Murmel

Chantal Pretorius

murmel  – 2019 © Chantal Pretorius

Spookstorie Fantasie

Die telefoon in die tronksel aanhoudend lui. Dit wek die doodstilte in die gevaarlike plek op. Al wie binne-in is, is die bewaarders en die min prisoniers. Wat hom meeste pla binne is die lispel illusie wat die plek skep.

Karl Prinsloo haal die foon van die mikkie af. Hy druk die gehoorbuis teen sy oor. Hy luister aandagtig na die vreemde, senuagtige asemhaling aan die anderkant.

“Baas, ek hoor stemme met my praat!” sê Batho skrikkerig, sy stem hees en vreesbevange.

Karl gee ’n kil laggie. “Waarvan praat jy, Batho? Daar is geen bandiete in daai seksie nie.”

“Ek hoor dit. Dit hou net aan. Dit stop nie.”

Batho is een van die nuwe lede. Hy het eers ses maande opleiding gekry, voordat hy aangestel kan word. Nou werk hy in C-Maksimum.

Dis een van die gevaarlikste dele in die tronk. Jou salaris kry ’n hipstoot, maar dis jou lewe wat nikswerd is nie. Hy doen dit vir die werk, vir die geld, nie vir die mense in oranje nie.

Hier is geen korreksie vir hulle nie.

Karl weet wat spook binne die tronk. Dis die vyf dekade oue sterfdes wat hier gehang was. Hulle noem dit die doodskamer.

Waar verlore siele die bewaardes teister met hul lispel. Die geeste skep illusies met ons, laat ons glo hulle bestaan regtig. Ons weet wat die ware realiteit is, ons is lewend en hulle is dood.

Dis die land wye bekende wetenskaplike, Bruno Enslin, wat die prisoniers beheer. Elke week besoek hy die plek om sy patent uit te voer. Hy het altyd byderhand sy silwer tas met al sy tegnologie in.

Karl aan die anderhand hou homself eenkant. Hy hou van die idee hoe misdadigers hulle straf kry. Die kriminele word op die verklikker getoets of hul skuldig is of nie. As hul skuldig bevind word is dit toeka toe met hulle.

“Moenie bang wees nie. Hulle kan jou niks maak nie,” laat Karl hom glo.

“Okei baas,” is al wat hy uitkry.

Die foon biep-biep in sy ore. Karl sit die foon terug op die mikkie. Hy gaan sit weer op sy houtstoel, raak gemaklik en probeer te slaap. Toe sy oë wil-wil toesak, skrik hy wakker en sit regop deur ’n ruk aan die veiligheidshek.

Karl staan raps op. Hy stap spoedig na die hek toe. Sy vingers streel oor die staalkosyn vir interessantheidsonthalwe, toe dit weer hard ruk. ’n Onaangename koue briesie stroom in dat hy ril, sy armhare rys en hoendervleis slaan op sy arms uit. Dis net ’n lawwe wind wat hom op hol jaag en skrik maak.

Batho se oproep gee hom onnodig hart kloppings. Sy hart voel na vreesbevange flinders wat nêrens heen kan vlieg nie. Sy hart sit nou in sy keel vas oor wat volgende gebeur.

Sy asem word wasem. Karl weet wat dit beteken. Nog ’n bandiet is op pad.

Mis suipel onder die hek deur soos ’n doodswit kombers. Verlangs hoor hy pratende stemme nadekrom en ook haastige voetstappe. Hy sien skadus van mense wat rek met elke stap wat hul gee. Die mense kom om die hoek te voorskyn.

Twee bewaardes in bruin uniforms bring ’n gevangene na binne. Die tronkbewoner se lang, swart takhare hang in slierte oor sy skouers, sy oë lyk hol en leeg. Om sy mondhoeke prikkel ’n sinistriese glimlag, en hou Karl se gespanne blik stip dop. Dis nog een man wat hy vanaand moet oppas.

Karl loop angstig na die staalhek toe. Druk die witkaart teen die rekenaarmonitor en dit skuif outomaties oop. Hy gaan staan eenkant, die manne stap in en doen die nodige. En die prisonier is vasgevang binne-in sy glasboks.

Karl groet die manne, sien hoe hulle die seksie verlaat en hy sluit weer die hek toe. Karl se oë dwaal oor die plek. Hy is alleen binne die seksie, saam met een prisonier en die spoke.

