Mnr. Quintin Ellis – 2015 © Afrifiksie

Quintin Ellis - Foto vir Afrifiksie ArtikelQuintin Ellis is op 8 September 1968 gebore in Springs. Alhoewel hy gediagnoseer is met disleksia en volgens die kundiges nie verby Graad 5 sou vorder nie, het hy op 5 jarige ouderdom begin om romans te lees.

Sy ouers besit ’n volledige stel van Langenhoven se versamelde werke wat hy deurgelees het. Brolloks en Bittergal is steeds een van sy gunsteling verhale.

Op ouderdom 13 het hy begin prosa en poësie skryf. Sy taal onderwysers het hom aangemoedig om sy skryfkuns te ontwikkel.

In Graad 10 ontvang Hy Breyten Breytenbach se digbundel Yk. Dit het sy het passie vir Afrikaanse literatuur en sy skryfstyl uitgebrei. Hy het begin om boeke van die sestigers te lees en hulle simboliese voorstellings aan te leer. Ten spyte van sy eng Afrikaanse opvoeding, het hy altyd alternatiewe tendense in Afrikaans aangehang.

Na skool het hy rondgeval tussen die nagklubs en onderwêreld van Gauteng tot hy in 2001 tot bekering gekom het. Daarna het hy as sendeling en filantroop vrywillige diens gelewer by verskeie organisasies tot in 2012. Hy is tans woonagtig in Robertson in Die Vallei van Wyn en Rose.