Adellé von Rönge Kotzé – 2022 Wenner

Tussen Wêrelde

Geskryf deur

Adellé von Rönge Kotzé

 

“Nee!”

Die gil hang soos ’n dolk in die koue grou lig. Katerien se oë is wyd gesper. Haar asem wasem in die nog donker oggend om haar. ’n Lamppaal gooi ’n dowwe tee flou liggie, maar dit kan nie die klam mistigheid verdring nie. ’n Galge stilte kleef aan alles. Hoe het sy hier in die stuk verlate veld beland? Haar oë spring verward van boom na bos na gras om haar. Wat gaan aan? Dan kom haar brandende oë te ruste op die drogbeeld voor haar. Verdwaas strompel sy na die stuk verwronge metaal wat nie te lank terug haar kar was. Dit voel soos ’n droom. Werktuiglik sit sy een voet voor die ander totdat sy aan die koue blik kan raak. Haar vingers streel huiwerend daaroor. “Jaco,” kerm sy. Haar lam bene wil egter nie saamwerk nie. Sy sukkel om staande te bly. Skok golf deur haar lyf. Daai stuk opgefrommelde blik was haar ligblou Polo. Haar trots. Nou hang dit soos ’n af vlerk mossie in die takke van ’n reuse- bos. Met ’n pyl geskiet deur die hart.

Die man in die wrak kreun hoorbaar.

“Dankie, tog jy leef nog,” sê sy. ’n Snik draai skeef in haar brandende keel. Die gekraak van metaal in die donker skemerte skeur deur haar binneste. Wat het gebeur? Sy onthou die reën, vlae en vlae reën. Sy het gesukkel om te bestuur sy kon amper niks sien nie. Daar was ’n skerp klank soos glas wat breek. Gille in die nag. Alles is so deurmekaar. Sy vee verward oor haar oë. Hoe het sy buite die kar beland? Vrae maal deur haar kop terwyl sy probeer sin maak van wat haar oë sien.

“Kry my hier uit!” gil die man skielik, sy hand tastend teen die ruit. “Katerien, help my die deur wil nie oop nie!” Hoe meer hy stamp aan die deur, hoë gevaarliker tuimel die wrak na die een kant. Sy kant waar ’n gapende afgrond honger wag.

Oorhaastig draf sy strompelend na haar kant van die motor. Die bestuurskant. Dalk kan hy hier uitklim en die afgrond vermy. Sy struikel en val teen die ysige metaal. Stadig, met trane wat teen haar wange afstroom, trek sy haar uitgeputte lyf teen die gekreukelde deur op. Sy verstar. Haar brandende blik rus nou op die van ’n bleek lewelose vrou. Die blonde hare wat oor die sitplek waaier is gevlek met bloed. Donker bloed. Baie bloed. Die pyl uit die bos se arsenaal sit vasgepen deur haar linker skouer. Vas aan die sitplek agter haar. Die sitplek wat die vrou nou met Jaco deel.

Dit kan tog nie wees nie. Wat gaan hier aan? Bewend strek sy haar hand uit na die bebloede gesig.

“Katerien…help my,” kerm hy.

Die stem sny deur haar binneste. Sy probeer om sin van alles te maak. ’n Koue sweet het nou oor haar hele liggaam uitgeslaan. Sy bewe onbedaarlik. Wat moet sy doen? Benoud tree sy terug van die wrak af, sy kyk vlugtig rond maar dis net die verlate nat veld en donker bosse wat haar begroet. Desperaat gaan sy terug en kyk weer na binne, dalk het sy haar verbeel, skok kan tog snaakse goed aan ’n mens se brein doen. Wat dan anders?

“Help my tog vroumens!”

Katerien besef eers sy is besig om hardop te gil toe Jaco sy kop draai na haar kant en dan self begin paniek.

“Katerien!” Sy benoude kermende seuntjie stem klief die stilte van die donker om hulle.

Sy sluk die gil af en vee verdwaas oor haar voorkop. Hoekom gil hy so, hoekom help hy nie? Hy sit net daar en staar na die vrou asof hy die een is wat deurboor is. Sy verstaan nie wat aangaan nie, nie met haar of met hom nie, dis ’n nagmerrie sonder einde. Dalk droom sy regtig en gaan nou enige oomblik in haar warm bekende bed met die swart satyn lakens en grys dons duvet wakker word, met Jaco ongedeerd aan haar sy.

“Katerien.”

’n Sagte stem dring deur haar deurmekaar gemoed. Verward draai sy om, nog bewus van Jaco se struweling agter haar. Die gekraak van takke wat strem onder die onmoontlike gewig, kriewel teen haar oordromme. Sy moet hom help, knaag dit aan haar. Haarself help. Maar hoe? Haar vingers stroom deur haar hare, teen haar nek af. Dit vou om die steen wat daar hang. Benoud vou haar vingers om die bekende robyn. ’n Geskenk van haar ma af. Dit moet haar herinner aan iets. Maar wat? Bloed. Hoekom Bloed? Wat was so belangrik? O ja, die bloed van Jesus, het haar ma gesê, sal haar altyd beskerm. Maar duidelik het dit nie, kyk waar het sy beland.

“Katerien.” Daardie stem? Waar kom dit vandaan? Dan sien sy ’n man deur die mistigheid nader beweeg. Hy is besonders lank. Goed gebou. Soos ’n Viking. ’n Viking met die mooiste blonde krulle wat sy al ooit aan ’n mansmens gesien het. Die swart langbroek sit subtiel netjies, net soos die einste donker hemp wat gegiet is aan sy lyf.  Sy gesig is egter in skadu gehul. Hoe is dit moontlik dat sy nou al hierdie dinge raaksien en selfs bewonder? Dit terwyl haar lewe besig is om letterlik te verkrummel waar sy staan? Is sy besig om haar kop te verloor. Sy moes ’n harde hou gekry het. Dalk droom sy? Maar tog, hier staan sy.

Hy kom al hoe nader.

“Bly weg,” waarsku sy hees. Haar droë brandende oë soek nou beangs na ’n wapen. Maar dis nog daardie intense donker, reg voor dagbreek en sy sukkel om te fokus ten spyte van die geel aan en af flits van die flikkerlig naaste aan haar. Sy besef nou eers hoe weerloos sy is. Hierdie man kan haar met een hand oorrompel. Sy sluk benoud gereed om op vlug te slaan sou hy enige vinnige bewegings maak. Hoekom staan die man net daar? Speel hy op haar gevoelens? Wag hy vir haar om eerste te beweeg? “Wat’s fout met jou man!” gil sy paniekerig toe hy skielik ’n tree nader gee, haar hand beskermend voor haar uitgestrek, “ons was in ’n vervlakste ongeluk kan jy sien!” Trane stroom nou ongehinderd teen haar gesig af. “Nou wil jy my kom staan en beroof ook.” Haar bene bewe skielik te veel. Sy gaan sekerlik enige oomblik flou val. Dit sal nou warempel die toppunt van haar aand wees. Sekerlik syne ook.

Nog kom hy nader. Sy hand is uitgetrek na haar.

Dit vul haar hele wese.

“Asseblief,” kreun sy desperaat. Beangs tree sy agteruit. Haar hart skop teen haar keel dit wil uit met alle geweld.

“Wees stil.”

Sy sagte stem dring deur haar ontsteltenis. Hoe kry hy dit reg? Toor hy haar of is dit ’n nuwe manier van kaping?

“Kyk,” sê hy egter ongestoord en beduie na die hangende motor agter haar.

Gedwee gehoorsaam sy. Sy draai om baie bewus van hom wat nou langs haar te staan gekom het. Haar oë draai weer na die wrak. Na die vrou wat steeds daar sit, leweloos. Vasgepen soos ’n vis. Hoe is dit moontlik? Verward vryf sy oor haar moeë oë. Hoe is dit dat hierdie vreemde man haar naam ken? Dit kan tog nie sý wees wat daar vasgeanker deur ’n tak sit nie? Kan dit?

Intussen het Jaco homself losgekry. Hy val vloekend uit die wrak en land met ’n gekreun op die grond. Hy kom moeisaam orent en kam met sy hande deur sy inkswart deurmekaar hare. Hy draai om maar sy blik gly net oor haar en die vreemdeling sonder om hulle raak te sien.

Die takke van die boom wieg sag heen en weer.

Die gefrommelde kar kraak moeisaam soos ’n swaar gewonde bok.

Jaco se gebrabbel op die foon beruik haar ore terwyl sy nog steeds staan en wonder hoe alles so vinnig kon gebeur het. Die een oomblik was hulle in die motor op pad huis toe. Die aand was baie suksesvol. Jaco was moeg soos gewoonlik na ’n sessie, sy móés bestuur hy het daarop aangedring want hy moes rus, ‘daar wag baie werk vir hom,’ was sy woorde.

“Nee bel ’n ambulans die kóéi het die kar afgeskryf.” Hy het nou om die wrak gestap sodat hy kan inkyk. Die bestuurskant van die motor hang naaste aan die teerpad. Sy blik is op die lewelose liggaam gerig. ”Nee ek weet nie, dalk vrek wie gee om, doen dit net okay.” Hy sug hardop bêre die foon en trek sy bleek hande albei deur sy deurmekaar swart kuif. Weer lui sy foon. “Ja,-“ Hy sug weereens en trek sy hand weereens deur sy hare. “Jy wil hê ek moet terug klim in die wrak tot die ambulans kom? Nou goed as dit jou bly sal maak en my sal beskerm dan maak ek so Athena.” Hy loop terug na die wrak trek die skewe deur oop en klim versigtig terug tot langs die vrou wat nou half skuins afgegly het teen die sitplek. “Goed ek’s in.” Hy bekyk die vrou ’n oomblik dan doen hy iets wat ondenkbaar is. Hy trek die stuk hout wat haar deurboor het se punt uit die sitplek uit en druk haar hout en al terug na die bestuurskant. “Bel net daai ambulans ek dink ek het my gewrig nou net seergemaak.”

Geskok tree Katerien terug. “Wat?” ’n Warboel emosie spoel deur haar. Hoekom praat hy so? Gee hy nie om vir die vrou nie, lewe sy ooit nog? Na ’n oomblik wat te lank voel en binne sekondes gebeur, kruip die dag nader. Die blink aan haar vinger vang die rooi ligte van ’n ambulans in aantog. Soos in ’n droom staan Katerien en staar hoe Jaco eerste in die ambulans klim. Hoe die deurboorde liggaam ook ingelaai word. Dan skielik tref dit haar regop die krop van haar maag. Sy vou dubbel en is seker sy gaan elke kriesel van haar binneste uit kots. Maar niks gebeur nie. Sy haal diep teue asem en kom stadig orent. ’n Koue het besit van haar geneem. Sy voel gedistansieer. Eenkant. Maar sy moet weet. Dis die moeilikste vraag wat sy al ooit in haar hele bestaan moes vra. Versigtig skeur sy haar blik weg van die ambulans wat besig is om gereed te maak om te vertrek en draai na die vreemdeling. ”As ek hier staan en… en my liggaam is daar,” sy sluk hoorbaar, “Is ek dood?” Sy laat sak haar kop terwyl groot vet druppels op haar hande val, angstig kyk sy op toe hy na ’n minuut nog nie geantwoord het nie. Haar blik smekend op die stil man langs haar. Sou hy die antwoorde hê? Maar hoekom sou hy? Hoekom is hierdie man juis nou hier van alle plekke? Moedeloos vee sy deur haar hare. Dis te veel vir haar.

Sy gesig is nou sigbaar in die songloed wat agter die randjie duskant verskyn. Sy lang blonde hare hang krullerig af tot op sy breë skouers. Die oë in sy bruingebrande gebeitelde gesig rus vertroostend op Katerien. “Nee Katerien, hierdie is ’n tweede kans.”

Weereens wonder sy hoekom hy haar naam ken? Wat de josie gaan aan? “Wat bedoel jy en hoekom ken jy my?” Sy sug hardop, dankbaarheid golf deur haar. Nog nooit was sy so bly om lewend te wees nie. Al was daar menige tye wat die dood so aanloklik was. Maar om so naby te kom, is die lewe ’n verligting. Maar tog iets maak nie lekker sin nie? Sy is hier en haar liggaam is daar…

Intussen trek die ambulans haastig weg. Die rooi draaiende kolkende ligte vlekke op die stilte om hulle.

“Neem my hand, dan wys ek jou.” Hy hou sy hand na haar uit. “Ek ken jou al baie lank Katerien, maar jy was ongelukkig nooit bewus van my bestaan nie. Ek belowe ek is nie hier om jou enigsins leed aan te doen nie, vertrou my net, dis al.”

Twyfel skeur haar in twee. Hy ken haar al lank? Klink nie goed nie. Is hy ’n bekruiper wat sy kans sit en afwag het? Maar hoe sou hy dan so skielik hier van alle plekke vir haar kon wag? Niks maak sin nie. Tog hier is hulle. Kan sy hom vertrou? Hierdie vreemdeling met die sagte bemoedigende stem? Reeks moordenaars het ook gewoonlik so ’n mooi oorredende stem. Waar het sy dit gelees? Hoekom dink sy nou daaraan? Moet daai hou teen die kop wees al haar breinselle is deurmekaar geklits. Haar blik rus nou op die verlate bloed besmeerde wrak. Haar bloed. Hoe het sy hier beland? In hierdie onmoontlike situasie. Dan sit sy haar hand in syne. Sy hand is warm, droog. Dit voel veilig. Sy het tog niks meer om te verloor nie.

++++

            Verskrik trek sy lig in haar longe. Daar was geen aanduiding van beweging nie. Maar nou bevind sy haar in ’n hospitaal kamer. ’n Masjien biep eentonig in ’n hoek. Sy herken die liggaam wat in die steriel wit hospitaalbed lê. Háár liggaam wat daar lê, klein en verlore. Pype bedek die helfte van haar geswelde gesig. Haar bors is toegedraai onder die los jurk wat haar kaal bolyf bedek. Katerien vat aan haar eie gesig dit sak af na haar lyf. Sy begin ruk. Haar oë draai na die twee mense langs die bed. Haar ma en pa sit hande gevou, biddend. Soos sy al vele male gesien het. Skuld golf deur haar. Hoeveel keer het sy nie al vir hulle gesê hulle mors hulle tyd nie. Bid is vir die voëls nie vir haar nie, tyd is te kort om te hoop op ’n wonderwerk, sy sal haar eie maak. Sy onthou die hartseer in hul oë, daardie kyke van verdriet sal sy nooit kan vergeet nie en sy Katerien was die oorsaak daarvan. Maar sy kan nie een keer onthou dat haar ma of pa haar ooit veroordeel het daarvoor nie. Hulle het haar nog altyd met deernis en liefde behandel, soms soveel sy was skoon geïrriteerd met hulle. Maar hulle wou net die beste vir haar hê. Nou waar sy hier staan kan sy dit sien en besef. Hoekom het sy nie eerder gereageer op hulle versoek om net ’n bietjie meer aandag aan hulle en hulle godsdiens te gee nie. Want dis oudtyds was haar antwoord. En nou? Nou staan sy hier en kyk hoe hulle bid vir haar gebreekte liggaam en sy hoop en bid dat iemand daarbuite hulle gebede hoor. Sy kyk weer na haarself in die bed. Sy sien hoe haar bors op en af beweeg deur hulp van die piepende masjien. “Ek’s nie dood nie.” verligting spoel deur haar gemoed. “Lyk my iemand stel tog so ’n bietjie belang in my,” sê sy dankbaar en gaan staan langs haar huilende ma. “Mamma dis ek, alles gaan okay wees.” Sy sit haar hand op haar ma se skouer maar die is nie bewus van die aanraking nie. “Mamma?” Sy draai na die man wat naby die deur staan. “Hoekom hoor sy my nie?” Bekommerd draai haar blik deur die kamer. Haar ouers gaan net voort met bid onbewus van hul dogter wat langs hulle staan. “Hoe de heng het ons so vinnig hier gekom? Wie is jy en hoekom kan sy my nie hoor nie?” Benoud vee sy haar hare uit haar nat geswete gesig. “Ek weet nie wat aangaan nie, maar ek wil nie meer hier wees nie vat my terug, laat alles net terug gaan na normaal asseblief ek smeek jou!” Sy het nou tot by hom geloop haar hande smekend op sy bors terwyl sy snik van ontsteltenis.

“Dis nog nie tyd nie Katerien.”

“Maar verdomp man kyk hoe huil sy en my pa-” Sy is nou verby kwaad. Wat gaan aan met hom gee hy net nie om nie?

“Hulle sal dit oorleef Katerien, bedaar moet jou nie so ontstel nie.”

Verbeel sy haar of lyk dit of die ou nou lekker kry? Sy sug hardop en trek haar longe vol lug. Niks maak sin nie. Alles is so vreeslik deurmekaar. Woede wil oorneem, haar weer oorweldig, maar sy byt aan die binnekant van haar lip. Sy tree weg van hom af en gaan staan agter haar ma se stoel, haar hande om die stoel se ruglening geklem “Jy het gesê ek kry ’n tweede kans? Is dit nou ’n tweede kans om myself in ’n hospitaalbed te sien lê en my ouers so te sien ly?” Sy vee ’n verdwaalde traan vies weg. “Hoe wreed is dit, hoe kan jy dit toelaat?’

“Dis waar ja, ek stem saam met jou.”

“Jy bedoel jy voel vere dat my ouers-“ Skok en ’n golwende woede spoel oor haar.

“Dis nie wat ek bedoel het nie Katerien.” Hy loop ’n entjie dieper die vertrek binne en gaan sit op ’n leë stoel. Hy kruis sy bene sy oë nadenkend op die liggaam in die bed gerig. “Katerien hierdie tweede kans kom nie van my af nie. Jy is uitgekies om groter dinge te doen máár eerstens moet jy besluite neem.”

“Nou goed dan hoe werk dit,” haar hande vlieg soos twee verlore duiwe deur die lig voor haar, dartelend verdwaald, “hierdie besluite?” Haar oë huiwer nou weer op haar biddende pa. Hy sit gekniel langs haar bed, sy lippe prewelend. Dit breek haar om hom so te sien. “Moet ek net beter word, ’n beter mens word, kerk toe gaan en so aan?”

“Nee.”

“Nee?” Nou wat de heng? Moet sy huil, uitbars in woede en ’n vloermoer gooi of net omkap? Sy weet nie en wil die ou sommer met ’n vuishou bydam. Sy gelate traak my nie houding kerf nou erg aan haar binneste.

“Dis reg.”

“Maar hoe de blikemmer gaan ek dan my tweede kans benut as jy sê nee?” Paniek wil weer ’n houvas op haar kry maar moedig sluk sy dit af. Sy stap vies van die een hoek van die kamer na die ander terwyl sy ’n vingernael stomp afkou.  “Ek weet nie hoe die dinge werk nie, maar daar lê ek in ’n hospitaalbed halfdood, terwyl ek vir myself staan en kyk, “ beduie sy met daai einste stomp vingernael vinger. Haar hand huiwer dan onseker teen haar keel. Haar asem fladder verskrik by haar halfoop mond uit. Sy kan die droogte van haar lippe voel brand. Hoekom sou hy haar nie net sê nie. Daai hou teen die kop sou seker genoeg wees om  Arnold Swazibroek om te tik. “Hallusineer ek?”

“Kom saam met my Katerien,” sê hy egter ongestoord deur haar manewales. Hy het opgestaan, weer hou hy sy hand na haar uit.

Sy sug hardop. Lyk nie of sy gou ’n antwoord gaan kry uit die vent uit nie. Maar sy het nie ’n keuse nie. Hier gaan sy niks wyser word nie. Hy is die enigste lewende wese op die aarde wat haar kan help. Sy sal maar net moet uithou en aanhou.

Haar ma snik terwyl haar pa se prewelende gebed die stilte saggies verbreek.

Sy het seker nie ’n blerrie keuse nie, flits dit deur haar gedagtes. Astrant stap sy tot by hom. Haar oë rus op sy besonders aantreklike gebeitelde gesig. Hy lyk soos ’’n bergklimmer, lief vir die buitelig, ‘n natuurkind. Sommer nou kwaad vir alles en almal sit sy haar bewende hand in syne.

Skielik gaan die kamerdeur oop. ’n Lang maer aantreklike donkerkop man stap haastig na binne. Sy jean is verbleik en die hemp wat hy aanhet erg gekreukel. Die stoppelbaard beklemtoon die bleek hol wange en donker kringe om sy oë.

“Jacques…” fluister sy sag. Onbewustelik stap sy tot reg voor die man. Haar oë dartel honger oor die vierkantige dimple gesig man voor haar. “Hy is hier?” Sy draai na Eden. “Wat, hoe-“

“Jou ouers het hom laat kom Katerien, hy is tog immers die een mens wat jou die liefste gehad het van almal.”

“Jy is reg, hy het.” Verdwaas kyk sy op in daardie bokkie bruin sagte oë. Oë wat haar kom laat drome droom. Sy hande wat presies geweet het waar om aan haar te raak wanneer sy ontsteld was. Hy was haar heel eerste ernstige liefde. Maar hy het haar met die wêreld se respek behandel. Haar nooit gebied of selfs gevra om saam met hom te slaap nie. ‘Nee, hy wag vir die huwelik,’ was sy woorde. Dit was die een ding waaroor hy baie ernstig was.

“Jy was baie lief vir hom Katerien?” vra Eden sag.

“Ja, hy was my wêreld,” sê sy en sug saggies terwyl hy deur haar stap en langs haar huilende ma gaan sit. “Hy was, is seker nog stééds hierdie absolute wonderlike mens. Hy het al sy skoene uitgetrek van sy voete af om vir ’n boemelaar te gee. Hy sou sy tien laaste rand uitdeel sonder om twee keer te dink. Dit het my grensloos geïrriteer want hy was altyd vinnig om die Bybel aan te haal of om my te wys waar ek verkeerd was. Maar hy het dit altyd op ’n goeie manier gedoen. Hy was nooit lelik met my nie, nooit ’n harde woord gesê nie.” Sy draai na Eden. “Hoekom het hy my so geïrriteer? Hoekom kon ek hom nie aanvaar vir die mens wat hy is nie?”

“Hy’t jou verveel?”

“Ja, jy’s reg. Hy het. Ek wou opwinding hê, ek het seker meer gesoek. Avontuur, ’n stout seuntjie om die lewe interessant te maak. Jacques was net te goed. Hy het alles gedoen wat reg was, kerk toe gegaan, mense gehelp en dit was nie aansit of enigiets van daardie aard nie. Dit was wie hy was, dit was net in sy D.N.A. Hy kon dit nie help nie. Ek dink ek was jaloers op hom omrede ek nie so kon lewe soos hy nie.”

“Dis wonderlik dat hy so ’n impak op jou lewe kon hê Katerien, dis wat saak maak.” Hy kyk na die man en dan weer na haar. “Sal ons gaan?”

Gedwee sit sy haar hand weer in syne haar blik egter verwonderd op die mense langs haar bed. Gaan sy hulle ooit weer sien? Kan jammer sê, dat sy spyt is oor alles en baie graag net nog ’n rukkie by hulle wou wees?

++++

            Skielik verdwyn die hospitaal kamer. Hulle staan nou in ’n pragtige tuin. Blomme in verskillende massas staan en rank oral waar sy kyk. ’n Groen grasperk strek so vêr soos sy kan sien. Die lig bokant hulle is die blouste blou en donsige watte wolke stippel orals. Skoenlappers dartel speels op die wind, eenkant staan ’n baie groot ou boom met ’n swaai.

“Kom ons gaan sit so ’n bietjie.” Eden stap op sy gemak na die boom sonder om eenkeer om te kyk. Hy gaan sit op die swaai die wind speel saggies met sy blonde lokke.

Pessimistiese volg sy hom. Wat sal dit tog help om te hardloop en waarheen sou sy tog boonop hol sou sy wel die geleentheid kry? Haar liggaam is nie eens in staat om te beweeg nie. Sy weet nie eers hoe sy hier beland het nie. Waar is die uitgang uit die tuin? Is hierdie ooit ’n werklike tuin of net ’n versinnebeeld van een? Is sy besig om te droom? Verdwaas vat sy aan haar voorkop. Alles is so deurmekaar.  Sou sy nou ’n spook wees? ’n Wandelende geraamte soos ou Langenhoven so lief was om oor te klets. Sy bekyk haarself en merk nou eers die kleredrag wat sy aanhet. Sy is geklee in ’n wit t-hemp en ewe wit broek met ’n gevlegte leer tou vir ’n gordel, leer sandale pryk aan haar voete. Waar sou die uitrusting vandaan kom? Hoe het sy dit aangetrek of sou dit ook die man se handewerk wees? Blosend laat sak sy ’n hand en bevoel die sagte materiaal. Jaco sal ’n oorval kry as hy haar in hierdie eenvoudige gedoente moet sien. Sy kom tot by hom waar hy op die swaai sit sy blik op die blomme voor hom gerig. Haar hand vee oor die tou wat die swaai bo hou.

“Jy het seker al gehoor die lewe is ’n wedloop?” Sy oë die kleur van ’n sonsondergang rus nou op haar, die sitplek langs hom leeg.

“Ja.” Eksperimenteel gaan sit sy op die swaai. Sy val nie deur nie, so sy het darem ’n bietjie volume. Dis darem een troos. Sou sy deur mure kon loop soos die man van Intersek, sy onthou hoe pappa so lief was om haar van die gewilde storie te vertel. ’n Man wat ’n knoppie druk en onsigbaar word. Sjoe, sou wou nog altyd so kon wees. Dalk het sy nou haar wens gekry. Haar hand klem die dik wit tou aan haar kant van die swaai vas.

“Dat almal die eindstreep bereik die een of ander tyd?” gaan hy voort terwyl ’n skoenlapper op sy gevoude hande kom sit.

“Jip en dit lyk of myne so ’n bietjie van ’n spoedhobbel bereik het,” probeer sy ’n grappie maak.

“Jy’s reg en dit net-net so voor die einde,” gaan hy egter ongestoord voort.

“Maar wat het dit met alles te make?” vra sy nou weereens naby aan opstandig wees. Dan besef sy wat hy kwyt geraak het. “Wat bedoel jy net-net so voor die einde?” ’n Koue neem besit van haar en sy sluk hard.

“Alles.”

“Wat bedoel jy?” Haar hand klem nou al hoe stywer. “Wil jy vir my sê dat ek wel bitter naby aan sterf was al het jy my gered en ’n tweede kans gegee?” Genade dis erger as wat sy gedink het. Sê nou sy het wraggies die emmer loop skop, wat van haar goed, haar werk, haar ouers wat word van alles? Benoud klou sy die tou al hoe stywer vas. Trane brand dreigend in haar droë keel.

“Eerstens het ek jou nie die tweede kans gegee nie Katerien,” ’n sagte glimlag verhelder sy gesig, “dit was die Vader se wil. Hy voel dat jy dit verdien.”

“Die Vader?” Asseblief, smeek sy in haar binneste, nie nog ’n sekte mal man nie.

“Nee Katerien ek is nie sekte mal nie, maar wel gestuur deur die Vader om jou by te staan, deur Sy wil, ek is net die dienaar.”

Die skoenlapper klap sy vlerke twee maal en dartel dan vrolik verder.

“Jy kan my gedagtes lees?” Sy sluk hoorbaar aan die droogte in haar keel wat nou al hoe erger word. Kragtie sy is besig om mal te word.

“Nee, ek weet net wat jy dink, dis nie ’n geheim of moeilik waar ek vandaan kom nie.” Sy glimlag verdiep, “die lewe is nie net ’n gejaag na die eindstreep toe nie Katerien, die lewe is ’n reis. Dis hoe jy die lewe ervaar, dit benut.”

“Ja, so? Ongeduld knaag weer aan haar. “Jy klink soos iemand wat ’n vakansie verkoop een van daai tyd deel affêres.” Kan die man nie ter sake kom nie? Al die eentonige vergaderings in haar daaglikse lewe maal deur haar kop. Haar oorhaastige gewoel om Jaco gelukkig te hou en hulle mal paragramme te laat klop. Alles ’n moedige voortslepende daaglikse taak wat elke nuwe dag net weereens herhaal moet word. Die blote gedagte daaraan laat haar skoon uitgeput voel. Sy het haar bestaan alles om hom laat wentel, om sukses te behaal, om gesien te word. Maar op die einde is hy die een met die sukses, die een wat gesien word, die een wat behaag word. Nie sy nie. Het sy haar lewe sovêr geniet? Hierdie reis waarvan hy praat. Al wat sy ken is werk en planne maak. Sy kan werklik nie onthou wanneer of ooit dat sy die lewe ervaar het nie.

“Sit Katerien.”

Sy was nie eers bewus daarvan dat sy opgestaan het en ongeduldig op en af begin loop het nie. “Okay goed, so die lewe is ’n reis. Dis werk eet en slaap, werk in die sweet van jou aangesig en al daai jazz.” Astrant gaan sit sy weer arms gevou. Al daai harde werk en waar het dit haar gebring. Net mooi nêrens, dis wat.

“Dis waar jy is heeltemal reg maar op die ou end is dit hoe jy dit gedoen het wat saak maak Katerien.” Hy glimlag en kyk na haar. “Dis hoekom jou Bybel so vreeslik belangrik is Katerien, dis ’n handboek vir die lewe, om jou te help om van hier tot daar te kom.”

Skuldig laat sak sy haar kop. Wanneer laas het sy haar Bybel gelees? Waar is haar Bybel? Die wit Bybel met die goue afwerking, ’n geskend van haar ouers op haar een-en-twintigste verjaarsdag. Hoe kwaad was sy nie en ook teleurgesteld. ’n Bybel. Sy sou eerder ’n vakansie wou hê, ’n nuwe kar of juwele, maar ’n Bybel? Eden se woorde klink nes haar pa, ‘hier my kind jou handboek vir die lewe’ dit was ook voor ingeskryf in sy netjies druk skrif. Sy dink nie sy het die Bybel al ooit een keer daarna oopgemaak nie. “Ek het gewerk, elke blerrie dag, ek vat nooit verlof nie, was áltyd eerste op kantoor en laaste om te loop.” Hoe het sy net nie gespartel om raakgesien te word nie. Om erkenning vir haar idees te kry nie. Om tog net bo-uit te kom maak nie saak op wie sy getrap het nie. Maar duidelik was hierdie woeste foltering nie genoeg nie. Wat sou die Bybel gehelp het in elk geval.

“Dis hoe jy en Jaco op geëindig het.”

“Wat weet jy van Jaco?” Seker alles, die dat haar brein dan nou so oop is vir die heldersiende man.

Hy trek sy skouers op.

“Ek weet nie eens wat jou naam is nie en jy sit en ryg my derms uit.” Weer staan sy op. ’n Siedende woede wil haar oorval. Duisende deksels sy wens sy kan net nie hier wees nie, dat alles net terug kan gaan na normaal.

“Sit Katerien ons is nog nie klaar nie.” Sy gesig is geduldig op haar gerig. Sy oë nou die kleur van groen edelstene rus sag, simpatiek op haar.

Sy het nie sy simpatiek nodig nie, nie nou nie verdomp. En wat gaan aan met sy oë dan is dit geel en nou deksels groen of is dit sy wat besig is om haar sinne te verloor? ’n Kortstondige waansin wil haar oorval maar sy kners hard op haar tande. Nie nou nie. Sy sal wraggies nie hierdie Viking sy sin gee nie. “Nie voor jy vir my sê wie jy is en waar jy vandaan kom nie,” sê sy en kruis haar arms voor haar bors terwyl sy hom kwaai aangluur, “en wat hier aangaan nie. Hierdie is sommer nonsens man. “Ek lê in ’n blerrie hospitaalbed en krepeer en jy mors my tyd.” Sy voel nou sommer lus vir baklei. “Hoe de heng vlieg ons so deur tyd, is ek ’n wandelende spook, leef ek nog of is alles nou verby, kapoet?”

“Eden.”

“Eden?”

“Ja, Eden dis my naam.” Hy glimlag sy oë op die skoenlapper wat weer teruggekom het en dansend verby Katerien vlieg. “Ons kan deur tyd gaan ek en jy, ons is nie gebind daaraan nie. Vir nou leef jy nog totdat die Vader besluit dis tyd om te gaan. Ek is hier net om te help, jou by te staan.” Hy sug. “Dis regtig jammer dat jy nie jou Bybel meer geraadpleeg het Katerien dit sou dinge soveel makliker gemaak het.”

“Nou goed dan ek’s jammer ek het my Bybel te min gelees maar ek verstaan niks daarvan nie. Alles is so dubbelsinnig geskryf. Net soos jou naam, dis soos die tuin?” Sy trek haar vingers deur haar stomp geknipte hare wat veronderstel, soos beklemtoon deur die jongste mode kenners, of die jong dingetjie met die pers hare by die haarkappers, om haar gesig sag te omraam. Sy dink egter sy lyk soos ’n siek makou wat sy kop in ’n emmer verf loop steek het. “Nou goed dan Eden, vertel. Hoekom staan ek hier en ginnegaap en lê ek nie in daai bed nie. Ek bedoel my liggaam lê in daai bed en ’n ander deel van my staan hier?” Sy vee weer deur haar kapsel. “Ek verstaan nie hoe die werk nie, maar dit maak my bang, en naar,” erken sy na ’n ruk se stilte. n Skielike droefheid oorval haar en groot vet trane biggel oor haar wange. Wat het sy gedoen om hier te wees? Is hierdie haar verdiende loon? Sy knyp haar oë styf toe en haal ’n paar keer diep asem. Huil gaan niks regmaak nie besluit sy verergd en vee vies die nattigheid weg. Vasbeslote maak sy haar oë weer oop en draai na Eden. “Ek is jammer-“

++++

            Hy draai na haar, maar sy blik bly egter op die stil liggaam in die bed.

Haar blik volg syne verskrik die woorde stomp op haar lippe. Die tuin is weg, hulle is weer terug in die hospitaal kamer. “Deksels man moenie dit doen dit nie jy gaan my ’n hart stilstand gee!” sê sy en draai na die bed voor haar. Nou eers merk sy haar hele gesig is in verbande gehul. “My gesig!” Haar hande tas dadelik na haar eie gesig. “En moenie so vinnig van plek verander nie man dit help niks vir hierdie naar kol nie.”

“Dis die laaste ding waaroor jy jou moet bekommer.” Hy draai na haar. “Katerien jy is ’n tweede kans gegun. Gebruik dit,” pleit hy terwyl hy nou stip na haar kyk.

“Maar-“

“Maar niks. Gebruik hierdie kans kyk met nuwe oë na die lewe om jou. Maak seker dat die keuses wat jy maak volhoubaar is.”

“Ek weet nie wat jy bedoel nie.. My gesig-“

“Vergeet vir ’n oomblik van jouself.” Sy deurdringende blik rus nou skerp op haar. “Die lewe draai nie om jou nie. Dit draai om niemand nie. Nie een mens is so belangrik nie, net jou siel is.  Al wie belangrik is, is die Vader en wie jy kan help om in Hom die Drie-enige God te glo. Wat belangrik is om mense se siele vir Hom te werf.” Hy sug sy hande uitgestrek na haar. “Onthou Katerien alles hier op Aarde gaan vergaan, dit gaan dood, maar jou siel leef voort vir altyd.”

Daardie oë, smarag groen, vul haar wêreld.

++++

            “Katerien kyk om jou.”

’n Gil vind vlerke in haar keel. Benoud klou sy aan Eden se breë gespierde arm. Sy voel week en broos. Hierdie is te veel vir haar. Haar oë bly egter vasgenael op die toneel hier reg voor hulle. Weg is die hospitaal kamer. Binne ’n breukdeel van ’n sekonde staan sy weereens op ’n ander plek.

Hier voor haar, is sy. ’n Ander beeld van haarself. ’n Pratende bewegende mens. Haar dubbel. “Wat de josie gaan hier aan?” fluister sy hees. ’n Onredelike vrees het nou van haar besit geneem. Bewend klou sy aan hom vas te bang om te los, te bang om te beweeg. Haar kop draai. Het sy nou die brein kapasiteit van ’n wortel bereik?

“Ons het so ’n bietjie terug in tyd gegaan Katerien. Lyk dit nie vir jou bekend nie?” beduie hy na die toneel voor hulle.

“Hoekom is ons hier en hoekom,” sy moet eers die naar in haar binneste afsluk, “ hoekom is ek hier, ek bedoel daar?” Haar ander self en Jaco is in die ou kasteel. Herinneringe golf oor haar. Dit was amper soos gister toe hulle in daardie einste kasteel doening was. Dis die kelder waarin hulle gewerk het. Die stink van ou verrotte hout en kerslig hang nog steeds swaar hieronder. Die donker kruipend. Sy onthou hoe bang sy was. Die kasteel, lieflik van buite maar koud en onpersoonlik van binne het haar geïntimideer. Nog nooit het sy sy ooit oor ’n plek gevoel soos die een nie. Sy het elke oomblik van hulle ondersoek gehaat. Maar sy het nie gedurf om Jaco daarvan te oortuig dat die kasteel nie vir hulle bedoel was nie.

Sy onthou hoe sy maande gesukkel het om toegang tot die ou familiestuk te kon kry. Na ’n gesoek het sy uiteindelik die regte mense opgespoor en vir net een aand toegang verkry. Jaco het op haar nek gelê hy wou ten alle koste hier werk maak nie saak hoe sy gestry en baklei het dat dit onmoontlik is nie. Hy wou sy sin hê en sy moes letterlik hemel en aarde beweeg om vir hom dit te kry. Hulle ondersoek was suksesvol. Baie suksesvol. Jaco was soos ’n pou in pronk oor sy sukses. Hy het aanhoudend gebabbel toe hulle vertrek het en was so opgewonde al het die reën ’n bietjie van ’n demper op alles geplaas.

Maar die toneel voor haar lyk nie presies soos sy dit onthou nie. Dit voel anders. Sy onthou hoe kriewelrig sy heeltyd gevoel het. Dié oë wat sy seker daarvan was wat op haar gerus het, het haar ontsenu. Nog nooit vantevore het ’n spook jag haar so ontstel nie. Dit was tog net hulle twee. Hulle toerusting. Alleen in daardie kelder van die ou vervalle kasteel. Maar nou. Nou weet sy hoekom alles haar so ontstel het daardie aand. Onwillekeurig draai haar oë na ’n figuur in die hoek. Beangs beweeg sy nog nader aan die gespierde lyf langs haar.

“Eden?” fluister sy bang. Dis reg oorkant haar. Die boosheid want dáár staan is geen mens nie. Die ding toring tot teenaan die vervalle hout plafon. Die monster se lyf is soos die van ’n bok met krullende horings, die kaal lyf eindig in die van ’n perd wat op twee bene staan. Die gesig herinner haar aan ’n gorilla, maar dis die gesplete pupille, die siek kleur van pampoen wat onaards is. Dit ontsenu haar. Dit rus tartend op Jaco. Rook krul uit sy vergrote neusgate. “Wat gaan aan?” fluister sy weer benoud. Is dit Halloween? Is hierdie iemand se grap om hulle of haar skrik op die lyf te jaag vir die kameras? Was dit wat haar so ontstel het daardie aand, maar hoe is dit moontlik vir ’n mens om so te lyk? Maar diep binne haar weet sy daardie is geen mens van vlees en bloed nie. Sy besef sy het daardie aand niks snaaks hier onder gesien nie. Dit was net daardie snaakse gejagte gevoel.

“Ons is soekligte in die donker nag Katerien, ons kan hulle sien.” Eden se stem hang soos maneskyn in die stilte om hulle.

“Wat bedoel jy?” Sy kan egter nie haar oë van die verdraaide skepsel af hou nie.

“Julle mensdom dink julle weet alles Katerien. Kan alles ontrafel, uitsnuffel. Maar helaas julle kan nie. Julle kyk deur die dowwe venster van die lewe. Dink julle weet wat julle sien en hoor en dan glo julle dit. Sommer net so sonder om te dink wat dit is wat julle ervaar. Maar daardie venster is so vuil, verdof deur sonde. Dit wat julle sien is verwronge en verdraaid soos daai affêre oorkant jou.”

“Wat is dit?” vra sy versigtig. “Dit kan tog nie…”

“Weet jy dan nie?”

“Nee… is dit die duiwel…” haar fluister hang rusteloos om hulle. Vervlaks sy is besig om na die duiwel van die Kinder Bybel te kyk! Sy onthou hoe haar ma haar altyd stories vertel het elke aand, sy het aan haar lippe gehang. Diep binne haar het sy geweet die geestes wêreld bestaan, sy kon dit voel, maar hierdie is bo haar klein wêreld.

“Nee Katerien, dis nie die een aan wie jy dink nie.” Eden draai sy gesig na haar ’n glimlag speel om sy lippe. “Daardie is maar net ’n dom slaaf wat homself grootmeneer hou.”

Skielik dwing Jaco se opgewonde stem deur haar verwardheid.

“Is jy Johan Vermeulen?” Sy stem klink hol, klein in die ruimte. “Die Johan Vermeulen wat hier gesterf het?”

Die gedrog lig sy kop. Stoom krul verwoed by sy neusgate uit. ’n Grynslag borrel oor sy langtand mond. “Dit is.” Sy stem klink egter soos enige normale mens sin.

Katerien is verstom oor dit wat sy hoor en sien.

Jaco speel intussen die opname terug. Hy lag uitbundig toe die gedrog se stem die stilte verbreek. “Ons het hom!”

Vir haarself lyk sy baie ingenome met die antwoord. Of dalk verlig dat Jaco sukses behaal het.

“Maar-“ begin sy, maar Eden hou sy hand op om haar stil te maak.

“Dis hy!” gil Jaco weer opgewonde, “ek’t geweet hy sal met my kommunikeer.” Die self voldane uitroep drup belangrik van sy lippe af. “Hierdie is die bewys dat hier ’n intelligente wese is wat kan reageer op vrae, wat kan bewys die geestes wêreld is ’n werklikheid. Ek gaan so naam maak!” sê hy en lag selfvoldaan. “Hy wil met my praat, so mooi duidelik ook, hierdie is niks van daai gebrabbel wat ons altyd opneem nie.’

“Seker ook net omrede jy deel is van daai sekte,” mompel Katerien aan sy sy.

“Hoor hier vroumens daai is nie ’n simpel sekte nie, maar die waarheid.” Sy kyk kan ’n muur deurboor.

“As jy so sê,” sê sy en vroetel met haar opnemer.

Hy word rooi in die gesig. Sy hand skiet uit en krul hard om haar bo arm.

“Eina jy maak my seer,” kerm sy verskrik.

Katerien sluk hard hier langs Eden. “Hoekom het ek nooit besef hy is so aggressief nie?”

“Niemand wil so blind wees soos die een wat nie wil sien nie,” sê Eden sonder om na haar te kyk.

Sy woorde tref egter ’n plek binne-in haar en dit maak seer. “Ek was, is nie blind nie,” sê sy onseker terwyl haar ander self woes nader geruk word deur Jaco.  Sy gesig amper teenaan hare. Was of is dit haar skuld dat hy die reg gehad het om haar so te behandel. Was sy nie onderdanig genoeg nie? Of het sy hom bloot net geïrriteer? Sy het nooit gedink sy manier van haar hanteer was so erg nie. Maar nou as buite staander lyk dit verskriklik.

“Jy mag nie ’n bespotting maak van Thelema nie.” Die druppels spoeg spat oor haar gesig. “Thelema het my gered, ek sal alles vir haar doen. Sy gee my geluk, rykdom, aansien liefde, en ek wens jy wil meer deel raak van die kerk en ophou om altyd so sinies van haar te praat.” Hy sug hardop en los haar arm. “Ek wil nie so optree teenoor jou nie my lief maar onthou tog ek is die een wat hier naam maak en sonder haar sou jy nie hierdie geleentheid gehad het nie. Toe kom sê jy is jammer dan gaan ons voort die aand is nog lank en wie weet wat nog gaan gebeur.” Hy glimlag skalks vir haar.

“Okay, ek’s jammer,” sê sy sag terwyl sy haar seer arm vryf.

Jaco tree nader en plant ’n sagte soen op haar wang. “Mooi so my meisie, kom laat ons werk.’

Intussen het die gedrog wat hulle met oorgawe dopgehou het, verdubbel in grootte. Hy vul byna die hele een hoek van die kelder.

“Kyk…” fluister Katerien. Sy weet nie watter kant toe nie. Sy wil na haarself hardloop en haar dwing om die waarheid in die gesig te kyk, maar hierdie gedrog, en haar eie onsekerheid, stop haar. Is sy werklik so kleinsielig dat sy nie haar man kan staan nie. Maar as sy dan nou ’n spook of gees is, wat gaan dit help? Haarself sal haar nie eens kan hoor nie. Hoe kon sy nie sien wat Jaco besig is om te doen nie. Wat gaan aan met haar of sy so vasgevang in sy beheptheid met homself en sy kerk dat sy die gewillige slaaf maar te bereid is om te spring as hy sê wê?

Eden staan egter dood rustig sy blik op die toneel voor hom. “Ja hierdie slawe word groter en sterker. Harde woorde is hulle kos, vrees hulle poeding, die arme ou kan sy geluk seker nie glo nie.”

“Hoekom is ons hier Eden?” vra sy onseker oor alles. Is hierdie ’n droom hallusineer sy, is sy nog in ’n koma, kan ’n mens droom as jy in ’n koma is? Koorsagtig vee sy weer deur haar verwoeste kapsel. Hiérdie is te veel vir haar. Haar brein kapasiteit is te min vir hierdie geeste ryk. Hoekom kan sy nie, maar net rustig in haar eie liggaam in daai bed lê in ’n wêreld van niks en gesond word nie. Hoekom karring Eden so met haar?

“Eden-”

“Kalm Katerien, jy hallusineer nie.”

Verskik draai sy na hom. “Hoe weet jy wat ek dink?” Benoud vee sy weer oor haar brandende swetende voorkop.

“Dis maklik om te sien onthou, maar ek is hier vir jou Katerien. Jy het keuses om te maak. Ek verstaan dis moeilik en jy voel gefrustreerd, maar onthou, hou goeie moed Katerien.”

Sy glimlag laat haar momenteel beter voel oor alles. Maar hy weet presies wat sy dink. Sy het weer vergeet van die oop brein sindroom waaraan sy lei. Maar sy woorde laat haar koud en eensaam voel. Bang. Watse keuses is hierdie waarvan hy praat. Sy hou net mooi niks daarvan nie. En waar kom die goeie moed vandaan. Waar gaan sy dit opspoor. Onder die naaste klip of dalk in ’n verdomde boom wie weet, maar al wat sy wel weet is dat as dinge nie vinnig gaan gebeur nie sy wat Katerien is ’n blerrie ineenstorting gaan hê en dan gaan ’n hospitaalbed nie meer nodig wees nie, maar ’n dekselse gat in die grond. “Hoekom moet ek goeie moed hou,” vra sy egter net.

“Het jy vergeet jy is die een wat in daardie hospitaal bed lê Katerien.”

“Nee.” Hoe kan sy vergeet. Hier staan sy ’n bleeksiel gedaante wat moet toekyk hoe haar lewe soos ’n dekselse fliek voor haar afspeel? Ok bedaar suster bedaar praat sy haarself moed in terwyl haar tande op mekaar kners. Dit gaan niks help om soos ’n hondsdol vlermuis te kere te gaan nie haal asem en bekyk die probleem van alle kante af, praat sy haarself moed in.

“Jy is besig om vir jou lewe te veg.”

Hoe kan sy dit vergeet. “Jy is reg,” sê sy na ’n oomblik, haar oë op Jaco gerig, “Jaco is ongedeerd. Hy het letterlik van die wrak af weggestap sonder ’n skrapie.” Sy harde woorde van vroeër weergalm deur haar gemoed. Hy het nie eens gekyk of sy nog asemhaal nie. Haar net weggestoot van hom af. Haar verloofde. Die man met sy die res van haar bestaan wil deel. Wou deel. Dit is wat hy vir haar voel? Was of is hy ooit lief vir haar? Of het hy haar net gebruik om te slaag in sy doel om bekendheid te werf. Die woorde maak seer. Dit lê nie lekker op haar hart nie. Sy het werklik geglo hierdie is ware liefde. Dit het vir haar so gevoel. Maar nou. Nou kyk sy met nuwe oë na hierdie aantreklik man en dit wat sy sien is lelik. Bitter lelik.

“Ja, hy is die een wat weggestap het van die ongeluk af, nie jy nie. Maar wat ek eintlik wil sê Katerien, is dat jy die een is wat gekies is om genade te ontvang. Jou besluit hier vanaand is van kardinale belang,” sê hy.

Sy deurdringende oë rus weer op haar. Sy kan die hitte daarvan voel brand. “Hoe so?” is dit nie genoeg dat sy haar liggaam in ’n bed vasgekluister is en haar gesig geskend is nie. Jaco is nie lief vir haar nie, haar wêreld is letterlik op sy dekselse kop gekeer, so hoekom nog voortgaan? Sy gaan sit op die naaste hout bankie wat teen ’n muur staan. Trane vloei nou weer vrylik teen haar gesig af en drup op haar gevoude hande. Sy het nie eens die krag om af te vee nie.

Eden draai stadig om, stap tot by haar en gaan sit op sy hurke by haar. Hy draai sodat sy rug teen dieselfde muur as hare rus, sy blik egter nog op die ander voor hom gerig. “ Ek is regte innig jammer dat jy so hartseer voel Katerien. Maar onthou daar is altyd chaos voor daar kalmte is. Ongelukkig is hierdie ook ’n leer proses vir jou. Jy moet verstaan waardeur jy is, wat alles met jou gebeur het en ook wat die toekoms moontlik vir jou kan inhou. Dit wat jy gaan besluit gaan bepaal of jou lewe gered gaan word, of jy gaan verloor?” Hy sug saggies en draai sy kop na haar. “Ek is seker jy sal nie teleurstel nie Katerien.”

’n Koue neem weereens van haar besit. “Wat gebeur as ek verloor?” Wil sy regtig weet. Hoekom is dit so moeilik, hoekom is juis sy gekies vir hierdie wen of verloor besigheid? Haar lewe was ’n dag terug so eenvoudig alles was op koers, nou staan sy tussen gedrogte en moet keuses maak wat wie weet wat kan laat gebeur. Sy sidder om net daaraan te dink.

“Dan gaan Nebius, wat daar sit en rook blaas, jou maatjie wees.”

Sy oë rus onverskrokke op haar. Dit dring deur haar wese. Tot binne-in haar siel.

“Vir ewig.”

Haar hart wil uit haar keel spring. Vrees is ’n werklikheid. Sy kan die bitter daarvan proe. ’n Koue sweet pêrel op haar voorkop. Dit kan tog nie wees nie hy speel seker.

“Ek is nie hier om speletjies met jou te speel nie Katerien, onthou dit.”

Dekselse oop brein siekte. “Wat is Nebius?” vra sy versigtig te bang om eens na die halfmens dier affêre te kyk.

“’n Demoon uit die hel.” Hy staan op en vou sy hande saam, sy bene nou wydgesprei. “Demone is ’n ware werklikheid. Gevalle engele wat alles sal doen om hulle meester Satan, te behaag. Min mense verstaan die konsep van demone en die duiwel. In die kerk word hulle afgemaak as iets wat kinders bang maak as hulle stout was. Maar my liewe mens, ’n demoon sal jou jag, elke dag en nag tot jy ingee en alles vir hom gee. Dis baie maklik om in te gee want die weg na die hel is ’n breë pad, ’n maklike eenvoudige pad, besaai met allerlei interessante lekker dinge om te doen. Maar die pad na die ewige lewe is nou, hard en moeilik, dis ’n pad wat min kan volhou.” Sy blik draai weer na haar.  “Jy Katerien, jou siel, is ’n hoog gewaardeerde prys wat ten alle koste beskerm moet word. Daar is nie genoeg goud of edelgesteentes in die heelal om te vergelyk met die prys van ’n siel nie. Satan juig vir elke siel wat hy kan opraap. Maar groter is die vreugde in die Vader se woning, vir elke siel wat gewen word vir Hom.”

“Ek dog die hel is net ’n storie, om kinders mee bang te maak soos jy sê,” sê sy maar glo nie eens meer haarself nie. Hoeveel maal in die kinderkerk is sy stilgemaak oor al haar vrae. Haar ouers is naderhand gesmeek om haar eerder tuis te laat bly so bang het sy die ander kinders gemaak. Maar sy wou weet wat werklik is. Wat is die duiwel. Is daar ’n hel? Maar niemand behalwe haar ouers het haar vertel nie. Maar sy het gekies om hulle bang maak stories nie te glo nie. Dit het alteveel soos die waarheid geklink. ’n Waarheid wat sy wou vermy. Sy wou eerder die kerk se kant glo, dat die hel ’n manier van straf was en sy sou sekerlik nie soontoe gaan nie, want sy het tog ’n goeie lewe gelei en het probeer om goed te doen op haar manier. Maar as sy moet eerlik wees was die gedagte van die hiernamaals maar altyd iewers in haar agterkop. Sy weet daar steek meer agter wat die Bybel sê as wat mense wil erken. Maar haar lewe getuig nie daarvan nie en sy kry skaam daaroor. Is dit dalk die rede hoekom sy hier staan?

“Glo my Katerien, dis die een plek waarheen jy nie wil gaan nie, wanneer jou liggaam hier op aarde sterf leef jou siel voort,” sê hy en sug hardop, Die hel is werklik ’n geween en ’n gekners van tande. Daar is nooit vrede of rus nie. Jy is alleen. Altyd so alleen. Die marteling duur ’n ewigheid, dit hou nooit op nie. Maar die een ding wat wel daar ’n werklikheid is, is dat jy vir ewig en altyd van die Vader verwyder is. Van Sy vrede, Sy liefde, Sy beskerm, vir altyd.” Eden bly ’n oomblik stil en vee oor sy wang. “Die Hemel aan die ander kant is ’n groter werklikheid, God se genade is groot.” Hy sug behaaglik ’n sagte glimlag rus om sy mond. “Om dag in en dag uit in die Vader se teenwoordigheid te wees, is sekerlik die grootste geskenk wat enige mens voor kan vra. Om Sy liefde te ervaar, te koester te deel is ’n groter voorreg as wat julle ooit kan besef. Sy vrede en vreugde is ’n geskenk wat hy gratis deel met julle. Elke dag. Tog is daar so min mense wat dit wil hê. Dit laat my soms wonder hoekom Hy so spartel met julle mense kinders. Hoekom het Hy julle so innig lief? Hy is altyd bereid om vinnig te vergewe om julle te red.”

“Is jy dan nie ook ’n mens nie Eden?” vra sy haar blik op die man langs haar gerig.

“Nee Katerien ek is net ’n dienaar van God, hier om sy bevele te gehoorsaam.”

“’n Engel?” Verstom staar sy na hom. Is dit moontlik dat hy ’n engel is? Dit kan tog nie. Maar as sy demone kan sien reg voor haar neus dan is dit sekerlik moontlik. Sy het net gedink hulle lyk anders. Amper soos die beeld van David net met klere aan. Manjifiek, groot en oordadig, met vlerke natuurlik. “Maar as jy ’n engel is hoekom lyk jy dan soos ’n gewone man waar’s jou vlerke?”

“Ek’s net ’n gewone engel Katerien niks meer nie. ’n Boodskapper van die Here af om jou te help.” Hy glimlag vir haar. “Nie álmal van ons het vlerke nie en ons lyk beslis nie soos daardie vet wang ronde pens kabouters wat julle so lief is om uit te beeld nie.”

“Hoe kies ’n mens,” vra sy na ’n rukkie onseker.

“Deur jou besluite, deur jou vrye wil te gebruik. Om die regte keuses te maak en gehoorsaam te wees aan God se woord.” Hy bly egter ’n oomblik stil sy blik op Jaco gerig wat besig is om weer na die opname te luister. “Daardie wil wat God jou gegee het. Dit speel ’n groot rol in waarheen jou siel gaan die dag wanneer jy jou liggaam uitrek.”

“My liggaam uitrek?” Dit voel vir haar of Eden besig is om in raaisels te praat.

“Jip hierdie,” hy tik haar op die arm, “is net ’n dop, ’n blote uitrusting, soos jou klere, wanneer jy klaar is vir die dag dan trek jy dit uit. So ook met hierdie liggaam waaraan jy so verknog is Katerien, wanneer jou tyd aanbreek, glip die liggaam van jou siel af en is jy vry van die aardse greep.”

Paniek ritsel deur haar lyf. “Klink vreemd en vreesaanjaend.” Sy is nie reg vir hierdie gesprek nie. Heng man sy is bloot nie reg vir hierdie hele verdraaide toestand van sake nie. Sy’s nog jonk, sy wil nog trou, dalk kinders hê eendag, oud word, haar lewe geniet. Wie wil nou al dink aan die dood en die hiernamaals? Dis so morbied.

“Nie as jy die regte keuses gemaak het nie.”

“Maar ek is tog ’n goeie mens. Ek bedoel ek doen alles wat reg is,” probeer sy skerm.

“Waar maar waar lê jou hart.”

“My hart.” Dis ’n vreemde vraag. “By Jaco.” Waar anders.

“Dis jammer.” Hy bly ’n oomblik nadenkend stil en gaan dan voort, “waar lê sy hart?” Sy oë rus op die uiters aantreklike donkerkop man.

Hoekom sou hy sê dis jammer? Dit maak nie sin nie. Is dit nie veronderstel om die regte antwoord te wees nie. Is jou hart nie veronderstel om te wees by die persoon saam wie jy die res van jou lewe wil sluit nie? Of is sy verkeerd? Katerien kyk nou ook opsommend na haar verloofde met die sterk vierkantige gesig en donker netjies agteroor gekamde hare. Sy hoë voorkop spreek van intelligensie. Sy koffiebone oë is wakker en omraam deur netjies reguit wenkbroue. Sy glimlag kan ’n vertrek verhelder. Sy liggaam is atleties en amper volmaak. Sy beskou haarself as die gelukkigste meisie daarbuite om hom te kon vang.  “Ek bedoel sy hart lê by sy geloof,” probeer sy vir haar geliefde opkom. Eden se houding teenoor Jaco pla haar dit laat haar ongemaklik voel.

“Ja dis goed so, maar my vraag is, by wie en wat is sy geloof. Soos sy hart, aan wie behoort dit?” hou Eden egter vol.

Sy kan die frustrasie binne-in haar voel opwel. Voor haar staan haar ander aardse self. Haar viooltjie oë is bewonderend op die man langs haar gerig. Haar eens golwende donker hare is gekap in ’n byderwetse affêre en blond gekleur, na sy smaak natuurlik. As sy eerlik moet wees laat dit haar meer na ’n uitgewaste spaghetti mop lyk as die sex ikoon wat hy in gedagte gehad het. Hoekom laat sy toe dat Jaco haar so manipuleer? Maar is dit werklik manipulasie? Sy is tog lief vir hom. Verloof aan hom. Haar dwaal na die blink steen aan haar linkerhand. Selfs die ring is ontwerp na sy smaak. Egiptiese ontwerp van aard. Hy verafgod enige ding van Egipte. Sy vind dit onsmaaklik. Maar sy durf nie haar opinie lig nie want dan ontaard hy in ’n patetiese moedswillige seuntjie van drie. Maar bo en behalwe sy vloer moere oor simpel goed het hulle ’n lekker tyd saam. Hulle is beste vriende en kan ure aaneen gesels. Dis te sê as hy nie verpligtinge by die tempel het nie. “Ek dink sy hart lê by sy tempel,” sê sy sag.

“Wat is sy tempel, weet jy?” vra Eden sy blik nog steeds nadenkend op Jaco gerig.

“Dis Thelema, hulle glo blykbaar jy moet uitgaan en jou ware pad kies en volg. Jy moet soos ’n ster wees in die heelal. Jy moet skyn, jou tyd en spasie benut. Maar jy moet ook uniek wees, uitstaan sonder konflik met ander sterre in jou heelal. Liefde onder jou wil, speel ook ’n rol, maar hoe veel en hoe belangrik dit is weet ek nie.” Soos sy dit nou hardop se klink dit soos ’n kinder fabel en nie iets waaraan ’n regdenkende volwasse man sal behoort nie. En tog…

Die twee voor hulle begin met nog ’n opname.

Die Nebius kreatuur het intussen opgestaan en vertoon nou reusagtig groot. Hy vul omtrent die hele vertrek.

Benoud tree sy agteruit.

“Wees rustig Katerien, hy kan jou geen skade berokken nie.”

“Maar hy is so groot. ’n Reus.” Sy tree nader aan Eden.

“Ja dis presies wat hy wil hê jy moet dink. Kyk,” hy beduie na die twee voor hulle, “Kyk hoe voed julle hom. Dis julle wat hom so grootmaak.”

Intussen het Nebius nader beweeg, hy buig vooroor en vee met ’n lang krom vuil vingernael deur Katerien se blonde hare.

Sy gee ’n verskrikte gil en spring terug terwyl sy verwoed deur haar hare vee. “Ek’s seker hier vlermuise, een het nou net oor my kop gevlieg,” sê sy en ril sigbaar.

“Moenie laf wees nie hier’s niks nie was seker jou verbeelding toe fokus ons het werk om te doen.”

Katerien kan sien hoe vrees soos golwe oor haar ander self spoel. Sy ken daardie vrees alte goed. Daardie koue klam gevoel wat besit neem van jou binneste en klou soos ’n nat lap. Sy haat dit. Tog as sy eerlik moet wees het sy daardie gevoel elke dag verwelkom, heng dit was so deel van haar lewe dat as sy die dag nie vrees ervaar het nie dan was daar fout. Hoe simpel en eenvoudig was sy nie.

“Moenie jouself verkleineer en afkraak deur daardie dinge nie Katerien, dis in die verlede.” Eden se oë rus sag op haar hy steek sy hand uit en gee haar arm ’n bemoedigende drukkie. “Ek wil graag hê jy moet sien wat vrees werklik is, kyk.”

Nebius het nou verder vooroor gebuig. Sy massiewe bolyf blink in die ligte van die kameras. Sy horings vee teen die dak en los wit strepe in die ou verrotte houtbalke. Hy buig vooroor tot by Katerien, hy draai sy kop, met ’n groot nat oop bek slurp hy met sy slang tong die vrees soos ’n honger hond op. Met elke behaaglike sluk word hy nog groter en groter. Hy vul die hele kant waar sy staan. Sy gespierde lyf druk teen haar. Hy drink dorstig die sweet van haar gesig af. Sidderende lekkerkry rimpel deur hom.

“Wanneer hou dit op,” fluister Katerien, die ding maak haar naar. Hy is soos ’n ballon wat net groter raak tot op die punt van bars.”Kyk wat maak hy kyk hoe staan hy teen my dis walglik.”

“Dit hou net op wanneer jy besluit dit moet ophou,” sê hy sag.

Katerien voor haar vee oor haar voorkom en sug hardop. “Dis so benoud hier binne dit voel of my bors toetrek. Voel jy dit ook?’ vra sy vir Jaco.

“Nee dis net die kelder wat so klam is ignoreer dit net,” maak hy verskoning en peuter met sy digitale kamera sonder om na haar te kyk.

“Hy weet wat aangaan!” roep Katerien verstom uit. “Kyk hy kan my nie eens in die oë kyk nie vervlakste mansmens en ek hardloop soos ’n skoot brakkie al agter hom aan terwyl hy weet die duiwel se pêlle is op die punt om my op te eet, “ Sy vee deur haar alreeds deurmekaar kapsel haar oë verstom op Jaco gerig, “of nog erger, ek wil nie eers daaraan dink nie.”

Gehoorsaam tel Katerien haar digitale kamera en opnemer op en begin weer met vrae terwyl Jaco foto’s neem.

“Hoekom is ons hier Eden, wat maak ons hier?” Sy vryf oor haar arms, bekommernis knaag soos honger miere aan haar senuwees. Sy het altyd gedink die spirituele kant van die lewe is fabelagtig. Misterieus. Iets wat haar gewild gaan maak, rykdom gaan laat inrol. Nooit in haar lewe sou sy kon dink dit is wat werklik om haar aan die gang is nie. Hoe dom was, is sy nie.

“Hierdie is ’n baie belangrike aand in julle lewens Katerien, ”gaan Eden voort sonder om op haar vraag te reageer. “Hierdie is ’n geleentheid vir jou om werklik te sien en te hoor wat om jou aangaan. Vir lank was jy siende blind en horende doof.”

“Jy is natuurlik reg Eden.” Moedeloos draai sy terug na die twee voor hulle. Alles voor haar lyk soos ’n droom, ’n nagmerrie wat ’n werklikheid was, of is? “Wag ’n bietjie ek onthou, hierdie is vroeër vanaand, voor die ongeluk.” Verstom draai sy na Eden. “Hoekom juis hierdie aand. Wat was so belangrik wat hier gebeur het dat ek moes terugkom om hierdie te sien?”

Hy knik. “Dis reg Katerien.” Hy sug en draai na haar. “Daar was ’n paar ander gevalle waarheen ek jou sou kon neem, maar die Vader voel dat hierdie aand die een aand is wat aandag moet geniet in die spel vir jou siel, dis te belangrik is om sommer net so verby te laat gaan.”

Skielik is daar ’n harde slag.

Beide Jaco en Katerien wip soos hulle skrik. Kameras flits.

Katerien kan van haar kant af sien hoe ’n groot swart gat vorm aanneem. Sprakeloos staar sy na die gebeurtenis. Dit verskyn sommer so in die middel van die vertrek. Dan waggel ’n nuwe monster deur die opening. Vir haar lyk dit kompleet soos die Oros mannetjie. Maar in stede van oranje is die ding ’n siek flou pienk kleur. “Wie is dit?” Sy sidder om te weet. Een demoon is al klaar erg genoeg.

“Olmecan, ’n demoon van wellus en oorgawe.”

“Wat maak hy hier?” Wil sy regtig weet?

“Jy sal sien.”

Intussen het die waggelende gedrog tot by Jaco gevorder, die vet rolle dril met elke beweging. Stadig kreunend buig die ding vooroor totdat sy vet nat lippe so dik soos fiets binnebande teenaan Jaco se een oor rus.

Katerien gril en vryf oor haar arms. “Wat doen hy?”

“Hy fluister nuwe idees in Jaco se oor.”

“Doen alle demone dit?” Onwillekeurig vryf sy oor haar eie ore.

“Ja, gewoonlik.” Hy bly ’n oomblik stil terwyl sy blik steeds op Jaco gefokus bly. “Sê my Katerien, hoekom het julle juis hierdie ou vervalle kasteel gekies om vir julle ondersoek te kom?”

Verbaas draai sy na Eden. “Ek dog jy kan my gewone mens brein lees. Weet jy dan nie?”

Hy kyk egter net met ’n speelse glimlag om sy mond na haar, sy hande diep in sy sakke gesteek. “Dis vir my lekkerder as jy dit sê.”

“Nou goed dan. Dit was Jaco se idee, een van sy priesters Agatha het dit voorgestel. Sý het gesê dat hier ’n portaal is, dat dit hier moontlik sal wees om met Nuit kontak te maak.” Sy sug hardop terwyl haar vingers weer deur haar hare vlieg. “Nie dat ek al daai strooi van Thelema glo nie. Hulle praat te veel van liefde, maar dat liefde ook onderdanig moet wees aan die persoon se doel in die heelal. Dit maak nie sin. My ouers het my geleer dat liefde eerste kom, dat dit die grootste gawe is. Of is ek verkeerd”

“Jy is heeltemal reg, liefde kom eerste. Dit is die grootste gebod, dis onselfsugtig, is onbaatsugtig en soveel meer. Wanneer jy waarlik lief het en liefde in jou hart dra, stel jy ander eerste. Altyd. Dit moet nooit onderdanig wees aan jou eie doel nie, dit kan tot hoogmoed lei en verval. Dit verdraai die konsep van liefde heeltemal.”

Sy staar fronsend na Eden. Dit klink soos ’n sprokie. Werklik. “Waar in vandag se lewe kry jy mense wat liefde eerste stel?” Behalwe haar ouers en Jacques het sy in haar lewe nog nooit een mens teëgekom wat liefde eerste stel nie. Dis pure grootmens twak die.

“Ongelukkig is dit wat jy sê waar Katerien. Selfsug is ’n groot euwel vandag, die eie ek kom eerste. Min mense sal hul lewens neerlê vir ’n ander.” Hy draai nou heeltemal na haar sy blik ernstig op haar gerig. “God het die wêreld so lief gehad dat hy sy enigste gebore seun hierheen gestuur het om vir julle sondes te sterf Katerien. Dit is ware liefde. Dink daaroor, Sy enigste kind het Hy opgeoffer om te sterf sodat julle mense vry kan wees van sonde en om sodoende die Koninkryk van God kan betree. Al wat julle moet doen, is glo”

Skuldig sluk sy. Sou sy haar enigste kind laat doodmaak vir ander mense? Om hulle te red. Sou sy haarself opoffer om ’n ander te red wat in doodsgevaar keer? Hy slaan sowaar daai spyker regdeur die hout. Sy dink altyd eerste aan haarself en wat sy daarúít kan kry. Haar voorkoms is vir haar van groter belang, as die boemelaar op straat wat nie kos het nie. Sy stel nie eers vir Jaco eerste in haar lewe nie. Haar oog val weer op haar tweeling oorkant hulle, sy is weer besig met ’n opname. Terwyl Jaco met sy infrarooi kamera die vertrek deursoek. Sy is lief vir daai mansmens maar eintlik liewer vir haarself. Sy is selfsugtig. Was nog altyd. Haar werk was nog altyd haar grootste liefde dit het haar gebring waar sy vandag is. Jaco het dit net beter gemaak. Dalk is dit die rede hoekom sy op hom verlief geraak het. Maar ware liefde. Ken sy dit? Sal sy haar lewe gee om syne te red? Sy dink nie so nie.

“Johan wie is nog hier?” Dring Jaco se stem deur die somber stilte. “Kom nou vroumens kry rigting met jou opnemer ek het nie hele aand tyd nie,” bulder Jaco in Katerien se rigting wat sukkel met die batterye. “Soos dinge nou aangaan kon jy netsowel by die huis gebly het.”

Verskrik klap sy die dekseltjie toe en begin die toestel in haar hand rond beweeg voor sy dit in Jaco se rigting swaai, haar gesig wit van skrik. Haar hand merkbaar bewend.

“Kyk…” fluister Katerien.

Langs Jaco het nog ’n gedaante te voorskyn gekom. Hy het soos ’n skim deur die swart gat geklim en staan pronkerig die mense voor hom en bekyk.

Die ou is bitter aantreklik moet sy teen wil en dank erken. Sy wens alle demone het so gelyk en nie soos daai vet trillende gedrog nie.

Hy is geklee in ’n netjies middernag blou pak met ’n das. Sy inkswart hare is streng agteroor gekam, sy seeblou oë dwaal skroeiend deur die vertrek. Sy blik land op Katerien met haar opnemer. Hy klap ’n vinger en ’n gil klink oorverdowend op.

Katerien hik soos sy skrik.

Die volgende oomblik staan sy aangesig tot aangesig teenoor die demoon.

Sy oë koester haar gesig. Sy hand streel oor haar wang. “Katerien…” fluister hy sag.

Sy magnetisme trek haar nader, al hoe nader aan hom.

Sy stem laat haar sidder. “Nee bly weg!” gil Katerien, sy wil nader beweeg, haarself red, maar Eden se hand op haar arm keer haar.

“Nie nou nie Katerien.”

“Maar wat gaan hy doen dit?” Sy sluk desperaat aan die woestyn in haar keel. “Doen iets man daai ou is gevaarlik,” smeek sy en klou Eden se arm styf vas.

Intussen beweeg die man sy gesig nog nader aan Katerien. Sy mond gly koesterend teen haar keel af, sy tong streel teen die delikate wit vel.

‘n Gil ontsnap uit haar saam geperste lippe. Sy kan dit nie help nie dis om van mal te word. Dit lyk of hy haar letterlik wil verorber.

Sy tong is die van ’n slang. Lang slagtande verskyn wit teen die rooi van sy lippe.

“Wat doen hy aan my?”kerm sy benoud haar hande nou weer krampagtig saam gewring.

“ Hy drink jou emosies, hy teer daarop, hy is ’n emosionele vampier.”

“Ek verstaan nie?”

“Jaco speel met jou gevoelens. Hy laat jou onseker voel, nie goed genoeg nie.”

Dis so waar. Hier gebeur dit reg voor haar. Met haar oë vasgenael op die man voor haar tree sy terug. Alles wat Eden gesê het, is waar. Sy laat toe dat Jaco haar soos sy persoonlike vloerlap gebruik en vir haar sê net wat hy wil. Sy het dit al aanvaar as vanselfsprekend, dat dit reg is so. So moet wees. Hy het haar tog immers gered, haar voete op die regte pad gesit, haar loopbaan help optel. Sy skuld hom. Maar kyk hoe lyk sy, sy bewe so groot soos wat sy is en dit bloot deur vrees wat hy veroorsaak het. Skaam laat sak sy haar kop in haar hande. Is dit liefde die?

Eden laat rus ’n hand simpatiek op haar skouer. “ Zavlia volg jou soos ’n skoothondjie rond Katerien, hoekom dink jy lyk hy so goed.”

“Ek het dit veroorsaak,” sê sy sag en kyk op na die lang man langs haar.

“Ja, met al jou emosies wat so oorloop kry hy oor as genoeg kos om sommer ’n lang ruk te hou. Waarom dink jy voel jy altyd so moeg, so uitgeput, dit is alle Zavlia se toedoen, veroorsaak deur Jaco.”

Duidelik dink Eden nie veel van Jaco nie. Maar kan sy hom kwalik neem?

“Jammer, Katerien maar ek mag nie oordeel nie, dit kom my nie toe nie. Hierdie is net feite. Soos jy self ook nou gesien het.”

“Maar ek’s tog lief vir hom. Hoekom doen hy dit aan my?” vra sy met pyn afgeëts in haar stem.

“Moenie hom te veel blameer nie Katerien. Hy is ook maar net ’n pion en doen dit nie opsetlik nie. Soos jy, maak hy ook sy eie besluite, hy laat sy eie wil geskied,” sê Eden sy oë sag op haar gerig, dis ook dieselfde kyk wat hy ook op Jaco laat rus.

Haar blik flits terug na die toneel voor haar.

Met ’n tevrede satisfaksie op sy gesig sak Zavlia op ’n stoel neer. Sy oë rus behaaglik op Katerien.

Nebius hang teen die dak rond, eenkant, sy blik haatlik op Zavlia gerig.

Katerien vee moeg oor haar oë. “Dink jy nie ons het genoeg opnames gedoen vanaand nie Jaco?” Sy stap tot by die stoel reg langs Zavlia en sak uitgeput daarop neer.

“Nee verdomp vroumens jy doen dit alewig.” Vies pluk Jaco die instrumente nader en gooi dit met ’n slag op die tafel voor hom neer. “Ons begin skaars dan is jy kamtig moeg. Jy’s moeg gebore.” Hy tel die kamera op en stap na die hoek van die vertrek. “As jy nie wil deel, wees van die geleentheid nie stel ek voor jy trap,” sê hy oor sy skouer.

Zavlia krul behoorlik van die lag dat hy amper van die stoel af val.

“Kan ons nie iets doen nie?’ vra Katerien desperaat om haar ander self van die emosionele afknouery te red. Zavlia se lang tande ontsenu haar. Die hele dekselse aand ontstel haar.

“Wag,” vir seker Eden haar, “die tyd sal kom.”

“Maar kyk hoe lyk ek,” kerm sy weer verskrik om haar self so bleek en weerloos te sien.

“Kalmeer Katerien.”

Sy stem kalm soos die groot oseaan dring tot haar deer. Sy besef wat sy besig is om te doen. “Jy is reg ek is besig om te oor reageer soos altyd.” Skaam laat sak sy haar kop. Sy was nog altyd ’n regte drama suster, dis seker hoekom die werk haar so bekoor het.

“Ek’s bly om dit te hoor Katerien,” sê jy sy oë op haar gerig. “Jy is besig om te leer.”

Met haar oë op haar ander self gerig, wring sy haar hande in stomme stilte saam. Sy moet kalmeer. Asemhaal. Elke oomblik van haar en Jaco se verhouding ry wipplank deur haar siels-moeg brein.

Op en af.

Al die kere wanneer Jaco  op haar neergekyk het. Haar sleggemaak het voor ander. Haar soos ’n slaaf behandel het. Voor hulle vriende. Néé. Sy vriende, want sy het nie meer vriende nie, danksy hom. Haar hele bestaan draai letterlik nét om hom. Alles wat hy doen, alles wat hy sê, jaag sy slaafs na. Haar kleredrag, haar hare, hoe sy praat, selfs wat sy eet. Verdwaas kyk sy na die liefde van haar lewe. Hy is so uiters aantreklik. Soos ’n ridder van ouds kan hy die sokkies van jou voete af tower. Met die klap van ’n vinger eet almal uit sy hande uit. Die magnetisme wat hy uitstraal het al menige vrouens laat swymel. Ja hy het haar die allerbeste gebied. Hulle was skaars drie maande ’n paartjie toe trek sy by hom in. By sy huis. Sy moes alles prys gee. Haar gerieflike snoesige meenthuisie, haar meubels wat sy met sorg bymekaargemaak het.

Alles net vir hom.

Dit was mos die regte ding om te doen. Dit is mos wat ware liefde is. So het hy gesê altans. Haar ouers dink hy is die beste ding ooit. Alhoewel haar pa nie te in sy noppies was toe sy die dag by Jaco gaan intrek het nie. Dit was die een ding wat hulle verbied het en sy het hulle geminag daarop. Nou dat sy daaraan dink was nie een van haar pêlle baie bly toe sy by hom gaan bly het nie. Hulle het heeltemal kontak verbreek, een na die ander. Hulle was net nié in die selfde groepe as Jaco nie Sy was tog so besig om sosiaal aanvaarbaar te wees dat sy dit glad nie eens agtergekom het nie. Hoe is dit moontlik, vra sy haarself af. Ek het letterlik alles opgegee vir ’n man wat ek skaar geken het. Nie dat sy hom nou ken nie. Die aantreklike donkerkop man voor haar is ’n totale vreemdeling vir haar. Sy is verlief op sy uiterlike moet sy erken. Sy ken nie sy menswees nie en dit wat sy wel ken ignoreer sy net want sy was of is nie bereid om die waarheid in die oë te staar nie. Hy is ’n selfsugtige manipuleerder wat haar gebruik om te kry wat hy wil hê. Daar sy het dit erken. En dis nie lekker nie. Vies vee sy die trane van haar wange af en snuif hardop.

“Kom jy nou of het jy weer daai dikbek siekte,” vra Jaco van die hoek af.

Gedwee staan Katerien van die stoel af op, sy tel die instrumente op en skakel dit aan.

Zavlia het intussen ook opgestaan en stap soos ’n luiperd, grasieus, oordonderend, magies na Jaco toe. Sy oë die kleur van middernag rus glinsterend soos maanlig op die man voor hom.

“Voetstappe,” fluister Katerien opgewonde.

“Ja, ek hoor.” Hy frons gevaarlik sy blik vies op haar gerig. “Vra iets.”

“Hallo… is daar iemand?” Sy hou die opnemer voor haar uit.

“Myne…” brul Zavlia toe hy tot voor Jaco te staan kom, hande in die sye. Hy haal diep asem en blaas dit stadig oor Jaco se gesig.

Hy tree agteruit. “Ek’s nou so naar,” sê hy en buk vooroor.

Zavlia grinnik stout en klap Jaco hard op die rug.

Jaco struikel en gaan sit plat op die vloer.

“Jaco wat gaan aan is jy okay!” verskrik draf Katerien tot by die gevalle man, desperaat kniel sy by hom. “Hey praat met my!” sê sy hard en raak aan sy skouer.

Hy ruk weg. “Speel die opname,” stamel hy skoon ontnugter.

“Myne…” sis die stem dreigend.

Terwyl Zavlia sy vinger stout onder Jaco se neus rondswaai.

“Wil jy nog aangaan?” vra sy bekommerd haar blik flits deur die half skemer vertrek om hulle.

“Ja ons kan nie nou los nie, help my op ek’s seker iets het aan my geraak, my skouer pyn.”

“Lig op jou hemp sodat ek ’n foto kan neem.” Sy kry die kamera reg toe hy sy hemp oplig. “Ek sien niks op jou skouer nie dis net rooi, maar jou rug, dis vol krapmerke.”

“Neem net die skouer af daai krapmerke is oud.”

“Hoe so?” vra sy en neem ’n paar foto’s.

“Ek het in ’n paar takke vasgeloop, nou die dag by Francois,” sê hy ontwykend.

Katerien frons. Sy wonder wanneer was dit? Hulle is tog nie sulke goeie vriende nie. Hulle was soos twee keer by die vent een van daai kriewelrige mense wat sy liewers nie alleen wil teëkom nie.

“Daar is seker meer agter daai storie nè,” sê Katerien vir Eden.

Hy lig net sy skouers, sy oë op die Katerien oorkant hulle, “Tyd sal leer.”

Hoekom sou hy dit sê? Maar toe onthou sy, nie te lank terug nie nadat sy by Jaco ingetrek het was hy weg vir sake. Sy foon was heeltyd af, sy het maar aangeneem hy was besig en wil nie gepla word nie. Maar hy was heeltemal anders toe hy teruggekom het huis toe. Afsydig. Hy was ook meer gereeld by die tempel. Agatha was ook meer gereeld doenig by die huis. Die elegante vrou met die gitswart donker broeiende oë en robynrooi lippe doem voor haar op. Haar lang reguit platinum hare altyd so perfek so asof hulle nie durf waag om uit plek te spring nie. Sy gril as sy net aan haar dink. Haar bloederige rooi naels wat oor alles tik wanneer sy verbyloop irriteer haar grensloos, maar Jaco het dit afgemaak as ’n gewoonte, Agatha moet aan alles raak, dis wie sy is.

Nonsens man daar skuil meer agter Agatha as wat hy wil erken. Dink sy sommer vies terwyl sy hom dophou, haar arms oor haar bors gevou. Sy het al tot die slotsom gekom dat Jaco die vroumens verafgod. Klap Agatha haar vingers spring hy soos ’n blerrie kangaroo. Hy doen dit nie eens vir my nie. Maar sy is immers ’n hoë priester in sy kerk en het glo baie invloed en dit tel baie vir Jaco. Moet sy ook eers een van daai priesteresse word voor hy haar sal verafgod?

Haar oë gly weereens oor die aantreklike man. Kyk hoe beveel hy my rond. Ek lyk so pateties en simpel met daai winkel hare flits dit deur haar kop. Is dit hoe ander mense my sien? Goedkoop, leeg en dom. Sy kan Eden se oë op haar voel. Sou ook hy so oor haar dink? Maar toe sy haar kop draai en in sy oë kyk is dit nie oordeel wat sy sien nie, eerder simpatie. “Hoekom kry jy my jammer?” glip dit uit.

“Ek wil jou so graag help Katerien, maar eers moet jy self eers ’n paar besluite neem.”

“Soos wat?” Hierdie kwessie van besluite neem maak haar nou moeg.

“Dit mag ek nie vir jou sê nie, onthou die Vader het vir jou ’n eie wil gegee. Jy moet daardie wil implementeer vir alles wat jy voel goed of sleg is. Ek is net hier om jou die pad aan te wys. Jou help om te sien.”

“O, ek kan hard en duidelik sien dat ek soos ’n blerrie skaap al agter Jaco aan drentel terwyl hy my soos ’n handlanger behandel.”

“Juis Katerien, dit is ongelukkig ook een van jou besluite wat jy selfs gemaak het.”

Sy stik amper. “Jy bedoel dit was my wil wat dit laat gebeur het?”

“Ja.”

So reguit soos kan kom. Nee wat die ou gaan nie lieg nie dis vir seker. Maar dit maak seer om te hoor dat hierdie behandeling waardeer sy gaan haar eie skuld is. Sy laat dit toe. Sy het besluit dat dit reg is. Maar dit is nie. Wie gee Jaco die reg om haar so te behandel? Is sy te onderdanig? Spring sy te gou wanneer hy sy vingers vir haar klap? Maar hy is so gewoond mense is sy slawe en wil hom behaag hoekom behandel hy net vir haar so sleg? Haar vingers speel met die robyn steen om haar nek. Die fyn goue ketting koud teen haar vel. Onwillekeurig flits haar gedagtes terug an die eerste oomblik toe sy Jaco ontmoet het. Dit was ’n reënerige dag, die atmosfeer onstuimig soos haar gemoed. Sy was moedeloos in haar werk, niks wat sy aangepak het, was ’n sukses nie. Niemand het belang gestel in haar idees nie, dit afgeskryf as kinder vermaak. Toe kruis haar pad met Jaco. Sy oë, sy onthou die kyk daarin. Dit het haar bang maar ook opgewonde gemaak. Hy het haar waardeer, ook wat sy nog wou bereik het. Hy was die een wat alles oorgeneem het en van dit ’n sukses gemaak het. Hy kry nou wel al die lof daarvoor maar sy glo dit kom hom toe. Hy het iets gevat en dit ’n wonderlike ding gemaak. Sy wens net hy wil haar as mens ook raaksien. Hy is so koud teenoor haar, veral die laaste tyd. Dit voel of sy meer in die pad is as enigiets anders.

Sy besef dit was ’n enorme fout om so gou by hom in te trek. Dis sonde het haar pa gekerm. Maar almal doen dit en praat dit goed hoe kan dit dan sonde wees? Maar as eerlik moet wees weet sy haar pa was reg dit is sonde. Net soos hy voel oor hierdie spook jag werk wat sy doen dit. ’n Mens mag nie met geeste praat nie, het hy haar al hoeveel keer gewaarsku. God verbied dit. Maar dis so ’n populêre medium en baie gewild hoe kon sy die geleentheid nie aangryp nie? Dit kon sy saam Jaco doen, ’n sukses maak daarvan, maar intussen het sy haar hele identiteit verloor, haar afhanklikheid, haar self en haar vryheid. Daar is nie ’n oomblik wanneer hy nie weet waar sy is nie, as sy te lank vat om haar foon te antwoord is daar moeilikheid, met wie het sy almal gepraat deur die dag, waar was sy die hele dag. Hy skryf tot voor wat sy elke dag moet dra. Sy bekyk haarself krities. Die enigste oorspronklike item aan haar is die hangertjie. Die rooi robyn.  Haar ouers het aangedring sy neem dit toe sy hulle vertel het van haar planne. Sy wonder nou nog wat so spesiaal aan die robyn is? Haar blik dwaal weer oor haar ander self. ’n Te stywe jean met ’n groot belt ’n rooi toppie en te lae hals. Dis definitief die voorkoms van ’n modieuse gesofistikeerde spook jagter. Of dalk net iemand wat so desperaat is sy sal enigiets doen om aanvaar te word. Maar sy kan dit nie help nie sy is lief vir hom. Reg?

“Jy is natuurlik reg oor die deel van geestes praat Katerien, dis altyd goed om na jou ouers te luister hulle weet beter,” sê Eden sy oë rustend op hare.

Sy het al weer vergeet sy is soos ’n oop boek voor hom. “Ek weet my pa het dit gesê maar hoekom is dit ’n sonde?”

“God sê  uitdruklik in Sy woord Levitikus 20:6, Enigiemand wat aan My ontrou is deur hulp te soek by geeste of waarsêers, teen hom sal Ek optree: Ek sal hom van sy volksgenote afsny.”

“Dit staan in die Bybel?”

“Ja dit staan daar en ook op ’n paar ander plekke, God verbied dit, dit is sonde, jy mag dit nie doen Katerien.”

“En tog is daar so baie mense wat dit doen dis so gewild,” probeer sy skerm.

“Jy is heeltemal reg maar daar is soveel meer wat die hedendaagse mens as reg aanvaar. Net omrede iemand daarop aangedring het. Maar onthou God se woord bly dieselfde altyd, dit verander nooit nie.”

“So dit bly sonde al maak almal of dit okay is. Ek voel soos ’n idioot, ek’s jammer,” sê sy en besef dat sy regtig spyt is oor haar werk. Oor dit wat sy beskou het as die wonderlikste ding wat sy al ooit aangepak het. Sy het elke dag hierdie werk gedoen wetende dat haar pa haar ingelig het dat dit sonde is maar steeds het sy voortgegaan om dit te doen. Sy het geen verskoning nie. Ook nie vir die feit dat sy saam Jaco ingetrek het nie. Sy het willens en wetens dit gedoen, sonde gepleeg, elke dag opsetlik. Gaan God haar ooit kan vergewe?

“Katerien, God se genade is so onbeskryflik groot, wees net opreg, bedoel wat jy sê dis al wat jy kan doen.” Eden se simpatieke blik rus op haar.

Katerien sluk aan die trane. Sy wil vergewe word. Sy wil leef en ’n beter mens wees, haar lewe regruk, uitrek by Jaco, ’n ander werk loop soek al beteken dit sy moet terugtrek na haar ouers toe. Maar sy wil dit doen. Al kos dit haar ook wat. Met hierdie besef voel dit skielik of ’n yslike las van haar skouers af rol en sy vir die eerste keer in jare vrylik kan asemhaal.

Eden kyk na haar ’n tevrede glimlag op sy mond.

“Is hierdie wat ons nou doen nie ook sonde nie Eden?” vra sy skielik, sy wil reg lewe van nou af en as die verkeerd is, wil sy nie enige deel hê daarin nie.

“Nee Katerien hierdie is deel van onse Vader se wil, Hy wil jou dinge wys sodat jy op die einde die regte besluite kan neem. Dis min dat Hy dit toelaat.”

Sy slaak ’n sug van verligting en gaan sit weer op ’n leë krat wat eenkant staan. Die aand was senutergend op en af en sy is so moeg.

“Wees geduldig Katerien die einde is in sig.”

Opgewonde slaak sy ’n sig van verligting. Maar wat beteken dit? Sy wil liefs nie nou daaraan dink nie. Nie aan die feit dat haar liggaam in ’n hospitaalbed vasgekluister lê nie, dat haar ouers daar sit, nie weet of sy lewendig daar gaan uitstap nie. Nee sy moet net op nou fokus dis die beste besluit sy haar hande in mekaar gevleg.

Intussen het Zavlia weer nader aan haar ander self beweeg, rats soos ’n kat in die donker, sy lang gevurkte tong streel weereens oor haar keel. Sy vinger, wit soos bordkryt, streel oor haar hare.

Ongemaklik rol sy haar skouer. “Wanneer is ons klaar Jaco die plek gril my,” sê sy vir Jaco wat nog ’n foto van haar neem.

“Stadig meisie ons het die hele aand tyd, hier is iets wat ons moet soek,” sê hy sy blik dwaal weer deur die vertrek . “Agatha sê hier is ’n beeld wat ons moet saambring tempel toe, maar niemand weet waar dit weggesteek is nie.”

Sy kan sommer sien wat Katerien dink.

“Al weer die wonderlike Agatha,” mompel sy ergerlik.

Die kyk in Jaco se oë verdonker “Jý moet maar te dankbaar wees vir haar, sonder Agatha sou jy nie nou hier gewees het nie. Nog minder sou jy in daai ontwerper jeans van jou kon rond pronk soos ’n melkkoei nie,” snou hy, sy wysvinger sentimeters van haar neus af. “Ek weier dat jy haar slegsê, dit maak nie saak wat jy van haar dink nie, maar jy sal haar met die nodige respek behandel verstaan jy my.”

“Wat bedoel jy?” vra sy onseker.

Katerien wonder self hoekom Jaco so iets sou kwytraak.

“Net wat ek sê, danksy Thelema en Agatha kan ons die rykdom van die eeue geniet.” Hy vryf oor sy ken. “behandel haar met respek en dit sal goed gaan met jou.”

Die rykdom van die eeue. Die woorde maal soos klippe deur Katerien se kop. Hoeveel keer het sy dit nie al gehoor nie, sy verstaan nie wat dit betekende nie.

“Ek verstaan nie?” sê Katerien oorkant haar.

“Moenie jou mooi blonde koppie daaroor breek nie, wees net ’n bietjie dankbaar,” snou hy weer, “kom ons het werk om te doen.” Hy stap na die deur en bring ’n lang swart tas in, hy stoot die gebreekte glas van ’n sement blad af en plaas die tas bo-op. Eerste haal hy ’n goue beker uit, ’n bottle rooiwyn en ’n mes. Nie sommer ’n gewone mes nie, meer ’n Oosterse ornamentele mes met groot blink edelgesteentes versier.

Maar dit kan ook net ’n goedkoop plastiese namaaksel wees vir al wat sy weet. Dink Katerien haar oë bekommerd op die lang skerp lem gerig. Wat is die bedoeling van al hierdie goed. Wat gaan met Jaco aan? En hoekom kan sy niks daarvan onthou nie? Sy loer na Eden.

Sy sielvolle oë rus fronsend op die items. Sy hande rus nou op sy smal heup. Hy stap op en af en kom langs haar te staan.

Katerien wonder of hy gewapen is. “Wat dink jy daarvan,” fluister sy sag. Hoekom sy fluister weet sy nou nie juis nie dis nie asof die duiwel en al sy dekselse trawante haar kan hoor nie.

“Dit sal ons moet sien Katerien, onthou jy is veilig by my.”

Sy woorde stel haar gerus maar haar hartklop vertel ’n ander storie. Sy is bang. Hierdie lyk nie normaal nie. Hoekom sou Jaco ’n wapen op ’n spook jag bring?

Intussen het Jaco ’n middernag blou mantel uitgehaal en hang dit versigtig oor sy skouers. Die fluweel blink in die sagte lig van die groot vet swart kers wat hy aangesteek het. Hy vou sy hande biddend voor hom en buig sy kop eerbiedig.

Katerien wat langs hom staan se blik wip benoud van die een item na die ander en dan weer na die biddende man. Dis duidelik dat sy nes hulle twee, uiters verdwaas en verwonderd is oor Jaco se optrede.

Skielik staan Jaco regop en tel die mes op wat langs hom lê.

“O aarde,” kreun Katerien, sy vlieg op en beklou Eden se arm benoud.

“Katerien.” Jaco se fluister klap soos ’n weerligstraal deur die stilte.

Sy wip soos sy skrik. “Ja?” antwoord sy met ’n krapperige stem.

“Gee my jou hand.”

“Hoekom?”

Hy draai sy kop en kyk na haar

Katerien se bloed bereik ’n lugleegte in haar are toe sy sy oë sien. “Hy lyk besete.”

“Nee moenie,” fluister haar ander self ru. “Jaco-“ pleit sy.

Maar hy is te vinnig vir haar. Soos blits gryp hy haar arm en ruk haar nader tot teenaan die sement blad. Met ’n demoniese krag druk hy haar hand op die blad plat.

“Jaco los my jy maak my seer!”

Katerien wil vorentoe hardloop maar Eden se hand op haar arm keer haar. “Wat gaan hy doen!”

“Kalm Katerien wees rustig, vertrou.”

Is egter al antwoord wat sy kry van die stil sterk man langs haar. Hoe moet sy kalmeer as Jaco ’n mes omhoog hou so asof hy enige oomblik haar keel daarmee gaan oop kloof!

Jaco grynslag. “Daar is ’n prys om te betaal my skat, soos met elke ding in die lewe.” Hy lig die mes hoër.

“Nee!” roep sy angs dringend in haar stem. Benoud probeer sy loswoel maar hy is te sterk vir haar.

“Hou jou mond vroumens!” snou hy met ’n drakoniese glimlag op sy bakkies. Ru pluk hy haar nog nader.

Die volgende oomblik staan al die demone om Katerien. Sy is egter onbewus van hulle. Onbewus van die groot vet demoon reg agter haar, die se spoeg drup draderig op haar rug.

Zavlia se slangtong wip opgewonde in en uit sy mond. Hy bewe opsigtelik van pure opgewondenheid.

Sy besef nie dat daar nou ’n demoniese donkerte heers om hulle van al die ander demone wat skielik te voorskyn gekom het nie. Hulle het laer getrek om haar en Jaco.

’n Doodse stilte daal neer oor die vertrek.

Katerien se vingers kramp om Eden se arm. Sy wens hy wil sy super engel kragte gebruik om haar self daar oorkant te red. Maar hy staan net daar. Hy roer nie eers ’n vinger nie. Trane van bang gly teen haar wange af. Hoe kon sy ooit so dom gewees het om te glo dat die geestes wêreld vriendelik is en dat die spoke wat daarin ronddwaal tog te gretig is om met haar en Jaco te praat. Hulle kan mens tog nie seermaak nie of hoe? Sy sou nooit kon dink dat dit voor haar is hoe dit werklik gaan nie. Hierdie is nie ’n spook van ’n gestorwe ou nie. Die goed wat hier voor hulle krioel kom reguit van die warm plek af. Van die Hel wat mense afmaak as net ’n ou storietjie. Soos Jaco lief is om te sê, die hel is net ’n groter niks, wanneer jy die dag sterf is daar niks. Hoe kon sy dit glo. Hoekom is hulle dan geskape op die aarde geplaas vir wat? Net om vandag na dag rond te ploeter na ’n groot niks? Maak nie sin nie. Hier is die bewys reg voor haar. Daar is meer as wat sy of enge ander mens sou kon dink. Die hel en die hemel is nie net ’n sprokie nie, sy verstaan nou hoekom haar ouers so daarop gehamer het dat dit ’n werklikheid is. Maar natuurlik het sy mos nie ore nie en het haar eie kop gevolg. Kyk waar het dit haar laat beland. Meteens dink sy aan haar liggaam wat vasgekluister in ’n hospitaal bed lê. Haar ouers wie se enigste kind daar lê. Sou sy nog lewe? Waarheen gaan haar siel sou sy nou haar asem uitblaas? Of is dit alreeds te laat. Die blote gedagte dat sy vir ewig en altyd saam met hierdie gedrogte moet spandeer laat die sweet wit warm op haar lyf uitslaan. Nee alles behalwe dit. Hoe kan sy dinge regmaak. Hoe kan sy vergifnis vra vir alles wat sy in haar lewe gedoen het. Die mense wat sy seergemaak het, mense wat sy veroordeel het. Net omrede sy kon. Haar blik skuif na die man langs haar.

Eden staan standbeeld stil.

Sou hy bereid wees om haar die regte pad te wys sou sy hom vra? Sy het wel verskoning gevra. maar as sy terugdink is daar soveel meer wat sy gedoen het wat verkeerd was. Is God se genade ook vir haar groot genoeg? Haar blik skuif na Jaco, verskrik trek sy haar asem in.

Jaco het die mes nog hoër gelig. Die skerp punt glinster gevaarlik in die lig van die kers. Stadig daal die mes na benede. Almal se oë is vasgenael op die papierdun punt wat met ’n  slagter se presisie bokant haar gewrig huiwer. Dan blitsig kerf die punt ’n diep kruis op haar vel. Bloed vloei.

Katerien gil.

Jaco lig haar gewonde arm en hou die beker onder haar pols om elke druppel kosbare bloed oop te vang.

Katerien so oë stol op die rooi druppels lewe oorkant haar, haar bloed wat uit haar liggaam pomp.

Druppel vir druppel val dit soos kanonskote in die beker.

’n Wasbleek Katerien staar met afgryse na haar eie bloed wat in die beker val.

Zavlia dans laggend al om haar en Jaco sy mond kwylend soos ’n honger hond, smagtend na die bloed.

Jaco lig die beker omhoog, hý begin weer mompelend bid, dan bring hy die beker na sy mond.

“Nee,” prewel Katerien vaag.

Eden sug hardop hande in die sye.

Jaco neem ’n sluk en laat sak die beker.

Zavlia duik vorentoe sy tong flits uit en lek die bloed druppels van die rand af.

Katerien stom geskrik sit haar hand oor die bloeiende wond. Trane drup teen haar bleek gesig af. Sy tree agteruit tot teenaan die tas wat oopstaan agter haar. Sy gryp ’n stuk rooi lap en druk dit benoud teen die  bloed op haar gewrig. Afgryse is afgeëts op haar gesig. Haar oë wip van Jaco na die mes na die beker.

“Daar,” mompel ’n tevrede Jaco, hy is onbewus van Katerien se bloed wat soos ’n geboorte vlek op sy ken rus.

Haar oë rus geskok daarop.

“Hoe kon jy?” huil vra sy.

“Wat? Ek het ’n offer gegee aan Thelema. Jy moes die offer gewees het Katerien. Ons is tog een al is ons nie getroud nie. Thelema het daarop aangedring. Sy het ’n bloedoffer gesoek en jy is naaste aan my.” Hy lek oor sy lippe en grynslag, die bloed het sy tande rooi gevlek. “So dis die minste wat jy kon doen, dis nie asof jy ooit iets bydra nie,” sê hy vies en haal ’n sneeuwit sakdoek uit sy sak. Hy vee oor sy lippe kyk na die bloed vlekke daarop en druk dit weer in sy sak.

Trane van skok blink in haar oë. “Jy het my net gebruik,” sy staan ’n tree weg van hom af. “Jy en jou siek sekte, wat nog van my wil julle hê Jaco, hoekom doen jy hierdie dinge dis nie normaal nie?”

Hy tree nader aan haar en gryp die beseerde pols vas in syne.”Jy hou jou mond van Thelema af gehoor. Sy is alles en jy niks, wat sy wil hê gee ek vir haar, as sy jou wil hê is jy hare verstaan jy my.” Die woorde kom sissende deur sy saamgeperste lippe. “Daar is niks, absoluut niks wat ek haar sal weier nie. Sy is my wêreld, jy is net ’n oomblik daarin moet dit nooit vergeet nie.”

Katerien se eie oë dwaal na haar gewrig. Daar duidelik, sit die merk van sy mes, hoekom onthou sy dit nou eers? Sou Jaco haar meer leed aandoen as die geleentheid homself sou voordoen? Hulle is getroud, al is hulle nie werklik getroud nie? “Wat bedoel hy Eden?”

“Wanneer twee mense in die huwelik instap, word hulle een voor God. Dis ’n gebod wat hulle sluit met mekaar. Die duiwel weet dit, hoekom dink jy is dit aanvaarbaar om in vandag se lewe eers saam te bly voor julle trou? Julle glo mos dis reg om eers die waters te toets voor julle julleself verbind. Dis waar wellus sy wortels in julle mensdom geslaan het. Dit ly weer na nog erger dinge.” Hy kyk na haar. “Dis so maklik om in die slag gate te trap.”

Katerien knik haar kop. Sy kan dit glo. Sy self is skuldig daaraan.

Intussen het Jaco twee kleiner bekers uit sy tas gehaal. Hy skink van die wyn uit die bottel wat op die sement blad staan. Weereens buig hy sy kop. Na ’n oomblik hou een van die bekers wyn na haar uit.

“Ons skink ’n heildronk op Thelema en ons sukses.”

Bewend vat Katerien die beker. Sy kyk na die man voor haar haar oë groot en rond van bang, stadig lig sy die beker en vat ’n groot sluk. Haar oë stip op Jaco gerig.

Jaco se oë rus koorsig op haar terwyl sy die inhoud afsluk. Tevrede laat sak hy sy beker sonder dat hy ’n sluk gevat het.

Skielik vat sy aan haar keel en dan haar kop. “Wat gaan aan is dit die wyn-“ maar voor sy kan aangaan sak sy in mekaar.

“Wat het hy gedoen!” Katerien wil met alles geweld vorentoe spring maar weereens rus Eden se hand beskerm op hare.

“Rustig Katerien onthou jy is veilig en sal hierdeur kom vertrou my net.”

Sy woorde laat haar oombliklik beter voel. Maar tog om haarself so weerloos te sien is onhoudbaar. Hoekom sou Jaco dit aan haar doen? Wat gaan hy hierdeur vermag? Maar hy het haar met ’n mes aangeval so sy behoort enigiets van hom te verwag.

Die demone dwarrel nou deur die vertrek soos ’n maalstroom. Hulle gil en jubel al dansend om haar bewustelose liggaam wat eenkant op die vuil vloer lê. Die atmosfeer tril van die energie wat hulle uitblaas.

’n Helder gat verskyn waar Katerien oomblikke van te vore gestaan het. ’n Wese verskyn.

Katerien kreun iewers op die vloer.

Die wese tree deur die portaal, haar hare die kleur van ys skitter in die lig van die glansende kers.

Die demone val soos een voor haar neer terwyl hulle aanbiddend giggel en kerm.

Jaco sak op sy knieë neer. “Thelema,” fluister hy in verwondering.

“Dienskneg.”  Die smalende woord hang amper tasbaar in die lig. ’n Deursigte goue mantel hang van die vrou se skouers af. Haar perfekte naakte liggaam glinster in die sagte gloed van die kers.  “Staan!” beveel sy skielik hard. Haar oë branded soos ’n vlam dwing hom op sy voete. “Dienskneg… jy durf my ontbied?” Haar oë flits deur die vertrek land op Katerien wat nog steeds kermend op die vloer lê en dan weer na ’n knielende Jaco. “Staan!” Sy vou haar arms, ’n tevrede glimlaggie soos ’n versadigde kat speel om haar vol robynrooi lippe.

Gedweë kom hy orent. Stadig lig hy sy kop. “Wys my die weg,” fluister smeek hy met trane wat oor sy gesig stroom. Hy snik behoorlik.

Katerien is verstom oor wat sy sien. “Ek kan nie my eie oë glo nie hy huil wraggies snot en trane,” fluister sy. Is hierdie man so besete dat hy homself sal verkleineer vir ’n gedaante. Iets ontasbaar, iets demonies? Hy is so emosioneel hy kan amper nie praat nie. Hierdie regdenkende man wat weet presies wat en wie hy is, kruip letterlik op die grond rond vir hierdie demoon. Sy is verstom. Maar is dit nie presies wat hy wou hê nie? Is dit nie waaroor hy kerm al vandat sy hom ken nie? Hy soek die ontasbare, daardie iets wat hom kan verhewe. Wat hom hoër kan plaas as die gewone mens op straat.

Haar oë flits na die beker. Die beker met haar bloed in.

Thelma het nou nader aan die sement blad beweeg. Met ’n lang vinger streel sy oor die blad dan beweeg sy nader aan die beker. Sy vee saggies oor die rand terwyl haar oë koud soos die hart van ’n klip op Jaco gefokus bly. Stadig afgemete lig sy die beker. Eers ruik sy daaraan dan lig sy die beker triomfantlik omhoog lag behaaglik uit haar maag uit en drink van die bloed. ’n Blou weerligstraal skyn vir ’n verblindende moment om haar en verdwyn weer. ’n Sug van pure ekstase weergalm om hulle. Dan skielik verbaas flits haar oë soos die van ’n kat na Katerien wat langs Eden staan. ’n Fyn sadistiese glimlag krul om haar lippe.

“Ek dog hulle kan ons nie sien nie,” fluister Katerien benoud. Daardie vrou se duiwels oë deurpriem haar. Sy voel naak, kwesbaar soos ’n baba voëltjie. Haar hand krul weereens om Eden se arm. Sy wil agter hom wegkruip. Verdwyn.

“Van hulle is sterke as ander, maar onthou, al is sy bewus van jou kan sy jou geen kwaad aandoen nie,” stel Eden haar gerus sy oë kwaai op die van naakte vrou voor hulle gerig. “Hierdie is maar net ’n tegniek van haar om vrees by jou te verwek Katerien, moet haar nie die satisfaksie gee nie.” Sy hand rus bemoedigend oor hare wat beangs aan sy arm klou.

“Jou slaaf Katerien, is ek reg.” Haar oë rus nou weer op die figuur op die vloer. “Hoekom net so ou klein offer my dienskneg wanneer jy die hele liggaam hier voor jou het?” Sy stap nader aan Jaco en streel met ’n lang vingernael teen sy nat wang. Sy vang ’n druppel en lig dit na haar mond. Met ’n rooi tong lek sy die glansende druppel af. “Ek moet erken ek het meer van jou verwag. Het ek nie al hoeveel keer jou drome waar gemaak nie?” Sy streel deur sy hare. “Ek wil al jou drome laat waar word Jaco. Ek wil deel wees van jou.”Haar oë blits weer na Katerien wat langs Eden staan. “Ek wil die lewe vir altyd met jou deel haar plek inneem, sy is jou nie werd nie. Ek is soveel meer vrou as wat sy ooit kan droom om te wees.” Sy lek suggestief oor haar lippe en soen hom op die wang. “Toe wat sê jy my liefste?”

Jaco sluk hoorbaar. “Ek is so geëerd my koningin ek droom al van die dag dis so onwerklik,” hy sluk hoorbaar en vee oor sy gesig, “Ek was net nie voorbereid op ’n groter slagting nie my koningin.” Hy kyk paniekerig na haar en dan na die bewustelose vrou oorkant hom.

Sy swaai soos blits om haar lippe teen sy oor. “Vir my moet jy voorbereid wees, altyd!” ’n Lang skerp vingernael gly nou teen sy keel af. “Sy lê daar, toe wat keer jou.” Haar blitsende duiwels oë draai laggend tergend na Katerien.

“Nee sy kan tog nie,” fluister sy benoud. “Ons moet iets doen haar keer-“

“Moenie,” waarsku Eden. “Sy teer op jou vrees, glo en vertrou.”

’n Frons flits oor Thelema se plooilose voorkop, haar oë dartel al om Katerien.

“Wat doen sy?”

“Sy kan my nie sien nie, sy besef nou jy word beskerm maar sy is nie seker wat of wie dit is wat jou beskerm nie.” Hy gee ’n droë laggie. “Glo my sy brand om te weet wie langs jou staan en moenie dink sy is so onverskrokke soos wat sy voorgee om te wees nie.”

“En wat van my regte self wat daar lê soos die letterlike dekselse skaap te slagting.”

“In haar oorspronklike vorm kan sy selfs vir haar nie seermaak nie, alhoewel sy bitter graag wil.”

“Ek kan dit sien, maar hoekom ek?” Haar hande vlieg weer deur haar hare. “Hoekom my bloed?”

“Want jy is bestem vir groter dinge, sy wil jou vernietig sodat jy nie in jou doel sal slaag nie.”

“Soos wat.” Katerien is nou sommer net oor hierdie hele spul. Sy wil met alle geweld teruggaan na haar gewone lewe saam Jaco. Opstaan, aantrek, sy groen aaklige energie sap drink en werk toe gaan, waar sy hiet en gebied word sommer om te dink. Dis wat sy nou nodig het. Sy wil nie besluite maak nie. Sy wil net wees. Dis al. Is dit so moeilik om te verstaan? Maar aan die ander kant het sy alreeds besluit sy is klaar met hom klaar met hierdie lewe. Sy moet aanbeweeg ’n nuwe begin maak, die ou dinge agter haar los. Maar dis moeilik.

Eden sit sy hand weer vertroostend op haar arm. “Die tyd sal leer Katerien, onthou op die einde is dit die keuses wat jy maak wat gaan bepaal wat die uiteinde gaan wees. Ek is egter verbied om te sê wat.”

Sy smarag oë dwing haar om vir hom te kyk.

“ Al wat ek weet is dat Thelema vir Jaco gebruik om jou in ’n rigting te dwing Katerien. As hy nie daarin slaag nie gaan hy jou heeltemal vernietig nog voor jy op daardie punt kom waar jy daardie belangrike keuse moet maak.”

“Dit klink onheilspellend.” Haar kop draai weer in die rigting van die vrou met die ys hare. Daardie oë brand ’n gat reg deur haar. Koue rillings glip deur haar lyf.

“Dit is en julle mense kinders moet dit doen elke dag van julle lewe hier op hierdie Aarde.”

“Ja en partykeer dan dink ons nie eens daaroor nie, die lewe gebeur net en ons gaan maar net saam met die vloei.” Sy sug hardop.  “Dis die probleem dink ek, ons sê dinge sonder om te dink watter impak dit oop die gene om ons het, ek is al so gewoond aan Jaco en sy manier van praat ek het dit as vanselfsprekend aanvaar, dat dit moet so wees, maar nou as buite staander, skok dit my. Hy is so brutaal, ek oordeel hom nie, maar dit skok my tot in my siel. Ek het nooit besef hy is so ’n mens wat op ander trap nie. En ek moet erken ek het self ook al baie op mense getrap, iets waaroor ek nou spyt is. Eers nou hier, kan ek sien hoe aaklig dit is. Hoe dit mense affekteer, seermaak.”

“Ek is bly dat jy dit kan sien en verstaan Katerien, partykeer soos hulle sê is die waarheid ’n bitter pil om te sluk, maar dis nodig om gesond te word.”

“Wat maak Jaco nou?” Haar oë rus nou weer fronsend op die man voor haar. Die man wat sy gedink het haar heelal is maar nou sien sy hom vir wie en wat hy is. ’n Simpel pateet wat nie sal skroom om haar te gebruik vir dit wat hy wil hê nie. Sy idioot, het hom letterlik alles gegee, haarself op ’n blerrie silwer skinkbord aangebied en dit is wat sy kry. Keuses. As sy moet terugdink aan al die verkeerde keuses wat sy al in haar agt en twintig jaar gemaak het, sidder sy. Nie net is Jaco ’n gebruiker nie, maar sy is ook een. Sy is skuldig, net soos hy, sy het Jaco gebruik om haar steunpilaar te wees.  As sy werklik eerlik moet wees het sy hom gebruik om besluite vir haar te neem. Dis tog so lekker om iemand te hê wat die stuurwiel van die lewe neem en jy kan net agteroor sit en ontspan en dis presies waar sy die pot heeltemal mis gesit het. Kyk wat het dit haar gebring en waar. Dit alles met haar toestemming sy is sekerlik die grootste sot wat sy ken.

Weerlig rammel skielik, die ou gebou ruk.

Die kers flikker.

Die brandende oë van Thelema brand honger op Katerien, dit flits weg na Jaco. “Jou offer was te min, ek soek meer.” Haar stem hang dreigend in die donker om hulle. Hoe kan jy slaaf van my verwag om wonderwerke te doen as jy my net ’n klein deel aanbied wanneer jy alles voor jou het om te gee?” Sy beweeg weer nader aan hom. “Ek was nog altyd goed vir jou. Het ek nie jou drome bewaarheid nie? H’m het ek nie vir Agatha gestuur om jou leidsman te wees nie?” Haar hande vou van agter om Jaco se keel, haar lippe beweeg sag teen sy keel af. Maar haar oë, swart soos ’n gat, rus op Katerien wat beangs langs Eden staan.

Die demone gaan nou van hulle trollies af. Hulle kruip teen die dak rond, rol op die vloer en skreeu van genot.

Zavlia kruip gillende teen die plafon en dan die mure, die ander menigte tol rond, brullend van pure ekstase.

Jaco het intussen omgedraai sy hoof gebuig. “Enige iets vir jou my koningin,” Hy kniel sy hande uitgestrek na die vrou voor hom.

“Enige iets?” Haar lippe krul in ’n ondraaglike grynslag. Haar tande so skerp soos ’n haai sin blink wit teen haar lippe. Weer dartel haar blik na Katerien wat langs Eden staan.

“Ja.”

“Haar siel,” sê sy prul. Haar bleek hand streel sy wang. Die skerp naels vee lyne teen sy vel.

Katerien voel die ys in haar are. “Nee…”

“Ja,” sê hy en sug behaaglik.

“Wonderlik!” Thelema stoot hom ru eenkant toe en klap haar vingers.

Die demone spring soos ’n trop honger wolwe op die bewustelose vrou. Hulle lig haar stadig op en lê haar neer op die sement blad.

“Die lem,” prul sy weer. Sy lek haar geswelde lippe welbehaaglik af. Haar gesplete pupille rus nou met wellus op die bewustelose vrou voor haar.

Jaco so oë dof van die wyn, of dalk blote vrees, rus op haar. “Wat van die beeld?” vra hy versigtig. Hy vee met ’n bewende hand deur sy deurmekaar hare.

’n Frons hang oor Thelema se vleklose gelaat. “Natuurlik, hoe kan ek vergeet dit was tog immers die ooreenkoms. Zavlia,” brom sy vies en wikkel haar vingers in die demoon wat nog steeds teen die dak hang, se rigting.

Onmiddellik val die demoon van die dak af en land langs Jaco.

Jaco skrik vir die skielike verskyning langs hom maar uiter nie ’n woord nie. Sy oë rus egter bang op die figuur, versigtig hy gee ’n tree agteruit.

“Moet tog asseblief nie so verskrik lyk nie my liewe Jaco,” sê Thelema met ’n skalkse laggie. “Jy is tog immers bewus ons is nie alleen nie of hoe?” Sy kyk hom ’n oomblik stip aan. “My wêreld jy het!” Haar lag klink brutaal in die stilte op. “Jy is wragtie so naïf, ek kan dit nie glo nie. Jy van alle mense my grootste aanhanger was nie bewus van die geeste dimensie nie of dalk het jy net geglo in ’n simpel ou spokies wat nou en dan ja of nee gaan fluister, soos jou kamstige Johan wat hier dood is?” Sy giggel en vee met ’n wysvinger oor sy mond. “Jy is kosbaar my liewe mens ek eet jou sommer op.” Slagtande verskyn merkbaar onderaan haar bo-lip. “Ek is mal oor mense so dom soos jy, julle besorg altyd ’n bietjie plesier.” Sy stap weer tot voor Jaco en lig ’n wenkbrou. “Zavlia, wys hom tog waar die ding is en maak gou ek raak nou honger.”

“Hier langs my heer,” sê die demoon met ’n aaklige langtand grynslag. Hulle stap deur ’n opening aan die ander kant van die vertrek.

++++

            Katerien besef dat sy en Eden glad nie beweeg nie, maar tred hou met elke beweging voor hulle. Die aand raak net vreemder en vreemder.

Jaco stap deur die opening in na ’n verrotte kamer. Ou geel papiere lê orals rond, skeef getrekte meubels staan toe onder dekades se stof.

Zavlia gaan staan by ’n ou vervalle hout kas in ’n hoek.

Jaco haas hom daarheen. Vinnig met sy kaal hande breek hy die verrotte deure oop. Hy grou binne rond en haal ’n blink hout kissie uit. Hy stoot ’n glas en lamp van ’n tafel voor hom af. Versigtig sit hy dit voor hom neer. Hy  haal diep asem maak sy oë ’n oomblik lank toe en lig die deksel.

Katerien hou haar asem op.

Hy steek sy hande in hy lig ’n eenvoudige beeld uit. Dit is gesmee van ’n donker hout, die figuur is die van ’n vet vrou met groot hang borste en uitermatige klein kop. “Melano,” fluiter hy hees.

 Thelema het intussen ook die vertrek betree. Hande in die sye stap sy tot by Jaco. Sy bekyk die beeld en draai na hom, die glimlag om haar mond skalks. “Sy is mooi nè.”

“Beeldskoon,” fluister hy hees.

“Sy is joune.”

“Net myne.”

“Sy sal doen net wat jy vra,” fluister sy saggies in sy oor.

“Wys my die pad.” Die beeld rus in sy hand. “Wys my!” skreeu hy skielik en lig die beeld omhoog. ‘n Blou lig flits deur die vertrek.

Thelema lag katterig. Sy lig haar hande omhoog en begin stadig op beweeg. Sy styg hoër op haar oë op Jaco gevestig. Die blou lig omsingel haar sagkens.

Voor Katerien hulle se oë word sy een met  die blou lig.

’n Harde slag donder deur die vertrek. ’n Helder brandende bliksemstraal tref Jaco skielik reg voor sy kop. Dadelik val hy bewusteloos op die grond neer.

Katerien wil hom met alle geweld te hulp snel maar kan self nie beweeg nie. “Wat gaan aan?” vra sy benoud haar hande krampagtig saam gevou. “Ons moet hom help Eden!” Rou frustrasie en totale hulpeloosheid woed deur haar gemoed. Wat sy voor haar sien is iets uit ’n nagmerrie uit. Iets wat ’n super slim fliek boffie sou kon uitdink. Maar daarom so reg voor haar eie oë te sien gebeur? Dis om van mal te word.

“Jy sal sien.” Eden staan nog net so, hy roer nie ’n spier nie.

Jaco beweeg. ’n Kreun ontsnap deur sy lippe.

Dankbaar sug Katerien van verligting.

Die kamer is donker tog is alles vreemd sigbaar.

Jaco stammer kreunende orent, sy hand op sy voorkop. Hy kyk om hom heen. Sy donker hare staan orent en sy hemp hang by sy broek uit. Hy kyk deur die vertrek. Sy donker oë glinster vreemd. Soos die van ’n dier in die nag. Hy tel die beeld versigtig op, koester dit sag teen sy bors en strompel dan dronk by die opening uit.

++++

            Oombliklik is Katerien en Eden weer aan die kant van die kelder. Alles lyk nog presies soos vroeër. Die demone hang nog teen die dak, van hulle lê op die vloer.

Jaco stap na die tas en plaas alles versigtig terug binne in. “Katerien,” sê hy skor en stamp met sy voet aan haar lewelose liggaam “Katerien!” harder. Hy buk af en pluk haar aan haar bloes, hy klap haar hard deur die gesig en gooi haar terug op die vloer. “Word wakker vroumens ek het nie heeldag tyd nie, staan op!” bulder hy hard.

Sy kreun en kom stadig verward orent. Haar hare hang in haar gesig. Bloed vlek die kant van haar mond.

Die demone hang soos ’n gordyn om hulle. Hulle gesis dreun deur die kelder.

“Wat gaan aan?” prewel sy hees, haar hand teen haar kop. Sy sukkel orent “Wat het gebeur?”

“Nie veel nie,” sê Jaco met ’n baie tevrede trek op sy gesig.

“My hand-“

“Jy het geval en jou hand gesny, ek het dit vir jou verbind,” val hy haar baie vinnig in die rede.

“Die mes-“

“Watse mes?”

Verdwaas kyk sy om haar rond “Ek’s seker…” Sy vat-vat aan die sement blad. Haar oë flit deur die kelder en land dan op die tas voor haar.

“Hou op droom die plek is soos ’n leë drom, hier gebeur niks, kom dis tyd om te gaan,” toe maak gou die tyd stap en ek’s haastig, kom nou.”

“Maa-”

“Kom vroumens ek moet by die tempel kom en jy is besig om my op te hou.”

“Ek verstaan nie?” sy kyk na haar hand en weer na hom.

“Daar was bloed, baie bloed jy sal seker moet steke kry.” Hy het intussen begin om die kameras bymekaar te maak.

“Die bloed…,” gaan sy voort en vat weer aan haar keel, “hoekom is ek so dors?” Sy maak die tas op die tafel oop op soek na ’n waterbottel. “Waar kry jy dit?” Versigtig lig sy die beeld uit.

Soos blits staan Jaco langs haar.

Selfs Katerien is verbaas oor hoe vinnig hy langs haar te staan gekom het.

“Ek het dit in die hoek opgetel.” Hy ruk die beeld uit haar hande uit.

Katerien kyk fronsend na hom en dan weer na die sak. Na die silwerbeker besmeer met bloed. Sy sluk hoorbaar. Sy stap na die ander kamera en begin dit op te pak, sweet blink op haar voorkop. “Hoe lank was ek uit?” vra sy versigtig sonder om na hom te kyk.

“Uit?” Hy frons en gaan ongeërg voort om goed op te pak. “Bewusteloos, ag nie lank nie kom maak gou die tyd stap.”

Instinktief kyk Katerien na haar horlosie. Skrik sit afgeëts op haar gesig. Haar oë rus nou bang op Jaco wat nou besig is om die beeld versigtig te bêre.

“Dit lyk of ek nou al ’n bietjie besef dat daar iets aan die gang is met hom. Ek kan nie dink ek was so blind nie al die tekens was daar, hy’s so mal soos ’n haas,” sê Katerien haar oë verstom op die toneel voor haar gerig.

“Partykeer is dit moeilik daarom wat reg voor ons is raak te sien. Vir die gene vir jy lief is, te sien vir wie en wat hulle werklik is.” Eden sug sag sy skouers beweeg op en af. Ek kry julle mense kinders so jammer. Julle sukkel regtig om die waarheid raak te sien en dan nog te glo ook.

++++

            Die volgende oomblik sit sy en Eden agter in haar Polo. Haar Polo wat nog in een stuk is. Liefderyk vee sy oor die leer sitplek voor haar. Sy was darem so bitter trots op die kopie.   Haar eerste kar wat sy selfs kon koop sonder die hulp van enigiemand. Sy sit saggies terug teen die sitplek.

Die regte Katerien bestuur. Sy trek weg van die ou vervalle kasteel af en kry koers na die grootpad. Dis donker en die weer dreun verwoed. Die wind het opgesteek, in die kar se ligte wat oor die pad vee, waai takke en blare woes rond.

Jaco sit langs haar. Soos gewoonlik kritiseer hy haar op haar bestuursvernuf.

Dit reën al hoe harder.

Die weer donder nogmaals. Sy besef Katerien sukkel om te sien, die veërs is nie vinnig genoeg vir die strome water wat die voorruit tref nie. Die vensters is besig om toe te wasem. Katerien kreun hoorbaar.

Jaco laat sak sy sonblinder. Sy oë die kleur van vuur rus nou tergend op Katerien in die spieëltjie.

“Eden?” fluister Katerien paniekerig, “is dit…?”

“Ja dit het gebeur toe hy die deur van sy siel vir haar oopgemaak het, hy het ongelukkig sy keuse gedoen,” sê Eden sag, jammerte merkbaar in sy stem. “Die Hemel sal vir ewig gesluit wees vir die sondaar wat kies om sy geloof in die van ’n skaduwee te plaas.” Eden sug hardop sy oë rus nou op Katerien. Hy vat haar hand. ”God se woord sê in Markus, ‘Wat help dit ’n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?”

Sy woorde sny soos ’n mes deur haar. Jaco het die demoon Thelema dié plek in hom gegee wat heilig is. Hoe kon hy so dom wees. Hy het haar toestemming gegee om met hom te doen net wat sy wil. Dit alles, vir roem, vir rykdom. Sy kan nie glo hierdie regdenkende slim man was so dom nie. Kan hy dan nie verder dink as net geld nie? “Alles is tydelik, hierdie aarde is nie vir ewig nie, maar ons siele is en dis die belangrikste van alles wat hierna met ons gebeur.” Sy wonder of Jaco wat iewers in daardie liggaam is haar kon hoor en besef het wat hy gedoen het? Sal sy ooit weet?

Jaco klap die spieëltjie weer toe.

’n Skerp draai dam voor hulle.

Die kar gly skielik op die nat teer, die donker bosse aan hulle regterkant lyk dreigend.

Skielik pluk Jaco die stuurwiel na links terwyl hy die handbriek ook optrek. ’n Tak skiet uit die donker. Dit peil reg op hulle af.

Katerien gil hardop.

Eden se hand rus vertroostend oor hare wat die sitplek krampagtig vasklou.

Die voorruit spat aan skerwe. Die kar tol in die ronde. Die bande kerm tragies oor die nat teer. Katerien duik skielik oor die handrem voor Jaco in.

’n  Tak skiet deur die gapende gat, dit deurboor haar.

Die kar tol. Dan kom dit kreunend halfmas rustend teen ’n bos tot stilstand.

Uitasem sit Katerien grootoog alles en beskou haar hande voor haar mond saamgeklem terwyl trane teen haar wange afstroom.

Jaco wat nog in die wrak vasgeklem sit, word deur Zavlia bewaak. Hy kreun. Hy skel op Katerien maar sy antwoord hom nie. Na ’n oomblik wikkel hy homself los en skuif van onder haar uit. Hy stamp die deur oop en val behoorlik uit die kar. Hy kom kreunend orent en stap al om die wrak. Sy foon lui, hy antwoord so in die loop.

Hy het nou al om die wrak gestap sodat hy kan inkyk. Die bestuurskant van die motor hang naaste aan die teerpad. Sy blik is op die lewelose liggaam gerig. ”Nee ek weet nie, dalk vrek wie gee om, doen dit net okay.” Hy sug hardop bêre die foon en trek sy bleek hande albei deur sy deurmekaar swart kuif. Weer lui sy foon. “Ja,-“ Hy sug en trek sy hand weereens deur sy hare. “Jy wil hê ek moet terug klim in die wrak tot die ambulans kom? Nou goed as dit jou bly sal maak en my sal beskerm dan maak ek so Athena.” Hy loop terug na die wrak trek die skewe deur oop en klim versigtig terug tot langs die vrou wat nou half skuins afgegly het teen die sitplek. “Goed ek’s in.” Hy bekyk die vrou ’n oomblik dan doen hy iets wat ondenkbaar is. Hy trek die stuk hout wat haar deurboor het se punt uit die sitplek uit en druk haar hout en al terug na die bestuurskant. “Bel net daai ambulans ek dink ek het my gewrig nou net seergemaak.” Die blink in sy oë is van ’n ander wêreld, die grinnik die van ’n dier.

Katerien sak inmekaar langs Eden. Die eerste keer toe sy dit gehoor het, het niks sin gemaak nie. Maar nou. Nou is alles helder soos glas. Trane rol teen haar gesig af maar sy is te lamgeslaan om enigiets daaraan te doen. Hoe kan een mens so totaal en al koud wees? Hulle het ’n lewe gedeel. Sy is lief vir hom. Sy het in ’n oomblik sonder om te dink haarself gebied as ’n offer om hom te spaar.

“Katerien jou liefde het jou gered.”

Eden se hand rus warm op haar skouer. “Hoe bedoel jy?” ’n Snik ontsnap haar bewende lippe. Haar oë nog op die man wat haar alles was gerig. Maar dis nie meer dieselfde man nie. Nou is hy meer as dit ’n halfmens, half demoon wat die wêreld bewandel. Sy kry hom innig jammer.

“Jy het die grootste offer gegee Katerien.” Sy hand rus sag op haar skouer, sy oë dring deur haar wese. “Jou lewe.”

“Presies en nou is ek dood.” ’n Sug val swaar oor haar lippe. Paniek wil skielik besit neem van haar. “My ouers, wat gaan van hulle word, ek het hulle so afgeskeep die laaste tyd,” trane vloei teen haar wange af en drup saggies op haar saam gevoude hande. “nou is dit te laat.” Vir altyd te laat.

“Die dood is nie die einde nie Katerien.” Hy lig sy hand. “Jou ouers is veilig, God se genade is groot moet dit nooit vergeet nie, hulle het ook vir Jacques by hulle om hulle deur hierdie moeilike tyd te help. Onthou Katerien hierdie is nie totsiens nie, net vaarwel, die wedersiens gaan soet wees.”

“Wat bedoel jy?” Sy lig haar gesig na die man voor haar. Sy trek haar asem verstom in. Eden lyk anders. Sy klere het in weerlig wit verander, sy gesig straal van ’n liefde wat sy nog nooit gesien het nie. Groot wit vlerke spruit van agter hom en vul die lig. Dit beweeg saggies op en af. Soos ’n hartklop.

“Die dood is net die begin,” sê hy en steek sy hand na haar uit.

“Die begin van wat?” Sy steek haar hand na hom uit. Dit sluit warm bemoedigend om hare. Stadig staan sy op en vee die trane met ’n bewende hand af. Sy los sy hand, haar oë op die ambulans gerig wat haastig wegtrek. So eindig alles. Sy voel verbasend nie meer hartseer of sleg vir Jaco nie. Sy weet haar ouers gaan okay wees hulle sal berusting vind want hulle harte lê by God. Soos Eden sê, God se genade is groot, selfs vir die grootste sondaar. Sy glo dat Sy genade ook groot genoeg is om Jaco tot inkeer te bring, om sy kosbare siel te red. Sy trek haar hande vir die soveelste maal deur haar hare. Sy vat weer. Haar hare voel soos satyn. Sy lig die lang punte, haar haar kleur soos toe sy ’n baba was en is weer skouerlengte, nie meer gehap soos voorheen nie. Haar hande al die skrape en merke is weg. ’n Vreugde dwarrel deur haar binneste, ’n stralende glimlag neem besit van haar gesig.

“Kom saam dan wys ek jou Katerien,” sê Eden sag hier langs haar.

Sy kyk af na die bruingebrande hand wat hy weereens na haar uithou. Aarselend sit sy haar hand in syne. Dit voel warm. Vriendelik. Veilig. Sy kyk op na hom. Hy lyk nog groter en sterker as wat sy kan onthou. Iets trek skielik haar aandag direk agter hom. Saam draai hulle om.

’n Groot deur voor hulle swaai stadig oop. ’n Verblindende lig begin deurskyn. “Wat is dit?” vra sy versigtig.

“Dit is die begin van groot dinge Katerien.” Sy glimlag is asemrowende toe hy na haar draai. “Kom stap saam met my oor die drumpel Katerien. Hiérdie is net die begin van ’n nuwe avontuur in ’n ander wêreld.”

 

Die Einde