M01E3 – 2015 © Chantal Pretorius

Oefening 1 (a): Fanie Viljoen

Fanie ViljoenFanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 gebore op Welkom, in die Vrystaat, Suid-Afrika. Fanie is die tweede kind van Thys en Beat Viljoen, met ʼn ouer broer, Neels (gebore in 1968) en ʼn jonger sister, Cecilia (1974) wat ook vandag ʼn skryfster is (Hartebreker-reeks).
Hy matrikuleer 1987 aan Hoërskool Goudveld en alhoewel hy goeie opstelle op skool geskryf, het hy nooit gedink hy sou ʼn voltydse skrywer word nie.
In 2002 verwerf hy ʼn BA graad (Sosiale Wetenskappe) aan UNISA.
Fanie Viljoen woon tans op Bloemfontein, in die Vrystaat, Suid-Afrika. Oor skryf het hy die volgende te sê:
“Dit is die beste werk in die wêreld, want dit voel nie soos werk nie.”

En hier is ʼn paar goed wat julle ook nie van Fanie Viljoen geweet het nie:

  • Sy eerste werk was as ʼn kassier, in die jaar 1988 en dit het net vir ʼn kort ruk geduur.
  • Hy het opleiding gegee by Sanlam, en het van 1990 tot 2000 by Sanlam gewerk. Was ook opleier van die jaar 2000 af.
  • Sy eerste kortverhaal is in Sarie tydskrif gepubliseer. En die kortverhaal se naam was Geld wat stom is, en dit is in Junie1999 gepubliseer.
  • Fanie Viljoen is nie getroud nie.
  • Hy het al baie radoidramas geskryf. Een van hulle was Oupa Rooijan kry ʼn girlfriend!
  • Sy boeke het al baie pryse gewen.
  • Fanie hou baie van kuns, teken en skilder ook self. (Hy het al ʼn paar van sy eie boeke geillustreer.)
  • Fanie hou van soetgoed; veral heuning, dadels, nougat en sjokolade. So ook van sywurms en het hulle angehou toe hy op laerskool was.
  • Vir ontspanning luister Fanie na musiek, lees of gaan gym toe. En tans is sy gunstelling musiek die groep Passenger. Hy lees baie jeugverhale, veral iets soos The Fault in our stars.

Prystoekenings van Fanie Viljoen is:

  • 1999- Finalis in die De Kat, Human en Rousseau kort-kortverhaalkompetisie. Fanie se inskrywing weersins verskyn in die bundel Vonkfiksie.
  • 2000- Die Losprys Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramaskryfkompetisie vir beginners.
  • 2002- Agter geslote deure. Tweede plek in die RSG/Sanlam radiodramakompetisie vir ervare skrywers.
  • 2005- Breinbliksem. Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur.
  • 2006- Breinbliksem. M.E.R.-prys vir jeuglektuur.
  • 2007- Geraames in die klas, M.E.R. prys vir geïllustreerde kinderboeke.
  • 2007- Geraamtes in die klas, ATKV-kinderboektoekenning.
  • 2007- Onderwêreld. Silwer Sanlam-prys vir jeuglektuur.
  • 2008- Slym en die gogga-sirkus. ATKV-kinderboektoekennin vir die teks en die illustrasies.
  • 2009- Verneukkind (kortverhaal). Finalis in MML-kortverhaalkompetisie. Die verhaal verskyn in die bundel Sussie Veer is dood.
  • 2009- Onderwêreld. ATKV-konderboektoekenning.
  • 2009- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se peisangbrood. Atkv-kinderboektoekenning.
  • 2010- Slym en die beker van geluk. 2 ATKV-kinderboektoekenning vir die teks en die illustrasies.
  • 2010- Poenk. Naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie. En was in 2012 gepubliseer.
  • 2011- Nova: Die begin. ATKV-kinderboektoekenning.
  • 2012- Grilbrigade. ATKV-kinderboektoekenning.
  • 2012- Klou. ATKV-kinderboektoekenning.
  • 2014- Leeus met Letsels. Ibby-ererof.
  • 2014- Spring. ATKV-kinderboektoekenning.

Die volgende boeke het alreeds uit sy pen verskyn:

  • Plons (2014) Lapa Uitgewers.
  • Uit (2014) Lapa Uitgewers.
  • Pleisters vir die dooies (2014) Lapa Uitgewers.
  • Slym en die Toweraptyt (2014) Lapa Uitgewers.
  • Galop (2013) Lapa Uitgewers.
  • Koue Rillings (2013) Lapa Uitgewers.
  • Oel la la, Lulu (2013) Lapa Uitgewers.
  • Spring (2013) Lapa Uitgewers.
  • Leeus met Letsels (2012) Human en Rousseau Uitgewers.
  • Nog 13 Spookstories saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2012) Lapa Uitgewers.
  • Betower (2012) Lapa uitgewers.
  • Grilbrigade (2011) Human en Rousseau Uitgewers.
  • Klou – ʼn superheld met kolle (2011) Lapa uitgewers.
  • 13 Spookstories – saam met medeskrywers Francois Bloemhof en Jaco Jacobs (2010) Lapa Uitgewers.
  • Kaptein Hamerkophaai (2009) Tafelberg Uitgewers.
  • Onderwêreld (2008) Tafelberg Uitgewers.
  • Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se peisangbrood (2008) Human en Rousseau Uitgewers.
  • Klits Kronkel en die Vlammende Swaard (2007) Tafelberg Uitgewers.
  • Slym en die Gogga-sirkus (2007) Human en Rousseau.
  • Geraamte in die kas (2006) Human en Rousseau Uitgewers.
  • Spoke en ander gruwelike goed (2005) Human en Rousseau Uitgewers.
  • Slym (2004) Lapa Uitgewers.

Fanie het in 2008 geskryf aan ʼn leesreeks vir die skole. Aan die einde van een van die boeke het die verhaal kortliks melding gemaak van VVV’s (Vreemde Vlieënde Voorwerpe). Dit het hom aan die dink gesit… Miskien moet hy ʼn hele reeks skryf wat kontak maak met die ruimtewesens.

Dit was die begin van Nova.

Die eerste weergawe (Nova: die begin.), is in 2008 Desember en Januarie 2009 geskryf. En dit is later in 2009 voltooi. Lapa Uitgewers het baie van sy boek gehou en hy het hiermee ook baie kinders se harte bly gemaak.

Nova: Eindspel (Lapa Uitgewers, 2014).

Nova EindspelIn elke spel is daar twee opponente. Elkeen dink die ander span is die vyand. Elkeen dink hy gaan wen. En as hy wen, is die titel – die mag – syne. Dis wat hier aan die gang is. Wie sal die sterkste wees? Die lig of die donker? Lucas Niemand keer terug na Nova, maar dan kom die skok. Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie – vasgevang in ʼn nagmerrieagtige donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie. Die Eindspel het reeds begin, besef Lucas, maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly?
Watter geheim dra Troy in hom?
Waar kom die drie nuwe vreemde wesens (tieners) vandaan en wat wil hulle van Lucas hê?
Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef…?

Nova: Sterreloper (Lapa Uitgewers, 2013).

Nova SterreloperLucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede.
Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale…
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie.
Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur?
Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het?
En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Lucas vermoed dit gaan nie net ’n gewone vakansie wees nie. Dit voel asof dinge nou op ’n manier in plek begin val. Eendag sal hy dalk die groter prentjie kan sien en nie meer net die legkaartstukke nie… Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?

Nova: Bloedbroers (Lapa Uitgewers, 2012).

Nova BloedbroersTerwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: ’n misterieuse bol lig, so groot soos ’n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; ’n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer ’n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in ’n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom ’n geheim… Dit keer sy hele wêreld om en hy kan nie help as om anders na homself en sy vriende te kyk nie.

Nova: Vuurdoop (Lapa Uitgewers, 2011).

2011 - NOVA VUURDOOP - Fanie ViljoenIn Nova: Die begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ʼn VVV weggevoer. Hulle het ontspan en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas … Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ʼn sny in my kop gemaak … daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie.’’

Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir Lucas twee geskenke ʼn tipe knipmes met ʼn laserstraallem en ʼn eCom waarmee hy kan kommunikeer. ʼn Vreemde man is op Lucas se spoor en waag dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie. Maar die vreemdse van alles is die skrikwekkende visioene wat Lucas onverhoeds begin teister.

Wat beteken hulle? Sal hulle ooit ophou? En sal Lucas en sy vriende hulle ruimtelike vuurdoop oorleef?

Nova: Die begin (Lapa Uitgewers, 2010).

2010 - NOVA DIE BEGIN - Fanie ViljoenIets is fout op die dorpie Nova. Watter vreemde ligte sien Lucas en die res van sy gesin een aand? En waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte wat agter die hoë heinings plaasvind? Daar is ook ʼn glibberige swart ding wat Lucas in die rivier sien. Kort voor lank beleef hy, en sy vriende ʼn wilde avontuurlike vol gevaarlike raaisels.

Skrywer twee: b: ʼn Afrikaanse skrywer: C.J. Langenhoven

C.J. LangenhovenC.J. Langenhoven, is op 13 Augustus in die jaar 1873 gebore, in Hoeka, Ladismith in Kaapstad, en het geserf in 1932.
Hy kon uistekend Afrikaans praat en skryf. En C.J. Lavenhogen is ook bekend vir ‘Die stem van Suid Afrika se lied’’. Sy eggenoot was Lenie van Velden en dogter Engela wat in die jaar 1901 gebore was. Langenhoven het ook verhuis van Ladismith na Oudshoorn waar hy die mees bekenste inwoner was. Hy was getroud met Magdelena (Maria) Hugo in 1897. En in Oudshoorn is daar ʼn museum van Lanvehogen opgerig in 1955.
Hy was ook lid van die parlement van 1914 tot 1927. So ook was Lavenhogen bekend vir sy prosa, poësie en boeke. Langenhoven was ook stigterslid van die Afrikaanse koerant ‘Die Burger’ en ʼn vrymesselaar. Op 1973 het die Suid-Afrikaanse Poskantoor seëls van Langenhoven uitgeruik (in 4, 5 en 15 sent).
Op die N12-hoofweg naby Meiringspoort, buite Oudshoorn, is sy naam op ʼn rots uitgekerf in die jaar 1929, wat bekend staan as ‘Hennie se klip. En dit is ʼn verklaarde provinsiale erfenisterrein.

Loeloeraai (Thompson Boekdrukkery, 2012)

1923 - Loeloeraai - C.J. LangenhovenLoeloeraai maak sy verskyning, en begroet die vriendelike Aardbewoners in ʼn vreemde, interessante en onbekende taal.
Dit is die jaar 1923, vroutjie en Kerneels sit onder ʼn ou peperboom en bekyk die sterrehemel, en wonder of daar nie dalk lewe op Venus is nie. Dan skielik uit die niet daal daar ʼn ruimte skip, in die vorm van ʼn eier, op hulle huis in Oudshoorn af en land sag, voor hulle op die grond neer.
Hulle was verskrik, maar ook verwonder oor die ruimte skip. Vol bewondering en agterdog stel Kerneels met sy getroue mouser, en ook Stoffel met sy samesweringstoerie ondersoek in. Met al die opwinding van die nuwe besoeker van Venus stel die regering van die dag hom ten doel om van die besonderse vernietigende tegnologie wat Loeloeraai saamgebring het te bekom sonder sukses.
Om nie sake vir Kerneels, oom Stoffel, Lenie en Engela te bemoeilik nie, besluit Loeloeraai om maar planeet Aarde te verlaat, maar nie voordat hy sy Aardse-vriende, met die toejuiging van alle wêreldvolke, vir ʼn uitstappie maan toe te neem nie.

Oefening 2
My gunsteling skrywer waarmee ek grootgeword het is: R.L. Stine

R.L. StineRobert Lawrence Stine (gebore op 8 Oktober 1943) het ek ernstig begin lees toe ek twaalf was. My eerste boeke was Stine se reeks tiener boeke. Ek het sy boeke geniet en dink ek is nog jonk om van sy boeke te lees, want deesdae skryf R.L. Stine ook vir volwassenes. Sy boeke is van gewone fiksie tot wetenskapfiksie van gruwelike monsters, ander planete wat die kinders kom bang maak of fantasiese karakters wat jou nagmerries gee. Sy boeke is baie interessant en gruwelik, gewoonlik sal tieners sy boeke baie geniet en het al miljoene verkoop reg oor die wêreld.

R.L. (Robert Lawrence) Stine is ʼn skrywer wie die beste kinderboeke in geskiedenis kan skryf oorsee. Sy boeke het meer as 350 miljoen eksemplare verkoop en is vertaal in 32 tale in die wêreld. Robert is gebore in Columbus, Ohio, in 1943. Sy pa was ʼn klerk. Sy ma was ʼn huis-bediende en hy het ʼn broer en ʼn suster. Toe Robert nege was, het hy ʼn tikmasjien in sy solder, gesleep na sy kamer, en begin tik van snaakse stories en grapperige boeke. Hy het toe besluit om te skryf. Na die studies van Ohio State Universiteit, het hy na New York City verhuis en, daar ʼn skrywer geword. En hy het al meer as 100 boeke en het ʼn tydskrif met die naam piesang.

Sy boeke sluit in Vrees straat, hoendervleis, die nagmerrie kamer, Rot skool, meestal spookagtige en hoendervleis gee stories. Ek het baie van R.L. Stine se stories gehou, want jy kan net nie die boeke neersit nie! Nou woon Robert in New York City met sy vrou Jana, ʼn redakteur en uitgewer. Hul seun, Matt, is ʼn komponis en klank ontwerper.

Robert se webblad is net so grillerig en gruwelik soos sy boeke, maar die moeite werd om daar in te loer. En my gunstelling boeke van Robert, was die eiermonster van Mars, die vloek van koue kamp dam en die koe koek klok van doem.

ʼn Paar boeke deur R.L. Stine:

  • Gevaarlike meisies 1 (vampier verhaal)
  • Gevaarlike meisies 2: die smaak van die nag (vampier verhaal)
  • Goosebumps-reeks boeke is beskikbaar vir koop op sy webblad

Bornnelys:
www.rlstine.com
www.fanieviljoen.co.za
www.facebook.com/fanieviljoenskrywer/timeline/tieners
www.thompsonboeke.com
https://en.wikipedia.org/wiki/Cornelis_Jacobus_Langenhoven
www.cjlangehoven.co.za/
www.stellenboschwriters.com/langenhoven.html