Onwetende elfin

Roeline van Schalkwyk

Onwetende elfin – 2017 © Roeline van Schalkwyk

Gedig – Volwasse Fantasie

[spacer height=”20px”]

elke jaar op 20 Junie

elke aand om tienuur

vanaf ek ses jaar oud was

in my ouers se huis

loer feetjies om die hoek

giggelend waai hulle vir my

saggies op my tone volg ek

af in die gang

af in die tuin

liggies blink towerstaffies

trippel rondom my

‘n jong elf loer agter die bome

(ligte hare en silwer oë)

kom vorentoe

wink my nader

af op die voetpaadjie

af na die rivier

 

net daar staan hy

sing in diep stadige stem

Donker *Elfrik het sy magte herwin

saam sal ons hom moet oorwin

saam wysheid hê van ‘n dwerg

verbode inligting is verberg

waar is hulle?

saam lojaal en vuur wees van ‘n feniks

donker towerkuns beteken niks

als is swart

saam sterk wees soos die reuse

wat is jou keuse?

gaan jy saam veg?

sorg jou antwoord is reg

wie is jy?