Nita Osmond – 2022

Îngerilor, stad van engele

Vooraf

Lucifer, die hoogmoedige het uit die hemel geval, verwerp deur God na sy opstand, sy hoogmoed en jaloesie. Sy aanhang onder die engele was groot en ‘n derde van die engele het saam met hom gestaan. Hulle is ook uit die hemel verban en die engele van lig het donker boosheid geword .

Die opstand het die getal engele drasties verminder, maar die Vader het die getal weer aangevul. Vrede het terug gekeer in die hemel en onder die geledere van die engele, die stad van engele, Îngerilor het steeds in al sy skoonheid gestaan.

Majestueus is die stad Îngerilor, majestueuse berge en geboue, geleë op die derde vlak van die hemel. Die majestueuse berge loop soos ’n ruggraat deur die land en bring ʼn verskeidenheid van beeldskone landskappe voort. Majestueuse marmergeboue is oral te sien, want ʼn engel is nie klein van postuur nie. Die stad is enorm, duisende maal duisende engele vind hulle tuiste in Îngerilor.

Lucifer het na sy uitwerping in sy verbittering sy naam verander na Satan. Hy kon God nooit heeltemal haat nie, maar die mens wat God liefgehad het, bo die engele, bo hom, die haat hy met ‘n passie. Hy het homself drie dinge voorgeneem. Hy sou weer Vader se geliefde word en sy regmatige plek inneem as hoof van die engele. Hy sou die Seun van God vernietig en die ellendige kinders van God van die aarbodem afvee, hy sal elkeen so ver moontlik tot verdoemenis lei en na die ewige hel.

Satan het die hel oorheers, die verlore siele wat daar geland het, met mag en mening geterroriseer want dit was deel van sy wraak op die mens. Hy het vir homself ‘n stad gevestig in die hel en die plek Babilon genoem. Satan se gedagtes was egter nooit vry van die skone Îngerilor nie.Hy het bly hunker na dit wat hy moes prys gee, nooit het hy skuld erken nie, almal is geblameer vir sy doen en late.

Die verhouding tussen Satan en die engele van lig was nooit weer die selfde nie. Gevoelens van onopgelostheid het maar altyd na vore getree waar hulle soms vir ‘n ruk in mekaar se teenwoordigheid moes verkeer.  Die engele van God en Satan het geweet dat ‘n oorlog onvermydelik is. Dit sou eendag gevoer sou word in die hemel. Die eendag het in die toekoms gelê.

Satan het van die eerste dae af,  in Babilon gedroom oor die oorlog en sy oorwinning. Hy sou voorbereid gaan.

xXx

Die stad Îngerilor is altyd bedrywig, maar daar is geen koorsagtigheid te vind in die bedrywighede nie. Die  portale na die ander vlakke van die hemel en na die aarde is soos ‘n miernes. Op enige gegewe tydstip is daar altyd hordes engele in Îngerilor wat kom en gaan.

Op die grasvlaktes van Îngerilor is daar ʼn spesiale dorpie te vind, ‘n dorp vir die weeskinders in die hemel. Pragtige kliphuise omring met tuine, parke en speelgronde is die tuiste van kinders wat deur engele groot gemaak word. Kinders en babas wat op aarde sterf, en geen familie in die hemel het om hul groot te maak nie, word in die sorg van engele geplaas. Hierdie engele wat na die kinders groot maak, is deur Vader geskape om ʼn versorgende liefde van ʼn moeder te hê vir kinders.

Deel 1

. Îngerilor

Die lag van kinders klink oor die golwende groen grasvlaktes op. Libra en Marzedt lag hartlik saam met die groepie kinders wat in ʼn kring om hulle sit. Die blonde dogtertjie sit die sakdoek agter Benna se rug neer en hardloop verder. Die kinders skreeu hul opgewondenheid uit. Benna kom nie agter dat die sakdoek agter sy rug lê nie, Martjie voltooi die sirkel, kom agter Benna tot stilstand en raak aan sy kop. Die kinders skreeu ” vrot eier vrot eier”, en Benna moet in die middel gaan sit.

Libra geniet die aardse speletjie terdee, hierdie is een van vele, wat die kinders in die hemel speel. Hy klap sy hande om die einde van die speletjie aan te kondig.

” Kom kinders, laat ons huistoe gaan. Julle is al moeg gespeel, môreoggend kom speel ons weer.”

Die kinders spring op en elkeen probeer om die hande van die twee engele vas te hou. Die vier gelukkiges gee groot tree om by te hou by hul oppassers, terwyl die res vooruit hardloop. Hulle energie is onuitputlik, in die hemel word niemand gou moeg nie.

By die groot wit huis wag Tribanie, die huis engel, die kinders in. Die klompie waai vrolik vir Libra en Marzedt totsiens en dan is hul volle aandag by Tribanie. Die tiental word gestuur om hulle hande en gesigte te gaan was, bykans tyd vir skool. Rigtam raak erg geïrriteerd as die kinders laat is, al is die hemel nie tydgebonde nie, raak die tyd tog minder vir die naderende oorlog wat in die hemel gaan plaasvind.

 

Nuweling

Sarfé klop sag aan die deur van Huis Hoop. Tanron verwelkom Sarfé vriendelik. Sarfé se besoek beteken gewoonlik ʼn nuwe aankomeling. Sarfé kom ook dadelik tot die punt.

” ‘n Seuntjie van 10 jaar, Markus,  gaan binne die volgende ure in jou sorg geplaas word. Markus is dié kind wat in sy agttiende jaar as leier van die heiliges na vore gaan tree. Misa het beveel dat Windemar, die onverskrokkende  voortaan hier in Huis Hoop moet inwoon om na Markus se veiligheid om te sien. Lucifer sal sy allerbeste doen om hierdie kind leed aan te doen en om hom weg te voer na Babilon tot na die oorlog indien hy van Markus se bestaan en doel te hore kom. Dié seun se veiligheid is van kardinale belang. Hy moet in alle opsigte bekwaam en gereed wees teen sy agtiende jaar. Ons het net agt jaar tot beskikking om hom gereed te maak as die leier van die heiliges.”

Tanron sluk die knop in sy keel af. ” En net toe ons gewoond  geraak het aan vrede, kom  hang die wolk van die naderende oorlog oor ons. Wees verseker dat ek my hoogste sal gee vir hierdie heilige kind van ons Vader.“

“ Dit weet ons my getroue vriend. Misa en Vader vertrou jou tenvolle met hierdie belangrike saak. Gemaral sal daagliks die seun onderhande neem om hom in die gevegskuns op te lei.”  Met daardie woorde groet die twee engele mekaar tot later die dag, wanneer Markus na Tanron gebring sal word.

Tanron roep die kinders wat na skool onder ‘n groot koelte boom gaan speel het nader om hulle voor te berei vir Markus se koms. Hy het besluit dat  Markus, Herman en Erick se kamer moet deel. Die twee seuns kan ‘n ogie hou oor die nuweling. Albei die seuns is staatmakers en baie volwasse vir hulle ouderdom.

“ Later vandag,” begin hy ” kom ‘n nuwe kind van ons Vader hier by ons woon. Sy naam is Markus en julle moet hom baie vriendelik en mooi met hom wees. Onthou julle hoe vreemd   julle gevoel het, in daardie eerste weke in die hemel?”

Die kinders knik hulle koppe plegtig en belowe om die nuwe seun vriendelik te behandel en met hom te speel. Tanron sê vir Herman en Erick dat Markus  hulle kamer sal deel “ dit is julle werk om na hom te kyk en alles te vertel wat kinders van Îngerilor en die hemel moet weet.“

Later in die dag, daag Sarfè en Misa op met Markus. Markus se gesig spreek van wonder om in die teenwoordigheid van engele te wees en dit in die hemel. Daar is niks buitengewoon aan Markus nie, en Tanron wonder wat hierdie kind, die een maak wat as leier van die heiliges na vore sal tree later in sy lewe. Net tyd sal die antwoord verskaf.

Markus voel so bietjie bang om hier te wees. In sy kort lewetjie het hy ‘n leeftyd se seer en verwerping gehad. Sy ma was ‘n dwemverslaafde en het die kleine kind menige keer verhuur as prostituut. Nora het Manie gedurig verwyt oor sy bestaan, en hom vertel hoe stout en sleg hy is. Liefde het hy nie geken nie, Nora het een dag verdwyn, lewend of dood het niemand geweet nie. Die vyfjarige Markus  was sonder heenkome en moes soos talle ander kinders op straat oorleef..

Manie Ferreira het kinders wat op straat rondgedwaal het sonder ouers of voogde, ‘n dak en kos aangebied, inruil vir klein takies. Hy was ‘n geharde krinineel, die kinders in sy sorg sou beter af wees in die strate van die stad. Die klein takies was onder meer sakerol en winkel diefstal. Liefde het geen kind geken wat onder Manie se dak gebly het nie, uitskel en slae was mildelik uitgedeel. Die slae het  bestaand uit vurige klappe deur ‘n gesig, ‘n vuishou of  twee, dit was ‘n daaglikse realiteit vir die kinders.

Markus het nie gesteel nie. Jesus sou hom sien en dit sou sy hart seermaak, dit het die ou mal oom heeldag vir almal vertel wat verby hom geloop het. Die mal oom, het vertel dat Jesus al die mense liefhet, dat sonde se dinge sy hart seer maak. Markus het graag vir die oom geluister en het van al die stories gehou wat hy gehoor het, hy het Jesus lief gekry en sy hartjie vir Jesus gegee. Hy moes eet, en het hy ‘n ander manier gevind vir die verpligte inkomste wat daagliks aan Manie oorhandig moes wor vir ko0s en die dak oor sy kop. Markus kon sing, die ryk tenoor stem van die seuntjie het mense bekoor, sy daaglikse optredes het genoeg geld van vrygewige verbygangers ingebring. Manie het besef dat die singende Markus  groot geld kon inbring en het die gawe uitgebyt. In die koudste winter van Markus se lewe het hy so siek geword dat hy geen noot kon sing nie. Manie het die verlies aan inkomste nie goed hanteer nie en in sy woede Markus tot ‘n pappery geslaan. Die tienjarige Markus het vanwee sy beserings alleen op ‘n smerige karton gesterf.

Kanto was die engel wat by die sterwende Markus gewaak het en die seuntjie oor die dood se drumpel gedra het tot in die hemel, waar hy in Jesus se arms wakker geword het. Jesus het Markus liefdevol verwelkom en hom aan die Vader voorgestel. Vader en Jesus het lank met Markus  gesels. Misa, Sarfè en Windemar het op bevel van Jesus die troonsaal binne getree en na ‘n kort gesprek met Vader en Seun, Markus na  Îngerilor geneem.

Markus se ontmoeting met die ander kinders het sy bang hartjie gou gou laat bedaar. Herman en Erick het hom die kamer geneem en na ‘n groot bed gewys “ dit is jou bed “ het Herman gesê. Markus kon sy oë nie glo nie, ‘n sagte silwerskoon bed, hy het nog nooit ‘n bed gehad nie. Hy het oor en oor dankie gesê, sy eie bed, sy eie.

Die eerste paar dae het Markus net gespeel en gewoond geraak aan die lewe as ‘n hemelse kind. Windemar het Markus oral vergesel. Hy het nie veel gesê nie, as iemand hardop sou wonder wat ‘n kryger daar doen het Windemar bloot net gesê dat dit Vader se wil is, en so is sy teenwoordigheid aanvaar as normaal. Herman en Erick het Markus aan soveel kinders bekend gestel dat sy arme kop skoon gedraai het. Nie net het hy kinders ontmoet nie, maar ook engele.  Hy was oral welkom en is met hemelse liefde behandel.

Die oggend van sy agste dag in die hemel het anders begin. Windemar het Markus vroeg die dag geneem na die stad van Sion op die eerste vlak. Hulle het die heeldag tydsaam deur die grote stad gewandel. Markus het hom verwonder aan die stad, hy dink dit lyk net soos die mal oom vertel het.  Windemar het Markus geleer hoe om ‘n kaart van die stad in sy geheue vas te lê. Teen die tyd dat Markus moeg was van die stap, het Windemar, Markus na Anna se oornag huis geneem. Anna trek Markus nader vir ‘n stywe drukkie.” Ek is so bly om jou te ontmoet Markus. Jy is altyd welkom in my huis, enige tyd wat jy in Sion is, kom bly jy by my, dan kan ons lekker kuier. ”
Markus lyk verleë oor die vriendelikheid van ‘n vreemde tannie.  Windemar stamp liggies aan Markus, “sê jy nie dankie nie?”
Markus se wange blom rooi en hy fluister sy dankie skaars hoorbaar.

Die volgende dag is ʼn herhaling van die vorige maar dié keer is Markus geblinddoek. “So leer jy om nie net op jou sig staat te maak nie, maar ook op jou ander sintuie” verduidelik Windemar      ”die stad word nou op ʼn ander manier in jou geheue vasgelê.” Hoekom hy die stad so goed moes leer ken, het Markus nie verstaan nie, maar hy het elke oomblik geniet. Hy het homself verbaas oor hoe maklik hy die stad leer ken het. Aan die einde van die dag het hulle terug gekeer na Îngerilor. Windemar het Markus beveel om ʼn kaart van Sion te teken sodat hulle kon sien wat hy kan onthou. Hý het die stad presies geteken soos dit is, die detail van die tekening het die engele verbaas.

xXx

Markus se dae was besig en vol dinge wat hy moes doen. Hy het nou vir die eerste keer in sy lewe skool gaan. Rigtam het die honger vir kennis in Markus gesien en spesiale aandag aan hom bestee, Markus het geleer lees en wiskunde gedoen, soos die kinders op die aarde. Daar was ook baie speeltyd gewees. Libra en Marzedt was al meesters in kinderspeletjies. Baie van die aardse speletjies is gespeel asook die speletjies wat in die hemel ontwikkel is. Van die groter kinders is verwag om die heel kleinste kindertjies en selfs die babas te vermaak, wel onder die toesig van ‘n engel of twee. Vader het geglo dat kinders klein en groot nie net met die engele moet verkeer nie, maar ook met  mense, die heiliges. Markus het keer op keer gekies om met die babas te speel, hulle het hom bekoor.

Die vegkuns onder die leiding van Gemaral was nie maklik nie, en Markus was trots op elke blou kol wat hy opgedoen het. Hy was op reg spyt dat al sy seer plekke en blou kolle sommer vinnig  weer gesond geword het. Want hy wou graag daarmee spog, daarom het hy vir Gamaral gevra of van die ander kinders nie ook kon leer veg nie. Na ‘n vergadering tussen die Gamaral en Vader is besluit dat dit nie ‘n slegte plan was nie.

.Markus het ook vele keer in ‘n week die voorreg gehad om met Jesus en Vader te kon gesels. Jesus het Markus opgevoed in elke stukkie skrif wat in die Woord van Vader vervat is, en oor die lewe van ‘n seuntjie in die hemel.

Linx het Markus en die ander kinders geleer van die ander hemelse vlakke, wat op elke vlak gebeur en watter heiliges oral woon. Demonologie was van kardinale belang, die kinders moes weet hoe hulle dink, wat om van hulle te verwag en sy reaksie en optrede wanneer die kinders met demone te doen sou kry.

Markus was lief vir lees en het baie ure in die biblioteek is deurbring. Nie net het hy sy algemene kennis verbeter nie, maar ook stories en verhale gelees, waarvan baie eeue oud was.

Die ou heiliges uit die Bybelse tye het ook per geleentheid met Markus gesels, die mense waarvan Jesus hom geleer het, in die vlees leer ken.

Markus het hegte vriende geword met Herman en Erick. Die heiliges het die drie algou die drie musketiers genoem. Die drie seuns was amper onskeibaar gewees. Die drie het baie van visvang gehou en gereeld ‘n vis of twee gevang. Soos kinders is, het hulle die hoogste bome geklim en bo in die takke op verbeeldings vlugte gegaan.

Markus het nie net die stad Sion van hoek tot kant geken nie maar ook Îngerilor. Hy het graag alleen op uitstappies gegaan en was ʼn bekende figuur onder die der menigte engele. Markus het graag vertel dat al die engele sy goeie vriende is.

Die dae het gevlieg en die tyd het afgetik. Michael was nou al vyf jaar in die hemel.

Deel 2

Babilon

Babylon se troon kamer bewe. Prins Lucifer se woede is skrikwekkend. Net die dapperste van sy generaals bly staan. Die laer range lê almal op die vloer. Geen oog ontmoet die van hul meester nie, dit is vir moeilikheid vra. Generaal Baunspa wat die oorsaak van die woede is wag geduldig dat Lucifer bedaar.

“Meester ek het reeds stappe begin neem om hierdie saak reg te stel….” verder kom generaal Baunspa nie.
“Hoe, sê my, hoe kry julle almal dit reg om vir vyf jaar nie te weet van ʼn blote kind nie. Hoe, sê my, hoe julle lae lakeie, nie weet julle van ʼn element wat die komende stryd kan lam lê nie, hoe!” skreeu Lucifer steeds boosaardig woedend. “Ek is lus en kap elke enkele een van julle in stukkies sodat julle nie kan regenereer nie, dan kan julle verdekselse siele vir ewig in die donker niks rondswerf!”

Elke demoon belangrik of onbelangrik bewe van uiterste vrees. Hierdie metode van Lucifer is nie net ʼn vae dreigement nie, menige demoon se siel swerf in die buitenste ruimte, sonder liggaam en sal so bly, vir altyd en ewig. Want Satan soos hy homself noem, het net so min liefde vir sy onderdane as wat hy die mens en die heiliges haat.

Lucifer gaan sit op sy troon en bedaar ‘n bietjie. Ewe koeltjies vra hy “watter planne generaal Baunspa, het jy al in plek gestel?”
Hierdie koel kalmte laat die generaal koue rillings kry. Lucifer is nou op sy gevaarlikste.
Hy kies sy woorde versigtig “ons gaan die kind ontvoer, hier in Babilon kan hy in die put van sielloosheid gegooi word. Daar kan hy dan bly, tot in alle ewigheid. Die heiliges is dan leier loos en sal na ʼn nuwe moet soek. So sal ons die leiers die een na die ander verwyder tot die dag van u luisterryke oorwinning oor die engele van Vader, u vyande.  En u o Meester, op u regmatige plek sit” gebruik hy die heuningkwas kwistig.
“My liewe demoon, hoe beplan julle om toegang tot die hemel te verkry?, niemand van ons het ʼn ope uitnodiging om te kom en gaan na die hemel soos ons wil nie?”
” Meester, ons sal die kans gebruik wanneer u weer die Vader gaan besoek, ons hoop dat die besoek dalk binne die volgende dag of wat sal plaasvind vind. Dit is mos in u beplanning nie waar nie?”
” Moet ek nou julle werk doen!” skreeu Lucifer opnuut  “ek sal nie my besoek gebruik om julle planne te bevorder nie, jy weet goed ek het net nog hierdie een besoek oor in dié jaar .” Hy staar die generaal koud aan ” sien self hoe jy daar in gaan kom. En as jy weer sou waag om te suggereer dat jou plan eintlik myne is, sal jy terdeë spyt wees. Voor die maand se einde aanbreek  wil ek die kind in Babilon hê, wyk nou uit my teenwoordigheid.”
Generaal Baunspa vloek saggies terwyl hy agteruit loop.
“Iets gesê wurm?”
“Nee nee glad nie” prewel Baunspa.

Lucifer sit ingedagte toe hy alleen is. Sy donker gemoed is nog donkerder as gewoonlik. Sy dag sal kom en geen heilige, engel of demoon sal sy planne verongeluk nie. Hy sal die naderende oorlog wen. Hy sal sy regmatige plek gaan inneem. Îngerilor sal weer syne wees!

Generaal Barack is een van die geringste onder die generaals. Sy grootste ambisie is om te vorder tot Lucifer se regterhand, om daardie doel te bereik het hy ‘n uitstaande projek nodig om Lucifer se guns te wen. Nou het die geleentheid in sy skoot geval. ʼn Amper onuitvoerbare plan, maar waar ʼn wil is is ook ‘’n uit weg. Barack roep sy assistent Voeskie en neem hom in sy vertroue, waaghalsig gee hy toe, want geen demoon is betroubaar nie. Lojaliteite lê die meeste van die tyd by Lucifer. Hierdie kans moet hy neem as hy sy plan wil uitvoer.
Voeski buig skrams en staan op aandag. Barack is in houding en geaardheid net soos hul meester, onvoorspelbaar. Barack betrag Voeskie in stilte, en sit sy plan uiteen. Die reaksie wat hy van Voeskie kry is bemoedigend, hy gee die opdrag vol vertroue.
” Soos u begeer my heer, ek vertrek dadelik.”

Generaal Baunspa neem ʼn blaadjie uit Lucifer se boek en skreeu sy ondergeskiktes wild en wakker. Hierdie geskreeu is van pure frustrasie, sy plan om Lucifer te manipuleer het misluk. Die plan kon vinnig en effektief uitgevoer word as die duiwel net wou saamwerk. Nou moet daar blitsvinnig aan ʼn ander plan gedink word. Hoe gaan hulle ongesiens die hemel insluip?
“Ek verwag ʼn oplossing van julle spul voor die dag se einde. Moenie my soek nie, dit sal julle duur te staan kom.”

Die demone hou ʼn ernstige dinkskrum om ‘n oplossing te vind vir Baunspa se probleem. Nie een kom met ‘n werkbare plan na vore nie. Baunspa se assistent, Polikare se swart leeragtige vlerke bewe sigbaar. Sy kop gaan verseker rol, want blaam word sommer maklik verplaas. Hy vra verskoning en verlaat die vertrek vinnig. Hy loop Voeskie in die gang raak, wat haastig is om op sy sending te vertrek.

Polikare se belangstelling is dadelik geprikkel, Voeskie is nie haastig van geaardheid nie. Duidelik moet hy iets dringend gaan doen. Hy roep na hom “my goeie vriend Voeskie, waar voor die haas? Is daar iets waarmee ek jou kan help“ vra  Polikare vroom.
Voeskie kyk Polikare op en af. Hy gee ‘n breë glimlag en merk op “nie geweet ons in vriende nie, Polikare.” verskoon my asseblief ou vriend,” sê hy sarkasties ”ek moet gaan, my heer Barack wag op my.”

Polikare kyk Voeskie agterna en trek sy skouers op, ag wel, ek moes probeer het, nie waar? vra hy homself af.  Hy staan ʼn oomblik en dan skiet ‘n gedagte hom te binne, terug in Baunspa se kamer, kondig hy aan ” my heer, ons hoef nie hemel toe te gaan nie, die aarde wemel van kinders, ons bring een van hulle vir die meester, hy sal nie weet dat dit nie dáárdie kind is nie.”
” Jy is nie so groot idioot soos ek gedink het nie, Polikare. As ons die regte kind uitsoek kan jou plan werk.”
Polikare grinnik verlig, hy gee homself  ʼn kloppie op die skouer van tevredenheid.
“Sal ek dit in jou hande los vir die uitvoering of is daar iemand anders beter bekwaam vir die taak?”
“Nee my heer, ek vertrek dadelik na die aarde” sê hy suikersoet.

Pietman slaan die een mokerhou na die ander. Sy vertoning op die krieket blad laat die omstanders na hul asems snak. Hierdie seun toor met ‘n  bal en slaan sekuur houe, hy is gewis die beste speler. Hy is op hierdie jonge ouderdom ʼn natuurlike leier en uitblinker op sport en akademiese gebied.

Polikare het ʼn uitgebreide soektog na die regte kind van stapel gestuur. Die menigte imp wat hy met hom saam gebring het was die jagters gewees. Toesta die kleine, het die seun raakgesien en dadelik woord gestuur. Polikare hou die kind vir ʼn paar dae dop, en is tevrede dat Pietman die regte kandidaat is. Polikare beweeg na die krieket blad, Pasgal die doodsengel wag geduldig dat Polikare sy taak voltooi. Polikare spring op Pietman se rug en steek sonder huiwering sy vingers in die seun se mond, sy hand vou om die lugpyp en druk dit toe. Pietman gryp na sy keel, val roggelend neer en binne minute is hy dood.

Pasgal kry die verdwaasde Pietman stewig beet. Die demoon en doodsengel vertrek onmiddellik met hul slagoffer. Polikare open die portaal, die twee tree in die sfeer van sterlig, gly die draaikolk in, oomblikke later betree hulle Babilon. Pasgal gooi Pietman op die vloer neer, sy deelname is nou verby. Hy verlaat Babilon dadelik, hier voel hy nooit tuis nie. Satan  is nie sy gunsteling nie.

Pietman se ouers hou mekaar styf vas toe die lewelose liggaam van hul seun in die ambulans gelaai word. Niemand kan glo dat ʼn gesonde kind net dood neerslaan nie.

Monroe, ʼn boodskapper engel het die moord aanskou, wat deur die demoon en die doodsengel gepleeg is. Hy het dit dadelik aan Michael die hoof van die engele gaan rapporteer .                   “Michael, die demoon Polikare en Pasgal, die doodsengel het ʼn onskuldige kind vermoor, hulle het die kind van Vader, reguit Babilon toe geneem.”
Michael trek sy oë op skrefies en frons, “dit beteken niks goed nie. Maar dit behoort ons nie te verbaas nie. Satan se lakeie is soos hy, tot enige iets in staat. Gaan terug aarde toe, vind uit wie die kind was en wat hom so spesiaal maak dat hy vermoor moes word. Ek sal intussen met die Vader gaan praat oor die moord.”

Pietman lê op die vloer van Baunspa se kamer. Hy is verward, verdwaas en baie baie bang. Dit  wat hy hier gesien het is angswekkend. Hy huil sag, hoekom is hy hier? Waar is sy pa en ma? Droom hy? Maar in sy hart klop die wete dat hy dood is. Hoekom is hy in hierdie plek? Hy weet dit is ‘n slegte slegte plek. En hy weet dit moet die hel wees. Pietman se siel verval in desperaatheid, in ‘n donker gat, wat geen kinder siel ooit moet beleef nie.

Baunspa het die kind op die vloer goed bekyk. Die wisselende emosies het hy goed agter gekom in die snikke van die kind. Hy weet daar moet dadelik opgetree word om die kind se siel te herstel. As hy moet deurgaan as ‘n heilige kind van die Vader sopas uit die hemele, moet die lig steeds in hom skyn. Baunspa swaai sy hand en die kamer verander oombliklik in ‘n warm vriendelike plek, die demone neem die vorm aan van engele in spierwit gewaad, hyself lyk soos ‘n goedige oupa, vriendelik met ‘n sagte glimlag. Hy help Pietman om op te staan. “ Nee wat , dit is mos nie nou nodig om so te huil nie, knapie. Toe maak oop jou oë en kyk bietjie rond. Groot seuns huil mos nie omdat hulle vreemd voel nie.”

Pietman kyk in die kamer rond. Dan sien hy die engele raak wat almal vriendelik vir hom glimlag. “Waar is ek? Wie is jy?  Is dit Jesus se engele wat ek hier sien? Vra hy alles in een asem.

“Pietman, jy is in die hemel ou seun, en dit is rêrige engele. Ek is ‘n oupa van baie kindertjies en gaan mooi na jou kyk. Jy hoef nie meer bang te wees nie. Kan jy onthou wat gebeur het op die krieketblad?”

Pietman skud sy kop in ontkenning.

“‘n Nare ou bal het jou teen die kop getref, en jy was onmiddellik dood” lieg Buanspa. En omdat jy so ‘n goeie seun was vir jou mamma en pappa het jy hemel toe gekom, verstaan jy dit?”

“ Ja, ek verstaan dit, maar oom is verkeerd, goeie kinders gaan nie hemel toe nie, net bekeerde kinders en groot mense. Ek weet dit, want ek het al my hart vir Jesus gegee.”

Buanspa vererg hom op die plek, en hy wys na Hideus, “ hierdie engel sal van nou af jou spesiale vriend wees en na jou kyk. Hy gaan jou na ‘’n kamer neem en daar kan jy bly. Sê gerus vir Hideus van watter kos jy hou, hy sal sorg dat jy dit kry.”  Sê Baunspa nou aansienlik minder gaaf, hy swaai sy hand na Hideus. “ Neem  hom weg.”

Baunspa is te vrede met die loop van sake en wens Polikare geluk met die deeglike uitvoering van die taak. “Vroeg môre oggend sal ek die kind aan die meester vertoon, ‘n taak goed uitgevoer en die meester kan verseker wees dat sy oorwinning nie verder in die wiele gery sal word wanneer die oorlog ‘n aanvang neem nie.“

xXx

Voeskie verlaat Babilon en kies koers na die tweede vlak van die hemel. Die portaal aan die suide kant van die hemel is toeganklik maar word bewaar deur ‘n engel om toegang te verhinder. Hy gaan vas stel of dit nog steeds die geval is, nie dat hulle verwag dat dit anders sal wees nie. Hy moet net seker maak dat daar nie intussen ander stappe geneem is om hierdie portaal se toegang deegliker te bewaar nie. In die eerste dae van die rebellie teen Vader, het Satan hierdie portaal oorgeneem en as sy eie persoonlike portaal beskou. Na dat hulle uitgewerp is het Aaron, op bevel van  Michael die toegangs portaal versper en ‘n engel as wag daaroor aangestel.

Voeskie vlieg stadiger en fladder net buite sig. Van hier kan hy ongemerk die portaal dophou. ‘n Geruime tyd later is hy oortuig dat daar steeds net een engel is wat die portaal bewaak en daar is geen engele verkeer nie. Hy vlieg summier terug na Babilon en rapporteer sy bevindings aan generaal Barack. Barak toon sy tevredenheid met Voeskie deur hom op die skouer te klop. “Wel gedaan, jy het jou opdrag uitstekend uit gevoer .Ek sal dit nie vergeet nie, ons kan, glo ek die plan, suksesvol uit voer. Sal jy ‘n span kan saamstel wat betroubaar is vir die sending? Elkeen wat by die ontvoering betrokke is, sal grootliks daarby baat as ons die kind voor die meester kan bring, ons sal ons moet haas, voor Baunspa die kind kan ontvoer.”

“Ek sal daarvoor sorg my heer. Dit is hoogtyd dat ons opbeweeg op die ranglys en sekere demone ‘n stap of twee afwaarts kan beweeg. Die heer Baunspa en sy imp is al lankal te selfversekerd. “

Monroe neem ‘n sigbare vorm aan, die van ‘n middeljarige man. Hy staan die middag by die krieket veld en beskou die ouers wat teenwoordig is. Hy sien ‘n vrou wat eenkant sit en na die oefening op die veld kyk. Ongemerk beweeg hy daarheen en gaan sit so entjie van haar af. Hy kyk met groot belangstelling na die kinders wat oefen. Toe hy seker is dat die vrou gemaklik is met sy teenwoordigheid merk hy op “Dit is so jammer van die gebeure nou die middag. Ek kan nie dink dat die seun nog een oomblik mokerhoue geslaan het en die volgende oomblik dood is nie. “

“Hartseer en tragies. Arme Linda en Henk is in ‘n verskriklike toestand. Maar dit kan sekerlik nie anders nie, Pietman was ‘n oulike kind met ‘n blink toekoms voor hom. “

“Ek het hom nie so goed geken nie, was hy net ‘n krieketspeler?”

“Nee, hy het op alle gebiede uit geblink. Sport, akademie en kultuur. Hy was ‘n natuurlike leier, kinders sowel as die leerkragte het baie van hom gehou.“

Hulle gesels nog ‘n rukkie en dan verskoon Monroe homself.  Hy keer terug hemel toe en gaan soek vir Michael.  “Die seun was ‘n voorbeeldige kind, hy het geen probleme gehad nie, hy was gewild en ‘n leier. Hoekom hy vermoor is weet ek nie.”

“Ek en die ander kon ook nie tot ‘n rede vir die moord kom nie, maar Vader het aan ons die rede verskaf. Die demoon  Baunspa het na ‘n plaas vervanger gesoek om vir Satan as Markus voor te hou. Iewers het Satan se informante geleer van Markus  hier in die hemel. Satan eis die kind se kop, hulle wil Markus ontvoer en in Babilon aanhou. Soos jy weet is toegang tot die hemel nie vir enige demoon beskikbaar nie, slegs Satan wat van tyd tot na Vader toe kom. Pietman is die oplossing vir die probleem volgens die Baunspa se redenasie. Ons het intussen ook geleer dat ‘n ander demoon Barack, wat nou self  vir Markus gaan ontvoer. Hy het onthou van Satan se portaal tydens die opstand destyds. Hy gaan so toegang probeer kry tot die hemel en ons gaan dit maklik maak vir hom. Dit is wat ons plan is.”  Hy verduidelik aan Monroe die plan om Pietman te gaan red uit Babilon uit.

xXx

Generaal Barack, Voeskie en vier uitgesoekte demone verlaat Babilon. Hulle vlieg reguit na die portaal wat Voeskie vroeër besoek het. Die plan is eenvoudig, Barack glo dit sal doeltreffend wees. Val die engel aan wat die portaal bewaak, neem hom uit die weg. Sodra hulle binne die hemel is sal hul van voorkoms verander. Die volgende portaal na die derde vlak , waar die engele stad Îngerilor is, moet so vinnig moontlik bereik word. Die portaal is slegs sewe meter verder. Hulle sal sover moontlik kontak vermy met engele en met die heiliges van Vader. Hulle wil geensins enige iemand bewus maak van hul teenwoordigheid nie. Barack het dit duidelik gestel “ smelt met die omgewing saam. Maak geen beweging as dit nie absoluut noodsaaklik is nie. “.

Barack en Voeskie vlieg tot by die groot swaar hek wat ongewenste persone uit die hemel hou en roep na die engel. Reilik hoor die stemme, uiters ongehoord, niemand word hier ingelaat nie. Geen engel geen demoon, niemand nie.  Reilik trek sy swaard uit en loop tot voor die hek. Hy kan skaars sy oë glo. Twee afgryslike demone staan teen die hek. “Demone van Satan, sal julle asseblief hierdie gebied verlaat. Hier word julle soort nie toegelaat nie. Ingang is streng verbode.”

“Nee wat, jongeling, jy is totaal verkeerd. Ons soort was eerste hier. Lank voor jy deur Vader geskape is, was ons hier. Kyk laat ons nie mekaar se tyd mors nie. Maak nou die hek oop en laat ons in. Hier in my hand is ‘n spesiale toegangs permit. Sien jy dit? Dalk moet jy se effe nader kom en jou self vergewis van die outentiekheid van ons permit.” antwoord Barack die jong engel. Onseker staan Reilik ‘n tree nader, kan dit wees?  Voeskie trek sy swaard en voor die engel weet wat hom tref  is hy deurboor. Barack glip die sleutel vanuit die gewonde engel se harnas en sluit die hek oop. Vinnig tree die demone na binne, in ‘n oogwink verander hulle van voorkoms na die van engele.

Barack en Voeskie bind die engel stewig vas en kap sy vlerke af. Hy sal ‘n ruk buite aksie wees tot sy vlerke geregenereer en sy wonde herstel het. Barack gee een van die demone opdrag om die engel te bewaak. Hy moet die hek met sy lewe bewaak en gereed wees wanneer hulle terug keer met die kind van God. Die engel moet geen kans kry om alarm te kan maak nie.

Pagegin se engel hart bewe van woede. Hy moet met ystere selfbeheersing agter die groot bome bly skuil. Hy kan sy kameraad geen hulp aanbied nie. Hy wag stilweg tot die demone die portaal verlaat, span sy vlerke en vlieg vinnig Sion toe om die aankoms van Barack en sy donker vriende te gaan aanmeld. Dié plan verloop na wense, maar die arme onwetende Reilik is gewond.

Barack en sy geselskap loop vinnig na die volgende portaal. Daar is geen ander heilige of engele te sien nie. Hierdie suide kant is nog steeds ‘n verlate deel van die hemel. By die portaal vorm Voeskie ‘n spiraal van sterlig en die vyftal stap die koel grys mis in. Oomblikke later staan die klomp indringers in die stad van engele. Daar is nie tyd om rond te staan nie, elke oomblik is ‘n oomblik wat hulle te lank daar is. Aangesien hulle nie weet waar die kind is nie sal hulle versprei, die ligging van die kind se woning bekom en ook uitvind hoe hy lyk.

Deel 3

Engele op ‘n missie

Nexto  gewaar kinders wat in die speelpark is. Hy neem die vorm van ‘n jong tiener seun aan en stap na die kinders toe. Die bal waarmee gespeel word rol tot by sy voete. Hy gooi dit terug, en roep uit “Het julle Markus gesien vandag? “

‘n Dogter antwoord, “ Nee hoe kan ons hom gesien het as hy by Vader in Sion.is.  Wat wil jy met hom maak?”

“Niks nie. Ek wil hom iets vra.” Skreeu Nexto terwyl hy weg hardloop. Hy moet sy heer opspoor en die inligting met hom deel. Hy soek ‘n ruk lank en gewaar Barack. “My heer, die kind is in die stad Sion by die Vader.”

“Is jy seker daarvan imp?”

“Ek is my heer. “

Barack fluit sag. Die ander drie sluit by hom aan. “Ons het ‘n klein probleem. Die kind is nie hier nie, hy is in die stad Sion. Ons moet ‘n plek vind om te skuil tot die kind weer terug is in Îngerilor. Esca gaan terug na die portaal, gaan help Shiga om die engel in bedwang te hou. Sorg dat daar niks gebeur wat ons teenwoordigheid hier kan verklap nie. Die drie potale wat toegang verleen tot hierdie vlak moet bewaak word sodat ons kan weet wanneer die kind terug kom.”

Barack stuur die imps na die verskillende portale. Hyself wil Îngerilor van hoek tot kant deur loop. In sy ganse lewe sal hy dit nie aan enige demoon erken nie, om weer hier te wees en die skoonheid en vrede te beleef, laat hom terug hunker. Die spyt van sy onbesone optrede destyds slaan soos ‘n hamer in sy hart. Hy was dwaas. ‘n Bitter groot dwaas om vir Lucifer  te kies. Hy sou enige iets gee om weer in die hemel te kan wees. Enige iets…

xXx

Markus luister intens. Om hier in die teenwoordigheid van Vader te wees is die lekkerste van alles in die hemel. Dit is net jammer dat die tyd so vinnig verby gaan, dit is al weer tyd om Vader te groet. Vader gee hom ‘n stywe drukkie en Jesus loop saam met Markus na Anna se huis waar Windemar vir hom wag. “Markus, jy moet onthou dat ek baie trots is op jou. Wanneer jy in die donker magteloos voel en hoop wil opgee, onthou dat dit net ‘n tydelike ondervinding is. Jy moet daar deur gaan. Dit is deel van jou groei proses. Onthou veral om baie gaaf en vriendelik te wees met Pietman, hy gaan dit baie nodig hê.”

“Ek sal dapper wees Jesus. Want ek weet wat op die spel is. Ek sal vir arme Pietman ‘n ware broer wees. Satan en sy donker vriende sal nie my siel aanraak nie, want ek is mos Vader se kind.”

Michael, Misa en Windemar loop saam met Markus na die portaal. “Wees dapper heilige kind van Vader. Ons sal jou en Pietman veilig terugbring, moenie dit nie te maklik  maak vir die demone nie. Hulle mag nie weet dat ons bewus is van hulle planne nie. Laat hulle bietjie moeite in sit om jou te vang.“ sê Michael vir oulaas. Hy vorm die sfeer van sterlig en Markus loop die koel grys mis in.

“Dit is nie vir my maklik om Markus doelbewus in ‘n klomp swaarkry te laat gaan nie. Ek weet dat hy ‘n waardige opponent is vir Satan en sy lakeie, hy is goed opgelei, maar tog, het hy nog  opleiding nodig voor die oorlog aanbreek, die tyd raak nou min sê Windemar.

“Moenie jou nie onnodig bekommer nie Windemar. Vader weet dat Markus gereed is vir hierdie taak anders sou Vader nie sy toestemming gegee het nie. Satan se vlerke moet so effe geknip word. Sy absolute selfvertroue kort ‘n knou.” Sê Misa.

“Windemar, Misa is reg. Ons is gereed vir hierdie taak. Geen permanente leed sal Markus geval nie. Hy moet sy tone in die water steek, hy kort selfvertroue in sy vermoëns.”

xXx

Baunspa kom met swier die troonsaal van sy meester in, agter hom kom Pietman en Polikare ingeloop. Hy buig laag voor Satan. “Prins van my hart” spreek hy Satan aan “dit is vir my uiters aangenaam om die oorsaak van u moontlike oorlog probleem voor u aangesig te kan bring” en hy beduie na Pietman. Satan spring onmiddellik van sy  troon af en kom staan voor die kind. Pietman is nie meer bang nie. Vrees het plek gemaak vir woede. Die oulike oupa en vriendelike mense het net geduur tot Hideus hom in die donker kamer gegooi het. Hy het geweet dat daardie eerste oomblikke  die waarheid was. Hideus het steeds vriendelik gepraat en opgetree, maar hy wat Pietman is, het deur alles gesien en geweet dat hy in die hel is. Hy weet net nie hoe hy dit alles kan sien nie, maar die kamstige mooiheid van die omgewing en die mense is nie werklik nie. Die afskuwelike wese wat voor hom staan weet hy, is die duiwel self, hy onthou wat sy oupa altyd gesê het, dat die duiwel net ‘n verslane wese is, sy mag is net tydelik, want hy is alreeds oorwin en verslaan met Jesus se opstanding. Hy wat Pietman is, sal nie verder bang wees vir ou sluvoet nie.

Satan kyk na die seun voor hom en wat hy in die oë lees maak hom briesend. Hy lag snedig en vra “so seuntjie, jy is nie bang vir my nie?, ek wonder nogal hoekom nie. Min mense kom in my teenwoordigheid wat nie bang is nie. Sê my, het Michael jou self onder hande gehad, om jou hierdie kamstige dapperheid te leer? “

“Niemand het my geleer om dapper te wees nie, kinders van God hoef nie vir jou bang te wees nie, en ek ken niemand wat se naam Michael is nie.”

“ Mmmm, vertel my, wie het jou uit gekies om die leier van die heiliges te wees?”

Pietman kyk Satan sonder begrip aan. Duidelik weet hy nie waarvan Satan nou praat nie. Satan sien die onbegrip in Pietman se hele houding. Hy draai om en gaan staan voor Baunspa, hy haak af en slaan Baunspa deur die gesig. Jy bedrieg my mos. Jy dink ek is ‘n idioot, nie waar nie? Jy dink jy kan my vir die gek hou.”  Baunspa kry nie kans om te antwoord nie. Satan gryp hom aan die keel en roep na Xsert. “Gooi hierdie lae wurm en sy gespuis almal in die vuur put. Hulle kan daar bly tot in alle ewigheid. Vat hierdie kind weg uit my teenwoordigheid. Hy kan die res van sy lewe in die dal van verlatenheid deur bring.”

Xsert gee ‘n imp opdrag om die kind eers saam met  Baunspa, na Baunspa se kamer te neem. Hy beskik seer sekerlik inligting wat hom goed te pas kan kom. Hy sal self vir Baunspa in die put gaan gooi, nadat hy ook met hom gepraat het. Die imp van Baunspa kan mee afgereken word. Hy het geen erg aan hulle nie. Polikare tree na vore. ” Xsert, verskoon my, ek kan jou tot hulp wees. Ek beskik oor waardevolle inligting “

“Wat weet jy meer as jou heer hier?”

“Ek was in beheer van die kind se ontvoering”

“Nee wat ek stel nie belang in jou praatjies nie. Weg met jou”

Satan laat al sy generaals roep. Hulle sal ‘n plan moet maak om die ware kind uit die hemel te moet gaan ontvoer. Hy wag ongeduldig dat die generaals hul opwagting maak. Hulle kom die een na die ander die vertrek in. “Almal hier?”

“Nee meester, Artes, Besda, Umludi is op die aarde. Ons vermis vir Barack. Hy is op geen sening nie.“ antwoord Farel.  “Ek het ‘n paar imps gestuur om hom te vind. Sy luitenant is ook nie hier nie. “

“Dan wag ons. Ek gaan myself nie herhaal nie. Daar is werk om te doen” Satan verlaat die vertrek. Sy grimmigheid veroorsaak dat hy die vonnis opleggings van die verlore siele wat vir die hel bestem is, na die wreedste gebiede van die hel stuur. Geen genade word betoon nie. Solank hy in beheer van die hel is, sal hierdie lae wurms, wat hy met ‘n passie haat, gestraf word.

Pietman bid, hy praat sy hart uit en smeek vir Jesus om hom te kom red uit die hel. Want hy weet dit is nie waar hy hoort nie. Hy het sy hart al baie lank terug vir Jesus gegee. Hy is nie die enigste mens wat bid nie. Hier in die hel bid mense wat nooit op aarde gebid het nie. Noudat dit te laat is, roep hul die God van die hemel en aarde aan.

Xsert gaan Barack se kamer in. Leeg en verlate. Soos alle kamers in die hel is die kamer ook sonder enige persoonlike besittings, net die uiters noodsaaklike meubels is in ‘n  kamer. Indien ‘n demoon iets privaat het word die item versigtig weg gesteek. Die deur gaan op ‘n skrefie oop en ‘n jong imp loer versigtig in. Sy heer is nog nie terug nie, hy probeer ongemerk weg sluip want hy het Xsert in die kamer gesien. “Kom hier imp” word hy geroep. Cesa het nie keuse. Hy gaan staan met voor Xsert. “Waar is jou heer imp?”

“My heer, waarheen hy is weet ek nie, hy is nie in Babilon nie. “

“Wat is jou naam imp?”

“ Cesa, my heer.”

“Ek moet Barack dringend sien. Sodra hy terug is moet jy my dadelik kom sê. Indien jy sou versuim om dit te doen Cesa, sal jy bitter spyt wees.”

Markus tree uit die mis, gereed vir  aksie. Hy staan ‘n oomblik en loop dan stadig in die rigting van Huis Hoop. Tot sy teleurstelling gebeur niks nie. Hy begroet Herman en Erick wat op die stoep sit. Hulle kyk  hom met opgetrekte wenkbroue aan, hy skud sy kop en sak in ‘n diep stoel neer. Die ander twee vrae geen vrae nie, want dit is die ooreenkoms. Hulle mag weet van sy doen en late, maar uit vrae is verbode.

Tanrom sluit by die seuns aan. “Hulle is hier. Een het uitgevra na jou, het Kersona kom sê. Die verantwoordelike engele het vier van hulle onder observasie, een is terug na die portaal. Wees gereed Markus,” Hy kyk nou na die ander twee ” julle mag nie inmeng nie. Verdwyn soos groot spelde as enige iets gebeur, Michael en Misa is baie ernstig hieroor.”

Herman en Erick knik hul koppe “Goed Tanrom, ons sal soos spelde wees” antwoord Herman. Die res van die kinders kom stuk stuk huis toe, die skemer uur het aangebreek. Kinders regoor die stad van engele, keer huiswaarts. Die bedrywighede van hierdie dag kom nou tot ‘n einde, aanstons sak rustigheid oor die hemel neer. Geen donker nag nie, net rus in die kalmte van die Heilige Gees.

Die volgende oggend is Markus oppad skool toe. Hy stap hierdie oggend doelbewus alleen, Windemar volg hom op ‘n afstand, buite sig. Barack het in die rustyd, Huis Hoop dopgehou. Die oomblik toe Markus uit die huis gekom het, was hy en sy imps gereed. Buite sig van die huis, toe daar net enkele  kinders naby Markus was, het hulle toegeslaan. Markus se sintuie is goed geoefen en hy was bewus van die naderende demone. Hy voel die krag van die Heilige Gees deur hom spoel.  Hy het heftig baklei, die aanvallers is verbaas met sy ratsheid en bedrewenheid met sy kort swaard. Die demone het Markus omring, en hom op sy knieë gedwing na ‘n kort skermutseling. Elkeen kan spog met ‘n swaard steek danksy Markus. Markus gee oor en laat hom gewillig vang en vasbind. Hyself het geen beserings opgedoen nie.

Barack gee een van die imps opdrag om met Markus op sy rug vasgebind, te vlieg. Die vier vlieg in enkel formasie reguit na die portaal. Barack mors geen tyd nie en open die sfeer van sterlig, vinnig verdwyn  hulle die koel grys mis in. By die portaal waar die ander twee gewag het, open hy die sfeer sonder om met hulle te praat. Die ses demone met Markus op die rug van Dezar, verdwyn in die mis. Hulle vlieg reguit Babilon toe. Barack jaag die imps en Voeskei die heel tyd aan. Die demone gehoorsaam, vol van oorwinnings vreugde. Die sestal land in Barack se kamer. Dezar gooi Markus van sy rug af en haal diep asem. Die kind is swaarder as wat hy lyk. Hy is ook nie ‘n kind nie, eerder ‘n jong man. Geen kind kan vier van hulle gelyktydig veg nie, en hierdie wurm het dit gedoen.

Barack verdaag die demoon imps, Voeskie bly alleen agter in die kamer. Barack beduie vir hom om Markus los te maak. Markus vryf sy arms wat teen sy lyf vas gebind was. Hy staan regop en kyk Barack in die oë, bang is hy nie. Barack gluur Markus in stilte aan, intimidasie werk goed op hierdie wurms het hy al baie lank terug agtergekom. Hy wag vir Markus om iets te sê. Markus wag weer vir Barack om eerste oog kontak te verbreek. Minute tik verby en die stilswye duur voort. Voeski verbreek die stilte, “My heer, wat wil u met hierdie kind gedoen hê?”

“Vir nou, niks nie. Ek wil hom eers ondervra. Jy mag my teenwoordigheid verlaat. Wag buite die deur en laat niemand toe om hier in te kom nie.”

“Soos u wil my heer.”

Barack sug, ”sit Markus, wees asseblief so gaaf en antwoord my vrae. Ek is nuuskierig oor jou. Na my wete moet jy nou vyftien jaar oud wees. Jy is handig met ‘n swaard. So ver ek weet dra julle heiliges nie wapens in die hemel nie. “

“Ek is vyftien, en nee dit is nie nodig om met wapens in die hemel te loop nie, dit is nie ‘n plek van geweld nie. Ek is bedrewe met die swaard want ek word spesifiek opgelei in die gevegskuns. Jy weet tog so goed soos ek, van die komende oorlog wat tussen die engele en julle gaan plaasvind, dit is tog hoekom jy my ontvoer het. Ongelukkig is julle nie alwetend soos die Vader nie. Die stryd tussen engel en demoon gaan van so aard wees dat die heiliges gedwing gaan word om toe te tree as gevolg van die optrede van demone. Weereens gaan jou soort nie luister na Vader se opdrag nie en die heiliges wel leed aan doen. Die heiliges gaan in daardie tyd ‘n leier nodig hê, en ek gaan daardie leier wees. Op hierdie stadium weet die heiliges nie dat hulle in die oorlog betrokke gaan wees nie. Die wete word hulle gespaar want daar is geen bekommernis in die hemel nie. .Waarom dit ek moet wees, weet niemand van ons nie. Vader weet dit en het dit nog nie nodig geag dat ons dit weet nie.”

Barack kyk nie vir Markus nie, sy rug is op Markus gedraai. Hy draai om en roep na Voeski .       “ Hou wag oor die heilige kind van Vader. Geen leed mag hom beval nie. Julle twee sal alleen in hierdie kamer bly totdat ek terug kom.” Hy verlaat sy kamer, hy moet nou alleen wees. Hy het veel om oor te dink. Sy mymeringe wat hy in die stad van engele gehad het is nou allesoorheersend in sy gedagtes. Hy verlaat die paleis en vlieg na die verste punt van die domein van Babilon. Hy land op bergagtige rotsformasies. Hierheen het hy al baie gekom om van die donker wêreld van Satan te ontvlug.

Cesa is bang. Bang vir Xsert en bang vir Barack. Hy sal moet besluit wie hy die meeste vrees, Die regterhand van Satan moet meer gevrees word besluit die imp. Hy klop huiwerig aan Xsert se deur. ” My heer Barack, is terug in Babilon”

xXx

Lank loop Barack op die ongelyke oppervlakte en dink. Hy weet nou dat sy dwaasheid nie daardie dag opgehou het toe hy saam met Satan en die der menigte engele uit die hemel gegooi is nie. Hy het nooit die hart gehad om baie van die duistere dinge te doen wat van hom verwag is nie en het daarom der jare net ‘n lae demoon imp gebly. Net sy deeglike uitvoering van die pligte wat hy wel gedoen het sonder gewetenswroeging, het hom die laagste rang van die generaals besorg. Sy begeerte om Satan se nommer een te word getuig van sy ellendige dwaasheid en veral  hierdie optrede van die laaste paar dae. Hy weet dat daar nie vir hom enigsins vergifnis kan wees van Vader af nie, maar hy weet dat hy nie langer Satan se eiendom gaan wees nie. Hy sal die kind dadelik terug neem na die stad van engele. Satan sal nie sy hande op Markus lê nie.  Wat homself aan betref, hy gaan Babilon verlaat, hy sal asiel gaan soek by die donker engele van Inserta. Dat hy daar met minagting behandel sal word, is seker. Liewer hul minagting as om verder ‘n afskuwelike demoon te wees. Berou weet hy, kom altyd te laat. Hy sal egter voortaan doen wat hy kan,  om Satan se sake te belemmer, groot of gering. Hy span sy vlerke en vlieg terug na die paleis.

Barack vind sy kamer in gaos. Swart bloed en stukkies vleis is oral te sien, van Markus is geen teken nie, ook nie van Voeskie nie. Hy staar nog na die grusame toneel toe Xsert die kamer inkom.

“Besig gewees Barack?  Jy het nie gedink om die meester van jou planne in tel lig nie? Ek is baie bly dat jy dit ‘n geheim gehou het. Nou kan die eer my toekom as ek die kind aan die meester oorhandig. Niemand sal van beter weet nie. Jou imps is nou net drywende spikkels in die buitenste ruimte, en jy gaan binne kort ook wees.”

“Ek laat my nie so maklik vernietig nie Xsert. Jy behoort dit te weet. Is ek nie een van die meer behendiges met ‘n swaard nie?”

“Behendig mag jy wees, maar teen ‘n oormag gaan jy nie veel uitgerig kry nie. “

“Moenie ‘n groter lafaard wees as waarvoor jy bekend is nie Xsert. As jy my uit die weg wil ruim, veg dan teen my. Ons twee alleen. Maar sê my, waar is Markus? En dan wil ek graag weet watter storie jy gaan opdis vir die meester oor hoe jy aan die kind gekom het, jy het geen imps wat jou lakeie is en jou kon help met die taak van sy ontvoering nie. Al daaroor gedink?”

“Gaaf van jou om oor my storie bekommerd te wees, maar moenie. Die kind is in veilige bewaring, voorlopig is hy by die ander kind opgesluit.”

‘Watter ander kind?”

“Jy het baie gemis tydens jou sending. Baunspa het ‘n ander kind laat vermoor en hom aan Satan voorgehou as die leier van die heiliges in die komende oorlog. Ongelukkig het sake nie vir hom uitgewerk nie. Die mannetjie blyk om ‘n kind van Vader te wees met geen vrees vir die meester nie. Tydens die ondervraging het dit duidelik na vore gekom dat hy tot onlangs nog die aarde bewandel het en nie in die hemel was nie. Baunspa en sy imps het by die verlore siele aangesluit.”

xXx

In Îngerilor is die engele in gereedheid vir hul reddings aksie. Michael het’ n klompie engele uitgekies en aan elkeen die keuse gegee of hulle deel daarvan wil uitmaak. Geen engel wil graag na Babilon gaan nie. Elkeen van die honderd engele het ingestem, dit sal vir hulle ‘n eer wees om die twee heilige kinders van Vader te gaan red uit die kloue van Babilon se prins.

Die plan is deeglik bespreek tussen die engele en Vader. Die plan is heel eenvoudig. Daar is ‘n portaal  die hemel wat direkte toegang tot  Babilon verleen, waarvan geen kennis gedra word nie. Vader alleen weet daarvan en sal self die portaal vir die engele open. Die engele gaan in die troon kamer van Satan verskyn. Vandaar is hulle op hulself aangewese om die twee seuns te vind. Sodra Markus en Pietman gevind is moet hulle terug keer na die troonkamer. Die poort sal oopbly tot die engele en seuns terug is in die hemel. Die poort is onsigbaar vir die demone. Slegs die gene wat ‘n rein hart het sal die poort sien en kan daardeur beweeg.

Die honderdtal tree  die grys mis in, om oomblikke later in die troon kamer van Satan te verskyn. Hulle swaarde is in hul hande en gloei ysblou, gereed vir enige gebeurlikheid. Die troonkamer is leeg, geen teken van demone of Satan nie. Michael luister aandagtig, daar is verseker bedrywighede aan die anderkant van die mure.  Sefas en Joas kry opdrag om die groot deur met die seël van die Heilige Gees te verseël. Michael verdeel die engele vinnig in groepe van tien, Michael strek sy hand uit wat dadelik begin gloei. ‘n Tong van vuur brand ‘n opening in die muur voor hulle. Vinnig verdwyn die engele deur die gat in die muur. Hul soektog het begin na die seuns. Vermy kontak so ver julle kan, was die opdrag. Elke engel het ‘n kleed aan wat gesalf is deur die Heilige Gees. Solank ‘n engel die kleed dra sal hy onsigbaar wees.

xXx

Pietman lê op die harde vloer. Hy probeer om te slaap by gebrek aan iets beters om te doen. Die deur vlieg oop, die demone gooi ‘n mens op die vloer. Markus lê vir ʼn oomblik, sit regop en sien vir Pietman raak. Hy vryf sy kop wat hard met die vloer kennis gemaak het.  Kan die geluk aan hul kant wees?

“Is jy Pietman?”

“Ja ek is, wie is jy?”

My naam is Markus en ek is deel van die reddings span wat jou kom red het. ”

” Van waar af kom jy? Wie is julle? Hoe weet julle van my? “

“Ek kom van die hemel af en so ook die groep engele wat deel is van die span. n Engel het gesien toe ‘n demoon jou vermoor het op die krieketveld, hy het die nuus vir Michael gaan vertel. Michael is die hoof engel. Ons Vader het reeds geweet van jou moord. Planne is gemaak om jou te kom red, want geen kind van Vader sal in die hel bly nie, veral nie ‘n onskuldige kind soos jy nie. ”

“Jy is tog ook ‘n kind, hoekom is jy deel van die engele se span?”

“Pietman, kom ek verduidelik. Daar gaan eendag ‘n oorlog in die hemel wees tussen die engele in die hemel, Satan en sy demone.  Dit is ‘n oorlog, wat al vandat Satan en sy engele uit die hemel gegooi is, dryg om te gebeur. Die tyd vir daardie oorlog is nou net ‘n paar jaar weg. Wanneer die oorlog gaan uitbreek sal Satan en sy demone opdrag van Vader kry dat hulle geen heilige kinders mag leed aan doen in die oorlog nie. Heiliges is die mense wat in die hemel is. Soos Satan en sy demone is, gaan hulle nie luister nie. Baie van die heiliges gaan leed aangedoen word. Die heiliges gaan dan ‘n besluit neem om aan die oorlog deel te neem. Die heiliges gaan ‘n leier benodig, ek gaan daardie leier wees. Hoekom dit ek moet wees, weet ek steeds nie. Vandat ek in die hemel gekom het, is die engele besig om my vir die oorlog op te lei.  Dit gaan ‘n groot oorlog wees, en vir die heiliges gaan dit moeilik wees om teen Satan en sy magte oorlog te maak.  Met die opleiding wat ek nou kry sal ek die heiliges kan help om effektief oorlog te kan maak. My teenwoordigheid in die hemel, en dat ek as leier gaan optree in die oorlog is ‘n bedreiging vir Satan se saak, en daarom is moes dit ‘n geheim wees. Vader en die engele het geweet dat Satan my uit die weg sal ruim sodat die heiliges leier loos sal wees in die oorlog. Die geheim is vir vyf jaar bewaar. Satan het op die een of ander manier uitgevind van my, en het begin planne maak om my te ontvoer. Sy planne is nie ‘n geheim in die hemel nie. Vader en die engele het geweet dat dit vinnig sal gebeur aangesien die oorlog net drie jaar weg is. Jou moord het gebeur in die tyd wat my ontvoering uit die hemel op hande was. Daar is besluit dat ek deel van die reddings aksie moet wees, dit sal my dan ‘n geleentheid bied om my vermoëns te toets en ek is seker daarvan om te sien of ek dapper genoeg is .Die ontvoering is maklik vir die demone gemaak, daar is geen weerstand gebied nie en hier is ek.  Die demoon wat my ontvoer het se planne het nie uitgewerk nie. Satan se regter hand het van die demoon se planne uitgevind en het my hier by jou laat opsluit. Die demoon se ouens is doodgemaak en die demoon, sy naam is Barack gaan ook dood gemaak word as hy terug kom. Hy het iewers heen gegaan net na ons hier gekom het en my ‘n paar vrae gevrae het.

“ Grieterasie, dit is ‘n lang storie. Ek verstaan nou alles. Dink jy jou engele sal nog kom?”

“Natuurlik. Michael sal weet wat om te doen. Ek vertrou hom baie, want hy is Vader se beste, dapperste en magtigste engel.”

“Ek het gedink ek sal altyd en altyd hier wees. ‘n Ewigheid in die hel, ek’ s so bly om te hoor van jou engele wat my kom haal, en natuurlik ook vir jou.”

xXx

Barack weet dat hy hier moet uit as hy die twee kinders wil help. Markus is sy verantwoordelikheid en die ander seun is hier aangesien een en elk van hulle in Babilon, Satan se pionne is.  Xsert is nie van die slimste nie, hy kan enige taak goed uitvoer as dit deeglik verduidelik is aan hom. Hierdie optrede is buite sy aard en hy is ietwat verbaas daaroor. “Xsert lyk my jy het vandag al dinge aangevang wat jou nie deur jou meester goed gekeur is nie. Is jy nie bang vir wat hy alles met jou gaan aanvang nie? Jy het van sy demone sommer self tot stofdeeltjies gereduseer. Jy weet, dit is slegs iets wat Satan self doen, hy laat niemand anders toe nie. Jy sal vinnig moet optree om jouself te regverdig voor Satan, anders my maat is jyself kort voor lank slegs stofdeeltjies. “

As ‘n demoon kon bleek word, het Xsert nou verbleek tot ‘n dowwe swart. Sy manhaftigheid het verdwyn en voor Barack staan die patetiese demoon wat Satan na sy pype laat dans sonder om ooit bevraagteken te word.

“Laat my toe om jou te help Xsert, ander dag kan jy my weer ‘n guns doen. Vertrou my.”

“Ja ja asseblief Barack, ek weet nie wat my al hierdie dinge laat aanvang het nie. Wat kan ek doen?”

“Laat my bietjie dink, dalk sal ek ‘n oplossing vind vir jou groot moeilikheid.” Barack sit asof hy diep dink. Xsert staan ewe gedwee en wag.

“Jy sal eerste met die kinders ‘n plan moet maak.  Jy weet tog dat ek die regte kind hier het en dat Satan my ryklik daarvoor gaan beloon, as hy hoor dat jy die kind opgesluit het nog voor hy met Markus kon praat, gaan jou kop waai. Laat haal hulle al twee, en bring hulle hier na my kamer toe. EK hoop nie jou behandeling het die seun enige leed laat opdoen nie. Satan sal self ‘n stuk leed uitdink vir die kind.”

Xsert verlaat vinnig Barack se kamer en gee ‘n imp opdrag om die twee kinders na Barack se kamer te bring, hy haas hom terug vir verdere opdragte.

xXx

Die groepe engele versprei soos ‘n veld brand deur die paleis. Al is hulle onsigbaar moet hulle steeds uiters versigtig wees om nie ‘n geraas te maak nie. Harhan en Geder beweeg na die onderste vlak van die paleis. Hul loer by die kamers in en voel siek oor die wreedheid wat hulle sien. Hulle moet suutjies beweeg want die nou gangetjie krioel van imps. Aan die einde van die gang is ‘n geraas. Twee imps stoei mekaar weg van ‘n deur af, duidelik wil al twee gelyk die kamer in,  terwyl die twee met die stoei geveg besig is, nader Harhan en Geder die deur. Harhan besluit om ‘n einde aan die onderonsie te maak, dit kan net onnodige aandag trek. Hy steek sy hand uit en gryp die een imp aan die nek wat besig is om die oorhand te kry. Die verbaasde imp los sy maat. Die ander imp sien tot sy stoei maat in die lug hang. Hy spring op en gryp na hom, maar Geder gryp hom aan sy nek. Die twee imp’s word weg gedra terwyl hulle blou moord skreeu. Geder sien ‘n klein kamertjie wat leeg is en die twee word daarin gegooi en die deur gesluit.

Die twee engele loop terug na die kamer waar die stoei geveg plaas gevind het. Harhan maak die deur versigtig oop, daar is dalk ‘n ander stuk moeilikheid in die kamer. Hy loer in en sien twee figure in die verste hoek van die kamer. Hy besluit dat daardie figure nie moeilikheid inhou nie. Hy stap nader en sien dan dat een van die figure Markus is. Markus en Pietman het hulle self klein gemaak in die verste hoek van die kamer toe hulle die geraas buite die kamer gehoor het. Harhan roep “Markus” Markus herken Harhan se stem, “Hallo Harhan, Pietman is ook hier. Ek hoor jou, maar sien jou nie. Jou kleed werk goed. “

“Goed so. Kom laat ons gaan, ons durf nie sloer nie. Hier is vir julle elkeen ‘n kleed, trek dit gou aan.”

Die twee seuns trek vinnig aan. “Dit is super “sê Pietman,” ek wou nog altyd onsigbaar gewees het.”

Die viertal loop so vinnig hul kan deur die gang. Die twee imp’s skreeu om hulp en die deur word oopgesluit. Hulle hardloop na die seuns se kamer, net om te ontdek dat die deur oop is. Die gevangenis se afwesigheid word ontdek en alarm gemaak. Eensklaps is die paleis in rep en roer. Xsert voel al klaar hoe hy ‘n stoffie word. Hy hardloop in alle rigtings maar is net so onsuksesvol as die res. Barack bly sit en roer geen poging aan om te help soek nie. Hierdie ontsnapping gee hom die kans om self te ontsnap. Hy hoop ter harte dat die twee kinders wegkom. Die ontsnapping kon net met hulp van buite gebeur het, dit moet Vader se engele wees, want uit Babilon sal geen hulp vir die kinders wees nie. Hy kyk deur die kamer, die plek sal hy nie mis nie. Hier in was geen gelukkige oomblikke nie. Rustig stap hy deur die paleis. Buite span hy sy vlerke. Hy is nou ‘n vlugteling.

Die engele hoor die gaos wat uitbreek. Dit beteken dat die seuns deur ‘n groep gekry is. Almal haas hulle nou na die troonkamer. Tot hulle konsternasie is die gat in die muur nie meer daar nie. Edur loop versigtig na die groot deur en roep na Sefas en Joas. Geen antwoord of beweging kan van binne af gehoor word nie. Michael se groep het nog nie opgedaag nie. Edur besluit as tweede in bevel, dat hulle net daar moet bly, styf teen die muur staan en tjoepstil moet wees. Hul sal nog ‘n paar minute wag vir Michael se groep wat die kinders moet hê. Die minute word vyf minute en later nog vyf minute. Die engele word angstig van stilstaan en wonder. Die gaos om hulle eskaleer en die atmosfeer in die paleis van Babilon word benoud. Uit asem kom Michael se groep by  die troonsaal aan. Hulle kort twee engele. Michael strek sy hand uit en die vuurtong brand ‘n opening in die troonkamer se muur. Hy beveel die engele om almal terug te keer hemel toe. Hy sal vir Harhan, Geder en die kinders wag. Die ander engele weier heel beleef  “ons sal saam jou wag, indien hier iets soos ‘n geveg gebeur sal julle oorweldig word. Sterkte is in getalle te vind, in hierdie situasie.” Michael gaan die troonkamer in om te sien wat daar binne aan die gang is. Die deur is nie meer verseël nie en van die twee engele is geen teken nie. Hy gaan weer uit. “Ons broers is nie hier nie, gaan dan nou met groot versigtigheid en soek na hulle en die kinders. Windemar en sy span word beveel om in die troonkamer te wag, die deur weer te verseël en die kamer vry te hou van ongewenste demone. Ten alle koste.

Harhan, Geder en die twee kinders vorder nie ver nie. Die gang is so vol dat daar geen ruimte is om vorentoe te kan beweeg nie. “Waarom bly die spul net hier? vra Markus “ pleks dat hulle ons gaan soek”. Harhan trek net sy skouers op en tel Pietman op, Geder volg sy voorbeeld en tel vir Markus op. Hulle hou die kinders bo hul koppe en loop dan deur die gemaal. Demone wat in die pad is word bloot eenvoudig uit die pad gevee en dit vererger die gaos. Nou klim die demone onder mekaar in en slaan na mekaar. Die gang se uitgang is versper. Die twee engele snak na na hul asems. In die opening van die deur staan die demoon heersers. Lucifer die duiwel, Mammon, Asmodeus, Leviathan, Beelzebub en Belphegor in hul ware vorm, groot swart vlermuis agtig met draak koppe  en vuurrooi oë met  sterte soos skerpioene, die hele prentjie is een van boosheid. Die twee kinders het hulle nog nie raakgesien nie. Gelyktydig slaan die twee engele die seuns met tydelike blindheid. Die gesig voor hulle is nie een, wat selfs ‘n heilige moet sien nie. Die twee engele retireer voetjie vir voetjie. Hulle roep Vader aan, want hierdie boosheid dreineer hul kragte. Hulle sit die seuns neer en gaan staan teen die gang muur. Die seuns bly vra hoekom hulle nie kan sien nie, maar ‘n antwoord word verskaf nie. “Bly asseblief stil en moet geen, maar geen beweging maak nie. Ons is in groot gevaar. Bid tot Vader dat Michael ons kom soek” beveel Geder.

Die bose ses praat nie. Hulle gluur die gepeupel aan. Geen demoon waag ‘n tree na vore nie. Vir hierdie ses, is elke demoon dood bang. Die teenwoordigheid van die ses in die opening saai paniek en onrus. Die asem van boosheid oor hulle lei tot angs en histerie.

Xsert wat in sy nood terug is na Barack se kamer, kry hom nie daar nie en raak van sy kop af van vrees, Hy gil en skreeu op elke imp. Hy hardloop af na die laer vloer en vind dat die gang gepak is met demone. Die bose ses in die opening laat hom in sy spore omdraai. Hy hardloop so vinnig as wat sy bene hom kan dra na buite. Hy stop nie en hou aan met hardloop. Waar hy kan gaan skuil weet hy nie, want in die hande van daardie ses wil hy nie val nie, hy span sy vlerke en neem vlug.

Sefas en Joses, hang magteloos aan ‘n yslike haak. Hulle vlerke is afgekap, hulle beserings is veelvuldig en regenerasie het nog nie begin nie. Die groepe engele het skaars verdwyn toe die bose ses deur die selfde opening na binnegekom het. Sefas en Joses is deur die ses omring, hul gesalfde klede lê aan hul voete. Daar is geen woord deur die ses geuiter nie en het hulle aan die twee engele vergryp.

“Ons vyande is hier in Babilon, sekerlik terwille van die kind Pietman. Kom ons vang hulle, dit is tyd vir ‘n mini oorlog. Hulle kan ‘n goeie les geleer word en in ‘n gevalle toestand aan Michael terug besorg word.” Sê Satan. “Hoe goed is dit dat julle juis nou ‘n besoek aan Babilon gebring het my liewe vriende.”

“Wat Lucifer, is die oorsaak van die mal spul hier in jou paleis? Is ‘n paar engele die oorsaak van die wanorde wat heers? Het jy dan geen beheer oor die gespuis nie?” vra Beelzebub waar hulle in die opening van die gang staan. “Kom ons loop, hier is geen engel nie.” Laat jou generaals die engele soek en na ons bring, ek gaan nie my tyd verder mors nie. Jou paleis, jou gepeupel en jou gemors.”

Windemar sien Xsert wat op vlug is. Hy besluit om die demoon te agtervolg. Iets het die demoon op vlug laat slaan, en hy wil weet wat. Vinnig vlieg hy agter die demoon aan. Die klein postuur en kort vlerke van die demoon is geen uitdaging vir die kragtige engel lyf en groot wit vlerke nie, Windemar gryp die demoon se klouagtige voet en trek hom nader. Die demoon het nie ‘n kans of verweer teen die engel nie, hy hang slap en willoos in die engel se sterk greep. Windemar land en kyk na die klein demoon voor hom. ‘n Patetiese wese, die demoon.

“Wat is jou naam demoon?”

“ Xsert”

“ Xsert, wat gaan daar in julle paleis aan wat jou so bang het?”

“Die vyf heersers het my meester kom besoek, saam is hulle die bose ses en geen maar geen demoon is wil in hulle teenwoordig wees nie. Jy is nie seker dat jy sal bly leef in hulle teenwoordigheid nie. My meester wat alreeds iets aller vreeslik is word nog erger in daardie vyf se teenwoordigheid. En ek, ek het ‘n klomp dinge aangevang en Satan gaan my tot stofdeeltjies reduseer as hy my in die hande kry, beter om te vlug en my lot hier buite te ontmoet as om in Satan se hande te val.”

“Wat het jy gedoen wat so erg is?”

Xsetr stort sy lot uit voor die engel. Windemar luister na die storie en gee die demoon ‘n ligte stampie “vlieg dan maar gou hier vandaan. Dalk loop jy nog ‘n voortvlugtende kollega raak.”  Die demoon en engel vlieg in verskillende rigtings, die een in desperate vrees en die ander met vasberadenheid.

By die paleis trek Windemar weer sy kleed aan. Hy gaan vertel vir sy span wat hy wys geword het en herhaal Michael se bevele. Hy verlaat die kamer, Michael en die ander moet gewaarsku word. Minstens weet hy nou dat die vier vermistes in die gang van die laer vloer vasgevang is saam met ‘n horde paleis demone.

Windemar fluit sag, skaars hoorbaar. Hierdie fluit wat die engele ontwikkel het, het al menige engel uit gevaar gehelp. Michael en die ander hoor die fluit. Die fluit word slegs deur die engele gebruik in uiterste omstandighede. Die groepe volg die rigting van waar die fluit kom. Steeds onsigbaar vergader die engele op die trappe wat na die gang toe lei. Vinnig dra Windemar sy nuus oor. Michael stuur dadelik die helfte van die engele terug troonkamer toe. Gaan beskerm die portaal. Satan durf nie daarvan uitvind nie  daarsonder kan ons nie terug hemel toe gaan nie. Michael vra die res van die engele om net daar te wag. Hy gaan kyk of die ses nog in die opening is, dit klink darem baie stil vir hom. Michael klim die trappies af wat op die opening uitloop van die gang, en daar staan hulle. Nie een van die ses praat nie. Hy sien ook die gaos wat in die smal gang aan die gang is en hy besef dat die ses se gesamentlike teenwoordigheid daarvoor verantwoordelik is. Hy ruik die absolute vrees van die demone. Hy gaan stilweg weer die trappe op, skaars halfpad op hoor hy : “Wat Lucifer, is die oorsaak van die mal spul hier in jou paleis. Is ‘n paar engele die oorsaak van die wanorde wat heers? Het jy dan geen beheer oor die gespuis nie?” vra Beelzebub waar hulle in die opening van die gang staan. “kom ons loop, hier is geen engel nie.” Laat jou generaals die engele soek en na ons bring, ek gaan nie my tyd verder mors nie. Jou paleis, jou gepeupel en jou gemors.”

Michael hardloop die laaste trappe op “die spul gaan nou enige oomblik hier opkom. Vinnig seël al die vloer se ingange, ek sal hierdie opening verseël dan hou ons die ses hier gevange. Nook gaan jy en ‘n paar ander na buite en kyk of julle enige opening kan kry wat toegang sal verleen tot die gang, ons moet die kinders en engele gou moontlik daar uit kry. Fluit as jy toegang kan kry en gee twee kort fluite as jy die vier daaruit kry, Indien julle onsuksesvol is, gee drie lang fluite. Dan moet ons ‘n ander plan beraam.” Die volgende oomblik hoor hulle die ses op die trappe. Die seëls is in plek,  Satan probeer ter vergeefs om die deure oop maak. Die krag van die Heilige Gees is ook hier in Babilon onvernietigbaar. Die sestal gaan soos malgoed te kere toe hul agterkom dat hulle vasgekeer is. Die gaos op die onderste vloer bedaar gelydelik.

Michael is nou saam die ses vasgevang. Hy bid dat sy kleed hom sal kan verskans tot die ses uit gelaat word. Hy is in geen posisie om ses magtige demone alleen aan te durf nie, veral nie in Satan se eie gebied nie. Hy gaan sit op die onderste trappie en haal skaars asem.

Nook en die drie engele saam hom fynkam die grond oppervlak sonder sukses, geen opening kan gevind word wat na die onderste vloer gaan nie. Hy gee die fluite soos ooreengekom. Hulle beweeg dan terug in die paleis om vandaar ‘n plan te maak.

xXx

Die paleis demone kom agter dat die bose ses nie meer in die opening is nie. Soos een demoon begin hul na die trappe beweeg. In hierdie gang bly hulle nie ‘n oomblik langer nie. Michael wat op die onderste trappie sit, vlieg op om nie vertrap te word deur die demone nie. Hy besluit dat die klomp weer getreiter kan word en verbreek die seël. Die demone swerm die trappies op en betree die grondvlak. Die bose ses het hulself intussen in een van die kamers tuis gemaak en steur hulle nie verder aan enige iets nie. Hulle generaals sal die een of ander tyd na hulle kom soek, tot dan kan hulle net sowel hul vergadering hou, waarvoor hulle die paleis kom besoek het. Die laaste demoon verdwyn van die trappies af en Michael verseël weer die opening. Hy stap die nou gang in en roep na Geder en Harhan. Hulle antwoord dadelik. Michael gooi sy kleed af, en die ander volg sy voorbeeld. Markus is verlig toe hy vir Michael sien en stel Pietman aan Michael voor. “Die demone is nou wel almal hier uit, maar ek is bevrees ons is hier vas, die bose ses en al die demone is op die grond vloer vas en kan nêrens heen nie, wat beteken ons kan nie by die troonkamer uitkom nie en is Sefas en Joas weg. Die ses het hulle in die troonkamer gekry en nugter weet wat met hulle gebeur het.”

“Kan jy nie ook hier ‘n opening maak met die vuurtonge nie? “vra Geder.

“Ek het daaraan gedink, maar waarna toe?  Van hier af, is dit nie moontlik nie, ons is ondergronds. “

Pietman sluk die knop in sy keel af. Om met die engel Michael van die Bybel te praat is iets groots. “Michael aan die onder punt van die gang, in die kamer waarin ek was, is ‘n gaatjie in die dak, dit is nie groot nie. Ek het daardeur geloer, ek is seker dit is nie in die paleis nie. Ek kon lig daardeur sien, dit was nie dof soos die kamers se lig nie.“

Opgewonde hardloop engele en kinders na na die kamer. Pietman wys na die gaatjie in die dak. Michael loer deur die gaatjie. “Jy is reg; dit is nie in die paleis nie. Die kans sal ons moet vat.” Hy steek sy hand uit en die vuurtonge vreet gou deur die dak. Michael spring na bo en trek hom uit die gat uit, dit is buite die paleis. Hy help die om die kinders na bo te trek en as die twee engele ook buite is beweeg hulle na die troonkamer. In die kamer staan die engele gereed met hulle swaarde, ingeval dit die vyand is wat deur klim. Al die engele is reeds daar en Michael merk op dat Sefas en Joas nie daar is nie. “Ons kry hulle nie” sê die engele gelyk. “Ek gaan hulle nie hier los nie. Luister julle almal nou mooi, ek gaan die deksel van die poort lig, julle gaan almal met die seuns terug hemel toe. Omdat ek weet dat ek nie alleen na hulle kan soek nie, vra ek net twee vrywilligers om agter te bly om my te help. Weet dat julle dalk nie terug hemel toe sal kan gaan nie. Die geseëlde deure is geen waarborg dat die bose ses nie saam die seëls kan verwyder nie.  Almal tree vorentoe, selfs die seuns. “Dankie julle, net twee asseblief.”

Michael, Demar en Tukein plaas die deksel weer op die opening van die portaal. “Ek dink julle besef dat ons hulle nie net gaan opspoor nie. Satan het hulle iewers versteek waar net hy van weet. Hy ken my en weet ek sal hulle nie hier agter laat nie. Daarom is dit nou tyd vir die konfrontasie waarvoor hy wag. Ek wou dit vermy, want ons dag van konfrontasie moet eers tydens die oorlog aanbreek, maar nou is dit onvermydelik. Ons is albei vernuftige swaard vegters en die uitslag sal in die volgende uur of twee bepaal word. Ek gaan nou die seëls breek sodat hierdie dag op ‘n einde kan kom. Wees gereed om deur die ses aan geval te kan word.” hy gee die twee engele ‘n kans om sy woorde te verwerk, “ gereed ?” Hulle knik hulle koppe in antwoord. Michael steek sy hand uit en breek die seëls.