling;
·        
Militêre Wetenskapfiksie;
·        
Mitiese Wetenskapfiksie;
·        
Mutante Wetenskapfiksie;
·        
Nabye-toekoms;
·        
Nanotegnologie;
·        
Ontsterflikheid;
·        
Opheffing;
·        
Parallelle Heelal / Alternatiewe Werklikheid;
·        
Robot en Androïde;
·        
Ruimte Sepie;
·        
Ruimte Verkenning;
·        
Sagte Wetenskapfiksie (SWF);
·        
Singulariteit;
·        
Skynwerklikheid;
·        
Sterwende Aarde;
·        
Stoompunk;
·        
Teologiese Wetenskapfiksie;
·        
Terravorming;
·        
Tydreis;
·        
Utopie;
·        
Vreemdeling Wetenskapfiksie (Xeno-WF);
·         Wetenskap Fantasie.

Aardse Wetenskapfiksie:

Die Aardse WF beweging is geïnspireer deur ‘n idee van Julian Todd, en is gestig in 2002 tydens die Clarion werkswinkel wat aangebied was deur onder andere die romanskrywer Geoff Ryman en word ook soms verwys na as Terra Wetenskapfiksie.

Aardse Wetenskapfiksie is dus stories wat afspeel op of naby die Aarde en lei gebrek van die reis tussen die sterre of kontak met vreemdelinge. Dit maak gebruik van oortuigende tegnologiese en wetenskaplike middele, teorieë en voorwerpe soos dit bestaan op die tydvlak (huidiglike kennis) wanneer die storie geskryf is.

Die sentrale idees is:

·         Dat interplanetêre reise, wringaanjaers, wurmkolke en ander vorms van vinniger-as-lig die vervulling van fantasie is eerder as ernstige spekulasie oor ‘n moontlike toekoms;

·         Dat ongegronde spekulasie oor interplanetêre reise kan lei tot ‘n illusie van ‘n heelal met baie bewoonbare planete soos die Aarde wat ook onwaarskynlik is;

·         Dat hierdie droom van oorvloed elders in die sonnestelsel vermorsing hier op Aarde kan aanhits;

·         Dat daar geen bewyse hoegenaamd is van intelligensie elders in die heelal is nie;

·         Dit beteken dat interplanetêre handel (kolonialisme, oorlog, federasies, ens.) dus ook hoogs onwaarskynlik is;

·         Dat kommunikasie met intelligente wesens oor groot afstande baie lank sal neem en dis vir hierdie rede dat dit onaanvaarbaar is;

·         Dat die mees waarskynlikste toekoms een is waarin ons net onsself en hierdie planeet het.

Werke in die Aardse Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

ECHO, Jack McDevitt (2010).

Die eksentrieke Sunset Tuttle het sy lewe lank tevergeefs gesoek na enige vorme en bewyse van die bestaan van buiteaardse lewe.

Dertigjaar na sy dood, word ‘n tablet met kriptiese en onverklaarbare simbole in die besit van die Tuttle se eertydse minnaar gevind en Alex Benedictus, ‘n antieke handelaar, is angstig om die geheim van dietablet te ontrafel.  Dit kan bewys dat Tuttle wel gevind het waarna hy gesoek het.  Om agter die kap van die byl te kom begin Benedictus en sy assistent die saak te ondersoek – één wat hulle paaie met ‘n sluipmoordenaar sal laat kruis wat vasberade is dat die deo nie die geheim aan die lig sal bring nie.

Alternatiewe Geskiedenis:

Alternatiewe geskiedenis is geensins onbekend in die letterkunde nie (waarvan die vroegste voorbeeld hiervan gevind kan word in Boek IX, artikels 17-19, van Titus Livius se Ab Urbe condita, tussen 27 en 25 v.C.) maar het sedert die 1950’s groot aandag begin geniet onder die spekulatiewe wetenskapfiksie. Dit word moontlik gemaak deur tydreise tussen ‘n alternatiewe geskiedenis of die psigiese bewustheid van die bestaan van “ons” heelal met mense van ‘n ander, of ‘n gewone optyd reis (in die verlede) of stilstand (in die toekoms) wat die geskiedenis verdeel in twee of meer tydvlakke.

Tydkruising, tydsplitsing en alternatiewe geskiedenis as afsonderlike temas is nou so verweef dat dit vandag feitlik onmoontlik is om hulle van mekaar te onderskei en te bespreek.

Alternatiewe wetenskapfiksie maak gebruik van werklike geskiedkundige gebeurtenisse in ons eie tyd en stel ‘n wêreld voor wat die vraag vra, “wat as die geskiedenis anders ontwikkel het?

Die meestewerkeinhierdie subgenre is opgeneem in diewerklikehistoriese konteks, met die verskil daarin dat sosiale,politiekeofindustriëleomstandighede verskillend ontwikkel het of teen ‘n aangepaste tempo plaasgevind het.

Werke in die Alternatiewe Geskiedenis sluit die volgende in:

DOOMSDAY BOOK, Connie Willis (1992).

Vir Kivrin is die voorbereiding vir die studie van een van die dodeliksteerasin die mensdom se geskiedenis so eenvoudig soos om ‘n inenting teen die siektes van die veertiende eeu te ontvang en ‘n alibi te kry vir ‘n vrou wat alleen reis. Vir haar instrukteurs in die twintigste eeu, beteken dit deurdagte berekeninge en sorgvuldige monitering van die ontmoetingsplek waar Kivrin opgepik sal word.

Maar ‘n krisis koppel die verlede en die toekomstige tydvlakke met mekaar en Kivrin is gestrand in ‘n verlore era terwyl haar maats desperaat probeer om haar te red.  In ‘n tyd van bygeloof en vrees, bevind Kivrin – skaars mondig – haar as ‘n onwaarskynlike engel van hoop tydens een van die geskiedenis se donkerste tye.

Distopiese Wetenskapfiksie:

Distopiese Wetenskapfiksie is die teenoorgestelde van utopiese wetenskapfiksie en is fiktiewe stories wat ‘n samelewing uitbeeld met uiters haglike omstandighede en negatiewe eienskappe waarin die mense onderdruk en beheer word deur totalitêre owerhede.

Distopiese Wetenskapfiksie probeer dus die mens waarsku teen die moontlike gevolge van sekere optredes en denkrigtings.

Die sentrale idees is:

·         ‘n samelewing waarin geen vryheid meer bestaan nie en wat bestuur word deur ‘n totalitêre regering;
·         ‘n samelewing wat gekontroleer word deur robotte of rekenaars;

·         totale oorheersing en skending van die persoonlike privaatheid deur owerhede en instellings;

·         ‘n samelewing waarin alles en elkeen dieselfde is en waar uitinge van kultuur en emosies streng verbode is;

·         ‘n samelewing waar mense slegs dien as voedsel of as orgaanskenkers; en

·         ‘n wêreld waar die mensdom feitelik uitgesterf het na ‘n kernoorlog, siekte of enige ander ramp.

Werke in die Distopiese Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

BRAVE NEW WORLD, Aldous Huxley (1932).

Brave New World is ‘n donker satiriese visie van ‘n utopiese toekoms waar mense geneties geteel word vir verskillende klasse en die gebruik van die farmaseutiese produk soma is wetlik en word aangemoedig deur die regerende orde om mense te verdoof sodat hulle die regerende groep van tien passief kan dien.

‘n Kragtige werk van spekulatiewe fiksie wat lesers vir geslagte al lank bekoor en vreesbevange laat. Dit bly merkwaardig relevant tot vandag en dien as ‘n waarskuwing vir ons visie van die toekoms, ‘n diepsinnige en bevredigende verhaal.

Eerste Kontak:

Eerste Kontak is vandag ‘n algemene tema in die wetenskapfiksie wat handel oor die eerste ontmoeting of bewuswording tussen mense en vreemdelinge vanuit die buitenste ruim, of, meer in die algemeen, van enige intelligente lewende wese se eerste ontmoeting met ‘n ander een.

Inwoners van die Maan is alreeds beskryf rondom 120-180 n.C. in die stories van Lucian van Samosata en Johannes Kepler in 1634 – en in beide die gevalle is dit geskoei op buiteaardse organismes.

Belangstelling in ruimtewesens het al reeds teen die einde van die 1800’s geweldig toegeneem – omdat daar slegs ‘n paar dele van die Aarde in hierdie tyd nog nie verken was nie.

En soos die eerste kontak as subgenre van die wetenskapfiksie ontwikkel het so is dit ook maklik om ruimtewesens te erken, wat net bietjie meer as ‘n eenvoudige kombinasies van diere en soms plante is met ‘n bykomende vaardigheid soos telepatie. Sommige stories het ook intelligente ruimtewesens verken op grond vaste stowwe, gasse of energie velde.

Werke in die Eerste Kontak sluit die volgende in:

CHILDHOOD’S END, Arthur C. Clarke (1953).

Wanneer die ruimtetuig opdaag en stil in die hemelruim hang, het niemand geweet wat om te verwag nie. Maar, alhoewel die insittendes hulself versteek het van die mens, het hulle gekom om ‘n verdeelde wêreld te verenig en ‘n einde te bring aan armoede en misdaad.

Toe hulle uiteindelik hulself aan die wêreld bekendstel was dit ‘n geweldige skok, maar een wat die mensdom nou kan hanteer, en ‘n era van vrede, voorspoed en eindelose ontspanning het begin.

Maar die kinders van hierdie utopie droom vreemde drome van verre sonne en uitheemse planete, en begin om te verander in iets onverstaanbaar vir hul ouers, en binnekort sal hulle gereed wees om by die Vreemdelinge aan te sluit… en, in ‘n groot en  opwindendemetafisiese klimaks, die aarde agter laat.

Galaktiese Ryke:

Galaktiese Ryke is ‘n redelik algemene tema in die wetenskapfiksie. Baie skrywers het óf gebruik ‘n sterrestelsel met ‘n enkele of verskillende ryke as agtergrond waar daar geskryf word oor die groei of die agteruitgang of konflik van so ‘n ryk of ryke. Die hoofstad van ‘n Galaktiese Ryk is dikwels die kern wêreld. Sommige van hierdie ryke is duidelik gebaseer op die Romeinse Ryk of ander in ons geskiedenis.

Werke in die Galaktiese Ryke sluit die volgende in:

FOUNDATION, Isaac Asimov (1951).

Vir twaalf duisend jaar al regeer die Galaktiese Ryk as die hoogste outoriteit.  Nou is dit besig om te sterf.  Maar slegs Hari Sheldon, skepper van die revolusionêre wetenskap van psigogeskiedenis, kan in die toekoms sien van ‘n donker tyd van onkunde, barbaarsheid, en oorlogvoering wat vir dertig duisendjaar sal duur.  Om kennis te bewaar en om die mensdom te red, versamel Seldon die beste denkers in die Ryk beide wetenskaplikes en geleerdes en bring hulle na ‘n donker planeet op die rand van die Melkweg om te dien as ‘n baken van hoop vir toekomstige geslagte.  Hy noem dit die Stigting.  Maar gou word die jong Stigting oorgelaat aan die genade van korrupte krygshere wat besig is om sterker te word in die nasleep van die vervalle Ryk.

Die mensdom se laaste en beste hoop is om die pynlike keuse in die gesig te staar: aanvaar die barbare en word oorrompel of beveg hulle en word vernietig.

Generasieskip:

‘n Generasieskip is ‘n hipotetiese tipe ruimteskip wat veel stadiger as die spoed van lig reis oor groot afstande tussen die sterre. Aangesien so ‘n skip duisende of tien duisende jare sal neem om selfs ‘n nabygeleë sterrestelsel te bereik, sal die oorspronklike reisigers al lankal gesterf het voordat hulle die eindbestemming bereik het, maar dié se nasate sal dan sodanige reis voort sit.

Daar word geskat dat, ten einde genetiese diversiteit te verseker tydens ‘n eeue-lange reis, enige Generasieskip ten minste 500 bemanningslede moet hê.  Dit kan alhoewel ook gedoen word met ‘n veel kleiner bemanning deur gebruik te maak van saad- en eierbanke vir die lang reis. Daarbenewens, moet die Generasieskip ook byna heeltemal selfonderhoudend wees wat betref voedsel, lug en water vir almalaan boord.  Dit moet ook ‘n buitengewoon betroubare stelselswat nie onklaar sal raak oor lang periodes van tyd nie, of alternatiewelik moet dit herstel kan word deur die skip se bemanning.

Werke in die Generasieskip sluit die volgende in:

HULL ZERO THREE, Greg Bear (2010).

‘n Sterreskip beweeg stadigd eur die niet van die ruimte.  Sy bestemming onbekend. Sy doel ‘n raaisel.

‘n Man word wakkerGeruk uit ‘n droom van ‘n nuwe tuiste – ‘n nuwe planeet, en die vrou wat hy veronderstel was om liefies in sy arms te hou hy bevind homself nat, naak, en vrek van die koue.  Die donker sale is vol monsters, maar om ander oorlewendes wat hy ontmoet te vertrou beloof om dalk die grootste gevaar te wees.

Al wat hy het is vrae – Wie is hy?  Waar gaan hulle heenWat het gebeur met die droom van‘n nuwe leweWat het gebeur met Romp 03?

Al sy vrae sal beantwoord word, as hy net die skip kan oorleef.

Gedagte-oordrag:

In transhumanisme en die wetenskapfiksie is gedagte-oordrag (ook verwys na as gedagte oplaai of aflaai van gedagte, afhangende van ‘n mens se verwysingsraamwerk), totale liggaam nydigheid, of elektroniese transendensie verwys na die hipotetiese oordrag van ‘n mens se verstand na ‘n kunsmatige toestel of voorwerp.

Werke in die Gedagte-oordrag sluit die volgende in:

KILN PEOPLE, David Brin (2002).

In ‘n gevaarlike toekoms waar weggooibare dubbeleliggame elke wettige en onwettige begeertes van hul dekadente meesters na willekeur kan vervul, is die lewe goedkoop.  Niemand weet dit beter as Albert Morris, ‘n parmantige ondersoeker wat moeilikheid ‘n myl ver kan sien, wat sy eie duplikate, meer kere as wat hy kan onthou in dodelike gevaar gestel het.

Maar toe Morris op ‘n sindikaat toesak wat onwettige kopieë van ‘n bekende aktrise maak, ontdek hy geheime wat so plofbaar is dat dit op oorlog sal uitloop op die strate van Dittotown as dit aan die lig sal kom.

Dr. Yosil Maharal, ‘n briljante navorser in kunsmatige intelligensie, het skielik verdwyn, net voor ‘n revolusionêre wetenskaplike deurbraak.  Maharal se dogter, Ritu, is oortuig daarvan dat hy ontvoer is of erger.  Aeneas Polom, ‘n teruggetrokke triljoenêr wat slegs in die openbaar verskyn deur gebruik te maak van sy platinum duplikate, bied Morris onbeperkte hulpbronne aan om Maharal op te spoor voor sy ontdekking in die verkeerde hande val…

Glipstroom:

Glipstroom handel meer en deels oor “hoofstroom” temas, maar bevat ook ‘n aantal spekulatiewe elemente.

Werke in die Glipstroom sluit die volgende in:

THE HANDMAID’S TALE, Margaret Artwood (1985).

In die nabye-toekoms, wie sal in beheer wees van vroue se liggame?

Offredis ‘n Diensmaagd in die Republie kvan Gílead.  Sy mag die huis van die Bevelvoeder en sy vrou net een keer ‘n dag verlaat en dit is slegs om na die voedselmarkte te loop om kos te gaan aankoop deur die gebruik van foto’s in plaas van woorde, want vroue word nie meer toegelaat om te lees nie.  Een keer ‘n maand moet sy op haar rug lê en bid dat die Bevelvoerder haar kan bevrug, want in ‘n tyd van dalende geboortes word Offred en ander slavinne soos sy se waarde slegs bepaal deur hul lewensvatbare eierstokke.

Offred kan onthou van die dae, toe sy liefde gemaak het met haar man Lukas, toe sy nog met haar dogter gespeel het, toe sy werk en geld van haar eie gehad het en selfs toegang gehad het tot kennis. Maar nou is alles verby

Harde Wetenskapfiksie (HWF):

Harde Wetenskapfiksie, of HWF, is ‘nsubgenrevan die wetenskapfiksiewat gekenmerk word deur die werklike kennis van die wetenskap en die akkuraatheid daarvan, en is dieteenoorgestelde vanSagteWetenskapfiksie (SWF).

Vele HWF stories fokus op die natuur – en tegnologiese ontwikkeling, maar ander plaas tegnologie in die agtergrond. Ander meen dat indien die tegnologie nie soveel aandag geniet in ‘n verhaal nie dit ‘n voorbeeld van Sagte Wetenskapfiksie is.

Sommige skrywers werk hard daaraan om tegniese akkuraatheid neer te pen en na te dink oor ‘n gevorderde, byna utopiese samelewing waarin die mensdom byna alle menslike euwels oorbrug het en ‘n ander groep poog weer daarin om die impak van tegnologie op die menslike ras uit te beeld deur die menslike defekte uit te wys en in sommige gevalle dit self te vergroot.

Werke in die Harde Wetenskapfiksie (HWF) sluit die volgende in:

THE TIME SHIPS, Stephen Baxter (1996).

Daar is ’n geheime tydgleuf… en dit lei die hele pad tot aan die einde van die ewigheid. Dié reis het ’n peperduur prys. Dit verander nie net alleen die toekoms nie maar ook die “hede” waarin ons leef.

’n Eeu na die publikasie van H.G. Wells se onsterflike roman The Time Machine keer Stephen Bexter, vandag se mees bekroonde nuwe “harde WF” skrywer en die erkende Clarke, terug na die verre konflik tussen die Eloi en die Morlocks in ’n storie wat meteens ’n opwindende uitbreiding is en tog radikaal afwyk van die oorspronklike wat gebaseer is op die verstommende nuwe kennis van kwantum fisika.

Humoristiese Wetenskapfiksie (Satire-WF):

Ligte of Humoristiese Wetenskapfiksie kan binne enige van die ander subgenres gevind word (met skerp aanmerkings of met ‘n hoofkarakter wat as ‘n grapmaker uitgebeeld word) en word ook soms gekenmerk om die spot te dryf met die wetenskap, politiek of sosiale kommentaar van die dag.

Werke in die Humoristiese Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

THE HITCHHIKER’S GUIDE TO THE GALAXY, Douglas Adams (1979).

Sluit by Douglas Adams se ongelukkige held Arthur Dent aan waar hy deur die sterrestelsel met sy onverskrokke maat Ford Prefect reis, waar hulle in diep gemors beland en in die algemeen skreeusnaakse verwoesting saai. Dent word van die Aarde opgepik oomblikke voordat‘n kosmiese konstruksiespan die planeet vernietig om ‘n snelwegte bou.  Jy sal nooit snaakser wetenskapfiksie lees nie; Adamsis ‘n meester van intelligente satire, doringdraad humor, en komiese dialoog.  Die Ryloper se Gids deur die Sterrestelsel is ryk aan komiese detail en prikkelende situasies en kan verskeie kere gelees word. ‘n Vereiste om te lees deur enige wetenskapfiksie aanhanger.

Katastofe:

Katasrofe is ‘n subgenre van die wetenskapfiksie wat te doen het met die totale uitwissing van ‘n beskawing deur middel van kernoorlog, pes, natuurramp of enige ander vorme.

Post-katestrofiese wetenskapfiksie beskryf ‘n wêreld of samelewing na só ‘n ramp. Dit kan afspeel onmiddellik na die afloop van sodanige ramp, met die fokus op die leiding of die sielkundige impak van die ramp op die oorlewendes, of heelwat later, wat ook dikwels die geval is, waar die oorlewendes alle kennis van die bestaan van ‘n pre-katastrofe samelewing vergeet het. Meeste van die post-katastrofe stories speel in ‘n landbou, nie-tegnologiese toekomstige wêreld af of ‘n wêreld waar slegs verspreide elemente van tegnologie nog oorgebly het.

Daar is ‘n moeilike skeidingslyn tussendie katastrofe wetenskapfiksie en dié van ‘n valseutopieseofdistopiesesamelewings.

 

Werke in die Katestrofiese Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

WHERE LATE THE SWEET BIRDS SANG, Kate Wilhelm (1976).

Toe die eerstewarm briesie van katastrofe gekom het, was die somers gereed…

Hulle het hul groot rykdom gebruik om ‘n vesting te skep in hul pragtige vallei.  Hulle nageslag sal alles nodig hê om voedsel te verbou en om die nodige wetenskaplike navorsing te doen om hulle oorlewingte verseker.

Maar hulle het nie gereken op onvrugbaarheid nie.

Nou word die oorlewing van die laaste groepie van die mensdom bedreig. Die skep van klone blyk om die enigste antwoord te weesMaar hulle antwoord op oorlewing is ‘n bitter pil om te sluk toe hulle skeppings teen hulle meesters in opstand kom – en so word die heel laaste stryd van die wêreld op dieselfde grond geveg…

Kolonisasie:

Kolonisasie is die doelbewuste aksie waar lewensvorms verskuif na ‘n gebied waar hul soort yl bevolk of nog nie verteenwoordig word nie om sodoende ‘n nuwe of die uitbreiding van ‘n nedersetting te bewerkstellig.

Kolonisasie is van toepassing op alle vorms van lewe en in die meeste gevalle verwys dit na insekte, waar kolonisasie verskil van spesie tot spesie en geskied gewoonlik wanneer ‘n nuwe koningin die ou kolonie verlaat of uitgesit word om met haar eie te begin, en die mens.

Menslike kolonisasie moet nie verwar word met kolonialisme of imperialisme nie, omrede kolonisasie ‘n breë kategorie is, wat alle grootskaalse immigrasie van ‘n gevestigde bevolking na ‘n ‘nuwe’ plek en die uitbreiding van hul beskawing in hierdie gebied insluit. Hierdie proses mag of mag nie ‘n inheemse bevolking viktimiseer of onderdruk (afhangende of daar enige inheemse bevolking in die eerste plek is om te benadeel).

Werke in die Kolonisasie sluit die volgende in:

RED MARS, Kim Stanley Robinson (1993).

Vir eons, het sandstorms oor die dorre verlate landskap van die rooi planeet geswiep. Vir eeue, het Mars die mensdom uitgedaag om die vyandige klimaat te kom oorwin. Nou, in die jaar 2026, is ‘n groep van ‘n honderd koloniste op pad om daardie lot te vervul.

John Boone, Maya Toitavna, Frank Chalmers en Arkady Bogdanov lei ‘n missie wie se uiteindelike doel dit is om Mars te Terraformeer. Vir sommige, sal Mars ‘n passie wees wat moed vereis en hulle selfs tot waansin sal dryf; vir ander is dit die geleentheid om die planeet te stroop van sy hulpbronne. En vir die genetiese “alchemiste,” bied Mars die geleentheid om ‘n biomediese wonderwerk te skep, ‘n deurbraak te maak oor wat ons weet van lewe… en die dood.

Die koloniste plaas reuse satelliet spieëls in ‘n wentelbaan om Mars om sonlig te reflekteer na die planeet se oppervlak. Swart stof uitgestrooi oor die pole sal verhit word en sodoende die ys laat smelt. En massiewe tonnels, kilometers diep, sal in Mars se mantel geboor word om luggate vir warm gasse te skep. Teen hierdie agtergrond van epiese omwenteling, twis, liefde en vriendskappe, sal groepe vorm en ook later opbreek – want daar is mense wat sal veg tot die dood toe om te te voorkom dat Mars verander word.

Kuberpoen:

Kuberpoen word geken as ‘n tegnologiese gevorderde wêreld met ‘n lae lewensstandaard (wat vry is van ‘n kapitalistiese gedrewe lewe) en verkry sy naam deur die kombinasie van Kubernetika en poena.

Dit bevat ‘n gevorderde tegnologie soos rekenaarsof inligtingtegnologie tesamemet ‘n matevan verval indiesosiale orde.Klassieke kuperpoen karakters word gewoonlik uitgebeeld as verworpe en vervreemdealleenloperswat op die rand, van aanvaarding deur die samelewing, lewe in distopiese omstandighede waardie daaglikse lewebeïnvloed word deur die versnelling van tegnologiesevordering in ‘n alomteenwoordige sfeer van gerekenariseerdeinligting, en die ingrypende meganiese en elektroniese byvoegings en veranderingvan die menslike liggaam.

 

Werke in die Kuberpoen sluit die volgende in:

NEUROMANCER, William Gibson (1984).

DieMatriksis ‘nwêreld binne diewêreld, ‘nglobalekonsensushallusinasie, die verteenwoordiging vanelkebitvandatain die kuberruimte…

Casewasdie beste en skerpstedatadief in die besigheid,tot van sy voormalige en wraaksugtigewerknemers sy senuweestelsel beskadig het.Maar nou‘n nuwe enbaie geheimsinnigewerkgewernaderhomvir ‘n laaste kans om homself te bewys. Dieteiken:‘nondenkbarekragtigekunsmatigeintelligensie wat om die Aarde wentel indiens van die onheilspelende TessierAshpool besigheidmagnaat. Met‘n dooieman aan stuur van sake enMolly ‘n spieël-oog straatsamurai, om sy sy hoede te dek, onderneem Case‘n avontuurwat die hele genre op sy kop draai.

Kunsmatige Intelligensie (K.I.):

Kunsmatige Intelligensie (K.I.) is ‘n tak van die rekenaarwetenskap wat handel oor intelligente gedrag, leer en aanpassing in masjiene. Navorsing in K.I. is gemoeid met die vervaardiging van masjiene wat take kan verrig wat ‘n mate van intelligensie vereis. K.I. stelsels is nou al in gebruik in die ekonomie, medisyne, ingenieurswese en die weermag.

Werke in die Kunsmatige Intelligensie (K.I.) sluit die volgende in:

2312, Kim Stanley Robinson (2012).

Die jaar is2312. Wetenskaplike entegnologiesevooruitgang het geleenthede en poorte geopen vir‘n buitengewonetoekoms. Die Aardeis nie meerdie mensdom se enigstetuiste nie; nuwe habitatteisregdeur die sonnestelselgeskep op mane, planete en wat tussenin is. Maar in hierdiejaar, 2312, gaan ‘n reeks vangebeuredie mensdom dwing omsyverlede,syhede ensy toekoms tekonfronteer.

Die eerste hiervan vind plaas opMercury, in diestadvanTerminator, in opsig self ‘n wonderwerk vaningenieursweseop ‘n ongekendeskaal.Dis‘n onverwagsedood, maareen wat voorspel kon word. VirSwan Er Hong, is dit ‘n gebeurtenis wathaar lewesal verander.Swanwas eens ‘nvrou watwêreldeontwerp het. Nousalsy gelei word in ‘n komplotom hulle te vernietig.

Menslike Ontwikkeling:

Menslike Ontwikkeling binne die wetenskapfiksie voorspel die ontwikkeling en toekomstige veranderings van die mensdom se vermoëns, soos verbeterde verstandelike of fisiese vermoëns.

Werke in die Menslike Ontwikkeling sluit die volgende in:

FRIDAY, Robert A. Heinlein (1982).

Friday is haar naam… Sy is net so vindingryk as wat sy beeldskoon is. Sy is een van die beste interplanetêre agente in die besigheid. En sy is ‘n Kunsmatige Mens… die glorie van genetiese ingenieurswese.

Friday is ‘n geheime koerier. Sy werk vir ‘n man wat slegs bekend staan as “Baas.” Wat werk vanaf en oor ‘n nabye-toekomstige Aarde, in Noord-Amerika, wat opgebreek het in kliener onafhanklike state, waar kultuur vulger geword het en chaos die norm is, vind sy haarself op verskeie missies op die oënskynlike speelse aandrang van die Baas. Van Nieu-Seeland na Kanada, van die een na die ander van die onenige nuwe state van Amerika, hou sy haar balans behendig met vinnige en vindingryke oplossings van die een ramp na die ander. Desperaat opsoek na menslike identiteit en verhoudings, is sy nooit seker of sy is ‘n stap vorentoe of agteruit neem tot die uiteindelike lot van die menslike ras nie.

Militêre Wetenskapfiksie:

Militêre Wetenskapfiksie is ‘nsubgenrevan die wetenskapfiksiewaarinterstellêreofinterplanetêrekonflik aan die orde van die dag is. Sy gewapendeoplossing (oorlog) is diehoof – of ‘n gedeeltelike tema van die storie.Sulkeoorloëword gewoonlikgesien of vertel uit dieoogpunt van‘n soldaat of ‘n offisier.

 

In die algemeen, ‘n gedetailleerde uitbeelding van konflik vorm die basis van die meeste werke in die subgenre van Militêre Wetenskapfiksie en die hoofkarakters is dikwels gesaghebbende bevelvoerders of offisiere wat deel is van die militêre elite.

Werke in die Militêre Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

THE FOREVER WAR, Joe Haldeman (1974).

PenkopWilliamMandellais ‘n held, ten spyte van homself‘n huiwerigedienstpligtige wat opgeroep is vir ‘nelitemilitêre eenheid, wat deur die ruimte en tyd moet reis om te gaan vegin‘n verre konflik wat nou al vir ‘n duisend jaar duur.Hywou nooitoorlog toe nie, maar die leiersop Aardehet die spreukwoordelike streepindieinterstellêre sand getrekten spyte van diefeit dathulle so ver van die aarde af baklei en nie die vreemdelinge ken of kan oorwin nie. SoMandella sal sy pligteuitvoersonderwroken selfsopbeweeg in dieweermagrange…indien hyoorleef. Maar dieware toets vansy staalkomwanneer hy terugkeerna die aarde. As gevolg van dietydvertragingdeur ruimtereise verouderd die lojalesoldaatmaande, terwylsy tuisplaneet by die eeue verouderendie tydverskil sal die gesegde bewys wat lui: jy kan nooithuis toe gaan nie

Mitiese Wetenskapfiksie:

Mitiese Wetenskapfiksie as subgenre verwys na verhale wat gewortel is in fabels of die mitologie. Die werke word geïnspireer deur een of ander tema en simboliek van die mite, volksverhale en sprokies.

Dit kan wees dat hierdie verhale gebaseer is op die karakterisering van gode of vertellings van bekende mitologiese verhale in die fantasie.

Werke in die Mitiese Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

ILIUM, Dan Simmons (2003).

Van die manjifieke hoogtes van Olympos Mons op Mars, kyk die magtige Zeus en sy onsterflike familie van gode, godinne en demigode af na die geweldige stryd; hulle neem waar; meng dikwels in – met die legendariese wedervaringe van Parys, Achilles, Hector, Odysseus en die botsende leërs van Griekeland en Troy.

Thomas Hockenberry, ‘n voormalige een-en-twintigste-eeuse professor en Iliad skolier, hou die gebeure ook fyn dop. Dit is Hockenberry se plig om die vordering van die Trojaanse Oorlog te volg en verslag te lewer aan die sogenaamde gode wat dit goedgedink het om hom uit die dood uit op te wek. Maar die muses wie hy dien het ‘n nuwe opdrag vir die versigtige leermeester, een gedikteer deur Aphrodite haarself. Met die hulp van veertiende-eeuse tegnologie moet Hockenberry Olympos infiltreer en op sy godelike inwoners spioneer om ten einde Aphrodite se suster en teenstander, die godin Pallas Athene vernietig.

Op ‘n aarde onherkenbaar anders sedert die uitsterwe van die Post-mense eeue tevore, dien die gebeurtenisse op die bloedige vlaktes van Ilium bloot net as vermaak. Die tonele van ongeëwenaarde heldedade en bloeddorstige slagting, voeg opwinding by mense wat sonder moed, twis, arbeid en ‘n doel lewe. Maar hierdie Eloï-agtige bestaan is nie genoeg vir Harman nie, ‘n man wat op sy laaste jaar van sy laatse Twintig is. Die raarste van die post-postmoderne mens – ‘n “avonturier” – hy is by voorneme om ver buite die grense van sy eie wêreld te verken op soek na ‘n verlore verlede, ‘n vervoestende waarheid en ‘n ontsnapping van sy eie onvermydelike “finale heenkome.” Intussen, in die erg bestraalde ruimte snel vier lewende masjiene om ondersoek te gaan instel – en, miskien, kry hulle dit reg om die potensieële katastrofiese opswelling van ‘n onverklaarbare kwantum-vloed wat voortspruit uit ‘n bergtop kilometers bo die terra-gevormeerde oppervlakte van Mars stop te sit.

Mutante Wetenskapfiksie:

Dieidee van ‘n mutant (of gemuteerde mens)is ‘n algemenetemain strokiesboeke en die wetenskapfiksie.Die nuwefenotipes (feno- wat “skynbaar” beteken) wat voorkom infiktiewemutasies gaan gewoonlik te ver as wat algemeen gesien kan word in biologiese mutasies, en so word mutante in die wetenskapfiksie dikwels uitgebeeld as ‘n gemuteerde vorm van lewe met bomenslikevermoëns.

 

Werke in die Mutante Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

I AM LEGEND, Richard Matheson (1954).

Robert Neville, kan net sowel die laaste lewende mens op die aarde wees… maar hy is nie alleen nie.

‘n Ongeneeslike siekte het elke man, vrou en kind gemuteer in bloeddorstig, nagtelike wesens wat daarop uit is om hom te vernietig. Deur die dag is hy ‘n jagter wat die besmette monsters bekruip deur die verlate ruïnes van wat eens die kroon was van die menslike beskawing. Deur die nag, stel hy versperrings op om homself teen die monster te beskerm; en bid vir dagbreek

Nabye-toekoms:

Nabye-toekoms wetenskapfiksie speel af in die hedendaagse tyd of ‘n paar dekades van nou af. Elemente van die omgewing moet bekend wees aan die leser en die tegnologie is gebasseer op wat huidiglik in ontwikkeling is, ondersoek word of geëksperimenteer word. Stories oor nanotegnologie of genetika soos die van Greg Bear se Blood Music val onder hierdie kategorie.

Werke in die Nabye-toekoms sluit die volgende in:

BRAVE NEW WORLD, Aldous Huxley (1932).

Aldous Huxley se tour de force, Brave New World is ‘n donker satiriese visie van ‘n utopie” in die nabye-toekoms waar mense geneties geteel word en farmaseutiese verdowingsmiddels vrylik beskikbaar is sodat die massas die heersende orde passief kan navolg. ‘n Kragtige werk in spekulatiewe fiksie wat vir geslagte al lesers wegvoer en vreesbevange laat oor die toekoms. Brave New World bly ‘n merkwaardig stuk werk en is relevant tot vandag toe, beide as ‘n waarskuwing oor die toekoms en as stof tot nadenke.

Nanotegnologie:

Nanotegnologie is die ontwerp, karakterisering, produksie en toepassing van strukture, instrumente en stelsels deur die beheer van vorm en grootte op die nanoskaal. Agt tot tien atome is gelyk aan een nanometer (nm). ‘n Menslike haar is ongeveer 70.000 tot 80.000 nm dik.

Nanotegnologie word ook praktiese toegepas vir ‘n wye verskeidenheid van produkte, insluitende, vlek bestande broeke, verbeterde bandversterkings en verbeterde sonbrandolie.

Werke in die Nanotegnologie sluit die volgende in:

THE DIAMOND AGE, Neal Stephenson (1995).

Dekades die toekoms in, slegs ‘n klipgooi van die ou stad van Shanghai, is John Percival Hackworth, ‘n briljante nono-tegnoloog, skuldig daaraan dat hy sy stam, die magtige neoVictoriane, se streng morele kode verbreek het. Hy het ‘n onwettige kopie gemaak van die mees gevorderde interaktiewe toestel, genoem Die Jong Dame se Geïllustreerde Onderig, in opdrag van ‘n eksentrieke Hertog vir sy kleinkind, gesteel vir Hackworth se eie dogter, die Onderig is in staat om ‘n meisie groot te maak en haar te leer om vir haarself te dink. Dit verrig die funksie perfek. Ongelukkig vir Hackworth, het sy gesmokkelde kopie in die verkeerde hande geval.

Die jong Nell en haar broer Harv is thetes – lede van die armes, stamloos. Verwaarloos deur hul ma, sien Harv om na Nell. Toe Harv se pad kruis met ‘n sekere neo-Victoriaan – John Percival Hackworth – bring Harv vir Nell iets besonders: die Onderig.

Na die ontdekking van van sy misdaad, is Hackworth op vlug. Geskors uit die neo-Victoriaanse paradys, vasgekeer deur agente van Protokol Handhawing aan die een kant en ‘n Misdaadbaas, van die Mandaryn se onderwêreld, aan die ander kant, soek hy vir ‘n ontwykende figuur wat bekend staan as die Alchemist. Sy soeke en die wil van Nell lei hulle uiteindelik na ‘n ander Soeker wie se lot verbind is met die Onderig – ‘n vrou wat die sleutel het tot die groot, ondermynende informasienetwerk en wat bestem is om die toekoms van die mensdom te ontsyfer en te herprogrammeer.

Onsterflikheid:

Onsterflikheid(ofdie ewige lewe) is ‘n konsep so oud soos die mens self. Die soeke na tegnologie, middele of ‘n soort plant wat een se lewe kan verleng is al deur menigde skrywers ondersoek.

 

Die ondersoek na wat die mensdom of ‘n individu sal betaal of sal doen om ontsterflikheid te kry, sou dit moontlik wees, is die onderwerp van baie spekulasie en debatte in die wetenskapfiksie.

Werke in die Onsterflikheid sluit die volgende in:

THE COMPUTER CONNECTION, Alfred Bester (1975).

‘n Groep onsterflikes ‘n sjarmante klomp eksentrieke wat jy ooit sal teëkom werf ‘n nuwe lid; die briljante Cherokee fisikus Sequoya Guess. Dr. Guess, met die hulp van die groep onsterflikes verkry beheer van Extro, die superrekenaar wat alle meganiese aktiwiteite op die aarde beheer. Hulle plan is om die aarde te bevry van politieke onderdrukking en om Guess se navorsing te bevorder wat kan lei tot ‘n groot stap in die evolusie van die mensdom – om ‘n ras van supermense te produseer. Maar Extro neem Guess oor en raak kwaadwillig. Die taak van die vrolike groep is nou skielik om te veg vir die toekoms van die aarde.

Sequoya Guess, wie hulle lief het, sal moet sterf. Maar hoe maak jy ‘n onsterflike dood?

Opheffing:

In die wetenskapfiksie is biologiese opheffing ‘n algemene tema maar geensins ‘n universele term vir die daad van ‘n gevorderde beskawing wat ‘n ander onder ontwikkelde spesie help deur van ‘n nie-intelligente spesie ‘n intelligente spesie te maak, of deur ‘n intelligente spesie of ras te voorsien van tegnologie of kennis om ruimtereise moontlik te maak nie.

Opheffing verwys ook na die teoretiese moontlikheid om nie-menslike diere met ‘n groter kapasiteit toe te rus met intelligensie. Dit is hoogs waarskynlik dat biologiese opheffing bereik sal word deur die toepassing van genetiese en transgenetiese tegnologie en die moontlikheid van kunsmatige intelligensie, maar is beslis goeie temas vir die wetenskapfiksie.

Werke in die Opheffing sluit die volgende in:

FLOWERS FOR ALGERNON, Daniel Keyes (1966).

Met meer as vyf miljoen eksemplare verkoop, is Flowers for Algernon ‘n klassieke verhaal van ‘n verstandelik gestremde man wie se eksperimentele soeke na intelligensie, Algernon, ‘n buitengewone laboratorium muis, naboots. In aangrypende dagboek inskrywings vertel Charlie hoe ‘n brein operasie sy IK verhoog en sy lewe verander het. Toe die eksperimentele prosedure in werking tree het Charlie se intelligensie gegroei totdat hy in staat was om meer te weet as van dié dokters wat sy metamorfose moontlik gemaak het. Die eksperiment blyk ‘n wetenskaplike deurbraak van kardinale belang te wees tot Algernon skielik en onverwags agteruit gaan. Sal dieselfde gebeur met Charlie?

Parallelle Heelal / Alternatiewe Werklikheid:

Parallelle Heelal of Alternatiewe Werklikheid in wetenskapfiksie is ‘n self-onderhoudende en aparte werklikheid wat parallel loop aan ons eie wêreld of heelal waar geskiedkundige, politiese en/of die menslike ontwikkeling anders is as wat aan ons bekend is. Die alternatiewe werklikheid kan wissel in grootte van ‘n klein geografiese gebied tot en met ‘n hele nuwe heelal, of ‘n paar sterrestelsels.

Terwyl die terme “parallelle heelal” en “alternatiewe werklikheid” oor die algemeen sinoniem is kan dit ook afsonderlik gebruik word omrede daar met die term “alternatiewe werklikheid” bykomende konnotasie is wat impliseer dat die werklikheid net ‘n veranderde een is van ons eie en die term “parallelle heelal” meer oor die algemeen impliseer dat daar ‘n verhouding of die gebrek daaraan met ons eie heelal is.

Werke in die Parallelle Heelal / Alternatiewe Werklikheid sluit die volgende in:

FLOW MY TEARS, THE POLICEMAN SAID, Philip K. Dick (1974).

Op 11 Oktober sit 30 miljoen kykers vasgenael voor die televisie en is ingeskakel op Jason Taverner, die televisie-ster, se prima-tyd program. Op 12 Oktober is Jason Taverner nie net ‘n was-gewees nie maar ‘n was-nooit nie ‘n man wat nie net sy gehoor verloor het nie maar ook alle bewyse van sy bestaan.

 

En in die kloustrofobiese ontroue toestand van Flow My Tears, The Policeman Said, is die verlies van één se bestaan sinoniem met die verlies van één se lewe.

“Taverner haas om die raaisel van sy verdwyning op te los”, plaas ons in ‘n vreesaanheande geloofwaardige Philip K. Dick Verenigde State van Amerika wat almal – van ‘n wafferse vervalser van identiteitskaarte en chirurgiese veranderde plesier wat op almal spioneer, ‘n wêreld waar die alwetende polisie iets het om weg te steek. Sy donker roman boor diep in die weefsel van die mens se bestaan en plaas ‘n dinamietstaaf presies in die middel daarvan.

Robot en Androïde:

Robot:‘n Meganiese toestel wat soms die voorkoms van ‘n mens naboots en in staat is om ‘n verskeidenheid van komplekse menslike take op bevel of deur programmering te verrig.

Androïde: ‘n Outomaat wat geskep is uit biologiese en meganiese materiaal wat soos ‘n mens lyk.

Biorobotika is ‘n term wat losweg gebruik word in die velde van kubernetika, bionika en selfs genetiese ingenieurswese as ‘n gesamentlike studierigting. Biorobotika word dikwels gebruik om te verwys na ‘n werklike sub-kategorie in robotika: die studie hoe om robotte te vervaardig wat lewende biologiese organismes meganies of selfs chemies na te boots of om selfs onafhanklik as ‘n nuwe organisme te funksioneer. Die term word ook gebruik in ‘n omgekeerde definisie wat lui: die maak van biologiese organismes wat as manipuleerbare en funksionele robotte gebruik kan word.

In die laaste voorbeeld hierbo word daar na Biorobotika verwys as ‘n teoretiese dissipline van omvattende genetiese ingenieurswese waarvolgens organismes geskep en ontwerp word deur kunsmatige middele, wat beteken dat daar gepoog word om lewe te skep uit nie-lewende materie. As gevolg van Biorobotika se teoretiese status word dit tans beperk tot die wetenskapfiksie en in realiteit is biorobotika nog in sy babaskoene en staan bekend as sintetiese biologie en Bio-nanotegnologie.

Werke in die Robot en Androïde sluit die volgende in:

WETWARE, Rudy Rucker (1988).

In 2030, het dopper robote, op hul maanbasis, ‘n proses ontwikkel om DNS-natware te kombineer met die kode van hul eie programmatuur. Die resultaat is ‘n nuwe lewensvorm: die Vleisdop”. Wat regverdig is is regverdig. Mense bou die doppers en nou bou die Doppers mense soort van. Dit is alles deel van ‘n verraderlike komplot om Della Taze vas te trek wat nie oortuig is dat sy haar minnaar vermoor het, terwyl sy in ‘n bedwelmd ekstase was nie… maar sy is nie seker nie. Dit is ernstig genoeg om Cobb Anderson te kontak – die gevriesde wat dit alles begin het uit die koelkamer hemel.

Ruimte Sepie:

‘n Ruimte Sepie speel gewoonlik af in die buitenste ruimte, of op ‘n vêraf geleë planeet. In die meeste gevalle, om die tempo van die verhaal te behou, kan ‘n ruimteskip byna onbeperkte afstande aflê in ‘n kort tydjie en kan om ‘n tiekie draai, sonder die vervelige noodsaaklikheid van remming.

Die planete het gewoonlik ‘n aard-tipe atmosfeer (met die Aarde se maan as ‘n uitsondering) en eksotiese vorms van lewe. Vreemdelinge kan gewoonlik Afrikaans praat en sommige van die vreemde wesens praat dit met ‘n aksent. Die masjinerie in die Ruimte Sepie sluit dikwels (bykomend tot ruimtetuie) straalgewere, robotte, en swewende motors in.

Ruimte Sepie se agtergrondekanaansienlik wisselinwetenskaplikegeloofwaardigheid. Die meesteruimte sepies vir gerieflikheids onthalwe verontagsaam diewettevan fisika deur gebruik te maak vinniger-as-lig ruimtetuie en ander gaan nóg ‘n stappie verder deur gebruik te maak van bonatuurlikemagte en/ofgroot magte wat in staat is om hele planete, sterre en/of sterrestelsels te vernietig.

 

Werke in die Ruimte Sepie sluit die volgende in:

NEWTON’S WAKE: A SPACE OPERA, Ken MacLeod (2004).

DEUR DIE HELE RUIMTE

In die nadraai van die Harde Wegraping – ‘n rampspoedige oorlog wat aangevuur is deur die ontwikkeling van die aarde se kunsmatige intelligensie, in goddelike wesens – ‘n handvol van die mensdom het daarin geslaag om te oorleef en sommige is selfs voorspoedig.

Lucinda Carlyle, hoof van ‘n ambisieuse galaktiese groep entrepreneurs, het vir haar en haar groep ‘n winsgewende nis uitgekap deur beheer oor te neem van die Skein, ‘n ketting van interstellêre hekke wat agter gelaat is deur die post-menseras. Maar op ‘n wêreld, Eurydice, ‘n ver afgeleë planeet op die rand van die sterrestelsel, kom Lucinda af op ‘n vergete oorblyfsel uit die verlede wat die Carlyles se manier van lewe bedreig.

Want in die laaste oomblikke voor die oorlog, het ‘n desperate groep wetenskaplikes biljoene mense se persoonlikhede digitaal gestoor en dit die ruimte ingeskiet met die hoop om hulle weer eendag te wek. Nou, gewapen, gevaarlike en baie lewendig stuur hierdie Spoke af op ‘n noodlottige konfrontasie wat die balans van mag kan breek en selfs die aard van werklikheid self.

Ruimte Verkenning:

Ruimte Verkenning is die fisiese ondersoek, verkenning en eksplorasie van die buitenste ruimte. Die politiek, wetenskap, en ingenieurswese agter die realisasie van ruimtereise val almal onder die vaandel van die subgenre Ruimte Verkenning.

Daar is baie redes vir die verkenning van die ruimte en van die mees algemeenste is dié wat fokus op wetenskaplike navorsing of die toekomstige oorlewing van die mensdom. Hierdie poging was tot ‘n mate ‘n droom en doel van die mensdom vir die afgelope paar eeue al, maar dit was nie tot en met die ontwikkeling van groot vloeistof-aangedrewe vuurpylenjins gedurende die vroeë 20ste eeu dat dit na ‘n werklikheid begin lyk het om Ruimte Verkenning ernstig te oorweeg nie.

Werke in die Ruimte Verkenning sluit die volgende in:

STARFARERS, Poul Anderson (1998).

Wanneer SETI se sterrekundiges bewyse van ‘n gevorderde beskawing ontdek, word ‘n ekspedisie na die verste uithoeke van die sterrestelsel beplan en ‘n eklektiese span van wetenskaplikes word gekies om daarheen te reis. Maar omdat die oorsprong van die vreemde seine duisende ligjare weg is, sal die bemanning met net ‘n paar jaar verouder, terwyl millennia op die aarde verloop het. En alhoewel hulle gewillig is om die gevolge van so ‘n reis te dra, is nie een van die sterreisigers voorbereid op wat vir hulle wag op die verste rand van die kosmos nie of hulle tuiskoms op by die planeet wat hulle huis genoem het nie.

Sagte Wetenskapfiksie (SWF):

Sagte Wetenskapfiksie (SWF) in teenstelling met HWF handel meer in deels oor die minder eksakte wetenskappe, soos sosiologie, sielkunde, of antropologie. Een uitstekende voorbeeld van gevorderde sosiologie is die wetenskap van “psigogeskiedenis” wat beskryf word in Isaac Asimov se Foundation reeks.

Werke in die Sagte Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

WHO?, Algis Budrys (1958).

Martino, is ‘n baie belangrike wetenskaplike wat aan die K-88 projek gewerk het. Maar die K-88 projek het in sy gesig ontplof en hy is oor die Sowjet-grens gesleep. Hy was daar vir maande. Toe die Sowjetunie hom uiteindelik terug besorg, het hulle sy arm vervang met metaal… asook ‘n uitdrukkinglose metaalskedel. So, hoe kan Geallieerde Magte seker wees dat hy eintlik Martino is?

