LIEFDE VAN ‘N ANDER KLEUR – Chantal Pretorius

Liefde van ‘n ander Kleur – 2016 © Chantal Pretorius

VOLWASSE FANTASIE (1 141 WOORDE)

 

Elke vroegoggend sluit Lucinda haar winkeltjie oop. Maar hou die glasdeur eers gesluit; drink rustig haar rooibostee.

Omtrent by negeuur sal Lucinda die bordjie opsit vir oop. Wag vir haar toonbankdame, Cassie, om op te daag. Sy’s alweer laat. Dan sal sy na haar towerkamer toe loop. Wag vir mense om haar te besoek. Gou steek sy ʼn lang, ligwit rookstokkie aan.

Sy eet haar botterskons klaar; toe opdaag die eerste kliënt. Sy kyk nooit wie haar benodig nie. Dit moet altyd ʼn verassing bly. En skielik wegskuif die ligrooi satyn gordyne.

Vlugtig loer Lucinda na die aantreklike man. Hy maak sy keel skoon. Dan uitskuif hy die houtstoel en sit. Sy ysblou oë gly oor haar kleredrag.

Want Lucinda dra net wynrooi, ligblou en roomwit klere. Maar vandag as bypassing het sy ʼn pastelpers serp aan. En sjiek-rooi lipstiffie wat by die armband pas. Sy kleredrag is normaal; informeel.

Haar gedagtes bly besig. Gewoonlik bring vreemdelinge blomme saam. Maar vandag kry sy niks nie.

Lucinda aarsel eers. “Goiemôre,” sê Lucinda. “Kom sit gerus. Waarmee kan ek u help?”

Die man kyk Lucinda vas in die oë. “Kan jy harte lees?” vra hy glimlagloos.

Sy glimlag verleë. “Nee, ongelukkig nie.”

Stilte.

“Kan jy telepatie doen?” wil hy weet.

Stilte.

“Maar ek kan forteinkaarte lees,” sê Lucinda. “Of is daar enigiets anders wat jy wil hê ek moet doen?”

Hy grinnik-lag. “Kan jy kristalballe lees? As jy kan, doen dit eerder.”

Stilte.

Lucinda sug sag. “Nou maar goed,” brom sy en opstaan van die stoel. Sy loop na die groot swartkas toe en oopsluit die kas. Binne is die kristalbal; sy uithaal dit. Sluit dan alles weer toe.

Gaan sit weer kalm op die stoel. Sit die kristalbal in die middel neer. Gluur onderlangs na die man.

“Gaan ons nou begin of wat?” sê-vra die man. Hy uithaal sy leerbeursie en druk ʼn noot in haar handpalm.

Sy manshand is sterk, maar sag. En Lucinda se wange kry kleur. “Dankie, maar kan ek nou begin?” vra sy en berê die geld in haar staalbakkie. Ongemaklik gly sy oë oor haar laehals.

Die man se sharma maak haar bietjie senuagtig. Sy laat sak haar ken; trek ʼn poeierwit linkerhandskoen aan. Dan begin Lucinda te praat in hekstaal. Sy beweeg haar linkerhand oor die kristalbal. Haar oë gloei silwergroen. Daar is beelde wat ingedagte afspeel.

Die man se skouers raak styf van angs. Dan kom Lucinda weer reg. Haar asemhalings is swaar en sy kyk na die kristalbal.

“So, Lucinda, vertel my wat jy sien?” sê-vra die man nuuskierig.

Lucinda se oë rek verskrik groot. Wat sy nou gesien het, gee haar die vreemdste hartkloppings. Lucinda glimlag bleek. “Glo jy in die liefde?” vra sy.

Stilte.

“Moet ek?”

Haar skouers val moeg. Sy gooi die kristalbal toe met diè katoenlap.

“Ek ken jou mnr. Louw… Phillip Louw,” erken Lucinda. “Jy is ver van Centurion af.”

Phillip sluk. “Regtig?” terg hy.

Phillip se oë vonkel na Lucinda toe. Dis al wat sy van Phillip kan onthou: daai kil, geamuseerde pastelblou oë.

Sy vra weer dieselfde vraag.

Phillip begin te lag. Daar’s onskuld in sy mansgesig en bietjie selfbejammering in sy oë. “Wat is die liefde?” vra Phillip glimlaggend. “Is dit ʼn liefdesdrankie.”

Nou onderdruk Lucinda haar glimlag. Sy self het twee mislukte verhoudings op haar kerfstok. Maar nou sing sy ʼn ander deuntjie as forteinverteller.

“Hoe gaan dit met jou ouers?” vra Lucinda eerder.

“Hulle is okei. Waarom verander jy die onderwerp?” vra Phillip. Hy sien Lucinda het min grimering aan. Haar prominente kennetjie, was nog altyd haar beste bate.

“Nou wat wil jy hê moet ek sê,” antwoord sy terug en sug.

Phillip laat val sy skouers. Sy oë dwaal oor die misteriouse kamer. Die reuke van mintrook is om hulle. Dit laat hom hoenderkop voel. Dan kyk hy weer na Lucinda. Sy word bietjie leliker. Haar reguit bottelblonde hare word skielik bloedrooi. En neus word langer; naels skerper nou.

Phillip het nog altyd geweet Lucinda is spesiaal. Anders as die gewone besigheidsvrou. Sal sy hom ʼn kans gee?

“Liefde is nie sjokolade nie Lucinda,” sê hy en knip sy oë. “Ek kan seker my standpunt gee in die toorkamer.”

“Seker maar.”

Phillip trek sy mond skeef. “Het jy iemand in jou lewe?” vra hy en kyk Lucinda ondersoekend aan. Die geure van witrook raak minder. Hy skep asem en voel bietjie nugter. Dan blaas hy weer ou suurstof uit.

Lucinda verdwaal in Phillip se blinkblou oë. Vinnig regruk sy haarself. Oplig haar ken toe iemand die gordyn oopmaak. Dis Cassie!

Cassie glimlag verleë. “Nog ʼn rookstokkie vir mevrou,” vra Cassie.

Maar Lucinda lyk ernstig. “Dankie. Maar jy is alweer laat vir werk,” brom Lucinda.

Cassie se wange verkleur. “Jammer mevrou; die verkeer was erg,” erken Cassie. “Enige iets anders vir mevrou.”

Vlugtig skud Lucinda haar kop. “Nee, gaan maar,” sê sy.

Vinnig is Cassie weer toonbank toe.

Lucinda opstaan van die stoel. Sy vryf haar nek gespanne en sug. Dit is Phillip se skuld. Sommer alles.

Sy loop na die glasbakkie en aansteek die rookstokkie. Dan begin die geure weer sy towerkrag inslaan. Phillip asem die rookwalms in. Hy hoes aanhoudend en kyk vir Lucinda. Sy’t weer beeldskoon geword.

Lucinda glimlag kil. “Cassie is baie kreatief,” sê Lucinda. “Dis net te jammer sy vertel so baie leuens.” Vlugtig loop sy terug stoel toe, sit. “Wil jy ook jou haldpalm gelees hê?” Sy lig een wenkbrou omhoog.

Phillip skud sy kop. “Ek wil nie regtig my toekoms gevoorspel hê nie,” erken Phillip eindelik.

Nou lig Lucinda albei wenkbroue op. “Hoekom is jy dan hier?”

Phillip sug. Hy was nog altyd stilletjies verlief op Lucinda. Al glo sy in bonatuurlike wesens, kaartlees en rouvis eet. Bly sy die vrou van sy hart. Sy towervrou.

“Vir besigheidsredes, behalwe dit. “Vir ʼn kans… met jou,” is Phillip se antwoord.

Lucinda se oë vonkel. Phillip opstaan vinnig van die stoel; loop na haar toe. Sy kyk vir hom verwonderd aan. Haar kunsrook is orals sigbaar. Al die geure laat sy bloedhart vinniger klop. Hy word al weer bedwelm. Hy sien die forteinverteller raak. Vir die eerste keer. Nie die groenoog blondebom nie.

“Ek dog jy hou net van egte blondines,” sê Lucinda glimlaggend.

En Phillip gee Lucinda ʼn piksoentjie. “Ek’s nie meer so kieskeuring nie,” erken hy.

Teen halfelf verlaat Lucinda en Phillip die kamer. Ander reuke en geure in die winkeltjie is om hulle. Lucinda sien vir Cassie. Sy is besig op haar slimfoon.

Lucinda glimlag liefies vir Cassie.

“Ek gaan ʼn rukkie uit wees,” sê Lucinda.

Cassie knik net. Haar ligbruin oë gly na Phillip; sy kyk hom koketterig aan.

Phillip kyk weg. “Wat het jy toe in die kristalbal gesien?” vra Phillip nuuskierig.

Lucinda glimlag betowerd. “Liefde,” sê sy en druk haar hand in syne. Dis alles te danke aan die rookwalms, my liefste Phillip.