Komeet Planeet

Chantal Pretorius

VREEMDELING – 2018 © CHANTAL PRETORIUS

Wetenskapfiksie Gedig

[spacer height=”20px”]

Die wetenskaplikes maak ’n ontdekking

en sien ’n stertster in die hemelruim

Hy koekeloer deur die teleskoop

Op soek na ’n blinkster sloerdroom

Die ster maak gereed vir lansering

Uit die ruimte sak die komeet

op die aarde neer,

sonder mesgemaakte beserings

op die N1 van Pretoria

asof hy ons land regeer

sonder korrupsie, sonder geld steel

[spacer height=”20px”]

Plat op die aarde en neus in die lig

lê die komeet op sy rug

en daar is ’n gat in die grond

so plat soos flaters broedersbond

Wetenskaplikes rig werkstente op

en voer pligte uit om die komeet

te ondersoek en ondersteun die sterrekundiges

by die brug van Pretoria se klipdig

[spacer height=”20px”]

Die dorpie is in rumoer en roer

oor die komeet wat soos ’n immigrant kom oorheers

en weet die ruimte is baas,

want ons is nie alleen nie,

maar ons is klaas

In die ruimte doen komete skietdanse;

val met ’n spoed op die aarde neer

en jaag ons op hol oor die kleure van komeet-reën

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui