M02E3 – 2015 © Chantal Pretorius

Skryfstyl
2015 © Chantal Pretorius

Oefening 2:
Kies een van die verskillende skryfstyle en:
2.1 Skryf ʼn Afrikaanse wetenskapfiksie-kortverhaal (+/- 2000 woorde)
2.2 Gebruik hierdie wetenskapfiksie-kortverhaal van u en motiveer waarom u hierdie skryfstyltipe gekies het en nie van die ander nie;
2.3 Ontleed u wetenskapfiksie-kortverhaal krities en skryf ʼn kort verslag (+- 500 woorde) hieroor na gelang van die wenke om u skryfstyl te verbeter.

My skryfstyl keuse is: Beskrywende skryfstyl:

2.1 (My WF-kortverhaal):

Navorsing: op ʼn vreemde wese

Justin Greyling is ʼn regte slimkop …

Hy is nie net ʼn student nie, maar ook ʼn wetenskaplike. Hy het geheime kamers ondergronds en daar werk hy met allerhande insekte. Grillerige goggas wat vir baba bang sal maak. Veral as dit in jou liggaam geplant kan word.

Binne sy geheime kamers, raak Justin besig. Hy is gek oor vismotte, naaldekokers, klein vuurvliegies en volgroeide liewenheersbesies.

Op Justin se staaltafel lê ʼn dik ligrooi boek. Hy streel met sy hand oor die voorblad. Die voorblad is gemaak van sagte, goeie plastiek. Sy bruin oë gly oor die bladsye. Hy blaai deur sy allerleie boek. Daar is alles in oor operasies; om alkaliese produkte tot anti-inflamitoriese room te gebruik.

“Mmm,” grom Justin. “Ek hou van die idee,” sê hy opgewonde.

En Justin blaai na die volgende bladsy toe. Daar is beter idees, maar hy hou van die een, met die insekte. Enige insek sal doen, solank hy net daarmee kan eksperimenteer.

Opgewonde vat Justin rubber handskoene en trek dit aan. Hy loop na die toetsbord toe; druk ʼn rooi knoppie. Dadelik skakel die ligte aan. Die kamer helder vinnig op.

Justin maak sy tafel skoon en gooi ʼn spierwit lap oor. Dan loop hy na die staalkas toe. Hy maak die groot staaldeure oop. Daar is ʼn gekerm in die donker kas. Dan glimlag Justin kil. Hy haal die buiteaardse wese uit die kas en los die staaldeure oop.

Vinnig haal Justin die swart lap om sy mond af. Die wese sluk en skep asem. Hy inasem die stof in die kamer en nies hard. Justin wil-wil kil lag vir die wese, maar bedink dit. Hy het lank laas die verdomde kamer afgestof.

“Wat gaan jy vandag met my aanvang?” wil die wese weet.

“Ek wil begin met my nuwe navorsing,” antwoord Justin terug.

Die wese sluk swaar en sy oë rek groot. “Watter navorsing?” vra hy versigtig. “Gebruik jy ooit die regte apparate?” Dan gly sy geel oë oor die kamer.

Justin draai om na die wese toe. Sy onderlip bewe bietjie. Bangerig.

Maar Justin sug sag. “Die brein operasie,” sê hy en glimlag koud. “Ek gebruik nie dokters apparate nie,” erken hy gou.

Nou raak die wese bekommerd. Want Justin ken gevaarlike speletjies.

“Um … ek wil nie meer deel daarvan wees nie,” kerm die wese bang.

Justin lag lekker. “Jy’s net ʼn bangbroek!”

Die wese hou Justin dop met elke beweging. Sy groot, swart oë rek groot. Hy word na die operasietafel toe gestoot. Dan los gemaak en op die tafel neergelê. Die wese kan net sy tone, nek en vingers beweeg; hy is verlam in sy ruggraat.

Dan kry Justin al sy apparate reg. Hy stoot die waentjie kreunend na die tafel toe. “Moenie bekommerd wees nie,” sê Justin vreemd. “Jy is in goeie hande.”

Hy kyk eers vir die ruimtetuig, voordat hy met die operasie begin. Daar is ʼn groot, swart, letter “J” op die metaaldeur. Dit laat Justin wonder oor die wese se planeet. As dit nie vir die buiteaardse wese was nie, was sy navorsing verlore … net drome gewees. Maar nou kan hy dit uitvoer … met trots …

Te jammer die wese wil nie sy planeet uitblaker nie, dink Justin en lig ingedagte ʼn wenkbrou op.

Dan vat Justin ʼn swart merkerspen. Hy trek ʼn reguit lyn in die middel van sy kop. Die ligtegroen wese se kop is groter as ʼn mens sin. Dit hou hom geïntriseerd om met die wese te werk.

Justin gaan sit op die staalstoel kalm. Maar voordat hy begin met sy navorsing. Stut hy eers ʼn appelboks onder die wese se kop en nek. Versigtig. Die wese se skouers beweeg effens gemaklik.

Justin begin te sny, en geel-groen slym kom uit sy brein. Breinslym! Nou gril hy so bietjie van die ondervinding.

Hy vat sy flitslig om te kyk hoe die wese se brein funksioneer. Dan gril hy weer van al die slym. Vinnig sit hy weer die pizza-snyer neer.

Vinnig loop Justin na die staalkas toe. Hy is baie kieskeurig oor wat volgende moet gebeur. Vlugtig maak hy sy besluit om ligbruin besies te gebruik. Die insekte sal in sy brein leef, eiers lê en vermeerder.

Versigtig en stadig sit Justin die bottel neer op die staaltrollie. Hy draai die prop af en gooi die besies in sy brein. Die besies kriewel rond in sy brein. Dan vat hy die krammer en kram die wese se kopvel teen mekaar vas.

Gou sug Justin verlig, want die slym het gestop. Maar hy kyk na sy handskoene, die geel-groen slym het blou verkleur.

In die wese se slaap, brom hy oor Jupiter. Miskien is dit die wese se regte tuiste. Sy lewe is op Jupiter! Justin glimlag tevrede. Hy het uiteindelik die wese se geheim uitgevind.

Toe die operasie klaar is, draai Justin wit verbande om sy kop. Die wese knip sy oë oop en toe, dan is hy weer heeltemal wakker. Sy geel oë gloei senuweeagtig.

“Is die eksperiment nou klaar gedoen,” wil die wese deurmekaar weet.

Vlugtig knik Justin. “Ja,” antwoord hy kortaf terug.

Die wese sug en wil aan sy kop vat, want dit jeuk. Maar hy is alweer met toue vasgemaak.

“Wat het jy aan my gedoen?” vra die wese onrustig. “Ek voel … vreemd.”

Justin sug hard. Hy was al die apparate skoon en bêre dit op hul plek. Dan gooi hy die vuil handskoene weg in die vullisdrom.

“Ek het insekte in jou brein geplant,” erken Justin, en hy glimlag kil vir die wese.

Die wese frons. “Hoekom het jy dit gedoen?” vra die wese.

Nou val Justin se skouers. “Dit was my navorsing gewees. En jy het nou ʼn insekbrein.”

Voor die wese se aangesig is ʼn muurspieël. Hy beloer homself in die ronde, spieël. Sy groot swart oë lyk meer mensliker nou, na die operasie. Sy pupille wys swart en iris het ligbruin verkleur.

Net toe die wese wou praat. Is daar ʼn klop aan die deur. Dit versteur hom nou, want hy hou van die wese se lastige vrae. Justin en die wese gluur mekaar onseker aan.

“Wie is dit, Justin?” sê-vra die wese.

Justin stotter eers. “Bly jy net stil. En as jy een woord spreek, gaan ek kewers in jou maag sit,” sê Justin genadeloos.

Vinnig druk die wese sy lippe op mekaar. Hy sluk vinnig bitter spoeg af. Dan loop Justin op die trappe na die deur toe. Hy hoor nog ʼn klop aan die deur en maak vlugtig oop.

“Jou skyfies en vleisburger is reg,” sê sy suster ongeduldig. Sy staan met hande op die heupe. “Wanneer gaan jy kom eet?” vra sy.

Justin sug.

Hy draai sy gesig skuins; kyk na die operasietafel. Na die operasie, is hy glad nie honger nie, net moeg gewerk. Gelukkig het hy eindelik sy droom bewaarheid, en sien uit na die volgende operasie …

(1, 151 woorde)

2.2 Gebruik hierdie wetenskapfiksie-kortverhaal van u en motiveer waarom u hierdie skryfstyltipe gekies het en nie van die ander nie;

Ek het besluit om die beskrywende styl te gebruik, want jy kan die vyf sintuie gebruik, wat baie belangrik is ʼn enige verhaal. Maar ek verkies om in die derdepersoonsvertelling te skryf; want dan hoef jy nie in elke hoofstuk dieselfde kakrakters te gebruik nie.

Met eerstepersoonsvertelling is dit anders. Jy moet die hoof karakter(s) in dieselfde hoofstukke inwerk. Ek hou nie daarvan nie. Alhoewel ek dink dis bietjie makliker as die derdepersoonsvertelling.

Ek hou daarvan om my skryfwerk te beskryf, maar ek wil dit nooit oordoen nie. Anders is die sinne te lomp en vervelig vir die lesers.

Ek het ook van die narratiewe skryfstyl gehou, maar dis meer vir die eerstepersoonsvertelling. Toe besluit ek op die beskrywende styl. Dis meer vir my bedoel.

En van die oorredende skryfstyl is meer bedoel vir artikels, essays en boekresensies. Ek dink nie die styl pas by fiksie verhale nie. Behalwe by nie-fiksie, ja. So ook die verklarende skryfstyl, pas vir my meer by nie-fiksie boeke, soos byvoorbeeld, studente leerboeke (wiskunde, excel 2007 boeke of pastel 2007) en meer.

Ek het die volgende vyf sintuie gebruik in my kortverhaal:

  • Die wese inasem die stof en nies hard. (Ruik)
  • Justin sien die breinslym blou verkleur (Sien)
  • Skielik is daar ʼn klop aan die deur. (Hoor)
  • Hy voel die slym wat oor sy polse loop. (Voel)
  • Die wese sluk bitter spoeg af. (Proe)

2.3 Ontleed u wetenskapfiksie-kortverhaal krities en skryf ʼn kort verslag (+- 500 woorde) hieroor na gelang van die wenke om u skryfstyl te verbeter.

Ek het besluit om die WF-kortverhaal te skryf, omdat dit oorspronklik is. Nie net oorspronklik nie, maar ook gaan dit oor navorsing. Daar is navorsing in, wat ek gedoen het oor die “krammer” wat Justin gebruik – die insekte het ek in die Huisgenoot gekry en -gebruik vir die kortverhaal, ens.

Ek het die kortverhaal vir die jeug geskryf. Omdat Justin ʼn ‘student’ genoem word. So, dis duidelik waarom hy nie doktor’s apparate kon gebruik het vir sy operasie nie. Justin word uitgebeeld as ʼn genadelose seun, wat net omgee vir sy drome. Maar wat van die buiteaardse wese wat hy op eksperimenteer? Die wese het na die operasie, mensliker geword. Sy groot, swart oë het verander.

Die wese hou nie baie van Justin nie. Want hy ken gevaarlike, dooie speletjies. So, ook hou hy nie daarvan om versteur te word deur sy suster vir middagete nie.

Justin is ook tevrede, omdat hy uitgevind het die wese woon op Jupiter. Want nou weet hy waar die wese regtig vandaan kom. Jupiter!

Hoe kan ek my skryfstyl verbeter?

Ek verslind een boek na die ander. En onlangs het ek ʼn boek gelees (Slagtande van Helenè van Wyk deur Perskor Uitgewers, 1998) wat in die derdepersoonsverteller gepubliseer was. Haar boek is ook in die beskrywende styl geskryf. Maar die sinne was nie verveelig of lomp nie. Dit was ʼn lekker, maklike en verstaanbare fiksieboek wat ek baie geniet het.

So ook die wetenskapfiksie boek: Marsnik 3 deur Martinus Keet, 2003. Dit was ʼn kort en kragtige verhaal, maar met ʼn goeie, positiewe einde. Die styl was vir my ook beskrywende styl, maar met narratiewe styl ook.

Om te lees is baie belangrik, want dit verbeter jou styl, spelling, sinkonstruksie, grammatika en meer. So ook hoe om dialoog te skryf en sterk karakters te bou vir jou eie wetenskapfiksie of fantasie-verhaal.

En om baie te skryf is ook goed, want dit help jou om in die toekoms te verbeter. Veral as jy vir kompetisies wil inskryf, is dit uitstekend om daar te begin, soos byvoorbeeld, by AfriFiksie of by Commonwealth writers, te begin. Hoe meer jy skryf. Hoe meer sal jy as skrywer baie verbeter en besef wat jou skryfstyl regtig is.

Ek kan my eie unieke woordeskat gebruik; maar moenie dit oordoen nie. Ek weet dit is verkeerd en verwar lesers! So, ek gaan kyk gerus in my woordeboek vir nuwe woorde. Of as jy die Thompson Woordeboek vir Wetenskapfiksie het. Die boek sal jou baie help met wetenskapfiksie.

Kyk na die volgende woorde:

  • Mamparra! (In die boek: Jou lewe… vir my liefde deur Petronel)
  • Madonnalellie (In die boek: Jou lewe… vir my liefde deur Petronel)
  • Insekbrein (my WF-kortverhaal)

Dis baie belangrik om goeie dialoog te skep in jou WF-roman. Want dan sal jou verhaal ook beter vloei en die karakters beter uitgebeeld word. Radiodrama’s is ook goed om te lees, want daar is net dialoog in. Dit sal jou ook leer hoe om uitstekende dialoog te skryf!

Ek probeer sterk karakters te skep, wat nie my lesers  sal verveel nie. Anders is my hardewerk verniet.

Wanneer jy, as leser of skrywer, ʼn boek lees, let ook maar baie op na die sinkonstruksie. Moenie te lomp sinne skryf nie, en kom tot by die punt. Probeer soveel as moontlik om clichés en stereotipes uit te sny. Dit sal net die lewe vir jouself makliker maak. Let ook op hoe hulle, hulle sinne skryf. So, om biae te lees is die belangrikste en hou by jou eie styl.

Soos byvoorbeeld: Sarah Pieterse loop op haar tyd na die paweljoen toe. Skryf eerder: Sarah Pieterse loop rustig na die pawiljoen toe.

Soms sukkel ek om sinne of woorde te beskryf. So, dan moet ek maar my navorsing doen. Want anders voel die leser jy het nie moeite gedoen met jou skryfwerk nie. En hou altyd ʼn woordeboek, notaboek en pen byderhand. Dit gaan jou baie help ook met nuwe idees vir jou skryfwerk. Maar nie dat jou kortverhale soos essays of opstelle klink nie, behalwe as dit so is.