Adellé von Rönge Kotzé – 2023 Wenner

Nag van Samhain

Geskryf deur

Adellé von Rönge Kotzé

 

Ysig!

Die enkele woord weergalm deur haar moeë brein. Hoekom is dit so vrek koud? Klappertand skuif Nieke haar pynlike seer lyf meer gemaklik. Die bed voel te hard en dis vriesend wat gaan aan? Die vrae wapper soos ’n winter windjie deur haar kop. ’n Brein voel gebreek en hopeloos te tam om boonop al hierdie malende vrae te beantwoord. Tog bly dit aan haar knaag soos ’n honger rot. Binne-in haar siel weet sy iets is verkeerd, maar wat? Die kombers is te styf om haar gewikkel, sy kan nie beweeg nie. Sy rek haar swaar ooglede oop. Die intense donkererte om haar is voelbaar drukkend teen haar oogballe. Hoekom is dit so donker? Haar kamer is tog nie so middernag swart nie daar is altyd ’n liggie wat inwikkel van buite af. Sy probeer maar kry nie haar arms geroer onder die kombers nie. Maar as sy onder ’n kombers lê hoekom kry sy so koud?

Haar oë tas in die donker bokant haar kop. Verbeel sy haar of is daardie ’n flou glinstering. Hoekom sou daardie vae glinstering van ’n rooi liggie bokant haar bed wees? Sy het nie ’n liggie bokant haar bed nie. ’n Intense ongemak skop nes in haar binneste.

Waar is sy?

Die koue maak haar lam sy kan nie dink nie. Sy is duidelik nie in haar bed nie, hoekom kan sy nie onthou waar sy is nie? Sy begin meer te wikkel  so in die donker, met moeite kry sy haar linker arm los gevoel uit die harde plastiekagtig ding wat om haar gedraai is en voel versigtig aan die liggie, skielik is daar ’n knip geluid bokant haar kop en ’n opening gaan agter haar oop. Lig stroom die plek binne waar sy lê. Verdwaas staar sy kop onderstebo na die steriel kamer agter haar. ’n Lewende angs neem van haar besit. “Dit dit kan nie nie wees nie-” fluister sy met ’n hees stem. Bibberend met wyd gerekte oë probeer sy om haar lyf uit die kas waarin sy lê gewikkel te kry, maar dis ter vergeefs. Sy trek aan die kant van die staal kas, die staal laai waarop sy lê kan sy stukkie vir stukkie stadige laat uit gly. ’n Teëlvloer lê blink onder haar. Met nog ’n geswoeg draai sy om en val die meter of so grond toe. Met ’n hik val sy op haar linker arm. Pyn blom skerp deur haar arm en sy knip haastig die trane weg. Haar oë draai verward om die kamer in te neem. Sy is wragtie in ’n lykshuis. Toegedraai soos ’n mummy in plastiek verbande reg vir die graf. ’n Koue sweet slaan oor haar liggaam uit. Maar ek’s nie dood nie, weergalm dit deur haar brein. Sy kyk na haarself sy is styf toegewikkel ’n gevangene in sellofaan. Met moeite begin sy haarself uit die harde gemors woel, dankbaar dat die persoon wat haar hier gesit het sekerlik te haastig was om seker te maak haar kop was toe gedraai. Na wat soos ure voel stoot sy die laaste stuk van haar af en staan op bewende wankelende bene regop. Sy klou aan die laai voor haar. Dis so koud. Vriesend. Hoekom was sy in ’n yskas in die lykshuis? Dis nie asof sy dood is nie, sy haal asem, sy kan die wasem voor haar sien in die lig hang soos ’n spook wolk. Sy kyk af. Naak. Verwoed gly haar oë deur die dof verligte steriele koue vertrek en sien ’n hopie bekende klere in ’n deursigte sak op ’n werktafel lê. Versigtig stap sy treetjie vir treetjie op die punte van haar tone na die sak, haar oë deurentyd op die kamer om haar. Enige oomblik gaan een of ander gedierte of dalk nog ’n wandelende onmens uit die yskas val en dan is sy regtig kis boude. “Nee fokus Nieke die is beslis nie jou einde,” raas sy met haarself haar arms beskermd om haar naakte bors gevou. Instrumente en toerusting lê blink op tafels om haar. Die reuk ontsmettingsmiddels en nog erger die dood wil haar oorweldig, maar sy kners op haar tande en beur voort. Sy is uitgemergel moeg maar moet deurdruk hier kan sy nie bly nie. Sy bereik die tafel, bewend trek sy die sak nader. Haar ou afgeleefde swart denim en ewe swart toppie lê netjies opgevou in die sak. Haar onderklere net daaronder met haar skoene. Die blote idee dat ’n wildvreemde haar klere uitgetrek het en haar liggaam toegedraai het in ’n rol sellofaan maak haar wange vlam  en woede in haar keel opkruip. Kragtie sy’s mos nie vrek nie! Dankie, tog niemand het al besluit om haar te staan en oopsaag soos ’’n vars geslagte skaap nie. Versigtig haal sy die klere uit en trek haastig aan. Dadelik voel sy beter en vee deur haar deurmekaar donker hare wat sliererig teen haar gesig hang.

Voetstappe.

Angs wil haar oorweldig. Benoud kyk sy rond, met vleuels aan haar voete hardloop sy vir die laaikas waarin sy skaars vyf minute gelede nog gelê het. Sy klap die deur toe en duik vir die naaste lykskouingstafel agter haar. Die einste tafel waarop ’n kadawer sy lot lê en afwag onder ’n sneeuwit laken. ’n Deur word opgestoot harde voetstappe weerklink in die vertrek. Sy skrik en stamp aan die staal poot. ’n Bleek hand gly onder die lap uit en hang soos ’n dooie vink reg voor haar neus. Sy kners hoorbaar aan die gil wat wil uit. Die persoon het nou gaan staan, sy is seker sy kan oë op haar voel brand. Sy bewe, haar tande klap op mekaar, sy kan dit nie help nie die gekletter is duidelik hoorbaar in die koue vertrek. Sy probeer haarself kleiner maak agter die staal tafel.

“Nieke?”

Haar naam weergalm deur die koue om haar. Hoe ken hierdie ou haar naam dit maak nie sin nie?

“ Toe ek weet jy is hier binne.” Voetstappe beweeg al hoe nader. Stadig, een voet na die ander. Doelgerig.

Sweet slaan op haar voorkop uit. Verward dartel haar oë deur die spasie om haar. Net koue sterile mure begroet haar. Deksels sy moes terug geklim het in daai yskas hy sou haar nooit daar gesoek het nie.

“Nieke kom nou,” dreun die stem deur die stilte. “Die tyd stap en ons het nog baie om te doen.”

Soos wat, huiwer dit op haar droë lippe, net betyds sluk sy dit af.

“Nieke?”

Sy besef skielik hý staan nou reg langs haar, sommer net so. Sy sluk droog, angs ’n werklikheid in haar skraal lyf. Versigtig draai sy haar kop in sy rigting. Swart leer skoene. ’n Grys denim broek, ’n leer gordel, swart hemp met silver knope, geen das. Sy sluk terwyl haar oë stadig nog hoër beweeg. Bruin gebrande keel, sterk Adams appel, stewige ken en ’n sagte mond wat half glimlag. Sy reguit neus lyk aristokraties. Sy oë is die kleur van vars gesnyde gras, ’n groen wat sy sy nog nooit tevore gesien het nie, sy hare platinum blond krul oor baie breë manlike skouers. Te blerrie aantreklik vir ’n boef, dink sy haar oë vasgenael op syne. Gans en al hopeloos te aantreklik, punt. Maar verdomp wat soek hy dan hier van alle plekke en hoe ken hy haar?

“Hi Nieke.” Sy bruingebrande manlike hand strek na haar uit.

Versigtig staan sy regop terwyl sy die hand ignoreer. Genade dis nie asof sy nog nooit ’n man in haar lewe gesien het nie, maar die ene hy is hopeloos te manlik na haar sin.  Haar bene kramp nou van die stil sit op een plek en die brutale koue van die plek help glad nie. “Hoe ken jy my?” vra sy verward en kruis haar arms onthuts oor haar bors. Sy voel ontnugter en bitter kwesbaar.

“Ons ken mekaar al jou hele lewe lank Nieke, maar het eers nou kans gekry om te ontmoet.” Sy glimlag laat kuiltjies flits in sy manlike gesig. “Aangename kennis Nieke, my naam is Douw.”

“ Net Douw?” vra sy haar hande nou langs haar sye.

“Ja net Douw vir nou.”

“ H’m ’n rymer sien ek.”

Hy kyk vraend na haar en dan oor sy skouer. “Kom ons sal moet gaan.”

“ Maar ek ken jou nie Douw,” maak sy beswaar “waarheen is jy nogal so haastig heen op pad.” Haar arms kruis weer beskermd oor haar bors. Haar oë dartel deur die vertrek maar merk net een deur op. Sy is nog te gevries om behoorlik te hardloop so sy sal nie gou genoeg van de ou kan wegkom nie hy lyk te blerrie rats na haar sin.

“Daar is ongelukkig nie nou tyd vir al daai vrae nie Nieke, vertrou my net asseblief. Sy oë rus klam op haar. “Al wat ek nou vir jou kan sê is dat jou eendag vanaand aangebreek het.” Weer strek hy sy hand na haar uit sy blik gerusstellend op hare gerig.

Iets binne haar swig en sy knik, wat sal dit tog nou help om tee te skop sy moet hier uit of anders gaan sy net nou ook op die blerrie tafel lê soos die arme ou voor haar. Wat haar besiel om hierdie wildvreemde man wat hopeloos te aantreklik is te vertrou, sal sy nou nie weet nie, maar heng enigiets is sekerlik beter as ’n lykshuis. Maar die feit dat hy sê haar eendag het aangebreek sit ongemaklik in haar binneste. Iets duisters is aan die gebeur met haar en sy hou glad nie daarvan nie.

Sy hand vou skielik warm om hare, hy glimlag weer vertroostend na haar en stap na die deur met haar agterna of sy nou wil of nie. Sy trippel loop om by te bly heimlik bly dat iemand die leiding neem vir ’n verandering.

Hy gaan staan stil wag ’n oomblik en maak dan die deur versigtig oop. “Goed hier gaan ons.” Haastig stap hy uit na die gang, sy agterna.

Die gang is ’n lang bleek ding wat soos ’n slang voor hulle uitstrek, maar dis duidelik dat Douw weet waarheen hy op pad is. Gedwee volg sy hom haar hand nog steeds in syne.

“Hierlangs.” Hy duik by ’n deur in wat sy nie eers raakgesien het nie net toe harde stemme aan die eindpunt van die gang opduik.

“Soek haar nou dadelik!” skril dit skielik by die deur.

Dié deur waaragter hulle stil soos muise staan. Haar asem skok in haar keel en sy draai haar oë na Douw wat bewegingloos staan en luister.

Hy lig sy vinger na sy lippe ’n teken dat sy stil moet wees. Na ’n paar minute draai hy om en begin deur die skemer vertrek beweeg maar steeds los hy nie haar hand vir een oomblik nie. ’n Ruit glip oop onder sy sterk vingers en hy steek sy kop na buite.

Sy volg sy blik en staar na die duisternis buite.

Hy klim deur en beduie dat sy moet volg.

Versigtig klim sy oor die vensterbank en hy help haar aan die ander kant af. Dadelik beweeg hy rats na die straat se kant, ’n groot heining staan in hulle pad maar binne sekondes het Douw ’n gat gemaak waardeur hulle kan klim, ’n stuk veld begroet hulle die lang gras wiegend in die ligte bries wat waai, dadelik begin hy hardloop, sy in tou.

Hulle hardloop soos die winde deur die veld, telkemale wil sy struikel maar hy hou haar stewig regop. “Stop ek kan nie meer nie!” gil sy naderhand hande in die sye haar asem jaag en sy vou dubbel om op te hou blaas. Na ’n ruk kom sy regop en vee haar touerige hare uit haar gesig.

“Ons kan nie nou hier staan nie ons moet aan die beweeg,” sê hy sy stem warm soos troop.

Dit gly oor haar gemoed, dit laat haar rustig gekalmeer voel maar tog is daar iets wat aan haar knaag, iets is fout, iets groots. Sy kom regop hande in die sye. Haar klere is vuil, daar is bloed aan haar bloes sien sy nou eers in die lig van die volmaan wat soos ’n vet stuk kaas in die hemelruim hang. Sy kyk fronsend na Douw. “Wat gaan aan?”

“ Wat bedoel jy?” skerm hy.

“ Net wat ek vra, hoekom is of was ek in ’n verdomde lykshuis nie net in een nie, máár in ’n dekselse vrieskas!” Sy vee die sweet van haar voorkop af, haar asem jaag nog en sy is vrek dors. “ Toe sê jy my, en hoe op dees aarde het jy geweet ek is daar, ek meen ek ken jou van geen klant af nie, maar jy dink ons is die beste tjommies op aarde.” Sy buk vooroor, ’n naarheid het skielik van haar besit geneem, sy sluk en vee oor haar mond. Het hierdie nagmerrie nie einde nie. Vies kom sy regop en gluur op na hom. Hy is te deksels lank ook. “Verskoon my as ek nou nie kennis geneem het van jou bestaan vir wat, drie en twintig jaar nie, maar ek was bietjie besig,” sê sy en sluk hard.

“Waarmee?”

“ Waarmee?” Sy lag hardop van skone verbasing. “Verdomp besig om te oorleef dis wat.” Vererg vee sy ’n swart krul uit haar oog uit en kyk weer om haar rond. “Waar is ons?”

“ Ons moet hier wegkom daai plek is gans en al te naby vir my smaak.” Douw ignoreer haar vraag.

’n Brullende motor klink op met ’n geskreeu van wiele op nat teer.

“H’m, iemand is duidelik op soek na iets of iemand en dit beter nie ekke wees nie,” grom sy sommer vies vir almal en alles. Sy gluur ontstig na die man langs haar “Toe uit daarmee wat gaan rêrig aan?”

“ Eers gaan ons moet stap, kom.”

Sy is seker sy’t ’n verraderlike glimlag op sy bakkies gesien. Derduiwels mans moet altyd alles kompliseer. “Nee ek wil huis toe.” Sy stamp sommer haar voet hard op die klipperige grond.

“ Nee jy kan nie dis die eerste plek waar hulle jou gaan soek,” sê hy oor sy skouer.

“ En wie is dié of hulle waarna jy so smaaklik verwys ?”

Hy het sug hardop en en draai na haar. “Niemand nie.” Hy kyk oor haar skouer.

“ Nee toe ek vreeslike nuuskierig aangesien my lewe duidelik op die spel is.” Sy begin ook sommer in ’n rigting in neuk nie seker waarheen sy op op pad is, sy gee ook nie om nie. Hierdie aaklige nag moet om Hemels naam net oor. Sy’t genoeg gehad, dink sy vies en skop ’n klip uit haar pad. Sy weet Douw volg haar gedweë so sy moet darem in die regte rigting ploeter as hy haar nie keer nie.

“Ok goed dan Nieke,” sê hy na ’n ruk se stilswye. “Jy het iets van dr. Gouws en hy soek dit terug.”

“ Wat?” Verdwaas stop sy in haar spore en kyk na die man langs en begin weer aan stap. “Eerstens Douw wie jy ook al is, ek ken geen dr. Gouws nie, verál nie een wat by ’n lykshuis werk nie en tweedens, hoekom op hierdie bol klei wat ons Aarde noem sal ek iets van hom in my besit hê?”

Hulle is intussen besig om ’n park te benader. ’n Groot raserige partytjie is aan die gang, ’n helder vuur brand vrolik in die middel, mense dans mal al in die rondte.

“H’m dit lyk lekker kom ons gaan nader, dan vertel jy my van dr. Gouws.” Sy vryf haar hande saam in afwagting vir die vuur se knetterende hitte.

Hy wil iéts sê maar knik net.

Hulle beweeg nader.

Almal selfs die dansers is in snaakse kostuums geklee hulle lag, huppel en spring terwyl hulle glimmende oë soos die van nag gediertes deurentyd op Douw en Nieke rus.

Sy stap verby ’n elf en wolf wat ritmies op die polsende musiek wieg en gaan sit op ’n hout stomp nie te vêr van die vuur af nie. Die musiek is aangenaam maar sy vind geen aanklank daarby nie. Haar kop draai nog van die afgelope paar uur se gebeure, ’n oomblik se rus is wat sy na smag.

Douw gaan sit langs haar sonder ’n woord.

Die danse mense se blikke rus glurend op hom en draai weer na haar. Verbeel sy haar of dans hulle letterlik ’n kring om hulle. Moet haar oorwerkte nog half gevriesde brein wees wat dinge sien, besluit sy en knik vriendelik toe ’n goue engel vir haar ’n drankie aanbied. “Sjoe ek’s dors.” Maar voordat sy ’n sluk kan vat stamp Douw dit sonder seremonie uit haar hand uit. “Hi wat maak jy ek wou dit drink hoor!”

“ Nee ek dink nie so nie,” sê hy kalm, sy blik op die dansende massa om hulle gerig.

“ Wat bedoel jy nee?” Sy gluur hom nou ook kwaai aan, “was jy dalk vir wie weet hoe lank gevries in ’n yskas, my liggaam soek vloeistof okay.”

’n Vampier sweef loop verby hulle, sy glansende neon oë brandend op haar gerig dan grynslag hy met skerp slagtande vir Douw voor hy sy mantel swiep en verdwyn.

Nieke sluk hardop en vryf oor haar brandende oë. Kan nie wees nie, daai ou kan mos nie net verdwyn nie moet ’n toertjie wees besluit sy en skuif haarself reg op die harde stomp. “Ek wil regtig net na my woonstel toe gaan asseblief Douw, ek kort ’n bad, ek stink, my kop pyn en ek’s dors.” Oorbluf deur alles staan sy op en baan ’n weg na die oorkant van die vuur, Douw getrou langs haar. Sy wens skielik hy wil haar uitlos, net verdwyn! Sy smag na stilte, vrede, ’n bed.

’n Wolf huil aan die oorkant van waar sy staan, ’n jakkals kerm  en ’n kat spoeg verwoed. Alles nag geluide wat sy bloot net ignoreer soos sy voortstap weg van die dansende kreature. Hulle kan maar partytjie sy is nie meer lus vir die geroesemoes om haar nie, dis te veel, die nag was een te veel vir haar gemoed.

“Nieke ek dink daar is iets wat jy moet weet.” Douw se sagte tog ferm stem dring deur die wilde gemaal in haar brein.

Moedeloos gaan staan sy stil in die deurtrapte grondpaadjie. “Ja ek dink ook so meneer Douw.” Vies kruis sy haar arms, “soos byvoorbeeld hoekom sou ek iets van ’n sogenaamde dr. Gouws in my besit hê en waar sou dit wees, ek bedoel ek het net my klere aan my lyf soos jy kan sien.”

Hy knik, “Jy is natuurlik reg om so te voel en ek blameer jou nie, maar ons sal moet aanstaltes maak dis nie veilig hier nie.” Hy kyk ’n slag agtertoe na die partytjie gangers.

Sy volg sy blik en haar hart skok tot stilstand in haar ribbekas.

Die danser staan almal in ’n lang ry. Hulle kyk stip na haar.

’n Rilling glip teen haar lyf af tot in haar nommer ses stewels. Haar hand skiet uit en vou om Douw se groot warm hand. “Wat…wat is fout met hulle,” vra se bewend.

Hy sug hardop sy hand op haar skouer.

Sy verwelkom die hitte daarvan dit laat haar beter voel in die skielike ongemaklike duisternis om hulle. Die bosse om hulle is nou inkswart en goeters ritsel in die lang gras. Die blerrie lykshuis voel nou aansienlik veiliger as die plek.

“Hulle soek jou Nieke, jy is aan hulle beloof.”

“ Ekskuus.” Weg is die vrees van ’n oomblik tevore. “Nè, nee nee nou verstaan ek glad nie okay.”  Verergd stap hardloop sy vinnig aan met die paadjie, haar asem begin jaag maar steeds bly hy sonder ’n woord langs haar. “Beloof aan daai gebroedsel, deur wie nogal? Nee ek’s baie jammer Douw maar ek glo nie hierdie storietjie van jou vir een oomblik nie.” Hulle bereik ’n straat en vies draai sy sommer regs en volg die pad na ’n klein koffie winkel op ’n hoek. Orals is mens in vreemde kostuums, sy kan hulle oë op haar voel brand.  Seker nog mense wat haar wil hê vir hulle duistere redes. Sy blaas boosaardig deur haar neus, sy stap die winkel binne en gaan sit op ’n stoel by ’n venster. Dis warm in die kafee en sy wens hulle het eerder buite op die stoep gaan sit maar sy voel ongemaklik met al daai wesens op die straat. Bewend vou sy haar hande oor mekaar, sy kry nie koud nie, maar haar liggaam wil nie ophou ruk nie. Haar blik bly na buite gerig. Dit lyk of hulle net meer en meer word. ’n Heks kom staan langs hulle tafel en sy deins verskrik weg van die aaklige grys gesig en toutjies hare.

Douw bestel twee koppies koffies sonder om ’n oog te knip.

“ So jy het niks teen haar koffie nie?” vra Nieke astrant en begin met ’n sakkie suiker voor haar speel.

“Nee wat sy’s nie een van hulle nie,” sê hy sy blik op die malende massa onmense gerig.

Vererg gooi sy die sakkie terug by die ander en sit agteroor. “Goed ek luister.” Wat sal dit haar nou help om te bly vassteek soos ’n blerrie donkie iewers moet sy toegee en die waarheid hoor.

“Kom ons wag eers vir die koffie.”

Sy klamte maak haar rasend en sy moet hardop haar tande kners om nie die potjie voor haar teen sy kop stukkend te slaan nie. Sy kruis eerder haar arms oor haar bors terwyl haar oë weer na die venster langs haar draai. Sy is seker daarvan die dansende mense het nou meer geword.

“Hier is julle koffie geniet dit en gelukkig Halloween julle twee.” Die heks draai om en loop.

“O nou verstaan ek, dis Halloween,” sy lag verlig, “ ek’t daai een gemis.” Sy neem ’n sluk van die warm koffie en sit die groot beker weer versigtig neer haar blik nou fronsend op Douw gerig. “Wel nie eintlik nie nè want ek was in ’n lykshuis veronderstel om dood te wees.” Haar oë draai weer na die mense buite wat dreigend nader staan. “Ek het ook ’n paar vreemde kul kunsies gesien dis sekerlik iets om te vertel op my volgende partytjie of hoe?” sê sy en grinnik voor sy nog ’n sluk van die heerlike warmte voor haar neem.

Douw ignoreer egter sy koffie sy oë stip op die skare buite gerig. “Kan jy onthou waar jy was voor jy in die lykshuis wakker geword het?” vra hy onverwags.

Nieke frons en byt haar onderlip vas. “Nee ek kan nie rêrig nie.” Alles is ’n donker gat voor sy in daai staal laaikas wakker geword het. Die blote gedagte daaraan laat die hoendervel weer op haar arms regop staan.

“ Kom ek verfris jou geheue so ’n bietjie.”

“Nou goed dan ek wag al die hele blerrie aand daarvoor,” sê sy en vat nog ’n sluk.

“Jy het van ’n dak afgeval.” Hy hou haar nou gevange met daardie eienaardige oë van hom.

Sy sluk nou aan die skielike droogte in haar keel. “ ’n Dak?” Haar hand vee deur haar deurmekaar krulle wat steeds touerig om haar gesig koek. “Nou wat sou ek op ’n dak doen ek’s seker ek ly aan hoogtevrees,” probeer sy dit afmaak as ’n grappie maar diep binne haar draai ’n naar kolkende massa wat sy nie kan weg wens nie al wil sy ook hoe graag.

“ Nee ongelukkig is dit nie die geval nie, jy was op ’n dak, ’n woonstel se dak om presies te wees, vyf verdieping van die grond af so ek dink dit kan enige hoogtevrees uitskakel.”

Die toon in sy stem sit nie lekker by haar nie en sy skuif ’n bietjie meer regop in haar stoel. “Nou goed dan,” gee sy toe, “ wat sou ek in die middel van die nag op ’n woonstel se dak soek?”

“ Jy het iets gesteel.”

Sy spoeg amper die koffie met ’n boog uit op die tafel. “Wat!” gil sy dit uit maar gelukkig is hulle die enigste mense in die winkel. Sy lag hard en sluk dan hoorbaar toe hy haar net stip bly aanstaar. “Sê jy ek het iets gesteel op ’n dak, man is jy van jou sinne beroof?” Sy sit weer agteroor koffie in die hand, stadig vat sy nog ’n sluk haar oë op syne gerig.

“Ek’s baie ernstig Nieke, jy het iets uit dr. Gouws se studeerkamer gesteel, hy woon op die vyfde vloer van die Elixir gebou hier in die stad.” Douw sit agteroor arms oor sy breë borskas gevou. Die hemp span styf oor die bultende spiere.

Niekie dwing haar oë terug na sy gesig. “Die Elixir gebou, dis een van die mees gesogte woonstel blokke in die stad, wat sou ek, nee dit kan nie.” Weer sit sy regop die koffie vergete.

“Ja, Nieke ongelukkig was jy daar, binne-in sy woonstel.” Hy sug en vee oor sy oë asof hy skielik baie moeg is. “Jy was daar en het ’n mikroskyfie gesteel en met die terug klim slag het jy gegly.” Sy oë boor deur haar. “Ek was ongelukkig op daardie tydstip besig om Alister te veg toe jy val.” Hy leen vooroor en neem haar hande in syne. “Nieke ek is innig jammer dat ek nie daar was vir jou nie.”

Sy staar na die silwer trane wat teen sy wange afdrup. Weer sluk sy hoorbaar en trek haar hande uit syne. “Jy’t my verloor by mikroskyfie.”

Hy sig hardop stoot sy koue koffie eenkant toe en kyk haar skerp aan. “Luister nou baie goed na my Nieke, wat ek nou vir jou gaan vertel is baie belangrik.”

“ Ek hoop nie dis ’n feëverhaal nie asseblief dis die laaste ding wat ek nou nodig het.”

“Nee dis nie ’n feëverhaal nie.”

“Nou goed,” gee sy weer toe, “gaan dit lank vat ek wil regtig by die huis kom.”

Hy sug. “Nieke jy is met geboorte van jou ouers gesteel hulle het geglo jy is dood met geboorte-“

“ Nee nee nee hokaai ’n bietjie, ek is wees my ouers is dood in ’n motorongeluk!” roep sy hardop uit halfpad uit haar sitplek. “Hoe durf jy sulke twak kwytraak man ek het in ’n vervlakste weeshuis grootgeword!” Bleek van woede sit sy hard terug op die stoel en kruis haar arms oor haar bors. Sy is moeg, sy kry koud al is dit Oktober, sy wil net wegraak. Hierdie storie wat hy besig is om te vertel is meer as wat sy kan vat.

Maar hy steur hom nie aan haar nie en gaan rustig voort. “Daardie deel is reg ja maar Nieke,” hy bly ’n oomblik stil sy blik deurdringend op haar gerig, “jou ouers leef nog,” sê hy sag soos ’n fluistering oor haar siel.

“ Kan nie wees nie,” sê sy terwyl trane skielik warm agter haar ooglede brand. “Hoekom doen jy dit, hoekom is jy hier!” roep sy uit gefrustreerd deur alles wat met haar gebeur.

“Ongelukkig is dit waar Nieke, jy sal hulle ontmoet maar,” hy lig sy hand toe sy hom in die rede wil val, “nie nou al nie, eers moet ek jou lewe red.”

Verstom staar sy hom aan. Sy lek oor haar droë lippe en vee die trane van haar wange af.  “H’m het jy nie dit al klaar vanaand gedoen nie jy weet soos hulle sê, jy was daar jy het die frokkie en die plakkers en die hele kaboedel ook nog ensovoorts, maar jy weet wat Douw ek glo nie ’n enkele woord wat oor daai lippe van jou val nie okay, ek dink ek’s nou klaar met jou, met hierdie aand, met al daai mense daarbuite wat duidelik op iets meer as maanstof is en hierdie hele onsmaaklike storie wat jy my vertel het.” Sy staan beslis op en stoot haar stoel agtertoe.

“Jip ek glo jou Nieke maar ongelukkig gaan ek dit vanaand nog ’n keer of wat moet doen.”

Sy kan nie haar ore glo nie en stoot vies die krulle uit haar oë. “Verskoon my maar hoekom is jy so seker van jouself?” Sy trek die hempie wat sy aanhet reg oor haar lyf en skuif die stoel vêrder terug.

“ Glo my ek weet.”

Sy sluk hardop. Hy is darem gans en al te seker van sy saak. Haar blik gaan weer na buite. Die massa mense staar bewegingloos na haar en Douw. Ongemaklik gaan sit sy weer op die stoel. “Nou goed,” sê sy en knik, “gaan voort asseblief.” Haar hart klop binne-in haar keel en sy dwing haarself om nie hardop te begin skreeu en skel nie. Haar senuwees is gedaan haar kop klop en sy wil histeries aan die gil gaan. Al wat haar geanker hou aan die oomblik is die klamte wat uit hierdie vreemdeling se oë voor haar straal.

Hy sluk en skuif regop sy stoel. “Jy het in ’n weeshuis groot geword en daar het jy deurmekaar geraak met heksery, die okkulte en ook hoe om ’n slyp dief te wees, jy was uitstekend in alles wat jy aangepak het, jy glo jy is gebore met hierdie talente.” Hy kyk haar ’n oomblik stil aan. “Jy was so goed Nieke dat almal bang was jy plaas of ’n spel op hulle of besteel hulle rot en kaal.”

“ Klink soos ek,” sê sy stout net om aspris te wees en sluk die laaste bietjie koue koffie weg en sit die beker neer.

“Ek’s baie ernstig Nieke, dis hoe jy en dr. Gouws se paaie gekruis het. Hy het ’n formule ontwerp wat jou talente na die volgende stap sou vat. Hy wil jou ’n super dief maak.”

“Wat!” sy lag hardop en bekyk hom dan met groot oë. “Jammer, gaan hy ’n towerstaffie swaai en skielik is ek hierdie bomenslike super dief van die nag.” Sy grinnik en sit agteroor. “Jammer Douw maar hierdie storie klink regtig bomenslik belaglik.

“Dis nes jy daar sê Nieke maar ongelukkig is hierdie die waarheid ek het geen rede om vir jou te jok nie.” Hy sit agteroor sy blik nou weer ernstig op haar gerig “ Dr. Gouws het DNA gevat en daarmee begin geëksperimenteer, dis alles op die skyfie, maar om hierdie super dief te word sou jy op die einde jou lewe vir hom moes gee, voor hy jou nuut kom maak.”

Sy sluk. “Klink soos ’n blerrie sprokie man, my lewe gee en dit weer terug kry.” Sy wil opstaan en wegloop maar iets hou haar in die stoel. Sy weet nie of dit vrees is of die soeke na die waarheid nie. Maar een ding is seker of sy dit nou wil aanvaar of nie, maar vanaand se dinge is nie normaal nie. Sy soek antwoorde.

“Klink soos vanaand nè.”

Sy knik.

“Jy was stukkend op die grond toe ek by jou kom Nieke.” Hy vryf oor sy gesig en sug hardop voor hy weer na haar kyk.  “Hoekom dink jy was jy in die lykshuis, net dooie mense gaan na ’n lykshuis toe, mense sonder asem, sonder lewe, jy Nieke, was een van hulle.”

Sy woorde skok elektries deur haar liggaam. “Kan nie wees nie jy maak ’n fout hier sit ek dan,” baklei sy terug hardhorend vir die waarheid wat haar in die gesig staar. Haar taai bloes vol bloed.

“ Jy is heeltemal reg, hier sit jy, nou hoekom dink jy is dit so?”

Sy vee oor haar lippe en sit agteroor. “Ek’s net baie gelukkig,” piep sy haar stem skoon hees.

“Ja dit is jy en as dit nie vir ’n baie Hoër Hand was nie, was jy nie nou hier in hierdie werklikheid nie, maar op ’n plek wat baie baie slegter is as hier.”

“ Soos waar?” vra sy met ’n donker frons.

“Die Hel.”

Sy bars hardop uit van die lag. “Nee regtig, die Hel? Daai is net ’n sprokie man om kinders mee bang te maak. Dit bestaan tog nie regtig nie?”

Hy antwoord haar nie, sy deur priemende oë rus egter onrusbarend skerp op haar gerig.

Hulle boor deur haar, kyk reg deur haar. Sy skuif ongemaklik op die stoel. “Is jy ernstig?”

Hy knik, sy oë nou op die skare buite gerig.

Sy volg sy blik en sluk hard aan die vrees wat skielik droog daar lê.

Die mense, almal in vreemde wilde kostuum, staan nog soos een na hulle venster gedraai maar hulle oë die kleur van vlamme, rus nou net op haar. Sy kyk na die vrou agter die toonbank maar die is heerlik onbewus van wat om haar aangaan so doenig is sy met haar selfoon. “Wat gaan aan wat’s fout met hulle.”

“Hulle soek jou Nieke.”

“ Maar hoekom?”

“ Want jy behoort aan hom.”

“ Hom wie?”

“ Die Môrester, die een wat God verloën het en sy eie klein koninkrykie hier gebou het op hierdie Aarde.” Sy oë rus ook nou op die skare duskant die ruit. “Jou siel is aan hom beloof deur die mense wat jou gesteel het.”

Sy vryf met beide hande oor haar gesig. Sweet slaan warm op haar voorkop uit, weer kyk sy deur die ruit na buite. Niks roer nie, maar daardie hordes oë brand onthutsend op haar.   “Alles wat jy sê, dit klink soos ’n feëverhaal, ’n sprokie uit ’n storie boek vir vyfjariges.” Probeer sy wal gooi al kan sy sien dinge is vinnig besig om reguit in die hek te loop duik.

“H’m nee,” hy lag en kyk na haar, “ek dink nie enige regdenkende ouer sal dit vir sy kind lees nie Nieke.” Hy bly vir ’n oomblik lank stil en speel met die beker voor hom. “Kom nou dink ’n bietjie, hoekom is jy so verskriklik goed in wat jy doen h’m.”

Sy sit terug teen die houtsitplek. Dis waar haar hele lewe nog was sy uitermatig rats, flink van brein, kon ’n raaisel oplos soos min. Haar vermoë om uit te werk waar en hoe om die beste juwele of gesogte dokumente vir die regte kopers te kry maak haar een van die min sluip diewe wat nog bestaan. Internet korrupsie is nie haar lyn nie, nee harde waardevolle onvervangbare items is haar veld. “Nou goed Mnr. Douw aangesien jy so vreeslik baie van my af weet, wat van jou? Ek ken jou nie, vanaand is die eerste keer in my lewe dat ek jou sien en hier verwag jy van my om jou te vertrou. Met my lewe?” Sy kruis haar hande oor haar bors en kyk hom nou skerp aan.

“Jy gaan my nie glo as ek jou sê nie Nieke.”

Sy bars hardop uit van die lag. “Regtig dis jou antwoord?” Haar oë draai weer na buite en dan terug na hom. “Na al hierdie dinge wat met my gebeur het vanaand en o ja moenie vergeet van die klomp aaptwak koppe hier buite nie.”

Hy grinnik en skud sy kop. “Heeltemal korrek Nieke, ek verwag baie van jou maar nou goed dan,” gee hy toe en kruis sy arms oor sy bors terwyl hy terug skuif op die stoel. “Ek is Douw jou Beskermer.”

Haar oë trek op skrefies en sy byt hard op haar lippe maar die giggel bars nog steeds deur. Na ’n paar minute wat sy gesukkel het om te bedaar en daar nog stomende bekers koffie en sjokolade koek aangedra is kyk sy weer ernstig na hom. “Nou goed Douw my Beskermer, komaan ek soek meer as dit,” sê sy en vat ’n groot hap koek en besef toe eers hoe vrek honger sy is.

’n Fyn glimlag breek om sy lippe terwyl hy kyk hoe sy eet.

Nieke kan steeds nie help om hierdie man se uiterlike te bewonder nie. Hy is so aantreklik manlik sy vind hom onweerstaanbaar, hy straal gemoedsrus en vrede uit, tog is daar ’n innerlike krag wat haar bang maak. Nee hy is besig om haar te speel, iemand sit hier agter en sy gaan uitvind wie.

“Ek weet wat jy dink Nieke, ek is nie die vyand nie, ek wil niks van jou hê nie, belowe.”

“ Wie’t iets gesê van hê.”

“ Jy het in soveel woorde, maar nie te min, ek is net hier om jou te beskerm, dis al.” Hy waaier sy hande oop op die tafel en sit weer agteroor.

Haar oë rus ’n wyle op die sterk hande voor haar, manlike bruin gebrande hande, hande wat kan troos, beskerm, liefhê. Stop dit Nieke raas sy met haarself. Wat gaan aan met jou jy ken nie eers die man nie verdomp, vies vir haarself sit sy ook agteroor en kruis haar arms. Sy is nie hier om skool dogtertjie verliefdheid te koester nie, sy het nog nooit haar hart aan enigiemand toe vertrou nie en sy is ook nie van plan om dit te doen nie. Maak nie saak wie en wat dit is nie, punt. “Nou goed Douw my Beskermer, ek verstaan nie so mooi nie, wie het jou gekontak om my kamtig op te pas? Ek’s lankal nie meer drie nie jy weet.”

“ Ek weet maar vanaand was dinge in die atmosfeer ’n bietjie dunner as gewoonlik, die skeur tussen die wêrelde helderder, duideliker en ek moes deurdruk om jou te red, ook net betyds anders was jy al ses voet onder.”

“ Wag ’n bietjie, waste skeur en watse wêrelde is dit die?” Sy sit nou kierie’ tjie regop haar oë nou stip op hom gerig die laaste stukkie koek skoon vergete.

Hy glimlag. “Nieke daar’s so baie wat jy nie weet nie.”

’n Harde slag tref die ruit neffens hulle. ’n Man geklee in die aakligste kostuum denkbaar, staan met ’n byl in die hande en gluur na haar.

“ Sjoe baie oorspronklik, kyk net die detail op daai vlerke.” Haar oë gly oor die swart flenter vlerke wat sigbaar is agter die besonderse lang maer man. Sy bleek uitgehongerde gesig vertoon wit teen die swart van sy uniform. Horings die kleur van gepoetste goud toring bokant sy kop uit, slagtande drup verby sy lippe. Maar dis sy ink swart oë wat skerp talmend op haar rus wat haar so effentjies ontsenu.

Weer kap hy met die byl teen die ruit. Dit sidder maar breuk nie.

Nieke draai om en kyk waar die bestuurder is maar die is nog steeds besig met haar foon, onbewus van wat om haar aangaan.

“Kom Nieke, ek dink dis tyd om te gaan.” Hy staan op sy oë streng die man agter die ruit gerig.

“Maar sekerlik sal hy tog nie die ruit stukkend slaan nie of hoe?” vra sy bekommerd oor die skielike verandering in Douw se houding.

“Alister sal doen net wat hy wil ongeag die nadraai.”

“ Wie’s Alister?” vra sy en staan regop terwyl sy ’n laaste sluk koffie vat en die koek in haar kies druk. Sy gaan wragtie nie dit prysgee vir ’n boemelaar ou met ’n byl nie vergeet dit. Sy kou vinnig haar oë nog op die vent wat haar aankyk of sy dié koek is.

Douw wys met ’n vinger na die man agter die ruit. “Dis Alister.”

“ O en hoe ken jy hom?” vra sy terwyl hy haar aan die arm na agter in die koffie winkel ly. “Het jy nie gesê julle was in een of ander bakleiery betrokke vandag nie?”

“Hy is ’n generaal in die doderyk.”

Verbaas vlieg haar oë na sy gesig en dan bars sy weereens hardop uit van die lag en verstik byna in die koek krummels. “Nee jy speel, regtig?” Nog ’n kyk na Douw se gesig en sy kan sien dat hy dood ernstig is. Sy sluk hard en dwing haarself om te bedaar. “Ok goed, so hy is ’n generaal, wat soek hy hier?”

“ Vir jou soos ek al voorheen genoem het,” sê hy terwyl hulle deur die klein kombuisie loop.

“ Okay goed so ons het dit nou al bepaal, ek’s so oulik en als almal soek my bloed, maar as hy so belangrik is, het hy sekerlik onderdane wat sy vuil werk vir hom kan doen, ek meen-”

“ Nieke om Vaders naam sjoes!”

Verstom draai sy na hom.

“ Jy babbel te veel ons moet hier uitkom.” Hy trek haar by die agterdeur uit en na ’n wagtende swart Ford bakkie.

“ So ons steel nou karre ook.”

“ Dit behoort aan niemand nie, Ariel het dit hier gelos soos ek hom gevra het.”

“ Wie’s dit nog ’n vriend?”

“ Jy sal hom nog ontmoet as dit die Vader se wil is,” Hy hou die deur vir haar oop, “kom klim.”

Soos ’n stout dogtertjie wip sy in.

“Gordel.”

Gedwee maak sy dit vas, terwyl hy die bakkie aanskakel en dan vinnig wegtrek. “So wie is die Vader waarna jy so baie verwys.” Haar oë op die swart nag deur die ruit gerig. Die ligte van die bakkie baan ’n geel streep op die stofpad, verder kan sy niks uitmaak nie. “Is dit ’n mafia baas of iets?” sy begin weer te giggel en kyk na sy ernstig gesig glimmend in die weerkaatsing van die ligte. “Natuurlik, hoekom het ek nog nie daaraan gedink nie, dis nooit anders nie dis soos daai storie wat die ou mense gekyk het wat’s was dit nou weer, die god-“

“Nieke asseblief.”

“Okay jammer.” Sy draai weg van hom en kyk na buite en sluk amper haar tong in. “Douw-“

“ Ja,?” Maar hy bly egter net voor hom kyk.

“ H’m kyk-” Maar dis hoe vêr sy kom want dit wat sy sien maak glad nie sin in haar brein nie. “Hy vlieg.” Sy wys met haar hand na links van haar. “kyk,” fluister sy verstom.

“ Jip hy kan dit doen.”

“  Maar hoe ek sien nie ’n vlug motor iewers aan hom nie.”

“ Nieke regtig, móét jy alles analiseer?” vra Douw en konsentreer weer op die pad voor hom.

Die vlieënde man met sy lang byl hou tred met die ford.

Nieke draai in haar sitplek om na Douw kyk. “Ek’s jammer my brein werk maar net so.”

Hy gluur in die truspieëltjie. “Jip so gedink,” sê hy met ’n frons op sy hele gesig.

Nieke draai om om te sien wat hom so laat reageer en sluk hardop. ’n Horde vlieënde gedaantes is reg agter die bakkie. Skielik voel Nieke nie meer so veilig in hierdie inkswart onheilspellende nag nie. “Wat gaan ons doen hulle gaan nie weg nie?” Wat sê sy? Wat sy sien is nie normaal nie, niks aan die nag is normaal nie. Sy is besig om gek te raak, heeltemal kens, dit moes daai koue op die brein gewees het, al haar breinselle is gevries dis hoekom sy hallusineer dis wat!

“ Moenie bekommerd wees nie, ’n vriend van my sal kom help as dit nodig is,” sê hy en glimlag gerusstellend in haar rigting.

Haar hande vou om die gordel wat oor haar bors strek. “H’m dink jy nie dalk nou is dáárdie aangewese tyd vir jou vriend om te kom help nie.” Aarde is sy besig om gek te word, eers ’n lykshuis en nou vlieënde wesens met vlerke tot bokant hulle oogballe gewapen reg agter hulle aan. Kan dinge erger word. Moet sy nie maar oorgee nie. Maar die blote gedagte daaraan laat hoendervel oor haar lyf uitbreek. Waaraan sou sy haarself oorgee? Sy wil nie eers daardie vraag beantwoord nie.

“ Nee wat hierdie klomp is net daar vir die skyn.

“ Die skyn?”

“ Ja hulle wil jou bang maak.”

“ Wel dit werk,” sê sy haar oë nou stip voor haar gerig. Sy weier om weer vir een van die goeters te kyk.

“ Nee moenie bang wees nie Nieke, hierdie demoon en sy trawante seëvier op hierdie nag van Samhain maar eintlik is hulle maar net soos spookasem.”

“ Spoke bedoel jy?”

“ Selfde ding, hulle dink hulle is almagtig maar eintlik is hulle poep in die wind soos jy áltyd sê”

“ Is waar, maar hulle lyk vreesaanjaend.”

“ Dis presies wat hulle wil hê jy moet dink. Dis dan wanneer hulle in hulle doel slaag.”

“ Maar Douw ek verstaan glad nie wat aangaan nie, hoekom juis nou vanaand?”

“Dis die nag van Samhain of soos julle dit noem Halloween, die een nag waar al wat ’n demoon, heks en monster geseëvier word. Hoekom julle dit wil doen gaan my verstand te bowe.”

“ Maar dis tog iets wat wêreldwyd gedoen word, soos Kersfees en al daai vakansiedae.”

“ Ja dis waar, maar het jy al gewonder wat daaragter skuil Nieke?” Sy oë gly vir ’n oomblik oor haar en dan weer terug pad toe. “ Hoekom wil jy ’n heks of duiwel eerbied?”

“ Ek eerbied hulle nie dis net-net wat, ag man almal doen dit okay ek het nog nooit regtig daaraan gedink nie, dis net onskuldige pret,” sê sy maar die skuld gevoel hier diep binne haar word net al hoe sterker.

“ Presies.” Hy trap die petrol pedaal bietjie dieper en hulle skiet deur die donker nag. “Op hierdie een nag van die jaar eerbied julle mense kinders die een wat ons Vader in die Hemel verloën het.”

“ Satan, ek eerbied hom nie?” Sy kyk fronsend deur die ruit. “Ek het nog nooit werklik belang gestel in daai bonatuurlike goed nie, daai tyd in die kinderhuis was uit pure verveling gewees en ek het eerlikwaar gedink dis ’n pot snot man.” Maar sy besef sy is besig om twak te praat sodra die woorde haar mond verlaat. Niks van die nag maak sin nie tog het sy ’n paar bonatuurlike dinge gesien en beleef met haar eie twee blerrie oë. Haar oë en goeie verstand sê vir haar hierdie is ’n ’n harde werklikheid nie iets wat sy kon op droom nie.

“ Hoekom is dit dan vir jou so lekker om hom al die eer te gee Nieke, nie net doen jy dit nie, maar almal doen dit.” Hy kyk haar vir ’n oomblik stip aan voor hy weer fokus op die pad. “Is dit dalk die misterie wat om die anderwêreldse kleef wat julle trek?”

“ Miskien, almal wonder altyd wat is dit, hoekom kan ons dit nie sien nie en wat maak dit tog so spesiaal?” Sy moet erken sy het al gewonder oor ’n paar goed maar dit later afgemaak as onsin, jy lewe en dan gaan jy dood, punt. Daar is nie ’n hiernamaals nie, daar is nie ’n Hemel of ’n Hel nie klaar. Jy’t nou jou kans so maak die beste daarvan. Maar nou-

“Dit is gemaak deur God die Allerhoogste, Hy is die een wat besluit wat julle mensekinders mag weet en nie.”

“ Jy praat so asof jy hierdie God persoonlik ken,” sê sy en sit agteroor haar blik nou op die vlieënde man wat tred hou met die bakkie. Wragtie sy is seker daar was iets in daai koffie want hierdie is net nie moontlik nie, dalk van daai sampioene wat noem hulle dit nou weer?

“ Hy is my Skepper, die Allerhoogste God, al die eerbied gaan na Hom niemand anders nie, ek sal my wese aflê net vir Hom.”

Verdwaas draai Nieke haar kop na die man langs haar. Douw se gesig straal sy oë passievol op die ruimte bo hom gerig. “Jy’s sowaar ernstig.”

“ Baie ernstig, hou vas ek moet jou iets wys.”

“ Wat- maar,” sê sy half paniekerig maar voor sy ’n verder woord kan uitkry is daar ’n helder vlammende sirkel lig reg voor hulle in die pad. Sy gryp na die handreling langs haar en skop terselfdertyd met beide voete vas voor haar, ’n gil hang in die lig maar Douw jaag reg op die sirkel af.

Dis verblindend.

Sy knyp haar oë toe en draai haar kop weg terwyl sy haar voorberei vir die slag. Maar niks gebeur nie. Versigtig maak sy haar oë oop. Haar asem jaag en haar hart klop verwoed in haar keel. Verwonderd sit sy regop. Hulle is nie meer in die Ford nie.

 

***

 

Haar hande klem benoud om ’n glimmende goue handreling voor haar. Enorme sneeuwit perde met glansende lang maanhare wat dramaties wapper in die wind, galop voor haar. Maar met wydgerekte oë sien sy dat hulle vlieg nie galop nie! Sy sluk en knyp die reling stywer vas. Hulle vlieg sowaar dis ongelooflik! Die perde sweef met vlerke wat glinster soos goud in die môreson. Sy staar stom om hulle heen. Hulle is besig om deur ’n lig vol kleure te sweef, die helfte daarvan kan sy nie eers opnoem nie. Versigtig trek sy haarself regop. Sy sluk aan die droogte in haar keel haar hande nog vasgeklem om die goue reling voor haar. Sy en Douw staan binne-in ’n egte goue strydwa. ’n Reënboog omhels die hemele om hulle, haar oë kan nie genoeg daarvan inkry nie. “Waar is ons?” vra sy uiteindelik verwonderd oor droë lippe. “Droom ek, is ek dood?” Weer kyk sy met wydgerekte oë om haar, die vlieënde man en sy stroewe trawante is nêrens te sien nie. Sy sug van verligting maar wonder steeds wat om die volgende hoek vir haar gaan lê en wag.

“ Jy droom nie Nieke, hierdie is ’n werklikheid.” Hy kyk na haar met ’n vrolike glimlag op sy bakkies.

Nieke se oë neem nou ook die man langs haar met verwondering in. Sy platinum krul hare is vasgevang in glinsterende bande wat blink soos silwer strale. Hy is nou in ’n gladiator tipe drag geklee wat glinster soos diamante wat afgewerk is met ragfyn goud. Langs sy sy hang ’n swaard wat sy seker is langer is wat sy is. Hy dra goue stewels en ’n kopband van egte goud is om sy voorhoof gedraai. Hierdie is ’n prins, iemand wat jy nie laag moet vat nie, besef sy en sluk weer hardop. Aarde sy sou nooit kon droom dat iets soos hierdie man kon bestaan nie, maar hier is hy besig om ’n strydwa van goud met vlieënde perde te bestuur! Sy hallusineer definitief, besluit sy net daar en dan, sy is of dood of in die hospitaal en sy gaan iewers wakker word en als gaan net ’n heerlike droom wees. Wat sy wens nooit moet eindig nie.

Douw glimlag vir die kyk in haar oë en gaan dan voort. “Ek is die voorreg gegun om jou oë oop te maak, sodat jy werklik kan sien.” Hy kyk na haar. “Jy is natuurlik nie dood nie en jy is nie in ’n koma nie Nieke, geniet net die oomblik en leer uit dit wat ek jou wil wys, dis al.”

Blerrie ou kan seker elke gedagte soos ’n boek lees ook nog, dink sy half vies maar die prag en glorie om haar laat haar momenteel vergeet van die wroeging in haar gemoed.“ Ek het nog nóóit iets so mooi gesien nie Douw,” fluister sy skoon hees. Haar emosies is ’n warboel en al wat sy kan doen, is staar na die groteske berg pieke om hulle.

“ Dankie maar die eer kom net ons Vader toe. Hy is die skepper van alles wat jy sien.”

“ Maar waar is ons?” vra sy haar oë op die vlieënde perde voor haar gerig.

“ Die eerste Hemel.”

“ Wat! ” Verstom draai sy na hom. “Kan nie wees nie, dis ’n sprokie ’n feëverhaal almal sê so.”

“ Lyk die soos ’n feëverhaal vir jou,” vra hy en lag dan hardop.

“ Ja dit doen nogal,” sê sy sag, “Maar dis ’n werklikheid en ook ’n droom. Is ek dood Douw en moenie vir my jok nie,” sê sy met trane wat nou ongehinderd teen haar wange afrol.

“ Nee Nieke, jy leef vir die eerste keer in jou lewe werklik, hierdie plek is waarvoor jou siel gemaak is.”

“ My siel?”

“ Ja dis hoekom ek daar is, om jou te beskerm, totdat die tyd aangebreek het, as dit God se wil is en jy reg is, dat jy huis toe moet kom.”

“ Niks maak sin nie Douw?” Sy voel verward. “Hoekom is my siel so belangrik en waar is die huis waarvan jy praat?”

“ Ek verstaan maar ek is genoodsaak om jou hierheen te bring, jy moet besef dat hierdie stryd nie net oor jou aardse liggaam gaan nie Nieke, maar oor jou siel wat ’n uiterste kosbare besitting is.” Hy kyk om hom heen. “Hierdie,” en hy wys met sy hand om hulle, “ hierdie is jou huis, wanneer jy besluit het om jou siel aan God te gee en in Hom te glo, is hierdie jou huis vir ewig.”

“Maar ek het nog nie so iets gedoen nie Douw? Ek verstaan nie waarvan jy praat nie?” Haar binneste wroeg oor hierdie goed wat hy kwytraak.

“Jy sal binnekort.”

Intussen het die perde begin daal deur die katoen wolke om hulle en nou kan sy ’n lang silwer strand onder hulle sien uitstrek. ’n Groen blou see glinster in die goud agtige lig maar sy kan geen son sien nie, alles is helderder en blinker as wat sy dit al ooit gesien het. ’n Menigte ander kleure breek sag saam die water op die sand. Ligte pienk Dolfyne baljaar in die dansende water. Vreemde eksotiese voëls geklee in alle kleure denkbaar vlieg opgewonde heen en weer terwyl hulle sang die lig deurklief. Maar dis nie ’n deurmekaar gebrabbel nie, ’n harmonie hang om hulle wat nog meer trane na haar oë bring. Sy wil huil en lag neersak op haar knieë en huppel terselfdertyd, maar al wat sy toe in staat is, is om oopmond te staar.

