Veels te verveeld…

Die afgelope paar weke was wild, wêreldwyd. Tog moenie laat vrees jou oorweldig nie, die wêreld van WF juig oor die tyd wat nou besikibaar is aan elke persoon om die skatte van dié wêreld te gaan uit snuffel.

Ons gaan net ‘n paar van die skatte uitwys, sodat die pret van die snuffel nie bederf sal word nie. En hier is hulle:

No. 1  Bright

‘n Geslaagde fliek in fantasie en alternatiewe geskiedenis.  Die fliek is besonders goed en bring baie nuwe denke van die moontlikhede van fantasie na vore. Absoluut ‘n fliek om nie mis te loop nie…

No.2   Spectral

Die fliek kan net as een woord beskryf word, in terme van WF:  kwaai…  Dit is ‘n fliek wat ‘n besonderse vreemde siening van die wetenskap gebruik en ‘n werklike oulike storie daaroor skep.

No.3   FOKEH

‘n Baie lae begrooting fleik, maar tog ‘n uitmuntende fliek.  Danksy aan die menslikheid van die fliek, laat dit mens dink aan die implikasies wat ander op jou kan hê.  Om nie die storie te bederf nie, gaan ons niks verder sê nie, behalwe dat die fliek stadig en ongelooflik goed is.

No. 4  Orbita 9

 

Die is een van daai juwele wat nie blink nie, maar die rede is vir die ander se blink.  Dis ‘n Spaanse fliek en gee mens verfrissende konsepte wat nie skroom met die tipiese Amerikaanse flieks nie.  Die fliek is by toefal gevind en word hoog hier by Afrifiksie aanbeveel.

 

Ons is baie skepties oor Netflix wat nou almal, reg oor die wêreld, vas genaal voor die televisie skerems hou.  Dis ‘n groot gevaar in baie opsigte, maar ons moet toegee.  Sonder Netflix sou baie van dié flieks nooit tot hul regte eer kon kom nie.  Terloops, dis ook waar jy die flieks gerusk kan opsoek…

…Laat die snuffel begin…