Een van die mees populêre vorms van beide vermaak én om inligting oor te dra, is video. Dit is die animasie van beeldmateriaal sodat dit beweging en klank naboots om ‘n realistiese simulasie van die werklikheid te laat ervaar. Hier, oor die internet is dit natuurlik totaal digitaal, wat maar bloot ‘n moderne metode is om die optiese rolprente en die analoog televisie van vroeër te vertoon.
In hierdie gedeelte van Afrifiksie word video-inhoud wat in die WF+F-wêreld relevant is, beskikbaar gestel. Indien jy oor materiaal beskik (of dit self geskep het) wat jy met ons wil deel, kontak ons asseblief.