M03E2 – 2016 © Chantal Pretorius

Aardrykskunde, Weer en Kartografie
2016 © Chantal Pretorius

Oefening 1

Gebruik die inligting in die aardrykskunde-afdeling van hierdie eenheid en skryf ’n beskrywende opstel (+/- 1000 woorde) oor u wetenskapfiksiewêreld en sy bewoners, wat slegs fokus op die elemente van die aandrykskunde-afdeling.

Die Wit Planeet.

Wat is die Maan?

Die woord maan word gebruik om natuurlike satelliete van planete en ander hemelliggame te beskryf en wentel om ’n planeet en in die meeste gevalle besit dit geen magneetveld of atmosfeer nie. (Uittreksel uit die wetenskapfiksie woordeboek deur Thomspon Boekdrukkery).

In my vorige oefening het ek besluit om ’n generasieskip wetenskapfiksiewêreld te skep. Maar vir die oefening gaan ek iets anders probeer. Nou ’n planeet waarop geen moontlike lewe kan wees nie. Maar wat wel in ’n WF-verhaal kan voorkom. En die soort wetenskapfiksie word genoem: Aardse wetenskapfiksie. Dat daar geen bewyse hoegenaamd is van intelligensie elders in die heelal nie. Selfs satalliete sal hulle nie kan opspoor nie.

Die Maan is die grootste in die sonnestelsel. Maar kan maan bewonders daar oorleef? Sonder kos, water, suurstof en sonskyn? Miskien as hul in ronde koepels woon, tussen die rotse, heuwels en dale. Miskien ondergronds woon. Dit klink na ’n beter opsie.

Onlangs het ek gehoor die enigste plant wat in die ruimte wil groei is die Jakop Regop. Vreemd, maar tog indrukwekkend. Hoekom groei hy net in die ruimte?  Miskien kan die plant daar oorleef. Dis ’n goeie teken dat lewe wel op die Maan kan bestaan. Miskien as jy ’n kort reistrip wil voortsit en ondersoek instel oor ons Aarde se enigste maan. Wat die donkerte in die aande laat ophelder. Al daai gruweldonkerhoeke laat oplig. Soms is die maan half, vuilgeel en soms verkies ons maanverduisterting. En nee, dis nie fiksie nie. Maar hoe die natuur geskep is.

Daar’s baie te sien by op die maan. Van reusagtige meteorietkraters tot “seë” plat rots, wat miljoene jare gelede deur lawavloede gevorm is. Om by die Maan te reis gaan net vier dae neem. As jy in ’n generasieskip woon, is dinge anders. Moenie in ’n reguit lyn soontoe vlieg nie, volg eerder ’n syferpatroon, maar eers net in ’n wentelbaan om die Aarde en dan om die Maan.

As generasieskip bewoner, is die Maan eintlik ’n natuurwonder. Die maan het talle reuse kraters. Binne jou generasieskip kan jy wetenskaplike navorsing doen oor die ster. Net soos die son wat ook ’n ster genoem word. Jy sal opspoor hoe die Aard bewoners bevind het, dat die Maan lang gelede deur ’n kleiner Maan daar gebots het, maar hulle is self nie seker hoe of wanneer dit gebeur het nie.

In die jaar 2024, gaan ’n spesifieke groep mense die Maan besoek. Seker vir navorsing. Maar dink net hoe dit gaan voel om alreeds op die Maan te woon. En wat gaan jy jouself noem? Maanwese? Maan bewonder? Luna bewoner? Of net maanman/vrou/kind.

Dis die mens se grootste avontuur! En dit kan alles begin in die Luna Stad. Die hoofstad van die Maan se naam. Dit klink na ’n goeie plek om te woon of navorsing te doen.

In 1959 was die eerste reisigers op die maan. En een van hulle was die apie Able, saam met die Amerikaner Baker geland in ’n ruimtetuig op die maan. Ogelukkig het Able nie sy opdrag nagekom nie. Hy moes ’n Morsekodesender gedruk het.

Dink net dat jy jou diere ook kan saamvat. Jou troeteldiere kan saam met jou daar woon in groot glaskoepels, terwyl jy die uitsig het van die rotse en ruimte. Die Aarde verrys oor die kraterlandskap van die maan. En wanneer jou generasieskip ruimtevoertuie uitstuur om op die Maan te land, gaan hy sommer tuis voel.

Maar as Maan bewoner gaan jy as nuweling moet aanvaar dat daar altyd ruimtetuie gaan land. So jou vryheid en privaatheid is min. Maar daar’s nie stofstorms nie, maar meer meteoriete wat die maan kan tref.

In die fliek Apollo 18, wat baie geheimlik is, het hulle op klein rotse afgekom, wat lyk soos vreemde goggas. Die goggas lyk soos klippe. Hulle is gevaarlik en veroorsaak inwendige infeksie. Hulle kon nie terugkeer nie. As ek ’n wetenskapfiksiewêreld wil skep, gaan dit moeilik wees, want die vreemde wesens, gaan die res van hul lewe in koepels of ruimtetuie moet woon. Behalwe is my verhaal ’n Aardse wetenskapfiksie genre is. Die bewoners sal wel in die kraters kan woon vir beter beskerming. Sal dit nie wonderlik wees om elke dag die Aarde te kan sie nie. En hulle opkyk na die maan in die aande. My bewoners sal moet aanpas op die Maan. Onderhandel met die Aarde vir water en wetenskaplike navorsers opstuur vir plantgroei in die koepels.

Afvalwater sal moet herwin word vir ander gebruike. Soos koepels skoonmaak, was en kos kook, selfs vir kweekhuise se gebruike. Maar ek sal verkies dat my bewonders van die Aarde afkomstig is. Dit sal vir die lesers laat verstaan waarvandaan hulle afkomstig is. En wat is die rede vir hul verblyf op die Maan? Vir navorsing vir 6 maande lank of meer. Miskien ontdek hulle iets ondergronds wat ander van onbewus is. So kan hulle vasstel wat gaan groei en wat nie. Vir voortplanting van die mens, fuana en flora.  Elke planeet het sy leiers, presidente, selfs ruimtekapteine. Die Maan en ander planete het hulle eie risiko-gevare. Jupiter is ’n gasplaneet, Pluto ’n dwergplaneet wat baie koud is in die sonnestelsel. Mars is miskien ’n beter opsie, maar daar is omtrent vulkaniese uitbarstings wat die planeet spookagtig laat voorkom. So hoekom nie naby die Aarde en son wil woon nie?

Die maan ondervind redelik meteoriete wat bots en wat kraters agterlaat. Dit kan deur wetenskaplike navorsing gebestudeer word. En dit kan lutesium bevat. Wat gevaarlik is. Maar die maanmanne/vroue kan maanpakke dra wanneer hulle op toer wil gaan op ’n karretjie. Om ’n wêreld se skep op die Maan is avontuurlik, maar ook moeilik. Maar wie sê niks is moontlik nie?

My idee oor die Maan en sy bewoners, laat my dink aan die fliek (Iron Sky, 2010 ) wat ek onlangs gekyk het. Ek het nie baie gehou van die humoristiese wetenskapfiksie fliek nie. Maar wat my gefasineer het oor die fliek is die feit dat dit op die maan afspeel. Hoe die bewoners hulself daar gevestig het. Maar die bewonders glo dis steeds 1944, maar op die aarde is dit 2018. Hulle tegnologie is agter, maar die aarde se tegnoglogie het verbeter. In die fliek is ook ruimtestasies en generasietuie te sien. En die Maan bewonders praat Engels en Duits. Daar’s maanmanne, maanvroue en maankinders op die ster.

Meer inligting omtrent die Maan:

  • Suurstof 43%
  • Silikon 21%
  • Titaan 2%
  • Swawel 1%
  • Nikkel 0,6%
  • Fosfor 0,05%
  • Aluminium 10%
  • Natrium 0,3%
  • Koolstof 0,01%
  • Kalsium 9%
  • Chroom 0,2%
  • Stikstof 0,01%
  • Yster 9%
  • Kalium 0,1%
  • Waterstof 0,005%
  • Magnesium 5%
  • Mangaan 0,1%
  • Heloum 0,002%

Wentelbaaneienskappe is:

  • Semi-hoofas -384 399 km, 0, 00257 AE (1)
  • Wentelbaanomtrek – 2 413 402 km, 0,016 AE
  • Eksentrisiteit – 0,0549
  • Wentelperiode – 27 dae, 7 uur, 43,7 min (1)
  • Sideriese periode – 27 dae, 7 uur, 43,1 min
  • Sinodiese maand – 29 dae, 12 uur, 44,0 min
  • Anomalistiese maand – 27,554 550 dae
  • Drakoniese maand – 27,212 221 dae
  • Tropiese maand27,321 582 dae
  • Gem. omwentelingspoed1,022 km/s
  • Maks. omwentelingspoed1,082 km/s
  • Min. omwentelingspoed0,968 km/s
  • Inklinasie5,145° (tot die eklipkasa) tussen 18.29° en 28.58° (tot die aarde se ewenaar)  

Daar is nóg ’n atmosfeer nóg lopende water (sover bekend) op die maan, sodat alle biologiese organismes hier nooit kon ontwikkel nie. Die gebrek aan ’n atmosfeer verseker ook dat die oppervlakte van die maan in sy oorspronklike toestand bewaar bly. ’n Aansienlike massa water is in die permanente skadus van kraters naby die suidpool in ’n bevrore vorm aanwesig. So wie het gesê, daar kan nie lewe om die Maan wel een dag wees nie? Sekere informasie is gekry op die internet (in Wikipedia) vir ingligting oor die Maan.

Oefening 2

Die planeet Mars met sy dun atmosfeer word geteister deur geweldige sandstorms en met ’n afstand van 230 miljoen kilometer van die son af het dit min oppervlak-temperatuur van – 87° C en ’n maksimum van 20° C, die planeet Venus met ’n atmosferiese druk negentig (90) effek wat die opervlak-temepratuur van 460° C veroorsaak. U tree nou op as u planeet se weernavorser en u taak is om ’n volledige verslag (nie meer as 1000 woorde nie) saam te stel rakende u wêreld se weer. Let op na die area waar ’n sekere weeromstandigheid voorkom, maar meer nog die verduideliking waarom?

“Maan bewonders,” begroet die weernavorser vriendelik oor die monitor. “Vandag gaan ek ’n volledige verslag aan ons maan bewonders saamstel oor die sonnestelsel wat ons gedurig raak. Nie net die meteoriete wat enige oomblik teen ons Luna Stad kan bots nie, maar so ook vir die ontdekking van die naaste ster aan Neptunes, Proxima Centura. Dankie aan ons ruimtewetenskaplikes vir hul navorsing oor die ruimte.”

Dan verwys die weernavorser vinnig na die maan se meteorietkraters, heuwels, krate en panele. Daar’s nie meer as 1000 bewonders op die maan nie. Asgevolg van die ’n klein meteotoriet wat dalk kan bots naby Luna Stad, maar niks om oor paniekerig te raak nie. Daar is skuilplekke ondergronds gebou vir sulke situasies. Maar die weernavorseer en die ruimtewetenskaplikes is nie seker wanneer dit gaan plaasvind nie. So hou duime vas dat alles goed sal verloop.

Dan beweeg hy oor die blouskerm na die son toe. Die son is helder, maar vuurmarm, geen mens se besoek werd nie. Gelukkig is die son net 1 aardjaar van die maan af. Al die planete wentel om die son. Die reusebal superverhitte gas is ’n fel 5 500 °C op sy verblindende opeervlak, maar kan nie die maan bewonders in hul glaskoepels verhit nie, weens dit altyd donker is. Die son is 249 miljoen kilometer verweg van die aarde af. Vir een rondte om die aarde gaan 687 aard dae benodig.

Maar moenie vergeet van Mercurius nie. Dis dag en nag koud daar. Darem is Mercurius die naaste planeet aan die son. As die bewoners wil reis, dan sal hulle dit gou moet doen, want dit gaan net 4 maande neem om Mercurius se 2 000 uur sosnkyn te aanskou, maar ook nie ’n dreig vir Luna Stad nie. Dis die kleisnte  planeet in die sonnestelsel. Maar vir die maan se bewondersreise het dit ’n dun atmosfeer, maar die grootste temperatuurskommelings van enige planeet. Ons bewonders kan die planeet sien in die sonnestelsel, want bedags is die temperature 400 °C; snags net -180°C.

“Nou vir die belangrikste weervoorspelling vir die Maan,” gaan die weernavorser voort. “Ons het ’n nuwe lewende planeet ontdek. Ons noem dit die Aarde, waar biljoene mense op woon.”

En toe verduidelik die weernavorser aan die maan bewoners dat nie alle dele van die land sonlig en aandlig kry nie. Soos die aarde wentel, so gaan die tyd verby en elke land kry sy somer, herfs, winter en lente. So ook daglig en maanlig. Waarom gebeur sulke veranderings op die aarde? Want daar is suurstof, land en water. Alhoewel die aarde uit beweegbare plate bestaan, Kan die lande verskuif, en baie moeilikheid veroorsaak vir die mense. Maar die aarde bly ’n asemrowende uitsig in die sonnestelsel. Daar vind nou ’n maansverduistering plaas. Dit gebeur selde, en die weervoorspeller vertel dat die bewonders moet veilig wees. Geeg karretjies is nou beskikbaar vir buitelike gebruike nie.

Maar hy’t amper van Mars vergeet. Nog ’n planeet wat wel op ’n tyd lewe gehad het. Daar vind baie vulkaniese uitbarstings plaas. So wees gewaarsku bewonders. Dis duidelik sigbaar in die ruimte. Die planeet is naaste aan die son, naby die maan. 6 maanjare om Mars se uitsig van naby af te sien. Dis die vierde planeet van die son af.

“Maar hoe affekteer die maan vir die son, mars en die aarde? Ons bring die aarde pragtige maasnverduisterigs uitsigte, ook donkerte, want elke dag moet tog ’n einde kry.”

Dan verwys die weervoorspeller na Uranus. Die koudste planeet in die sonnestelsel. En die planeet is nou op die oomblik op sy koudste – °C 224 temperatuur. Hy het geen storms nie. En al die bewoners is bly om dit te hoor.

Maar Neptunes is die verste planeet van die maan af. Hy is ’n winderige planeet en storms woed oor Neptunes se hele atmosfeer. “So bly weg van Nuptunes. Hy’s glad nie vir bangbroeke om te besoek nie.

Pluto is geen gevaar nie, want hy’s ’n dwergplaneet, net koud en kleiner as die maan. Maar die swaartekrag op pluto is hoër, as op sy maan, Charon.

En Venus, die dodelikste binneplanete is die warmste planeet in die sonnestelsel, met ’n oppervlakte van 460 ° C. Die opperlvakte is vuurwarm en die lug, maar bevat dieselfde stof as die aarde. Die swaarterkag is gemiddeld 50%. Die planeet se bewegende wolklaag is gevaarlik vir enige besoekers!