Hy loer in by die bot man se boks. Hy sit op sy bed en elke beweging van Karl word deur toeskerfies oë dopgehou. Hy hou niks van die man se stilswye nie.

Dis aand en Karl luister na die aandgeluide. Dis ’n uil wat buite hoe-hoe, die dood roep, iemand gaan vanaand sterf. Dan is dit die lastige krieke wat sy ore laat suis. Laaste die voertuie in die verte wat frustreerd hoet en toet. Die tyd van die Vrydagaand is dit besig, selfs die diere en insekte weet dit.

Die korrektiewe dienste tronk is stil. Te stil na sy sin. Hy hou niks van die stilte binne nie.

Toe Karl se nekhare begin rys. Mis stroom onder die hek weer in. Hy staan op en gaan stel ondersoek in. Daar is niemand buite die hek nie, geen stemme is hoorbaar nie en geen skadus is sigbaar nie. Wat is aan die gebeur?

Skielik flikker die ligte bo sy kop vir minutes lank. Tussendeur dit als, raak die gange rietdonker, terwyl die dakligte met sy kop smokkel. Sy blik bly fokus op die donkerte. Hy is vrek bang vir dit, dit bring iets saam met dit.

Die rooilig skuins oorkant hom flikker op. Sy blik kyk bang rond. Die hele vertrek is skarlaken binne. Dit lyk na die dood.

Dit beteken een prisonier het ontsnap. Dis al rede vir die veiligheidslig wat skyn. Hy wonder wie kan dit weet.

Hy hoop nie dis ’n gevaarlike prisonier nie. Hy sal nie die stryd van oorlewing kan oorleef as dit B-maksimum sin is nie. Oralste kyk hy rond in die plek. Hy wonder wat gaan alles buite die hek aan.

Hy mag glad nie in sulke situasies sy seksie verlaat nie. Veral nie die mense wat in die torings werk nie. Hy en die res is vasgevang binne. Hopelik nie vir lank nie.

Karl gaan staan voor die hek. Skielik hardloop bewaardes gillend die gange af. Wat op dees aarde is aan die gang?

“Hei!  julle mag nie jul poste verlaat nie!” skel hy, maar sy woorde weergalm terug en gaan tot niet. Hulle luister geensins na hom nie.

Karl se bang oë waarneem die helderwitblou skynsel. Hy sluk die spoeg wat in sy kiewe kriewel af, maar dit bly kriewel. Hy gaan kruip in die linkerhoek weg, naby die takhaar man, dis veiliger. Hy vrees dit wat hy aanskou.

Is dit ’n engel?

Is dit ’n spook?

Wat presies is dit?

Karl gil toe die vertrek pikdonker raak. Hy aanskou die blouwit figuur nader kom en dis nou van aangesig tot aangesig. Hy gil weer eens, maar dit help niks nie. Niemand kan hom hoor in die ander seksies nie.

Die tefefoon aanhoudend weer lui. Hy probeer uit die hoek te onstnap. Maar die blouwit figuur hou hom in sy greep. “Los my! Laat my gaan! Ek’t jou niks gemaak nie!”

Karl gil voort: “Help my! Help my iemand!”

Dis toe die ligte weer eens aanskakel. Karl sit regop, sy oë staar op na die dak. ’n Donker skaduwee klou-sweef aan die dak vas. Sy kop sak en staar in die prisonier se kil gesig vas. Wetend hy is in ’n hoek gedryf.

Uit vrees spring Karl op. Hy word oorval deur die prisonier. Hy ontvang vuishoue in die ribbes, maag en rug. Toe hy op die blinkwit teëlvloer inmekaarsak en word verder getakel.

Die pyn wat hy ervaar is erg. Karl kners op sy tande en bol sy vuis en slaan terug. Die takhaar tuimel tru en bly stil lê. Karl staan treuselrig op van die vloer.

Hy vee die bloed wat oor sy onderlip loop af. Dis sy bloed en hy hou niks van dit nie. Hy hang-leun duislig aan die glasblad.

Toe een prisonier sy gevreet teen die ruit druk. Hy lag kil dat Karl sy breë bek en skerppunt tande kan waarneem. Verdomde ondier, barbaar. Karl se hand ruk weg en hy krippelstap na die prisonier toe. Hy buk, voel sy pols en hy is ontsield.

Dis die ander psigopate. Dis hulle wat alreeds die doodsvonnis gekry het. Hul siele kan nooit rus nie, dis hul lewenslange straf.

Die siele word vasgevang in die glasbokse. Hulle sal nooit weet wat Hemel of Hel is nie. Hulle is kluisenaars binne.

Dis sy werk, nes die res van die bewaardes om hul op te pas. Dag en nag. Hulle wat nie gesinne besit nie, woon op die perseel, in woonstelle wat uitreik tussen die wolke in. Dis sy werk om die land te beserm teen die vullis.

Hy, wat Karl is, is ook kluisenaar hier.

Karl gluur blitsig op sy bleutooth-polshorlosie. Die tyd raak min. Die prisonier moet in sy selboks in, sy vonnis kom. Hy sleep hom na binne en die glasdeure skuif onverwags outomaties toe.

Karl se vuiste slaan histeries teenaan die ruit. Dis geluidloos binne. Dis om die gepratery van prisoniers in toom te hou. Dit spaar die bewaarders om na hul gruwel-dade te luister.

Karl se kop lig – hy hoor ’n swiep-swap bo sy kop. In die metaaldak vas, spin sirkels, van klein na groot in die rondte. Tussendeur die sirkels skitter ’n witlig, dit straal die kamer vol en tref hom en die prisonier.

Karl sak op sy hurke af en gil. Hy tuur na sy hande, dit begin te disintrigreer en sy velle skeer stuk-stuk af. Hy kners weer eens op sy tande in pyn. Hy en die prisonier se liggame kwyn weg.

Hy draai vlugtig om, die takhaar staan regop en kyk hom kil aan. Die man is blouwit. Karl lig sy arms op, staar na sy hande, dis ook blouwit. Hy is nie meer een van die lewendes nie, maar die dooies.

Dit kom by hom op dat die ander blouwit figuur die ontsnapte is. En hy het die man gesien in sy seksie rondwandel. Dié is nog iewers in die tronk.

Die veiligheidshek swaai oop en die man in sy wit jas kom binne. Die hek swaai outomaties weer toe. Sy oë dwaal oor die C-seksie. Niemand is binne nie.

“Waar is die bewaarder?” vra Bruno homself af.

Hy sit sy silwer tas langs hom neer. Hy loop van een selboks, na die ander. Sy gesig word bleek. Hy kan nie glo wat hy waarneem nie.

Die bewaarder in sy ligbruin uniform word oorval deur die martelaar: Bil Jagstir. Hy is een van die gevaarlikste prisoniers hier. Hy het negentig mense al wreed vermoor.

Geen prisonier sal ooit kans kry op parool nie. Hul dood sorg daarvoor.

Bruno loer in na sy werkende patent. Die doodslig neem die liggame op en stuur dit in die buitenste ruimte weg om te verys. Dit word gedoen deur sy wetenskaplike patent.

Hoe word dit gedoen? Die illusie-sirkels stuur seine na stertsterre en dit kommunikeer met die satelliete wat kristalwit ligte afstuur na die sirkels toe deur massiewe rekenaars, dan sel toe.

Ongelukkig het die bewaarder in die spelvuur beland. Sy siel sal in die glasboks tot in alle ewigheid vasgevang bly. Sonder ooit te kenne raak van vryheid.

“Arme man. Dankie tog hy is gesin vry.”

Toe hy die plek wil verlaat lui die telefoon en dit skril deur die stil plek. Hy loop soentoe, tel die foon op en druk die buis teen sy oor. Aan die anderkant is lispel van stemme. Toe dit biep-biep in sy oor. Hy sit dit weer terug op die mikkie.

“Ek sal die saak oor die bewaarder gaan aanmeld. Nie dat dit enige vrugte gaan afwerk nie. Hulle ken al die risikos.” Hy verlaat die C-maksimum, terug na sy eie kantoor toe.

Karl loer uit die ruit. Daar is niemand buite nie. Al wat hoorbaar is, is die murmel van die geeste. Hy druk sy ore toe en gil. Dis soos Batho gesê het, die stemme hou nie op nie.

Hy bol sy vuiste en slaan aanhoudend teen die glasruite. “Help my! help my iemand! Ek wil hier uit! Ek hoort nie hier nie!” Skree hy om hulp, voor die martelaar, Bil hom weer aanrand. Al wat hy nie voel nie is pyn, dis maar al.

Die einde.