Mariana Holtzhausen – 2022

Ahav in die Onsienlike Slagveld

 

ń Engel met massiewe spierwit vlerke kom aangevlieg oor die uitspansel en verkondig die nuus sover hy  deur die geestelike wêreld sweef.  Die draak is verslaan, die draak is verslaan!  Die oorwinnings kreet weergalm deur die heelal.  Alle hemelwesens skuifel versigtig nader en sien die draak en die engele saam met hom, verspei lê oor die hemelse slagveld.

 

Migael, die strydengel staan op een knieg, sy kop geboeё met een hand op op die hemelvloer, in die ander hand hang sy swaard slap langs sy sy.  Hy kyk op en glimlag breed so deur die bloedsweet druppels, sy hare hang versplete oor sy gesig en die uitputting is duidelik sigbaar op sy gesig.  Die meeste van die gevesgengele saam hom se vlerke is broos, sommiges is gekneus, almal is uitgeput, maar die vreugde is groter as die pynlike emosie en fisiese seer.  Die oorlog tussen die draak en sy trawante saam met hom, en Migael en sy engele is verby.  Migael en sy engele het hom oorwin deur die krag van hulle Koning.  Die vyand is verslaan. “Alle mag en gesag behoort aan ons Koning!” weerklink dit in die hemele.

 

Die groot magtige Koning, Sy Seun; Hy dra ń skerp swaard met twee snykante en Sy Raadgewer; die Heilige Gees; hy gee die indruk van ń spierwit duif; kom ingestap.  Hulle is omring met die helderste lig en Hulle heerlikheid is duidelik sigbaar.  Hulle glans is soos die van kosbare edelstene, soos ń kristalhelder opaal.  Die Koning glimlag teer, liefdevol vir Migael en sy gevegsengele.  Die versorgingsengele kom vining nader en help dadelik om die beseerdes te versorg.  Die groot Koning draai na die draak en sy aanhangers.  Hy lig sy hand met sy septer en beveel die draak en die gevalle engele saam met hom, om Sy heilige stad te verlaat.  Op opdrag van die Koning word die draak en die bose engele saam met hom uitgewerp en op die sienlike aarde neergegooi.

 

Die draak is woedend en sweer wraak. Hy is sy amp kwyt wat hy beklee het op aarde voor sy opstand teen die Koning. Hy wou koning wees en het gerebelleer, en sodoende het hy en ń derde van die engele saam hom uit die hemel geval.  Sy plan het misluk en hy is verslaan.  Hy kyk met ń boosaardig uitdrukking na die gevalle engele en sê met ń bulderende stem; “Ek sal wel ń ander stategie beplan, ek is lank nog nie klaar nie.  Ek sal op die troon sit en ek sal heers oor die heelal.” Hy lig sy gekweste arm en bal ń vuis in die lug.  Die gevalle engele transformeer en lyk na bose kreature wat skuifel soos donder skaduwees.   Senuagtig begin hulle rond soek na ń plek om weg te kruip.  Hulle vind skuiling in die die donker en kom te ruste in die stikdonker skaduwees waar hulle, hulle wonde lê en lek soos gulsige gediertes, demone wat hulle verlustig in hulle eie bloed en wonde. Hulle lê en loer vir hulle meester vanuit die donkerhoekke en wag vir sy opdrag, reg om te gaan verslind en te vernietig. Die draak bulder weer: “Ek verklaar oorlog teen die Koning se volgelinge en hulle nakomelinge, almal wat Sy gebooie nakom.  Ek sal die wêreld deur reis opsoek na iemand om te verslint en te vernietig. Ons moet amok maak in die mens se lewe.  Julle moet hulle gedagtes betree, sodat hulle nie agter kom waarmee ons besig is nie.  Ek sal hulle lewe verwoes en hulle geluk en vreugdes steel.   Ons moet hulle besig hou met dinge om hulle gedagtes van God af weg te trek. Ek sal die gelowiges verlei sodat hulle die Here sal verloēn en sodoende sal hulle die ewige dood sterf.”  Hy beveel sy demone om reg te maak vir ń geestelike oorlog in die onsigbare ryk.  Hulle moet in die mens se denke indring met verkeerde, goddelose gedagtes en leuns.  Hulle aandag weglei van die Koning af en hulle vul met vrees, angs, bekommernis, siektes en armmoede en alles wat negatief is. Hulle moet die mensdom verlei en sorg dat hulle verslaaf raak aan allerlei goed soos dwelms, drank, medikasie, internet en pornografie. Hy bevel hulle om die mens so besig te hou met die dinge van die sigbare fisiese wêreld, sodat hulle al verder weg kan beweeg van die Koning.

 

In die onsienlike heilige stad van die Almagtige Koning, het almal hulle fees-klere aan.  Die Koningshuis het twaalf fondamente wat met allerande edelstene versier is en twaalf poorte wat uit pêrels bestaan, die strate is die suiwerste goud. Die stad is vierkantig en net so lank as wat hy breed is, en bestaan self uit goud, wat blink soos ń spieёl. Daar is ń groot muur om die stad, gemaak van opaal en ń rivier met kristalhelder lewenswater vloei soos ń stroom uit die Koning se troon.  Enige een wat dors het, kan gaan na die water, elkeen wat van die lewe wil hê, kan dit gaan kry, verniet.  Tussen die hoofstraat van die stad en die rivier staan die boom van die lewe.  Die heerlikheid van die Koning verlig die hele stad.  Sy Naam word geprys.  Alle hemelwesens juig oor die oorwinning van die Koning.  Engele blaas op trompette en musiekinstrumente weergalm saam met die gejuig en vrolikheid deur die die heilige stad. “Prys ons Koning, Loof Hom en prys Hom!” skree almal. “Hy het vir ons oorwinnig gegee in Sy groot krag. Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi.  Daarom, hemel en die wat daar bly, verjeug julle. Ons Koning is die Almagtige God!”

 

Op ń dag betree Ahav, een van die heilige geeste die Koning se troonkamer.  Ahav is ń gees in diens van God.  Sy gunsteling plek is by die Koning se voette.  Hy neem sy plek in en kyk met ń breё glimlag op vir sy Koning.  Die Koning rus sy hand teer op Ahav se hoof en glimlag terug, stil tevrede met sy kind hier langs Hom.  Ahav leun met sy hoof teen die Koning se been en sug diep. “En waarom hierdie diep sug my kind?”  “My Koning ek wonder soms waar kom al die boosheid vandaan?  “My kind jy weet reeds dat dit Ek, jou Skepper God is wat alles geskep het deur My Seun.  Alles in die hemel en alles op aarde het Ek geskep.”  Ahav dink vlugtig terug; Die Koning het net gespreek en dan was iets daar.  Die Koning gaan Voort: “Selfs die draak- Lucifer, het Ek geskape; hy was eens my hoof-engel my ‘môrester.’ Die draak se skoonheid was total anders as die res van die engele.  Hy was ’n gérub wat vroeër gewandel het tussen die vurige gesteentes by My troon.  Maar sy hoogmoed en boosheid het hom gelei tot sy val.”  Die Koning kyk Ahav liefdevol aan en sê weer: “Ek het ń tuin aangelê in die ooste. ń Pragtige paradys.  Ek het die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewens asem in hulle neuse geblaas. Hulle is na My beeld geskape.  Ek het die mens innig lief. Aan My liefde is daar geen einde nie, Ek het graag saam hulle gewandel in die pragtige tuin en ure saam hulle spandeer.”

 

Terwyl Ahav aandagtig luister na die Koning het daar engele verskyn en gesê: “Daar is niks wat ons kan skei van die liefde van God wat daar vir ons in Jesus is nie. Prys Die Koning!”

 

Die Koning het vir hulle geglimlag en voortgegaan en gesê: “Eendag terwyl ons so deur die tuin gestap het, het Ek vir die mens gesê: “Kirios, Ek gee vir julle al die verskillende soorte vrugte bome om van te eet en helder waterstrome en riviere.  Julle kan in hierdie tuin woon, bewerk dit en pas dit op.  Ek stel julle in sorg van al die diere, die vis in die see en die voёls in die lug, alles wat Ek geskep het is in julle sorg.”  Die Koning kyk na Ahav en sê: “Kom Ahav, kom ek neem jou na die tyd in die tuin, dan kan jy vir jouself beleef hoe dit daar was.”

 

Ahav weet dat die Koning, bo tyd en ruimte leef en dat dit Hom nie beperk nie.  Hy kan wees waar Hy wil wanneer Hy wil, Hy is Alomteenwoordig en Almagtig. Ahav word toe deur die Gees van God meegevoer en hy beweeg saam ń heilige engel, deur die heelal met die energie van ligstrale.  Die engel neem hom tot by die mooiste tuin.  In die middle van die tuin staan ń boom. Pragtig en welig staan hy uit bo al die ander bome wat uit die grond uitgespruit het.  Ahav staan ń klein entjie weg, amper soos in ń spieёlbeeld, beskou hy die gebeurtenis tussen die Koning en die mens in die tuin.  Die Koning kyk op na die boom en kyk weer terug na die mens en beveel hulle: “Luister na My en gehoorsaam My bevele; van al die bome in die tuin mag julle eet maar van hierdie boom in die middle van die tuin mag julle nie eet nie.”  Hulle stap verder en Hy sê weer: “Daardie is die boom van alle kennis, as julle daarvan eet sal julle sterwe. Daardie boom lei na die dood!”

 

Nie vêr van hulle af nie sit die draak en luister na die gesprek tussen die Almagtige Koning en die mens.  Die boosdoener sit en wag vir die regte oomblik om toe te slaan en hy sien hier kom ń geleentheid.  Ahav sien die boosheid wat hang soos ń kolkende, donker wolk om die draak.   Hy sien dat die draak hom transformeer as ń slang en sit en wag sy kans af om die vrou te gaan verlei.  Ahav hoor hoe die slang sis vir sy demone, hulle beplan om die vrou se gedagtes te vul met allerande leuns, hy wil wraak neem.  Hulle gaan sorg dat daar skeiding kom tussen die Koning en die mens en hy wil dat hulle, hulle heerlikheid verloor deur hulle te laat sondig teen hulle Skepper, die Koning.  Ahav hoor die slang se laaste woorde aan sy makkers voor hy listig nader syl in die vrou se rigting “Ek sal die geboorte reg terug eis wat ek verloor het toe ons uitgesmyt is uit die Koningshuis.”

 

Toe die oomblik reg is neem die draak sy kans en met sy bose plan, getransformeer as die slang, syl hy al teen die boom op waar Kiria staan en eet. Met sy slinkse praatjies oorreed die slang die vrou om teen haar Koning te sondig. “Maar God het gesê ons sal sterwe as ons daarvan eet.”  “Nee” sis die slang “Julle sal beslis nie sterf nie, maar Julle sal soos die Hy wees.” Die vrou het ook vir haar man van die boom se vrugte laat eet, daarmee sondig die man ook omdat hy vir die vrou geluister het en nie gehoorsaam was aan die bevele van hulle Skepper nie. Die mens se oё het oop gegaan en hulle besef dat hulle naak is.

 

Ahav sien weer in die spieёlbeeld hoe die Koning na die mens roep en sê: “Waar is jy?”  En hy antwoord: “Ek het U geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.”  Toe vra God, die Groot Koning: “Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?  Het julle geëet van die boom waarvan Ek julle beveel het om nie te eet nie?” Die vrou andwoord: “Die slang het ons mislei, en ek het geёet van die boom in die middle van die tuin.”  Die man het geanwoord: “Die vrou wat U vir my gegee het, het vir my van die vrugte gegee om te eet.”  Toe sê die Almagtige: “Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.”

 

Ahav hoor die engel vir hom sê: “Voorheen het Kirios en Kiria nie hulle naaktheid raak gesien nie, hulle was net bewus van wat rein en heilig is, hulle was met God se glorie oordek, dit was soos ń kleed wat hulle van alles beskerm het, dood, siekte, bekommernis, vrees en al die dinge van die fisiese wêreld. Boosheid het hulle nie geken nie maar deur hulle ongehoorsaamheid het hulle denke verwronge geraak en is hulle van God se glorie ontneem, of so het hulle gedink as gevolg van hulle denke wat verwring is deur die slang se toedoen.”

 

Dan hoor Ahav hoe God vir die slang sê: “Omdat jy dit gedoen het is jy vervloek. Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Hulle sal jou kop vermorsel met hulle hakskeen.” Hulle het sonde gedoen en daardeur hulle nageslag in sonde in “verkoop”.  En vir die vrou het Hy gesê: “Jy sal swaar kry met jou swangeskappe, met pyn sal jy kinders kry, jy sal na jou man hunker en hy sal oor jou heers.” Dan draai God na die man en sê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geёet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek, met swaar kry sal jy daaruit ń bestaan maak, jou lewe lank; totdat jy sal terug keer na die aarde toe waarvandaan jy geneem is.”

 

Ahav sien die Koning aangestap kom na hom toe, “Jy sien my kind omdat die slang probeer het om soos Ek te wees, het hy van My af weggeval en van toe af probeer om die mens te oorreed om dit ook te doen.  Dit is die strategie wat hy met die vrou gebruik het: “Julle sal soos die Koning wees, want dit was sy beplanning.”  Hy is vandag nog dieselfde.  Die draak wil ook die mens laat glo dat sonde hulle van My verwyder het en hy wil hulle fokus van My afhaal, en keer dat die mens geestelik groei.  Hy wil dat hulle natuurlik dink en nie geestelik soos hulle was voor die sondeval nie.  En omdat die slang die mens verlei het in die tuin, het hulle, as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, hulle heerlikheid verloor, hulle mag en reg om te heers het hulle verkoop aan die slang; die draak wat dan die “god” van die wêreld geword het.  Die sonde en die dood het toe begin heers.  Omdat Kirios en Kiria ongehoorsaam was en van die verbode vrug geёet het, het hulle dieselfde dag nog daardeur hulle geboorte reg of hulle reg om te heers oorgegee aan die wêreld; aan die draak, en is die aarde deur hulle toedoen vervloek.  Die draak het sy regsposisie ingeneem en die wet het begin heers en volgens wet moet dit terug gekoop word.  Die sonde bring straf, en daarom het Ek die mens uit die tuin uitgedryf.”  Ahav kyk na die ingang van die tuin en sien dat die toegang van die boom van die lewe bewaak word deur gerubs wat voor die tuin sit met ń vlamende swaard wat heen en weer beweeg.

 

“Jy sien Ahav deur die mens se sonde, het die boosheid in die wêreld gekom en die ryk van die mens is vervloek. Die wêreld was met duisternis gevul.  En rebellie het toe begin in die spirituele ryk, aangesien die draak en sy demone toe reeds al geval het. Sonde kon nie die menseryk betree, totdat die mens dit gekies het nie. Die draak, via die slang, het die mens versoek om sodoende daardie keuse te maak.  Die mens het ń sondebewustheid ontwikkel en verander van ń geestelike wese na ń natuurlike goddelose wese want nou dink hulle natuurlik en nie meer geestelik nie; as gevolg van hulle verwronge gedagtes.  Sodoende was hulle toe al reeds deur die wet gevange gehou.  Ahav jy sien, hulle het nie fisies gesterf nie maar wel geestelik.  Die sonde het hulle blind gemaak en hulle kon nie sien wie hulle werklik is nie. Deur die toedoen van die draak en sy demone, ervaar hulle My nie meer as hulle Voorsienner en Versorger nie.  Hulle beleef My nie meer soos die tyd in die tuin nie.”

 

Intussen op aarde, in die sienlike wêreld is dit amper weer kersfees. Berta hardloop gou deur die winkels vir die laaste paar kersinkopies. Die winkels is uitgestal van allerande kersfees versierings: Kersbome, kerse, helderkleurige versierings, kersvaders met slee, bokke en liggies. Orals hoor jy net ‘Helder somer kersfees’, ’Geskenke uit Betlehem’ en vele ander kersfees liedere en klokkies en advertensies, alles weerklink nog so in haar kop. By die huis is John besig om geskenke onder die boom te pak.  Berta kom ingestap en John help haar om die inkopies in te dra. Dan sê Bertha: “Ek bid elke jaar nog dat ons die daaropvolgende jaar ń geskenk kan toedraai vir ons eie kindjie.” “Bertha die eerste ding wat ons gaan doen in die nuwe jaar is om Ginekoloog toe te gaan.  Ons maak ń afspraak by dokter Van Rooy.” Dan soen hy Berta ligtelik op haar voorkop.

Sondag woon Bertha en John die kersdiens by.  Op die verhogie voor die preekstoel is die kersfees verhaal uitgestal.  Bertha gaan sit en kyk na die krippie met die baba wat in doekke toegedraai is.  Bo hom hang ń groot helder ster.  Langs die krip sit Josef en Maria en die drie wyse manne is ook daar met hulle geskenke vir die kindjie.  Eenkant is ń paar skapies en die herder staan by hulle. Daar is ń groot wit engel met vlerke wat lyk of hy oor die hele toneel waak, met ń skerp lig wat op die ster skyn, en Bertha onthou die gedeelte wat sy gelees het in die woord. “Die ware lig, wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld toe.  In Hom was daar lewe en die lewe was die lig vir die mense.  Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”

Na die aankondigings lees die dominee die verhaal van Jesus se geboorte uit die woord. Bertha en John luister aandagtig.  Hulle hoor van die maagd wat swanger geword het en ń seun in die wêreld gaan bring en hulle sal Hom Immanuel noem, wat beteken God met ons. Sy ma is Maria. Sy het swanger geword sonder dat sy gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.  Sy pa was Josef.  ń Engel het aan Josef verskyn en vir hom gesê om met Maria te trou, want hulle was nie getroud nie. Josef was bang want want hy was aan die wet van Moses getrou, en wou nie in die skande kom nie maar die engel het vir  hom gesê dat die swangerskap van die Heilige Gees af kom en dat hy nie moet bang wees nie. Die engel het ook vir hom gesê dat Maria gaan ń seuntjie hê en hy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid.  Die Seuntjie sal die mense kom verlos van hulle sondes en die skeiding herstel wat die duiwel veroorsaak het tussen God en die mens, want God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het sodat almal wat in Hom glo nie verlore moet gaan nie maar die ewige lewe kan hê.

“Ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom.”  Sluit die dominee sy preek mee af.  Dan word daar paar kersliedere gesing.  Nadat die dominee gebid het keer hulle weer terug huis toe. “Ere in die h‍‍oogste h‍‍emel, klink dit nou die w‍‍êreld d‍‍eur. Liefde, vrede, w‍‍elbeh‍‍ae daal in Jesus t‍‍ot ons n‍eer.” Betha sit diep en dink aan die woorde van die lied Herders op die ope velde, en die woorde van dominee: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het sodat almal wat in Hom glo nie verlore moet gaan nie maar die ewige lewe kan hê.” Dan sê Bertha vir John: “Kersfees is soveel meer as kersversierings en winkels vol speelgoed en kersvaders.  Dis asof daar ń onsienlike mag is wat die mens se aandag wil afly van die werklike betekenis van kersfees. Dit is asof daar ń donker kleed oor hulle getrek is en hulle blind maak vir die betekenis van Jesus se geboorte.  Mense sien dit as ń tyd van kersvader wat geskenke bring en vergeet heeltemal dat Jesus die rede is vir die kersfees seisoen.  Mense raak al hoe meer verstringel in die kersversierings en vergeet dat dit die geboorte viering is van ons Verlosser en Redder. Hulle sien nie dat Jesus die enigste lig was wat na die wêreld gekom het om in die donker te kom skyn om die duisternis te kom uitdoof nie.  Dit is Hy wat die kerslig is en nie die liggies in wat in almal se bome flikker nie.” Dan andwoord John: “Dit is waar, Jesus was die grootste geskenk wat ons nog ooit kon ontvang.  Hy is die versoening vir ons almal se sondes.  En dit is die grootste rede vir die vrede, opgewondenheid, blydskap en vreugde-gevoel in hierdie seisoen.” In Bertha en John se huis heers daar nou ń ware Kersfees-atmosfeer.

Net soos wat John belowe het, het hulle sommer al vroeg in die nuwe jaar ń afspraak gehad by die Ginekoloog. Dit was maar net die begin van al die afsprake. Sover was dit nie baie suksesvol nie.

In die onsienlike wêreld steek Ahav sy hand uit na die Koning en hou dit styf vas waar hulle nog so in die tuin van Eden staan. “Ek sien nou waar die boosheid begin het.” Ahav weet dat die wysheid en krag van God baie groot is.  Hy is God, Almagtig en sterker en groter as enige van die draak, die dier, die geeste van Jesebel of enige ander magte in die heelal wat hy al gesien het.  Hy verskuif berge.  Hy laat die aarde ruk, weg van sy fondament af. Wat Hy doen is groot en ondeurgrondelik; heeltemal onmoontlik om te verstaan ​​of te interpreter; dis wonder op wonder.

Terwyl Ahav nog so staan en dink, hoor hy die Koning sê: “Toemaar my kind Ek het reeds ń plan uitgewerk, nog voor die begin van alles, nog voor Ek vir Kirios en Kiria in die tuin laat woon het, het Ek ń plan van verlossing bewerkstellig. In die begin was die Woord al daar, die Woord was by My en die Woord was self, God en alles het deur Hom tot stand gekom.   Almal is skuldig aan sonde, maar die wat glo word uit genade vrygespreek. Hierdie Woord het mens geword en onder die mense gaan woon.  My enigste Seun, Jesus Christus het gekom as die Lam van God wat geslag was vir die vergewing vir die mens se sondes, maar lank voor My Seun se koms het My profeet juis aangekondig van die Ēen wat gaan kom en hy het gesê: “In die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie.   Die volk wat in duisternis gelewe het, het ń groot lig gesien.  Die wat in die donker land was, het ń lig oor hulle sien skyn. Vir julle sal ń Seun gebore word.  Hy sal heers, en Hy sal genoem word Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.  Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.  Hy sal op die troon van Dawid sit en oor Sy koningkryk regeer.”

 

Dan verskyn daar en engel en sê: “Maar Jesus Christus het nie net gekom om vir almal sondes te sterf nie, Hy is ook die lig waarvan Johannes getuig het. – naamlik die ware lig wat elke mens verlig, wat aan die kom was na die wêreld toe. Baie mense besef dit nie, maar hulle leef in ‘n wêreld en ń tyd wat deur die draak en sy magte verduister word. Die draak en sy magte beinvloed hulle gedagtes met leuns en verduister die waarheid. Wanneer Jesus se lig daarop val sal hulle bose planne aan die lig  kom en sal die lig die duisternis in die mens se hart uit dryf.  Want die boosheid vul hulle met geestelike duisternis wat lei tot sonde. Maar deur Jesus se koms na die wêreld is hulle gered van die sonde en die dood. Hulle het dus die lig van God nodig om hulle te wys waar hulle moet loop en wat ons moet doen.  Met Jesus se geboorte, het Hy die pad waarop ons stap in hierdie donker wêreld kom verlig.  Jesus is die Lig wat hulle in hulle lewens nodig het.  Jesus het hulle kom loskoop en vrygemaak van die duisternis. Hulle is dus nou vry om in die lig wat Hy vir hulle geword het, te leef. Nou hoef gelowiges nie meer in geestelike duisternis rond te strompel nie, want hulle wat vir Jesus volg, sal nie in duisternis leef nie.”

 

God gaan weer voort en sê: “Kirios en Kiria het gesondig en toe word almal sondaars gemaak.  Maar deur My plan; om My Seun, te gestuur het, het Hy al die sondes van die wêreld op Hom geneem en is almal regverdig gemaak. Almal moet weet dat Ek, Jesus wat vir almal gesterf het, Here en Christus gemaak het.  Jesus het My glorie vir die wêreld kom terug gee wat hulle verloor het met die sondeval. Die mens kan homself weer beklee met die ‘kleed’ – dit wat Ek vir hulle gegee het, My heerlikheid wat die salwing van die Heilige Gees is, My krag en Wysheid. Om die mens te red van hierdie donker bande van die vyand moes die God van die wet ń weg gemaak het van redding, wat die Gees en die wet tevrede stel. Die wet het bepaal dat bloed vergiet moet word vir die vergewing van sondes.  Daarom het Kirios en Kiria nie fisies gesterf nie, want Ek het vir hulle klere gemaak uit die vel van diere en hulle bloed wat gevloei het,het hulle gered.  My Seun moes in die wêreld gebore word onder die wet, om die wat onder die wet was vry te koop met Sy bloed. Want deur ń mens het die sonde in die wêreld gekom en deur ń mens moes dit herstel word, maar dit moes ń bloed offer wees.  Avíl die tweede seun van Kirios en Kiria, was die eerste man wat die eerste aanvaarbare offer vir God die wet gebring het.  God het vir Avíl en sy offer aangeneem. Avíl het van sy eerstelinge uit sy kudde van hulle vet geoffer.  Avíl het dus ń bloed offer van sy vee gebring.  Die Almagtige het aangekondig: “Omdat die lewe van ń dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens.  Omdat bloed versoening bring deur die lewe wat daarin is.”

“Jy sien Ahav, alles in die regsplan begin met bloed.   Van die begin af kon slegs bloed versoening vir sonde bring. Ek het selfs Noag se brandoffer aanvaar, omdat hy rein vee en rein voёls geoffer het.  Ek het ook vir hom gesê dat hulle van alles wat roer kan eet maar hulle mag nie die vleis eet met sy lewe in nie, dit is met sy bloed in nie.  Hulle mag nie bloed vergiet nie.  Ek sal rekenskap eis oor die lewe van ń mens en van sy medemens want wie die bloed vergiet van ń mens, deur ń mens sal sy bloed vergiet word, want dit is hulle lewe.

Slegs die bloed van die Lam kan die regseis van die draak breek, oorwin en verslaan en die vervloeking van die wet van sonde en dood tevrede stel.  Slegs die bloed van die Paaslam kon verlore sielle versoen met die Koning.  Die wet van Moses is slegs ‘n skadubeeld van dit wat Jesus vir hulle sou kom doen, nie ‘n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, het My volk dieselfde offers gebring na die ingang van die tent van ontmoeting waar die gesalfde priester sy hand op die kop van die dier sit sodat dit aanvaar sal word en dan slag hy die dier in My teenwoordigheid.  Dan vat die gesalfde priester van die bloed van bokke en bulle na die tent van ontmoeting toe, steek sy vinger in die bloed en sprinkel van die bloed sewemaal in My teenwoordigheid op die voorkant van die voorhangsel in die heiligdom.  Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die wierookaltaar in My teenwoordigheid.  Die res van die bloed gooi hy uit  oor die fondament van die  brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting, vir vergewing van hulle sondes.”

Dan sê ń engel: “Jesus het vir hulle die Hoёr Priester geword wat vir hulle intree in God se teenwoordigheid en Heiligdom, en nou hoef hulle nie meer jaar na jaar offers te bring nie, want Jesus was die Lam wat geoffer was vir vergewing vir hulle sondes.”

God gaan Voort en sê verder: “Maar tog kon die wet, dié wat die offers gebring het, nooit volkome van sonde vrygemaak het nie. As dié wat offers gebring het, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring. Maar nou herinner die offers hulle juis jaar na jaar aan die sondes, omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.  Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan My regterhand  kom sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. Deur die één offer het Hy dié wat vir My afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.