 

Singulariteit:

In toekomsstudies is ‘n tegnologiese singulariteit (dikwels net genoem die Singulariteit) ‘n voorspelling wat gemaak kan word van ‘n toekomstige gebeurtenis wat voorafgegaan is met geweldige tegnologiese vooruitgang in ‘n bitterlike kort tyd. Toekomstiges gee verskillende voorspellings oor die omvang van hierdie vooruitgang, die spoed waarteen dit plaasvind en die presiese oorsaak en aard van die gebeurtenis self.

Werke in die Singulariteit sluit die volgende in:

TAU ZERO, Poul Anderson (1970).

Vyftig manne en vroue in die twintigste eeu vertrek vanaf die Aarde, aan boord ‘n interstellêre tuig, om te reis na ‘n planeet sowat dertig ligjare ver. Soos die skip die spoed van lig nader (en net soos Einstein voorspel het) sal die subjektiewe tyd aan boord van die tuig vertraag, om ‘n reis wat ‘n paar dekades sou duur te verkort. Maar die skip se tru-stelsel word onherstelbaar beskadig wanneer dit deur ‘n wolk van interstellêre stof beweeg en sonder enige vertraging voortbeweeg teen die spoed van lig – Tau Zero. Die skip zoem deur sterrestelsels en in ‘n oogwink gaan eons verby aan boord van die skip…

Skynwerklikheid:

Skynwerklikheid (ook Hologram) is ‘n tegnologie wat ‘n gebruiker in staat stel om met ‘n rekenaar-gesimuleerde omgewing om te gaan of interaksie met die program te hê. Die meeste omgewings wat deur Skynwerklikheid geskep word is hoofsaaklik visuele ervarings op ‘n rekenaarskerm of deur middel van spesiale stereoskopiese uitstallings, maar addisionele sensoriese inligting, soos klank en tasbare inligting kan geskep word deur luidsprekers en elektriese-terugvoer.

In die wetenskapfiksie word skynwerklikheid gebruik op vele vlakke van die menslike interaksie met sy omgewing, bv. hologram voorstellings van sleutelborde, sigplate, voorbereiding vir vlieëniers, mediese ontleding van ‘n pasiënt se ingewandes, ontspanning en opleiding.

Werke in die Skynwerklikheid sluit die volgende in:

THE SHOCKWAVE RIDER, John Brunner (1975).

Hy was die mees gevaarlikste voortvlugtige ooi, maar hy het nie bestaan nie!

Nickie Haflinger, het menigte leeftye geleef… maar tegnies het hy nooit bestaan nie. Hy was ‘n vlugteling uit Tarnover, die magtige regering dinkskrum wat hom opgevoed het. Eers het hy sy identiteitskode ontsyfer – en toe ontsnap.

Nou moet hy ‘n manier vind om sy gesonde verstand te herwin en sy persoonlike vryheid te herstel vir die gerekenariseerde massas om sodoende die wêreld, wat op die rand van ‘n rampis, te red.

Hy gee nie om hoe hy dit doen nie… maar die regering doen. Dis toe dat sy Tarnover onderwysers hom terug gekry het in hul laboratoriums… en Nickie Haflinger, is nou gereed om weer van vooraf geonderig te word!

Sterwende Aarde:

Die Sterwende Aarde as subgenre is ‘n subkategorie van die Wetenskap Fantasie wat afspeel aan die einde van Tyd, wanneer die son stadig besig is om uit te doof en die wette van die heelal self besig is om te faal met die wetenskap ononderskeibaar van magie.

In die algemeen speel die SterwendeAarde as subgenre van die wetenskapfiksie af in dieverre toekomsin‘nmilieuvan ekologiese of menslike stagnering ofagteruitgang.Temasvan ‘n moë wêreld, onskuld (gewond of andersins), idealisme, entropie en die verwagting vanhernuwingis geneig om hierdie verhale teoorheers.

 

Werke in die Sterwende Aarde sluit die volgende in:

TIMESCAPE, Gregory Benford (1980).

1962: ‘n jong Kaliforniese wetenskaplike vind dat sy eksperimente bederf word deur geheimsinnige inmenging. Geleidelik lei sy vermoedens hom na ‘n verpletterende waarheid: wetenskaplikes aan die einde van die eeu maak gebruik van subatomiese deeltjies om ‘n boodskap te stuur na die verlede, met die hoop dat die geskiedenis verander kan word om ‘n dreigende katastrofe in die toekoms af te weer.

Stoompoen:

Stoompoen is ‘n subgenre van die wetenskapfiksie wat verwys na werke wat in ‘n era afspeel waar stoom as bron van krag gebruik word – gewoonlik in die 19de eeu en dikwels in Engeland gedurende die Victoriaanse era maar met tegnologiese uitvindings soos dié wat in die werke van H.G. Wells en Jules Verne voorkom.

Stoompoen bevat elemente van ‘n alternatiewe geskiedenis van tegnologiese in die verlede soos die van lugskepe of meganiese rekenaars gekombineer met toekomstige tegnologie soos multi-funksie brille, reuse robotte en straal gewere.

Werke in die Stoompoen sluit die volgende in:

THE DIFFERENCE ENGINE, William Gibson & Bruce Sterling (1990).

Die ere van die rekenaar het ‘n eeu voor die tyd dat Charles Babbage sy Analitiese Enjin kon volmaak het aangebreek. Die Industriële Revolusie, aangejaag deur die ontwikkeling van stoom-aangedrewe kubernetiese enjins, is in volle swang. Groot-Brittanje, met haar berekeningskanonne, stoomaangederewe slagskepe, masjiengewere en inligtingstegnologie, is besig om die wêreld se lot te verbeter…

Teologiese Wetenskapfiksie:

Teologiese wetenskapfiksie verteenwoordig dikwels verduidelikings of lewer kommentaar oor godsdiens en godsdienstige idees. Dit wissel van ontkennings van godsdiens of verwys daarna as primitief en/of onwetenskaplik, asook kreatiewe verduidelikings van nuwe insigte in die godsdienstige ervarings en oortuigings (bv. God as ‘n vreemdelinge, profete word gesien as tydreisigers, metafisiese of profetiese visie wat deur middel van tegnologiese middele verkry word, ens.).

Soos enige ander vorm van literatuur, kan WF gebruik word om beide godsdienstige ideologieë af te kraak of om dit te bevorder en WF skrywers se menings hieroor is so uiteenlopend soos hulle skryfwerk.

As ‘n ondersoekende medium, sien WF selde godsdiens as vanselfsprekend deur dit eenvoudig net te aanvaar of dit vanuit die staanspoor te verwerp en dit is vir hierdie rede dat wanneer godsdienstige temas verteenwoordig word skrywers deeglike navorsing doen oor die onderwerp. Leser word dus uitgenooi om wyer te dink as die konvensionele denkrigting van die onderwerp en om ander moontlikhede te oorweeg. Ook, omdat die subgenre uitsluitlik handel oor die mensdom se soeke en begrip van homself in die aangesig van groot tegnologiese en sosiale veranderinge, worstel WF die meeste met vrae van ‘n geestelike of godsdienstige aard.

Werke in die Teologiese Wetenskapfiksie sluit die volgende in:

A CASE OF CONSCIENCE, James Blish (1958).

Vader Ruiz-Sanchez is ‘n toegewyde man ‘n priester wat terselfdertyd ‘n wetenskaplike is en ‘n wetenskaplike wat ook ‘n mens is. Hy het geen onoplosbare probleme in sy oortuigings of sy etiek nie totdat hy na Lithia gestuur is. Daar kom hy af op ‘n ras van vreemdelinge wat bewonderenswaardig in elke opsig is behalwe vir hul totale afhanklikheid van koue feite; hulle kan nie oortuig word om te glo nie.

Gekonfronteer met ‘n groot wetenskaplike raaisel en in ‘n etiese verknorsing, bevind Vader Ruiz-Sanchez homself tussen die leer van sy geloof, die leer van sy wetenskap en die innerlike stryd van sy menslikheid. Daar is net een oplossing: Hy moet ‘n ou en ‘n onvergeeflike dwaalleer aanvaar en die risiko loop vir beide die wêrelde se toekoms…

 

Terravorming:

Terravorming (wat letterlik Aardskepping beteken) is die teoretiese proses waar ‘n planeet, maan of ‘n ander liggaam se atmosfeer, temperatuur en/of ekologie verander of gewysig kan word om dit meer bewoonbaar te kan maak vir plante, diere en mense van die aarde.

Dis ‘n tipe van ingenieurswese wat betrekking het op planete, mane en ander hemelliggaam en die konsepte van terravorming is gewortel in beide van die wetenskapfiksie en werklike wetenskap. Die term, terravorming, is geskep deur Jack Williamson in ‘n wetenskapfiksie storie wat gepubliseer is in 1942 in die wetenskapfiksie tydskrif Astounding Science Fiction, maar die werklike konsep is alreeds jare voor die publikasie van Williamson se verhaal bekend.

Olaf Stapledon se Last and First Men (1930) gee ‘n voorbeeld hiervan in fiksie waarin Venus verander word na ‘n lang en vernietigende oorlog met die oorspronklike inwoners, wat natuurlik teen die veranderings gekant is.

Werke in die Terravorming sluit die volgende in:

TERRAFORMING EARTH, Jack Williamson (2001).

Wanneer ‘n reuse meteoriet teen die aarde bots word alle lewe vernietig. ‘n Klein groepie oorlewendes besluit om die dorre aarde te verlaat en ‘n nuwe begin te maak op die maan. Van Tycho Base, is mans en vroue in staat om na die verwoeste planeet te kyk, en te wag vir wanneer die tyd reg is om soontoe terug te keer.

Generasies later. Gekloonde kinders het al kinders van hul eie, en hulle oë is gerig op die reuse-planeet wat eens die wieg van die mensdom was. Ten eindelik, na eeue van wag, keer die afstammelinge van die oorspronklike vlugtelinge terug na ‘n planeet wat hulle nooit geken het nie, om te probeer om ‘n beskawing te herbou waarvan hulle nog nooit deel was nie.

Die lot van die aarde lê in die sukses van hul terugkeer, maar na soveel tyd, is die vraag nie of hulle ‘n ou vernietigende wereld kan herbou nie, maar eerder of hulle kan leer om op ‘n vreemde wêreld kan oorleef Aarde.

Tydreis:

Tydreis is die konsep van die beweging tussen verskillende punte (verlede of die toekoms) in die tyd soortgelyk aan die beweging tussen verskillende punte in die ruimte.

Daarbenewens het sekere interpretasies van die tydreis as subgenre ook die moontlikheid voorgestel om tussen parallelle realiteite of heelalle te reis met die gebruik van die volgende metodes:

Na die verlede:

       Om vinniger-as-lig te reis;

       Deur Spesialeruimtetydgeometrieë;

       Die gebruik van ‘n wurmkolk.

Na die toekoms:

       Die gebruik van snelheid-gebaseerde tydvertraging onder die teorie van spesiale relatiwiteit;

       Met behulp van swaartekrag tydvertraging onder die teorie van algemene relatiwiteit.

Werke in die Tydreis sluit die volgende in:

REPLAY, Ken Grimwood (1987).

Jeff Winston, drie-en-veertig jaar oud, het nie geweet hy was ‘n Herhaler totdat hy gesterf het en wakker geword het vyf-en-twintig jaar jonger in sy kollege koshuiskamer nie – hy het ‘n ander lewe geleef. En weer gesterf. En weer geleef en gesterf en weer in ‘n deurlopende vyf-en-twintig jaar siklus elke keer het hy op die ouderdom van agtien begin, om verlore liefdes te herwin, sy foute reg te maak, of om ‘n fortuin te maak op die aandelemark.

‘n Roman van aangrypende avontuur, romanse, en fassinerende spekulasie oor die aard van die tyd, en een van die belangrikste vrae te vra: Wat sal jy doen as jy jou lewe oor kan hê?”

 

Utopie:

Utopiese fiksie is die skepping van ‘n ideale wêreld as die agtergrond vir ‘n roman.

Werke in die Utopie sluit die volgende in:

THE COMING RACE, Edward Bulwer-Lytton (1871).

Geheimenisse lê diep in die Aarde.

“Wees eerlik. Vertel my wat jy in daardie kloof gesien het: Ek is seker dit was iets vreemds en verskrikliks. Stel jou vertrou in my.”

Die ingenieur het verskei kere gepoog om my navrae te ontduik. Maar heelaas het hy gesê.

“Ek sal jou alles vertel. ‘n Bestendige helder lig. Ek het die hyserhok verlaat en teen die rotse afgeklouter. En soos ek al hoe nader aan die lig gekom het, so ook het die kloof voor my wyer geword tot ek ‘n breë pad op die bodem van die afgrond gesien het. Tot my verbasing was alles verlig so ver as wat die oog kon sien met wat gelyk het soos kunsmatige gas-lampe wat hier en daar geplaas was soos na die deurgang van ‘n groot stad; en ek hoor toe op ‘n afstand mense wat praat. Ek het ook natuurlik geweet dat daar geen myners in hierdie distrik werk nie. Aan wie kan daardie stemme behoort? Watter mensehande kon die pad gelyk gemaak het en wie het daardie lampe gemaak?”

“Sal jy weer afgaan?”

“Ek behoort, maar ek durf nie.”

Vreemdeling Wetenskapfiksie (Xeno-WF):

Vreemde wesens of die gevreesde inval van Vreemdelinge vanuit die buitenste ruim is ‘n algemene tema in die wetenskapfiksie. Vreemdelinge word oor die algemeen uitgebeeld as tegnologies-gevorderde wesens wat die aarde kom inval met die uitsluitlike doel om die mensdom te onderwerp aan slawerny onder ‘n koloniale stelsel, of om die mense te vervang of bloot om mense te gebruik as ‘n bron van voedsel.

Werke in die Vreemdeling Wetenskapfiksie (Xeno-WF) sluit die volgende in:

CAMOUFLAGE, Joe Haldeman (2004).

Twee vreemde wesens dwaal al vir eeue lank op aarde rond. Die Vormverwisselaar, het oorleef, deur die vorms aan te neem van verskillende organismes. Die Verkleurmannetjie, vernietig enigiemand en enigiets wat dit bedreig.

Nou, ‘n gesinkte oorblyfsel diep in die see hou die sleutel tot hul herkoms, en dié roep na hulle om hulle huis toe te neem maar die Verkleurmannetjie het besluit dat daar net plek is vir een.

Wetenskap Fantasie:

Hierdie subgenre word gekenmerk deur die samesmelting van die wetenskapfiksie en die fantasie. Dit verteenwoordig werke wat gebruik maak van beide die hoof temas van die WF en F wat byvoorbeeld, toekomstige en tegniese elemente bevat deur die skep van fantastiese sub-knope en karakters. Sommige argumenteer egter dat daar selfs subgenres vir hierdie subgenre in hierdie kategorie is.

Werke in die Wetenskap Fantasie sluit die volgende in:

DRAGONFLIGHT, Anne McCaffrey (1968).

HOE KAN EEN ENKELE MEISIE ‘N HELE WÊRELD RED?

Vir die edeles wat in Benden Weyr leef, is Lessa niks anders as ‘n kombuis meisie nie. Vir die meeste van haar lewe het sy oorleef deur diegene wat haar pa veraai het en sy land oorgeneem het te dien. Nou het die tyd aangebreek dat Lessa haar vermomming moet verwyder en haar geboortereg wat van haar gesteel is terug te neem.

 

Maar alles verander wanneer sy ‘n koningin draak ontmoet. Die band wat hulle deel is diep en sal vir ewig duur. Dit sal hulle beskerm wanneer, vir die eerste keer in eeue, Lessa se wêreld bedreig word deur Thread, ‘n bose stof wat soos reën val, en alles vernietig wat dit aanraak. Drake en hulle Ridders het eens die planeet beskerm teen Thread, maar daar is deesdae baie min van hulle oor. Nou moet die dapper Lessa haar lewe waag, en die lewe van haar geliefde draak, om haar pragtige wêreld te red…

Oefening 3

Kies een of twee van die bogenoemde subgenres in die wetenskapfiksie en:

·         skryf die definisie(s) neer van u gekose subgenre(s);

·         stel ‘n lys saam van die sentrale idees van u gekose subgenre(s);

·         vind ’n skrywer en van sy werke wat u gekose subgenre verteenwoordig; en

·         vertaal die synopsis van u gekose skrywer en sy werke gekies.

Volgende:

In die volgende eenheid, die laaste van Module 1, gaan ons kyk na wetenskapfiksie skrywers en van hulle invloedrykste werke.

Bronnelys:

·          www.worldswithoutend.com/resources_subgenres.asp

·          http://en.wikipedia.org/wiki/Mundane_science_fiction

·          http://en.wikipedia.org/wiki/Alternate_history

·          http://af.wikipedia.org/wiki/Distopie

·          http://www.wolframscience.com/reference/notes/1190b

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui