Bewakers van die ruimte
deur
Chantal Pretorius
Die rooi planeet.
Gloeiend.
Verwoestend.
Noodlottig.
Marsbewoners
Darius Drek trek sy aandpak aan om buite sy grothuis te kom. Die suurstofvlakke op Mars is min en sonder sy veiligheidspak sal hy versmoor. Hy kry sy kantsakkie reg, rol die reuse klip weg en stap buitekant toe. Druk ʼn regterkantse knoppie teen sy ruimte kopstuk en sy nagvisie kom rooi te voorskyn. Hy kyk om hom rond en in die aande raak dit stil. Geen stofstorms wat hom wil wegwaai nie.
Hy druk die harde ruimte se kopstuk se knop weer en als lyk weer normaal. Hy lig sy kop op en tuur na die donkerte in die atmosfeer. Venus se maan en son skyn helder in die buitenste ruimte. Venus is groter as Mars en is duidelik sigbaar. Hy draai sy lyf skuins, Moeder Aarde is groter as Mars en ook sigbaar. Oor 11 ure sal die somerson weer opkom. Die ster wat die yskoue woestynplaneet se grade probeer hoër maak.
Darius loop na een van die rotse toe wat lyk na ʼn gevormde klipstoel. Hy gaan sit daarop en sien twee klippe verby hom kruip. Die klip se vorm neem ʼn krap aan en die ander een se pote grou iets in die sand vir aandete. Die krappe lyk na klippe, maar transformeer in krappe om by die lewe op Mars aan te pas. Hy hou al twee stiptelike dop. Die een krap grou ʼn gat in die sand om binne-in weg te kruip, die ander een skarrel rond in ʼn ander rigting.
Môre, sal hy nog van die klipkrappe vang vir middagete. Die gediertes smaak lekker saam met sy dwergsampioene. Al wat hy kan eet van die krappe is hulle pote en hy suig die vet uit hul dop. Om te oorleef op die Rooi Planeet is moeilik. Jy eet wat jy kan vang, smelt yswater om te drink en vermy sonwinde.
Darius is ʼn sampioenboer. Hy kweek die groente in sy grothuis in donker tonnels wat hy self gebou het. Gedurig sproei water oor die sampioene uit die waterpypies. Te danke aan die poolstreek, Planum Borium wat water voorsien. Hy is ʼn soort konstrukteur wat planne beraam het hoe om van die streek water te kry. ʼn Lang waterpyp is geheg aan die oppervlakte van die yskap wat sterk drukking veroorsaak. Die ysdeeltjies breek om die pyp en suiwer water vloei direk deur die pype wat dan sproei op sy groente. Hy is trots op sy eie natuurlike skeppings.
Sonder kos en water sal die kolonie uitsterf. Gereeld kom Morbus Mei na hom toe vir meer konstrukteursidees om die kolonie te verbeter. Die groentemark kom haal elke tweede week staalkaste vol van sy sampioene. Hulle ruilhandel op Mars. Hy word betaal met kos, bourommel en enigiets anders wat noodsaaklik is. Die woord ‘nee dankie’ bestaan nie op die planeet nie. Jy vat als, dwing ʼn glimlag en aanvaar jou lot.
Darius onthou sy pa se woorde waar die groentekwekery begin het, hoe sy geslag dit kon regkry om groente te kweek in tonnels. Die eerste mislukkings om groente te plant, dan die suksesse om dit te laat groei. Gelukkig is al die groente eetbaar en veilig.
“Dertig jaar gelede het ek drie snaakse voorwerpe op Mars gesien. Dit was van metaal gemaak. Al drie lyk na vierkantige boksies en dit beweeg op die terrein rond. Ek kan dit nie beskryf nie. Ek het hulle vir weke dopgehou. Die blikkoppe het sand, klippe en yskappe in vierkantige staalboksies geberg. Dis nie al nie. Die blikkoppe het iets uit sakkies gehaal en dit in die sand gedruk. Weke daarna het sulke vreemde wit goed uit die grond gegroei. Selfs groen plantjies met stingels en blaartjies aan wat groei. Ek was verstom daaroor omdat lewe hier moontlik is. Ons het versigtig daarvan begin eet en het niks oorgekom nie. Toe besluit ons om daarmee te begin boer.”
“Wat gebeur toe, Pa?” vra Darius uit belangstelling. Hy is nuuskierig om meer oor die blikkoppe te weet.
“Wel seun, ʼn hengse stofstorm waai die blikkoppe weg. Ek het nooit weer die goed hier gesien nie.”
“Miskien dwaal hulle iewers in die woestyn rond en versamel goed,” is sy voorstel.
Benton knik. “Wie weet wat het van daai blikkoppe geword.”
Darius se nuuskierigheid kry die oorhand en hy begin om die blikkoppe te soek. Sover was hy ongelukkig met sy soektog. Geen blikkoppe kon hy vind nie. Waar kruip die vierkantige blikke weg?
Darius haal ʼn plat klip uit sy sak en bestudeer dit. Sy pa, Benton Drek, het vir hom die blikkoppe daarop uitgekerf. Die blikke het lang metaal arms met sulke ronde beweegbare sirkels vir voete, vierkantige boksbolywe en snaakse vierkantige koppe gehad. Wat op dees Aarde is die goed? Waar kom hulle vandaan?
Hy haal ʼn ander platklip uit sy sak. Hy fokus op die uitgekerfde voertuig en inligting wat daarop staan. Die blikkoppe gee hom die idee op 20 om ʼn voertuig te ontwerp wat geskik sal wees om in te woon en op terreine te ry. Hy noem sy uitvindsel die Marstuig: die boot op wiele en die stoomturbine wat kan werk met vloeistof.
By die pole kan mens opvallende spierwit ysbedekkings sien. Die waterys word dan gesmelt en voed die hele Marskolonie. Die Noordpool en Suidpool bestaan hoofsaaklik uit water.
Dit was in die begin ʼn hengse gesukkel om die boot te bou. Ná die vyftiende mislukking wou hy moed opgee maar het aanhou probeer tot sy eindelike sukses. Die boot bestaan uit ʼn metaalstruktuur waaraan die metaalwiele aan die linker- en regterkant aangeheg word. Die grootste probleem was die vorm van die boot. Ná twee maande kry Darius die idee om rotse te kerf volgens die vorms van die boot se struktuur. Die bootvensters is van seekatvelle gemaak. Te danke aan die yskappe wat lewende diere binne huisves. Wanneer hy gelukkig is, kan hy wit-en-swart seekatte vang en gebruik hulle gladde velle om die vensters te vorm.
Op die ou einde werk alles perfek uit. Die boothuis lyk na ʼn ovaalvormige ding wat sowat drie mense binne kan huisves. Nie elke gesin kan grothuise bekostig nie want dis luuks en kos baie voorrade om te bou.
Meeste huisgesinne besit een boot en die ruilhandel wat hy daarvoor ontvang sorg vir sy oorlewing. Sonder sy voorstellings sal die kolonie nie kan voortbestaan nie. Om op Mars te woon is om aan ʼn apokaliptiese tydperk gewoond te raak. Almal maak staat op elkeen se kreatiewe verbeeldings om voort te leef. Dis nie grappies nie.
Darius kyk weer na die platklip waarop die blikkoppe is. Hy wil die goed vind of die oorblyfsels daarvan en eksperimenteer daarmee. Hy is ʼn avontuurlustige man wat altyd kans sien om die woestyn plat te reis vir nuwe uitvindings. Dis die regte tyd om sy rugsak te pak en te gaan soek na die blikke.
Jammer sy pa leef nie meer nie. Benton sou die avontuur saam met hom wou aanpak. As gevolg van hewige windbuie het sy pa in die storm verlore geraak. Hy het nooit weer sy pa lewend gesien nie. Miskien het sy pa die storm oorleef, maar hy twyfel sterk daaroor. Niemand kan Mars oorleef sonder ʼn veiligheidspak nie.
“Ek is oortuig daarvan dat ek die blikke sal vind. Ek doen dit vir jou pa,” praat Darius met homself.
Darius by die gevaarlike diep afgrond
Darius ry met die boothuis oor die gladde en rowwe terreine. Hy ry verby gestolde vulkaniese korse en krake, verby water valleie, buike en kraak klipkrappe op die oppervlakte plat. Hy draai die handvatsel wat die vensters effens laat oplig. Hy dra reeds sy ruimte kopstuk vir veiligheid. Grou sy drabare teleskoop uit sy kantsakkie en druk dit by die opening van die kopstuk vas. Hy kyk deur die teleskoop of hy enige stofstorms van ver af kan sien. Geen windbuie is in sig nie. Dis sy gelukkige dag om buite die boot te kan rond loop.
Hy klim stadig uit en kyk versigtig om hom rond. Nêrens is klipkrappe sigbaar nie. Hy sorg dat die gediertes nie in sy uitrusting klim nie. Die krappe kruip onder mens se vel in, lê eiers en vreet jou organe op. Ná die krappe jou van binne af opvreet, lyk mens na ʼn hol seekat en al wat oorbly is die skelet. Dis wat met sy vriendin, Doris Kors, gebeur het maande gelede. Hy wil nie die klipkrappe se maaltyd word nie.
Die son is nader aan Mars en die grade is hoër. Dis somer en dit gaan een lang lekker seisoen wees. Hy hou niks van die wintermaande nie. Die grade raak laag en kan minus 120 grade raak. Hy ken mense wat al verkluim het binnenshuis en wat nou die boothuise verkies, dis geriefliker en warmer. In die somer is die grade hoër as 20 grade Celsius. Oor twee maande eindig die somer.
Darius is by die Marsi Vallas Marineris – die gevaarlikste skeur op die Marsgrond wat sowat 15 000 kilometer diep is. Hy waag dit nie om in die aande hier rond te ry nie. Sy boot sal vassit en hy sal sterf. Hy speel nie met die yskappe, berge en ravyne nie, want dis gevaarlik. Sy oorlewingsinstinkte is al wat hom help in die regte rigting stuur. “Mars staan bekend as die vurige planeet,” het sy pa altyd vir hom gesê.
Vallas Marineris is die grootste ravyn op Mars wat die Grand Kors na ʼn vulletjie lyk en is omtrent 5 000 kilometer lank. Onder die klowe is vloeibare water, selfs op die oppervlak ook. Hy stap na ʼn vallei toe waar hy sy metaalbottel vol water maak. Hy deins effens agtertoe toe twee groterige spierwit krewe uit hulle grotgange kruip. Hy gryp die een uit die water en druk die kreef in sy kantsakkie. Dis lanklaas wat hy kreef geëet het. Die kreatuur skarrel in die sakkie rond, maar gee later moed op en lê stil binne.
Darius spring aan die werk. Hy haal sy werksak uit en dra dit op sy rug rond. Loop vir ure rond opsoek na enigiets wat na metaal lyk. Selfs asteroïdes wat hy kan vind, smelt en meer huisbote mee kan bou. Enigiets wat hy kan vind is belangrik vir hom.
Fobos sak in die ooste en Darius voorberei sy oppervlakarea. Hy pak rotse in ʼn sirkel meters ver van die huisboot af. Kap en skuur twee klippe teenmekaar, vonke spat en pak dit in die middel toe die klippe vlam vat. Die vuur kan vir ure brand en warm hom meer op. Hy vryf sy koue hande teenmekaar en gaan sit langs die vuur.
Darius lig sy kop en kyk na die buitenste ruimte. Fobos en Deimos is die mane van Mars. Albei die klein Mane het onreëlmatige vorms en is eintlik asteroïdes. Mars hou die twee Mane gevange in die wentelbaan en is soortgelyk aan Eureka en is Trojaanse asteroïdes. Fobos is ʼn groter maan as Deimos wat sowat 21 kilometer in deursneë is, terwyl Deimos net 12 kilometer in deursneë is. Al die inligting kon hy leer in die aardbewoners se ensiklopedie wat hy by sy Oupa, Johan Drek, gekry het.
Darius kyk op sy polshorlosie. Op sy horlosie dui dit die rigting aan waar hy nou is, noord van Mars. Die konstrukteurskonsep is een van sy beste skeppings. Dis sy kompas om nie in windstorms nie te verdwaal nie.
Geen kalenders het die kolonie op Mars nie. Al wat hulle weet is dat Marsjaar 1,8809 Aardjare het, of 1 jaar, 320 dae en 18,2 ure het. In sy ensiklopedie is ons jare bietjie langer as ʼn Aarddag: 2 uur, 39 minute en 5, 2 sekondes. Die son se afstand van Mars is 230 miljoen kilometer en die wentelperiode is 678 aanddae. Hy wonder of hy Moeder Aarde eendag sal sien.
Hy woon nie in die suidelike poolstreek Planum Australe nie. Dis gevaarliker as gevolg van die Polêre yskappe wat reusagtige is wat omring is van hoë bulte, vulkaniese grotingange waar stollingsgesteentes vorm en krater- en kloofmure. Die noorde bly die veiligste keuse.
Later pak hy meer klippe in die sirkel. Hy berei die kreef voor. Tussen die witvleis druk hy grasuie en sampioene in. Krewe smaak anders as krappe. Krewe proe meer na vis en krappe proe na organiese vet. Krewe is moeiliker om te vang omdat hulle in grotgange wegkruip. Krappe vang makliker omdat hulle orals rondloop op die terrein. Sy oorskiet krappote werk goed vir aas.
Darius smul aan die witvleis en die groente saam smaak beter. Hy asem die reuke en geure van sy braaikreef in. Sy maag grom minder, hy gaap en gooi die vuur met sand toe.
Hy loop na die boothuis toe, klim binne-in. Hy kry die idee om die metaalkis onder die enkelbed uit te trek, haal seekatvelle uit en plak dit teen die bootstruktuur vas. Die velle werk nes gom, dit warm die boot binne-in op. Hy bewe minder, die grade styg met vyf grade hoër.
Gou ruim Darius sy deurmekaar tydelike tuiste op. Haal sy kopstuk af en bêre dit op die bedkassie. Hy skep asem, vryf sy deurmekaar bruin hare plat. Trek sy jas aan en gaan lê rustig op die bed. Toe sy kop die kussing raak, raak hy dadelik aan die slaap.
Darius skrik wakker toe die flou son op die venster skyn op sy gesig. Hy doen die nodige oggendroetine in die badkamer: was sy gesig, onder sy arms, borsel sy tande met die minerale water. Hy sit sy kopstuk op, verlaat die boothuis en kyk vir veiligheidsredes om hom rond. Gelukkig is daar geen teken van gevaar nie.
Hy loop meters ver om te soek na die blikkoppe. Geen tekens van buiteaardse tegnologie wat hom opgewonde maak nie. “Ek sal moet verder ry om te gaan soek. Hier is net rooi sand, kraters en buike.”
Wat Darius nie sal gee om Benton weer te sien nie. Hy verlang na sy pa se wilde stories oor wat in sy lewe gebeur het. Hoe die mens op Mars beland het. Hoe hulle ontwikkel het om ʼn kolonie te word. Dit was ʼn moeilike begin, maar die sukses smaak soos kreefbraai. Om in sy wêreld te leef is ingewikkeld. Hulle is grotmense op die planeet.
Uit die bloute tref ʼn stofstorm hom. Hy hardloop vinnig terug boot toe, klim binne-in en ry om by sy volgende bestemming te kom. Die windbui het hom soos ʼn skelm bekruip en verras.
Dis wat gebeur as hy onverantwoordelik is. Hy verloor gou sy fokus omdat hy heeltyd op en wakker moet wees vir skepsels. Sover is hy gelukkig om met min van die skepsels in kennis te kom. Hy sal versigtiger wees volgende keer.
Darius wonder oor die Seespinnekoppe. Hy sal graag een wil vang en wil hou vir sy besigheid. Hy gebruik die pote om mee te skryf op klippe. Die vloeistof binne sy ronde lyf word vir ink gebruik wat hy meng met rooigrond. Die insekte is skaars deesdae. Hy wonder wat is aan die broei.
Seespinnekoppe by die streek
Twee weke gaan verby en Darius maak homself tuis by die Spinnekop-streek. Hy parkeer sy boothuis naby die grothuise waar die tweede deel van die kolonie woon. Volg die paadjie wat lei na die supermark waar sy sampioene en ander uitvindsels verkoop word. Binne die grofgeboude kliphuis groet hy vriendelik die mense, ontmoet nuwe eienaars en stalletjies. Hy kies en keur wat hy wil omruil vir sy behoeftes. Min goedere om van te kies, maar alles is waardevol vir hom.
Ná sy inkopies gaan sit Darius by die Seekosse Restaurant. Hy bestel seekat met ʼn grasuie sous daarby. Die vrou by die toonbank bring sy gratis minerale drankie. Hy drink rustig toe sy Darius se kos op ʼn klipvormrige bord bring. Ná die ete betaal hy die fooi met kreefpote en verlaat die plek om ander besigheid te gaan afhandel.
Darius klap spelend sy vuis op Marnus Steen se linkerarm. Marnus draai om en is oorweldig bly om Darius te sien. Die twee groet mekaar met ʼn stewige handdruk. Op Mars leer die mense maniere, afsydigheid is ongeskik. Niemand is jaloers op mekaar nie, want niks kan hulle venynig maak nie. Ons is kop in een ruimte kopstuk en een kolonie en een familie. Dis hoe dit hoort op ʼn vurige planeet wat jou elke dag sy onbekende leer ken.
Marnus lyk oorstelp met Darius se besoek. “Darius! My ou vriend! In watse grot kruip jy weg, hu?” sê hy glimlaggend.
Darius se wange bloos skuldig. “Ek hou myself besig, Marnus. Die boothuise neem al my tyd in beslag. Ek wil oorskakel na iets anders.”
Marnus frons. “Waarmee nogal?”
Mense loop heen en weer na verskillende stalletjies toe om goed te ruil. Kinders lag en gesels oor allerhande dinge. Volwassenes speel vreedsaam Kumba. Dis ʼn bordspeletjie wat jy speel met wit en swart klippe op. Hoe meer swart- of witklippe op die bord, hoe beter. Sover wen die man met die meeste swartklippe op sy bord. Nie sy soort spel nie, dankie.
Darius sug hardop. “Blikkoppe my vriend. Eintlik wil ek ook my pa gaan opspoor.” Wat hy sê klink ontmoontlik en Marnus se verskrikte uitdrukking bewys dit. Kan Marnus nie insien hoe graag hy Benton wil terug hê nie?
“Jy speel met vuur.”
“Ek speel gereeld met vuur. Wat is die verskil?”
“Om jou pa te wil gaan opspoor. Vir hoe lank soek jy al an hom?”
“Vir langer as agtien jaar,” bevestig Darius. “Ek wil hom gaan soek. Kant en klaar. Ek glo hy lewe nog en ek kan dit aanvoel.”
Marnus prop ʼn sampioen in sy mond. “Jy is van lotjie getik,” sê hy met ʼn mond vol kos.
Darius begin te lag. “As ek mal is, dan is jy ook mal.”
Marnus skud sy kop. “Dis nie ek wat in die woestyn wil rondrits nie. Jy wil jou pa gaan soek op gevaarliker plekke. In die suidpool moet jy van af wegbly,” klink hy eerlik en vou sy arms voor sy bors. “Ek sal dit sterk oorweeg jy neem iemand gekwalifiseerd saam.”
Darius lig nuuskierig een wenkbrou. “Jy speel nou met my. Wie sal ek wil saamneem?” Hy wil eerder die taak alleen afhandel en niemand saamvat nie. “My pa kan op enige plek wegkruip. Dalk is hy nog hier in die noorde. Wie weet?” voeg hy gou by.
Marnus verander die onderwerp. “Ek ken van die blikkoppe storie. Dis ook te gevaarlik. Is dit waarom ek jou vandag in die winkel sien?”
Darius knik om te bevestig. “Jy is heeltemal korrek daarmee.”
“Ons leef nie op Moeder Aarde nie, Darius,” gaan hy voort. “Mars is vurig en niemand verlaat sommer hulle grothuise nie.”
“Ek sal die reis kan hanteer. Ek het dit al voorheen alleen gedoen,” lig Darius hom in.
Marnus maak ʼn voorstel. “Kom oornag by ons. Ek het jou lanklaas gesien.”
Darius dink eers wat hy gaan terug antwoord. “Gaan jou vrou en kinders nie omgee as ek hulle kuiergas is nie?”
Marnus skud sy kop. “Maryna sal jou graag wil sien. Jy is baie skaars. Die kinders is al groot. Gerty is agt en Banjo is tien. Hulle sal bly wees om ʼn kuiergas te bedien,” praat hy die waarheid.
Darius knik dankbaar en glimlag. “Nou maar goed. Ek is moeg geslaap in die boot. Ek dink ʼn goeie nagrus sal my goed doen,” stem hy eindelik in. Hy ken Marnus baie goed, vat nooit nee vir ʼn antwoord nie. Hy is een vriend wat hy op kan staatmaak.
“Skakel daai besige verstand van jou af. Vergeet nou eers van die wilde reis. In die arena is daar ʼn swaardgeveg.” Marnus klink opgewonde oor die geveg. Hy aan die anderkant vermy sulke lawwigheid.
“Waarom wil jy na sulke speletjies kyk?” wil Darius glimlaggend weet. Hy grou iets uit sy kantsakkie en gee Marnus ʼn sakkie krappote. Marnus is bly oor die geskend en bedank hom daarvoor. Met krappote kan hy baie goedere ruil of selfs iets by die restaurant bestel.
Marnus gee hom ʼn spelende klap op sy linkerskouer. “Dankie vriend. Jou hulp word altyd waardeer.”
Darius knik weer eens sy kop. “Plesier. Kom laat ons gaan kyk na daai twak!” stel hy voor, al wil hy weier, sal dit glad nie help nie.
Die swaardgevegte is een van die grootste spele in die arena. Niemand in die streekkolonies mis die geveg vir enigiets nie. Hy kan nie insien wat die rede is vir sulke gevegte nie. Waarom wil mens na sulke nonsens kyk?
Marnus en Darius stap in die lang gang af ondergronds om by die arena te kom. Daar betaal hulle kreeffooie om binne die arena te gaan. Elkeen van hulle gaan sit in die derde ry van voor op staalstoele wat sagte seekatvel pofkussings ophet. Wag geduldig vir die spel om te begin.
Darius roep ʼn kelner nader wat rondloop met grasuiedrankies in een metaalkis. Hy wuif hom nader, vat twee en betaal met ʼn dolk daarvoor. Hy gee een vir Marnus om hom te bedank vir die oorslaap. Elkeen drink rustig aan die drankie.
“Wanneer begin die bakleiery nou?” Raak Darius ongeduldig.
“Binnekort. Hoekom so haastig? Niks jaag jou rond nie.”
Darius skud ingedagte sy kop. Die hele storie is vir hom onbelangrik. Hy stel belang om die reis voort te sit en sy pa en blikkoppe te gaan soek, verdomp. Nou sit hy hier in ʼn sirkel en wag vir twee mans om swaardgevegte te hou. Dis malligheid vir hom.
Toe Tiaan Loo die gehoor toespreek. “Welkom kolonie!” Sy stem is grof, duidelik en hard. “Dankie vir almal wat die geveg moontlik maak met julle bydraes. Laat die skermkuns begin!”
Hy verlaat die ring en gaan sit op sy metaaltroon wat lyk na vreemde rotsformasies.
Twee mans kom te voorskyn met kaal bolywe in die ring. Hulle dra bruin broeke en sandale wat die taak makliker maak om in te baklei. Minder klere, meer beweging. Elkeen word ʼn swaard gegee om mee te begin. Die kaalkopman wat aan die linkerkant staan lyk frisgebou met breë skouers en sterk groot manshande. Die man wat aan die regterkant staan lyk skraler, maar gee ʼn vreeslose gesiguitdrukking. Nou gaan die sand spat.
Ingenome sit Darius regop en hou die mans stiptelik dop. Hy was nog nooit by een van die byeenkomste nie. Lyk nie te sleg op die oog nie. Sy oordeel is af en toe verkeerd oor sekere dinge, erken hy aan homself.
Die kaalkopman lig sy swaard op, die ander een volg dieselfde wyse. Vonke spat soos wat die swaarde teenmekaar raak. Die skraler man met die poniestert in sy nek kap die kaalkopman se swaard uit sy hande. Hy lig sy hande in trots op, want hy wen die eerste rondte. Ná al drie rondtes verby is, is die skraler man die wenner van die geveg. Hy ontvang die kis met goedere in. Almal verlaat die arena terug na hulle stalletjies toe.
“Dit was nie sleg nie,” erken Darius.
Marnus stamp spelend sy skouer en lag. “Nou toe nou, Darius. Niemand het gebloei in die ring nie. Dis net vir pret, man.”
Darius stem saam met sy antwoord. “Ek sal weer eendag kom kyk,” belowe hy. “Nou wil ek rus en voorberei vir die reis wat voorlê.”
Marnus neem Darius na sy grothuis toe. Daar ontmoet hy Maryna en die kinders, Banjo en Gerty. Die kinders speel vrolik laggerig met ʼn bal, terwyl Maryna sy kamer voorberei. Nog een van sy uitvindsels wat selfs kinders besig hou. Hy vryf sy hand oor Banjo se swart krulkoppie wat hom vriendelik aankyk. Gerty is die seun met die koperkleurige oë, langerige donkerbruinhare wat daarvan hou om stories te vertel. Hy hou van die gasvriendelike gesin.
Darius stap binne die kamer. Sy oë dwaal oor die netjiese skoon plek. Hy kan gerus iemand aanstel om hom te help skoonmaak. Hy is slim met gereedskap, maar nie met opruiming nie. Sy besit inderdaad ʼn organiseer talent wat sy wegsteek.
“Miskien moet jy vir my kom werk, Maryna. My plek lyk of ʼn stofstorm dit getref het,” grinnik-lag hy. Darius staan in die deur met arms gevou en hou haar dop.
Maryna lig haar kop en ʼn glimlag prikkel om haar mondhoeke. “Met twee kinders in die huis sal ek nie jou aanbod kan aanvaar nie. Dankie in elk geval hoor.”
Hy kyk af na die rooigrond tussen die klipvloere. “Ek verstaan ja. Kort julle enige herstelwerk tuis? Julle klipvloere lyk stewig.”
Maryna skud haar kop. “Jou idees werk puik. Alles word instandgehou jong.” Maryna is nie ʼn prater nie, sy is ʼn introvert en hou haarself eenkant.
Die sement ontdekking was een van baie suksesse. Hy gooi rooigrond in ʼn metaalbak, dan minerale, sout en krappote wat hy stukkend druk. Laaste yswater wat al die bestanddele in sement verander. Vinnig smeer hy die sement in die openings van die klipvorms en dit werk perfek. Dieselfde taktiek was gebruik vir die boothuis.
“Dankie vir al jou moeite, Maryna. Ek gaan myself net was en dan slaap.”
Maryna knik. “Dis nie moeite nie. Als wat ek aanpak is met liefde,” sê sy en verlaat Darius om alleentyd te hê.
In die oggendure skrik Darius wakker toe hy ʼn geskarrel buite hoor. Hy trek sy klere aan, sit sy kopstuk op en kry sy teleskoop reg. Hy trek die massiewe rotse weg en gaan stel ondersoek in. Iets kruip op die sand rond. Hy skakel sy nagvisie af – dis steeds stikdonker buite. Wat gaan buitekant aan?
Toe iets groots op sy bobeen spring en hom byt. Hy skree in pyn, haal sy dolk uit en wond die kreatuur totdat dit afspring en weghol. Hy kan nie glo wat hy sien nie! Sowat dertig seespinnekoppe skarrel rond en tien beweeg in sy rigting om hom aan te val. Iets voel nie vir hom pluis nou nie. Wat is aan die gebeur?
Hy kry ʼn briljante voorstelling. Hy tel twee klippe op, skuur dit totdat ʼn vonkie spat en sit dit op die grond voor die opening neer en die vuur beskerm hom. Toe hou hy sy been vas waar hy gebyt was. Waar kom die skepsels vandaan?
Die spinnekoppe woon eintlik tussen die kruis van Noordpool en Suidpool. Dis ontmoontlik vir die spinnekoppe om hier ʼn tuiste te skep. Die Suidpool is warmer as die Noordpool en dis waarvan die spinnekoppe hou. Die warm weeromstandighede hou die skepsels hier weg.
“Marnus! Maryna! Help my seblief! Spinnekoppe buite!” Klink hy verbouereerd en trippel binnekant die huis en stoot met alle bewegings die rots voor die opening toe. As spinnekoppe dit waag om binne te kom, sal elkeen sterf van een byt, veral die kinders. Hy wil niemand sien sterf as gevolg van sy nataligheid nie.
Binne minutus is Marnus by hom en help hom na die kombuis toe. Darius sit-lê skuins op die stoel, sy maag draai en naarheid stoot in sy keel op. Marnus versteure Maryna se slaap en skree sy moet die medisynekis uithaal. Hy sal vinnig hulp moet kry voordat hy duiselig raak en slaap.
Darius sien Maryna vaagweg in die kombuis te voorskyn kom. Sy sig raak waserig, sy arms raak slap en sy brein is suf. Hy gaan sterf, weet hy. Dis sy laaste dae op Mars.
Darius probeer te praat, maar sy wangspiere trek skeef. Sy hele gesig is verlam. Dis die eerste keer wat ʼn spinnekop hom aanval en byt. Hy wonder wat gaan in die Suidpool aan, hy sal gaan ondersoek instel. Hy sal vir tydelik die wetenskaplike word wat Benton sy beroep wou maak.
Sy pa se stem klink helder in sy gedagtes. “Hoekom wil jy ʼn konstrukteur word, seun?” wou sy pa altyd weet, dan sak Darius se skouers oor sy pa se vraag.
“Dis my passie, pa. Om ʼn wetenskaplike te word, is nie my beroep nie.”
Benton frons. “Hoekom wil jy nie in die laboratorium werk nie?” Gaan sy pa voort met die onnodige vrae dat Darius sy oë in die rondte rol.
“Ek stel nie belang om virusse en bakterieë te toets nie. Om met my hande prakties te werk is my ambisie,” lig hy sy pa finaal in.
“Jy gaan eendag spyt wees oor jou keuse.” Sy pa is ʼn moeilike mens om mee huis te hou. Hy skud sy kop oor daai aanmerking, wetend sy besluit is beter.
Maryna wurg sy kakebeen oop en drup twintig druppels vloeistof op sy tong. Sy maak sy kakebeen weer toe en die smake van grasuie, mineraalsoute en water gly af sy keel. Darius se liggaam is lam en hy val van die stoel af en alles raak swart om hom. Hy luister na die haastige voetstappe en lawaaierige hardpratery van mense. Verder weet hy niks wat om hom aangaan nie.
Ná die stadige herstel van die giftige byt kan Darius weer regop staan. Sy immuunstelsel het honderde persent verbeter na die behandeling. Maryna se medisyne het hom dae en nagte van sweet- en angsaanvalle versorg. Marnus was bekommerd oor sy bobeen letsel wat gesukkel het om te herstel. Die letsel wat op sy bobeen wys – die twee swart kolletjies is opmerklik. Dit was ʼn aaklige ondervinding gewees.
Darius pak alle nodige behoeftes in die reissakke. Drie dolke, sakkies krappote, medisyne wat Maryna gegee het, kos, materiaal, ʼn metaalagtige spieël en sy swaard. Sy kantsakkie is ook vol nodighede, meeste met dieselfde goedere daarin. Hy is gereed vir enige aksie.
Hy gaan sit by die voetenent van die bed en skep asem. Trek dan sy stewels aan, Mars-pak, handskoene en kry sy ruimte kopstuk reg. Hy is gesond om weer sy reis voort te sit. Hy staan op, trap skeef op sy regterbobeen, “Eina blikskottel!”, kners op sy tande toe ʼn steekpyn opskiet na sy heup.
“Niemand gaan in my pad staan om my doel te bereik nie,” uiter hy sag sodat die ander hom nie kan hoor nie.
“Wat mompel jy so, vriend?” Toe Darius omdraai en in Marnus se bekommerde gesig vaskyk. Hy staan die deur vol met hande op sy heupe. ʼn Frons verskyn tussen Marnus se wenkbroue.
“Niks ernstigs nie,” sê hy kortaf en gooi die rugsakbande om elke skouer. “My maag is vol van ontbyt. Ek gaan terug boot toe, pel.”
Marnus druk sy hande weerskante van die deuropenings, keer Darius om die kamer te verlaat. “Jy wil al weer gaan reis. Jy is besig om te herstel. Wag nog paar dae voordat jy wil weggaan,” pleit hy, maar dit val op dooie ore.
Darius wurm hom deur die openings, stap haastig kombuis toe. Hy stop en kyk in bekende grysblou oë vas. Hy herken die gryskop man wat hom stiptelik dophou. Miskien kom kuier hy vir Marnus-hulle of ruilhandel iets wat noodsaaklik is. Dis die man wat sy sampioene verkoop in die supermark.
“Bertus Berg?” klink hy verbaas.
Bertus knik een keer. “Die einste ek ja. Hoe voel jou bobeen, seun? Watse soort spinnekop het jou gebyt?” sê-vra Bertus uit belangstelling. Hy drink sy water klaar en loop sywaarts om die tafel na Darius toe.
“Dit was nie ʼn woestynspinnekop nie. Die een was ʼn seespinnekop, oom. Kom van die suide af.” Hy probeer die spinnekop se kleur te onthou. “Ek dink die skepsel was wit met swart kolle op, dis die mannetjie, die wyfies het swart strepe op.”
Bertus gorrel sy keel en sluk voordat hy iets uiter. “Dis die gevaarlikste spesie as al die ander. Jy lyk steeds bleek om die kiewe. Seker jy wil gaan rondtoer in die woestyn?”
Darius frons. Hoe weet Bertus van sy reisplanne af? Toe Marnus inkom en vir hom water uit ʼn metaalbeker in ʼn glas gooi en drink. Marnus is die skuldige, glo Darius. Die reis is sy geheim wat hy alleenlik wil aanpak.
Darius loer na die rugsakke wat by die tafelpote lê. Dit kan net een ding beteken, iets wat hy glad nie soek nie. Watse agterbaksheid broei iewers in die donker agter sy rug?
“Wat is hier aan die gang ouens?” wil Darius ontsteld weet en vou ingedagte sy arms voor sy bors.
Marnus se wenkbroue albei lig. “Bertus Berg gaan saam met jou,” lig hy hom rustig in en eet die mengelslaai klaar. Die slaai bestaan uit sampioene, grasuie, krapvleis en groenrissies. Dit was Darius se ontbyt wat Maryna vroeër voorberei het. Hy wonder waar sy en die kinders is.
“Waar is die res van die huisgesin?” verander Darius die onderwerp.
“By die supermark. Maryna en die seuns werk daar by die stalletjies. Sy verkoop haar medisyne en seekatkussings.”
“Hulle hou omtrent hulself besig daar,” probeer hy vriendelik te klink.
Bertus Berg sit sy hand simpatiek op Darius se skouer. “Ek is ʼn professionele reisiger wat Mars goed ken. Ek is bewus daarvan jy ken Mars min. Ek sal jou ondersteun en jou helpende hand wees vir die volgende sewe dae.” Maak hy sy voorstellings en Darius knik om sy aanbod te aanvaar.
“Sewe dae is genoeg. Jy weet seker wat my planne is?” vra Darius en leun teen die metaalstoel.
Bertus weer eens knik. “Jy wil jou pa en blikkoppe gaan soek. Daarmee is ek bekwaam om mee te help.”
“My plan het onlangs bietjie verander. Ek wil weet hoekom die seespinnekoppe in die noorde is.”
“Hoekom dink jy is die sesspinnekoppe in die noorde?” Vra Bertus uit belangstelling.
“Dis wat ek wil uitvind, oom.”
Marnus eet lekker aan die slaai en glimlag vir Darius. Darius sal Bertus se insig oor Mars heel interessant vind. Hulle twee maak ʼn goeie span. Laat die avontuur begin. “Sterkte ouens,” sê Marnus met ʼn mond vol kos.
Sewe dae en sewe nagte
Die weer op Mars is warmer te danke aan die son, behalwe vir die stowwerige vuilwitte lug en rooiwitte wolke. Enigiets kan skeefloop buitekant: gevaar van brande, meteoriete en sonstorms wat hul taak kan belemmer. Darius loer uit die kajuitvenster na buite. Groewe en lyne is sigbaar wat met sy kop smokkel, dit lyk na metaalpype op die terrein wat met sand bedek is. Dis alles net ʼn optiese illusie, ʼn fantasie.
Darius kyk binne die boot rond. Bertus is nie binnekant nie, dit beteken hy loop buitekant rond. Darius trek sy Mars-pak aan en stel ondersoek buite. Waar kan Bertus rondloop?
Hy stap na die bergtoppies waar lig en donker dele op rotsformasies wys. Teen een van die stroke stroom water uit die openings. Nuuskierig haal hy sy bottel uit en tap daarvan in. Vir vyf sekondes lig hy sy kopstuk op en proe van die water. Hy spoeg dit uit dat ʼn donkerkol op die rooigrond naby sy stewels vorm. Die smake in sy mond kry hy nie afgesluk nie. Watse slegte water stroom uit die rotsstroke?
Bertus druk Darius se kopstuk vinnig af en kyk hom bekommerd aan. “Jy kan nie jou kopstuk oplig nie! Wil jy versmoor, Darius?” Klink hy kwaai en Darius glimlag vir die man wat besorg is oor hom.
“Ek ken die reëls en regulasies buite. Ek het dit voorheen al gedoen. Dit was net vir ʼn paar sekondes, oom,” lig hy hom in.
Bertus kyk af na die kol op die rooigrond. “En dit?”
“Dis vloeibare water wat uit die stroke vloei. Ek wou daarvan hou en drink. Dis sleg toe spoeg ek dit weer uit.” Hy gril elke keer as die bittersmaak steeds in sy kiewe kriewel.
Bertus wys met sy oë na die bottel, hy gee dit vir hom. Bertus gooi van die water op sy handskoen, ondersoek elke wit deeltjie daarin. Hy gooi die water weg, maar hou die bottel in sy regterhand vas.
“Dis soutwater jongman. Dit staan bekend as basalt. Die wit deeltjies in die water is sout, nie kalk nie. Dis veilig om te drink, maar smaak bitter. Die soutwater vloei twee kere per jaar by die strook. Dis hoekom die strook so donker lyk. Verstaan jy my kennis?”
Darius knik een maal sy kop.
Marnus was reg om ʼn gekwalifiseerde man aan te stel vir die toer. Bertus ken meer van Mars as wat selfs in die ensiklopedie staan. Darius ken nie van soutwater nie, dis die eerste keer wat hy dit ontdek. Hy is bly Bertus is saam met hom, hy word allerhande nuwe dinge geleer.
Darius kyk Bertus ingedagte agterdogtig aan. “Dankie meneer Berg,” terg hy laggerig, weer normaal. “Waar was jy nogal?”
“Ek het die emmertoilet gebruik. Gelukkig kon ek betyds klaar kry voordat ʼn woestynhaas my byt.”
“Gelukkig het jy betyds weggekom.” Sy maag grom van hongerte.
Bertus antwoord nie terug nie.
Die vuur in die klipsirkel lyk na dansende lig oranje vlamme. Darius vryf sy koue hande warm teenmekaar terwyl Bertus die braai voorberei. Die mengelslaai is klaar om saam met die braaivleis te eet. Dit gaan een groot feesmaal wees.
Bertus pak die metaalrooster op die vuur wat op pote staan. Die vis word gedurigdeur omgedraai en met grasuiestokkies gevryf. Ná die braai smul hulle twee aan die kos en drink hulle waterdrankies klaar. Sover was die aandete heel aangenaam.
Darius begin met die vrae oor die kos. “Watse witvleis het ek geëet? Dit proe anders as kreef en krap.”
“Dis poolstreek vis, nie gewone witvleis nie. Seevis smaak meer souterig en die poolstreekvis rokerig.”
Darius raak nuuskierig om te leer oor die poolstreekvis. Hy ken van seevisse en stel nie belang daarin nie. Wetend poolstreekvisse en krewe is nie dieselfde spesies nie. Mars se dieresoorte en visspesies verskil breed van die Aarde sin.
“Vertel my meer oor jou toere seblief,” smeek hy vir meer stories.
“My kennis oor die suide sal jou verstom. Ek het al verskillende insekte, slange, molle en visse daar gesien. Die een visspesies in die yskappe het my verstom. Ek was besig om seekatte te vang vir die mark, toe die kreatuur aangeswem kom. Die vis spring uit en loop op die sand rond. Dit het ʼn langerige stertvin, breë vinpote, skerptande en heldergeel oë.” Beskryf Bertus een van sy vele reise en Darius kyk verstom na hom.
Darius wonder wat Bertus verder gaan vertel. “En wat gebeur toe, oom?”
“Ek los die seekatte en gryp die snaakse vis. Toe steek die stertvin my op die linkerhand.” Hy haal sy handskoen af en wys die letsels daarop en trek die handskoen weer aan. “Ek was in ʼn koma vir vier dae voordat ek wakker skrik op dieselfde plek,” voeg hy by.
“Alles klink fantasties vreemd,” stem hy in.
Darius se mond hang oop oor al die inligting wat hy ontvang. Al die vreemde dinge wat Bertus hom vertel steek in sy brein vas. Hy hoop hy kry ook sulke geleenthede in die suide. Hy sal altyd vir Bertus saam met hom neem op reise.
Darius se maag maak draaie. Hy verskoon homself en verdwyn om die volgende hoek en gooi die kos op. Hy is nie gewoond aan rookvleis nie, hy eet kreef vandat hy ʼn kleuter was. Sy maag kan nie die nuwe voedsel hanteer nie. Ná minutus keer hy terug na sy sitplek.
“Ek dink vanaand se stories is genoeg. Ons kort ons slaap en môre is ʼn nuwe dag vol uitdagings.”
Darius stem saam en sê: “Ek sal die rookvleis gewoond raak. My liggaam ken nie sulke vreemde braaiers nie.”
Bertus lag lekker. “Jy sal stertvinvis kan eet, dis witvleis.” Hoekom praat hy verder van wit vleis? Elke herinnering van die rokerige vis maak hom sieker. Jig.
“Goeienag Bertus,” groet hy en stap na die boot toe.
“Nagsê Darius. Jy sal môre minder ly van die naarheid,” verseker hy hom en vryf sy hande warm teenmekaar, want vanaand is kouer as die vorige aande. Hulle reis al nader aan die suid- en noordkruising, die kouer weer voorspel dit.
Ná die vierde dag op reis is hulle by die Amazonium – die kolonie noem dit die Amasones. Min impakkraters van meteoriet, maar die gladste terrein is naby Olympus Mons wat se berghoogte 25 kilometer is en 600 kilometer in breedte is. Darius en Bertus stap saam in die wildernis opsoek na die blikkoppe.
Darius haal sy magneettoestel uit wat van metaalstokke gemaak is. Hy bestudeer die dele van die kors wat gemagnetiseer is. Sy toestel wys in die rigting na die Noordpool. Volgens Darius is hulle naby die kruising, die gevaarliker deel op Mars. Sy pa is ongelukkig nêrens te vind nie, maar hy bly positief daaroor.
Toe Darius en Bertus ligte bewerasies onder die oppervlakte voel. Hulle staan vir sekondes stil totdat die bewerasies verby is. Darius luister na die kraak geluide onder sy voete wat slegte nuus is. Hy kyk af na die gladde sand gebied, krake is duidelik sienbaar op die grondvlak. Hy sluk senuagtige spoeg af sy keel. Hier is iets verskrikliks aan die gebeur.
Darius kyk na Bertus wat langsaan hom doodstil staan. “Ons sal versigtig moet retireer, oom. Anders gaan ons in die sinkgat val en dis honderde meters diep.”
Bertus gehoorsaam hom gedwee en volg sy aanbevelings. Hy is eerste by die boot, maar Darius sukkel met elke tree wat hy gee, die krake op die kors raak meer. Vinnig draai hy om en hardloop in Bertus se rigting en sak langs hom neer op die grond. Dankie tog hulle is veilig aan die anderkant.
Bertus en Darius staan versigtig regop en skep asem. Hulle sien die korse breek, dele daarvan val in die sinkgat in. Die opening bo is sowat sewe meters breed. Dis een gebeurtenis wat hulle nie geweet het sal plaasvind nie.
Bertus se hand beland op Darius se skouer. “Dankie vir die betyds waarskuwing my vriend. Jy het my lewe gered. Ek skuld jou nou daarvoor.” Bertus klink regtig dankbaar en leuen sy lyf teen die boot.
Darius gaan sit op ʼn rots terwyl Bertus stof aan sy Mars-pak af vee. Hy kyk om hom rond vir veiligheidsredes, naby die kruis is die poolbreedteligging anders. Iets wat amper na ʼn see en kontinente lyk is waar besproeiingskanale vir vloeibare water is. Orals waar hy kyk is lang, donker groewe waar water ondergronds gestoor is. Hy wonder wat gaan volgende gebeur.
“Ons beter hier padgee,” stel Bertus voor.
Toe Darius iets blinkerig in die kant van sy oog raaksien. Hy wys met sy hand na die silwerige ding wat bo uitsteek. “Kyk Bertus! Daar lê iets in die grond!”
“Begin solank te grou. Ek kom jou nou help,” stel hy voor.
Darius knik sy kop. “ Ek maak so.”
Darius staan op, stap boot toe en haal sy gereedskapsak uit. Hy gooi die sak langs Bertus neer en grou iets uit die sak en gee dit vir hom. Die metaalgraaf sal vinniger werk om die ding oop te grawe. Minutus steek verby en die voorwerp is uit. Hulle kan nie glo wat hulle ontdek het nie.
“Dis een van die drie blikkoppe. Wens my pa was hier om dit te sien.” Darius tel die liggewigte blikkop op en bestudeer die voorwerp.
“Op die Aarde noem hulle dit ʼn robot,” lig Bertus hom in en kyk nuuskierig na die silwer ding wat die reis moedgewend maak.
Darius kyk na Bertus en vra: “Dink jy die robot kom van die Aarde af?”
Bertus se skouers onseker sak. “Hoe sal ek weet, Darius?”
Aan die bolyf van die robot is daar ʼn snaakse simbool op. Die simbool lyk na ʼn sirkel met ʼn klein pyl wat na buite wys. Die sirkel is rooi en die pyl swart. Wat beteken die simbool?
“Jy is slimmer as ek Bertus. Watse bekentenis is op die masjien?” wil hy nuuskierig weet.
Bertus kom stel nader ondersoek in oor die simbool. “Ek is net ouer en wyser as jy, beslis nie slimmer nie,” lag hy. “Dis die teken van Mars. Elke planeet het ʼn ander simbool.”
“Dankie vir die inligting,” sê hy.
Fobos is duidelik sigbaar in die ruimte. Asteroïdes blink die donkerte op en die aardbewoners vergelyk dit met sterre. Die ruimte lyk helder sonder die vuil rooierige lug en stormwolke. In die aande lyk Mars beter as deur die dag. Meeste van die gediertes slaap, maar kruip vroegoggend uit hulle grotingange. Dis stil buite en veilig.
Bertus sit naby die vuur terwyl Darius die robot bestudeer. Hy is nie ʼn wetenskaplike hoe om robotte te bestudeer nie. Hy is ʼn doodgewone konstrukteur wat uitvindsels skep om mee te handeldryf. Hy twyfel sterk of hy die ander twee blikkoppe sal vind.
“Waar het jy die stertvinvis gevind?” Hy lig sy kop en kyk na Bertus wat peusel aan die kos.
“Ek gebruik kreefpote vir aas en gooi dit in sy grot in die yskappe. Sodra die vis uitseil gryp ek dit en gooi dit in my net,” verduidelik hy in trots oor sy vangs en drink sy grasuie drankie klaar.
“My maag is stil na die ete. Ek hou meer van die witvleis. Ek sal nooit weer rookvleis eet nie.” Kom dit eerlik uit en druk nuuskierig op die silwer knoppies.
Bertus lag lekker. “Jy is net nie gewoond daaraan nie. Ek dink die kolonie sal mal wees oor rookvleis. Dis iets nuuts, maar duur om mee handel te dryf.”
“Hoeveel dink jy sal een porsie verkoop in ʼn restaurant?” Hy sit die robot langs hom neer maar ver weg van die vuur af.
“Drie sakke krappote of selfs metaalgereedskap.” Bertus klink byna reg oor die rook-vis en die ruilhandel daarvoor.
“Ek is dankbaar oor die robot,” verander hy die onderwerp. “Ek stel nie nou belang om die ander twee te vind nie. Ek wil wel my pa opspoor. Waar dink jy kan hy wegkruip?”
Hy druk ʼn stuk witvleis in sy mond. “Ek sal nie weet nie, Darius,” mompel hy met ʼn mond vol kos.
Darius druk verder knoppies op die robot en silwerbakkies skuif uit. Hy haal die bakkies uit, lig die deksels op en loer wat binne-in is. Deursigtige sakkies met saad is daarin. Dit kan dieselfde saad wees wat mens kan plant in die grond.
“My pa was reg oor die plantegroei storie.” Hy wys die sakkies vir Bertus, maar dié stel meer belang aan sy aandete.
Bertus lig sy kop en toon belangstelling. Hy staan op van die klip, vat die sakkies by Darius en kyk ingenome daarna. “Ons kan daarmee boer en onderhandel ook.”
Iets interessants vang Darius se oog. “Wat is die knoppie langs die kant?” Sonder om te wag vir ʼn antwoord druk hy daarop en skielik skakel dit aan. Die robot beweeg rond, staan op een plek stil en skiet ʼn helderblou weerligstraal die ruimte in. Toe ontplof die robot in duisende stukke dat ʼn gat in die grond sigbaar is.
Darius en Bertus loop na waar die opening is. Darius skakel sy nagvisie aan en sien vaagweg die witterige helder poeier daarin. Hy hurk langs die gat, gooi die poeier op sy handskoen en dit lyk na kalk.
“Wat het sopas gebeur?” vra Bertus geskok.
“Ek is nie ʼn robotte kenner nie,” terg hy hom.
Op dag sewe bereik Darius en Bertus uiteindelik hulle bestemming. Darius en Bertus bibber van die koue weer. Voor hulle aangesig is die baie groot suidelike poolyskap wat in die ensiklopedie aan die onderpunt van Mars is. Nie eers hulle Mars-pakke kan hulle warm hou nie. Ongelukkig is daar geen tekens van Benton nie.
Die ysgrondmantel se breedteligging is ongeveer sestig. Hulle is naby die Elysium Planitia se see van yskristal wat 100 meters diep is. Op die terrein is minder kraters, kloofmure en lawavlaktes. Dis meer sandgrond nes op die Aarde as rooigrond wat plantegroei moontlik kan maak. Die Suidpool bied meer belowing in as die Noordpool.
Darius kyk nuuskierig om hom rond. In die vertes is berge en meer grotingange opvallend. Meer impakkraters van aansienlike groottes sienbaar, maar hier is minder of geen magneetvelde nie. Naby hulle aansig is heelwat valleie wat hulle dors kan stil. Hy glimlag oor die nagedagte van die suide.
Darius kyk na Bertus wat die noorde oorsteek. “Hoe voel die seisoen aan die anderkant,” terg hy hom laggerig.
Bertus lag. “Ek bibber al die pad, maar dis aangenaam,” sê hy en staan met sy hande op sy heupe.
“Ek kry jou aan die anderkant.” Darius klim in die boot en ry oor die kruising. Die terrein is gladder en maak dit aangenamer om oor die sand te ry.
Darius en Bertus is in die suide. Vreemd hoe twee pole soos twee verskillende kontinente kan voel. Op die ou einde woon hulle steeds op dieselfde planeet.
Darius lig sy hande trots in die lug en sê: “Ons is hier!” Hy kan aanvoel sy pa is in die suide en glo hy sal hom opspoor.
“Ons reis is ʼn sukses, Darius! Jy het dit als moontlik gemaak.” Bertus loop na die kruising en tuur uit oor die noorde. “Ek sal eerder hier wil kom huisves. Die noorde raak nou vervelig.”
Darius lag lekker. “Nooit gesien nie. Ek sal nie die noorde wil verruil nie. Jy ken die avonture hier en ek is die nuweling.”
“Ons was noordelinge, nou is ons suiderlinge,” spot hy en raak vrolik oor die feit dat hulle sewe dae suksesvol is.
Wesens in die ruimte
Die ruimtetuig in die ruimte is naby Mars se wentelbaan. Toe die sein van Mars af op Beta se tegnologiese robot-slimfoon verskyn. Sy druk knoppies op die slimfoon, vergroot die oppervlak op Mars se vlakte waar die seinboodskap vandaan kom. Die Suidpool. Die robot het die sending gestuur en dit beteken lewe op die planeet is uitvoerbaar.
Iets vang haar oog op die slimfoon. Kan dit waar wees? Iets soortgelyks aan ʼn boot sien sy raak. Dis al verduideliking hoe ʼn boot op die grondvlakte kan rondreis. Kan wesens op die planeet woon?
Beta soek die samestellings van Mars op die masjien. Alles oor Mars duik op die rekenaar-robot. Sy memoriseer alles wat belangrik is om die nuus te deel met Matus. Matus is die hoof wese van die reptiel spesie en hy beheer die tuie, ruimte en buiteaardse wesens. Sy staan op, loop die gang af, die deure skuif outomaties oop en sy stap binne die kamer. Matus tuur uit die ronde ruit na die permanente donkerte buite.
“Ja, Beta,” sê Matus. Hy is ʼn massiewe lang, skraal geboude olyfgroene reptiel, met ʼn sterk gesig, geel oë langs sy kop wat ʼn Mars-pak dra.
Sy antwoord nie dadelik terug nie, tuur na hom wat na die blink komete buite staar. “Ek bring goeie nuus vir jou Matus.”
Matus lig sy kop en hou haar stiptelik dop. “Vertel my watse nuus nogal?”
“Die robot het ʼn sending van Mars af gestuur. Ons kan op die oppervlakte land en begin met die navorsing.”
Matus se tweede ooglid gly oor sy oë. “Vertel my als oor Mars seblief. Ek sal ʼn tuig soontoe stuur om ondersoek in te stel. Beta en die twee robotte sal begin met die proses.”
Beta knik haar kop om sy voorstel te respekteer. “Mars is kleiner as die Aarde. Laer digtheid op die terrein. Rooierigheid word veroorsaak deur ysteroksied. Atmosfeer bestaan uit koolsuurgas, maar die atmosferiese druk op die oppervlakte is min. Moontlike vloeibare water op die planeet.”
Matus druk ʼn geel knop op sy arm en hy transformeer in ʼn mens. “Is dit al, Beta?” Hy staan op van die metaalstoel wat sweef in die lig. Die stoel word deur elektriese gravitasie van die vloer af in die lig gehou. “Wat is die samestelling van die planeet? Ek wil weet of plantegroei moontlik is op die terrein.”
Beta skud haar kop. “Mars bestaan uit koolstof dioksied, argon, stikstof, suurstof, koolstofmonoksied, stikstofoksied, kripton en xenon. Mars is die vierde planeet van die Aarde af. Dis waarom dit van die Aarde af rooierig lyk.”
Hy knik sy kop oor al Beta se inligting. “Dankie Beta. Al jou inligting is van groot belang. Die planeet kan intelligente lewe onderhou.” Hy glimlag opgewek vir haar oor die goeie nuus.
“Ons kan op Mars koloniseer ja. Net een probleem staar ons in die gesig. In die noorde koloniseer Marsbewoners.”
“Wat het jy waargeneem op Mars?” vra hy vinnig.
“Ek het ʼn soortvanne boot op die grondvlak gesien. Iets lyk na mens ook daarop. Wat gaan ons daaromtrent doen?” wil sy dadelik weet.
Matus sug hardop oor die slegte nuus. “Ek sal met hulle onderhandel. Gaan kry jy solank die saadpakkies reg. Ek wil besluit wat om volgende te doen.”
Sy knik weer eens. “Solank hulle nie vyandig is nie. Ons is geleer om teenstand en ʼn bakleiery te vermy.”
“Dit hang alles van hulle af. Watter wese sal teen ons opstaan? Hulle tegnologie is nie naastenby so sterk nie.”
“Kom ons hoop vir die beste, Matus. Hulle dink Mars behoort aan hulle. Elke planeet behoort aan ander spesies. Pluto behoort aan die grys buiteaardse wesens. Ons kon nie met hulle onderhandel nie. Ons moet ʼn planeet van ons eie vind.”
“Ek sal ʼn plan maak. Ek stuur die weermagtuig solank. Enigiets wat asemhaal op Mars sal op die moedertuig gevange gehou word. Ek is geïntrigeerd om uit te vind hoe enigiemand daarop kan oorleef.”
“Ek wil dit ook graag uitvind. Dis ʼn dooie planeet. Ons praat later weer wanneer enigiets belangrik opduik.”
Beta wou net omdraai om uit die kamer te loop toe Matus iets vra: “Op watter deel van Mars het jy die seinboodskap ontvang?”
Beta draai om en sê: “In die suide, naby die kruising van die noorde.”
“Goed. Ek sal jou inlig as ek enige lewe daarop vind. Jy is die wetenskaplike wat elke ding gaan moet ondersoek.”
“Dis my plig om take uit te voer. Ek is meer robot as reptiel.” Hulle sal binnekort Mars se dun atmosfeer binnegaan. Hulle wil Mars besoek en daar vestig. Sy wonder wat gaan volgende gebeur.
Die ruimtetuig
Darius tuur ʼn oomblik na die wolke. Iets vang sy oog wat tussenin die rooierige vuilwitte wolke verskyn. “Bertus!” Wys hy met sy wysvinger na die wolke. “Wat is daai swart streep?”
“Hoe sal ek weet? Ek is nie ʼn weervoorspeller nie,” terg hy hom.
“Dink jy dis donderweerwolke?” vra hy.
Bertus se skouers onseker sak. “Ek ken nie sulke donderweer nie,” erken hy.
Darius sien die donker streep tussen die wolke groter word. Toe hewige bewerasies onder hulle voete korskrake veroorsaak. Hy kyk in vrees na Bertus wat na die boot toe hardloop. Skielik krummel die gladde oppervlak onder Bertus en hy val binne-in die gat.
Darius gil en hardloop na die afloop toe waarin Bertus is. Hy raak angstig om te weet of Bertus die val oorleef het. Hy loer geskok in die gat af, gryserige stofwolke belemmer sy sig om hom te sien. Hy roep aanhoudend sy naam, maar kry geen antwoord terug nie. Hy het sy vermoede sy vriend is dood.
Die aardkors skud aanmekaar en die kruising skuif oop tussen noord- en suidpool. Darius hurk langs die afloop en sluk die trane af sy keel. Hy gaan Bertus nooit weer lewend sien nie. Hoe gaan hy die gebeurtenis aan sy familie oordra?
Die swartstreep in die wolke word duideliker. Die ovaalvormrige ruimtetuig land op die oppervlak. Die metaaldeur skuif oop en drie wesens kom uit. Hulle stap na waar Darius is en hy is onbewus van hulle reg agter hom.
Toe daar iets om sy nek sluit. Sy hande sluip om sy nek om die ding af te haal. Dit help niks nie. Snaakse elektrisiteitgolwe skok hom, sy liggaam sak op die sand neer en alles raak waserig om hom. Vreemde geluide van een of ander kreatuur se stemme is hoorbaar. Wat is aan die gang?
“Vat hom na die ruimtetuig toe,” gee Beta die opdrag. “Ek sal met hom die onderhandelinge begin. Verduidelik wat ons op Mars maak.”
Die ander twee metaalfigure luister gedwee. Hulle tel met magnetiese krag Darius op, hy sweef ʼn meter bo die oppervlak rond. Darius is onbewus wat met hom gebeur binne die tuig.
Bewakers van die ruimte
Darius ontwaak na ʼn lang slaap en kyk angstig om hom rond. Die kamer waarin hy gevangene gehou word, is spierwit met ʼn silweragtige skuifdeur. Ronde blou ligte teen die metaalmure flikker toe hy opstaan en na die deur toe loop. Die sekuriteit binne is van hoë gehalte en hy sal nie kan ontsnap nie. Waar op Mars is hy?
Hy draai om en kyk na die halfmaanagtige bed waarop hy geslaap het. Die raming van die bed is van glas gemaak met spierwit beddegoed op. Hy ken nie sulke luukshede nie.
Dit voel of hy wil versmoor binne die beknopte kamer. Binne die kamer is ʼn blinksilwer spieël wat sy voorkoms ten toon stel. Hy lyk bleek om die kiewe, sy hare lyk deurmekaar en hy dra ʼn blou Mars-pak wat sy skraal lyf wys. Hy ruk en pluk aan die uitrusting, maar dit klou soos seekatvelle aan sy lyf vas.
Hy gaan sit weer op die bed toe sy hande aan sy nek raak. Die vreemde ding sit steeds om sy nek. Met alle krag en mag probeer hy dit af te kry maar sy pogings misluk. Hy sug hardop moedeloos waar hy beland het. Hoekom is hy in die kamer ingehok?
Skielik onthou hy die voorval van Bertus. Die skudding van die terrein wat Noordpool en Suidpool van mekaar geskei het. Hy is al langer as sewe dae uit die noorde weg. Sy reis opsoek na sy pa het tot ʼn einde gekom. Sal hy ooit weet wat het van sy pa geword?
Toe die silwerdeur oopskuif en ʼn meisie in die kamer instap. Saam met haar is ʼn vreemde man met heldergeel oë. Hulle al twee lyk menslik, maar sy instinkte sê vir hom hulle is iets anders. Al twee dra ook blou Mars-pakke met die Marse simbool op hulle uitrustings. Waar kom hulle vandaan?
Darius hou al twee stiptelike dop. Die meisie met die lang blonde hare en heldergroen oë glimlag vir hom. Die man het geen emosie op sy gesig nie en staan met arms gevou eenkant. Hy is nuuskierig om te weet wie hulle is.
“Hallo, Darius Drek,” groet die meisie hom vriendelik.
Darius groet nie terug nie. “Hoekom word ek gevange gehou?” wil hy dadelik weet. Hy vertrou hulle glad nie om ʼn vriendskap aan te knoop nie. “Hoe ken jy my naam?” voeg hy gou by.
“Ek ken almal se name in jou kolonies. Dis hoe ek geprogrammeer is. Ek wil meer uitvind oor jou. Dis hoekom jy hier aangehou word.”
“O, ek sien. Hoekom dra ek sulke stywe klere?” Gaan Darius voort met die vrae terwyl die meisie iets fluister in die man se oor.
“Dis ons ruimtepakke wat ons dra en almal dra dit in die ruimtetuig. Die klere wat jy aangehad het, was besmet met bakterieë,” lig sy hom in.
“Wie is jou leier?” vra Darius. Hy wonder of sy nie ʼn robot-mens is nie. Haar oë blink nie as sy met hom praat nie.
“Matus is ons hoofleier. Ons is die bewakers van die ruimte. Ons koloniseer planete om dit weer woonbaar te maak vir ons,” verduidelik sy wat hulle op Mars maak.
“Van watter planeet kom julle vandaan?” vra hy en staan van die bed af op.
“Pluto. Dis ʼn dwergplaneet en onwoonbaar. Geen plantspesies wil daar groei nie. Ons het ʼn sein ontvang dat lewe op Mars moontlik is.”
Darius onthou die robot wat ontplof het. Die blou straal wat in die ruimte ingeskiet het. Die verkeerde knoppies wat hy gedruk het. Is alles wat nou gebeur sy skuld?
Darius dink mooi voordat hy terug antwoord. “Niks groei op die planeet nie. Ons oorleef wat ons kan vang om te eet. Ons ruilhandel wat nodig is. Ek is ʼn konstrukteur wat goed ontwerp om die lewe vir ons hier geriefliker te maak.” Hy weet als wat hy sê is nie die waarheid nie. Hy soek nie die wesens hier op Mars nie.
Die meisie lig ʼn wenkbrou omhoog. “Jy jok vir my. Waar kom daai groente in jou rugsak vandaan?”
Hy vertel haar van sy pa se stories. Die reis opsoek na sy pa wat misluk het. Hy vertel haar waar hy die robot ontdek het en van sy vriend Bertus wat dood is. Dis sy redes waarom hy in die suide is.
“Wat soek julle hier?” vra hy en kyk die twee ondersoekend aan.
Beta kyk na Matus wat begin om als te verduidelik. “Ons spesie is besig om uit te sterf. Ons wil hier koloniseer. Begin met die plantegroei toets. Noudat ons bewus is van die groente wat ons gevind het, is enigiets toelaatbaar.”
“Dis onaanvaarbaar. Ons kolonies is gewoond aan Mars. Wat will julle plant? Bome en gras wat nooit hier sal groei nie.”
“Jy ken Moeder Aarde, lyk dit my?” sê-vra Matus glimlaggend.
Darius voel hitte by sy nek opstoot. “In ensiklopedieë ja. Dié is ons planeet. Gaan soek ʼn ander een wesens.”
“Ontspan nou,” sê Beta vir hom. “Ons wil die suide vat. Julle kan die noorde hou. Klink dit regverdig?”
Darius staan onrustig van die bed af op en storm op Matus af. Toe Matus die geel knop op sy arm druk en transformeer in ʼn reptiel. Darius skrik en gaan sit weer op die bed. Hy kyk hom geskok aan en laat sak sy kop in sy hande. Hy kan nie glo wat sy oë sien nie. Die spesie kan hy nie teen stry nie, hulle sal alle kolonies uitwis en als oorneem. Hy kan hulle nie oorreed om ander blyplek te vind nie. Wat gaan hy maak?
Darius probeer ʼn ander taktiek. “Wat van die Aarde? Julle kan daar gaan huisves. Alles is daar wat julle soek.”
Matus skud sy kop. “Ons koloniseer nie woonbare planete nie. Ons soek juis planete wat vooruitsig inhou.”
“Ons het geen kommunikasie met die buitewêreld nie,” lig Darius die nuuskierige agies in. Dis nes in sy boeke, die wesens is toeriste hier. Hulle wil tussen die sandstorms, stilte en woestyne leef ingesluit die wilde diere. Lawwigheid. “Julle is van julle lotjie getik wesens!”
Matus vererg hom vir die mens. “Ek verstaan jou bekommernis. Ons is twee verskillende wesens wat wil huisves op een planeet. Ons wil voortlewe. Ons kan julle vervul van behoeftes op Mars wat julle almal sal help.”
Darius lig albei wenkbroue onseker op. “Wat kry ek vir my dienste gelewer?”
“Ons sal jou opleiding gee hoe om ruimtetuie te bou. Jy is ʼn intelligente konstrukteur. Beta sal jou meganiese opvoeding gee.” Darius kyk Beta aan asof sy ʼn seespinnekop is wat hom wil byt.
Darius knik en staar die twee kopskuddende aan. “Nou maar goed dan. Ons sal probeer met die kolonies te onderhandel. Ons is die bewakers hier. Ek sal hulle oorreed om hulle samewerking te gee.”
Matus stem halfhartig in. “Dit sal nie ʼn probleem wees nie, Darius. Is jy die leier van die Marsbewoners?” ʼn Kil glimlag speel om sy mondhoeke.
Wat is die kreatuur se agenda regtig? Wonder Darius. “Elke kolonie het hulle eie leier. Bertus was die leier van die Spinnekop-streek gewees. Ek is te jonk om ʼn leier te wees.”
Matus sug en vra Beta om die kamer te verlaat.
Sy knik om te bevestig. “Ek los julle twee alleen om te gesels. Wanneer jy my hulp nodig het, kommunikeer telepaties met my,” sê sy. Sy druk die knoppie wat die deure outomaties ontsluit en verlaat die gevangenekamer.
Matus gaan sit langs Darius. “Jy is goed genoeg om ʼn leier te wees. Jy kan met elke kolonie leier praat oor ons aanbod. Dis nie baie gevra nie.”
“En as hulle weier?” wil hy dadelik weet.
“Ons sal julle dan uitwis. Julle besit geen tegnologie nie. Hoe gaan julle teen ons baklei sonder enige wapens?”
Wat die skepsel sê is die volle waarheid. Hoe gaan driehonderd mense teen duisende buiteaardse wesens hulself verdedig?
“Gaan gesels met hulle en gee my terugvoering,” dring hy daarop aan. “Ek sal Beta saam met jou stuur. Sy sal jou ondersteun in die hele proses.”
Darius senuagtig lag. “Sy sal nie in ʼn Mars-pak kan saam gaan nie. Die mense sal wil weet wie die vreemdeling is. Ons ken elke bewoner hier. “Wat gaan ek vir hulle sê wie Beta is?”
Matus staan op en hou hom stiptelik dop. “Ons glo in eerlikheid, respek en kennis. Jy is ʼn intelligente wese en sal die regte boodskap oordra aan hulle. Moenie my teleurstel nie seblief. Ons is twee verskillende spesies wat in harmonie kan saamlewe,” stel hy hom gerus.
Hoe gaan hy die kolonie oorreed om die reptielagtige wesens te aanvaar? Hoe verduidelik jy aan hardkoppige mense wat die wesens se planne is? Kan hulle regtig in harmonie saamleef soos Matus beweer? Hy wil nie twyfel daaroor nie, maar hy is ʼn mens, nie ʼn kreatuur nie.
“Ek sal my bes probeer om hulle te oortuig. Die mense is gewoond daaraan om alleen hierop te woon, verstaan jy?” Stel hy dit duidelik aan die kreatuur.
Matus knik om sy verduideliking te verstaan. “Ons kom in vrede, beweer hy. “Ons wil niemand skade aanrig nie,” verseker hy hom, maar Darius neem sy vredevolle woorde met ʼn knippie sout.
“Kom,” beveel hy en wys met sy oë na die deur. “Jy is vry om die tuig te ondersoek. Beta sal jou na die KL5 toe neem om te begin met die werk.”
Darius staan op, stap saam met hom uit en kyk belangstellend om hom rond. Die tuig binne is helderwit met blinksilwer staalstrukture om die tuig stewig te hou. Blou ligte flikker orals teen die struktuur soos wat hulle die lang gang afstap. Daar is ʼn glashysbak wat hulle na die onderste vloer toe neem in sekondes.
“Goeie genade ruimtewese! My kop spin nou! Wat gaan aan?” vra hy en klou aan die staalreling vas buite die hysbak.
Matus lag lekker. “Jy is nie gewoond aan spoed nie. Jou liggaam en verstand sal dit wel gewoond raak,” verseker hy hom.
Darius ruk homself reg. “Wat is die KL5?” Wil hy nuuskierig weet. Hy lig sy kop en die hoenderkop gevoel is weg.
“Dis die kamer waarbinne ons ruimtetuie bou. Jy sal als leer en selfs eendag jou eie tuig besit as daai boot ding van jou.”
“Dis al voertuig wat ons ken, ruimteman!” Raak Darius vies en hitte stoot in sy nek op. Hy is sommer lus en verwurg die reptiel, maar dis buite die kwessie.
“Hanteer jou woede, Marsman. Ons is ʼn rustige spesie en besit die beste tegnologie in die ruimte.”
Darius verstaan al te goed wat Matus bedoel. Hy haal in en uit asem en raak kalm. Hy stuur hulle geselskap in ʼn ander rigting in. “Ek het die boot self ontwerp. Dis gerieflik vir ons om op die terrein daarmee te ry of in te woon.”
“Wag tot jy jou eie ruimtetuig besit. Jy kan rond reis in die ruimte en selfs ander planete besoek. Jy kan selfs die Aarde gaan besoek, miskien daarop woon ook.”
“Klink of jy ons al klaar van ons tuiste wil wegjaag.”
“Nie noodwendig nie. Ons sal sien of jou onderhandelings uitwerk. Anders maak ons ander planne met die kolonies. Ons leef al vir duisende jare op verskillende planete. Julle was nie eerste hier op die rooi planeet nie,” raak Matus sarkasties oor Darius se aanmerking.
“O, ek sien,” is al wat hy uitkry.
“Jy kan anderdag jou klomp vra vrae. Dis tyd dat jy jou intelligensie vir belangriker konstrukteurskonsepte gebruik. Jou vaardigheid is van wonderse belang hier. Sien dit as nuwe kennis wat jy opbou.”
“Ja, ja, ruimteman,” mompel hy. In stilswye stap hy saam met hom na die KL5 kamer toe waar die opleiding gaan begin.
Beta wag geduldig vir hulle om op te daag. Sy wys al die toerusting, robotmasjiene en materiale wat hulle gebruik om een tuig te bou. Darius staan verwonderd en kyk aandagtig na die robotte en wesens wat hard aan die werk is. Sal hy een kan bou?
“Welkom Darius. Moenie jou intelligensie so onderskat nie. Ek is hier om jou lyding te gee. Ons gaan vir ʼn ruk goed saamwerk.” Beta lees die onsekerheid oor sy eie menslike krag in sy gedagtes.
Albei Darius se wenkbroue lig. “Vir hoe lank gaan ek hier werk?” vra hy en voel sy hart vinniger klop.
“Vir maande lank. Wanneer jy suksesvol is, dan begin die onderhandelings.”
Darius se hart sak in sy skoene in. Hoe gaan hy die hele spul hanteer? Wat gaan gebeur as hy misluk? Hy is nou die menslike slaaf gevange in ʼn ruimtetuig. Dis tyd dat hy uit sy nagmerrie wakker skrik wat hom in ʼn spinnekopweb vashou.
Beta is uit die veld geslaan oor Darius se besonderse ruimtetuig. Ná twee maande is die tuig voltooi en bruikbaar. Sy druk die silwer knoppie wat die deur outomaties ontsluit. Stap binne die tuig en bestudeer die struktuur, rekenaar-robot, sleutelbordknoppies, sitplekke en vliegtuig meganismes wat die tuig bestuur. Darius is inderdaad ʼn goeie ruimtetuigkundige.
Sy gaan sit gemaklik op die stoel. Druk knoppies en die tuig skakel aan. Die enjin is stil, die tuig sweef drie meter van die vloer af en die outomatiese robot praat in Afrikaans. Die rekenaar-robot vra vir die kode om Moeder Aarde toe te reis. Toe druk sy die kanselleer knop en die robot-stem is weer stil. Alles werk perfek binne die tuig.
Uit die bloute daag Darius op en gaan sit langs haar. Hy kyk na sy ruimtetuig wat ook deur masjiene help geskep was. Hy kan nie al die krediet vat vir sy handewerk nie. Hy wonder of sy tevrede is daarmee.
“Is jy tevrede met my konstrukteurs talent?” vra hy vriendelik.
Beta kyk hom bemoedigend aan. “Die tuig is in die vorm van die Mars-boot. Ek hou van die metaalstruktuur wat jy daarvoor gebruik het. Die ronde vensters regsom is interessant saam met die blou ligte binne. Een van die dae kan jy saam met my in die ruimte reis.”
Sy klink baie tevrede met sy skepping. “Wat dink jou reptielbaas van my tuig?” wil hy nuuskierig weet.
Beta skakel die tuig af, knik en staar hom aan. “Hy is nie juis veel gepla daaroor nie. Hy stel meer belang aan die Marsbewoners se reaksie oor die nuwe verwikkelinge wat gaan gebeur. Jy het die vermoëns om hulle te oorreed om ons te aanvaar.”
Darius staar na die masjiene wat besig is om meer tuie te bou volgens sy boot se struktuur. “Die onderhandelings gaan moeilik wees. Ek sal die situasie aan die kolonie beskryf om te besef dis die beste opsie. Volgens Manus kan ons almal in harmonie saamleef.” Sy eie sêgoed klink waar, maar onrealisties. Kan die onderhandeling regtig ʼn sukses uitdraai?
“Jy onderskat jou leierskap. Ons sal in die tuig soontoe reis. Ek bestuur die tuig en jy leer tussenin terwyl ons reis. Kry solank jou storie agtermekaar. Manus wil resultate ontvang binne paar dae.”
Darius knik sy kop een keer. “Wanneer begin die toer?” vra hy en sy stemtoon klink halfhartig pleitend. Hy mis sy mense, handeldryf en kreefbraai. “Ek wil Bertus Berg se familie inlig wat gebeur het in die suide. Dis die moeilikste deel van my toer.”
“Ons vlieg vandag al noorde toe. Hoe gouer ons kan begin met die ontwikkelings, hoe beter, Darius. “
Darius stem saam. Hy antwoord nie terug nie. Sy verstand is in werking om die kolonies te oorreed om Manus se aanbod te aanvaar. Wat gaan hy vir hulle sê?
Binne die volgende tien minute land die tuig by die Streek-kolonie in die noorde. Darius druk die knop en die metaaldeur skuif outomaties oop. Hy dra sy Mars-pak, blink glas-kopstuk en stap af die silwer loopplank. Hy kyk versigtig om hom rond. Beta volg hom agterna om deel te raak van sy onderhandelings.
Darius besluit om Bertus se vrou te vertel wat gebeur het. Hulle loop na die grothuis toe, hy klop drie kere en Karol maak oop. Sy nooi hom en vir Beta in, staar in agterdog na hulle kleredrag en loer oor haar skouer waar Bertus is. Karol doen die nodige en al drie drink water by die tafel.
“Is dit jou nuwe uitvindsel, Darius?” vra sy en streel met haar hand oor die Mars-pak.
Darius skud sy kop. “Nee mevrou Berg.”
“Waar is Bertus? Wie is die rooikop vrou by jou?” Hier kom die klomp vrae wat hy nie wil beantwoord nie.
Hy bloos skuldig. “Ons was in die suide gewees. Die terrein was onstewig, hy val in die afloop en sterf. Beta is haar naam en sy is ʼn buiteaardse wese. Ek was gevangene gehou om te leer ruimtetuie te bou,” lig hy haar simpatiek en reguit in.
Karol kry trane in haar oë en sluk die knop in haar keel af. Sy draai na die rooikop, kyk haar goed op en af. “Is jy ʼn Aardbewoner?” vra sy.
“Bewaker van die ruimte,” sê sy vinnig, weer normaal. “Ons wil die suide koloniseer. Begin met plantasies, maar wil eers met die bewoners onderhandel daaroor.”
“Sterkte daarmee wese. Ons mense sal ons swaarde optel en baklei vir ons tuiste, hoor jy bewaker!” Is sy mal om sulke sêgoed kwyt te raak vir ʼn reptiel?
“Hokaai mevrou Berg. Die ontwikkelings is tot ons voordeel. Ons hoef nie meer te sukkel om te oorleef nie. Hulle is hier om te help.” Hy probeer Karol tot bedaring te bring en haar die lig te laat sien.
“Nonsens! Vir meer as vyftig jaar oorleef ons op Mars. Ons kort nie buitestaanders se hulp nie. Wie se kant kies jy?” Verdedig sy haar volk.
“Dis nie ʼn kwessie van kant kies nie mevrou. Ek wil ʼn oorlog tussen twee spesies voorkom.” Hy kies geen kant vandag nie. Hy dink aan wat die beste opsie sal wees vir al die bewoners. Sy mense sal uitgewis word as hulle die aanbod weier. Hy sit al klaar met sy hand in sy hare oor een hardnekkige mevrou Berg. Hoe gaan die ander nie optree nie?
“Ek stel glad nie belang aan die twak nie. Verskoon my, ek gaan werk in die mark. Vat die rooikop hier weg en los ons mense uit!” Kom dit dreigend van Karol af.
“Tot siens… mevrou Berg,” haak Beta af.
Karol wuif onbelangstellend na haar. Sy verlaat die grothuis en stap reguit mark toe.
Beta gryp Darius aan die arm en druk hom teen die muur vas. “Ons spesie duld glad nie hardkoppigheid nie. Ruk jouself reg bewoner. Kry ons die voordeel om te begin met die plantlewe of jou mense word uitgewis.”
“Ek verstaan Beta. Gee my kans seblief. Ek is een mens wat al die praatwerk moet verrig. Jy is nie juis veel van hulp nie. Julle maak die lewe vir my ingewikkeld.”
“Nou maar goed dan. Ek sal jou ondersteun.” Mompel sy en laat sy arm los.
“Ons sal weer die ruimtetuig bestuur na die ander kolonies toe. Ek sal aan planne dink om hulle te oortuig.” Hy is nie verder lus om met haar te praat nie.
“Jy beter,” klink Beta kwaai. “Anders skakel ek die veg-robot aan wat militêre operasies kan uitvoer en begin met die sabotasie.”
Darius frons. “Watse veg-robot nou?” Hy begin bekommerd te raak oor haar dreigemente om sy mense te vernietig.
“Die tuig wat jy gebou het, is ook ʼn veg-robot. Ons kan in die masjien vlieg en dan kan die ding transformeer in ʼn robot.”
“Wat! Dis ʼn veg-robot!”
“Ek wil regtig nie jou volk uitroei nie. Kom ons werk saam en kry die beste resultate vir ons almal se beswil.”
Darius antwoord nie terug nie.
Die veg-robotte en die Marsbewoners
Ná drie ure se onderhandelings met die Streek, Kreef- en Spinnekop-kolonies om die buiteaardse bewoners te aanvaar is Darius raadop. Die bewoners weier om Mars met die reptiel spesie te deel.
Beta is glad nie gelukkig met die eindresultaat nie. Haar geel pupille straal woede uit en sy telepaties kontak meer veg-robotte om die situasie onder beheer te bring.
Meer as ʼn honderd mans- en vrouebewoners is buite met swaarde in hulle hande. Elkeen is gereed vir aksie, oorlog en om te baklei vir oorlewing. Die hoofleier van al drie kolonies, Pieter Vendel, gee opdrag om die ruimtetuig aan te val. Toe die tuig in ʼn massiewe veg-robot transformeer, wapens skuif uit sy metaaldeure en blou lasterstrale skiet op die mense. Mense skarrel rond om die lasers te mis, dit misluk en baie word beseer daardeur.
Darius hou die hele kapabel stiptedelik dop. Sy mense wou nie na sy pleit luister nie en lê in pyn op die rooigrond rond en ander kry skuilings agter rotse. Watse stappe gaan hy neem om albei kante van die oorlog tot bedaring te kry?
Uit die bloute daag ʼn swerm hommeltuie op. Die robotwapens sweef in die lug rond en skiet vuurpyle uit wat tussen mense bots. Grothuise, boothuise en ondergrondse winkels word verpletter. Dit is besig om in ʼn slagveld te verander.
“Hou op baklei julle! Laat sak julle swaarde seblief!” skree Darius, maar sy poging val op dooie ore.
Darius besef wapentegnologie word gebruik om kolonies uit te wis. Die hommeltuie kan in paar sekondes van linker- na regterkant beweeg. Die wapentuie is intelligente robotte wat bewoners kan identifiseer en uitwis. Hulle gaan nie die oorlog wen met metaalwapens nie.
Darius kyk bekommerd na Beta wat die robotte beheer. Volgens haar kommunikeer sy telepaties met die tuie om haar opdragte uit te voer. Hy sal ʼn manier vind hoe om haar te keer om voort te gaan daarmee. Watse snaakse voorwerp is in haar hande?
“Die bakleiery moet end kry!” skree hy vir Beta wat hom totaal en al ignoreer. Hy hardloop na haar kant toe terwyl bomme en lasterstrale hom mis. Hy gryp haar aan die arm en ruk die robot-slimfoon uit haar hande en trap dit flenters op die terrein. “Nou sal die oorlog eindig!” voeg hy hardop by.
Tot Darius se verbasing stop die hommeltuie se wapens. Die bewoners laat sak hulle swaarde en kyk na Darius wat die leisels oorneem. Hy draai na Pieter Vendel wat agter ʼn rots sit en sy beseerde regterskouer vashou. Hy is ʼn hardkoppige leier wat sy mense laat uitwis deur die reptiele. Genoeg is nou genoeg!
Darius praat verder. “Ons is besig om te verloor. Ons huise, winkels en arenas is vernietig deur die tuie. Kan julle nie insien wat die wesens se plan is nie? Hulle wil ons help om beter te leef, nie net te oorleef nie!”
“Darius praat die waarheid. Ons kan nie die oorlog wen nie,” sê Karol uit die bloute en uiteindelik ondersteun sy hom.
“Dankie, Karol.” Te minste verstaan Karol die situasie beter as voorheen. Laas wou sy niks van Beta se planne weet nie, maar vandag praat sy ander woorde.
Pieter beweeg agter die rots uit en knik vir Darius. “Ek stem saam met hom. Ons wapens is nutteloos teen die robotte. Kom ons aanvaar die buiteaardse wesens en begin saam te help met die plantasies.”
Darius kyk angstig na Beta wat instemmend knik. “Ek sal vir Matus die nuwe ontwikkelings vertel. Die oorlog is verby. Ons sal sorg vir nuwe behuising vir al die bewoners. Nie een bewoner gaan meer ondergronds skuil nie. Julle sal tegnologie leer ken. Nuwe vrugte en groente en vis eet wat meer voedingswaarde inhet. Klink dit regverdig?”
Van die bewoners knik om te bevestig.
Beta beveel aan dat die beseerdes die tuig moet ingaan. Binne die tuig word elkeen deur ʼn masjien se wonde genees in sekondes. Dis wonderbaarlik vir Darius om na die masjien te kyk wat sy mense gesond maak.
Die mense ontvang peuselhappies in wit borde. Elke bord het seekos en slaai daarop wat die bewoners geniet en saam met ʼn bottel water. Die robot-kelners bly besig om mense te bedien met kos.
Beta stap glimlaggend na Darius toe. “Baie dankie vir die vrede tussen ons. Dit beteken baie vir ons om te begin met die plantlewe. Ons sal begin met die hernuwing van jou mense se streke ook,” bevestig sy trots.
“Net dankbaar ons kon tot ʼn verstandhouding kom. Hulle sou nie vinnig oorgegee het as julle ook met swaarde baklei het nie,” laat hy haar mooi verstaan.
Dis die eerste keer dat Darius haar hoor lag. “Ek verstaan ja. Ek kan mense se gedagtes lees, weet jy?”
“Wat is eerste op die lys, Beta?” wil hy dadelik weet.
Beta haal die nuwe robot-slimfoon uit haar kantsakkie. “Ek het ʼn verrassing vir jou, Darius.”
Hy frons en kyk haar vreemd aan. “Wat kan dit nogal wees?” vra hy nuuskierig.
Beta tik op die slimfoon, die skerm raak helder en ʼn Mars-kaart verskyn daarop. Op die terrein is ʼn snaakse voorwerp wat ʼn oranje kol binne wys. Hy wonder wat die oranje kol is?
“Jy is opsoek na jou pa. Om vir jou dankie te sê vir jou samewerking gaan ek jou help om hom te vind.” Vertel sy vir hom wat die verrassing is.
Darius kyk haar verstom aan. “Jy weet waar my pa is!”
“Die oranje kol op die foon wys dis ʼn mens. Die mens op my foon is gewoonlik oranje, diere is rooi,” bevestig sy.
“Ek soek al meer as agtien jaar na hom. Jy vind hom in sekondes. Ons kan in die ruimtetuig na hom toe vlieg, dis vinniger as my boothuis.”
“Kom,” klink sy haastig, weer normaal,” dis tyd om hom huis toe te bring.”
“Is jy seker dis my pa?”
“Wie anders kan binne die tuig wegkruip?”
“Ek sal nie weet wie nie, Beta.”
“Dis eerste op my lys. Môre, is een groot stap vir Mars. Om die planeet meer woonbaar te maak vir ons almal.”
Darius raak opgewonde oor die nuus van Benton Drek. Hy wil sy pa vind en hom inlig hoe Mars gaan verbeter as gevolg van die buiteaardse wesens. Hy wil hom nooit weer verloor nie.
“Kom, Darius. Ons reis vandag begin!” glimlag sy vir hom.
Vind Benton Drek
Binne minutus land die ruimtetuig naby Olympus Mons. Die foon se Mars-kaart stuur hulle in die regte rigting. Sowat sewe kilometer ver in die distonie is ʼn stokoue ruimteskip sigbaar. Kan Benton regtig daarbinne wegkruip?
Darius en Betta verlaat die tuig. Hulle stap op die sanderige terrein na die tuig toe wat lyk of dit uitmekaar begin val. Wie kruip binne die tuig weg?
Darius kan nie glo wat sy oë sien nie. Op die ruimteskip is ʼn Suid-Afrikaanse vlag met kleure van die reënboog op. Die agterste- en regterkantse deel van die tuig is in goeie toestand, maar die linkerkantse en voorste deel vernietig deur dekades se windstorms. Metaalstrukture steek orals uit, onbruikbare stowwerige toerusting en masjiene onherstelbaar. Hy wonder wie binne die tuig is.
Die hele opsig van die tuig mesmeraais hom. Baie vrae hoe die tuig op Mars beland het maal in sy kop rond. Gaan hy antwoorde kry op al sy vrae?
Darius stop in sy spore twee kilometer van die tuig af. Hy kyk na Beta wat ʼn entjie voor hom stilstaan, draai om en hom fronsend aankyk. Hy twyfel of die ruimteskip Benton se nuwe tuiste is. Sy emosies ry wipplank saam met sy besige gedagtes.
ʼn Glimlag prikkel om haar mondhoeke. “Wat is fout, Darius?” vra sy, stap na waar hy staan en sit simpatiek haar hand op sy linkerskouer. “Wat pla jou so?” besluit sy om by te voeg.
Hy het nie dadelik vir haar woorde nie. “Dit was ʼn groot fout om hierheen te reis. Wie sê my pa woon in die ding? Gaan hy my ooit kan herken?”
Beta was bekommerd daaroor. “Ek verstaan jy is skrikkerig wat volgende gaan gebeur, Darius. Jy is nie alleen nie. Ek gee jou ondersteuning,” kom dit eerlik-simpatiek uit.
Sy skouers sak wetend die oranje-kol op die kaart kan iemand anders wees. Hy sal sy regterhand gee om Benton weer lewend te sien. Hoe oud is sy pa in Marsjare? Hoe lyk sy voorkoms? Watse stories gaan hy vertel oor sy verblyf in ʼn ruimteskip?
Hy vryf senuagtig sy regterhand aan sy Mars-pak af. “Ek hoop so, Beta. Ek hoop van harte regtig so.” Is al wat hy vir haar kan terug uiter.
“Kom. Vat ʼn kans om uit te vind wie die persoon is. Gee die eerste tree, my vriend.” Sy noem hom haar vriend, vreemd.
Hy knik om te bevestig, want haar sêgoed maak sin. Hy gee die eerste tree binne die ruimtetuig, nes aardbewoners wat sy spore wil nalaat op die maan. Hy voel vandag nes daai ruimtevader.
Hoe gaan sy pa optree wanneer hy hom vir die eerste keer weer sien? Dis wat hom die meeste pla.
“Jou spesie wou ons uitwis, maar nou is ons vriende,” sê hy uit die bloute vir haar.
Beta lig een wenkbrou op. “Ons leef nou in vrede saam, glo ek. Ons wou nie die kolonies uitwis nie. Meer skrik op die lyf jaag ja. Ons het vyandig opgetree as gevolg van julle swaardwapens. Ons robotte is geprogrammeer om wapens te identifiseer en dan te veg. Ons het bedreig gevoel. Ek wou nie die oorlog hê nie,” lig sy hom vinnig in en volg hom na binne die tuig wat na ʼn seeroog lyk.
Hy begin te lag. “My mense het die goeie reg gehad om te veg vir Mars. Jy wou nie veg nie, maar kommunikeer telepaties met die meganikusse om oorlog uit te voer,” raak hy sarkasties met haar terwyl hy klim en kloueter oor metaalvoorwerpe om by die ronde skuifdeur uit te kom. “Hoe gaan ons die deur oopkry?” wil hy by haar weet.
Beta beveel hom aan om eenkant te staan. Sy gebruik haar foon, tik die kodewoord in, 56415 en die metaaldeur ontsluit. Die deur skuif outomaties oop.
Waar kan ek so foon in die hande kry, dink hy by homself.
“Ek sal vir jou een gee eendag.” Sy lees al weer sy gedagtes.
“Hou op om my gedagtes te lees seblief.”
Beta lag. “Ek hou daarvan.”
“Daai apparaat kom goed inhandig vir allerhande alledaagse take.”
Beta knik. “Natuurlik ja, vriend. Ons masjiene ontwerp die robot-slimfone self.” As sy hom weer vriend noem kry hy die stuipe.
Die oranje-kol op die robot-foon raak helderder. Hulle is naby die persoon, sowat vyftien meter ver. Hy wonder wie in die kajuit is.
Uit die bloute skuifel iemand in een kamer rond, iets val en ʼn deur skuif vinnig outomaties toe. Beta en Darius stap versigtig na die kamer toe. Sy tik die kodewoord in op die silwer boks, die metaaldeur skuif oop en dis binne donker. Wie wil in sulke haglike omstandighede alleen hier woon?
“Is enigiemand binne die kamer?” vra Beta hardop. “Ek kan jou menslike temperatuur op die masjien opmerk.”
Geen mens antwoord terug nie.
“Goeie genade, Beta. Klink of jy die persoon jag. Ek sal die praatwerk doen, okei.”
“Ag man. Sonder my hulp sal jy verlore wees,” raak sy vies.
Darius se lippe beweeg om iets te uiter, maar hy bedink dit. Toe die skaduwee in die hoek in die lig te voorskyn kom.
Elke minuut wat verby tik klop sy hart vinniger. Hy staan verstom stil om die mens te bekyk. Kan dit regtig hy wees? “Pa? Dis ek, Darius Drek.”
Benton se oë rek.”Darius? My seun? Hoe kom jy hier?” sê-vra hy geskok. Sy pa lyk ouer, wyser, hare gryser en met swaarkry plooie om die oë. Sy hande lyk verrimpeld, maar steeds manlike sterk. Sy kleredrag oud, maar netjies en skoon. Hy dra handgemaakte seekatvel-skoene en ʼn hoed wat van aardmateriaal gemaak is.
“Dis ʼn lang storie. Ons kan later praat. Woon pa al vir agtienjaar binne die tuig?”
Benton knik om te bevestig. “Ja… my seun. Ek wou terugkeer Kreef-streek toe maar die stormwinde keer my. Toe besluit ek om die tuig as my permanente woonplek te skep,” vertel hy.
Darius is verbaas oor Benton se stories. “Hoe oorleef pa sonder enige voorrade, voedsel en water? Wil hy belangstellend weet.
“Ek gebruik dieselfde tegniek as jou konstrukteurs idees vir water. Honderde krappe loop bogronds rond om te vang. Die tuig is sterk, veral in die passasiersgeriewe afdeling. Ek is nou my eie konstrukteur, nes jy my seun.”
Hy kan nie glo wat sy ore hoor nie. “Pa wou nie hê ek moes ʼn konstrukteur word nie. Nou werk my tegnieke uitstekend om pa te help oorleef.”
Benton stem inknikkend saam. “Jou talente is sowaar die belangrikste op Mars.” Hy draai na die meisie. “Wie is die jongedame in die blou-pak?” vra hy nuuskierig.
Darius glimlag. “Sy is ʼn buiteaardse wese en haar spesie gaan Mars saam met ons koloniseer om die lewe vir ons almal geriefliker te maak,” erken hy.
Benton lig albei wenkbroue op. “Hoe gaan julle Mars verbeter, meisiekind?” Wil hy angstig weet.
Beta dink mooi voordat sy terug antwoord. “Ons gaan vir al die menslike bewoners huise bou bogronds, selfs winkels, ensovoorts. Ons gaan ook begin tussendeur die bouery met die plantasies begin.”
“O, ek sien. Hoop julle slaag daarin,” is al wat Benton kan sê.
Darius besluit om een belangrike vraag te vrae voordat hulle die ruimteskip verlaat. “Hoe het die tuig op Mars beland? Hoekom woon ons mense op die rooi planeet?” Okei, dis meer as een vraag wat hy wil weet.
Benton sug hardop. “Ek sal oor die gebeurtenisse vertel. Ruimtevaders het nuwe lewe in die ruimte gaan soek. Hoe dieper die ruimtevaders deur die ruimte gereis het, hoe gevaarliker word dit. Naby Mars begin die ruimteskip se masjiene te werk. Hulle kon nie met die Aarde in kontak kom nie. Die tuig word tussendeur die drama deur massiewe komete getref wat veroorsaak het dat die ruimtetuigdele daarvan op Mars beland. Baie bemanning is dood in die voorval. Toe word die oorlewendes Marsbewoners. Geen reddingstuie het ons kom red nie. Dis wat my pa my vertel wat gebeur het,” vertel hy Darius die waarheid.
Darius se skouers ingenome sak. “Ek verstaan als nou beter, pa.” Hy omhels hom en fluister: “Dis goed om pa weer te sien. Kom ons gaan terug huis toe.”
Beta staan eenkant en sien die versoenings omhelsing van hulle twee. Sy hou van wat sy sien. Toe haar slimfoon ʼn rooi waarskuwing uitbasuin. Sy kyk bekommerd na die foon dan land haar oë weer eens op hulle. “Ons beter hier padgee. ʼn Massiewe stormwind is op pad!” Ná vyftien minute is hulle saam in die Marstuig op pad Kreef-streek toe.
Die nuwe begin
2 Jaar later lyk Mars na ʼn fiktiewe fantasie planeet in die Suidpool. Groen gras groei wonderbaarlike orals waar mens kyk. Bome wat verskillende reënboog vrugte dra is veilig om te eet namens die wetenskaplikes. Sekere groentes soos tamaties, uie, aartappels en beet word in kweekglashuise gegroei. Selfs kruie en speserye word gekweek om as medisynes gebruik te word.
Die stowwerige lug lyk helderder as gevolg van die plantegroei wat meer suurstof verskaf. Minder windstorms kom voor in die noorde. Selfs die seisoene het verbeter, meer somer en minder winter. Om op Mars te woon is meer aangenaam.
Elke menslike bewoner woon in glas koepelhuise bogronds wat veilig en stewig is. Die glashuise kan na blou, wit en silwer verander vir meer privaatheid. Die winkels en arena is ook bogronds en in die vorm van vierkantige glashuise. Metaalagtige tonnels is regsom die huise gebou sodat mense in ʼn kort afstand by hulle eindbestemmings kan loop. Geen voertuie is meer nodig om van een streek na die ander te reis nie. Al drie streke is naby mekaar vir beter kommunikasie, ruilhandel, kuier en idees uitruil.
Meganiese robotte patrolleer Suid- en Noordpool om gevaarlike spinnekoppe, slange en visse wat bogronds leef te beskerm teen die mens. Geen vyandskap tussen mens en spesie word geduld nie. Almal leef in sereniteit saam.
Darius is baie beïndruk met Mars se ontwikkeling. Hy hou van wat hy sien. “Die kolonies dra nou die Mars-pakke. Jonges dra geel, volwassenes dra blou, kinders dra rooi en bejaardes dra groen.” Klink hy dankbaar oor al die verbeterings wat gebeur het.
“Sover werk als perfek uit. Die plantasies groei vinniger as op die Aarde. Miskien kry ons binne ʼn paar jaar reën. Wie weet wat volgende kan gebeur?” Klink haar woorde belowend.
Darius knik. “Ek hou van ons nuwe ruimte kopstukke. Ek kan Mars beter sien.”
Beta glimlag bly. “Dis meer geriefliker ja. Die glas-kopstukke is veiliger en sterk.”
Darius besluit om haar ʼn vraag te vrae. “Wat is volgende op jou lys, Beta?”
Beta lig haar kop en kyk ingedagte na die helder lug. Sy wys met haar wysvinger na die grysagtige streep wat tussendeur die wolklaag verskyn. Sy gee hom ʼn vreemde antwoord: “Konfrontasie, vyandskap of verwoesting.”
Darius frons. “Waarvan praat jy, Beta? Ons leef in vrede saam!”
“Kyk op, Darius! Lyk vir my ʼn nuwe buiteaardse spesie het Mars ontdek!”
Hy kyk op na die wolkebedekking en sien die gryserige ruimteskip raak. Sy hart klop angstig vinnig. “Ag tog, nie al weer nie!” gil hy die lug in.
Om Beta se mondhoeke verskyn ʼn kil glimlag. “Moenie bekommerd wees nie, Darius. Ons spesie sal die nuwelinge gou uitsorteer.”
Dis veronderstel om ʼn nuwe begin vir hulle te wees. Die nuwelinge voorsien ʼn nuwer toekoms waarvoor hy nie kans sien nie. Is dit die einde van albei Marsbewoners se bestaan? Wie weet wat volgende kan gebeur?
Die einde.