Sprokies en Fabels op TV

Vanaf die begin van televisie in Suid-Afrika het kindervermaak ‘n belangrike deel daarvan uitgemaak. Die uitsaaikorporasie (SAUK) het reekse tekenprente aangekoop en die laat oorklank vir uitsending in Afrikaans. Gelukkig het daar nogal ‘n hele klomp daarvan dit oorleef en is dit vandag op verskeie internet-platforms beskikbaar.