Me. Rachelle du Bois – 2016 © Afrifiksie

2016 - Foto - Afrifiksie SkrywersprofielRachel Moolman (Rachelle du Bois)  is gebore op 19 Maart 1950 in Nylstroom (nou Modimole), Mpumalanga, Suid-Afrika. Sy matrikuleer in 1967 aan die Hoërskool Dr Malan in Meyerton, en verwerf haar Hons. Menslike-hulpbronontwikkeling aan die Universiteit van Johannesburg in 2005. Rachel en haar gesin woon tans in Emalahleni, Mpumalanga.

Rachel Moolman is tans voltyds skrywer, vryskutskrywer, proefleser en redigeerder.

Rachel Moolman is ‘n onafhanklike skrywer en self-publiseerder van 10 Afrikaanse liefdesromans/novelles en drie Engelse liefdesromans. Sy skryf en voltooi haar eerste boek in Augustus, 2012 onder die skrywersnaam Rachelle du Bois. Daarna volg die res vinnig tot sy aan die einde van 2015 12 boeke as e-boeke self uitgegee het. Die boeke is almal beskikbaar in internasionale en plaaslike boekwinkels. (Besoek haar webtuiste by http://rachelledubois.com/nuwe-boeke/ vir meer inligting.)

Sy voltooi die manuskrip van haar eerste WF Fantasie – Die Vita Faktor – aan die einde van November 2015 en stuur dit na Thompson Boekdrukkery vir publikasie. Sy is tans besig aan die tweede boek in die reeks en hoop om dit teen die einde van Maart te voltooi.

Publikasies:

  • Beskuldig dan die Liefde (Liefdesnovelle)
  • Maalkolk (Liefdesnovelle)
  • Plek van die Flaminke (Humoristiese liefdesnovelle)
  • Mari (Liefdesnovelle)
  • Die Lied van Lorelei (Humoristiese liefdesnovelle)
  • Lelani (Liefdesroman)
  • Inge (Liefdesroman)
  • Skat van die Seerower – Romanse vir Tieners
  • Die Lady en die Leeu (Liefdesroman)
  • Destined to Love (Liefdesroman)
  • The Road to Eden – Oak Series Book 1 (Liefdesroman)
  • Oak Seed – Oak Series Book 2 (Liefdesroman)
  • Die Vita Faktor (Thompson Boekdrukkery, 2016 – Fantasie)