Hulle daal nou sag na benede die perde vou hulle majestueuse vlerk versigtig toe, toe hulle silwer geklede hoewe die sand raak. Versigtig klim sy uit die wa. Haar voete knars op die sand, haastig pluk sy haar skoene uit sy moet die sand tussen haar tone voel. Maar wat haar skoon stom laat is die feit dat sy nie meer in haar denim en T-hemp geklee is nie. Vir die eerste keer bekyk sy haarself ordentlik. Sy dra ’n sagte wit katoenbroek met ’n bypassende jurk tiepe hemp wat vasgegord is met ’n leer tou om haar middel. Die skoene wat sy uitgeskop het, is ook van dieselfde sagte leer gemaak. Verwonderd voel sy daaraan. Sy wil eers vir Douw vra hoe is dit moontlik maar sy kan sommer al klaar die antwoord raai. Sy besef hier is baie meer om te sien en te leer as net haar kleredrag. Sy wikkel haar voete dieper in die fluweel sagte sand en drink behoorlik die vars seebries in haar oë vir ’n oomblik styf toegeknyp. ’n Brander breek saggies oor haar kaal voete en sy giggle. “Dis heerlik warm,” sê sy verdwaas. Sy maak haar oë oop en staar verstom na ’n pêrel so groot soos haar vuis wat blink op die sand lê. “Douw kyk,” sê sy en wys na die pêrel, terwyl sy haastig daarop afpyl. Maar dan sien dis nie net een nie, maar hordes pêrels en edelgesteentes wat gesaai lê op die glinsterende sand. “Dis fantasties!” roep sy uit. Sonder om te dink hardloop sy en duik in die heerlike warm water. Haar kop breek die oppervlakte net toe ’n dolfyn speels oor haar duik, sy lag uitbundig.

Douw grinnik en spring ook in.

Saam swem en baljaar hulle ’n paar minute lank in die water voor hulle druppend uitstap.

“ Sjoe ek sou nooit kon dink dat ek ooit die voorreg sou hê om op so ’n plek te kon swem nie, dis wonderlik mooi. Hoekom weet niemand hiervan nie?” vra sy en druk die water uit haar hare. Intussen het Douw het begin aanstap, haastig tel sy haar skoene op en stap agter hom aan.

“ Dis nie ’n geheim nie Nieke, dis net een van die seëninge wat in stoor lê vir die wat huis toe kom, eendag.”

Weereens draai haar blik na die water aan hulle linkerkant. “So mooi,” sê sy sag. Haar oë volg die rigting waarin Douw stap en sy gaan staan botstil in haar spore, sy kan voel hoe haar mond oophang in verwondering. ’n Massiewe paleis staan op ’n groen heuwel voor hulle. Torings deurklief die hemelse blou lig, die marmer stene van die kasteel glinster soos diamante terwyl ’n malse groen rankende massa blomme afdrup van ’n menigte balkonne na die grond vêr onder. Hulle nader die paleis. ’n Jong man kom haastig aangehardloop en omhels Douw. Nieke staan verdwaas na die man. Sy platinum blonde hare hang tot amper op sy kuite en is vasgebind met iets wat haar weer herinner aan weerligstrale. Hy is soos ’n atleet gebou, spiere bult net waar jy kyk. Hy dra ’n eenvoudige wit tuniek broek en hemp maar tog is daar iets wat uit hom straal wat jou vir seker hy is nie iemand wat jy kan manipuleer nie.

“Nieke ontmoet vir Migal.”

“ Hi,” sê sy onseker hoe om hierdie wese te groet. Alles voel onwerklik, soos ’n droom. Sy is seker sy is dood want hoe kan hierdie ’n werklikheid wees? Hoe kan sy ’n dief toegelaat word om hierdie plek te besoek, sy is net nie goed genoeg nie.

“ Nee jy is nie dood nie Nieke,” sê Migal en lag terwyl sy seegroen oë soos blink gepoetste kristalle, vriendelik op haar rus. “Maar soos ek verneem van die Vader is jy toegelaat om hier te wees saam met my broer Douw, jy moet die goeie en ook die slegte ervaar want jy moet dit gaan deel.”

“ Met wie nogal?” vra sy onseker oor alles en almal.

“ Met die wêreld.”

“ Ag komaan man wie gaan nou vir my luister?” sê sy en skud haar kop heen en weer haar oë weer op die indrukwekkende gebou voor haar. “ Wie bly hier?”

“ Ek,” sê Douw met ’n stout glimlag op Migal gerig.

“ Sjoe moes seker ’n klompie gekos het.”

“ Nee wat hier is alles gratis met liefde van die Vader ons Skepper,” sê Douw en beide hy en Migal knik hulle koppe in stille eerbied.

Nieke voel uitgesluit en maak hard keel skoon. “So wat is dit presies wat ek hier moet sien?” vra sy en lig ’n wenkbrou.

“Alles, jy moet ons Vader se liefde ervaar en besef dat sy liefde niks kos nie Nieke,” sê Migal terwyl hulle stadig die paleis se indrukwekkende ingang nader.

“ Maar wat gaan Sy liefde my help as daar soveel mense en goeters is wat my wil doodmaak,” vra sy met ’n frons die beeld van die vlieënde man met die byl nog vars in haar geheue, “as hulle nie alreeds het nie en my kop klaar weste se kant toe lê.”

“ Nee so maklik sal ons dit nie toelaat nie,” sê Douw ferm. “Jy is springlewendig so kry die simpel idee dat jy dood is of droom uit jou kop uit hierdie is ’n werklikheid, jy is werklik hier en hier met ’n spesifieke doel.”

“ En hoekom nie?” vra sy met ’n donker frons, “dis nou nie dat ek wil doodgaan nie, ek sê maar net ek hou daarvan om te leef.” Sy kou haar onderlip vir ’n oomblik, “en hierdie doel dis nou om hierdie storie te gaan deel?”

“Ja, dis een van die die goed, jy moet dit gaan deel.” Hy bly ’n oomblik stil, “ maar is die manier hoe jy leef nie dalk die ook ’n probleem nie?” vra Douw terwyl hy wegdraai van die ingang en na ’n groot boom oorlaai van oranje vrugte stap. ’n Gedekte tafel met heerlike eetgoed staan rustig in die skadu van die boom en wag dat iemand moet kom sit. Hy en Migal gaan sit en Douw beduie dat sy dieselfde moet doen. “Hier.” Hy pluk ’n groot oranje vrug van ’n tak naaste aan hom en hou dit na haar uit.

“ Nee dankie ek hou nie van lemoen nie,” sê sy en kreukel haar neus.

Hy lag hardop. “ Maar hoe gaan jy weet dis ’n lemoen as jy nie proe nie?” Hy hou die vrug nader.

Moeg geploeg deur al die vrae in haar kop steek sy haar hand uit terwyl haar oë honger  op al die ander lekkernye op die tafel voor haar rus. Allerhande fraai versierde koeke en pasteitjies staan op goue borde met heerlike koue poedings en roomys wat in al die kleure denkbaar meeding vir aandag.

Douw merk haar oë op die tafel en lag toe vat hy ’n enorme hap uit die vrug skil en al.

Sy wil eers haar gesig trek want sy weet hoe aaklig lemoenskil proe maar sug net, versigtig bring sy die vrug na haar mond, dit ruik tog nie na lemoen nie. Sy vat ’n happie. ’n Geur ontploffing vind plaas in haar mond, binne sekondes het sy die vrug verorber haar hele gesig is skoon besmeer van die sap.

Douw kyk na haar met ’n glimlag op sy gesig. “ Sien ek het jou gesê.”

“ Ja toe dit is flippen lekker, mag ek nog een kry?” vra sy skoon skaam.

“ Nieke jy kan kry soveel soos jou hart begeer, daar is nog baie bome met lekkernye aan alles vir ons om te geniet.” Hy kyk om hom heen terwyl Migal ook aan ’n lekkerny van die tafel smul. “ Hier is alles en nog soveel meer.”

“ Ek veronderstel die Vader voorsien dit ook?”

“ Ja jy leer gou,” sê hy en kyk stip na haar, “ maar om terug te kom na jou leefwyse Nieke ek dink nie dit dra ons Vader se goedkeuring weg nie.”

“ Hoe weet jy?”

Hy skud sy kop en sit agteroor sy oë op ’n spelende paar papegaaie. “Hoekom is jy hier Nieke, hoekom is ek die geleentheid gegee om jou uit ’n lykshuis te gaan haal en hierheen te bring en dit alles op die aakligste nag van die mense jaar.”

Sy sluk haar oë op hom sy wil nie regtig daaraan dink nie, want alles is te vreemd, te donker, te doods. Hierdie voor haar wat sy nou beleef is wat sy wil hê vir altyd, dis so vars en skoon, sy voel soos ’n dogtertjie wat net haarself kan wees.

“ Nieke jy steel vir ’n lewe, dit is een van die gebooie van God, jy mag dit nie doen nie Hy beveel jou om te stop.”

“ Maar dis al wat ek ken,” sê sy sag, trane brand pynlik agter haar ooglede.

“ Ek weet maar tog jy kan verander.”

Sy sagte stem is soos ’n balsem om haar deurmekaar gemartelde gemoed. “ Ja hoe?” sê sy hees, “ om agter ’n toonbank te gaan staan en grimering verkoop soos ’n houtpop, dis nie ek nie.”

“ Ek is seker as jy daardie wonderlike brein van jou inspan Nieke gaan iets wonderliks gebeur.”

“ En as ek werklik dood is wat dan? Wat het dan geword van hierdie kamstige eendag waarop jy so hamer?”

Jy’s reg, maar onthou een ding, almal se eendag breuk eendag aan soms gouer as wat jy kan besef. Maar op die einde lê wat met jou siel gebeur op die keuses wat jy op die einde gaan maak, dis in jou hande. Net jy kan besluit, jy het die laaste sê, net jy het die wilskrag wat God jou gegee het om te maak daarmee wat jy wil.”

“ So die besluit is myne alleen wat van my word?”

“ Ja net joune.”

“ So dan kan ek nou besluit.”

“ Jy mag,” Hy bly ’n oomblik stil sy oë skerp op haar gerig. “Maar Nieke ek sou nie so haastig gewees het nie, daar is nog een taak om af te handel voor jy besluit.” Hy staan op en neem haar hand in syne sy oë sag op haar gerig.  “Kom saam my.”

Verward staan sy op haar oë op die omgewing om haar gerig. Die papegaai het nou maatjies met ’n kraai gemaak en die jaag mekaar speels op en af in die boom waaronder hulle gesit het. Die dolfyne baljaar steeds en ’n sagte bries waai teen haar vas met ’n reuk soos katjiepiering en tog ook nie. Sy trek haar longe vol en trek haar hand uit syne en vee haar krullebol hare agteroor. Dit maak haar so rustig en tevrede voel. As sy nou kon kies sou dit wees om net hier te bly, om hierdie haar eendag te maak. Hier waar sy vêr verwyder is van ’n lewe vol leuens.

“Is jy reg Nieke?” vra Douw langs haar.

Sy maak haar oë oop sy het byna vergeet hy wil haar nog iets gaan wys. Sy draai na hom en sluk byna haar tong in. Douw is nie meer die gewone man wat sy in een aand met haar lewe vertrou het nie. Weg is die prins van vroeër. Langs haar staan ’n reus, ’n man van oor die twee meter lank. Dis nog steeds Douw maar op steroïede of dinamiet sy kan nie besluit nie. Sy staan verskrik weg van hierdie enorme man af. Haar oë dwaal verward en verwonderd oor hom. Sy lang hare is nou netjies gevleg en met daardie blink strale versier. Hy is geklee in ’n wapenuitrusting van suiwer goud en silwer, ’n blink swaard groter en breër as die ander een hang aan sy sy. Sy staar in verwonder na die man voor haar, as sy mooi kyk kan sy blink goue vlerke agter hom sien, wanneer hy beweeg. Sy kan haar eie oë nie glo nie, tog hier staan hy lewensgetrou voor haar. ’n Man, ’n kryger, ’n super wese. “Jy’s ’n engel,” sê sy in verwondering.

“Jip,” sê hy met ’n glimlag op sy lippe wat die kuiltjie in sy wange laat wegkruipertjie speel. ’n Groot wit hings met sneeuwit vlerke kom pronkerig aangedraf, ’n wapentuig van soliede goud agter hom.

“ ’n Pegasus soos die ander,” fluister sy haar oë op die fantasie dier gegom.

“Kom dis tyd.”

“ Waarheen?” vra sy huiwerig.

Hy klim op en steek sy hand na haar uit, “Die tweede deel van jou besoek.”

“Ek dog ons gaan hier bly, wat meer is daar om te sien?”

“ Nee dit wat jy moet sien is ongelukkig op ’n ander deel geleë, nie hier nie.” Sy gesig het vir ’n oomblik morbied vertoon.

Nieke voel ’n rilling vol ys deur haar liggaam swiep. “Gaan daar ook engele wees?” vra sy maar kan die gevoel van naderende onheil nie afskud nie.

“Jip maar daar sal ’n verskil wees.” Hy bly ’n oomblik stil sy oë op die horison gerig. “Kom Nieke vertrou net op ons Vader, Hy sal jou beskerm tot dit tyd is vir jou om te besluit.” Hy draai na haar en vat die teuels van die wa vas in sy enorme hande. Hy knik vir Migal.

Nieke voel soos ’n kind langs hom, sy sluk hoorbaar. Haar keel is skielik baie droog. Hoe op dees aarde het sy hier beland. Op hierdie ondenkbare plek met hierdie ondenkbare mens engel wese aan haar sy. Haar blik flits weer na die asemrowende tonele om haar. Sy sou altyd hier wou bly as dit haar keuse was maar, sy sug hardop en vou haar hand om sy linker arm. “Goed laat ons dit agter die rug kry.” Binne sekondes vervaag die hemels omgewing.

 

***

 

Skielik kan sy rook ruik. Iets stink vreeslik soos dooie diere langs die pad, haastig sit sy haar hand oor haar neus. “Sies maar dit stink man.” Die omgewing rondom hulle is besig om al hoe donkerder te word. Sy is seker sy kan gedaantes, vlieënde voorwerpe, om hulle sien swiep maar nie naby genoeg om dit te identifiseer nie.

Hy knik sy oë grimmig voor hom gerig. “Ongelukkig ja en dit gaan nog erger word. Onthou Nieke, jy is nie alleen nie, ek is jou beskermer aangesê deur ons Hemels Vader.”

Sy knik stom, sy woorde maak haar banger voel as wat sy in ’n lang tyd was. Self die episode in die lykshuis voel soos ’n wandeling in die parkie oorkant haar straat daarteen wat sy nou kan voel, maar nie sien nie. Haar oë raak stelselmatig gewoond aan die donker skemer nag om hulle, sy kan nou ’n baie snaakse onheilspellende toneel voor haar sien. Haar hande klou sweterig aan die handreëling voor haar. Die lig om hulle het nou weer verander, dis nou ’n snaakse donker bloedrooi oranje. Alles ruik na rook en gesmelte teer.

Iets donker doem voor hulle op. ’n Ou inkswart geroeste ornamenteel gevlegte staal hek so hoog soos die Eifel Toring, toring bokant hulle uit, sy kan vaagweg ’n gespitste punt van een van die hekke sien uitsteek tussen die bolle rook wat die lig vuil inkleur. Monster agtige wesens met swart stukkende vlerke en lang skerpioen krul sterte hang aan die kante van die swart oordonderende hek. Vlamme borrel by die gebroedsel se bekke uit terwyl hulle oë wat ’n koue ysige blou kleur uitstraal, honger op Nieke rus. Sy kan die slang tonge wat by hulle oop bekke uithang sien terwyl giftige speeksel stadig na die grond toe afdrup in lang draderige toue. Sy gril merkbaar en klou aan Douw se arm.

“Hoekom is ek hier in hierdie aaklige plek Douw?”Haar blik flits van die een ongedierte na die ander. “Kan ons nie maar net terug gaan nie ek hou nie van die plek nie,” smeek sy met trane van vrees wat nou weer teen haar wange afdrup.

“Jy is heeltemal reg Nieke, niemand hou van die plek nie, niemand wil hier wees nie.” Sy oë rus ’n oomblik op die hek voor hom voor hy met ’n merkbare hartseer toon in sy diep stem voortgaan. “Maar tog luister niemand na die waarskuwings nie.”

“Waarskuwings?” vra sy, maar hy kyk nie na haar nie.

“ Kom.” Hy flits sy goue vlerke omhoog maak sy breë rug reguit en stoot sy bors uit. Hy steek sy hand na haar uit en klim uit die wa, saam stap hull na die hek wat met ’n gekraak stadig oopgewaai het.

’n Harde gil klink skielik naby hulle op. Nieke sluk byna haar tong in en klou stywer aan Douw se hand. Die reuk van swael en rook druk haar neus gate vol roet en sy sukkel om asem te kry. Êrens naby haar weerklink nog meer aaklige rou gille op, dan nog nader. Iets is agter haar. Verskrik los sy Douw se hand en draai om. ’n Vrou, beeldskoon met glimmende blonde lokke en ’n lyf soos ’n loopplank model geklee in ’n klewende rooi rokkie, staan direk agter haar. Haar engelagtige gesig en oë die kleur van ’n helder somersdag rus nadenkende tog met ’n effense hartseer uitdrukking op Nieke. Dan beweeg sy nog nader aan Nieke wat op die oomblik nie weet of sy moet staan of weghol nie, dis net Douw se stille teenwoordigheid hier by haar wat haar geanker hou.

“Nieke pragtige talentvolle Nieke,” draal sy in ’n sagte stem, “nooit gedink ek gaan jou so gou hier aantref nie,” sê die vrou. Haar mond rooi soos bloed vertrek in ’n fyn glimlag.

Nieke weet nie wie dit is nie en hoekom die vrou haar ken nie, sy staan nog ’n tree vêrder weg.

“Jy sal my nie onthou nie, jy was maar ’n baba, wat ’n pragtige kind was jy nie en kyk net so ’n mooi vrou op die einde.” Haar oë dwaal stadig oor Nieke se lyf, “wat ’n jammerte jy moes nou hier van alle plekke op eindig,” sê sy kat vriendelik en glimlag weer, “maar tog op die einde was dit die einddoel om jou hier te kry, jou siel was van ’n kosbare gehalte en wraggies, ons het dit reggekry.” ’n Kekkellag borrel by haar mond uit. “Nooit gedink ek sal die dag beleef nie.’

Nieke is seker die vrou voor haar se tande is besig om in slagtande te verander. Haar hand klou nou weer om Douw se stewige vingers.

“Welkom Nieke my skat jy is een ligpunt in hierdie Hel van ’n plek kom,” sê sy met ’n suisgeluid nou hoorbaar in haar stem, terwyl haar oë twee inkswart kolle geword het, “kom saam met my en ek sal jou wonderlike dinge wys, al jou hartsbegeertes waar maak.” Haar hare die kleur van koring op die lande vertoon nou krakerig stokkerig en vuil terwyl haar atletiese lyf verwronge verdraai kromtrek. Haar hande verander in kloue wat spasties teen haar lyf krap.

Nieke se oë draai na Douw maar hy lyk nie te veel gepla deur die eienaardige vrou voor hom nie sy hand rus egter steeds op die handvatsel van sy swaard, gereed vir enige dreigement.

“Wie is jy?” vra sy hees. Sy wil nie regtig weet nie en wens hulle kan net loop weg van haar af.

“Jou mamma natuurlik, ek het jou verwyder uit daardie haglike huis waarin jy gebore is en gesorg dat jy op die regte plek op eindig waar jou talente ontgin kon word. Goeie ou Hendrik Gouws was so gaaf om jou te ruil vir ’n lekker stuk harde kontant.” Sy giggel hard, haar oë donker kolle haat. “maar jy was so jammerlik met jou ou ingebore hartsbegeertes van ’n lewe vol van die regte dinge doen, die regte mens wees, jy het elke oomblik van jou lewe in daardie kinderhuis gehaat. Jou opleiding was jou redding het jy geglo. Watse baat vind jy nou daarby my liewe Nieke, dief van die nag h’m?” sy draai na Douw haar oë gloeiende kolle. “Jou vriend hier gaan jou nie kan red nie, jy weet jy is klaar veroordeel, so maak jouself maar klaar Nieke kind ek het ’n plekkie hier by my, spesiaal net vir jou.”

Haar lag weerklink hol teen Nieke se ore.

’n Groot inkswart gedaante met vlerke soos ’n kraai verskyn skielik agter die vrou. Sy vlammende geel oë rus gloeiend op Nieke.

“Nee gaan weg!” gil die vrou en gryp haar kop vas haar hare ’n tuimelend massa wurms wat oor haar skouer gly terwyl rou snikke deur haar lyf ruk.

Nieke wil vorentoe en haar help maar Douw se hand sluit ferm om hare.

“Nee.”

“Nee los my gaan weg ek beveel jou!” gil die vrou desperaat haar gesig besmeer van roet en trane.

“Ha jy kan my nie beveel nie vrou van die duisternis,” sê die ding agter haar wat ’n vuis vol hare wurms beetgekry het. Hy draai sy glimmende oë weer na Nieke. “Jy sal my volgende slaaf wees,” sê hy met ’n siek glimlag vol slagtande. “Kom vrou jy het werk om te doen.

Nieke kan net magteloos toekyk hoe hy die vrou in ’n groot borrelende swart put gooi, rooi vlamme lek aan die rand. Haar gille deurklief die drukkende lig om hulle en Nieke se hande vou beskermd om haar ore maar die gille dring deur tot in haar siel.

“Kan ons haar nie help nie?” smeek sy naderhand haar oë brandend op die vrou voor haar gerig. Die is nou naak met vlamme wat honger lek aan haar liggaam soos ’n trop skarrelende wolwe, terwyl ’n slang gedierte wat soos ’n draak sonder voete lyk, al om haar krul.  Sy skubagtige lyf bedek met edelgesteentes van elke kleur denkbaar glinster in die tee flou lig en beweeg ritmies heen en weer, hipnoties. Stadig begin hy die vrou se kop in sy onmenslike groot bek wikkel dan beweeg hy stadig af teen haar nek. Haar gille klief die roet lig om hulle.

Met ’n harde snak braak Nieke alles in haar maag uit. “Nee ek kan nie hier wees nie,” kerm sy en wil net daar op die harde warm klipperige grond neersak. Trane van vrees drup teen haar ken af en val sissend neer.

“Kom daar is nog om te sien,” sê Douw egter en neem weer haar hand in sy groot sterk hand.

Nieke kyk op na hom en net sy kalm gesig is genoeg om haar regop te laat kom. Sy kyk om na die vrou wat nou duidelik sigbaar al kriewelende is in die draak se blink slang lyf. Haar dowwe gille is steeds hoorbaar. “Wie is sy Douw?” vra sy na ’n rukkie toe sy dit kan waag om te praat sonder om te braak.

“Dit is die vrou wat jou gesteel het en jou siel aan Satan verkoop het met haar eie bloed,” sê hy sag. “Nou moet sy die prys daarvoor betaal.”

“Sý het my gesteel?”

“Ja, jy was maar net ’n paar uur oud was, sy is die oorsaak van al haar eie ellende,” sê hy sy stem stig.

“Kry jy haar nie jammer nie Douw?” vra sy haar blik teruggedraai na die wriemelende figuur binne-in die monster.

“My hart breek vir haar Nieke, vir elke verlore siel hier in hierdie afgryslike plek.” Hy bly ’n oomblik stil en vee oor sy oë voor hy weer na haar kyk. “Maar ongelukkig is dit te laat vir hulle, hul keuses is reeds gemaak en daar is niks wat enige een meer vir hulle kan doen nie.”

Nieke loop stadig saam met Douw oor die growwe gloeiende pad. Orals om hulle is mense besig om gemartel te word. Groot halfmens half dier figure is sigbaar deur die bolle stoom en rook wat die lig om hulle ’n skemer gevoel gee. “Waarheen neem jy my Douw asseblief ek kan nie meer hier wees nie,” smeek sy terwyl haar oë dartel van mens na demoon almal besig om leed te saai. Rou gille klink aanhoudend op, nie een oomblik is daar stilte nie. Enorme vlieënde onbeskryflike gedaantes deurklief die donker lig bokant hulle koppe en sy vrees vir die oomblik wanneer een van hulle haar sou beetkry.

Skielik duik ’n gedaante oor hulle en land dan reg voor Douw, sy swart vlerke wapperende in die onstuimige swael atmosfeer. “Douw my ou maat waaraan het ek die voorreg te danke my ou vriend.” Die gedaante voor hulle is ’n aantreklike donkerkop man geklee in ’n netjies swart pak klere wat aan sy lang leninge lyf klou soos ’n tweede vel. Die bloedrooi das en kraakvars hemp laat hom belangrik voorkom. Sy sterk vierkantige gesig is dalk ’n bietjie bleek maar dit beklemtoon die donkerte van sy agteroor gekamde hare. Sy te blink saffier oë rus belangstellend op Nieke. Stadig lek hy sy lippe af ’n fyn glimlag om sy vol rooi lippe.

Sy gril merkbaar maar kan tog nie haar blik van die man voor haar afhaal nie. Hy is meer as net aantreklik met sy netjiese voorkoms en donker stoppelbaard. Kuiltjies flits in sy reghoekige gesig en ’n sjarmante glimlag kuier nou op sy vol lippe. Hy straal ’n magnetisme uit wat haar soos ’n tol inkatrol.

“Lieflike dingetjie wat jy hier aangebring het my vriend.” Hy stap lui nader en draai dan al om haar, sy asem skielik warm intiem in haar nek. “’n Ou presentjie vir my dalk?” vra hy speels en trek ’n vinger deur haar krulhare.

Nieke voel of sy nie kan asem kry nie, die man se aantrekkingskrag is oorweldigend sy het nog nooit so iets beleef nie.

Hy los die krul skielik en draai weer na Douw sy blik berekend op hom gerig.

“Gaan weg Casper,” sê Douw en wil aanbeweeg maar Casper keer hom met ’n hand.

“ Nie so vinnig nie my vriend,” sê hy met ’n speelse glimlag op sy lippe. “Lyk my jy het so ’n bietjie vergeet waar jy is?” Sy oë rus weer ’n oomblik op Douw voor hy na haar draai.

Nieke probeer nou agter Douw se enorme lyf wegkruip maar kry dit nie reg om te beweeg nie. Die man se oë alleen hou haar gevange. Sy het nog nooit in haar lewe so weerloos voor iemand gevoel nie. Sy haat dit.

“ Nee Casper hoe kan ek met die stank wat aan alles kleef,” sê Douw met ’n halwe glimlag op sy gesig sy hand steeds ferm om Nieke sin gevou.

Sy is ineens baie bly en dankbaar vir hierdie reus van ’n man-engel langs haar wat onverskrokke na die ander man kyk asof hy iets onder sy skoen is.

“Tog wil jy my hier kom hiet en gebied? sê Casper nadenkend. Die kyk in sy oë broeiend.

“Jy weet net so goed soos ek dat die Vader seker dinge toelaat en nie jy of al jou duiwelse trawante kan iets daaromtrent doen nie,” sê Douw beslis met staal in sy stem

Casper frons terwyl slagtande verskyn toe hy boosaardig grynslag. “Die Vader, ag asseblief,” sê hy hees. “moenie my hier kom staan en beledig nie Douw jy gaan sleg tweede kom.” Die boosaardige uitdrukking in sy oë verskerp. “ Wie is hier om julle tweetjies te help h’m, ek sien niemand anders nie?” Sy tong glip oor sy rooi lippe sy gloeiende oë nou weer op Nieke gerig.

“ Jip my ou vriend soos altyd is jy reg met ’n antwoord,” se Douw rustig, “soos ek en jy baie goed weet is ons twee bedek met die bloed van die Lam, so gee pad.” Douw se vlerke het nou wyd oopgesprei en dit hang blink beskermd, selfs in die flou vuil lig, om hulle gevou.

Sy ferm stem toon laat haar skoon hoendervel kry. Dankbaar vir sy nabye vertroosting en krag kyk sy na die duiwel voor hulle.

Casper sis soos ’n slang sy oë nou die kleur van roet boor in Douw sin. “Hoe durf jy haar hier inbring met Sy Bloed?” Hy gee ’n tree nader, “Lucifer gaan dit nie toelaat nie!”

“ Lucifer se dae is in elk geval getel so vlieg gou-gou en gaan vertel hom,  toe daar gaan jy,” sê Douw en lag hardop. “Jy het bitter gou vergeet dat jy en al jou trawante geskei is van die Vader vir ewig en altyd en dat julle Sý skeppings is, gemaak vir Hom en dat Hy julle kan vernietig deur net Sy vingers te klap.” Douw sig en kyk na Casper met ’n inning jammerte in sy oë. “Daardie dag toe julle besluit het om saam met die môrester die Hemel vir ewig te verlaat was sekerlik die hartseerste dag ooit. Dit gaan my verstand te bowe hoe julle dág in en dag uit kan gaan sonder die Een se nabyheid wat julle so inning lief gehad het.”

’n Hordes demone het intussen uit die niet verskyn en drom nou sissend en grommend om hulle soos ’n trop uitgehongerde wolwe. Hul flenter vlerke drup vrot slym en val stomend na die warm gloeiende grond. Hul uitgeteerde liggame bedek met ’n tipe leer glinster ’n siek geel in die gal lig om hulle. Terwyl hul oë, ’n neon blou, stip op haar gerig bly.

Nieke kan nie haar oë glo nie. Sy het altyd gedink sulke monsters is net verkrygbaar in die mal verbeelding van Hollywood skrywers, maar nou. Nou kan sy sien waar kom hulle inspirasie werklik vandaan. Rilling op rilling seil soos mambas teen haar rig af en spoel bewend teen haar vingerpunte vas. Spoeg drup nou draderig uit hulle haaitand oop bekke uit terwyl hulle groot bultende oë al hoe meer belustig op haar rus. Sweet pêrel op haar voorkop maar sy weier om toe te gee aan die onredelike verlammende vrees wat besit van haar wil neem. Douw het gesê sy word beskerm, sy is veilig, sy moet net bly glo dat die Vader na haar kyk. Dis moeilik om te glo maar sy moet net as sy enigsins lewend hier wil uit.

“Ons sal sien Douw hierdie is nog lank nie die einde nie, báie kan nog gebeur.” Casper klap sy hande saam en skielik is hy in die lig saam met die horde krygers. Binne oomblikke skiet hulle weg in die grou lig. Dan is hulle nie meer sigbaar nie. Maar tog draal hulle warboel krete vol beloftes van marteling.

“Kom ek wil hê jy moet iets sien,” sê Douw en stap stadig aan ongehinderd deur wat so pas gebeur het.

Sy sluk moedig en rol haar skouers. Sy kan dit doen sy word beskerm is haar mantra terwyl sy gedwee al met die rooi gloeiende pad stap saam met Douw. Dansende vlamme omsingel hulle, orals waar hulle gaan is die reuk van die dood. Dit volg hulle op die demonies wind van die Hel. Nieke kan die vuil daarvan op haar vel voel brand, dis skroeiend in haar neusgate, in haar hare. Brandende kole lê langs die pad, tog kom die hitte daarvan nie naby haar of Douw nie.

Demone groot en klein dans donderend tartend al om hulle maar maak seker om nie te naby aan hulle te kom nie. Hulle kyk met vrees, afguns en ook verwondering in hulle doodse oë na Douw. Gille hang in die vuil teë geel lig om hulle soos wapperende vlae.

Haar oë fladder senuagtig van die een marteling na die volgende. Die aaneen geween en bulderende geskreeu maak haar mal. Dit sny soos ’n lem deur haar binneste, sy wens dit wil end kry. Sy klem Douw se hand al hoe stywer vas, haar liggaam bewe onbedaarlik van skok,  trane vloei ongehinder teen haar gesig af. Ys kerse vol vrees brand helder in haar gemoed. Die smekinge van die om haar is besig om haar onder te kry sy moet hier uit en gou ook. Skielik gaan staan sy stokstil, haar mond hang oop van verbasing in stomme stilte lig sy bewend haar hand en wys met ’n vinger voor haar.

Douw haar blik volg.

“Ek – ek ken – ken hom,” stotter sy uiteindelik. Haar asem begin paniekerig jaag deur haar oop mond, haar hand klou krampagtig om haar keel, haar oë spring van die bekende figuur na die ander naakte wriemelende wesens om haar. Elkeen is vasgevang in sy eie klein Hel van marteling, elkeen eensaam afgesonder in sy pyn. Sy het heimlik in haar binneste gehoop en gebid dat hierdie wesens almal net ’n droom is, dat hierdie waansin tog nie ’n werklikheid kan wees nie. En nou? Weer kyk sy na die jammerlike figuur voor haar. Nou besef sy dit is nie ’n droom nie. Hierdie wesens is ’’n aardskuddende  werklikheid.

“Ja ek weet,” sê Douw sag. hy vryf oor sy oë en kyk weer om hulle.

Die demone wat ongemerk nader beweeg het deins verskrik terug terwyl ’n waansinnige gekekkel by hul oop bekke uitdrup en die lig nog meer bevuil.

“ Ek het gedink hy is so wonderlik ’n mens, ’n goeie voorbeeld, ek het altyd gewens ek kon soos hy wees.” Trane drip nou weer ongehinderd teen haar ken af. Voor haar staan die siel van ’n mens wat sy hooggeag het. Stephan was die hoofseun in haar skool, erg voorbeeldig, altyd vriendelik, altyd bereid om te help. Selfs na skool, toe hy as huisdokter op die dorp kom praktiseer het, was hy altyd nooit te besig vir ’n geselsie nie. Sy dief wat sy is, het altyd so vuil in sy teenwoordigheid gevoel veral Sondae as sy sy kar voor die kerk geparkeer gesien het. Hy was vir haar die toonbeeld van ’n Christin. “Wat soek hy hier?” Haar hand kruip weer teen haar nek op, as dit met hom hier kan gebeur wat wag net nie op haar nie? Sy wil nie eers daaraan dink nie, want sy is baie beslis nie Christen materiaal nie, dis beslis. Weer dreig haar asem om te begin skok in haar keel maar sy sluk hard en probeer die waansin wat haar wil oorweldig onder beheer te kry.

Douw gaan staan hande in die sye en draai na haar. “Die oordeel kom nie my of jou toe nie Nieke, dit wat hy gedoen het, die keuse wat hy geneem het, het hom hier laat beland.” Douw se oë rus sag op Nieke. “Hy het kans gehad om dinge reg te maak maar het besluit om die nie te doen nie.”

“ Maar-,” begin sy haar oë op Stephan.

Dan skielik begin groot vet geel en groen wurms by sy mond en oë uitkruip, hy wriemel op die grond rond. “Help my,” smeek hy sy hand uitgestrek na Nieke.

Sy wil sommer dadelik vorentoe spring om hom te help maar Douw se hand rus swaar op haar skouer.

“Nee jy mag nie,” keer Douw sag.

“Maar hy het pyn!” skreeu sy amper onbeheers. “hy het seer hy verdien nie hierdie aaklige marteling nie,” snik sy op die punt om op die rooi gloeiende grond neer te sak.

Skielik vlieg Stephan regop die wurms het verdwyn,  hy skud sy lang atletiese lyf een twee keer, draai om en stap stadig tot naby aan Nieke. “ Jy vroumens, jy het altyd gedink jy is te goed vir my.” Hy vee met ’n vuil roet besmeerde hand deur sy blonde hare wat in elke rigting staan. “ ek was dié beste op skool, ek was die heel beste in alles wat ek kon aanpak maar tog het jy daai neusie van jou hemelhoog gehou as ek jou wou uitvat.” Hy blaas deur sy neus sy oë die kleur van die nag brandend op haar. “Ek sou dinge met jou kon doen Nieke,” sê hy sag suggestief. ’n Wurm wriemel uit sy mond en dan stadig teen sy keel af.

Nieke sluk die naar terug, die stank van hom kruipend in haar neus.

“Gaan weg!” gebied Douw.

Stephan krimp ineen, sy oë vol haat op Douw gerig.

’n Demoon wat soos ’n vlieënde geraamte lyk met ’n lang stert verskyn langs Stephan. “Toe komaan daar’s nie tyd vir geselsies my ou maat,” sê hy met ’n mond vol blink goue tande, hy lag hard “jy wou mos my hiet en gebied op aarde, nou is dit my beurt” Hy pluk hom aan die arm totdat hulle weer in hulle sirkel vol vlamme staan.

Nieke vryf moeg oor haar oë. “Hoekom sê daai ding dit?” Niks maak sin nie. Stephan was voorbeeldig, die mooiste en slimste meisies het aan sy lippe gehang, die seuns op skool het hom slaaf nageboots, alles wat Stephan aangepak het, was reg in almal se oë. Sy het altyd te skaam gevoel om naby hom te kom of om saam met hom gesien te word. Hy was vêr bo haar verhewe, arme kinderhuis kind wat sy was.

Douw kruis sy arms en draai na haar. “Hy mag dalk indrukwekkend gelyk het op Aarde Nieke maar van binne was hy vrot, hy het sy siel aan die duiwel geoffer vir sukses al van ’n baie vroeë ouderdom af en nou is dit ongelukkig tyd op daai skuld te vereffen,” sê hy sy oë hartseer op die wriemelende figuur gerig. “Dinge vir hom sou so anders gewees het, sou hy net beter na sy siel gekyk het.”

Sy vryf weer oor haar oë. “ Wat soek ek hier Douw?” haar blik rus pleitend op die man- engel langs haar gerig. “ Is dit hier waar jy my gaan los, is ek ook gedoem om vir ewig hier te bly in hierdie Hel van ’n plek?” Trane drup wéér teen haar wange af. Dit voel of dit al is wat sy doen, huil en smeek vir ’n einde, vir iets beters om te gebeur. “Ek is so bitterlik moeg vir hierdie marteling om my ek kan nie meer nie Douw asseblief help my!” Sy gaan staan snikkend in die middel van die grondpad haar gesig in haar hande. Skielik kan sy Douw se arms om haar voel. Die vrede wat hy uitstraal omhels haar so ’n warm kombers en meteens verlaat die gevoel van algehele wanhoop haar.

“ Jou een dag het in die lykshuis aangebreek Nieke dit is hoekom ek aan jou kon verskyn.” Hy bly ’n oomblik stil toe hulle na ’n rukkie  verder stap. “Jy het altyd gesê jy wil eendag jou eie huis hê, nie meer steel vir ’n lewe nie, die regte man ontmoet, dalk ’n familie begin, onthou jy?”
“ Ja die drome van ’n kind, ’n jong meisies totdat ek ontnugter is.” Sy skop na ’n vlammende rots voor haar.

“ Ek weet ek was daar elke tree, maar die ding is Nieke jy kan nog steeds daardie een dag ’n werklikheid maak, dit is nooit te laat nie, nie terwyl jy nog asem in jou het nie, daar lewe binne jou is nie.” Hy stap verder sy hand rus vertroostend op haar skouer, terwyl ’n klomp vieslike vuil haglike demone al langs die paadjie staan en op hulle skel en vloek. “ Dis soos Stephan, hy het te lank gewag, hy het presies geweet wat hy doen deur almal van kleins af ’n rat voor die oë te draai, om heimlik die bose te gebruik om in sy doelwitte te slaag, tog was hy egter nooit van plan om te verander nie, nou is dit te laat vir hom.”

“ Is dit hoekom jy my hierheen gebring het?”

“ Ja om jou wakker te maak sodat jy kan besef dat hierdie die heel laaste bestemming is.” Hy gaan staan stil en sit nou beide sy hande op haar skouers. “ Hierdie is ’n eendag wat enige oomblik kan aanbreek en as jy nie die regte keuses gemaak het nie dan sal hierdie Hel van ’n plek jou tuiste wees vir ewig.”

Sy laat sak haar kop en staar na die heimwee en vernietiging om haar.“ Kan ons asseblief net nie meer hier wees nie?” Sy kyk smekend op na hom.

“ Daar is nog een plek wat jy moet sien voor ek jou mag wegvat.” Hy neem haar hand weer in syne sy oë nou die kleur van ’n sonsondergang rus bemoedigend op haar. “ Kom.”

Hulle beweeg dieper die strak rooigeel landskap in. Demone dans tartend boos soos mal besetenes al om hulle, ’n Heks vlieg bo hulle verby al kekkelend terwyl geel vlamme uit haar rokende besem skiet. ’n Draak die kleur van kots land in die grondpad voor hulle sy duiwelse boos pers oë stip op Nieke gerig. Hy lek sy lem-skerp tande af met ’n slang tong voor hy skielik opwaarts beweeg en verdwyn.

