M01E2 – 2014 © Anke Norris

Oefening 1.1
Kies twee van die bogenoemde subgenres in die wetenskapfiksie; en,

  • stel ’n bevredigende beskrywing saam vir elk van die subgenres wat u gekies het;
  • stel ’n lys saam van die sentrale idees van die subgenres wat u gekies het; en,
  • vind ’n skrywer en dié se beste wetenskapfiksie roman, vir elk van die subgenres wat u gekies het om die spesifieke subgenre te verteenwoordig.

RUIMTESEPIE

’n Ruimtesepie speel af in die buitenste ruimte, of op ’n verafgeleë planeet. Om die tempo van die verhaal te behou, moet ’n ruimteskip byna onbeperkte afstande aflê in ’n baie kort tyd, en om ’n tiekie kan draai sonder die vervelige noodsaaklikheid van remming.

Die planete het ’n aard-tipe atmosfeer (met Aarde se maan as uitsondering) en eksotiese vorms van lewe. Vreemdelinge kan Afrikaans praat en sommige vreemde wesens praat dit met ’n aksent. Masjinerie in die Ruimtesepie sluit (bykomende ruimtetuie) straal-gewere, robotte en swewende motors in.

Ruimtesepies se agtergronde wissel aansienlik in wetenskaplike geloofwaardigheid. Ruimtesepies verontagsaam gerieflikheidsonthalwe wette van fisika deur die gebruik van vinniger-as-lig (VAL) ruimtetuie en ander gaan nog verder deur bonatuurlike magte en/of groot magte wat in staat is om hele planete, sterre en/of sterrestelsels te vernietig, te gebruik.

Sentrale idees van ’n Ruimtesepie is:

  • alles word beheer deur tegnologie, rekenaars, vinnige spoed;
  • robotte verseker sekuriteit;
  • persoonlike privaatheid bestaan amper glad nie;
  • almal is van dieselfde kultuur en samelewing en uiting aan ander of vergete kulture en emosies is streng verbode;
  • ’n samelewing waar mense dien as voedsel of orgaanskenkers;
  • mense sterf uit na ’n siekte of ’n ramp.

’n Voorbeeld van ’n skrywer en die se beste Ruimtesepie is:

  • Ken MacLeod – NEWTON’S WAKE: A SPACE OPERA (2004).

SKYNWERKLIKHEID

Skynwerklikheid (Hologram) is ’n tegnologie wat ’n gebruiker in staat stel om met ’n rekenaar-gesimuleerde omgewing om te gaan of interaksie met die program te hê. Omgewings wat deur Skynwerklikheid geskep word is visuele ervarings op rekenaarskerm of spesiale stereoskopiese uitstallings, maar addisionele sensoriese inligting, soos klank en tasbare inligting wat geskep word deur skynwerklikheid wat deur luidsprekers en elektriese-terugvoer.

In wetenskapfiksie word skynwerklikheid gebruik op vele vlakke van menslike interaksie met sy omgewing, bv. hologram voorspellings van sleutelborde, sigplate, voorbereiding vir vlieëniers, mediese ontleding van ’n pasiënt se ingewande, ontspanning en opleiding.

Die sentrale idees van Skynwerklikheid sluit in:

  • geen vryheid wat bestaan;
  • samelewing word gekontroleer deur robotte of rekenaars;
  • oorheersing en skandering van persoonlike privaatheid deur owerhede en instellings;
  • samelewing waarin alles en almal dieselfde is en uitinge van kultuur en emosies streng verbode is;
  • mense slegs dien as voedsel of orgaanskenkers;
  • mensdom feitlik uitgesterf het as gevolg van ’n kernoorlog, siekte of ’n ramp.

‘n Voorbeeld van ‘n Skynwerklikheid-roman is:

  • John Brunner – THE SHOCKWAVE RIDER (1975).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui