MERKMAN: AGENT 13 – Timothy de Vos Botha

Merkaman: Agent 13 – 2016 © Timothy de Vos Botha

VOLWASSE WETENSKAPFIKSIE (4 582 WOORDE)

 

Kobus storm by sy seun, Antonie se kamer in. “Word wakker, word nou wakker!” skree Kobus toe hy by Antonie se bed kom.

“Pa, ek slaap laat dit is dan nog vakansie” smeek Antonie vinnig tewyl hy deur die klein gleufies van sy nog slapende oë kyk.

“Nie vir jou nie, in die weermag moes jy lankal al wakker gewees het, kom staan nou op, ons ry môre weermag basis toe, en daar sukkel hulle nie baie om troepies wakker te kry nie, so jy moet nou al leer” sê Kobus weer terwyl hy by die deur uitstap.

Antonie maak of hy opstaan, maar toe hy sien sy pa is weg, toe gaan lê hy weer.

“Ag wat help dit tog ek lê weer, ek kan tog nie weer aan die slaap raak as ek eers wakker is nie” dink Antonie by homself. Sy pa het hom ʼn gat in die kop gepraat om by die weermag aan te sluit, hy sien rêrig nie kans hiervoor nie, dan moet hy nog vir sy eie pa Generaal sê as hy in die weermag is, voor al die ander.

“Ek weet my pa wil net die beste vir my hê, ek gaan hom nie in die steek laat nie, dit is to wat enige egte Generaal vir sy seun wil hê” dink Antonie weer by homself. Hy staan toe op, gaan was sy gesig en borsel sy tande, hy eet nie so vroeg ontbyt nie, daarna gaan trek hy sy oefen klere aan want hy weet sommer sy pa gaan hom vandag weer dril aangesien dit môre die groot dag is by die weermag.

Stiptelik nege uur stap hy af sitkamer toe en kry sy pa daar.

“Kom seun, ek is bly om te sien jy is uiteindelik wakker, laat ons begin oefen” sê Kobus en hulle stap saam by die deur uit.

 “Pa het nou gesê ons gaan saam oefen?” vra Antonie geskok.

“Dit is reg ja, ons gaan vandag saam oefen” Hulle stap voor by die erf se hek uit en stap so een kilometer verder om by die oefen veld te kom.

“Reg sak vir twintig!” sê Kobus dadelik.

“Ja Generaal!” antwoord Antonie terug en sak vir twintig. Daarna hardloop hy drie keer om die veld wat soos ʼn sirkel gevorm is, honderd meter by honderd meter, regrondom, sy pa hardloop en oefen die heeltyd saam met hom.

“Reg, jy vorder goed, nou gaan ons bietjie gewigte optel, arms oefen en bene oefen en daarna is ons klaar vir die dag” sê Kobus.

“So ontvang Generaal!” antwoord Antonie weer en hulle begin oefen. Sy pa tel twee keer swaarder gewigte op as hy.

“Sjoe pa tel omtrent swaar op” komplimenteer Antonie terwyl hulle ʼn laaste keer hulle arms oefen.

“Ja dit het my baie jare gevat om soveel kilogram op te tel” antwoord Kobus trots. Hulle oefen klaar vir die dag en hul elkeen gaan spring in die stort om die sweet van hulself af te was.

“Ek het sommer lekker gestort en di oefening het baie gehelp, baie dankie pa” sê Anonie.

“Ja dit was sommer baie lekker, en so stort na oefening is sommer baie verfrissend” antwoord Kobus tevrede terug. Antonie het darem al die geleentheid gehad om te werk by sy gunsteling eetplek, Spur, maar hy het eergister bedank want hy n sy pa he besluit hy sal goed doen in die weermag, al is hy so effens skraal gebou.

“Dink pa nie ek is dalk te maer vir die weermag nie?” vra Antonie skielik toe hul, hul ete in die sitkamer geniet.

“Dit maak nie rêrig saak nie my seun, ek was net so maer toe ek by die weermag aangesluit het, vra maar vir jou ma” antwoord Kobus tevrede terug en kyk na sy vrou en Antonie se ma, Gerda.

“Ja Antonie, jou pa was klein bietjie maerder as jy, maar toe hy om kuier na twee maande wat hy in die weermag was het hy sommer baie gwig opgetel en spiere gebou” sê Gerda die oomblik toe Kobus met haar oog kontak maak. Daar is ʼn sprankel in Antonie se oë, ʼn sprankel van trots.

“Sjoe dit is baie goed pa, hoeveel kilogram het pa in daai tydperk opgetel?” vra Antonie toe hy sy pa en ma se leë borde vat om te gaan was.

“Omtrent twintig kilogram my seun, ek het omtrent agt kilogram van daai twintig kilogram verbrand en weer opgetel in spiere” antwoord Kobus weer trots. Antonie se oë rek groot, nou kan hy nie wag om by die weermag te begin nie.

“Dit sal my baie goed laat voel as ek dit kan bereik wat pa bereik het” dink Antonie by homself terwyl hy die skottelgoed was. Nadat hy klaar gewas het maak hy gou vir hul almal koffie dra dit vir sy ouers aan, gaan haal syne en gaan sit en gesels weer lekker saam sy pa in die sitkamer oor die weermag.

“So my seun, is jy darem opgewonde oor die weermag?” vra Kobus toe Antonie uiteindelik weer sy sit kry.

“Verseker pa, nou meer as ooit!” bieg Antonie. “Hoe so?” vra Kobus nuuskierig.

“Ag, ek het maar net gedink ek sal baie goed voel oor myself, as ek fisies bereik wat pa bereik het, en ek weet sommer die weermag sal my dissipline ook leer” antwoord Antonie positief terug.

“Baie goeie antwoord my seun, en met sulke kennis gaan jy dit nog vêr maak in die weermag en in die lewe” sê Kobus. Antonie gaan sit vir oulaas langs sy ma op die bank en hou haar styf vas.

“Ek gaan vir ma baie mis, hierdie jaar wat voorlê” bieg Antonie terwyl hy sy ma ʼn drukkie gee.

“O rêrig? Wat gaan jy die meeste mis van my?” vra Gerda.

“Definitief ma se kos, en vir ma self” antwoord Antonie terug maar probeer dadelik weer om dit beter te vertel.

 “Ek bedoel ek gaan vir ma, ma se liefde en omgee baie mis, saam met ma se lekker kos.” Kobus en Gerda lag kliphard toe Antonie dit heeltemal anders vertel.

“Toema my kind, ma weet jy gaan haar kos die meeste mis” sê Gerda met ʼn knip-oog. “Nou maar toe, dat ons maar gaan inkruip, julle mans het môre ʼn lang pad weermag toe” sê Gerda dadelik weer en staan op uit haar stoel.

“Dis reg so ma, nag ma, nag pa, lekker slaap, lief vir julle” sê Antonie en gee vir sy ma ʼn drukkie en soentjie, sy pa se hand skud hy net. Hulle sê toe vir hom ook nag en hulle is lief vir hom, hulle almal stap toe op kamers toe en gaan slaap.

Die volgende oggend sewe uur toe is Antonie al wakker.

“Ek is so opgewonde ek kon skaars ʼn oog toe maak” dink hy by homself. Vandag moet hy ontbyt eet, want dit is ʼn langpad weermag toe, en dan gaan hulle dadelik begin leer en oefen wanneer hulle daar aankom. Antonie is besig om sy uniform aan te trek toe sy pa aan die deur klop.

“Môre seun, bly om te sien jy is wakker en amper klaar, jy lyk sommer spoggerig” komplimenteer Kobus toe Antonie sê hy kan maar in kom.

“Ag, baie dankie pa, ek hoop ek gaan so goed vaar soos wat ek lyk”terg hy toe hy sy kouse en skoene aantrek.

“Jy sal goed doen my seun, as jy klaar is kom eetkamer toe, ontbyt is al reg” antwoord Kobus terug.

“Dis reg so pa, ek is nou daar, ek is rasend honger” sê Antonie en loop na sy kamer se ingeboude badkamer toe, hy was sy gesig en stap dadelik af eetkamer toe.

“Sjoe, ma het omtrent lekker gekook” sê Antonie nog voor hy by die eetkamer is en die lekker reuk ruik wat in die lug hang soos wat sy ma ʼn hond uit ʼn bos in die kombuis staan en kook.

“Ja, seun, dis baie lekker jou ma het haar weer oortref vandag, lekker pannekoek, soet wortels, pampoen, patats, rys en ʼn lekker stuk beesvleis, net wat bedrywige boerseuns soos ons nodig het” spot Kobus.

 “Ja net so pa, met daai woorde het pa darem nie die kat aan die stert beet nie” sê Antonie laggend, hulle bid en begin eet.

Nadat hulle geëet het, gaan borsel Antonie gou sy tande en gaan haal sy tas vol klere en goed in sy kamer. Terwyl hy bo in die kamer bedrywig is, staan Kobus en Gerda in sitkamer en gesels.

 “Is jy seker daardie inspuiting gaan hom nie skade aan hom doen nie, Kobus?” vra Gerda bekommerd terwyl hul lanbgs mekaar gaan sit op die bank.

“Nee, Gerda, ek belowe, Dokter Coetzee is jare lank ʼn dokter en wetenskaplike by die weermag, hy ken sy storie, ons het rêrig ʼn merkman nodig, die laaste een wat ons gehad het was goed, groot gebou, vinnig en het die vyand vinnig uitgehaal, tot hulle hom ontvoer en vermoor het. Dokter Coetzee gebruik dieselfde soort gemengde vloeistowwe vir Antonie, maar net ʼn bietjie sterker, sodat Antonie nie ook gevang en vermoor kan word deur die vyand nie, ek sal ook die heeltyd daar wees om ʼn ogie te hou, jy weet hy sal nie gewig andersins kan optel nie, sy metabolisme laat dit glad nie toe nie” antwoord Kobus tevrede terug. Gerda rol net haar oë.

 “Dit is reg, jy beter my seun mooi oppas, hy’s ons enigste kind, Kobus” sê Gerda en ʼn traan rol by haar wang af.

“Dit is reg mamma, ek sal hom oppas, hy gaan in elk geval die heeltyd onder my leiding wees, ek sal hom goed beskerm onder my vlerke.” antwoord Kobus terug.

“Baie dankie Kobus, ek vertrou jou, en ek glo jy sal dit doen, hier kom Antonie nou!” Daar is ʼn ongemaklike stilte tussen Kobus en Gerda toe Antonie by die trappe afkom. “En nou dat julle so stil is, waaroor het julle nou gesels? Vra Antonie toe hy onder by sy ouers kom.

“Nee jou ma vertel my nou net hoe baie sy jou ook gaan mis” Antonie is nie so dom as wat hulle dink hy is nie.

“Ai, mamma, ons gaan darem gereeld bel, brief stuur en twee keer in die jaar wat ons daar gaan wees kom kuier, neh pa!” sê Antonie terwyl hulle voordeur se kant toe stap.”Ja my seun” sê Kobus maar kyk nie vir Antonie in die oë nie. Hulle altwee sê vir Gerda totsiens klim in die kar, en vertrek weermag toe.

Half nege daardie oggend vat hulle die pad weermag toe en gesels te lekker op die pad, terwyl Kobus bestuur.

“So ek dink jy voel seker nou al daai hol kol op jou maag, neh Antonie?” vra Kobus toe hulle naby die vulstasie se verkeerslig stop. “Ai, pa wil nie weet nie, maar ek is ook op dieselfde tyd baie opgewonde” die lig word groen en Kobus gee weer gas en trek weg. “Ja, moenie baie stres nie ons almal was daar, kalm wees my kind” sê Kobus toe hulle by die vultasie stop om petrol in te gooi en verversings te koop by die vulstasie se winkel. Terwyl Kobus die petrol ingooi, hol Antonie gou in by die winkel om die verversings te koop. Hulle is nou so honderd kilometer uit die dorp uit waar hulle bly en hul het nog twee honderd kilometer om te ry tot by die weermag basis.

“Goeie môre dame, ʼn pakkie Stuyvesant Filter ook asseblief” sê Antonie toe hy by die til kom om die verversings te betaal. “Is dit al meneer?” vra die kassier.

“Ja dit is al, baie dankie dame” antwoord Antonie vriendelik terug. Voor hy by die deur uitgaan steek hy eers die pakkie sigarette in sy baaidjie se sak weg. Kobus mag nie weet sy seun rook nie, dan sal hy eers gestraf word met die oefeninge wat sy pa hom laat doen.

“So ja, nou kan ons weer in die pad val” sê Kobus toe Antonie in die kar klim en weer sy sitplek inneem.

“Ja, laat ons ry, pa” sê Antonie en Kobus begin ry oor ʼn uur en ʼn half moet hulle by die weermag aanmeld. So honderd kilometer van die weermag basis af, lê Antonie vas aan die slaap in die sitplek langs sy pa sin in die kar. So vyftig meter verder stop Kobus langs die pad by ʼn ou gebou, hy moet gou die toilet gebruik, Dokter Coetzee werk binne die ou gebou.

“Goeie môre dokter, hoe gaan dit vandag?” vra Kobus toe hy tot binne die gebou stap. ʼn Man met grys hare en brille kom na Kobus se kant toe gestap.

“Sjoe, jy het my nou amper laat skrik Generaal Du Plessis, dit gaan goed vandag, en hoe gaan dit met jou?” vra die dokter nuuskierig.

 “Dit gaan goed dankie, kan ek dalk dokter se toilet gebruik as?” sê-vra Kobus toe hulle op die stoele by die dokter se werswinkel gaan sit.

 “Ja, jy mag maar, jy weet mos waar dit is” antwoord die dokter terug.

“Dankie Dokter Coetzee, ja ek weet waar dit is” sê Kobus en verlaat gou die kamer. Na tien minute kom Kobus weer na Dokter Coetzee se werkswinkel toe gestap en gaan sit weer langs hom.

“So waar is die pasiënt?” vra die dokter nuuskierig.

“Hy is daar in die kar dokter, hy slaap al die afgelope vyftig kilometer” antwoord Kobus terug.

“Dit is goed, nou ja ek het die mengsel aanmekaar geslaan en in die inspuiting gesit, al wat jy nou moet doen is om vir Antonie in te spuit, maar jy moet dit binne die volgende drie ure doen anders gaan dit verval en nie werk nie” waarsku Dokter Coetzee.

“Dit is goed doker, ek doen dit sommer nou as ek weer ry, sommer so terwyl hy slaap, is dit reg?” sê-vra Kobus weer.

“Ja dit is reg, jy kan dit inspuit terwyl hy slaap ja, as hy wakker word gaan hy bietjie duislig voel, maar dit is heeltemal normaal, as hy nie wakker is teen die tyd wat julle by die weermag basis is nie, gebruik hierdie en spuit hom daarmee in, hy sal dadelik wakker word” sê Dokter Coetzee en gee vir Kobus nog ʼn inspuiting vol groen goed, die ander insputing vol goed, is bloedrooi, dit lyk amper soos bloed.

“Dankie dokter, ek maak beslis so, ek gaan nou maar weer in die pad val, sien dokter môre by die weermag basis” antwoord Kobus opgewonde terug.

“Totsiens, en onthou wat ek gesê het, spuit hom dadelik in wanneer jy in die kar klim” waarsku Dokter Coetzee weer.

Hulle skud hande, groet mekaar ʼn laaste keer en Kobus stap uit kar toe, klim in die kar en sluit die kar aan. Voordat hy die petrol trap en begin ry, haal hy eers die inspuiting uit die sakkie uit en spuit dadelik vir Antonie daarmee in.

“Okay my seun, hierdie is vir jou land en vir ons, ek weet jy gaan ons almal baie trots maak” sê Kobus toe hy hom inspuit. Toe Kobus begin ry skrik Antonie wakker, hulle is al so tien kilometer van die Dokter se gebou af.

“Pa, iets het my nou gesteek” sê Antonie nog deur die slaap.

“Nee my seun, hier is nie bye nie net sand, grond en klip, ons is amper by die weermag basis” sê Kobus en begin so bietjie vinniger ry.

“Seker my verbeelding, ek het so lekker geslaap, ek het gedroom ek wen teen die vyand” sê Antonie opgewonde.

“Daai droom is ʼn goeie teken my kind, ek is seker jy sal ʼn reuse verskil maak” antwoord Kobus trots terug. Toe hulle by die basis aankom lyk Antonie reeds al effens groter gebou, maar hulle almal gaan na hul kampe toe waar hulle gaan slaap, waar Generaal Du Plessis gesê het hulle moet gaan, by ouderdoms groepe, alfabeties ens.

Toe Antonie lekker gemaklik voel, gaan oefen hy bietjie met gewigte en draf so bietjie om ordentlik fiks te word. Terwyl hy oefen kom sy pa na hom te gestap.”

Sien jy, dis nie so erg soos wat jy gedink het nie neh?” sê-vra Kobus.

“Nee glad nie Generaal, dit is eintlik baie lekker, ek het al klaar ʼn vriend gemaak en ek is nou eers ʼn uur hier” sê Antonie opgewonde. Kobus nooi vir Antonnie om gou saam met hom ʼn draai te gaan stap sodat hulle ʼn bietjie kan gesels. Hulle stap koppie se kant toe, langs die pad is daar net grond, dooie gras en klippe, Kobus vertel toe vir Antonie van die inspuiting en die goed binne waat binne die inspuiting was waarmee hy vir Antonie ingespuit het, Kobus verduidelik ook aan hom, hoekom hy dit gedoen het.

Antonie voel baie trots dat hy gekies is om die merkman te wees en is baie dankbaar teenoor sy pa.

“Baie dankie Generaal, dit is vir my ʼn groot voorreg om die merkman te wees” sê Antonie vir Kobus.

“Dit is goed, ek het gedink jy gaan kwaad wees vir my” sê Kobus bekommerd. “Nee glad nie, dit gaan lekker wees, wanneer begin my eerste missie?” vra Antonie nuuskierig. “Nou dadelik, ʼn vliegtuig gaan jou vat tot by Sirië, en jy gaan uit hom spring tot in ʼn kamp, jou missie is om elkeen in die kamp uit te haal, en as jy glo almal is uitgehaal moet jy seker maak die kamp is leeg, hier is jou radio, as jy die missie voltooi het laat weet my, dan gaan ons die kamp oorvat met Suid-Afrikaanse soldate, sodra ons daar land en al die soldate by die kamp is, is jou missie voltooi, so ja, jou teiken, almal in daai kamp!” voer Generaal Du Plessis die bevel uit.

“Ja, Generaal!” antwoord Antonie terug, Kobus vat hom toe na die vliegtuig toe, Antonie klim in en die vliegtuig begin vlieg.

Dit is maar net ʼn twee ure vlug, terwyl Antonie in die vliegtuig is sit en dink hy oor als.

“Sjoe dit omtrent ʼn eer om ʼn Merkman te wees vir die weermag.”

Die vliegtuig het sopas opgestyg.

“Ek wonder die hoeveelste Merkman is ek dan nou rêrig?” dink hy weer by homself.

Die vliegtuig is nou ordentlik in die lug en vlieg teen ʼn goeie twee honderd en sestig kilometer per uur.

“Jy’s Merkman: Agent dertien” skreeu die vlieënier van voor af, eintlik sommer net hier by Antonie.

“So ek is die dertiende merkman?” vra Antonie nuuskierig terwyl hy nader aan die vlieënier stap.

“Ja dit is reg, ek is Sersant Jacobs, Alfa Bravo 5016088. Ek is eintlik in die lugmag, nie in die weermag nie, maar ek vlieg ook soldate en troepe rond.”

“So ontvang” sê Antonie vol hoop en geloof.

“Hoe vêr nog voor ons in Sirië is?” vra Antonie opgewonde.

“Nog so tien minute, Agent dertien” antwoord die vlieënier vriendelik terug.

Na tien minute gryp Antonie gou vir hom ʼn valskerm, hy vat een wat redelik nuut lyk. Die een wat hy vat is rooi, dit is nogal sy gunsteling kleur. Oppad na die deur toe wat binne enkele sekondes oop sal gaan vir hom om te spring verduidelik die vlieënier eers vir hom wat om te doen en hoe om te spring, ook wanneer hy die valskerm moet oopmaak.

“As jy omtrent so duisend meter af is maak jou valskerm oop, maak seker hy is reg op jou rug en die tou is nie geknoop nie, doen dit nou voor jy spring, en sodra die deur oop is en jy’s reg dan spring jy, moenie te lank vat nie want ek kan nie die vliegtuig stop nie, die vyand kan ons dan maklik sien” sê Sersant Jacobs.

“So ontvang” antwoord Antonie en maak homself reg om te spring, ongeveer twintig sekondes later toe gaan die deur oop vir hom om te spring, en hy spring. Dit is nie eers tien minute later nie en hy land in die kamp, Antonie is nou op sy grootste gebou, en vinniger as vinnig. Die oomblik toe hy land vind hy skuiling agter ʼn klein huisie, nou haal hy sy rewolwer uit en die aksie begin.

Hy skiet maar daar is te veel mense wat die vyand is en sy rewolwer se koëels is klaar na ongeveer tien minute se oor en weer geskietery.

“Doef” tref ʼn koëel hom, hy sien die gat in sy skouer en begin stres, hy sien ook dat die gat dadelik weer toe gaan.

“Sjoe dis wonderlik” dink hy by homself. Hy besluit nee hy gaan nou hardloop en die vyand afmaai met sy hande en bene, die oomblik toe hy agter die gebou uit hardloop sien hy net koëels wat deur die lug vlieg, hy skrik nie eers nie, skielik toe hou die geweerskote op en alles is stil.

“Dis nou of nooit” dink hy by homself, hy hardloop reguit op tien man af en haal hulle almal binne enkele sekondes uit met sy vuis en skoppe, skoppe wat mens eintlik baie lank vat om te leer. Die kamp is omring deur nog so sewentig vyande. Maar binne minute is hy klaar met al die vyande binne die kamp en is besig om die vyande buite om die kamp af te maai.

“Doef” “Dwa” klink die houe soos Antonie die vyand afmaai, na ongeveer tien minute is hy klaar, hy loop om die kamp en maak seker dat daar nie nog lewende vyande is nie, daarna toe gaan loop hy binne die kamp en maak ook daar seker dat daar nie nog ʼn lewende vyand is nie, maar almal is afgemaai. Daarna haal hy sy radio wat aan sy broek uit en laat weet sy pa vinnig dat hy die vyand oorwin het.

“Generaal Du Plessis, ek is klaar hulle almal is dood” lui sy boodskap oor die radio aan sy pa.

“So ontvang dankie Agent dertien, ons stuur nou ʼn helikopter met soldate uit, die vliegtuig agter die helikopter is die een waarin jy terug kom basis toe, die helikopter bly daar by die kamp.”

“So ontvang Generaal, ek loop nou terug na waar ek geland het, ek sal sommer die vliegtuig daar kry” antwoord Antonie opgewonde terug, hy sit die radio af en begin te stap na die bestemming toe waar hy geland het nadat hy uit die vliegtuig gespring het.

Generaal Du Plessis: “Sjoe, Kaptein Smuts, hierdie merkman is beter, dit het hom nie eers ʼn half uur gevat nadat hy geland het om die vyand te oorwin nie, die vorige merkman het vyf en veertig minute gevat om die vyand te oorslaan, in ʼn soortgelyke kamp.”

Kaptein Smuts:” Ja sowaar, Generaal. Ons het die beste een ooit, ons moet hom mooi oppas, sodra hy oor twee ure terug is dan kan ons ʼn vergadering reël, dan kan jy hom ampetlik aanstel.”

Generaal Du Plessis:” So ontvang Kaptein, sien jou oor twee en ʼn half ure by die parade.”

Kaptein:” So ontvang Generaal, sien jou dan.”

Hulle gesels hulle heerlik oor die radio, die helikopter en vliegtuig is amper in Sirië naby die kamp waar Antonie vir die vliegtuig wag waarin hy terug gaan Suid-Afrikaanse weermag basis toe, sy eerste missie is voltooi.

“Ek is sommer baie trots op myself” dink Antonie by homself terwyl hy op die klip sit en wag vir die vliegtuig, hy sit omtrent tien minute daar nadat hy tot daar gestap het, en toe kom die vliegtuig en helikopter daar aan.

“Sjoe, hier is my vervoer nou” dink Antonie weer by homself en kyk waar die vlieguitg gaan land, die vlieguit land so twee kilometer reguit van waar hy nou is. Hy draf somme vinnig daarna toe om en klim in die vliegtuig. Dit is weer dieselfde vlieënier.

“Dankie tog” sê Antonie verlig.

“En nou?” vra Sersant Jacobs nuuskierig.

“Nee ek is net bly dit is dieselfde vlieënier, ek het nie kans gestaan vir ander geselskap nie” terg Antonie.

“Ja nee, ek is vandag heeldag aandiens as vlieënier van hierdie vliegtuig” antwoord Sersant Jacobs terug, die vliegtuig styg op en is vinnig in die lug besig om te vlieg.

Na ongeveer ʼn twee ure vlug klim Antonie trots by die vliegtuig uit en loop by die weermag basis in, sy pa staan heelvoor vir hom en wag, al die ander soldate staan gesalueer, Antonie groet sy pa en Generaal Du Plessis sê vir Antonie hoe trots hy op sy seun is, daarna stap Antonie tussen die soldate deur wat op aandag staan om respek te toon teenoor Antonie, om hom geluk te wens. Sy pa sê vir hom hulle almal gaan nou parade toe.

“Reg so Generaal, ons kan sommer saam stap” antwoord Antonie en hulle stap saam na die parade toe, oppad parade toe gesels hulle lekker saam.

“Hoe was dit gewees? Vra die Generaal skielik.

“Dit was eintlik lekker, ek het dit geniet, dit het sommer spoedig gebeur” antwoord Antonie.

“Ja nee, dit was nogal vinnig” antwoord Generaal Du Plessis trots terug.

“Daarsy, hier is die parade gaan staan daar in die ry op aandag saam die ander soldate ‘seblief” sê Generaal Du Plessis weer.

“So ontvang Generaal” antwoord Antonie terug.

Generaal Du Plessis gaan staan heelvoor by die mikrofoon en begin gesels nadat hulle almal mekaar gesalueer en op die manier gegroet het.

“Dagsê soldate van die Suid-Afrikaanse weermag, na ʼn baie lng soektog het ons weer ʼn merkman in ons midde, en vandag hier by hierdie parade, gaan ek hom amptelik aanstel” begin Generaal Du Plessis te praat.

“Antonie Du Plessis sal jy asseblief vir ons na vore kom” bevel Generaal Du Plessis, Antonie staan op en stap vorentoe met ʼn groot glimlag op sy gesig, dit voel soos ʼn droom, toe Antonie voor kom staan hy op aandag na die res van die soldate se kant toe, maar hy salueer eers vir Generaal Du Plessis.

“Hiermee, stel ek Generaal Du Plessis van die Suid-Afrikaanse weermag jou ampetelik as on dertiende Merkman aan” sê Antonie se pa en hulle skud hand.

“Ek stel ampetlik aan julle bekend, Merkman: Agent 13, hy is nou deel van ons broederskap, en al die reëls wat vir julle geld, geld vir hom, niemand word nooit uitgesonder nie, en niemand sal ooit uitgesonder word solank ek hier is nie, al het iemand beter eienskappe en doen sy wrk beter sal hy nie uitgesonder wrd nie, dieselfde reëls sal vir hom ook geld” sê Generaal Du Plessis vir almal.

“Dankie Generaal, en dankie almal, dit is vir my ʼn eer om julle dertiende merkman te wees, ek glo ons almal gaan ʼn goeie en lang pa saam stap” sê Antonie torts en almal klap vir hom hande, die parade verdaag en almal gaan terug om verder te oefen, Generaal Du Plessis roep vir Antonie eenkant toe.

“Is jy reg vir jou tweede missie?” vra die Generaal.

“Ja Generaal” sê Antonie.

“Jou tweede missie is soos volg, jy kan vir ʼn maand huistoe gaan, maar nogsteeds as werkende soldaat, dit is nie verlof nie, dit is ʼn missie, jy moet al die misdaad in jou tuisdorp verminder met meer as die helfte, die dorp en sy mense veilig hou, Generaal Louw gaan ook daar wees om als dop te hou en terug na my te rapporteer, as die missie voltooi is na ʼn maand kry jy verlof en bly by die huis vir nog ʼn maand.”

“Ja Generaal, so ontvang!” antwoord Antonie en gaan kry sy goed reg vir die langpad terug huis toe saam met Generaal Louw.

Die Einde.