Spooktrein – 2017 © Evert Pretorius
Fantasie Gedig
kyk die mis op die berg
tergend, onmisbaar
hang die sekelmaan laag
duisternis wat aan ons knaag
weet stel wat vandag sterf
gooi die kole, dit word laat
ry tussen spookagtige bome
en sien die stoomtrein se
vensters van waterglas
treinspoor spog met
gryswit stoom
suiwer asem, rookwolke
wasems raak blou hemelruim
waar die aasvoëls dans
en drome van kinders veilig bewaar
hoor skril geluide van wolwe huil
spooktrein van blouwit strepe
goudgeel kolle, silver sterre
ry saam rooi sekelmaan
trek die fluit, rek dit stil uit
sitplekke gemaklik, spannend
sprankelinde soet wyn
meer as net verganklik
spooktrein ry waar die
spoke altyd verskyn
en wee die stel wat verdwyn
stook vuur, stook kole
met kleurvolle strukture,
entrepreneur masjienarie
en spoorleine wat
tjoek en hoet
brieke swig, sug hard
snags doen hy sy plig
en laat blouwit geeste
in jou oor saggies fluister
oor die naggeluide