Die mens was dus onder die toesig van die wet totdat die Redder, My Seun sou kom, sodat hulle deur te glo, vrygespreek sou word van die houvas van die sonde en die wet, en hulle geboorte reg en heerlikheid wat hulle verloor het in die tuin, terug eis by die draak.”

Die engel sê dan weer: “Die begin tekens van waar die Redder aan die kom was, was met die laaste wonderteken wat plaasgevind het in die land Mizraim, kom saam na Mizraim, die plek waar die draak gaan heers het.  Dan sal jy sien hoe die draak se rug gebreek is van die slawerny en dit is naamlik die doodmaak van die eersgeborenes van die koning van daardie land en sy mense.”

 

Weer het die Gees oor Ahav gekom en toe neem nie engel hom tot by die verre land Mizraim.  Hy is omring met ń woestynland met ń waterryke Nylvallei. Ahav het gesien dat die mense baie hard werk met klei en bakstene. Hulle word geslaan deur die slawedrywers wat hulle met dwangarbeid onderdruk.  Hy is tussen hulle maar niemand is bewus van hom nie. Hy beweeg tussen alles deur soos ń geestelike wese in die onsienlike wêreld. Die gebeure speel voor Ahav af soos ń film, behalwe dat hy  deel is daarvan, hy staan en kyk na die beeld wat voor hom afspeel.  Die draak was lustig en het die koning Ramses II se hard verhard.  Ahav sien dat Ramses II die volk nog harder laat werk.  Hoe meer die groot Koning se volk geword het hoe meer het hulle oor die land versprei, in so ń mate dat die Mizraims bang geword het vir hulle.  Die Mizraims het slawe gemaak van die groot Koning se volk.  Ahav sien hoe God se mense dag en nag na hulle Hom roep. Hulle het gesug en gekreun onder die swaar werk.  Ahav sien hoe hulle geroep om hulp tot die Koning opgaan.  Hy het hulle gekerm en gekla gehoor.

 

“Jy sien Ahav,” Hoor hy die Koning met hom praat. “Ek het aan My verbond gedink wat Ek met hulle voorvaders, Noag en Abraham gemaak het. Kirios het met sy vrou gemeenskap gehad en so het die mense vermeerder. Die verdorwenheid van die mens op aarde het al hoe groter geword.  Die aarde was vol geweld en was korrup.  Ek was baie bedroef omdat Ek die mens op aarde gemaak het. Ek het toe al die mense en diere, alles weggevee van die aarde af.”  Ahav snak na sy asem en vra met groot gerekte oё: “Het U toe vanvooraf nuwe mense geskep?”

God glimlag en praat verder: “Nee Ahav, Ek het net vir Noag begenadig want hy was ń regverdige man. Ek het vir Noag en sy seun gesê om vrugbaar te wees en om baie te word en om die aarde te bewoon, nadat hulle droeё voet uit die ark gekom het.”

Ahav vra weer nuuskurig: “Hoe het U alles uitgewis, sonder dat Noag en die diere iets oorgekom het?”

Dan vertel God weer verder: “Noag en sy vrou met hulle drie seun en hulle vroue was gespaar saam met twee van elke diersoort. Ek het vir hom gesê om ń groot ark te bou en om dan in die ark in te gaan, saam sy vrou en sy kinders en sy skoondogters.  Hy moes van al wat leef, van al die diere, al die soorte voёls en als wat kruip, twee van elk, manlike en vroulik, in die ark laat ingaan sodat hulle saam hom aan die lewe bly.  Hy moes genoeg kos vat vir al die diere en kos vir hulle van alles wat geeёt kan word.  Noag het presies gedoen wat Ek hom bevel het. Ek het die ark toegeluit  en ń groot reen op die aarde laat kom, veertig dae lank.  Al wat op die aarde geleef het het omgekom. Alles wat die lewensasem in die neus gehad het is dood. So het Ek alles uitgewis en Noag en sy gesin en alles wat saam hulle in die ark toegesluit was is gespaar.  Die water het die aarde honderd en veertig dae lank oorstroom. Ek het die water laat wegdroog en Noag het ń brandoffer op die altaar wat hy gebou het vir My gebring met die rein vee en die rein voёls.  Ek het die offer aanvaar en Ek het vir Noag en sy seun geseёn.

Dan sê Ahav: “Sjoe, dit moes verskriklik gewees het, Sal U ooit weer die aarde so verswelg?”

“Ek het met Noag ń verbond gesluit en met sy nageslag en met al die lewende wesens by hulle. Ek sal My verbond met hulle hou, mens en dier sal nie weer deur vloedwater uitgeroei word nie en as ń verbond teken het Ek My reёnboog in die wolke geplaas.”

Ahav hoor die engel sê: “Uit Noag se seuns het die nasies oor die aarde versprei, na die oorstroming. Die mense het gou weer vermeerder. God het eendag vir Sy kind Abram gesê: “In jou sal al die volke van die aarde geseёn wees.  Jy sal die vader wees van ń menigte nasies.  Aan jou nageslag gee Ek die beloofde land. Ek bring ń verbond tot stand tussen My en jou nageslag en al hulle nageslagte.  Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.  Ek gee aan jou en jou nageslag die land waar jy as vreemdeling woon, die hele Kanaān, as blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.  Moenie bang wees nie, Ek beskerm jou. Maar julle moet  besny word aan die voorhuid, as verbonds teken.  Die Jode verlaat hulle op die wet van Moses.  Hulle beroem hulle daarop dat God hulle God is.  Hulle ken die wet baie goed omdat hulle deur die wet onderrig is. Die wet is hulle samevatting van kennis en waarheid. Hulle glo dat hulle gered gaan word as jy die wet onderhou, maar hulle oortree self die wet en daardeur doen hulle God ń oneer aan. As gevolg van hulle optrede word die Naam van God deur die heiden-nasies belaster. Die besnydenis het waarde alleen as jy die wet onderhou. Maar as jy die wet voordurend oortree, is jou besnydenis niks anders as onbesnydenis nie. Besnydenis gaan nie oor wat jy uitelik of aan die liggaam doen nie.  Besnydenis moet innerlik wees.  Besnydenis van die lelike dinge in jou hart wat deur die Gees gedoen is, nie volgens wetsvoorskrifte nie.”

Dan sê die Gees: “Later word die besnydenis die doop.”

Dan gaan God Voort en sê: “Maar laat Ek jou nou eers klaar vertel van my volk Israel wat onder slaweny was. Ek het My mense se nood gesien en dit ter harte geneem, en aan My verbond gedink soos Ek gesê het.” Dan sien Ahav weer die beeld van God se volk in slawerny en hy sien hoe die Koning afkyk na Sy mense wat so swaar ly onder die Mizraims.  Ahav sien dat die Koning vir Moishe – ń dienaars van die Koning, nader. Weer hoor Ahav die Koning sê. “Ek het een van My boodskappers na Moishe toe gestuur, ń engel wat verskyn het aan hom in ń vlamende doringbos. Moishe het My ontmoet op ń eienaardige plek, in ń bos wat brand en tog nie uitbrand nie.  Ahav andwoord die Koning: “U is groot en magtig niks is vir U onmoontlik nie.”  Dan kyk Ahav weer in die beeld en sien dat die Koning met Moishe praat en sê: “Ek is die God en groot Koning van jou voorvaders. Ek het die swaarkry en lyding van My mense gesien in die land Mizraim. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van die Mizrains en die draak te bevry en om hulle te lei na ń land wat Ek aan hulle beloof het.  Ek stuur jou na Mizraim, toe sodat jy My mense kan gaan bevry.”  Moishe het vir die Koning gevra: “Ek praat baie moeilik, kan my broer, Arun saam my gaan om die praat werk te doen?” Die koning het vir hom gesê: “Laat Arun saam jou gaan.  Hou hierdie kierie by jou, dis die kierie waarmee jy die tekens moet gaan doen. Moenie vir hulle bang wees nie want Ek belowe jou dat Ek oral saam jou sal wees en jou sal beskerm.  Ek sal julle leer wat om te sê. Ek sal aan jou wonderdade gee om te doen om Ramses II te oorreed om My mense te laat gaan.  Ek gee aan jou gesag oor die draak en Ramses II doen julle net alles presies soos wat Ek vir julle sal sê om te doen.”

 

Moishe en Arun het saam die pad aangepak na die vêr land van die draak in Mizraim.

Die draak en Ramses II was hardkoppig en dit het die Groot Koning nodig geag om baie wonderwerke en tekens te doen.  God het vir Moishe gesê: “Nog net een wonderteken sal Ek die draak en Ramses II mee tref, dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Gaan sê vir My volk elke man en vrou moet silver en goue goed van hulle Mizraim bure eis.”  God het gesorg dat die Mizraimers aan Sy volk goed doen. Moishe het vir Ramses II van Mizraim gesê: “God het gesê: “Teen middernag sal Ek deur Mizraim gaan, en elke eersgeborene in Mizraim sal sterwe, van die kroonprins af tot by die eersgeborene van die slavin, selfs die eerstelinge van die diere, maar onder My menses al niemand iets oorkom nie.”  God het vir Moishe presies gesê wat om te doen en Moishe het toe al die leiers van die volk bymekaar geroep en vir hulle gesê: “Gaan vang vir julle gesinne elkeen ń lam uit en gaan slag die paaslam.  Neem ń bossie Hissop, doop dit in die bloed en smeer die bloed aan die sykante van die deur kossyn.  Nie een van julle mag by die deur uitgaan voor die volgende more nie.  As die Koning verby kom om die Mizraimers te tref, sal Hy die bloed aan die sykante van die deur kosyn sien en die deur oorslaan.  Hy sal nie die dood in julle huise laat inkom om julle te tref nie.  Julle en julle kinders moet altyd hierdie voorskrif eerbiedig.  Dit is ń paasoffer aan God omdat Hy in Mizraim die Volk se huise oorgeslaan het.  Terwyl Hy die Mizraimers getref het, het Hy ons huise gespaar.”  Die groot Koning sê vir Ahav: “Onthou wat Ek jou vroeёr gesê het, slegs bloed kan die mens red, verlos en beskerm, hier sien ons alreeds die skaduwee van die Een wat sal kom – Die bloed van die lam aan die deurkosyne”

 

Ahav sien hoedat Ramses II vir Moishe en sy broer laat roep en sê: “Gee pad onder my mense uit, julle twee en al die mense van julle God.  Vat alles wat julle besit en gaan weg!” Die Mizraimers het sterk by God se mense aangedring om uit hulle land pad te gee, “want” het hulle gesê: “anders gaan ons almal dood.”  Ahav sien dat God se volk, Israel, saam met ń klomp ander mense weg getrek het uit Mizraim onder beskerming van God.  God het ń Engel saam hulle gestuur om voor hulle uit te beweeg. Dan sê die Koning vir Ahav: “En dit my kind, is waar die draak se rug gebreek is van die slawerny.  Jy sien Ahav vandag nog moet die mens  homself sien asof hy self uit Egipte getrek het. Dit is nie net hulle voorvaders wat deur die heilige geloof bevry is nie, maar ook almal tot vandag nog is saam hulle bevry.”

 

“Ek sien, dit was ń vryheid waaraan elke nuwe geslag opnuut deel”, andwoord Ahav.  Dan praat die engel weer: “God het hulle nie net verlos van slawerny nie of die houvas van wat die geloof op hulle gehad het nie, Hy het ook die hele pad oppad na die beloofde land Sy volk beskerm en versorg. Kom saam Ahav en dan wys ons jou hoe groot en magtig ons God is.”

 

Die engel neem Ahav tot by die Israeliete se uittog, en hy bevind hom weer tussen God se volk wat oppad was na die beloofde land.  Ramses II was koppig en het Israel agterna gesit.  Ahav het omgekyk en gesien hoe Ramses II se groot weermag met hulle strydwaens en perderuiters nader kom. Die stofwolke het hoog in die lug opgestyg  en die volk het baie bang geword. Maar God het vir Moishe gesê: “Bly julle maar net kalm, Ek sal vir julle veg.”  Moishe het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie.  Staan vas, kyk hoe God vir julle vandag gaan red.”  Dan sê die engel vir Ahav; “Soos wat God by Moishe was, en hom beskerm het en vir hulle geveg het, so is Hy ook vandag nog by elke een wat Hom dien en liefhet. Wanneer die boosheid hulle treiter moet hulle net kalm bly en onthou wat God vir die Israeliete gedoen het.”

 

Dan sien Ahav dat die Engel wat voor die Israelite uitbeweeg het, het agter hulle plek ingeneem. Die hele nag deur kon die Mizaraimers nie naby Israel kom nie.  Hulle het tot by die groot see gekom en Moishe het sy hand uitgesteek en God het ń sterk wind laat opkom en die water oopgekloof sodat daar ń droeё pad deur die see was.  Die volk het deur die see op droeё grond deur gegaan en die see het weer agter hulle toegemaak. Die vyand het hulle agtervolg maar hulle is deur die see meegesleur.  Ahav staan ek toekyk hoe Ramses II en sy hele weermag in die water omkom.  Die volk was baie bly en het vir die Koning ń lied gesing: “U is hoog verhewe.  Perd en strydwa het U in die see geslinger.  Ons God, U is ons krag en ons beskermmer.  U het tot ons redding gekom.  Op U roem ons.  U is die God van ons voorvaders.  U is oorwinnaar in die stryd!”

 

Dan sê die engel vir Ahav: “Net soos wat God ń pad gemaak het deur die see vir die Israelite, net so maak Hy vandag nog ń weg vir die mensdom en speel Hy klaar met die vyand wat hulle teister. Hy kom tot hulle redding en bring vir elkeen oorwinning.”

 

Die Koning het aan Moishe gesê: “Ek is God, Ek stuur vandag nog, ń engel voor elkeen uit om hulle te beskerm en na die plek toe te bring wat Ek vir hulle reg gemaak het.  Hulle moet ag gee na wat hy sê en na hom luister.”  Ahav het beleef hoe die Koning die hele pad na die beloofde land toe, Sy Volk beskerm het.  Die engel het vir Ahav opgeraap in ń ligstraal en teruggeneem na die hemelwoning van die Koning.

 

Die jaar het vining gevorder in die sienlike wêreld. John se suster se  kinders kom kuier vir die April vakansie en Paasfees – die Christelike fees, is om die draai. Die winkels is reeds versier met paaseiers en paashase en die rakke kreun onder al die sjokolade. Berta koop klomp gekleure paaseies vir die jongspan. Dit gaan weggesteek word Paassondag, sodat die kinders dit kan kom soek om hulle mandjieste vul. Sy hou ń groot blink paashaas vas en druk dit liggies teen haar hart; “Eendag, eendag.” Prewel sy en sit dit weer terug op die rak.

 

Die einde van Lydenstyd breek aan met Goeie Vrydag.  Lydensweek is waar die laaste gebeure in Jesus se lewe voor die kruisiging herdenk word, soos die intog in Jerusalem met Palmsondag en Jesus se salwing en die laaste Avondmaal.  Goeie Vrydag is die dag wat Christene wêreldwyd die kruisiging van Jesus onthou en dit vorm deel van Paasnaweek.  As Christene besluit Bertha en John dat hulle hierdie geleentheid gaan aangryp en vir die kinders gaan vertel wat die die ware betekenis van Paasfees behels.

 

Paasoggend, kyk Bertha na die kinders se mandjies en sê: “Bring julle mandjies dat ek sien watse verassings daar in is.  Kom sit hier by my, ek wil graag vandag vir julle leer dat Paasfees nie net gaan oor die lekker paaseiers en partyjies nie, nee God het die Israeliete se noodkreet gehoor toe hulle in Mizraim onder slawerny was, en om hulle te herhinder aan hoe Hy hulle uit Mizraim gered het moes hulle elke jaar Paasfees vier.

 

Dan gee John vir elkeen ń paasbolletjie en sê: “Sien julle die kruis op die paasbolletjie, dit dui op Jesus en Sy kruisdood en die vier kwarte dui op die evangelie wat die vier hoeke van die wêreld ingedra moet word. Brood simboliseer ook Jesus se liggaam, soos ons ń stukkie afbreek en eet net so neem ons Sy woord in as ons dit lees, want Jesus was die Woord wat mens geword het.  Die rosyne is druiwe waarvan wyn gemaak word, wat weer die Bloed van Jesus simboliseer, maar die grootste simbool van Paasnaweek is die Paaslam.  Onthou julle dat die Israeliete in Mizraim, die bloed van die Paaslam aan die deurkosyne moes smeer sodat die doodsengel by die volk moes verbygaan. Johannes die doper het Jesus as die Lam van God wat die sonde van die wêreld gaan wegneem, genoem. Jesus Christus was dus die Lam wat geslag was vir ons en daarom vier ons vandag nog Paasfees, om terug te dink aan die dag toe Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het en dat Hy die dood oorwin het sodat ons die ewige lewe kan hê.   Paasfees vier ons ook die opstanding van Jesus Christus, wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het.  Jy sien kinders dit is die Christelike fees van Jesus Christus se kruisdood en opstanding. Die paaseiers in julle mandjies is leeg of hol binne want dit versinnebeeld Jesus Christus se leë graf, asook ń simbool van nuwe lewe. Julle sien die aand voor Jesus se kruisiging het Hy die oorspronklike betekenis van Paasfees verander; om nie net ʼn fees te wees om God te dank vir die verlossing van sy kinders uit Mizraim nie, maar ʼn fees om Hom te dank dat hy ons uit die mag van sonde en dood gered het deur die kruisdood van sy Seun Jesus Christus.”

 

Dan sê Bertha: “Laat ons dan Paasnaweek met dankbaarheid  vier, sodat ander ook die verlossingskrag van sy liefde in ons kan sien en wanneer julle so lekker smul aan die soettigheid van die hol eiertjies; dink aan die lee graf en soet smaak van oorwinning.”

 

John is weer aan die spreekbeurt en sê: “En dan veertig dae na Paasfees vier ons Jesus se Hemelvaart, want veertig dae naday Jesus uit die dood uit opgestaan het, het Jesus en Sy dissipels na die Olyfberg gegaan, en nadat Hy hulle geseën het, het Hy opgevaar na die hemel in ń wolk.  God die Vader het in Sy groot liefde Sy Seun na die wêreld, gestuur en nou het die Seun teruggekeer na Sy Vader. Sy tydperk op aarde was op ‘n eind en Jesus se werk in die sienlike wêreld was afgehandel. Hy het toe amptelik begin as Hoēr Priester en middelaar.  Sy werk in die onsienlike wêreld het toe begin en Hy tree nou in as regter vir die mens by God. Alles wat Hy kom doen het, het Hy bereik.   Die Hemelvaart dui op die terugkeer na Sy hemelse heerlikheid en dit simboliseer ook Sy verhoging na die Vader, want God die Vader het Sy Seun verhoog en plek langs Hom op die hemeltroon gegee.  Ons herdenk Hemelvaart om Hom te dank vir alles wat Hy vir ons kom doen het op aarde met die gedagte dat dit Hom toegelaat het om vir ons ń plek voor te gaan berei het. Jesus het sy volgelinge beloof dat hulle spoedig die Heilige Gees sou ontvang en dat Hy gou weer sal terug kom net soos wat Hy opgevaar het na die hemel.”

 

Intussen besluit die draak om weer die aarde te deurkruis, op soek na iemand om te verslind Hy kom toe op ń man af.  Hy is ń groot vriend van die Koning. Hy sien dat Iyyòb geseёnd is en dat dit goed met hom gaan.  Die draak het hom goed dopgehou en vandaaraf weggegaan.

 

Dan op ń dag kom al die hemelwesens voor die groot Koning staan.  Die draak was ook tussen hulle.  Die Koning sien hom raak en vra: “Waar kom jy vandaan?” en die draak andwoord die koning: “Ek het die wêreld deurkruis.” Die Koning vra hom: “Het jy enige van My dienaars raakgesien?  Soos byvoorbeeld Iyyòb.  Hy is opreg.  Hy dien My en vermy die kwaad.” Toe andwoord die draak die Koning: “U beskerm vir Iyov en sy huis en al sy besittings.  Alles wat hy doen is voorspoedig.  U voorsien hom mildelik en het geen tekort aan enige iets nie.  Natuurlik sal hy U dien.”

 

Ahav, wat ook daar was, staan nader en die Koning sê vir hom: “Dit is duidelik dat die draak dink dat geen mens die Koning dien uit liefde nie maar slegs vir die voordele wat vir hulle geskenk word. In hierdie argument van die draak sal Ek jou nog ń skaduwee wys van die Een wat gaan kom, die een wat die Koning se standard kan bereik omdat Hy foutloos en sonder sonde is.”

 

Die draak het sy kans af gesien en sê verder vir die Koning: “Raak nou net aan Iyyòb se besittings, dan kyk U of hy U nie in U gesig sal vervloek nie.” Die Koning sê toe vir die draak: “Nou goed, alles wat Iyyòb besit, gee Ek in jou mag oor.  Net aan hom self mag jy nie raak nie.”  Die draak is sommer dadelik daar weg.

 

Eendag was Iyyòb besig om met die Koning te praat.  Hulle was baie lief vir mekaar en was gereeld in gesprek met mekaar. Hy was nog besig toe daar ń boodskapper aankom en skree: “Iyyòb, iets vreeslik het gebeur!”  die boodskapper sak moedeloos neer voor Iyyòb en sê verder: “Die mense uit Skeba het ons oorval.  Hulle het alles gevat en die slawe doodgemaak.” Terwyl hy nog praat kom daar nog ń boodskapper aangehardloop en skree: “Weerlig het die wagters en vee doodgeslaan.  Alles is verbrand.” Toe Iyyòb opkyk sien hy nog ń man aanghardloop kom en geskok skree: “U kinders is almal dood! ń Sterk wind het opgekom en die huis omgewaai, al die puin het op hulle geval en almal is dood.” Toe het Iyyòb sy klere begin skeur en sy hare afgeskeur en op die grond gaan lê.  Hy was droewig en hardverskeurd maar tussen alles deur het Iyyòb steed die Koning geprys en hom nie verwyt of iets verkeerd gedoen wat die Koning vervloek nie.  In een dag het Iyyòb alles verloor, gesondheid, kinders, alles maar die duiwel se argument het gevaal.

 

Weer het die hemelwesens voor die Koning vergader.  Die draak was weer daar en die Koning sê vir hom: “Iyyòb het vroom en opreg gebly, al het jy My daartoe gebring om hom sonder rede te ruȉneer. Hy het niks verkeerd teenoor My gesê of gedoen nie.” Na die aanvanklike mislukking het die draak sy uitdaging hernu en die draak sê toe vir die Koning: “Dit bewys niks nie.  ń Man sal mos alles opgee vir die Koning, maar raak nou net aan sy liggaam en kyk of hy U nie dan in U gesig sal vervloek nie.

 

Die Koning het Iyyòb weer in die draak se mag oorgegee en gesê: “Jy kan doen met hom wat jy wil maar sy lewe mag jy nie neem nie.”  Die draak is vandaaraf weg na Iyyòb toe en hom met pynlike swere getref. Iyov het op ń ashoop gaan sit en homslef met ń potskerf gekrap. Sy smart was baie groot.  Iyyòb se vrou het vir hom gesê: “Vervloek God sodat jy kan sterf.” Hy het haar geandwoord: “Jy is sonder verstand.  As ons die goeie van God aanvaar, moet ons ook die slegte aanvaar.” Onder alles het Iyyòb met geen woord gesondig nie.”  Die Koning sê vir Ahav: “Die herhalende tema in die draak se uitdagings is: “hy sal U in die gesig vervloek”, maar Ek sal jou wys hoe sy argument oorwin is deur My Seun die Lam van God.”

 

Weer het die Gees oor Ahav gekom en is hy weggevoer op ń wolk saam die Koning. Hulle kom tot stillstand by die tuin in Getsemane.  Ahav sien dat Jesus met Sy gesig op die grond lê om met Sy Vader te praat. Hy was dood bang en benoud en Hy het gevra dat Hy nie uit die lydensbeker moet drink nie, maar Hy het ook geweet wat die wil van die Vader is en gesê: “nie My wil nie maar U wil”.

 

Ahav gewaar ń kolkende donker wolk van boosheid ń entjie daarvandaan waar Jesus besig was om met Sy Vader te praat.  “Jy sien, Ahav die vyand staan in verwagting, hy dink hy is besig om oorwinning aan te teken maar eintlik gebruik Ek dit wat vir die wêreld lyk of dit die einde is en verander dit in iets wat redding bring.  Wanneer die mens uitroep na My van benoudheid en vrees, weet Ek dat alles ten goede gaan meewerk vir My kinders. Die wêreld se realiteit is nie My realiteit nie.  Ek werk op manière wat die wêreld nie verstaan nie en verander situasies wat vir hulle onmoontlik lyk sodat daar iets goeds uit kan kom.  Net soos Josef, as sy broers hom nie verkoop het nie, sou hy nie koning kon word en sy volk red van die hongersnood nie; Dawid sou nie koning geword het as hy nie vir Goliat verslaan het nie; Die vals heidense geloof sou nie vernietig word as Daniel nie in die leeukuil was nie.  So ook My Seun as Hy nie gesterf het nie, sou daar nie redding gewees het vir almal nie.”

 

Ahav sien, Jesus was vreesbevange en het bloed gesweet en God het ń engel na Hom gestuur om Hom te versterk.  “Vandag nog stuur Ek engele na My kinders om hulle sterk te maak in hulle oomblikke van benoudheid.”  Ahav sien verder dat Judas, Jesus verraai en toe is Jesus gevange geneem. Jesus het voor die Joodse raad verskyn en die hoëpriester het Hom die laaste vraag gevra: “Is jy die Seun van Hom aan wie die lof toe kom?” “Ek is.” het Jesus geandwoord. Hulle het Jesus se andwoord as klag teen Hom gebruik.  Dan sien Ahav dat Petrus, Jesus drie maal verloën en ń haan het drie maal gekraai.  Die Joodse raad het Jesus voor Pilatus gebring want hulle was nie by magte om Jesus die doodstraf op te lê nie. Hierdie Romeinse goewerneur het Jesus onskuldig gevind maar hy was bang vir die mense en vir hulle gevra wat wil hulle hê moet hy met Jesus doen. Toe skree hulle: “Kruisig Hom!”

Die soldate het ń doringkroon op Jesus se kop gesit en ń persmantel om Sy skouers gehang en met Hom die spot gedryf. Hulle het Hom gemartel en weer Sy eie klere aan getrek na waar hulle Hom weggelei het om gekruisig te word. Jesus het Sy eie kruis gedra op die pad na Golgota.

 

Dan bevind Ahav homself by Golgota en hy sien dat Jesus hang aan ń kruis op ń koppie en aan elke kant van die kruis staan nog ń kruis, aan elkeen hang daar ń rower. Die reuk van bloed vul die lug. Ahav hoor hoe hulle  Hom belaster en sê: “Red jouself as jy die Seun van God is.  Ander het Jy gered, maar jouself kan jy nie red nie!”

 

Ahav kyk oor sy skouer en sien so klein entjie weg, weer dieselfde donker kolkende wolk wat daar in die tuin van Eden en Getsemanie was.  In die wolk sien hy die draak wat angstig staan en wag vir die Seun om te sterf, hy het so ń boosaardige grinnik op sy gesig en gluur kort kort na die kruis.  Hy vryf sy hande senuagtig teen mekaar, hy wag vir die laaste oomblik van oorwinning.  Die Seun het hard uitgeroep “My Vader, My Vader, waarom het U My verlaat?” maar Sy laaste woorde was: “Dit is volbring” en toe blaas Hy Sy asem uit. Ahav sien in weer in soos in ń spieёlbeeld; wat die Gees hom laat sien; hoedat die voorhangsel in die tempel skeur die oomblik toe Die Seun op die kruis sterf.

 

En weereens soos met Iyyòb het die draak se aantuigings misluk en het die draak se argument gevaal, ook sy poging om wraak te neem. Jesus het nie net die grens van die dood verbreek nie, maar ook die van die kerk. Die kerk is nie net vir die Jode nie, maar vir almal.  Jesus is verlosser vir almal.  God neem nie onderskeid nie.  Hy neem almal aan wat Hom vereer en doen wat reg is.

 

“Jy sien Ahav, met die woorde van My Seun: “Dit is volbring” was alles verlore vir die draak en sy demone, die aanklaer se argument was oorwin met die liefde van My enigste verwekte Seun.  Die oorwinning was aan My Seun se kant.  Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie, en Sy liggaam het nie vergaan nie.  Ek het Jesus uit die dood laat opstaan.  Met My reddings plan het Ek bewerk dat My Seun die prys vir die mensdom betaal met Sy bloed.  Deur Sy bloed is almal een met Christus.  Soos Ek voorheen vir jou gesê het: Lewe is in die bloed en My Seun het dit in liefde en gehoorsaamheid vir My gegee om die verlore seuns en dogters van Kirios te verlos van die sonde, die dood en die wet.  Soos wat Sy lewe Hom verlaat het, het Hy My nooit vervloek nie.  Deur wat My Seun gedoen het vir almal het Hy die mens se heerlikheid en mag terug gekoop en alles wat hulle verloor het.  Jesus het alles wat die mens van God se liefde skei uit die weg kom ruim.  Hy het hulle kom red van die sonde en die wet.  Hy het nie net vir almal se sondes gesterf nie, Hy het ook My Koningkryk kom verkondig en die onsienlike bekend kom stel.  Ek is God en niks is vir My onmoontlik nie, Ek kan enige situasie verander en dit ten goede laat meewerk aan wie Ek wil. Toe die vyand gedink het dis verby toe was dit eintlik die einde vir hom en sy bose magte. Jy sien My Seun het in die geesteswêreld, die poorte van die hel ingegaan en die vyand,  en sy demone oorwin.  Hy het die sleutels van die hel weggeruk van die vyand. Hy het die sonde kom wegneem en oorwinning aangekondig.  Die draak se poging om wraak te neem Op My Seun het misluk en omdat hy dit nie kon regkry nie, het hy wraak gesweer op die kinders van My volk.  Goddelose magte, probeer steeds nog om gelowiges te oorwin.  Maar My Seun het opgevaar na die hemel waar Hy verheerlik is, Hy kom weer binne kort terug om vir eens en vir altyd met die vyand af te reken en dan kom haal Hy die wat aan Hom behoort”

 

Op ń dag betree Ahav die hemelhof.  Daar is reeds ń saak aan die gang en hy gaan sit eenkant stil en bekyk die toneel voor hom.  God sit as Regter op die troon. Die satan tree in as die aanklaer, hy staan tussen die troon en die beskuldigde. Hy is besig om sy saak te stel en in sy hand hou hy die klagstaat teen die beskuldigde, omhoog.  Die beskuldigde het tans die onsienlike wêreld betree.  Dan hoor Ahav die aanklaer wat aan die woord is, sê: “Regardt was ń volslae dwelm verslaafde. Boonop het hy gesteel en selfs moord gepleeg om geld te kry vir sy dwelms. Hy was op aarde gevonis en het lewens lank tronkstaf gekry.  Regard was deel van ń gevreesde bende groep wat mense gemanupileer en afgepers het. Sy liggaam was vol tatoes en hy was in menigte gevegte betrokke.  Hy het mense geslaan en lewens verwoes.”

 

Dan tree Jesus Christus in as Regardt se prokureur.  Jesus het gesit aan die regterkant van die troon langs God. Hy het opgestaan en nader gestap na die aanklaer en toe neem Hy die klagstaat uit die aanklaer se hand en trek ń bloed rooi streep daardeur.  Dan kyk Jesus na die Regter en sê: “Met My bloed het Ek betaal vir hierdie kind van My.  Sy sondes het Ek op My geneem en dit vas gespyker aan die kruis op Golgota.  Regardt het My geken en hy het in My geglo. Hy het ook geglo aan God en die Heilige Gees. Hy het sy lewe verander en My gevra om hom te vergewe vir sy ongeregtighede.  Hy het in ń hegte verhouding met My gestaan en My elke dag in gebed ontmoed.”

 

God het die aanklaer stip in die oē gekyk en gesê: “Hiermee verklaar Ek Reghard as onskuldig. Hy is vergewe en aan sy sondes sal Ek nie meer dink nie. Omdat Regardt geglo het, en deur die bloed van My Seun, word hy vrygespreek.”

 

Ahav dink aan die gesig wat hy gesien het by Golgota en hy onthou waardeur Jesus moes gegaan het om die mensdom te red.  Dan kyk hy na Regardt, en skielik verstaan Ahav hoekom Jesus aan die kruis bly hang het, al kon Hy ń legioen engele laat kom het om Hom te red, en hy besef dat dit die liefde vir God en die mens was wat Hom daar gehou het. Daarna het ń engel van God gekom en Rehardt geneem na sy plek in die hemelwoning.

 

Na die hofsitting ry Ahav weer saam die Koning op die wolke oor die wêreld heen. Dan vra Ahav: “My God waarom is die agressiewe magte van die doderyk dan nog steeds so besig in die menselewe?”   Jy sien Ahav verduidelik die Koning “Na die draak se mislukking was hy eērs woedend en alhoewel die draak en die bose geeste  weereens oorwin is  weet hy dat hulle nie beperk is tot die hel nie.  Hy besef dat hy min tyd het voor My Seun terug keer en die poorte van die doderyk is daatop uit om die mense te oorweldig terwyl hulle tyd het.  Die draak swaai nog, vir eers die septer in die onsigbare bose ryk en die mens se lewe word intussen aanhoudend bedreig Die oorlog is geestelik en die stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor die sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.  Die soldate is onsigbaar.  Die draak of slang van ouds, soos hy homself voorgedoen het, word die aanklaer genoem en die mens word deur die aanklaer dag en nag voor My aangekla.  Hy weet dat deur dit wat My Seun gedoen het op Golgota vir die mensdom, word hulle vrygespreek en geregverdig. Hy weet ook dat het diė wat glo in My en My Seun, reeds saam Ons wandel in die geestelike ryk, hulle leef reeds saam Ons in die geestelike wêreld en beweeg saam Ons op hemelse plekke.  Onthou die voorhangsel wat jy gesien skeur het in die tempel toe My Seun gesterf het, beteken dat die skeiding tussen die mens en My verwyder is.  Nou kan die mens weer saam My wandel en met My gesels.  Die mens is nou nie meer sondebewus nie, hulle is nou meer bewus van My en die onsienlike en kan dus die stryd teen die vyand oorwin.  Die draak is bewus daarvan dat die mense hierdie onophoudelike stryd kan wen en sy invloed in hulle lewe kan verander deur die krag wat hulle ontvang van My. Dis dieselfde krag wat plaasgevind het toe Ek My Seun uit die dood laat opstaan het. Hy weet dat hulle toegang het tot meer geestelike krag as hy en vir hierdie rede doen hy en sy bose geeste en magte alles in hulle vermoeё om skade aan te rig in die mens se lewe om dit te verhoed. Hy is ook bewus dat hy net ń kort tydjie het, want wanneer My Seun kom om die gelowiges te kom haal, gaan Hy finaal met die boosheid afreken en word die draak en sy demone, die dier en die valse profeet; wat aan die kom is, in die poel van vuur gegooi.”

 

“Is daar intussen iets in plek vir die mensdom om hom te help in die geestelike oorlog en aanslae van die draak en sy magte tot en met U Seun kom?” vra Ahav.

 

“My kind Ek voorsien hulle met ń klomp geestelike wapens en geestelike vaardighede om oorwinning te behaal in hierdie geestelike oorlogsvoering.  Die wapens van hulle stryd is My kragtige gevegstoerusting.  Hulle moet hulle geestelike wapenrusting opneem. Hulle hoef nie fisies te veg nie, hulle moet net die wapenrusting aan trek soos ń soldaat sy wapenrusting aan trek, sodat hulle weerstand kan bied en na als staande kan bly.  Gelowiges moet gereed maak om geestelik teen die draak en die bose magte te veg. Ek, die Here, het soldate in diens geneem.  My soldate in My geestelike oorlog sal elke dag op hulle pos bly, biddend en smekend.  Die mens voer nie ń mensgemaakte stryd met menslike middele nie. As hulle op hulle kniee bly, sal hulle vas bly staan.  Op hulle kniee in gebed is belangrik, dit sal hulle ook help om nie afvallig van die geloof te raak nie.  Daarmee vernietig hulle die ongeloof asook elke skans wat teen die kennis van My opgerig word, want die vyand wil hê die mens moet sy leuns glo. My kinders gaan ten gronde as gevolg van ń gebrek aan kennis. Ek sal My kinders beskerm teen alle gevaar soos ń leeu sy prooi en ń voёl sy nes.  Ek sal hulle red en bevry.  Ek stel wagte aan wat op die muur sit en wag hou. Hulle bid dag en nag, vir die wat swak is en vir die wat deur moeilikhede gaan en ook vir almal wat hulp nodig het, asook vir die gelowiges om staande te bly.

My kinders moet vas staan in die waarheid van My Woord. Die waarheid behels die verlossing van die gelowiges deur Jesus se kruisdood.  Wanneer die vyand vir hulle leuns fluister, moet hulle onstnap deur hulleself met die waarheid te bewapen in hulle denke. Want die draak is die vader van die leuns.  Die waarheid behels ook die verbondenheid van My en My Seun met die mens. Die boodskap van Christus behels ook My Koningkryk en ook die feit dat Ek in en deur die mens leef.  Hulle moet die waarheid soos ń gordel om hulle vas bind.  Maar hulle sal die waarheid moet ken as hulle wil hê dat die waarheid hulle moet beskerm.  Hulle kan nie teenstand teen die vyand en sy leuns bied as hulle nie kennis het van die woord nie. Hulle sal die woord moet bestudeer en oordink en deel van hulle lewe maak, dan sal hulle die waarheid tot hulle beskiking hê.  Die waarheid sal hulle vry maak.

Om hulle harte te beskerm deur die leuns en emosies van die bose, wat hulle vertroue in My en hulle selfbeeld aanval, en vir die leuns van die vyand wat hulle laat dink hulle is nie waardig of goed genoeg nie, gee Ek aan hulle die vryspraak, deur My Seun, as borsharnas om aan te trek.  Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onder hou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. Die wet leer hulle net wat sonde is, hulle word nie daardeur vrygespreek nie. Dis waarom Jesus gekom het, Hy het hulle kom vrymaak van die wet.  Die borsharnas sal hulle denke en hart beskerm teen die aanvalle van die bose.  Want jy sien Ahav, Ek het hulle oortredinge vergewe uit genade omdat hulle glo en hulle is nou vrygespreek van die sonde en aanklagte van die vyand.  Almal is skuldig maar die wat glo word vrygespreek.  Soos wat ń borsharnas die hart beskerm, kan hulle in hulle harte weet dat hulle vrygespreek is, en omdat hulle vrygespreek is, word hulle gereinig en geheilig deur die Bloed van My Seun Jesus Christus.

Hulle moet bereid wees om die goeie nuus te verkondig, want die vyand wil hê ons moet glo dat dit ń hopelose taak is om die goeie nuus te verkondig.  Die goeie nuus behels die Evangelie van Christus.  Die Evangelie is ń krag van God tot redding van elkeen wat glo. Daarom moet hulle die skoenne van bereidheid aan hulle voette dra om die evangelie van vrede te versprei.

Hulle ontvang ook die skild van geloof dis om die brandpyle van die vyand af te weer.

Ek gee hulle die verlossing as helm wat hulle op hulle koppe plaas dit dien as ń skerm oor hulle denke teen die leuns van twyfel. Wanneer hulle die helm dra beskerm dit hulle denke sodat hulle nie beinvloed word deur die valse aantuigings en verkeerde gedagtes waarmee die vyand hulle teister nie. Want My Seun het Sy lewe vir ons gegee en ons verlos van die sonde en die dood.

Wanneer die Vyand hulle versoek en aaval moet hulle My woord  gebruik soos ń soldaat sy swaard sal gebruik teen sy vyand.  Dan sal hy van hulle af wegvlug.  My Seun het drie keer uit die woord aangehaal toe die draak hom versoek het en die draak het na die derde keer gevlug. Geen ander mag is sterker as die wil van die Almagtige Koning wat in lyn is met My woord nie. Die stryd behoort aan My, die Almagtige God.”

Ahav bevind hom weer terug by die hemeltroon, hulle is omring deur engele en die geeste van die volmaakte regverdiges.  Die Heilige Gees en Jesus is ook teenwoordig.  Hulle glans is soos kristal.  Daar heers ń lieflike warm gevoel van eindlose liefde en vrede, ń vrede wat die mens nie ken nie.  Net Vreuge en blydskap en alles wat mooi, rein en prysenswaardig is, heers hier.

 

Ahav voel die teer aanraking van Jesus. Met ń sagte fluister stem hoor hy die Seun sê: “Daar is op aarde vir die mens ń plek waar die mens veilig kan ontkom aan die magte van die doderyk en dit is in die hemelryk.  Alleen as die mensdom skuiling soek in My Koningkryk kan die bosemagte hulle nie bykom met hulle wrede kloue nie.  Die poort na die hemelryk is deur My, Ek is die enigste weg na die Koningkryk en ewige lewe saam die Koning, My Vader.  Toe Ek opgevaar het na die hemelryk en kom sit het aan My Vader se regterhand, het Hy aan My alle mag en gesag gegee oor elke bose magte en kragte wat daar ook al mag wees.  Kyk Ek het aarde toe gekom om alles nuut te maak. Die mens het vergeet wie hy is en dat hy net soos Ek ook die Koning se seun is.  Die wêreld was onder die mag van die draak na die sondeval, omdat hulle denke beinvloed is en die mens nie geglo het dat Ons by hulle woon nie.  Daarom het Ek gekom om dit te herstel.  Ek het hulle kom wys wie hulle is, hulle ware identiteit in My.  My Koningkryk is nie van die sienlike wêreld nie, My Koningkryk is geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees en is op waarheid gebaseer.  Hierdie waarheid is ń struikelblok vir die sienlike wêreld. Ek het My koningkryk kom bekend maak in die sienlike wêreld sodat die wat geroep word, burgers kan wees van My koningkryk.  Vir die wat nie aan die waarheid behoort nie is My koningkryk ń struikelblok want dit getuig van My en dinge waarvan hulle nie verstaan nie, want hulle denke is verwronge en hulle het nie die Heilige Gees ontvang nie.  Ek en ons liefdevolle Vader is een en Ons is een met die mens.  Jy sien die mens is deel van hierdie eenheid, want elkeen wat bely dat Ek, Jesus die Seun van God is – God bly in hom, en hy in God. Ons word een met hom soos wat Ek een is met die Vader. Die mens se liggaam is ń tempel vir die Heilige Gees, dis waar die Gees woon. En wanneer Ons by hom gaan woon dan neem My Vader hom ook aan as Sy kind en dan is die mens My broer want daar is net een Vader, en dis Hy wat in die hemel is.  My koningkryk is binne in hulle want ons is een.  Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê”

 

Toe het daar ń stem van die troon af gekom wat gesê het: “Loof ons God, al Sy dienaars, Prys die Here!”

 

Daarna hoor Ahav die rustige stem van die Heilige Gees wat sê: “Dan sal die mens My ontvang en hy sal weer geestelik leef soos dit was voor die sondeval en dan kan hy saam Ons wandel in hemelse plekke.  Want die mens is ń gees wat nou op die aarde in ń liggaam woon, maar as gevolg van die sonde is hulle blind en sien hulle net die fisiese wêreld, maar daar is ń groter realiteit as die fisiese wêreld. Wanneer die mens My ontvang sal hulle geestelike oē geopen word en dan sal hulle ‘sien’ dat daar twee wêrelde of realiteite is.  Die natuurlike of sienlike wêreld wat hulle fisies beleef en dan is daar die geestelike wêreld.  Wanneer jy geestelik leef en deel is van die geestelike wêreld, is dit soos om in die sienlike wêreld te wees, maar nie deel is van die sienlike wêreld nie.  Hierdie realiteit in die sienlike wêreld is nie die gelowiges se realiteit nie.  Hulle realiteit is in die geestelike wêreld en dis waar God en die engele woon. Gelowiges se geestelik oē sal geopen word en hulle sal die onsienlike kan ‘sien’.

 

Dan sê Jesus vir hom: “Hulle sal baie groot dinge sien, selfs die hemel sal hulle oop sien en hulle sal die engele van God sien op- en afklim na My toe.”

 

Die Heilige Gees gaan voort en sê: “Ek sal hulle lei en leer in die geestelike proses maar die mens moet My, Die Heilige Gees ontvang om al hierdie dinge te verstaan, want hy wat nie die Gees het nie verstaan nie die dinge van die Gees nie, want dit moet alles geestelik beoordeel word.”

 

Hierna het Ahav iets gehoor soos die harde geluid van ń menigte hemelwesens in die hemel wat uitroep: “Prys die Here!  Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God! Prys die Here!”

 

Dan gaan die groot Koning voort: “Soos Elisa se slaaf wat eers geestelik kon sien, nadat hy die Gees ontvang het.  Die koning van Aram was in oorlog met My volk gewikkel.  Ek het een van My boodskappers gestuur na die koning van My volk om hulle te waarsku teen die Arameers. Die koning van Aram wou weet wie het My volk gewaarsku en toe het een van sy offisiere geandwoord: “Nie een van ons nie, maar die profeet Elisa kan vir God die Koning van Israel vertel selfs wat u in u slaapkamer sê”.  “Die koning van Aram het beveel dat hulle vir Elisa moet gaan haal en hy het perde, strydwaens en ń sterk mag daarheen gestuur.  Hulle het in die nag in Dotan aangekom waar Elisa woon en hulle het die stad omsingel.  Die more vroeg het die slaaf van Elisa uitgegaan en die groot leēr gesien rondom die stad met perde en strydwaens.  “Ag, Meneer!” sê die slaaf benoud, vir Elisa, “wat gaan ons nou maak?”  Hy het geandwoord: “Moenie bang wees nie, diē wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.”  Elisa het gebid en met My gepraat: “My God maak tog sy oē oop dat hy kan ’sien’.”  “Ek het die slaaf se oē oopgemaak en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.

 

Vandag nog is die mens se oē verblind; hulle is so vasgevang in vrees omrede hulle fokus ń aardse realiteit is en nie op My realiteit nie.  Hulle is gefokus op die natuurlike en vrees, tree op en praat so asof Jesus en Ek nie regtig bestaan nie, so asof My beloftes nie waar is nie, net soos die Israeliete wat gesidder het toe die reus Goliat hulle uitgedaag het om teen hulle te veg.  Hulle was almal bang want nie een van die Israelite het My persoonlik geken nie.  Hulle het van My geweet maar My nooit persoonlik ervaar nie.  Goliat het almal uitgedaag.  Toe Saul en Israel hierdie uitdaging van die groot reus hoor was hulle verskrik en baie bang.  Vandag nog bevind die mense hulle gereeld op ń plek waar die Israelite hulle bevind het.  Daar is reuse in hulle lewe wat hulle vreesbevange maak. Baie mense leef in vrees as gevolg van die reuse in hulle lewe, omdat hulle kyk wat rondom hulle aangaan. Hulle is so gefokus op die wêreld met al sy probleme en uitdagings in plaas van My wat in hulle woon.  Daar is ń groter realiteit vir hulle wat My hulle fokus maak. Dit gaan nie oor wat hulle fisies sien nie maar dit gaan oor wat in hulle is, want Ek wat in hulle woon is groter as enige iets wat in die wêreld is. Of dit nou ń reus is van werkloosheid, grondonteining, siekte, dood, moord, inbrake of wat ook al dit is wat hulle onder kry; daar is nooit ń probleem groter as Ek nie. Dawid het My persoonlik geken en persoonlik ervaar.  Hy het geweet dat Ek by hom en in hom is en hy het die reus oorwin en sy kop afgekap.  Ek het mos juis in die begin al beloof dat die vyand; die slang van ouds of die draak en sy magte; se kop vermorsel gaan word, en Jesus het dit vir hulle kom doen.

 

Maar die gelowiges, soos Dawid en die wat My Gees ontvang en My hulle fokus maak, kan ook die onsienlike sien.  Hulle weet dat hulle nooit bang hoef te wees vir enig groot magte wat hulle wil aanval in die geestelike ryk nie, want hulle ‘sien’ ook soos Elisa, My leêr van vuur, wat hulle omring.  Hulle sien ook My engele wat Ek saam hulle stuur om hulle te beskerm oral waar hulle gaan en hulle weet soos Dawid en My Seun dat Ek altyd by hulle is en in hulle woon.

 

Toe het Ahav harde stemme van engelle gehoor wat sê: “Die genade van Jesus Christus sal by almal wees.”

 

Jesus glimlag teer en sê: “Die koningkryk van die Allerhoogste het nooit weggegaan na die sondeval nie, die mens se gedagtes het verwronge geraak en hulle het blind geraak en soos die verlore seun sonder God begin wandel. Jy sien Ahav om sonder God te leef is soos iemand wat weg geloop het uit sy vader se huis waar daar versorging, beskerming, voorsienning, liefde en sorg was. Op ń dag kom die kind agter dat hy niks meer het nie en honger en dors is, maar omdat hy gesondig het teen sy vader is hy te bang om terug te gaan, want hy dink dat die vader kwaad is vir hom en dat die vader hom nie meer wil sien nie, want sy gedagtes is beinvoed deur die bose.  Alhoewel die mens  sondig en voel hulle is nie werd om Sy kind te wees nie, hou God nie op om ons Vader te wees nie.  Vir die pa bly  sy kind nog sy kind.  Die seun mag dalk weg gewees het van die vaderhuis maar hy was nooit weg uit die pa se hart en denke nie.  Soos die verlore seun wat terug gegaan het huis toe.  Sy pa het hom verwelkom met ope arms.  Hy was baie bly en het die vetgemaakte kalf geslag. Hy het hom ń ring gegee en skoene aan sy voete. Net so is God ook met Sy kinders.  Dis waarom Ek, Sy kinders kom leer om hulle denke te vernuwe sodat hulle kan ‘sien’ en ontdek dat die Vader hulle onvoorwaardelik lief het en dat Hy nie eers meer aan hulle sondes dink nie. Ek wys hulle dat hulle ń ander manier van dink moet hê waar hulle nie meer fokus op wat hulle verkeerd doen nie maar op wat Ek vir hulle reg gedoen het, hulle fokus moet op God wees.  Die Vader verwelkom elke kind met ope arms wat terug kom na die Hom toe.  Wanneer die mens hulle tot My wend, vergewe God hulle nie net nie, Hy neem hulle aan as Sy kinders en Hy vat hulle na Sy huistoe en versorg en voorsien vir hulle net soos wat ń wêreldse vader vir sy kind sal doen.  Ek het die prys vir hulle sondes betaal met My bloed.  Ek het ń bloedstreep oor die klagstaat van die draak getrek wat hy teen elke mens het.  Hulle skuld is ten volle betaal op Golgota.  En daarom kan hulle terug keer na die Vader wanneer hulle weggedwaal het.  Die Vader wag steeds vandag nog met ope arms vir die wat wil terug keer huistoe.”

 

Ahav hoor die Vader se liefdevolle stem: “My Seun het gekom om die werke van die draak te verbreek wat die draak bewerkstellig het in die sondeval.  Dit was alreeds My reddingsplan van die begin af. Dis noodsaaklik vir die mens om hulle geestelike oē te open vir die waarheid.  Die draak en sy bose magte wil nie dat die mens die geestelike wêreld sien en beleef nie en hou hulle besig met die sienlike want solank hy hulle met die sigbare dinge van die sienlike wêreld besig hou kan hy ongesiens voortgaan om verwoesting in hulle lewe te saai.  Die slang bedrieg die mens nog steed na al die tyd vanaf die sondeval.  Wanneer die mens sy geestelike oē oop hou en waak en bid, sal hy die hulpbronne sien wat Ek vir hulle beskikbaar stel om die vyand te verslaan.”

 

Die Koning kyk Ahav liefdevol aan en sê sagkens: “Ahav – Jy sien ons wys jou al hierdie dinge want die tyd het aangebreek om jou aarde toe te stuur.  Ek het jou verordineer en jou uitverkies omdat jy ń kind van die verbond is.  Jy is uitverkies om Heilig en onberispelik voor My te wees.  Jy sal ń gees wees wat in ń liggaam gaan woon en jy sal ń siel ontvang.  Jy sal mens genoem word op aarde wat bestaan uit liggaam siel en gees. Jy gaan gebore word uit ń vrou en sy sal jou moeder wees en jou op aarde versorg en liefhê. Ek gaan jou op ń wonderbaarlike wyse skep. Ek self sal jou beendere aanmekaar weef en jou vorm in die skoot van jou Moeder.  As kind moet jy aan jou ouers gehoorsaam wees.  Eer jou vader en jou Moeder. Ek ken jou nog voor jy gebore was, al jou lewensdae sal in My boek opgeskrywe word.  Ek graver jou naam in My handpalm, jy is Myne.  As mens word jy gestuur om My te gaan verheerlik en My Naam te Heilig. Maar jy sal eers moet leer van My en wie jy in My is.  Jy word in Christus geskep om jou lewe te wei aan die goeie dade waarvoor Ek jou bestem het en dit is om My kind te wees.  Deur My Seun het jy deel geword van My volk.  Die Heilige Gees beseёl jou as My eiendom, in Christus. Jy sal leer van My Seun Jesus en jou identiteit in Hom ontdek.  In jou ontdekkings tog sal jy uitvind dat deur dit wat Jesus vir die mens kom doen het aan die kruis, behoort jy aan My; jy is ń kind van die Groot Koning.  Ek roep jou op jou naam want jy is My kind.  En omdat jy My kind is, is jy deel van My Koningkryk en as kind sal jy ook My erfgenaam wees. Jy erf saam met Christus alles wat Ek beloof het.  Elke gees wat ek na die wêreld stuur om mens te word het ek lief, en daarom het Ek My seun gestuur om aan hulle die weg terug huis toe te gaan bekendmaak.  My Seun is die enigste weg terug, die weg na die ewige lewe saam My in die koningkryk.  Julle vorm saam een liggaam en hierdie liggaam is My kerk.  Jesus Christus is die hoof van die liggaam , en afsonderlik is elkeen ń lid daarvan. Ek het die lede almal saam in een liggaam geplaas. Net soos wat daar verskillende take in die kerk is, is daar ook verskillende gawes aan elkeen gegee.”

Ahav hoor Die Gees wat sê: “Ek gee aan elkeen van julle genadegawes.  Daar is ń verskeidenheid gawes en bedieninge. Julle moet gaan ontdek wat julle gawes is en God daarmee gaan verheerlik.”

Dan sê Jesus: “As mens gaan die draak en sy bose magte uit hulle pad uit gaan om jou te vernietig.  Jy gaan My volgeling wees en My Naam bely en omdat die wêreld my eerste gehaat het gaan hulle jou ook haat.  As jy aan die wêreld behoort het sou die wêreld jou as sy eiendom lief hê.  Omdat jy nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek jou uit die wêreld uitgekies het, daarom sal die wêreld jou ook haat.  Hulle gaan jou mislei en daar gaan  allerlei versoekings en verleidings op jou pad kom.  Jy gaan getoets word om die egtheid van jou geloof te bepaal.  Jy sal ook verskeie beproewings moet deurgaan sodat jy gesuiwer kan word van alle ongeregtighede. Wat Ek doen, begyp jy nie dadelik nie.  Jy sal wonder hoekom dinge met jou gebeur en nie dadelik met die verstand snap nie, maar later sal jy verstaan.  Vertrou die Here en weet Hy dra jou belange op die hart.  Hy laat alle dinge ten goede meewerk.  Onthou uit die groot verdrukking is My volk verlos uit Mizraim en is hulle gelei na die beloofte land.”

 

Die Gees praat weer en sê: “Om jou as mens te suiwer van ongeregthede sal jy deur ń vuurproef moet gaan, want net soos wat goud gesuiwer word deur vuur, net so word die mens ook gesuiwer.  Jy gaan ook gesuiwer word van alles wat onchristelik is asook om te sien of jy God opreg lief het en dien.  Die vuurproef gaan kom soos ń storm wat jou tref.  Wanneer die storm op sy hoogste is, moet jy weet dan is dit juis wanneer God die naaste aan jou sal wees.  Storms is net tydelik, maar terwyl die storm woed is dit wanneer die egtheid van jou geloof getoets word, sodat dit die heerlikheid en eer waardig mag wees.  Die Vader wil net Sy kinders dissiplineer en Hy wil hê julle moet leer uit hierdie beproewings.  Julle moet diep in julle harte weet dat julle net gedissiplineer word en julle moet vertroue in God hê.  Wees net stil en weet dat God, God is.  Jy sal die hele tyd deur die storms onder Sy beskerming wees.  Net soos die tyd toe Jesus en Sy dissipels in die skuit op die see was. Daar het ń storm opgekom en die skuit was toe onder die water. Jesus het gelê en slaap.  Die disippels het bang geraak en Hom wakker gemaak en gesê: “Here, red ons, Ons vergaan!”  Hy het hulle gevra waarom hulle bang is en hoekom is hulle so kleingelowig. Toe het Hy die storm bestraf, en daar het ń groot stilte gekom.  Jesus het geweet dat Sy Vader by hom is en dat Hy nie bang hoef te wees nie, daarom het hy geslaap tydens die storm.  Hy het Sy vader vertrou.  Net so gaan jy uitroep na Hom tydens jou storm en dink dat jy in gevaar is, maar God weet jy is nie.  God wil hê dat julle net soos Sy Seun moet weet dat Hy by julle is, veral tydens gevaar.  God wag net dat jy die les moet leer.  Hoe dieper jy die pad gaan stap saam Die Seun, soveel intenser sal die toets wees. Petrus het gesê dat julle nie verbaas moet wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp gaan word nie.  Hy het gesȇ wees liewer bly.  Hoe meer julle in die lyding van Die Seun, Christus deel, hoe meer sal hulle oorloop van vreugde by Sy wederkoms. “

 

Dan sê Jesus: “Ek gaan lyding en beproewing toe laat in jou lewe omdat Ek wil hê dat jy alles wat kosbaar vir jou gaan wees, moet neer lê om Ons bo alles te stel in jou en elke mens se lewe, sodat niks of niemand belangriker vir julle moet wees as Ons nie.  Ek wil hê dat julle volkome op God moet vertrou en julle moet sodoende dan julle lewe in Sy hande plaas.  My Vader gebruik ook lyding om julle harte bloot te lȇ.  Julle mag ly as gevolg van finansiēle probleme, werkloosheid of siekte, wat ook die geval mag wees, God gebruik hierdie soort beproewings en lyding om ń klaende gees bloot te lȇ. My Vader het Israel veertig jaar laat ly onder baie tipes teenspoed, in die tyd toe hulle uitgetrek het uit Mizraim, omdat hulle so gekla en gehuil het.  Ons waarsku hulle vandag nog en sê dat hulle moenie in opstand kom teen God nie. God het destyds nie eers die engele genade gewys wat saam die draak in opstand teen Hom gekom het nie.  Opstand en verset is ń wapen wat die vyand gebruik in die mens se gedagtes.  Dit is gedagtes van ontevredenheid, ondankbaarheid, onvergenoegtheid en van onregverdige behandeling.  God wil hê dat julle tevrede moet wees met wat julle het, wie julle is en waar julle woon. God se plan is baie groter as die mens sin. God se weē is ver bo hulle sin.  Hy ken die groter prentjie en het ń rede hoekom jy gaan wees waar jy is en wie jy gaan wees en wat jy gaan hê.  Hy wil jou leer om stil te vrede te wees en om vertroue in Hom te hê. Onthou niks is vir Hom onmoontlik nie, Hy kan enige situasie verander.  Hy gaan jou gee wat jy nodig het, nie noodwendig wat jy wil hê nie.  Net soos met die Israeliete het God hulle voorsien met hulle daaglikse brood; manna wat vandag nog verborge bly in die hemel, vir die wat die oorwinning gaan behaal; en water uit ń rots in die woestyn.  Hy het selfs vir hulle vleis gestuur en bedags ń wolk kolom vir koelte en snags ń vuurkolom vir lig en hitte. Hy was hulle bewaarder.  Vandag nog is die Here die mens se bewaarder, Hy is jou skaduwee aan jou regter hand; die son sal jou bedags nie steek nie; die maan ook nie by nag nie.  Die Here bewaar hulle van elke onheil, hulle siel sal Hy bewaar.  En na dit alles wat God vir die Israeliete gedoen het, het hulle steeds gekla en was hulle ontevrede en het hulle, hulle verset teen God.  Dit is ook die rede waarom hulle nie beloofde land kon ingaan nie.  Net Kaleb kon in gaan omdat hy God gehoorsaam het.  As hulle maar net tevrede was en God vertrou het met alles.  God laat beproewings toe om julle nederig te maak en te toets wat regtig in julle harte aangaan en om te sien of julle Sy gebooie gaan gehoorsaam.”

 

Die Gees kom weer nader en sagkens sê hy: “Almal wat Die Here liefhet, sal deur hierdie vurige beproewings gaan.  Paulus het vir hulle kom leer dat hulle saam met Christus gekruisig is en dat die ‘ek’ in hulle, nie meer leef nie, maar dat Christus in hulle leef en wat hulle nou in die vlees lewe, leef hulle deur die geloof in die Seun van God wat hulle lief het en Homself vir hulle gegee het. Daarom sal geen versoeking groter wees as wat jy gaan kan hanteer nie.  Saam elke versoeking sal God vir jou ń uitkoms gee.  Sy genade sal genoeg wees vir jou.  Die Here is gretig om jou genadig te wees. Sy genade is groter as enige vrees en bekommernisse.  Jy moet Hom loof en prys midde in ń geveg.  Wanneer jy Hom loof en prys met alle mag en krag, dan sal Hy vir jou kom veg.”

Die Vader gaan sit op Sy troon. Sy Seun Jesus sit lang hom aan Sy regter hand. Twee Gerubs staan hande gevou langs die troon aan elke kant, amper asof hulle wag staan en dan sê God: “Ek gee aan jou my woord om aan vas te hou.  In my woord is daar verskei beloftes. Neem My woord ter harte en neem dit in, memoriseer dit en mediteer daaroor en bewaar dit, sodat wanneer die beproewings kom jy My beloftes kan onthou en die vyand se houvas kan verbreek. My woord is skerper as ń tweesnyende swaard wat skeiding maak tussen been en murg dit dring in tussen siel en gees.  Dit gaan dwelf baie diep en daarom moet My Woord as ‘n belangrike wapen in jou geestelike oorlogsvoering geag word.  Onthou Ahav soos Ek by Moses en Josua was, so sal Ek by jou wees. Jy sal nie alleen wees in jou storms nie. Trek jy net jou geestelike gevesgtoerusting aan en bly op jou pos, bidden op jou kniee.  Ek self sal vir jou veg.  Al wat jy nodig het is jou slingervel en vyf klein klippies van geloof so groot soos ń mosterdsaadjie en kyk dan hoe Die Here jou gaan red.  In die sienlike wêreld sal jy dit moeilik hê.  Wees sterk en hou moed.  Onthou, Jesus Christus het die vyand reeds oorwin.”

Toe het daar vier en twintig ouderlinge en vier lewende wesens voor kom kniel en Hom aanbid wat op die troon sit.  Hulle het gesê: “Amen, Prys die Here!”

Toe kom die Gees nader en sê: “Ahav as mens moet jy Jesus Christus aanneem as jou Verlosser. Verlossing is nie iets wat jy doen nie, maar iets wat Christus doen wanneer jy Hom aanneem.  Bekeer jou en laat jou Doop in die Naam van Die Vader, Seun en Heilige Gees. Dan sal God jou sondes vergewe en jy sal My Die Heilige Gees ontvang. God vergewe jou omdat Hy goed is, alles is uit genade.  Genade is gratis, dis ń gawe van God, Hy vergewe jou nie net nie, jy word ook gered. Genade word verkry deur geloof, dit is nie iets wat jy verdien nie.  Deur die dood en opstanding van Jesus Christus word God se genade vir julle beskikbaar gestel. Jesus is die middle waardeur julle regverdig gemaak word en deur Hom het God ook almal met Homself versoen.  Onthou julle het almal een liggaam geword, en nou word almal met een Gees gedoop. Deur julle verbondenheid met Hom word julle ook besny deur die besnydenis van Christus en dit bestaan uit die wegneem van die sondige natuur.  Dit gebeur by die doop, deurdat julle saam Hom begrawe is.  Deur die verbondenheid word julle ook saam Hom opgewek omdat julle glo aan die krag wat Hom uit die dood opgewek het.  Op grond van Sy opstanding uit die dood het Ek Hom aangewys as Die Seun van God wat met mag beklee is.  Jesus Christus is julle Here.  God maak julle saam Christus lewend, deurdat Hy al julle sondes vergewe. En saam Hom het God vir julle ń plek in die hemel gegee.  Maar as mens moet jy weer gebore word.”

Ahav kyk die Drie enige God verbaas aan en vra: “As ek reeds gebore is uit my moeder as mens, hoe gaan ek dan weer gebore word?” Die Gees en God glimlag breed en Jesus lag lekker uit Sy maag uit en sê: “As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Wanneer jy gedoop word met die Gees, kom die Gees by jou woon en dan verander jy jou lewe.  Jy draai weg van alles wat verkeerd is. Jy verander jou denke na dit wat hier bo by Ons is. Jy maak My; Jesus jou Verlosser en persoonlike Saligmaker en die middelpunt van jou lewe.  Jy draai jou rug op die vyand en kom na God met berou en vra Hom vergifnis vir jou sondes. Wanneer Ons by jou kom woon word jy geheilig en jy lewe as ń nuwe mens.  Baie dinge in jou lewe sal verander.  In My is jy ń nuwe skepsel, die ou dinge is nou verby en jy breek met jou sondage natuur en ongeloof, alles het dan nuut geword.”

“Hoe nader jy aan My Seun leef hoe erger gaan die draak en sy bose magte jou teister.” Sê God weer en gaan voort. “Hulle gaan jou probeer keer om te wete te kom wie jy in Christus is en tot wat jy alles in staat kan wees.  Die bose is uit om wraak te neem en hy weet dat jy meer mag as hy gaan hê, maar hy gaan alles in sy vermoeё doen om jou te keer en jou aanval met sy brandpyle. Daar wag vir jou ń geestelike oorlog my kind. Daar is ook ń gees wat Christus teestaan en dit is die antichris.  Hy wil nie die Vader en die Seun erken nie.  Hy staan altyd die waarheid tee.  Die antichris verlei mense deur hulle te laat glo dat hulle ou self wat saam met Christus gekruisig is en dood is nog steeds leef, want die waarheid is dat die ou mens het saam met Christus gesterf op die kruis en die nuwe mens wat vry is van die wet en sonde het opgestaan saam met Christus. Die gees van die antichris is ‘n leuenaar wat nie glo dat Jesus die Christus is nie en jou van jou identiteit in Christus wil beroof.  Hy verwerp alles wat Christus gedoen het.  Net soos die draak Kirios en Kiria laat eet het van die boom van kennis van goed en kwaad oortuig hy mense vandag nog steeds dat hulle sondaars is en nie God se kinders is nie.  Hy hou mense onder die wet deur hulle in goed en kwaad te laat glo en  verduister hulle gedagtes. Jy moet waak teen die bose geeste wat gaan oorlog verklaar in jou lewe, maar Ek sal jou voorsien met ń klomp geestelike wapens en vaardighede, taktieke en hulpbronne, om oorwinning te behaal in hierdie geestelike oorlogsvoering.”

 

Dan sê ń engel: “Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader, wie die Seun erken, erken ook die Vader.  God se Gees, wat in julle woon, sal julle die waarheid leer.”

 

God gaan Voort en sê: “Julle moet ook bid vir onderskeidingsvermoӫ om al die verskillende geeste te identifiseer, soos die bose geeste van Isebel, hulle verlei, beheer en manipuleer gelowiges.  In die geestelike oorlog van die vyand gebruik hy wapens soos vrees en angs, bitterheid, misleiding en versoeking. Bid dat julle die nodige vaardighede sal ontwikkel om terug te veg en om die vyand se strategie raak te sien. Ons het jou reeds vertel van My wapenrusting maar Ek sal jou ook voorsien met geestelike vaardighede en taktieke, soos om My woord in enige situasie in te spreek. Ek is getrou aan My woord.  Plaas jou vertroue in My woord en Ek sal jou met sorg omring wanneer benoudheid toeslaan.  My woord gaan nooit ongedaan uit nie.  Dit doen wat Ek hom beveel.  Net soos wat Jesus woord gespreek het toe Hy versoek was deur die vyand in die woestyn.  Wanneer die vyand jou aanval of treiter, spreek dan woord in die situasie in en hy sal van jou af wegvlug.”

 

Ahav luister aandagtig na Die Vader en Hy gaan voort: “Nog ń hulp middel my kind is gebed. Sit elke dag ń paar minute stil in My teenwoordigheid en bid om hulp en leiding.  Vra My om jou siel te verfris en laat die Gees jou elke keer in gebed lei.  Pleit die bloed van Jesus oor jou en jou familie en gesin. Daar is groot krag in Sy bloed en gebed.  Bid vir My beskerming en vra My om jou krag te vernuwe., want die wat op My vertrou kry nuwe krag. Met lofprysing in jou hart en gebed op jou lippe is jy gereed vir die geveg.  Met My hulp kan jy staande bly.  Erken die aanvalle van die vyand soos verbeeldings vlugte en verkeerde denkpatrone wat die bose toelaat om amok te maak in jou lewe. Waak en bid gedurig daarteen.  Gebruik My Naam.  Die stryd behoort aan My die Here. Die vyand sidder en beef met die aanhoor van My Naam, spreek My Naam in enige situasie in.  Oordink alles wat Jesus deurgegaan het vir jou en aanvaar die oorwinning van Jesus oor die satan.  Gehoorsaam My stem en Staan die vyand tee. Jy kan die vyand oorwin deur geloof. Loof en prys my te midde van jou aanvalle, lofprysing is ń sterk taktiek teen die aanslae van die bose.”

 

“Ek sal my gebooie op jou hart skryf.  Bly jy net gertou en wees gehoorsaam aan My opdragte, soos om goed te doen aan die wat jou haat en seēn die wat jou seёn.  Wees lief vir alle mense, selfs jou vyande moet jy lief hê. Dit is in teendeel ń opdrag nie ń versoek nie. Julle moet in My liefde bly. Bid vir die wat jou sleg behandel.  Jou woorde en optrede sal hulle help om te verstaan dat Jesus in en deur jou leef.  Behandel jy weer ander soos wat jy wil hê hulle jou moet behandel.  Moenie iemand anders beoordeel of veroordeel nie, spreek hulle vry en jy sal vrygespreek word.  Gee waar jy kan aan ander; sorg vir die minder bevoorregte mense, sonder om iets terug te verwag. Jou lewenswandel moet ooreenstem met die roeping wat jy van My ontvang. Verdra almal in liefde en lewe in vrede saam met ander. Moenie die vyand vat kans gee deur ń dag kwaad af te sluit nie. Wees eerder goedgesind en hartlik teenoor ander.  Net soos wat Ek almal vergewe moet jy ook ander vergewe. Wanneer jy eendag ń vrou kry moet jy haar lief hê en wees uit eerbied vir Christus onderdanig aan mekaar. Christus was bereid om Sy lewe vir die kerk af te lê; julle moet bereid wees om dieselfde vir mekaar te doen.  Daarom streef na vergifnis en versoening binne jou huwelik.”

 

Sondag is dit nagmaal in die sienlike wêreld en John en Bartha luister na die boodskap van die dominee: “Die Here het Sy bloed gestort as betaling vir julle sondes.  Deur die Nagmaal word julle een met die Here.  Wanneer julle die brood neem, eet dit as gedagtenis aan Sy liggaam wat vir julle gebreek is.”  Die dominee neem die brood op die nagmaal tafel en breek ń stuk daarvan af dan sit hy die neer en neem die beker.  Hy gooi bietjie van die wyn uit in ń kelk en sê dan verder: “Die lewe is in Sy bloed, neem die beker en drink daaruit tot Sy gedagtenis.  Die liggaam en bloed van die nuwe verbond was gestort  vir die vergifnis van alle sondes.  Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” Dan neem elke gemeente lid ń stukkie brood en ń slukkie wyn en die dominee gaan Voort: “Die nuwe verbond is in Jesus se bloed ingesluit. Sy dood aan die kruis is die inwyding van die nuwe verbond. Jesus Christus is Middelaar van die nuwe verbond. Sy offer aan die kruis bring ware versoening tussen God en sy volk.  Herhinder mekaar dat julle vrygemaak is van die wet en dat julle nou onder die nuwe verbond staan.  Die wet van die Gees, die wet van liefde en vrede.” Na die diens herhinder John vir Bertha dat sy Maandag by die ginekeloog moet wees.

 

In die onsienlike wêreld voel Ahav ń ligte briesie en die Heilige Gees kom weer te verskyn en sê: “As mens moet julle altyd herdenk aan wat Jesus vir julle gedoen het.  Die nuwe verbond sal nie wees soos dié wat God met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe Hy hulle uit Egipte uit gelei het nie, want hulle het nie Sy verbond gehou nie, en Hy het hulle verwerp, Dít is nou die verbond wat Hy met Israel na daardie dae sal sluit, Hy sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Hy dit skrywe; Hulle sal Hom almal ken en Hy sal hulle sondes vergewe. Hy sal hulle God wees, en julle sal Sy volk wees.”  “Die wet van die Gees wat aan hulle in Christus Jesus die lewe gee, het hulle vrygemaak van die wet van sonde en dood,” sê die Here.

In die sienlike wêreld, kom Berta en John terug vanaf die Ginekoloog vir die hoeveelste keer.  “Hierdie was my laaste keer wat ek probeer John.” Na vele pogings om swanger te raak sien Berta nie meer kans vir toetse en dokters nie. Terug by die huis val sy moedeloos op haar bed neer, in trane.  Hulle probeer nou al so lank om swanger te word.  “Ag Here” prewel Berta “Maak dit tog hierdie keer die laaste keer. Seёn ons tog met ń baba, ń kindjie om lief te hê, en om in my arm vas te hou en te versorg.” En so raak sy aan die slaap.

Berta skrik wakker met die skirl gelui van die telefoon.  John kom ingestap en andwoord: “Hello, dis John wat praat.  Ja, ja dis reg, ons maak so. Baie dankie, totsiens.” Hy kyk na Berta en sê: “Dit is dokter Van Rooy se spreekkamer.  Die ontvangs dame het laat weet dat dokter ons more middag wil sien.” Berta kyk hoopvol op na John en bid saggies in haar binneste: Here ontverfm U tog oor ons.  Daar staan in U woord dat U ons gebede sal verhoor. My hoop is op U en op U woord.”

Half twee die volgende dag is hulle afspraak. Die ontvangsdame laat weet dat hulle kan ingaan en Berta sit die boek neer wat sy gelees het en sy sien die woord Ahav wat – ‘om lief te hê’ beteken in Hebrews. Dan stap sy in by dokter Van Rooy, waar hy agter sy lessenaar sit.  “Middag dokter” groet hulle en gaan sit op die sitplekke wat hy vir hulle aanwys. Met ń breē glimlag sê hy vir hulle: “Baie geluk, julle gaan binne kort mamma en pappa wees.” Berta kan haar ore nie glo nie en bid hardop: “Dankie Here, dankie dat U ons gebede verhoor het.” Albei was oorweldig met die goeie nuus en loop in trane uit die spreekkamer.  Die weke en maande vlieg verby.  Die ondersoekke gaan goed en die baba groei vining.  Hulle het reeds gehoor dat dit ń seuntjie gaan wees en alles is al blou.

 

In die Koningshuis in die onsienlike wêreld laat roep God vir Ahav.  Ahava kom ingestap en buig voor die Koning.  Die koning wink hom nader en Ahav gaan sit by die koning se voette.  Dan sê die Koning: “Ahav more sal jy jou tydelike tuiste bereik. Jy sal wakker word in die arms van jou moeder. Maar wees gerus, moenie bang wees nie, wees nie angstig of bevrees nie, want Ek sal altyd by jou wees.”

 

In die onsienlike laat God een van Sy boodskappers roep en sê vir die engel: “Jy is My engel wat Ek aanstel oor Ahav, om hom te beskerm orals waar hy mag gaan. Dra hom op jou hande sodat hy nie sy voet teen ń klip sal stamp nie.”

God kyk na die Heilige Gees en sê: “Jy sal saam hom wees en hom lei in die waarheid en hom help verstaan wat Christus vir hom gedoen het. Oortuig hom van sy sonde; bring hom sover om sy verkeerde planne prys te gee. Maak sy lewe nuut, sodat hy die vrug van die lewe sal dra soos vrygte aan ń boom en sy lewe vol sal wees van liefde, vreugde,vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en slefbeheersing, soos wat dit ń kind betaam wat aan My behoort. Elke boom word aan sy vrugte geken.  Goeie bome dra nie slegte vrugte nie en dit is ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die dinge wat in sy hart is en die slegte mens bring slegte dinge na vore, want waar die hart van vol is, loop die mond van oor.  Jou groot werk is om hom  na die Bron van Genade te wys. Gaan stel hom aan Jesus voor.”

Dan gaan God Voort en sê vir almal daar: “Ahav sal alles ontdek wat Ons hom geleer het en dan; wanneer dit sy tyd is, sal hy weer eendag terug keer huistoe. Elke mens kry sy tyd om gebore te word en sy tyd om terug te keer na die hemelwoning en as hy gehoorsaam was aan My en die oorwinnig behaal het, sal hy die oorwinnigskroon dra.”

Jesus kom nader en kondig aan en sê vir die boodskappers van God: “Gaan uit en waarsku die mense in die sienlike wêreld; sê vir hulle dat elkeen wat aan die boodskap van my volharding vasgehou het, sal Ek ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die wêreld gaan kom. Hoe minder tyd die draak het, hoe erger sal die beproewings wees. Maar die wat volhard  sal wees soos ń pilaar in die tempel en die Naam van God sal op hom geskrywe wees. Ek sal hom saam My op die troon laat sit, net soos wat Ek oorwinning behaal het en saam met my Vader op Sy troon sit. Die wat getrou bly tot die dood toe sal beslis nie die tweede dood sterf nie. Die wat nie afvallig raak van God nie sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom ń wit steentjie gee met ń nuwe naam op gegraveer.  Aan die wat volhard in geloof sal Ek mag en gesag oor nasies gee.  Waarsku hulle ook om weg te bly van onsedelike bedrywighede want daarmee saam kom die straf van siekte en swaar lyding.  Sê vir hulle om hulle te bekeer, en om vol te hou met die evangelie.  Hulle moet waak en bid want Ek kom onverwags soos ń dief in die nag en hulle sal nie weet wanneer Ek op julle af kom nie. Hulle moet My aanneem en hulle klerewas in My bloed sodat dit wit kan wees wanneer ek terug keer.  Elkeen wat die oorwinning behaal se naam sal in die boek van die lewe staan en Ek sal voor My Vader en die engele verklaar dat hy aan My behoort.”

Dan sê die Gees: “Gaan sê ook vir hulle dat aan elkeen wat oorwinning behaal sal Ek te ete gee van die boom van die lewe wat in die paradys van God is.”

Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou!  Ek kom om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.  En elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met water van die lewe. My kerk word vergelyk as My bruid. ń Bruid moet getrou wees aan haar bruidegom.  Bly getrou aan My terwyl jy wag op My wederkoms.  As Ek kom om My bruid te kom haal sal ons saam aansit by die feesmaal en die bose sal omkom in die vuur. Die verdrukker se einde is aan die kom.  Die lyding wat hy veroorsaak het sal op ń end wees.  Die aarde sal rus en vrede hê.  Die doderyk kom in beroering omdat die draak daarheen oppad is, want deur sy hoogmoed gaan hy in die doderyk beland, hy wat gedink het hy sal soos die Allerhoogste Koning word.”

Na nege maande in die sienlike wêreld; jaag John met Berta hospitaal toe, die baba is oppad. Die tassie was al lank voor die tyd gepak.  Dit is ń pynvolle geboorte maar verloop goed. Na wat vir John voel soos ure; hoor hy uiteindelik die gehuil van ń baba.  Die suster gee hom mooi toegedraai aan vir John, nadat hulle alles gedoen het wat nodig is.  Hy neem die seuntjie na Berta en lê hom in haar arms neer.  Sy kyk na hom met soveel liefde en deernis. “Hy is so mooi, ons ou klein baba seuntjie.  Die Here het ons gebede verhoor en ons geseёn met ń pragtige seuntjie. Ek sal hom aan God toevertrou en hom leer van Jesus, sodat hy die liefde en genade van God sal leer ken, wat ons ondervind; sodat wanneer dinge eendag vir hom te veel raak, dat hy sal weet om vertroosting, skuiling, raad en hulp by God te gaan soek en nie by die wêreld nie.” Bertha kyk na John en sê verder: “Hierdie jaar sal daar vir ons eie kindjie geskenke lê onder die boom.  Ek sal hom Ahav noem, want God het hom vir ons gegee om lief te hê.”