Nieke moet haar oë knip om werklik te glo wat sy sien. Alles wat vir riller flieks uitgedink kon word, is hier en nog soveel meer, dis ’n vreesaanjaende werklikheid. Iets wat jou dag in en uit sal teister en daar is nooit ooit ’n einde in sig nie. Daar is so baie demone en aaklige wesens te sien wat skreeu en skel maar tog is daar die heeltyd ’n tasbare eensaamheid wat om alles hang soos ’n nat lap. Dis amper verstikkend. Haar hart klop krampagtig in haar binneste. Hier wil sy nie wees nie, nooit nie. Haar hand vou stywer om die van Douw wat haar hand ’n bemoedigende drukkie gee.

“ Kom Nieke net nog een stop dan kan ons gaan.”

Hulle bereik ’n dor verlate area leër en dooier as enige woestyn op Aarde. Groot aasvoël agtige gediertes sit oral op stompe en rotse. Hulle bleekblou spook oë rus honger op Nieke. Hulle stap vir nog ’n ruk aan, die reuk van swael en vrot vleis deurpriem die skroeiende hitte om hulle. Skielik stop Douw voor ’n enorme spelonk wat uit die harde klipgrond gekerf is. ’n trap spiraal die duisternis wat uit die gat uit borrel binne.

Geskok deins Nieke terug.

“ Stop wie gaan daar!” brul ’n stem skielik, dik en donker soos molasses.

“ Staan opsy demoon,” sê Douw streng.

Binne sekondes verskyn ’n vieslike trillende massa gemors met groot geil groen slang oë wat haatdraend op Douw rus. Spoeg drip teen sy vyf kenne af tot op sy ronde boepens. Dan merk hy vir Nieke en lek sy nat speeksel besmeerde mond met ’n dik gevurkte swart tong af. “H’m my vriend van eeue gelede, het jy tog nie vir my ’n speelding gebring nie.” Hy waggel lomp nader teen die trappe op terwyl nog meer draderige kwyl sy liggaam bedek.

“ Gaan weg en laat ons deur demoon,” sê Douw sag sy oë blitsend op die skepsel gerig.

“Ek sien jy is nog altyd so fyngevoelig my ou vriend gedink teen die tyd sal jy al bietjie bedaar het. Maar nou ja.” Hy buig lomp met al die rolle bultende vet en wys met ’n vuil hand na die trap wat na benede daal agter hom. “Nie te lank draai nie Douw ‘tjie ek’s ’n honger skepsel jy weet,” sê die trillende massa en kekkel lag boosaardig voor hy omdraai en homself weer op ’n hoop skedels eenkant tuismaak.

“ Kom.”

Nieke wil omdraai en weghol maar sy is te bang iets vang haar as sy Douw se hand los. Met moeite sluk sy die droogte in haar keel af, nog nooit was sy so bang soos nou nie. Die teer swart gat voor haar doem skrikwekkend voor haar op, sy kan die suiwer onheil in die vuil lig proe.

Douw vou sy hand beskerm om hare gee haar bemoedigende drukkie voor hy die eerste trap nader.

Hy hou haar hand styf vas terwyl hulle nou teen die steil slym besmeerde trappe na onder beweeg. ’n Malse gesanik hang in die lig, hier en daar kerm iets sag soos hulle verbybeweeg. Fakkels brand rokend teen die rots muur om hulle, net klein areas word op ’n slag belig, sy kan nie regtig sien wat om hulle is nie net dat die area soos ’n tronk lyk, ’n dieper gat uitgekap in die rots om hulle. Sy gaan staan voor een beligte area. “ Kyk hier is ’n naam bokant hierdie plek.” Sy stap nader, bokant hierdie inham is ’n persoon se naam van, geboorte en sterfdatum in die rots uitgekerf. “Wat is hierdie plek?” vra sy bang.

“ Hierdie is ’n spesiale plek vir mense wat God nie wou ken nie.” Die hartseer in Douw se stem is nou hoorbaar.

Nieke draai na hom en staar in ongeloof na die trane wat teen sy wange afdrup. “Wat bedoel jy?”

“ Hierdie plek is vir mense soos jy Nieke wat eerder heksery sou najaag om in hulle doel te slaag op aarde as om hulle hulp op God te vestig.”

“ Maar jy weet tog dit was net een keer!” roep sy uit.

“Ja, ek weet maar het jy ooit na God die Vader gegaan en Hom gevra om jou te help om jou te vergewe vir wat jy gedoen het Nieke?” Hy bly ’n oomblik stil. “Na daardie een keer het jy besluit om net op jouself staat te maak, om nooit weer op Hom te vertrou nie, jy het Hom, ons Vader, verwerp.”

Sy kan net na hom kyk want sy weet diep binne-in haar siel, hy is reg. Nog altyd het sy net op haar eie planne staat gemaak niemand ander sin nie, God was net ’n storie in ’n boek. Hoekom sou iemand soos Hy lief wees vir haar? Haar eie ouers is van haar weggeneem dis meer as bewys dat sy net nie goed genoeg was nie. Nee sy was altyd bereid om op haar eie klaar te kom. Maar nou-nou is sy nie meer so seker van daardie besluit nie, nie na alles wat sy tot dusvêr ervaar het saam met Douw nie. “Jy is heeltemal reg Douw ek was verkeerd.” Erken sy sag. ’n Diepe sekerheid draal nou soos ’n slang deur haar gemoed. Dis te laat vir haar.

“Kom hierlangs.” Hy stap verder met die nou paadjie aan terwyl hulle al hoe laer daal. Naderhand gaan staan hy voor ’n donker sel gat. Hy wys met sy hand na die skrif bokant die gat.

Versigtig stap sy nader en begin hardop lees. “Nieke Prinsloo, geboortedatum 14 Oktober 2000, maar-” Voor sy egter kan verder praat stoot iets haar van agter af, sy struikel vorentoe die gat binne en land pynlik op haar knieë. Dadelik vlieg sy op en strompel na die uitgang, maar dik vuil tralies staan in haar pad. “Douw!” roep sy maar al wat sy sien is duisternis voor haar. ’n Duisternis so intens sy kan dit teen haar oogballe voel druk. Haar hart begin verwoed in haar binneste klop tot in haar keel, haar hande klamp krampagtig om die smerige tralies terwyl ’n angs sweet oor haar gesig uitslaan met haar trane meng en teen haar gesig afdrup.

“Nee!” Gil sy desperaat vir ’n uitkoms. ’n Kekkel lag klink iewers naby haar op. Verskrik deins sy weg van die tralies af en spring na die agterste rots muur. ’n Gewaggel klink op, ’n swaar diep asemhaling klink hortend op wat sy kan voel in haar nek. Die stank van die vet demoon hang swaar om haar. Sy kan die hitte van vlamme voel lek binne-in die donkerte voor haar. “ Douw waar is jy!” roep sy weer hees uit. ’n Stikdonkerte vul die ruimte voor haar oë. Sy kan hoegenaamd niks sien nie. Huilende stemme weerklank om haar, desperate gille om hulp nes hare deurklief die lig. Moedeloos val sy op die grond neer. Hierdie is die einde tril dit deur haar brein hier gaan sy wees vir altyd. Moedeloos huil sy haarself aan die slaap.

Sy weet nie hoe lank sy aan die slaap was nie, maar skielik ruk sy wakker en kom stadig krampagtig regop. Die tralie is nog daar, die donkerte en gille ook, dit was nie ’n droom nie. Sy is alleen, werklik alleen, is dit vir altyd? Die blote gedagte daaraan maak haar lam en dadelik wil sy weer begin gil en skreeu soos ’n mal mens, iemand moet haar tog net kan hoor sy hoort nie hier nie. Maar dan besef sy wat Douw gesê het, hy is toegelaat om haar hierheen te bring dat haar eendag in daardie lykshuis aangebreek het. Desperaat val sy op haar knieë neer haar hande voor haar oë gevou. “Here!” roep sy uit, “Here wees my genadig vergewe my my sondes vergewe my daardie dade, daardie diewery, die sondes wat ek gepleeg het Here!” roep sy verpletter huilend uit. Is dit te laat? As dit dan te laat is, is hierdie plek haar verdiende loon. Sy het geweet wat sy doen, is sonde. Maar almal sondig elke dag so hoekom moes sy omgee? Maar nou weet sy sy moes opgelet het, beter aandag gegee het en nie alles vir vanselfsprekend aanvaar het nie. Moeg gehuil en geskreeu, moeg en onthuts gaan sit sy kruisbeen op die harde vloer. Sy verdien om hier te wees. God is ’n ware werklikheid, so het sy met haar eie oë gesien, maar nou-nou is dit te laat vir haar. Sy het in haar eie belangrikheid besluit sy het God nie nodig nie, dat hy in ’n storie boek hoort nie in haar lewe nie. Sy het die grootste fout van haar hele bestaan gemaak met daardie een simpel besluit. Moedeloos en so verskriklik alleen sluit sy haar oë en val skuins op die vloer. Nooit het sy geweet dat haar lewe so gou verby sou wees nie. Nooit het sy besef dat dinge vlietend is nie en dat haar jare letterlik binne ’n oogwenk van haar sou geneem word nie. Om jonk te wees beteken nie jy gaan vir ewig lewe nie, dat daar nog baie tyd is nie, nee sy het ’n baie goeie les geleer, maar ongelukkig een wat net te laat gekom het.

Hierdie is nóú haar eendag.

 

***

 

Iewers blaas ’n kar se toeter oorverdowend hard terwyl bande skril skreeu op nat teer.

Nieke maak haar oë stadig oop. Hulle voel krapperig en seer, brandend soos haar keel. Sy is verskriklik dors en haar hele lyf pyn. Sy stink na roet en iets anders wat sy liefs nie ’n naam wil gee nie. Stadig kom sy regop op wankelende bene. Verward kyk sy om haar heen. Dis nog steeds donker. Die vloer onder haar is nat dit moes onlangs gereën het. Maar hier sou dit tog nie reën nie, hier sou nie so ’n lieflike lafenis uitgemeet word nie. Stadig kom sy regop, haar kop pyn maar verder is sy redelik ongedeerd. Haar swart kleefbroek en hemp is nog in een stuk. Haar klere! Verward staar sy na die klere wat sy aanhet. Sy was ’n daardie wit tuniek tipe klere geklee wanneer het sy hierdie klere gekry? Wat gaan aan. Verstom draai sy al in die rondte. Die duisternis om haar is nie meer so donker nie. Sy kan dinge sien, geboue opmerk, ’n straatlamp sien brand skuins agter haar. Haar kop draai na links, na die woonstelblok voor haar. Skielik tref die gebeure van die aand haar soos ’n vuishou op haar maag en sy braak die bietjie wat sy nog in haar maag het net daar uit.

“Welkom terug.”

Verward kom sy weer regop vee haar mond met haar mou af en draai om. Daar staan haar beste vriend Douw asof niks gebeur het nie.”

“Jy het my daar gelos hoe kon jy,” sê sy seergemaak maar so bitter dankbaar om hom te sien. Sy gee versigtig ’n tree om te sien of sy werklik uit daardie gevangenis is en storm dan op hom af. “Ek’s so vrek bly om jou te sien!” dankbaar gooi sy haar arms om sy lyf.

“Hokaai Nieke, ek’s net so bly om jou te sien jong,” sê hy en lag uitbundig.

“ Hoekom het jy my gelos?” vra sy weer terwyl sy die trane uit haar oë vee met ’n baie vuil stinkende hand. “Sies ek kort ’n stort.”

“Jip jy stink, maar kom ons gaan sit dan vertel ek jou.” Hy beduie na die parkie oorkant die straat. Hulle gaan sit elkeen op ’n swaai. “ Ek was beveel om jou daar te los Nieke dit was nie my toedoen nie, jy moes op jou eie besluit wat die volgende stap gaan wees.” Hy kyk ’n oomblik na sy hande en dan weer na haar. “Dit was so moeilik om jou daar te los, so alleen. Ek was nog altyd aan jou sy van jou geboorte af en toe moes ek jou los.” Hy lag en sit agteroor, “maar dit was die moeite werd.”

“ So dit was ’n toets?” vra sy bang dat dinge dalk nie so rooskleurig lyk soos sy in haar binnestes hoop nie.

“Jip een wat jy duidelik geslaag het.”

“So wat is volgende?”

“Net wat jy besluit, maar onthou tyd is nie aan jou kant nie Nieke, maak elke sekonde tel.”

“Douw?” vra sy verward en staan regop. “ Hy’s weg,” sê sy nou weer sag, membrane van sy beeld in haar kop. ‘Hy’s werklik weg.” Maar dan onthou sy, hy is haar beskermer, haar engel wat by haar is elke oomblik van elke dag, ’n geskenk van die Vader wat sy nie kan sien nie. Eerbiedig buig sy haar kop. “Dankie, Vader vir U groot genade.” Sy maak haar oë weer oop en kyk om haar rond. Die Elixir gebou toring voor haar uit ’n silwer baken in die helder somerson. “Tyd om dinge reg te stel, tyd om die bose verlede oop te lê en my storie te vertel,” sê sy hardop en haal diep asem. “Ek weet jy kan my hoor Douw en ek weet dat ek beskerm word deur ons Vader maak nie saak wat gebeur nie.” Sy vee ’n lastige traan van haar wang af. “ Ek kan jou nie sien nie Douw maar weet dat ek so dankbaar is dat jy my beskermer is. Jy was daar om my deur dinge te neem wat ek gedink het net in kinder boeke verskyn, maar deur die Vader se genade is my oë oopgemaak,” sê sy en lag skielik uitbundig terwyl ’n straatveër haar snaaks aankyk. “ Kom my ou vriend die tyd stap, hierdie is die eerste dag van my eendag!”

 

Die Einde