“So, dis beter om van Venus, Neptunes, die son, pluto, Mercurius, Mars, Jupiter, Saturnis, Uranus, Neptunes en die Rooireus weg te bly. Dankie tog die Swartgat is van geen belang nie. Dis net ’n uitsterwende ster in die ruimte. Anders het geen generasieskip, ruimtestasie of maan bewoner die swaartekrag oorleef nie. Dis ook die verste ster in die sonnestelsel. Maar nou vir die laaste weervoorspelling. Jupiter is met dodelike stralings omring. Dit sal groot skade aan die maan doen as die stralings die maan bereik. Nie net dit nie, sal dit die aarde se donker aande bederf en hul uitkyk op die buitenste ruimte ook. Nie net dit nie, maar Jupiter het, soos ek na ons monitor kyk, vreeslike winde wat teen 400km per uur deur die lug waai en vervorm kolkende gasse en wolke tot ontsaglike donderstorms dwing. Gelukkig is die planeet ver weg van die maan af. En Jupiter se 63 mane wentel nog steeds uitstekend om Jupiter. Verder is Luna Stad in goeie hande deur ons Luna Godin regeer. Daar word nog glaskoepels opgesit vir meer bewoners. Meer karretjies word gebou in die Luna sentrum. Die maan het nie storms nie en is bewoonbaar. Die wetenskaplikes sal wel later vasstel wanneer die klein meotoriet wil bots, maar nie naby Luna Stad nie. En die maanverduistering is verby. Vir die bewonders wat dit gemis het, gaan loer gerus op die monitor hoe die maanverduistering gelyk het. Laat dit goed gaan, maan bewoners, Tot siens en wees veilig.”

Oefening 3

Of u wetenskapfiksiewêreld nog in sy babaskoene staan of al duisende jare bestaan, is vir u om te besluit. Dink aan ’n toneel/area waar u verhaal afspeel en trek ’n kaart op (A4-grootte) met die nodige inligting (skaal en sleutels ingesluit) wat van belang sal wees vir u om dit akkuraat vir u lesers te kan verwoord. Vermy skatkaarte en fantasiekaarte.

My WF-verhaal speel op die maan. En bestaan vir 20 jaar en nie ouer nie. Daar’s ook nie meer as 1000 mense op my wetenskapfiksiewêreld nie. Die volgende kaart is akkuraat en op die internet verkry om alles aan te dui hoe my wetenskapfiksiewêreld sal lyk. Ek het besluit om die kaart te gebruik wat die heuwels, kraters en Luna Maan se stad aandui. So ook die satelliet view aandui. Dis hoe ek dit aan my lesers sal verdudielik en beskryf. Elke kleurskema van Luna Stad sal verduidelik word, maar nie uit perporsie geruk word nie. In onderstaande foto’s is landerye in werking gesien. Ondergrondse tonnels, pyplyne gelê en satalliete om met ander planete in kontak te kom. Daar’s ook maanpaaie gesien met liggies om die pad aan te dui, waarheen om met karretjies te ry. Sodat jy glaskoepels, labortoriums, supermarkte en klinieke kan besoek. Ek sal sê dat onderstaande foto’s beeld die maan se toekomsplanne goed uit.

Daar sal die volgende fasiliteite op Luna Stad te sien wees:

  • Glaskoepels vir verblyf;
  • Klinieke, dokters, verpleegsters met die beste gevorderde tegnologiese masjiene en toerusting;
  • Miskien ontwikkelde robotte wat dienstes lewer;
  • Spuermarkte, klerewinkels, ATM’S, maansentrums vir herstel van ruimtetuie;
  • Toilet fasilitiete wat water weer herwin vir ander gebruike, soos vir groente ontwikkel, mutatsies wat sal plaasvind en vir wetenskaplike navorsing;
  • Reisigers wat die maan bewoners op maantoere sal neem om na die heuwels, kraters te gaan wys.
  • Daar sal ook kolleges wees, wat jong leerders leer van die butienste ruimte om ruimtevaders te word. Ook wetenskaplike navorsers, reisigers, of onderwysers word. Net sekere vakke sal geleer word, aangesien hulle op die maan woon, sal alles verskil as op die aarde. Net wiskunde, wetenskap, sterrekundiges, planeet navorsers, ondwerwysers, planeetkundiges en Afrikaans en maantaal sal geleer word.

Maanbasis

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kaart