M01E3 – 2015 © Evert Pretorius

Oefening 1 (a): Eben van Renen

Eben van Renen - Engel van die NagEben van Renen, is ʼn Suid-Afrikaanse wetenskapfiksie-skrywer.
Eben van Renen is gebore op 23 Augustus 1976 in Sasolburg, die wonderlike Vrystaat van Suid Afrika. Hy martrikuleer in 1995 aan Hoërskool Table View en verwerf sy Hoër Diploma in Onderwys aan die Onderwyskollege Boland. Later verhuis hy na Kanada met sy vrou Natalie (wat hy in Engeland ontmoet het), en het in 2004 in die huwelik getree, en uit die huwelik is ʼn dogter Elsa Thula van Renen wat op 13 September 2009 gebore is. Eben van Renen en sy gesin woon tans in Campbell River, Brits-Columbië, Kanada. Eben het ook by die Universiteit van Athabsca (Kanada), in 2014 sy meestergraad voltooi in Magister in Geintegreerde Studies. En hy werk as ʼn onderwyser in Skool Distrik 72 Campbell River op Vancouver-eiland, Brits-Columbië, Kanada.

Eben van Renen se skryfwerk het al begin op ʼn jong ouderdom. Hy het heelwat artikels geskryf rondom Afrikaanse wetenskapfiksie en het in Oktober 2011, sy eerste volwaardige Afrikaanse wetenskapfiksie roman getiteld Arwantië 2953 gepubliseer wat deur die bekende skrywer Ilse Steyn (Liefde in die Ruimte: Prinses in die Ruimte), soos volg beskryf is:

Die meeste van ons verwag van ʼn wetenskapfiksieskrywer om vir ons ʼn ander wêreld met herkenbare karakters en interessante probleme te skep. Eben van Renen het hierdie uitdaging ver oortref want hy het die wêreld en sy mense ʼn uitgebreide geskiedenis gegee, tegnologie wat so verduidelik word dat dit sin maak, ʼn hele skala aan wapens, groot probleme en ʼn onoorwinlike vyand. En hoe daardie vyand uiteindelik aangepak word is ʼn triomf vir hierdie skrywer se verbeelding en my simboliese hoed laat afhaal en ʼn diep buiging maak.

Eben van Renen het onlangs sy tweede wetenskapfiksie roman voltooi, getiteld: Engel van die Nag. Volgens Afrifiksie se webtuiste sal Engel van die Nag deur Thompson Boekdrukkery gepubliseer en uitgegee word.

Arwantië 2953 (Thompson Boekdrukkery, 2011)

2011 - Arwantië 2953 - Eben van RenenDit is die jaar 2953 AD… Die mensdom is verspreid oor meer as ʼn duisend planete in die bekende ruim. Een nasie moes lank wag en ver soek om hulle eie tuiste te vind. Die Arwantyne probeer ʼn bestaan maak op ʼn planeet in die misterieuse onbekende ruimte. Kobus Steyn, rekruut in die Arwantynse ruimtekorps, se drome word verpletter wanneer die Tar hulle verskyning maak. Wanneer ʼn intelligente organism, wat byna oor die hele planeet strek, hom aantas, ontaard Kobus se netjiese, gedetailleerde lewensplan in chaos. Kobus, en sy volksgenote, is gyselaars in hulle eie, verwronge wêreld, en uitgelewer aan die wreedheid en oormag van hul vyande. Kobus self steier onder die druk van sy verlies en sy eie sin vir verantwoordelikheid. Een ding is egter helder en duidelik vir die hele nasie: as Arwantyne het hulle gekom om te bly! Of het hulle?

Oefening 1 (b): Johan V. van Wyk

1. J.V. Van Wyk - Ricky Erasmus en die inter-dimensionele rolstoelJohan V. van Wyk, is ʼn Suid-Afrikaanse wetenskapfiksie skrywer.
Johannes (Johan) van Wyk is gebore op 25 September 1983 in Carletonville, Gauteng, Suid-Afrika. Hy word in Westonaria, ʼn mynersdorpie in die Wesrand groot. Hy is die jongste van 4 kinders (Esther, Markus en Naomi). Van 1990 tot 1996 is hy in Laerskool Gerrit Martiz, en 1997 tot 2001 in Hoërskool Westonaria. Sy moeder Johanna is oorlede in 1990 en word groot gemaak deur sy vader Jan Vorster. In hoërskool speel hy rugby en krieket, maar ontwikkel uiteindelik ʼn liefde vir musiek en begin leer om kitaar te speel en sing. Hy speel in ʼn paar Punk Rock en Christelike orkeste (Dent, Godswill). Na hoërskool sit hy sy studies voort by College Campus en leer vir ʼn Diploma in Grafika en Webwerf Ontwerp.

In 2003 ontmoet hy sy vrou Veronique en in 2004 word hulle eerste kind Christian gebore op 22 Augustus 2004. Hulle tweede kind Amoné word in 2011 gebore op 11 November 2011. En V. van Wyk het in die huwelik ingetree in 22 Januarie 2015

2004 begin hy werk by Imperial Cargo en bly met die maatskappy tot 2012. In 2012 skuif hy oor na die sporingseenheid maatskappy Altech Netstar, waar hy tot vandag toe werk.

2007 begin hy studeer by die Universiteit van Johannesburg waar hy prys as Student van die jaar ontvang.

In 2011 het hy by die Universteit van Johannesburg sy Diploma in Padvervoer Bestuur verwerf.

2015 sit hy sy studies voort aan Unisa vir ʼn Bcom in Informatika wat hy beoog om in 2018 te voltooi.

Johan se passie vir lees begin eers na sy skoolloopbaan. Vanweë sy liefde vir wetenskapfiksie en fantasie, ontdek hy die webwerf ‘Afrifiksie’ in 2014, en begin dadelik met 4 kortverhale getiteld:

  • Die Astrale Kryger (Jeug Fantasie)
  • Die Pad na Pleodora (Volwasse Wetenskapfiksie)
  • Soektog na die laaste Sihuffs (Volwasse Fantasie)
  • Die Avonture van Kaptein Dirk Deyzel en Zet – Die Juffusis debakel (Jeug Wetenskapfiksie)

Hy skryf die kortverhale in vir die Jaarlikse Wetenskapfiksie en Fantasie skryfkompetisie waar ‘Die Pad na Pleodora’ eerste plek verwerf in die Volwasse Wetenskapfiksie kategorie, en ‘Die Avonture van Kaptein Dirk Deyzel en Zet – Die Juffusis debakel’ eerste plek vir die Jeug Wetenskapfiksie kategorie.

Daarna skryf Johan ʼn Jeug Wetenskapfiksie roman, ‘Ricky Erasmus en die inter-dimensionele rolstoel’, wat deur Thompson Boekdrukkery in 2015 uitgegee is. Dit is die eerste boek in ʼn reeks wat daarop gemik is om die jong Afrikaanse lesers bloot te stel aan bekende wetenskaplike teorieë.

Johan skryf onder die naam J.V van Wyk, sy vader se voorletters, die persoon wat eerste die belangrikheid van boeke en kennis in hom opgewakker het.

Ricky Erasmus en die Internationale Rolstoel (Thompson Boekdrukkery, 2015)

5. Ricky Erasmus Rolstoel - Voorblad“Wat is die rede hoekom daar so min Afrikaanse Wetenskapfiksie en Fantasie boeke is? Is dit omdat ons nie ʼn verbeelding het soos al die Engelse skrywers nie. Nee, glad nie! Ek glo die rede hoekom daar sulke min boeke in dié genre is is omdat ons onsself nie in die toekoms sien nie. Ons sien mense met Amerikaanse en Britse aksente, maar ek dink ons is onseker oor wat met ons as ʼn nasie en ʼn land gaan gebeur.”

Ek beoog om met hierdie reeks die jong lesers se belangstelling te prikkel, om hulle te wys dat al die beste stories nie net Engels hoef te wees nie. Dat oor 500 jaar van nou, daar nog Afrikaans gepraat gaan word, en wie weet, dalk is ons nog die wêreldheersers.

Hoe meer jongmense ons kan bewus maak van die feit dat Afrikaans nie agteruit hoef te staan vir geen ander taal nie, sal ons weer kan droom. Ons taal is pragtig! Praat, leef en lees Afrikaans.

Ricky Erasmus ontmoet die eienaardige professor Winterboer met sy asemrowende uitvindings, maar kort voor lank loop dinge skeef. Ricky en sy twee maats moet professor Winterboer gaan red uit ʼn ander dimensie met die hulp van die inter-dimensionele rolstoel.

Gaan saam met Ricky Erasmus op ʼn avontuur wat jy nooit sal vergeet nie!

Oefening 2
ʼn Skrywer(s) wat ek van my jonger dae af ken is:

In my jonger jare was daar nie juis tyd vir baie lees nie. Daar was net tyd vir skool klaarmaak en dadelik gaan werk soek en as jy gelukkig was het jy by die weermag ingekom of by die Korektiewe Dienste. Ek was egter gelukkig om eers weermag toe te gaan in die jare 1983 tot 1985 en daarna het ek dadelik aansoek gedoen by die Korrektiewe Dienste – waar ek werk gekry het in 1991 en werk nog steeds daar. Ek moes egter weer van onder af begin.

Ek het ‘n voorliefde vir oorlog-stories en cowboy verhale, want tot vandag toe nog bly dit dieselfde verhale. As ek iemand moet kies wat ek dink skryf-talent het, sal ek moet sê dit is Wilber Smith. Hy ken sy karakters en vertel goeie stories, sodat ek sy boeke eenvoudig net nie kan neersit tot ek dit klaar gelees het nie.

Ek hou ook daarvan om Afrikaanse en Engelse boeke te lees in enige genre, veral wetenskapfiksie en goeie biografiese boeke oor plekke en mense, soos byvoorbeeld:

  • Sea Rescue tydskrifte,
  • Siener van Rensburg se boeke,
  • Caravan and Outdoor Life tydskifte, en;
  • Lees elke week my nationale koerant (Rekord).

Ek sal ook so nou en dan die Huisgenoot lees om my Afrikaans op te knap en op hoogte te bly van nuwe Afrikaanse terme en dit is baie interessant.

So ook hou ek van Loen van Nierop en Deon Myer se boeke. Daar is baie goeie skrywers daar buite en dit is moeilik om te besluit wie ek nog op julle lys moet sit van bekende skrywers.

Bronnelys: