M01E3 – 2014 © Anke Norris

Oefening 1 (a): Ilse Steyn (10/03/1947 – ?)

Ilse Steyn - Prinses in die Ruimte; Liefde in die RuimteIlse Lelong Steyn is gebore op 10 Maart 1947 in Stellenbosch. Sy het skool gegaan in Johannesburg en gestudeer in tale aan die Universiteit van Stellenbosch.

Na haar studies gee sy onderrig in Engels Tweede Taal vir vyf jaar. Daarna studeer sy Frans aan die Universiteit van Sorbonne in Parys. Daarna beland sy in Holland waar sy ’n ou Stellenbosch Universiteit’s vriend Jan Evertse ontmoet met wie sy later getroud is.

Hulle woon in Hague vir twee jaar waar sy ’n maandelikse nuusbrief vir die SAUK skryf. Daarna trek hulle terug na Stellenbosch. Daar gee sy onderrig vir nog twee jaar en koop ’n ou huis in Herold Straat wat hulle restoreer en haar man Jan Evertse gaan werk vir die Universiteit van Stellenbosch se Rekenaar Tegnologie (IT) Afdeling. Hulle sukkel finansieel en albei verloor hulle werk. Daarby is Ilse ’n slegte huisvrou en begin uit verveeldheid skryf.

Sy raak swanger en gee beboorte aan ’n tweeling wanneer ander pare hulle ouderdom se kinders al hoërskool toe gaan. Sy hou haarself besig deur rekenaar-kundigheid aan die Universiteit se werkers te leer en ook vertalings te doen. Daarna keer sy terug na die Universiteit waar sy vir drie jaar in die Sport Wetenskap Afdeling werk waar hulle ’n taalkundige benodig.

Sy woon huidiglik in Den Haag (The Hague) in Nederland waar haar Duits-gebore man Jan werk. Hulle woon in ’n tipiese Nederlandse 3 verdieping huis “rijteshuis”. Sy geniet films, lees, reis en goeie geselskap. Sy skryf Prinses in die Ruimte in 1996 (LAPA-Uitgewers) en Liefde in die Ruimte in 1998 (J.P. Van der Walt en Seun-Uitgewers). Sy het ook meer as twintig romanses geskryf.

Steyn se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke is: Prinses in die Ruimte (1996) en Liefde in die Ruimte (1998).

PRINSES IN DIE RUIMTE (1996) Uitgegee deur LAPA-UITGEWERS.

1996 - Prinses in die Ruimte - Ilse SteynDie Prins van Wolton sal ’n wese van die Aarde as sy vrou neem, lui die eeue oue voorspelling. Al wat die dronkgeslane Erik nie verstaan nie, is dat dit ook se dat sy “van die voorvaders” kom en sekere van sy eienskappe sal he. Anais van Aarde besorg hom egter die skok van sy Wotannese lewe: buiten dat sy nie ’n goue vel het soos hy nie, kommunikeer sy deur middel van telepatie met hom, laat sy sekuriteitsdeure op die pendeltuig sonder moeite oopgaan en spreek haar gedrag alles behalwe van iemand wat die Eerste Vrou gaan word. Vir Anais maak egter niks anders saak as dat sy die tien weeskinders, met wie sy ’n onuitwisbare band het, van die heersers van die Aarde se onderdrukking wil bevry nie. Maar dan word haar en die Woltannese Prins se ruimte bestaan baie meer verweef as wat enigiemand in die Eerste Sterrestelsel ooit sou kon voorspel.

LIEFDE IN DIE RUIMTE (1998) Uitgegee deur J.P. VAN DER WALT EN SEUN UITGEWERS.

1998 - Liefde in die Ruimte - Ilse SteynTrumi Van der Walt word na twee eeue in vriesslaap in die drie en twintigste eeu wakker. Haar geliefde Aarde word egter nou deur die tirannieke Hoofraad beheer en sy besluit om by die Bevrydingsfront aan te sluit. Generaal Bart, die leier van die Front, beskou haar egter as heeltemal te impulsief en ongedisiplineerd om ’n rekruut te word. Boonop is vroumense, veral die wat nie onderdanig is nie, die laaste ding in die sterrestelsel waarvoor hy ooghare het. Trumi is egter nie van hierdie eeu nie, en sy laat haar nog minder afskrik deur ’n bombastiese rooikopmansmens. Deur afpersing kry sy presies wat sy wil he – en dan begin die vonke spat in die ruimte!

Oefening 1 (b): Wille Martin (Onbekend)

3. Wille Martin - Planeet 3Wille Martin is op Bethulie in die Vrystaat gebore. Haar presiese datum is onbekend. Wille se moeder was die bekende vroeë Afrikaanse skrywer Minnie Postma. Sy het na haar skoolloopbaan ’n B.A. graad behaal aan die Universiteit van die Vrystaat, waarna sy as joernalis by Die Volksblad begin werk het en ook begin het om kortverhale te skryf. Sy waag in 1958 haar hand vir die eerste keer aan romans en het sederdien al meer as 200 titels uit haar suksespen laat rol.

Wille het ook ’n tyd lank skoolgehou en by Die Vaderland en Die Transvaler gewerk en in 1983 ‘professioneel’ begin skryf.

Martin se mees noemenswaardige wetenskapfiksie werke is: Planeet 3 (1981), Atlantis (1982), en Narcissus (1983) almal uitgegee deur KLUB SAFFIER uitgewers.

PLANEET 3 (1981) Uitgegee deur KLUB SAFFIER UITGEWERS.

1981 - Planeet 3 - Wille MartinKaptein Staal, luitenant Kosmo, Alex Brutus en die rekenaar Narcissus se ruimtetuig spring uit sy hiperdimensie en hulle word gedwing om op die derde planeet van ’n vreemde sonnestelsel te land. ’n Planeet wat omtrent net uit water bestaan met lewende wesens! Die Aarde. Kaptein Kristin van die Walkure kry opdrag om na die noorde te gaan om ’n opstand onder die mans, wat in kampe gehou word, te gaan onderdruk. Vandat die vroue, baie eeue gelede, die aarde aangeneem het, word mans nie toegelaat om te regeer nie. Hulle word net vir teeldoeleindes gebruik en die gedugte leer wat die Aarde moet beskerm teen aanslae uit die ruimte, bestaan uit vroue. Amesone-tipe-vroue, wat mans as baie lae wesens beskou. Toe die vroue-soldate in die Noorde kom, vind hulle tot verbasing dat die mans aangevoer word deur vreemde mans van ’n ander planeet. Die vreemdelinge word oorrompel deur die Walkure en gevange geneem. Gou besef Kaptein Kristin en haar medesoldate dat hierdie mans nie soos hulle mans is nie. Hulle is groot en sterk en gewoond daaraan dat vroue hulle onderdanig is. Kaptein Staal en sy manne besef dat hulle in die vroue van die Aarde se mag is. Hoe gaan hulle ooit van die planeet wegkom? Maar dan vind hulle ’n uitweg. Waarom nie hierdie vrouens gebruik nie? Waarom nie hulle gevordere tegnieke gebruik om hulle skip te herstel nie? ’n Vrou bly maar ’n vrou, al is sy ook ’n Amesone… hulle raak net so maklik verlief soos ’n gewone vrou. Maar waarmee hulle nie rekening gehou het nie, is dat hierdie vroue self besluit het om die manne van Atlantis hier te hou vir hulle eie doeleindes.

NARCISSUS (1982) Uitgegee deur KLUB SAFFIER UITGEWERS

1982 - Narcissus - Wille MartinKaptein Kristin is in die knyp en die slag besluit Alex Brutus en die ander manne van die rekenaarskip, Narcius, om die strydbyl te begrawe en haar te red,waar sy ook al mag wees. Om te wete te kom waar sy haar bevind, is moeiliker as wat hulle kan raai want sy het in die hande van die gewetenlose Natan geval, ’n sinistere wese wat skynbaar alles weet wat in die Heelal aangaan. In hul pogings om Kristin te vind, beleef Staal, Kosmo, Flynn en Alex, sowel as die kryger-vroue van die Aarde, allerhande opwindende, fanatiese avonture. In die plek van Kristin, in die androied, Narcissus, Kristin se dubbelganger, ’n toevoeging tot hul geledere. Hulle beweeg in die ruimte sowel as tyd en bevind hulle in een stadium terug op hul eie planeet, in hul eie tyd, waar hulle tot hul skok ontdek dat daar net een lot op arme Narcissus wag – en dit is die skrootwerf! Hulle moet weer eens vlug… en Kristin? Ondergaan sy ondraaglike foktering, soos Alex-hulle vermoed? Inteendeel. Natan, aantreklik, wereldwys en magtig, is vasberade om haar met elke slinkse set waaroor hy beskik, sy eie te maak, en soms lyk dit asof Kristin van Alex wil-wil vergeet en aan Natan toegee…

ATLANTIS (1983) Uigegee deur KLUB SAFFIER UITGEWERS

1982 - Atlantis - Wille MartinDie manne van Atlantis, Kaptein Staal, Alex Brutus, Kosmo en Flynn, is in ’n penarie. Hulle het van die aarde af ontsnap, en ’n viertal van die beeldskone Aardse vlieeniervroue met hulle saamgeneem. Te laat moes hulle uitvind dat daar ’n komplot teen hulle was, maar intussen het hulle Atlantis, die manne se tuisplaneet, in sig gekry toe die ding begin skeefloop. Om ’n reis van soveel ligjare te kan afle, moes die ruimteskip, Narcissus, in ’n ander dimensie spring. Dit beteken dat hulle, weens ’n fout in die meganisme van hiperdimensie, nie alleen in die ruimte gereis het nie… maar ook in tyd! Die Atlantis waar hulle wil land, lyk nie soos die een wat Staal-hulle verlaat het nie – dit blyk dat hulle moontlik miljoene jare terug in tyd beweeg het. Terwyl hulle op die planeet vertoef, word Kristin deur vreemde mans, met die gelaatstrekke van katte, waarin Alex Brutus tot die besef kom van hoe sy liefde vir hierdie beeldskone, jong meisie is. Die vraag is net: Gaan hy ooit betyds wees om sy liefde aan haar te verklaar? Gaan hy haar ooit opspoor in die doolhowe van tyd en ruimte – en hoeveel daarvan is fisiese ruimte, of bestaan dit alleen maar in die verbeelding?

PERSOONLIKE BESKRYWING

Nie alleen is bogenoemde werke van die twee skrywers Wille Martin en Ilse Steyn deel van die vroulike geslag nie, maar hulle is ook in die minderheid. Waarom is daar nie meer sulke skrywers wat die leser se aandag so vasvat en boei nie? Hulle het die wetenskapfiksie werke vir die vroulike skrywer oopgemaak sodat meer in hulle voetspore kan volg. Dit wys ’n mens dat dit gedoen KAN word. Hulle is beslis ’n goeie aanwins tot die wetenskapfiksie.

BRONNE:

  •  Afrifiksie: https://afrifiksie-nova.com/oorspronklike-afrikaanse-wetenskapfiksie-boeke/
  • Google Search: Ilse Steyn, Wille Martin;
  • Afrifiksie-Ons skrywers/Facebook
  • Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/ilse_steyn.html
  • Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/wille_martin.html

Oefening 2

Ek het grootgeword met Ena Murray, Wille Martin en Susanna M. Lingua se boeke. Dit was meestal romanses. Ek was verbaas om te sien dat Wille Martin haar hand aan wetenskapfiksie geslaan het. Sou graag wou sien dat sy meer wetenskapfiksie skryf. Deur na te vors, het ek inligting oor haar bekom wat ek verbasend vind o.a. soos die feit dat ek nerens haar geboorte dag of jaar kon opspoor nie. Ek dink dat beide Ena Murray en Susanna M. Lingua sal kan wetenskapfiksie skryf, as hulle die moeite wil doen. Ena Murray is ook bekend vir haar Christelike leesstof. As sy mooi dink, sal mens ’n goeie geestelike wetenskapfiksie werk uit die Bybelboek Openbaring kan maak. Dit het al die feite in en is ware feite, wat ons ’n kyk gee aan wat in die toekoms met die mensdom gaan gebeur. Dit sal beslis ’n goeie Boek wees.