AAND VAN DIE GRUWELDAAD – Chantal Pretorius

AAND VAN DIE GRUWELDAAD – 2015 © Chantal Pretorius

JEUGFANTASIE (1 222 WOORDE)

 

Richard vlieg tussendeur die donker wolke. Niks kan hom keer nie. Hy inasem die vars lug en blaas dit dan weer uit.

Jy sien net ligbruin stofwolke, toe Richard op die gras beland. Sy gloeiende rooi oë gly oor die groen grasperk. Daar is brandende straatligte wat hy sien. Dit vonkel oranje-wit op die teerpad.

Dis lekker om vermoëns te hê!

Richard vee sy lang, swartjas skoon en sug. Hy loop op die gras na die trappe toe. Orals waar Richard kyk is net donkerblou stoele. Vreemd. Dan loop hy op die trappe na die kantoor toe. Hy skop die houtdeur oop en houtblokke spat orals op die sementvloer.

Richard sug hard en stap binnekant die kamer. Alles lyk so verveeld, kleurloos en daar is net kabinette binne. Dis net toerusting en lêers wat op tafels lê. Vinnig verlaat hy die kantoor en vlieg oor die plek. Hy hoor musiek speel; beland vinnig op sy voete by die oopdeure.

Rustig loop Richard in die saal in. En hy dans saam met die Afrikaanse popmusiek wat die platejoggie so speel.

Nou dwaal Richard se oë oor die saal. Daar is vrolike mense binne. Afrikaners, plesierige Afrikaanse mense. Hy glimlag geheimsinnig, toe hy ʼn seun gewaar. Hy loop waar die seun alleen staan, in die hoek by die trappe.

“Ek kan jou gedagtes lees Tommy Greyling,” sê Richard. “Ek weet ook waar jy woon. Wie jou ouers is, en wat jy soek vir jou verjaarsdag.”

“Halloween is eers in Oktober ou,” bespot Tommy vir Richard. “Ek dink jy is by die verkeerde parytjie.”

Kil glimlag Richard. “Ek is by die perfekte een.”

Tommy lig laggend sy kop op en kyk met opgewonde oë na hom. Maar Richard wys sy lang slagtande vir Tommy. Tommy skrik. Sy drankie val uit sy hand uit.

Maar Richard gryp Tommy – druk hom teen die muur vas. Hy wys weer sy lang slagtande, maar Tommy grinnik-lag vir Richard. Nou kyk Richard na Tommy se nek en dwing sy tande binne sy slagaar in.

“Aaa!” skree Tommy hard in pyn. Dan los Richard gou vir Tommy. Hy laat Tommy hard val op die houtvloer.

“Dankie vir jou bloed,” sê Richard dankbaar. Hy vee die vars rooibloed aan sy mou af. “Ek hoop jy oorleef, Tommy.”

Tommy lê op die vloer; lag weer vir Richard. “Koel… Wat?”

“Wie wil volgende gebyt word?” vra Richard. Maar niemand antwoord nie. Hulle aanhou lag vir Richard se swart uitrusting.

Skielik steek iemand sy hand in die lug. “Kom na my toe!” roep sy hard uit. “Ek wil deel wees van die vloek!” terg sy.

Mense lag.

Richard volg die hand en sien wie hom soek. Hy lig een wenkbrou omhoog en glimlag vir die meisie. Die groep laat hom naby haar toe; en hy sien die meisie het ʼn denimkortbroek, stywe bloes en leerstewels aan. Hy hou van wat hy sien. Haar bene is pragtig gebou.

“Jy is nogals… aantreklik,” sê Richard. “Kom nader meisie. Ek wil jou lewe verander,” voeg hy by. Die jong dame voel gevly oor Richard se sjarme.

En vrylik gee die meisie haarself vir Richard. Hy druk sy tande in haar slagaar in en drink haar bloed. Sy giggel eers, dan gil sy. Haar potblou oë rek groot geskok. Dan begin haar lyf te bewe. Sy besef dis realisties. Alles.

Vinnig is Richard klaar met haar. Hy laat val haar sag op die houtvloer. Sy kry skielik erg angsaanvalle. Nou soek hy na ander vrywilligers. Maar niemand is gewillig nie. Hulle vind die toertjie minder interessant, behalwe hy, natuurlik.

Toe die sagte Afrikaanse musiek stop, stop die partytjie ook. Maar die drankies vloei en die sigaretrook word meer. Gou begin die mense weer vir Richard te lag. Hy lyk snaaks en hulle wil weet wie hy is.

Skielik lag Richard lekker. Hy geniet die mense wat so hoenderkop is vanaand.

“Waar kry jy daai kostuum?” wil die seun glimlaggend weet, en drink klaar sy drankie.

Richard se gelag stop vinnig. Hy kyk na elke persoon wat in die saal is. Hy weet dadelik wie sy volgende slagoffers gaan wees. Dan styg hy vinnig op en vlieg in die saal rond.

“Koel effekte!” skree iemand in die groep. “Kom wys ons hoe doen jy dit!”

Maar al wat Richard doen is glimlag geheimsinnig vir hulle. Dan beland hy weer op sy voete op die houtvloer. Hy gryp genadeloos ʼn seun nader – byt die seun in die nek – vinnig loop die rooibloed. Dan binne sekondes is alles weer verby. Normaal.

“Alles wat julle hier sien gebeur is net ʼn illusie,” vertel Richard ʼn leuen. “ʼn Gevaarlike illusie wat realisties lyk en voel,” gaan hy voort.

Almal lag vir Richard en is vrolik. Hulle smeek die platejoggie om voort te gaan met die sokkiejol musiek. Daar word verder gedans en gedrink.

Sowat ʼn halfuur later, is dit bedompig in die saal. Sy rooi oë dwaal oor die vertrek. Meer mense het die parytjie kom bywoon. Want hulle wil die talentvolle Richard ontmoet. Hulle het ook foto’s geneem van Richard, maar baie het sleg uitgekom.

Richard is gevra om meer toertjies te doen. Maar hy het nie meer toertjies gehad om te wys nie. Naderhand het die mense begin ongeduldig raak. So, hy verwys na die mense wat rond lê op die houtvloere. Hulle kreun-steun, nou besig om te transformeer.

“Wat is volgend?” vra een van die meisies in die groep. “Wys ons iets nuuts of verlaat die parytjie,” brom sy vieserig, en staan met arms gevou.

Richard kyk rond in die saal. Sy flinder is net weg. Waarheen kon die tienervampier tog so vinnig verdwyn het? wonder hy vieserig.

Die tienermeisie met die heuningbruin bene soek hom nie. Richard voel sy wange effens rooi verkleur. Woedend oor die pragtige meisie. Sy het hom laat dink aan Mona Lisa. Sy Johannesburg madonna…

Naderhand, verlaat Richard die partytjie. Hy vlieg gemaklik oor die saal. Dan land Richard in die stikdonker begrafplaas. Daar is gevaarlike, kil oë wat hom aangluur.

“Wat het jou so lank gevat?” vra sy ongeduldig. “Ons wag al ure vir jou om te kom rus,” kerm sy. Wys haar lang, skerp tande vir Richard. Dis dieselfde meisie wat Richard netnou ontmoet het! Die een met die pragtige bene en helderblou oë. Hy sug verlig. Gelukkig het sy die transformasie oorleef…

Richard glimlag tevrede. “Volg jy my nou,” vra Richard vaderlik, maar ferm.

Sy dink eers voordat sy antwoord. “Ja, natuurlik.”

“Jy’t nooit jou naam met my gedeel nie,” sê-vra Richard nuuskierig.

Sy gee ʼn halwe glimlag. Haar oë het silwer-blou opgehelder. “Ek dog vampiere kan gedagtes lees,” terg sy.

Richard se glimlag verbreed. “Telepatie, is nie eintlik my styl van kommunikeer nie… Lisa… Lisa Prinz.”

Lisa druk gou hare agter haar oor in. Sy stap koketterig na Richard toe. Dan streel Lisa haar vampiernaels teen sy wang. Richard se vel is verbasend sag. En sy soen hom passeivol op die lippe. Sy ken die man skaars, maar smag na sy liefde… sy aantrekingskrag.

“Jy behoort nou aan my, Richard,” fluister Lisa kil in sy oor. “Ons is een, soos vonkel en koljander,” voeg sy by.

Richard knik trots. Hy en Lisa loop tussendeur die ou- en nuwe grafte. Waar die wit spookmis hulle versigtig agtervolg. “Ek is die leier van die vampiere. Ek is inderdaad: Vrakula Richard Drakula.”